# Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 Memo

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2020-afr/4fc7414e-5627-48ef-89d0-65ccf9497f6d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2020-afr/4fc7414e-5627-48ef-89d0-65ccf9497f6d)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2020

                    RELIGIESTUDIES V2
                      NASIENRIGLYN

PUNT:   150

                 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   RELIGIESTUDIES V2                       (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 1

 1.1 Oorsake van tienerswangerskap

          Gebrek aan ouerlike toesig
          Seksuele mishandeling deur familielede
          Onduidelike onderrig oor menstruasie en swangerskap
          Verseker finansiële ondersteuning
          Negatiewe houding van gesondheidswerkers
          Onbeskermde seks
          Vroeë seksuele debuut (53% van seuns en dogters begin op 16-jarige
           ouderdom)
          ŉ Groot ouderdomsverskil tussen meisies en hul metgeselle
          Gedwonge seks deur metgeselle
          Verkragting deur vriende of vreemdelinge
          Hiërargiese sosiale mag tussen seuns en dogters
          Onvoldoende kennis en inligtingsvlakke oor konsepsie / swangerskap en
           voorbehoedmiddels
          Begeerte na materiële dinge soos selfoon, pruike, lugtyd, klere, ens.
                                  (Enige ander relevante feite moet gekrediteer word.)     (10)

 1.2 Religieuse onderrig oor tienerswangerskap

      Voorbeeld 1: ATR

          Ubuntu-filosofie ontmoedig seksuele mishandeling, veral van tieners.
          Seks voor die huwelik word nie toegelaat nie.
          Daar word tradisionele dissiplinêre verhore oor tienerswangerskap gehou.
          Tienerswangerskap is strafbaar deur met ’n aantal diere (beeste te betaal).
          Die beginsel van ‘my kind is jou kind en jou kind is my kind’, impliseer dat
           die hele dorp na al die kinders moet omsien.
          Daar word van kinders verwag om grootmense te respekteer; nie net hul
           biologiese ouers nie.
          Daar word van ouers verwag om goed vir hul kinders te sorg.
          Rituele soos ‘Itonjane’ leer en berei tienermeisies voor oor vrugbaarheid en
           vroulikheid in die algemeen.
          Inisiasieskole vir seuns leer seuns verantwoordelikheid van manlikheid.
          Elke gesin het ’n hoogs gerespekteerde ouderling (intlabi) wat toesig hou
           oor gesinsaangeleenthede.
          Grootouers help die ouers om na hul kinders om te sien.
          Die ouderlinge in die gesin is die bewaarders van gemeenskapswaardes en
           gebruike.
          ATR is ’n stam-gebaseerde religie, waar daar geen weeskinders of
           onwettige kinders mag wees nie.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC SEPTEMBER 2020)                    RELIGIESTUDIES V2                                     3

       Voorbeeld 2: Christendom
          Die tien gebooie is die basis van die Christelike lewenstyl.
          Ouers is verplig om hul kinders oor goddelike lewenswyses op te voed.
          Kinders het ŉ verantwoordelikheid om hul ouers te eer
          Ouers het ’n verantwoordelikheid ten opsigte van groei en ontwikkeling van
           hul kinders.
          Die Bybel beveel ouers om nie hul kinders uit te lok nie.
          Die grootste gebod is ‘wees lief vir jou naaaste soos jy jouself lief het.’
          Hierdie gebod beklemtoon die belangrikheid van die bou van ‘n gemeenskap
           wat omgee.
          Voorhuwelikse seks is verbode.
          Seksuele mishandeling is verbode.
          Die menslike liggaam is die tempel van die Heilige Gees.
          Waardes van liefde, sorg, empatie, respek, vertroue word onderhou.
          Christendom bevorder beter liggaamlike gesondheid.
          Self-dissipline en selfbeheersing word aangemoedig.
          Lus is verbode.
          Kyk na pornografie is verbode.
                                    (Enige ander relevante feite moet gekrediteer word )    (16)
 1.3 Dink jy religieuse organisasie kan hierdie sosiale probleem verminder?
     Motiveer jou antwoord.
       JA
        Werkswinkels word deur religieuse organisasies gehou om
          tienerswangerskappe aan te spreek.
        Love Life is ’n NWO wat deur religieuse organisasies ondersteun word om
          bewusmakingsveldtogte oor tienerswangerskappe te skep bevorder.
        Tienerswangerskappe is deel van die jeugprogramme wat deur meeste van
          die religieuse organisasies gebruik word.
        Mense met gespesialiseerde vaardighede soos onderwysers, verpleegsters
          en dokters word gebruik om die jeug toe te spreek.
        Maatskaplike werkers doen vrywillige werk in hul verskeie religieuse
          organisasies.
        Sommige lede van die verskillende religieuse organisasies wys wel tekens
          van karakterverbetering.
        Die aantal tieners wat nie met tienerswangerskappe saamstem nie, neem
          toe.
       NEE
        Die impak is nie in die samelewing sigbaar nie.
        Die getal tienerswangerskappe in skole is steeds relatief hoog.
        Tieners gaan voort met onverskillige seks.
        Die ‘Sugar-Daddy’ konsep is steeds gewild in gemeenskappe.
        Sekulee-oordraagbare infeksies word steeds in plaaslike klinieke aangemeld.
        Daar is geen ooreenstemming tussen religieuse organisasies met
         betrekking tot die gebruik van kondome en voorbehoedmiddels nie.
        Daar is steeds onenigheid tussen die regering en religieuse organisasies
         oor Seksopvoeding in laerskole.
                                  (Enige ander relevante feite moet gekrediteer word.) (12)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 RELIGIESTUDIES V2                     (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.4 Hermeneutiese beginsels

