# Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2023 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-mg-afr/c3c2ee0d-2000-4345-87ae-095ea8781253
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2023 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-mg-afr/c3c2ee0d-2000-4345-87ae-095ea8781253)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  RELIGIESTUDIES V2

                                           2023

                                    NASIENRIGLYNE

                                                                        PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             2                                  DBE/2023
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1

1.1       1.1.1         Land- en grondagteruitgang.                                            
                        Agteruitgang van grondgehalte word deur swak boerdery-
                         praktyke, uitermatige gebruik van kunsmis en onkruiddoders
                         veroorsaak.
                      Atmosferiese agteruitgang.
                      Dit is lugagteruitgang, deeltjiebesoedeling en die uitdun van
                         die osoonlaag.
                      Wateragteruitgang.
                      Besoedeling van water deur afval wat in oseane gestort word,
                         wegdoen van nywerheidsafval in nabygeleë riviere.
                      Oorbevolking.
                      Vinnige bevolkingsgroei plaas stremming op natuurlike bronne
                         wat tot die agteruitgang van die omgewing lei.
                      Ontbossing. Vernietiging van natuurlike woude.
                      Dit dra by tot aardverwarming aangesien afnemende
                         woudgrootte koolstof in die omgewing terugplaas.
                      Grondopvullingsterreine.
                      Daar is groot afvalstortingsterreine in die stad as gevolg van
                         die hoeveelheid afval wat deur huishoudings, nywerhede en
                         hospitale gegenereer word.
                     LET WEL: n Maksimum van VIER punte moet toegeken word
                     aan enige een TIPE omgewingsagteruitgang.
                     Enige relevante feite moet gekrediteer word.                              (12)
          1.1.2        Invloed op menslike gesondheid: blootstelling aan giftige
                        lugbesoedelingstowwe kan asemhalingsprobleme, soos
                        longontsteking en asma, veroorsaak.
                      Osoonlaaguitdunning: soos wat dit uitgedun rak, vermeerder
                        skadelike bestraling op die aarde.
                      Dit verhoog die risiko op velkanker.
                      Dit veroorsaak ook aardverwarming, lei tot vloede en droogtes
                        wat infrastruktuur en huise verwoes, bv. vloede in KZN.
                      Verlies vir die toerismebedryf: omgewingskade in die vorm van
                        die verlies van groen bedekking, verlies aan biodiversiteit kan
                        'n negatiewe faktor vir toeriste wees wat die ekonomie van die
                        samelewing kan beïnvloed.
                      Sommige spesies sterf uit as gevolg van klimaatsverandering.
                      Dit veroorsaak 'n wanbalans in die ekostelsel wat lei tot 'n
                        toename van sommige gevaarlike spesies in die samelewing,
                        bv. rotte.
                      Die meeste riviere in townships is as gevolg van
                        waterbesoedeling besmet. Dit lei tot 'n toename in
                        wateroordraagbare siektes.
                     LET WEL: Enige relevante feite moet gekrediteer word.                     (12)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            3                                  DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne
          1.1.3      VOORBEELD 1: CHRISTENSKAP
                      In die boek Genesis het God Adam beveel om na die tuin om
                        te sien (te werk, te dien).
                      God het beveel dat die land 'n sabbatsjaar/rustyd moet hê tot
                        eer van die Here as 'n manier om die aarde te bewaar
                        (Lev. 25:2–4).
                      God veroordeel die vernietiging van bome wat vrugte dra
                        wanneer daar oorlog is (Deut. 20:19).
                      In die boek Jeremia waarsku God teen die vernietiging van die
                        wildslewe en die natuur (Jer. 9:9–11).
                      Die Bybel veroordeel die mishandeling van diere
                        (Habakuk 2:17).
                     VOORBEELD 2: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
                      Die godin uNomkhubulwana word tydens natuurrampe
                        genader.
                      Om die omgewing te beskerm is 'n teken van gehoorsaamheid
                        aan uNomkhubulwana.
                      Daar is verskillende mites wat aan die jongmense vertel word
                        sodat hulle die natuur kan respekteer.
                      Om die land onnodig te brand, is 'n strafbare oortreding in
                        Afrika Tradisionele Godsdiens.
                      Hulle glo aan tradisionele medisyne wat van kruie en sommige
                        diere gemaak word, dus is plante en diere lewensbelangrik vir
                        Afrika Tradisionele Godsdiens.
                     LET WEL: Enige relevante feite moet gekrediteer word.                    (6)
1.2       1.2.1      VOORBEELD 1: TAOÏSME
                      Die wêreld en alles daarin het outomaties as deel van die
                         aktiwiteit van die Tao ontstaan.
                      Dit was nie beplan nie, maar dit was ook nie onbeplan nie.
                      Die Tao het nie beplan dat die wêreld moet bestaan nie, dit
                         wou ook nie hê dat die wêreld bestaan nie.
                      Die wêreld het eenvoudig te voorskyn gekom as 'n klein
                         spikkeltjie in die enorme 'kom/bak' van die Skepping soos wat
                         Tao op sy weg voortgegaan het.
                      Die waarneembare wêreld bestaan uit teenoorgesteldes wat
                         wissel – Jin en Jang.
                     VOORBEELD 2: ISLAM
                      Volgens die Koran het Allah die heelal in ses fases geskep.
                      Allah verskaf ook die energie wat alles in die heelal nodig het
                         vir oorlewing en groei.
                      Die bestaan van die heelal is nie toevallig nie en die lewe is
                         nie doelloos nie, dit is beplan en doelgerig.
                      Die heelal, wat mettertyd geskep is, is nie ewigdurend nie, dit
                         het 'n vaste tydsduur.
                      Aangesien slegs Allah ewigdurend is, sou dit beteken dat
                         indien in die ewigdurendheid van die heelal geglo word, die
                         skepping aan die Skepper gelyk gemaak word. Dit is 'n groot
                         sonde (shirk).
                     LET WEL: Enige relevante feite moet gekrediteer word.
                     Net die eerste religie wat geidentifiseer is, moet gekrediteer
                     word.                                                                    (10)
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            4                                 DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

