# Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 5 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-afr/35c8b75f-517b-4840-a3dd-3998524c2107
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 5

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-afr/35c8b75f-517b-4840-a3dd-3998524c2107)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 5 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                               RELIGIESTUDIES V2

                                        2023

                                                                    PUNTE: 150

                                                                      TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            2                              DBE/2023
                                          SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.

2.        Beantwoord enige DRIE vrae.

3.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke
          vraag toegeken is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             3                                           DBE/2023
                                           SS/NSS

VRAAG 1

1.1       Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                OMGEWINGSAGTERUITGANG

          'n Paneel van die Verenigde Nasies oor 'n Internasionale Strategie vir
          Rampvermindering ('International Strategy for Disaster Reduction') definieer
          omgewingsagteruitgang as 'die vermindering van die kapasiteit van die
          omgewing om aan sosiale en ekologiese doelwitte en behoeftes te voldoen'.
          Daar is baie tipes omgewingsagteruitgang. Wanneer natuurlike habitatte
          vernietig word, of natuurlike hulpbronne uitgeput raak, is daar
          omgewingsagteruitgang.

                                    [Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Enironmental-degradation]

          1.1.1      Noem en verduidelik DRIE tipes omgewingsagteruitgang.                             (12)

          1.1.2      Analiseer DRIE gevolge van omgewingsagteruitgang                         en
                     verduidelik die invloed daarvan op die samelewing.                                (12)

          1.1.3      Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het,
                     noem DRIE van die leringe wat riglyne oor omgewingskwessies
                     gee.                                                                              (6)

1.2       Bespreek die sentrale leringe van enige EEN godsdiens onder die volgende
          opskrifte:

          1.2.1      Die aard van die wêreld                                                           (10)

          1.2.2      Die plek en verantwoordelikheid van menslikheid in die wêreld                     (10)
                                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             4                                         DBE/2023
                                           SS/NSS

VRAAG 2

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Dit is waar dat daar in die meeste godsdienste verskillende interpretasies van gelowe
bestaan. Dit lei tot belangrike verskille wat soms uitloop op die vorming van segmente
of vertakkings en ander afdelings, byvoorbeeld verskillende kerkverbande in die
Christelike geloof.
                                     [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

2.1       Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, noem TWEE
          vertakkings daarvan.                                                                        (4)

2.2       Bespreek die verskille wat bestaan in die vertakkings wat jy in VRAAG 2.1
          genoem het, onder die volgende opskrifte:

          2.2.1      Verskille ten opsigte van praktyke                                               (8)

          2.2.2      Verskille ten opsigte van oortuigings                                            (8)

          2.2.3      Dink jy dat interne verskille in godsdienste in die toekoms sal
                     vermeerder? Gee redes vir jou antwoord.                                          (8)

2.3       Bespreek die belangrikheid van inspirasie in die konteks van godsdiens.                     (10)

2.4       Noem DRIE hermeneutiese beginsels en verduidelik ELK van hulle.                             (12)
                                                                                                      [50]

VRAAG 3

3.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Die evolusieleer voer aan dat mense uit 'n gemeenskaplike primaatvoorouer
          met ape evolueer het. Die leer doen aan die hand dat alle lewe uit primitiewe
          vorms geëvolueer het en voortgaan om aan te pas en te evolueer. Alhoewel
          evolusie nie direk godsdienstige idees oor skepping teenspreek nie, is dit
          duidelik dat dit geen verduideliking van skepping as deel van 'n goddelike
          plan aanbied nie.
                                     [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

          3.1.1      Evalueer krities die reaksie van Abrahamitiese godsdienste op die
                     evolusieleer.                                                                    (12)

          3.1.2      Verduidelik die reaksie van Hindoeïsme op die evolusieleer.                      (12)

3.2       Verduidelik die Oerknalteorie.                                                              (14)

3.3       Bespreek Taoïsme se verduideliking van hoe die heelal ontstaan het.                         (12)
                                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                               5                                           DBE/2023
                                             SS/NSS

VRAAG 4

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Wanneer mense sekulêr aktief raak, vind hulle dat hulle 'n teorie van hulle eie moet
voorstel, soms om godsdiens te vervang.
                                             [Aangepas uit Religion Studies Grade 12, Steyn, et al.]

4.1       Bespreek die oorsprong van Sekularisme.                                                      (12)

4.2       Bespreek die leringe van enige EEN sekulêre wêreldbeskouing wat jy
          bestudeer het.                                                                               (12)

4.3       Hoe het Sekularisme die huidige Suid-Afrikaanse Konstitusie beïnvloed?                       (12)

4.4       Dink jy dat Sekularisme 'n positiewe invloed op die samelewing as 'n geheel
          het? Gee redes vir jou antwoord.                                                             (14)
                                                                                                       [50]

VRAAG 5

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Histories gesproke was verhoudings tussen verskillende godsdienste dikwels vol
konflik. Alhoewel daar periodes van intense konflik was, was daar ook periodes van
godsdienstige samewerking.
                                     [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

5.1       Suid-Afrika is 'n multigodsdienstige samelewing. Bespreek hoe die
          Suid-Afrikaanse regering respek, verdraagsaamheid en begrip vir alle
          godsdienste bevorder.                                                                        (12)

5.2       Waarom, dink jy, help godsdienstige organisasies gewoonlik wanneer
          natuurrampe plaasvind?                                                                       (12)

5.3       Die volgende twee organisasies is gestig om intergodsdienstige verhoudings
          in Afrika te bevorder. Gee VIER feite oor elkeen.

          5.3.1      Die Program       vir    Christen-Moslem-verhoudinge              in    Afrika
                     (PROCMURA)                                                                        (8)
          5.3.2      Die Interfaith Action for Peace in Africa (IFAPA)                                 (8)

5.4       Die Handves vir Barmhartigheid is 'n globale netwerk wat deur
          Karen Armstrong, 'n kenner van wêreldgodsdienste, in samewerking met die
          Gewetensraad, geïnisieer is.

          Maak 'n lys van VYF beginsels van die Handves vir Barmhartigheid.                            (10)
                                                                                                       [50]

                                                                                        TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-eng/7e735941-b3ca-486f-abf3-9da25296a134) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2023-afr/87ea9bf1-b87a-43de-ae62-6c07b64aa1c7) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P2 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2022-afr/1c914e3c-ded6-488e-a4b4-34af75cbb086) — Religion Studies · QP · 2022 · Afr
- [Religion Studies P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2021-eng/c97142c1-b5e2-407e-9102-d96b27a2aac2) — Religion Studies · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-afr/7f74d50a-822f-4467-9d6a-5b83fc1842bd) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