        Grammatika en historiese konteks: Dit beteken dat grammatikareëls en
         historiese feite gebruik moet word om die letterlike betekenis van heilige
         tekste/geskrifte te vertolk/ interpreteer.
       Plan, doel en konteks: ’n Skriftelike stuk werk moet as ŉ geheel bestudeer
         word. Wat is die skryfplan of struktuur? Wat was die skrywer se doel met
         die skryf van die teks? Wat is die konteks van die gedeelte wat bestudeer
         word?
        Betekenis van die woorde: Woordbetekenis verander met tyd en in
         verskillende plekke. Vind die oorspronklike betekenis van die woorde uit,
         soos dit in die normatiewe bron gebruik is.
        Figuurlike betekenis: Figuurlike en nie-letterlike betekenis moet in ag
         geneem word.
        Ander heilige tekste: Heilige tekste kan gebruik word om ander heilige
         tekste te vertolk/interpreteer.                                               (12)
                                                                                       [50]

 VRAAG 2

 2.1 2.1.1 Die aard van menslikheid, met verwysing na die gemeenskap en
           individu

               Christene glo dat mense na die beeld van God geskape is.
               Nadat Adam en Eva geskape is, het God hulle opdrag gegee om na
                die tuin van Eden en die hele skepping om te sien.
               As medeskeppers saam met God, is die mens God se
                verteenwoordigers op aarde.
               God het hulle aangestel om na sy eiendom, die wêreld, om te sien.
               Christene glo dat die mens geskep is om onsterflik te wees.
               Adam en Eva het egter God se opdragte verontagsaam.
               Die straf vir hulle sonde was die dood van die mensdom.
               Selfs na veroordeling, het God steeds probeer om die mensdom van
                die bose en die dood te bevry.
               Christene verwag ’n nuwe gemeenskap na die dood wat gekenmerk
                sal wees deur liefde.                                                  (10)

      2.1.2 Die aard van die lewe na die dood

               Christene glo dat die mens geskep is om onsterflik te wees.
               Adam en Eva het egter God se opdrag verontagsaam.
               Die straf vir hulle sonde was die dood van die mensdom.
               Selfs na hierdie veroordeling, het God steeds probeer om die
                mensdom van die bosse en die dood te bevry.
               Christene verwag ŉ nuwe gemeenskap na die dood wat gekenmerk
                word deur liefde, mededeelsaamheid en omgee.                           (10)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC SEPTEMBER 2020)                     RELIGIESTUDIES V2                                      5

       2.1.3 Die aard van godheid

                  God is die Skepper van die heelal.
                  God is almagtig wat beteken dat Hy kragtig is.
                  God is gees.
                  God is omgee en liefde.
                  God word verstaan as die Heilige Drie-Eenheid wat na God die
                   Vader, God die Seun en God die Heilige Gees verwys.
                                  (Enige ander relevante feite moet gekrediteer word.)      (10)