          1.2.2      VOORBEELD 1: TAOÏSME
                      Mense is 'n klein, mikroskopiese neweproduk van die Tao se
                         skepping.
                      Die Tao is oneindig magtiger as mense.
                      Mense is nie 'n spesiale skepping nie en hulle het nie beheer
                         oor die wêreld nie.
                      Die heelal sal op sy weg voortgaan, soos deur die Tao bepaal.
                      Wat mense ook al doen, is presies volgens die Tao se
                         bui/luim.
                      Mense moet na die aarde kyk want besoedeling is skadelik vir
                         ons.
                      Dit word nie gedoen om die Tao tevrede te stel nie.
                      Mense kan slegs 'n klein gedeelte van die skepping vernietig.
                      Ten spyte hiervan sal die oorvloedige kreatiewe aktiwiteit van
                         die Tao voortgaan.
                     VOORBEELD 2: ISLAM
                      Mense is een van die baie spesies waaruit die skepping
                         bestaan.
                      In Islam is mense die hoogste vorm van skepping.
                      Hulle word na die beeld van God geskep om na God se
                         skepping om te sien.
                      Dit plaas 'n enorme verantwoordelikheid op menslike wesens.
                      Hulle is daarop geregtig om die aarde se hulpbronne tot hulle
                         eie voordeel te gebruik.
                      Hulle moet die Skepper as Eienaar van die hele heelal erken
                         en hulpbronne op 'n verantwoordelike en doeltreffende wyse
                         gebruik.
                      Hulle is aanspreeklik vir hulle eie handelinge op die
                         oordeelsdag.
                     LET WEL: Enige relevante feite moet gekrediteer word.
                     Net die eerste religie wat geidentifiseer is, moet
                     gekrediteer word.                                                       (10)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            5                                  DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2

2.1       VOORBEELD 1: BOEDDHISME
           Theravada-Boeddhisme
           Mahayana-Boeddhisme
           Tibetaanse Boeddhisme
           Zen-Boeddhisme
          Enige TWEE van die bogenoemde moet krediet kry.                                     (4)

