# Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2022-afrikaans/348d1567-3ee4-4cab-bac1-550ce26caee4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2022-afrikaans/348d1567-3ee4-4cab-bac1-550ce26caee4)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2022

                     RELIGIESTUDIES V2
                       NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                   Hierdie nasienriglyn bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 RELIGIESTUDIES V2                   (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 1

 1.1 Sentrale leringe van enige EEN religie, Christendom word as voorbeeld
     gebruik

      1.1.1 Die aard van mensdom, met verwysing na gemeenskap en die
            individu

              • Christene glo dat mens na die beeld van God geskape is.
              • Nadat Adam en Eva geskape is, het God hulle opdrag gegee om na
                die tuin van Eden en die skepping om te sien.
              • As medeskeppers saam met God, is die mens God se
                verteenwoordigers op aarde.
              • God het hulle aangestel om na sy eiendom, die wêreld om te sien.
              • Hulle is verantwoordbaar aan God.
              LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                   (10)

      1.1.2 Die aard van lewe na die dood

              • Christene glo dat die mens geskep is om onsterflik te wees.
              • Adam en Eva het egter God se opdrag verontagsaam.
              • Die straf vir hierdie sonde was die dood van die mensdom.
              • Selfs na veroordeling, het God steeds probeer om die mensdom
                van die bose en die dood te bevry.
              • Christene verwag ŉ nuwe gemeenskap na die dood wat deur liefde,
                omgee en mededeelsaamheid gekenmerk sal wees.
              LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                   (10)

      1.1.3 Die aard van godheid

              •  Christene glo in die bestaan van ŉ Opperwese en goddelike wese,
                 naamlik God.
              • God onthul Homself as drie persone:
                o God die Vader as Skepper van die heelal.
                o God die Seun as Redder en Verlosser van die mensdom.
                o En God die Heilige Gees as Berader van Christene.
              LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                   (10)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                    RELIGIESTUDIES V2                                        3

 1.2 Interne verskille in enige EEN religie:
       1.2.1 Verskil in leringe
               Voorbeeld 1: Islam
               • Islam word in twee hoofgroepe verdeel, naamlik die Soenni en die
                 Sji’a˗Islam.

               Soenni-Islam
               • Soenni verwys na die navolgelinge van Sunnah (voorbeeld) van die
                 Profeet Mohammed.
               • Die Hadith wat deur die metgeselle van die profeet vertel word, het
                 gelyke waarde as die wat deur sy familielede vertel word.
               • Die Soenni-sekte glo dat alle leerstellings wat in die Boek van
                 Hadith vervat word, ewe belangrik is.
               • Die Soenni’s volg die leringe van geleerdes uit die 7de en 8ste eeue.
               • Die Soenni’s aanvaar nie dat ŉ kalief uitsluitlik uit die Profeet se
                 familie moet kom nie.
               Sji’a-Islam
               • Sji’a beteken partydige of afsonderlike.
               • Die Hadith wat deur die metgeselle van die profeet beskryf word,
                  het minder betekenis as die wat deur sy familielede vertel word.
               • Die Sji’a volg slegs die leerstellings en opinies van ŉ lewende
                  geleerde.
 Voorbeeld 2: Christendom – drie takke
 Christendom het drie hooftakke: Katolieke, Oos-Ortodokse en Protestante (ook
 Afrika Geïnisieerde Kerke)

 Katolisisme
 • Die Katolieke Kerk glo dat hulle die oorspronklike kerk is.
 • Hulle glo dat almal in sonde gebore is as gevolg van Adam en Eva se
   ongehoorsaamheid aan God.
 • God bestaan uit drie persone: Vader, Seun en die Heilige Gees.
 • Die Heilige Gees kom van die Vader en die Seun.
 Oosters-Ortodokse
 • Die Heilige Gees kom slegs van God die vader.
 • Hulle glo dat hulle die kerk is wat reg gelei word.
 Protestantisme
 • Die Bybel het meer gesag as die Pous.
 • Hulle leer dat geloof die weg tot verlossing is.
 • Hulle leer dat verlossing ŉ geskenk is wat vrylik deur die werk van Jesus
   Christus gegee word.
 LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                      (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  RELIGIESTUDIES V2                    (EC/SEPTEMBER 2022)

      1.2.2   Verskil in bestuur

              Voorbeeld 1:

              Soenni-Islam
              • Daar is geen geestelike leiers in Soenni-Islam nie.
              • Enige Moslem kan op gemeenskaprade dien.
              • Bestuur is gemeenskap gebaseer.
              • Islam geleerdes (ulema) en gemeenskapslede (vrywilligers) dien
                op bestuursrade van moskees en madressa en skole.