 2.2 2.2.1 Mondelinge tradisie

                In alle religieë is mondelinge tradisie ŉ doeltreffende manier om die
                 oorspronklike boodskap van een generasie na die volgende
                 mondelings oor te dra.
                Party religieë lê meer klem op mondelinge tradisie as op hul Heilige
                 tekste.
                Mondelinge tradisies speel steeds ŉ belangrike rol in sommige
                 religieë, bv. Die Afrika Tradisionele Religieë.
                Mondelinge tradisie verskaf meer duidelikheid as geskrewe tekste
                 as gevolg van die verhalende styl.
                Die ketting van vertellers is ook belangrik, want dit lei tot die
                 oorspronklike bron.
                Mondelinge tradisie gee plaaslike dialek en kultuur weer. Dit word
                 dus makliker verstaan in elke kultuur.
                Rituele in baie religieë sluit mondelinge tradisies in, bv. Doop in die
                 Christendom.                                                               (10)

       2.2.2 Inspiration

                Inspirasie is ’n belangrike normatiewe bron in baie religieë.
                Dit is die ware oorsprong van alle religieë.
                Inspirasie verwys na die krag of mag van ’n buitengewone wese wat
                 ‘n uitgesoekte wese ‘oorneem’.
                Die stigters van baie religieë is deur ’n hoër mag of wysheid
                 geïnspireer.
                Sulke mense het gevoel dat hulle ‘openbaring’ van ŉ buitengewone
                 wese ontvang het.
                Voorbeelde is Moses, Jesus Christus, Abraham, profeet
                 Mohammad, Boedha en Baha’u’llah.
                In die Afrika Tradisionele Religie ontvang die tussenganger of die
                 waarsêer inspirasie terwyl hy/sy in ŉ beswyming is.
                Hierdie insipirasie is deurlopend, terwyl dit by die Abrahamitiese
                 gelowe nie verder as hul stigters gaan nie.
                Inspirasie is ’n kragtige motivering vir die volgelinge van ŉ religie.     (10)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  RELIGIESTUDIES V2                       (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 3

 3.1 3.1.1 Oerknalteorie

               Die wetenskaplike verduideliking van die Skepping word die
                Oerknalteorie genoem.
               Volgens die Oerknalteorie is dit nie bekend wat voor die Oerknal
                bestaan het nie.
               Die Oerknalteorie stel dat daar ŉ enorme ontploffing in die ruimte was
                en binne ŉ sekonde het die heelal verskyn en tot ŉ enorme grootte
                uitgebrei.
               Die Oerknalteorie stel dat die skeppingsproses ŉ sekonde geneem
                het.
               Volgens die wetenskaplike verduideliking het die Oerknal
                13,7 miljard jaar gelede plaasgevind.
               Klein temperatuur-verskille het tot verskillende digthede van materie
                dwarsdeur die heelal gelei.
               Daardie digthede het bondels van materie en energie gevorm.
               Die bondels het voortgegaan om op ŉ klonterige wyse saam te pak
                en ’n eindelose versameling sterre, die sterrestelsel, gevorm.
               Sommige sterrestelsels het in ‘n kombinasie van sterre en planete
                gekondenseer.
               Wetenskaplikes glo dat die heelal op hierdie oomblik nog steeds
                uitbrei.
               Die wetenskaplike verduideliking maak geen melding van ’n skepper
                nie.
                                   (Enige ander relevante feite moet gekrediteer word.)    (14)

      3.1.2 Abrahamitiese religieë/Midde Oosterse religieë

               Die Skepper is manlik.
               Eers het slegs die Skepper bestaan.
               Die Skepper het die heelal van niks gemaak.
               Die proses van die skepping het ses dae geneem.
               Die mens is op die sesde dag geskape.
               Daar is een perfekte God.
               Hy het die hemel en aarde en alles wat daarin is geskape.
               Die eerste twee mense was Adam en Eva. God het hulle van klei
                gemaak.
               God het sy gees in Adam geblaas en hy het tot lewe gekom.
               Hierdie mense het in die perfekte tuin van Eden gewoon.                    (12)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC SEPTEMBER 2020)                    RELIGIESTUDIES V2                                       7