2.1       VOORBEELD 2: CHRISTENSKAP
           Oosters-Ortodokse Kerk
           Rooms Katolieke Kerk
           Protestantisme
          Enige TWEE van die bogenoemde moet krediet kry.                                     (4)

2.2       2.2.1      VOORBEELD 1: BOEDDHISME
                     Theravada-Boeddhisme
                      Monnike woon in kloosters en hulle bedel vir hulle kos en
                         mediteer feitlik die hele dag lank.
                      Theravada-monnike help en werk saam met leke/wêreldlikes
                         by geleenthede soos geboortes, troues en begrafnisse.
                      Die bou van stupas (toringagtige strukture) is 'n wydverspreide
                         praktyk.
                      Die meeste praktyke word in die huis uitgevoer alhoewel daar
                         ook individuele en gemeenskaplike meditasie en kantillering
                         ('chanting') in tempels is.
                      Hulle laat offerandes soos kos, wierook, kerse en blomme by
                         die tempel voor die standbeeld van Boeddha.
                     Mahayana-Boeddhisme
                      Hulle beoefen meer rituele elemente as Theravada-
                         Boeddhisme, soos om neer te buig/kniel.
                      Slegs mense wat in kloosters woon, word toegelaat om
                         meditasie te beoefen.
                      Leke word toegelaat om te kantilleer en te bid.
                     Tibettaanse Boeddhisme
                      Praktyke sluit in meditasie, rituele en kantillering.
                      Hulle gebruik metodes soos beswymings om versteekte
                         antieke geskrifte op te spoor.
                      Tibettaanse Boeddhistiese monnike dra oranje klede in hulle
                         tempels.
                     Zen-Boeddhisme
                      Hulle beoefen meditasie om verligting (geestelike ontwikkeling)
                         te bekom.
                      Hulle kies Zen-onderwysers om studente met meditasie en die
                         uitvoer van rituele te help.
                      Hulle beoefen dharma-oordrag (oordrag van Boeddha se
                         leringe vanaf meester na studente).                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            6                                  DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

2.2       2.2.1      VOORBEELD 2: CHRISTENSKAP
                     Rooms Katolieke Kerk
                      Hulle word tot priesters gewy, en beoefen selibaatskap.
                      Hulle bely hulle sondes aan 'n priester.
                      Nonne en monnike mag nie trou nie.
                      Daar is geen ontbinding van die huwelik nie.
                      Hulle bedien die laaste sakrament voordat 'n persoon sterf.
                     Oosters-Ortodokse Kerk
                      Hulle druk gelowigheid uit deur beelde van heiliges, ikone
                         genoem, te soen.
                      Hulle beskou die hele Bybel as kanonikaal.
                      Gewyde priesters mag trou.
                     Protestantisme
                      Bywoning van Sondagdienste is in Protestantisme belangrik.
                      Heilige Nagmaaldiens word ook deur baie vorms van
                         Protestantisme beoefen.
                      Praat in tale in die Pinkster-/Charismatiese kerke is 'n
                         kenmerk.
                     Enige TWEE van die bogenoemde moet krediet ontvang.
                     LET WEL: Enige relevante feite moet gekrediteer word.                    (8)