              Sji’a-Islam
              • Sji’a Moslems eerbiedig die afstammelinge van die Profeet
                  Mohammed en glo dat hulle die goddelike reg het om Moslems te
                  lei.
              • So ŉ leier word die Imam genoem.
              • Die finale oordeel oor enige onsekerheid oor enige godsdienstige
                  of politieke kwessies lê by die verteenwoordigers van die Imam.
              • Beheer is in die hande van mollas (priesters) wat deur
                  godsdienstige edik/dekreet regeer.

              Voorbeeld 2: Christendom

              Katolisisme
              • Die hoof van die Katolieke kerk is die Pous.
              • Die magsentrum van hierdie vertakking is in Rome.
              • Die katolieke tak het baie ordes, naamlik monnike, nonne,
                 priesters en kloostermonnike.
              • Die katolieke tak word op gemeentevlak deur priesters
                 bestuur/gelei, dekante deur diakens, bisdomme deur biskoppe en
                 aartsbisdomme deur aartsbiskoppe.
              • ŉ Kardinaal kan ŉ hele land of geografiese streek bestuur/lei.

              Oosters-Ortodokse
              • Hierdie vertakking word deur die priesters en biskoppe
                bestuur/gelei.
              • Gesag in die kerk is in die hande van ŉ groep biskoppe.
              • ŉ Bisdom is ŉ groep gemeentes onder die leierskap van ŉ biskop.

              Protestantisme
              • Die kerke word deur ingewyde predikante en biskoppe of verkose
                 ouderlinge bestuur/gelei.
              • Algehele gesag is deur ŉ hoër gesag soos ŉ sinode of algemeen
                 gemeente met die biskop as voorsittende beampte.
              • Sommige Protestante kerke is onafhanklik en nie aan enige hoër
                 gesag as die gemeente verantwoordelik nie.
              LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                     (10)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   RELIGIESTUDIES V2                                        5

 VRAAG 2

 2.1 2.1.1     Bespreek die oorsake van omgewingsvernietiging
               • Omgewingsvernietiging word veroorsaak deur onverantwoordelike
                  gebruik van chemikalieë (plaagdoders en kunsmis)
               • Dit word ook deur die oormatige verbranding van
                  fossielbrandstowwe veroorsaak.
               • Dit verhoog die hoeveelheid koolstofdioksied in die atmosfeer.
               • Die oormatige toename in koolstofvrylatings deur fabrieke en
                  vervoer lei tot die kweekhuis-effek/aardverwarming.
               • Dit laat die temperatuur van die aarde se atmosfeer styg, wat tot
                  klimaatsverandering lei.
               • Dit word ook veroorsaak deur party menslike aktiwiteite soos die
                  storting van afvalprodukte in oop areas (grondbesoedeling).
               • Verkeerde landboumetodes beskadig ook die omgewing wat tot
                  gronderosie lei.
               LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                           (12)

       2.1.2   Die impak van omgewingsvernietiging in die gemeenskap
               • Die weer en klimaat het verander (aardverwarming).
               • Daar is meer dikwels storms, droogtes en vloede oor ons hele
                  planeet.
               • Verwoestyning neem toe, veral in Afrika.
               • Dit lei tot voedseltekorte.
               • Daar is ŉ gat in die osoonlaag en dit veroorsaak temperatuur-
                  stygings.
               • Meer mense sterf jaarliks as gevolg van siektes wat deur
                  lugbesoedeling veroorsaak word.
               • Siektes het ernstiger geword want ons liggame slaag nie daarin
                  om by die steeds wisselende omgewing aan te pas nie.
               LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                           (12)

       2.1.3   Praktiese strategieë of stappe wat religieuse organisasies kan
               doen in die stryd teen omgewingsvernietiging
               • Hulle moet praktiese veldtogte teen omgewingsvernietiging
                  organiseer,    bv.,    waterversameling,   hernubare     energie,
                  voedseltuine, ens.
               • Hulle moet hulle volgelinge leer oor die belangrikheid van
                  natuurbewaring.
               • Godsdienstige       leiers   moet   in    regeringstrukture   wat
                  omgewingskwessies hanteer, verteenwoordig wees.
               • Alle godsdienstige organisasies moet subkomitees hê wat
                  natuurbewaring/omgewingsbeskerming bevorder.
               LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                           (12)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  RELIGIESTUDIES V2                        (EC/SEPTEMBER 2022)

 2.2 Noem en verduidelik die hermeneutiese beginsels

      Historiese konteks:
      • Dit beteken dat die geskrifte binne die konteks van die tyd en
         omstandighede waarin die teks geskryf is, verstaan moet word.