 3.2 Die houding van religie teenoor evolusie sedert die 19de eeu.
          In die 19de eeu toe Darwin se Origin of Spesies gepubliseer is, was die
           reaksie van die kerk totale verwerping.
          Dit is as godslastering beskou.
          Vandag is daar meer liberale standpunte in die Christendom, asook in
           Judaïsme en Islam.
          Liberale gelowiges glo dat daar raakpunte tussen godsdiens en
           wetenskap is.
          Hulle herinterpreteer ‘n gedeelte van hul eie tradisie sodat dit evolusie
           akkommodeer.
          Hulle sê dat leringe oor die natuur in die heilige boeke op ŉ diep vlak
           allegories of figuurlik verstaan moet word.
          Byvoorbeeld, sommige Christelike teoloë het gesê dat die skeppingsverhaal
           in Genesis nie in die fisiese sin geïnterpreteer moet word nie.
          Liberale gelowiges sê daar is geen konflik tussen wetenskap en godsdiens
           nie, solank mens die wetenskap as die onthulling van God se wette beskou.
          Hulle verduidelik die skepping ook deur die terme ‘skepping-wetenskap’ of
           ‘intelligente ontwerp’.
          Hierdie begrippe inkorporeer evolusie in die skeppingsplanne van die
           Opperwese.
          Dit beteken organismes is deur God ontwerp om by veranderende
           omgewings te kan aanpas, wat dus tot nuwe spesies lei.
          Die houding van liberale gelowiges in die Abrahamitiese godsdienste het
           sekerlik meer verdraagsaam teenoor die evolusieleer geword.
          Alles in die geskrif is terselfdertyd tydloos, ewig en in ŉ letterlike sin waar .
          Kreasionisme soos dit in die boek Genesis beskryf word, word op ŉ
           letterlike manier as die waarheid beskou.
          God het Adam en Eva geskep, wat die eerste mense was.
          Adam en Eva was perfek na die beeld van God geskape.
          Hulle het nie van ‘n ander lewensvorm geëvolueer nie, maar is as ‘n
           unieke spesie geskep.
          Hulle is bo God se hele skepping verhewe.
          Ortodokse gelowiges verwys na die beroemde ‘horlosie-analogie’ van
           William Paley.
          Paley het beweer dat die horlosie ‘n ingewikkelde stuk ingenieurswese is
           wat nie per ongeluk kon ontstaan het nie. Dit moes dus’n intelligente
           ontwerper hê. Omdat die heelal baie meer kompleks is, moes dit ook ‘n
           intelligente ontwerper (God) gehad het.
          Ortodokse gelowiges beweer dat God nie sy planne verander nie. Hy is
           steeds in beheer van die skepping.
          Die houding van ortodokse/fundamentalistiese gelowiges het dus glad nie
           verander nie. Godsdiens handel oor God en wetenskap handel oor die
           natuur.
          Ander godsdienste soos Hindoeïsme en Boeddhisme, het egter nog altyd
           die evolusieleer aanvaar.
          Hindoeïsme het geen probleem met evolusie nie: hulle het ‘n meer
           gevorderde teorie van evolusie wat geestelike evolusie insluit.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 RELIGIESTUDIES V2                     (EC/SEPTEMBER 2020)

          Die evolusieteorieleer is nie in konflik met Hindoe-denke en oortuigings
           nie, omdat dit tot die begrip van evolusie na Moksha bygedra het.
          In hierdie godsdienste (Hindoeïsme en Boeddhisme) is daar geen
           verandering in houding nie.
          In Afrika Tradisionele Godsdiens is daar geen teenkanting teen evolusie
           nie, omdat die heelal as onderling verbonde dele beskou word.
          Die status van die mens word egter duidelik as verhewe bo die res van die
           skepping beskou.
                                                                                        (24)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC SEPTEMBER 2020)                   RELIGIESTUDIES V2                                    9

 VRAAG 4

 4.1 Vir die doel van hierdie nasienriglyn word Soedan as voorbeeld bespreek.

       4.1.1 Soedan, Soedannese-stamme, (Arabies-sprekende stamme, Fur en
             Masalit)                                                                     (4)