          2.2.2      VOORBEELD 1: BOEDDHISME
                     Theravada-Boeddhisme
                      Theravada-Boeddhisme glo aan die doktrine van anatman.
                      'Anatman' beteken dat die ego/self voorkom dat ons verlig
                         word en Nirwana bereik.
                      Theravada-Boeddhisme verkondig dat verligting deur 'n
                         individu se pogings plaasvind, en nie deur die ingryping van
                         ander mense of enige gode nie.
                     Mahayana-Boeddhisme
                      Hierdie vertakking glo dat daar nie iets bestaan soos 'n
                         individuele, outonome self nie. Alle wesens is gekoppel.
                      Volgelinge van Mahayana-Boeddhisme glo aan kollektiewe
                         verligting.
                      Mahayana-Boeddhisme verkondig dat die motivering vir
                         verligting deernis vir alle lewendige dinge is.
                      Die volgelinge strewe daarna om Bodhisattvas, (iemand wat
                         die verligting van ander mense in diens staan) te word.
                     Tibettaanse Boeddhisme
                      Die volgelinge van Tibettaanse Boeddhisme glo aan die
                         reïnkarnasie van die afstammelinge van sekere lamas
                         (onderwysers), soos die Dalai Lama.
                      Hulle glo dat Boeddha 'n menslike vorm kan aanneem.
                      Hulle glo aan 'n panteon van Boeddhas, Bodhisattvas en
                         dharma-beskermers.
                     Zen-Boeddhisme
                      Hulle verkondig dat direkte kommunikasie, en nie skriftuurlike
                         studie nie, die weg na die ervaring van verligting is.
                      Hulle glo dat Zen die weg na die lewe is en nie net 'n toestand
                         van die bewussyn nie.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             7                                    DBE/2023
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

                        Hulle glo dat Boeddha 'n menslike vorm kan aanneem, soos in
                         die persoon van Padmasambhava (die een wat Zen-
                         Boeddhisme na Tibet gebring het).
                     Enige TWEE van die bogenoemde moet krediet ontvang.
                     LET WEL: Enige relevante feite moet gekrediteer word.                       (4)

          2.2.2      VOORBEELD 2: CHRISTENSKAP
                     Rooms Katolieke Kerk
                      Hierdie vertakking beskou hulleself as die oorspronklike kerk
                         van Christus.
                      Die Heilige Gees kom van God die Vader en die Seun.
                      Hulle glo dat die oppergesag van die kerk by die Pous berus.
                      Die Pous word as die opvolger van St. Petrus beskou wat glo
                         die leier van Jesus se twaalf apostels was.
                     Oosters-Ortodokse Kerk
                      Volgens die Oosters-Ortodokse Kerk kom die Heilige Gees
                         slegs van God die vader, en nie die Seun nie.
                      hulle glo dat hulle die regverdig geleide kerk is.
                      Hulle verkondig dat niemand die mag het om Christelike
                         leringe en tradisies te verander nie.
                      Hulle beskou die Bybel as kanonikaal.
                     Protestantisme
                      In Protestantisme het die Bybel meer mag as die Pous.
                      Rituele is minder belangrik as geloof/oortuiging.
                      Hulle glo dat geloof die sleutel tot verlossing is.
                      Verlossing is 'n gawe wat vrylik deur die werk van Jesus
                         Christus, wat vir sondaars gesterf het, gegee word.
                     Enige TWEE van die bogenoemde moet krediet ontvang.
                     LET WEL: Enige relevante feite moet gekrediteer word.                       (8)
          2.2.3      JA
                      Ontwikkeling van wetenskap lei tot 'n nuwe progressiewe
                         interpretasie van heilige teks en dit kan interne verskille binne
                         'n godsdiens veroorsaak.
                      Die meeste godsdienste het kontemporêre inspirasie wat
                         interne verskille sal vergroot.
                      Godsdiensleiers veg vir leierskapposisies wat dit kom met
                         finansiële voordele.
                      'n Toename in die aantal godsdiensorganisasies sal altyd tot
                         interne verskille lei.
                     NEE
                      Godsdienste volg demokratiese leierskapstrukture.
                      Diegene wat nie demokratiese strukture volg nie, het uit vorige
                         ondervinding geleer en het nou 'n duidelike opvolgplan.
                      Aangesien godsdienstige lede daarvan hou om van 'n groot
                         godsdiensorganisasie deel te wees, bly hulle verenig.
                      Godsdienste          het    self   aanloklike    voordele      soos
                         begrafnisdekking, stokvel en liefdadigheid wat hulle ten spyte
                         van hulle verskille bymekaar sal hou.
                     LET WEL: Enige relevante feite moet gekrediteer word.                       (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             8                                   DBE/2023
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