      Duidelikste betekenis/Betekenis van woorde:
      • Die betekenis wat die duidelikste (of die mees voor die handliggendste) vir
        die leser is, moet in ag geneem word.

      Plan, doel en konteks:
      • Die skryfplan of struktuur van die hele dokument moet in aanmerking
         geneem word.
      • ŉ Uittreksel moet as deel van die geheel beskou word.
      • Byvoorbeeld, is die geskrewe in die vorm van poësie of in die vorm van
         prosa.

      Betekenis van woorde:
      • Die betekenis van woorde verander dikwels met tyd en konteks.
      • Vir die korrekte interpretasie moet die oorspronklike betekenis gebruik
        word.

      Figuurlike taal:
      • Figuurlike taal word wyd in sommige heilige tekste gebruik.
      • Dit moet so geïdentifiseer word sodat dit nie letterlik vertolk word nie.
      • Figuurlike taal vereis die toepassing van al die ander hermeneutiese
         beginsels, vir dit om korrek vertolk te word.

      Ander heilige tekste
      • Heilige tekste kan gebruik word om ander heilige tekste oor dieselfde
        onderwerp te vertolk.
      • Dit is omdat daar ooreenstemming tussen die leringe van die religie en hul
        heilige tekste is.
      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                      (14)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   RELIGIESTUDIES V2                                        7

 VRAAG 3

 3.1 3.1.1     Inspirasie
               • Inspirasie verwys na die ‘asemhaling’ (mag, kennis) van ŉ
                 buitengewone wese of mag.
               • Bv. God wat ŉ mens oorneem en hom/haar met goddelike kennis
                 inspireer.
               • Die meeste boeke in die Bybel is geskryf deur mense wat goddelik
                 deur die Heilige Gees geïnspireer is.
               • Voorbeelde is Abraham, Moses, David, Profete en Apostels.
               • Die inspirasie van hierdie figure word deur die kerk as direk en
                 onmiddellik aanvaar.
               • Daar word geglo dat hulle die boodskap van God ontvang het.
               • Deur goddelike inspirasie het die profete die toekoms van die wêreld
                 voorspel.
               • Inspirasie deur die Heilige Gees word steeds gerespekteer in terme
                 van leiding in die kerk.
               • Die ‘geïnspireerde leerstellings’ vorm die fondasie van Christendom
                 en is in die Bybel opgeneem.
               LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                             (8)

       3.1.2   Belangrikheid van heilige tekste
               • Geskrewe heilige tekste is meer vas/rigied as mondelingse teks.
               • Heilige boeke is vaste maatstawwe om reg en verkeerd te meet.
               • Heilige boeke bevat die geskiedenis van verskillende eras/tydperke
                 van die verlede.
               • Hulle weerspieël ook die tale en kulture van die vorige eras/tydperke.
               • Heilige boeke dien as betroubare verwysingsbronne van die leringe
                 en oortuigings van die religie.
               • Heilige boeke dien as ŉ verenigde bron van religie.
                                        (Enige relevante feite moet gekrediteer word.)         (10)

 3.2 3.2.1     Sekulêre wêreldbeskouing en religieuse beskouing
               • ŉ Wêreldbeskouing is die manier hoe ons sin maak van die wêreld
                 om ons.
               • Daar is twee soorte wêreldbeskouings: religieuse wêreldbeskouing
                 en sekulêre wêreldbeskouing.
               • ŉ Religieuse wêreldbeskouing is die oortuiging dat die regering en
                 moraliteit op religie gebaseer moet wees.
               • ŉ Sekulêre wêreldbeskouing is die oortuiging dat die regering en
                 moraliteit op menseregte gebaseer moet word en nie noodwendig op
                 religie nie.
               LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                             (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  RELIGIESTUDIES V2                     (EC/SEPTEMBER 2022)