       4.1.2 Oorsake
                Noord-Soedan bestaan hoofsaaklik uit Arabies-sprekende stamme.
                ‘n Aantal stamme, waarvan sommige animiste was, terwyl ander
                 Christene was, het in die Dafoer-streek in die suide gewoon het.
                Die konflik in Soedan het meer as honderd jaar geduur.
                Daar is ook ekonomiese faktore wat ‘n rol speel: die ekonomie van
                 die noorde is beter ontwikkel as die Suide.
                Die Fur en Masalit-stamme was boere, terwyl die Arabiere meestal
                 normade was. Dit het tot die konflik van weiding gelei.
                Die ontdekking van olie in die suide (Heglig-velde) het tot
                 funksionele konflik gelei, asook ŉ groter Khartoem om politieke
                 beheer oor die Suide uit te oefen.
                Toe Khartoem die Sharia-wet op die hele land opgelê het, het dit tot
                 ‘n gewapende opstand teen die regering gelei.
                Die Soedan-bevolkingsleër (SPLA) is gevorm en het die aanvalle
                 teen die regering gelei.
                Die SPLA het egter vinnig verdeeld geraak en die faksies het teen
                 mekaar gedraai.
                Hierdie verdeelheid was hoofsaaklik op grond van stamverband.
                Selfs nadat die Suide in 2011 as ‘n onafhanklike staat verklaar is, het
                 gevegte nog steeds voortgegaan.
                                  (Enige ander relevante feite moet gekrediteer word.) (12)
       4.1.3 Rol van religie
                Religie speel slegs ŉ klein rol in die konflik en daarom is dit dus nie ŉ
                 religieuse oorlog nie.
                Geen poging is deur een godsdiens gemaak om mense van ‘n ander
                 religie te bekeeer nie.
                Moslems het ook by die bevolkingsleër (SPLA) aangesluit.
                Daar was ook bewyse van interne gevegte in die SPLA nadat dit
                 gevorm is.
                Die konflik was nie religieus nie.
                Daar is talle ander verdelings (ekonomies en stamverwant) wat selfs
                 na die stigting van Suid-Soedan voorgesit is.
                                  (Enige ander relevante feite moet gekrediteer word.) (14)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 RELIGIESTUDIES V2                      (EC/SEPTEMBER 2020)

 4.2 Tipes rituele in religieë

         ŉ Ritueel is ŉ stel formele optrede of gedrag met ŉ seremoniële doel wat met
          gereelde tussenposes binne ‘n spesifieke omgewing uitgevoer word.
           Aanbiddingsritueel: Hierdie is rituele wat op ŉ gereelde basis uitgevoer
             word om gevoelens uit te druk, byvoorbeeld daaglikse of weeklikse
             aanbidding.
           Lewensiklusritueel: Hierdie is rituele wat verband hou met die
             verskillende stadiums van ‘n individu se lewe bv. inisiasie, huwelik,
             siektes of dood.
           Jaarlikse siklusritueel: Dit is ‘n ritueel wat op ‘n bepaalde tyd van die
             jaar plaasvind, bv. Kersfees.
           Gedenk ritueel: Rites van feesviering en herdenkings.
           Offerings ritueel: Baie religieë sluit offers as deel van hulle rituele in.
             (Enige relevante feite moet gekrediteer word.)                             (10)

 4.3 Rolle van rituele

      4.3.1 Sielkundige rolle

               Rituele bevredig ‘n deel van die mens wat nie logies verklaar kan
                word nie.
               Sommige sit blomme op ŉ graf.
               Dit word nie gedoen vir mense wat gesterf het nie, of vir ander mense
                om te sien nie, maar voldoen aan ŉ dieper persoonlike behoefte.
               Die behoefte aan rituele in ons lewens blyk sy oorsprong in die
                regterkant van die brein te hê.                                            (6)

      4.3.2 Geestelike rolle

               Sulke rituele word uitgevoer om die gaping tussen mense en die
                goddelike te versterk.
               Wanneer ‘n priester in die Rooms Katolieke kerk die “Mis” uitvoer
                word die liggaam en blood van Jesus as die water en die wyn gesien.
                                  (Enige ander relevante feite moet gekrediteer word.)    (4)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC SEPTEMBER 2020)                     RELIGIESTUDIES V2                                      11

 VRAAG 5

 5.1 Wêreldbeskouings

       VOORBEELD 1: Sekularisme

        Sekularisme het die weg vir die ontwikkeling van menseregte gebaan.
        Alle religieë word gelyke status voor die wet gegee as gevolg van die idee
         van sekularisme.
        Dit laat verskillende religieë toe om in harmonie saam te leef.
        Verskillende religieë, insluitende minderhede, neem deel aan die formele
         aktiwiteite van die staat.
        Alle godsdienste word gelyke status gegee en is vry om hulle heilige dae te
         vier.
        Sekularisme het godsdiensoorloë en algemene godsdienstige konflik in die
         wêreld laat afneem.

       VOORBEELD 2: Materialisme

        Hierdie sekulêre wêreldsiening leer dat materie die enigste werklikheid is en
         ontken die bestaan van ‘n gees van bonatuurlike ryk.
        Dit het in verskillende dele van Europa en Indië gedurende wat bekend was
         as die Aksiale era (800–200 BCE), ontwikkel.
        Uitdrukkings van hierdie filosofie kan in oer-Indiese filosofie, Boeddhisme en
         Confucianisme gevind word.
        Karl Marx het die term ‘dialektiese materialisme’ gebruik wat ‘n lering is dat
         materie die fundamentele bestaan van alles is.
        Hy het ook die term ‘historiese materialisme’ gebruik wat ŉ lering is dat
         ekonomie en verhoudings tussen werkers en eienaars fundamentele
         strukture in die samelewing is.
                            (Enige ander relevante feite moet gekrediteer word.) (10 x 2)       (20)
 5.2 Interne differensiasie in enige EEN religie
               Vir die doel van hierdie nasienriglyn word Islam as ŉ voorbeeld
               bespreek
       5.2.1 Leringe in Islam

                Islam is verdeel in twee groepe, Soenni en die Sjia-Islam.