2.3          Inspirasie is 'n belangrike normatiewe bron in baie godsdienste.
             Dit is die ware oorsprong van alle godsdienste.
             Inspirasie verwys na die mag of krag van 'n buitengewone wese wat 'n
              gekose wese oorneem.
           Die stigtersfigure van baie godsdienste is deur 'n hoër mag of wysheid
              geïnspireer.
           Sulke mense voel dat hulle 'n 'openbaring' vanaf 'n buitengewone wese
              ontvang.
           In Afrika Tradisionele Godsdiens ontvang die tussengangers of
              waarsêers inspirasie terwyl hulle in 'n beswyming is.
           Inspirasie is 'n kragtige motivering vir die volgelinge van 'n godsdiens.
           Daar is verskeie tipes inspirasie, naamlik:
               Goddelike inspirasie, wat direk en onmiddellik is en wat die stigters van
                 godsdienste geïnspireer het.
               Kontemporêre inspirasie wat deurlopend is en dien om aanbidders met
                 hulle Skepper te verenig.
               Tussengangers en of waarsêers in ATR kommunikeer met die                        \
                 geestelike ryk deur inspirasie.
          LET WEL: n Maksimum van VIER punte moet toegeken word as NET die
          tipes inspirasie bespeek word.                                                        (10)

2.4          Grammatika/Taal en historiese konteks:
               Beteken jy moet taalreëls en historiese feite gebruik om die heilige
                tekste te interpreteer/vertolk.
           Duidelikste betekenis:
               Jy moet die letterlike betekenis van die teks gebruik.
           Plan, doel en konteks:
               Dit beteken 'n skrifstuk moet as 'n geheel beskou word. Wat is die
                skryfplan of struktuur? Wat was die skrywer se doel om die teks te
                skryf? Wat is die konteks van die stuk wat bestudeer word?
           Betekenis van woorde:
               Die betekenis van woorde verander mettertyd en in verskillende
                plekke. Vind uit wat die oorspronklike betekenis van die woorde is wat
                in die normatiewe bron gebruik is.
           Figuurlike betekenis:
               Figuurlike en nie-letterlike betekenis moet in ag geneem word.
           Ander heilige tekste:
               Heilige tekste self kan gebruik word om ander heilige tekste te
                interpreteer/vertolk.
          Enige DRIE van die bogenoemde moet krediet ontvang.                                   (12)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             9                                   DBE/2023
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3

3.1       3.1.1        Dit is hoofsaaklik die Abrahamitiese godsdienste wat teen die
                        evolusieleer is omdat dit met die fundamentele leringe oor die
                        skepping van mense en hulle status in die heelal teenstrydig
                        is.
                      Evolusie erken nie die bestaan van 'n Skepper nie.
                      Dit plaas ook nie menslike wesens in die middel van die
                        skepping nie.
                      Volgens evolusie is 'n menslike wese eenvoudig net nog 'n
                        organisme.
                      Dit is teenstrydig met die leringe van die Abrahamitiese
                        godsdienste.
                      Die Abrahamitiese godsdienste verkondig dat menslike
                        wesens na die beeld van God geskape is wat menslike
                        wesens bo alle skepping plaas.
                      Volgens evolusie is mense deel van die proses van lewe,
                        ontstaan en gaan heen/sterf.
                      Dit is teenstrydig met godsdienstige leringe wat verkondig dat
                        menslike wesens 'n geestelike deel (siel) bevat.
                      Godsdienste verkondig dat alles deur God geskep is en dat
                        elke skepping perfek was.
                      Modernistiese/Liberale       gelowiges      in     Abrahamitiese
                        godsdienste is nie teen die evolusieleer nie.
                      Hulle glo dat heilige geskrifte nie letterlik nie, maar figuurlik,
                        geïnterpreteer moet word.
                      Dit sal wetenskaplike ontdekkings akkommodeer.
                     LET WEL: Enige relevante feite moet gekrediteer word.                      (12)
          3.1.2        Hindoeïsme het 'n breër evolusieleer as Darwin se leer.
                       Hulle konsep van evolusie behels ook geestelike evolusie.
                       Hindoes glo dat jy geen beheer het oor óf geestelike óf fisiese
                        evolusie nie.
                      Goeie lewe lei tot geleidelike evolusie tot 'n gevorderde vorm.
                      Om goeie dade te doen, lei tot 'n beter lewe en slegte dade lei
                        tot 'n laer lewe in reïnkarnasie.
                      Volgens Hindoeïsme het Darwin se evolusieleer 'n paar
                        tekortkominge omdat dit nie die geestelike lewe insluit nie.
                      Hindoeïsme het dus nie 'n probleem met die evolusieleer nie.
                     LET WEL: Enige relevante feite moet gekrediteer word.                      (12)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             10                                   DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

3.2         Die wetenskaplike verduideliking van skepping word die Oerknalteorie
             genoem.
           Volgens die Oerknalteorie is dit nie bekend wat voor die Oerknal bestaan
             het nie.
           Die Oerknalteorie beweer dat die skeppingsproses binne 'n sekonde
             plaasgevind het.
           Volgens die wetenskaplike weergawe het die Oerknal ongeveer
             13,7 miljard jaar gelede plaasgevind.
           Klein temperatuurverskille het tot verskillende materiedigthede regdeur
             die heelal gelei.
           Daardie digthede het in groepies materie en energie saamgepak.
           Die groepies het voortgegaan om te kondenseer op 'n klonterige wyse en
             het uiteindelik die onmeetlike versameling sterre, wat sterrestelsels
             genoem word, gevorm.
           Party sterrestelsels het gekondenseer in 'n kombinasie van sterre wat
             sonnestelsels genoem word.
           Wetenskaplikes glo dat die heelal steeds uitbrei/groter word.
          LET WEL: Enige relevante feite moet gekrediteer word.
                                                                                                 (14)

3.3         Taoïsme het nie 'n skepper van die heelal nie.
            Taoïsme verduidelik die skepping van die heelal deur Jin en Jang.
            Dit is opponerende magte, soos lig en donkerte, of manlik en vroulik.
            Die Tao (universele mag of patroon) bring die Een voort. Die Een bring
             die Twee (teenoorgesteldes) voort.
           'n Kombinasie van die Twee bring die Drie voort.
           Taoïsme praat nie van begin of einde van die heelal nie.
           Dit praat slegs van 'n deurlopende interaksie tussen Jin en Jang.
           LET WEL: Enige relevante feite moet gekrediteer word.                                 (12)
                                                                                                 [50]

VRAAG 4

4.1           Sekularisme beteken 'n magskeiding tussen staat en godsdiens.
              Martin Luther het in die 16de eeu sekere veranderinge aan die gang gesit
               wat tot die splintering van die Christendom in Katolieke en Protestante
               groepe gelei het.
              Dit het tot dekades van godsdienstige oorloë in Europa gelei.
              Die kerk was op daardie tydstip baie invloedryk, beide polities en sosiaal.
              Konings, keisers en die adelstand het die kerk gebruik om hulle mag te
               vestig.
              Godsdienstige leiers het op hulle beurt regeerders beïnvloed om hulle
               interpretasie van hulle oortuigings te bevorder.
              Al die strydende partye het gedink dat die samelewing vreedsaam sou
               wees as almal dieselfde oortuigings deel.
              Mense het 'n staat gesoek waar daar godsdienstige verdraagsaamheid
               was.
              Intellektuele van daardie tyd het tot die gevolgtrekking gekom dat
               godsdiens eerder verdelend as verenigend was.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                          11                                 DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

            'n Regering wat heeltemal op redenering en 'n begrip van die menslike
             natuur was, was dus die oplossing.
           Die Prins van Oranje was een van die eerste persone om 'n skeuring
             tussen kerk en staat te bepleit.
           Regering en moraliteit is dus van godsdiens geskei en Sekularisme het
             ontstaan.
                                                                                            (12)
          LET WEL: Enige relevante feite moet gekrediteer word.