               Soenni Islam

                Soenni verwys na die Sunnah (voorbeeld) van profeet Mohammed.
                Die Hadith wat deur die metgeselle van die profeet vertel word, het
                 gelyke waarde as dié wat deur sy familielede vertel is.
                Die sekte glo dat alle leerstellings wat in die Boeke van Hadith vervat
                 word, ewe belangrik is.
                Soenni’s volg die leringe van die geleerdes van die 7de en 8ste eeu.
                Soenni’s aanvaar nie dat die kalief uitsluitlik uit die Profeet se familie
                 kom nie.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                    RELIGIESTUDIES V2                      (EC/SEPTEMBER 2020)

              Sjia-Islam

                    Sjia beteken partydig of afsonderlike party.
                    Die Hadith wat deur die metgeselle van die Profeet vertel word, het
                     minder betekenis as dié wat deur sy familielede vertel word.
                    Die Sjia volg slegs die leerstellings en menings van ŉ lewende
                     geleerde.                                                                 (10)

      5.2.2 Verskil in bestuur

              Soenni
               Daar is geen geestelike leiers in Sunni-Islam nie.
               Enige Moslem kan op gemeenskapsrade dien.
               Bestuur is gemeenskapsgebaseerd.
               Islamietiese geleerdes en gemeenskapslede dien op beheerrade van
                moskees, madressas en skole.

              Sjia
               Sjia-Moslems eerbiedig die afstammelinge van Profeet Mohammed en
                 dat hulle die reg het om Moslems te lei.
               Hulle gebruik die titel ‘Imam’ vir sekere leiers wat hulle glo deur God
                 verkies is.
               Die finale oordeel oor enige onsekerheid oor enige godsdienstige of
                 politieke kwessie lê by die verteenwoordiges van die Imam.
               Beheer is in die hande van die mollas (priesters) wat deur
                 godsdienstige edik/dekreet regeer.                                            (10)

      5.2.3 Praktyke: Soenni

               Religieuse praktyke is streng in ooreenstemming met die Profeet se
                Sunnah soos in die Hadith neergelê.
               Volgens die Soenni-Moslems is die Imam bloot ŉ leier van ŉ gemeente.
               Mutta (tydelike huwelike) is verbode.
               Imam doen nie formele opleiding in Soenni-Islam nie.

              Praktyke: Sjia
               Hulle glo dat die kalifaat (Profeet Mohammed se opvolger) uit sy
                afstammelinge moet kom.
               Imam is net afstammelinge van die Profeet Mohammed wat hulle glo
                goddelik aangestel is.
               Die altaar van Hussein in Karbala is ŉ belangrike pelgrimstog vir die
                Sjia.
               Mutta (tydelike huwelike) is toelaatbaar.
               Hulle beoefen selfverminking, byvoorbeeld by die herdenking van die
                tragedie van Karbala.                                                          (10)
                                                                                               [50]

                                                                                TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2020 ENG](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2020-eng/370b34b7-f732-49c4-b743-024b885139ce) — Religion Studies · Memo · 2020 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2020-afrikaans/f4c6cd3c-439a-4099-b9a8-1afb7dfcab69) — Religion Studies · QP · 2020 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2020 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2020-english/183205a8-2653-44b8-94ac-b2caf512b5e2) — Religion Studies · QP · 2020 · Eng
- [Religion Studies P2 NSC Nov 2020 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nsc-nov-2020-memo-eng/90e41cec-337d-42f5-857e-98d101c5b936) — Religion Studies · Memo · 2020 · Eng
- [REL STUDIES P2 MEMO SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p2-memo-sept-2018-afrikaans/8a667319-4336-43ff-a856-d3395338d73b) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [RLGS P2 S16 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/rlgs-p2-s16-memo-afr/bbf20a56-2563-4430-9448-8bbcb325098f) — Religion Studies · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/280b2f45-cc59-4fda-8962-bcd5e4a7d0bb) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