4.2       VOORBEELD 1:
           ATEÏSME
           Ateïste verwerp die oortuiging dat goddelike of bonatuurlike magte
             bestaan.
           Daar is verskillende grade van ateïsme.
           Sagte of neutrale ateïste verwerp nie aktief die bestaan van 'n
             bonatuurlike wese nie.
           Sterk of positiewe ateïste glo daar is bewyse om hulle ateïstiese
             standpunte te ondersteun.
           In sommige gevalle verwerp sagte ateïste beide teïsme en sterk ateïsme.
           Dit is omdat hulle voel dat daar 'n gebrek is aan bewyse by beide
             wêreldbeskouings om hulle bewerings te ondersteun.
           Ateïste wend hulle dikwels na die wetenskap om die aard van die heelal
             te verduidelik, eerder as om op geloof staat te maak.
          VOORBEELD 2:
           AGNOSTISISME
           Agnostisisme kom van die Grieks, 'a', wat 'sonder' beteken en 'gnosis'
             wat 'kennis' beteken.
           Hierdie term is die eerste keer in 1869 deur die filosoof TH Huxley
             gebruik.
           Agnostikusse glo dat dit nie moontlik is om die bestaan van God of 'n
             bonatuurlike wese te bewys of te weerlê nie.
           Dit verwys na onsekerheid oor Godskennis.
           Agnostikusse is skepties oor godsdienstige leringe.
           Hulle verwerp godsdienstige doktrine/leerstelling, veral godsdienste wat
             verkondig dat hulle geestelike kennis het.
          LET WEL: Enige relevante feite moet gekrediteer word.                             (12)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           12                                 DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

4.3         Die Konstitusie van Suid-Afrika is nie op enige godsdienstige lering
             gebaseer nie.
           Die Konstitusie van Suid-Afrika bevorder gelyke erkenning van alle
             godsdienste.
           Sekularisme het Suid-Afrika gehelp om 'n Konstitusie te ontwerp wat
             godsdienstige verdraagsaamheid bevorder.
           Vryheid of godsdiens, oortuiging, denke en mening/opinie is in die
             Konstitusie vasgelê.
           In die Suid-Afrikaanse Konstitusie kan godsdienstige onderhouding by
             staats- of staatsondersteunde instansies gehandhaaf word.
           Almal het die reg op vryheid van uitdrukking, wat persvryheid en ander
             media insluit.
           Godsdienstige organisasies kan hulle media hê.
          LET WEL: Enige relevante feite moet gekrediteer word.                              (12)

4.4       JA
           Sekularisme bevorder die ontwikkeling van die Handves van Menseregte
              wat individue se regte te beskerm.
           Morele waardes word deur die Konstitusie in sekulêre state bevorder.
           Daar is nie 'n behoefte aan heilige tekste om 'n morele kode te ontwikkel
              nie.
           Gesinne het die verantwoordelikheid om morele waardes by hulle kinders
              te ontwikkel. Dit kan onafhanklik van godsdiens gedoen word.
           Sekularisme het deur sekulêre state tot die beëindiging van
              godsdienstige oorloë bygedra, wat dus menswaardigheid herstel het.
           Mense van verskillende gelowe kan dus deesdae saamleef en mekaar
              help in moeilike tye omdat een godsdiens nie die ander domineer nie.
           Sekularisme vestig 'n gevoel van selfontwaking.
           Sommige mense behoort aan geen godsdiens nie, maar is steeds diep
              besorgd oor hulle siele en ontwikkel dus hoë morele waardes.
          NEE
           Die samelewing maak deesdae staat op redeneervermoë om besluite te
              maak.
           Hulle ignoreer die gesag van die Opperwese.
           Hulle maak staat op redenering, bewyse en 'n wetenskaplike benadering
              om die lewe te hanteer.
           Hulle ondermyn die voorskrifte van heilige tekste.
           Die meerderheid van die jeug woon nie godsdienstige vieringe en rituele
              by nie want dit is nie op die menslike redeneervermoë gebaseer nie.
           Sekulêre humaniste plaas meer klem op liberale standpunte van
              menseregte as op tradisionele godsdienstige oortuigings.
           Gevolglik is daar 'n toename in maatskaplike uitdagings, soos misdaad
              en tienerswangerskappe wat die gevolg is van morele agteruitgang.
          LET WEL: Enige relevante feite moet gekrediteer word.
          Die kandidaat moet of JA of NEE ondersteun, maar nie albei nie.
                                                                                             (14)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           13                                  DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5

5.1         In die Konstitusie is daar voorsiening gemaak vir godsdiensvryheid of
             godsdienstige onderhouding en gewete wat alle Suid-Afrikaners moet
             geniet.
           Hierdie voorskrif word deur die Menseregtekommissie beskerm.
           Die Nasionale Godsdiensleiersforum (NGLF) gee die regering raad oor
             godsdienstige en kulturele sake.
           Die regering handhaaf die Konstitusie wat 'n geleentheid geskep het dat
             godsdiens in skole onderrig word deur vakke soos Lewensoriëntering en
             Religiestudies.
           Religiestudies vervang 'n enkele geloofsvak.
           Religiestudies dek verskillende godsdienstige tradisies.
           Die vak bevorder godsdienstige verdraagsaamheid.
           Minderheidsgroepe is geregtig op godsdienstige onderhouding.
           By openbare byeenkomste, bv. parlementêre samekomste, word 'n
             universele gebed wat alle godsdienste insluit, aangebied.
          LET WEL: Enige relevante feite moet gekrediteer word.                               (12)

5.2         Alle godsdienste verkondig die belangrikheid van diens aan die
             mensdom.
           Dit is die praktiese manier om hulle geskrifte te demonstreer.
           Dit is die manier om geaffekteerde lede te help.
           Hulle het hulpbronne soos geboue en vervoer.
           Dit is hulle plig om geestelike en materiële hulp aan hulle lede te gee.
           Hulle het breë netwerke met ander organisasies van regoor die wêreld
             wat hulle met logistieke ondersteuning help.
          LET WEL: Enige relevante feite moet gekrediteer word.                               (12)

5.3       5.3.1      PROCMURA
                      Dit is die oudste en pionier-intergeloofsorganisasie in Afrika.
                      Die fokus is op Christen-Moslem-verhoudings.
                      Dit het ten doel om die Evangelie in 'n intergeloofsomgewing te
                        aanskou/beleef/getuie daarvan te wees.
                      Dit het ten doel om intergeloofskonsultasie te bewerkstellig.
                      Om vrede en ontwikkeling in Afrikalande te bevorder.
                      Die meeste van hulle programme is op vroue, die jeug,
                        onderwys en versoening gerig.                                         (8)

          5.3.2      IFAPA
                       Is verbind tot saamwerk vir vrede, demokrasie, eenheid op die
                        kontinent.
                       Dit verseker 'n ordentlike lewe vir almal.
                       Dit stig en registreer nasionale afdelings/takke/vertakkings.
                       Dit stuur intergeloofsafgevaardiges na konflikrisiko-gebiede.
                       Dit het aan die wetgewende verkiesing in Togo deelgeneem.
                       Dit het ook die opdrag gegee vir vergaderings met
                        godsdiensleiers, wat die IFAPA-besluite maak.
                     LET WEL: Enige relevante feite moet gekrediteer word.                    (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            14                                  DBE/2023
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

5.4           Om barmhartigheid tot die middelpunt/kern van moraliteit en godsdiens te
               herstel.
              Te verseker die jeug kry akkurate en respekvolle inligting oor tradisies,
               godsdienste en kulture.
              terugkeer na die beginsel dat enige interpretasie van geskrifte wat
               geweld, haat of minagting aanhits, onwettig is.
              Moedig 'n positiewe waardering van kulturele en godsdienstige diversiteit
               aan.
              Kweek 'n ingeligte empatie met die lyding van alle menslike wesens, selfs
               diegene wat as vyande beskou word.                                           (10)
                                                                                            [50]

                                                                              TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-eng/7e735941-b3ca-486f-abf3-9da25296a134) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-afr/35c8b75f-517b-4840-a3dd-3998524c2107) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P2 May June 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2021-mg-eng/7b6e8007-17dc-4e06-a0dc-69ab90e5e666) — Religion Studies · Memo · 2021 · Eng
- [Religion Studies P2 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2018-memo-eng/b23b5881-3920-4e6d-aebe-f3622d683c4e) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