 3.3 3.3.1    Ateïsme
              • Ateïste verwerp die oortuiging dat goddelike of bonatuurlike magte
                bestaan.
              • Ateïste wend hulle dikwels na die wetenskap om die aard van die
                heelal te verduidelik, eerder as om op geloof staat te maak.
              • Daar is verskillende grade van ateïsme.
              • Sagte of neutrale ateïste verwerp nie aktief die bestaan van ŉ
                bonatuurlike wese nie.
              • Sterk of positiewe ateïste glo daar is bewyse om hulle ateïstiese
                beskouings te ondersteun.
              • In sommige gevalle verwerp sagte ateïste beide teïsme en sterk
                ateïsme.
              • Dit is omdat hulle voel dat beide wêreldbeskouings afhang van
                bewyse om hul bewerings te staaf.
              LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                 (12)

      3.3.2   Sekulêre humanisme
              • Sekulêre humanisme glo dat die goddelike nie bestaan nie.
              • Hulle verwerp godsdienstige oortuiging en die bestaan van die
                bonatuurlike.
              • Soos ander vorm van humanisme, hou hulle ŉ gemeenskaplike
                oortuiging wat die hoogste belangrikheid aan menslike denke toeken.
              • Die Raad van Sekulêre Humanisme lig die volgende in hulle leringe
                uit: ŉ Behoefte om oortuiging te toets: ŉ Oortuiging dat tradisies,
                ideologie en dogma deur elke individu opgeweeg en getoets moet
                word en nie deur geloof nie. Rede, bewyse.
              • Wetenskaplike metode: ŉ Verbintenis tot die gebruik van kritieke
                redenering, feitelike bewyse en die wetenskaplike metode van
                ondersoek in die soeke na oplossings vir menslike probleme.
              • Vervulling, groei en kreatiwiteit: ŉ Primêre bekommernis met
                vervulling, groei en kreatiwiteit
              • Soek na waarheid: ŉ Konstante soeke na objektiewe waarheid.
              • Etiek: ŉ Soeke na lewensvatbare individu, maatskaplike/sosiale en
                politieke beginsels van etiese gedrag.
              • Geregtigheid en regverdigheid: ŉ Belangstelling in die versekering
                van geregtigheid en regverdigheid in die samelewing.
              • Bou ŉ beter wêreld: ŉ Oortuiging dat rede, ŉ ope uitruiling van idees,
                welwillendheid en verdraagsaamheid gebruik kan word om ŉ beter
                wêreld te bou.
              LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                     (12)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   RELIGIESTUDIES V2                                        9

 VRAAG 4

 4.1 4.1.1     Bespreek die wetenskaplike verduidelik van hoe die heelal
               ontstaan het

               •  Die teorie stel voor dat alle lewe uit primitiewe vorm
                  ontwikkel/ontstaan het en aanhou om aan te pas en te ontwikkel.
               • Die evolusieleer beweer dat mense saam met ape uit ŉ
                  gemeenskaplike primaatvoorouer ontwikkel het.
               • Spesies bevat ŉ groot verskeidenheid van klein verskille.
               • In die oorlewingstryd sal beter aangepaste variasies voorkeur
                  geniet, terwyl die wat nie liggaamlik geskik is nie, met moeite gaan
                  oorleef.
               • Die geld ook vir verandering by mense.
               • In die stryd op oorlewing kan mense aanpas en geleidelik verander
                  van ape na mense.
               • Die proses van verandering en aanpassing gebeur oor ŉ lang tyd
                  perk.
               • Wetenskap bied geen verduideliking van die skepping as deel van ŉ
                  goddelike plan nie.
               LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                           (10)

       4.1.2   Voorbeeld: Christendom

               •  Eers het slegs die Skepper bestaan.
               •  Die Skepper is manlik.
               •  Die Skepper het die heelal uit niks gemaak.
               •  Die proses van die skepping het ses dae geneem.
               •  Mense is op die sesde dag geskape.
               •  Daar is een perfekte God.
               •  Hy het die hemel en aarde en alles wat daarin is geskape.
               •  Die eerste twee mense was Adam en Eva. God het hulle van klei
                  gemaak.
               • God het sy gees in Adam geblaas en hy het tot lewe gekom.
               • Hierdie mense het in die perfekte tuin van Eden gewoon.
               LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                            (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                RELIGIESTUDIES V2                     (EC/SEPTEMBER 2022)

 4.2 4.2.1    Die respons van die onderstaande religieë oor Darwin se evolusie-
              teorie:

              Christendom
              • In teenstelling daarmee is daar geen verband tussen tradisionele
                 Christene en die evolusieleer nie.
              • Tradisionele Christene aanvaar slegs dat God Adam en Eva
                 geskep het, soos in die boek Genesis vertel word.
              • Hulle redeneer dat daar geen bewyse in die geskiedenis is dat
                 mense uit ape geëvolueer het nie.
              • God het perfekte menslike wesens geskep en hulle die gesag
                 gegee om oor die wêreld te heers en dit te bestuur.
              • Daar is egter ŉ verband tussen die evolusieleer en liberale
                 of progressiewe Christene.
              • Hulle redeneer dat alles in die heelal deur God geskep is, en die
                 proses van evolusie is ook deel van die Goddelike plan. (Daar word
                 daarna as intelligente ontwerp verwys.)
              • Hulle se God was verantwoordelik vir die Oerknal teorie.
              • Die progressiewe Christene aanvaar die idee van geleidelike
                 teïstiese evolusie, en voeg by dat die skeppingsmite as simbolies
                 beskou moet word.
              • Hulle erken dat daar enkele stadiums van skepping was wat
                 evolusie behels het, soos verduidelik deur wetenskaplikes.
              LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                  (10)

      4.2.2   Hindoeïsme
              • Hindoes het geen probleem met evolusie nie omdat hulle glo dat
                 die heelal op evolusie gebaseer is.
              • Hindoes glo dat hulle ŉ meer gevorderde teorie van evolusie as die
                 wetenskaplike teorie het.
              • Hindoeïsme verskaf ŉ omvattende beskouing van evolusie, omdat
                 dit nie beperk is tot die fisiese nie maar ook geestelike evolusie
                 insluit.
              • Hindoes glo dat jy oor beide jou geestelike en fisiese evolusie
                 beheer het.
              • Volgens Hindoeïsme, as jy ŉ goeie lewe lei, sal jy geleidelik
                 evolueer (ontwikkel) deur baie wedergeboortes totdat jy geestelik
                 gevorderd is.
              • Retrogressie van die siel is ook moontlik.
              • Terwyl Hindoeïsme nie ŉ probleem met Darwin se teorie het nie, is
                 die hooffokus op geestelike evolusie/retrogressie.
              LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                     (10)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                  RELIGIESTUDIES V2                                      11

 4.3 Oerknalteorie
     • Die wetenskaplike verduideliking van die Skepping word die Oerknalteorie
       genoem.
     • Volgens die Oerknalteorie is dit nie bekend wat voor die Oerknal bestaan
       het nie.
     • Die Oerknalteorie stel dat daar ŉ enorme ontploffing in die ruimte was en
       binne ŉ sekonde het die heelal verskyn en tot ŉ enorme grootte uitgebrei.
     • Die Oerknalteorie stel dat die proses van die skepping binne ŉ sekonde
       plaasgevind het.
     • Volgens die wetenskaplike verduideliking het die Oerknal 13,7 miljard jaar
       gelede plaasgevind.
     • Klein temperatuur-verskille het tot verskillende digthede van materie
       dwarsdeur die heelal gelei.
     • Daardie digthede het bondels van materie en energie gevorm.
     • Die bondels het voortgegaan om op ŉ klonterige wyse saam te pak en ŉ
       eindelose versameling sterre, die sterrestelsel, gevorm.
     • Sommige sterrestelsels het in ŉ kombinasie van sterre en planete
       gekondenseer.
     • Wetenskaplikes glo dat die heelal op hierdie oomblik nog steeds uitbrei.
     • Die wetenskaplike verduideliking maak geen melding van ŉ Skepper nie.
       LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                            (12)
                                                                                       [50]

 VRAAG 5

 5.1 Darwin se Evolusieteorie

       • Darwin se teorie van evolusie het ŉ alternatiewe verduideliking van die
         skepping verskaf wat dikwels verskil van die Abrahamitiese godsdienstige
         verduideliking van die skepping.
       • Die teorie het ook ŉ verduideliking verskaf wat nie die idee van ŉ
         intelligente ontwerper vereis het nie.
       • Die teorie van evolusie verduidelik die ontwikkeling van lewe van ŉ
         eenvoudige vorm tot ŉ meer komplekse vorm.
       • Die ontwikkeling sluit die evolusie van mens deur primitiewe stadiums na
         moderne mense in.
       • Darwin se teorie bestaan uit vier idees:
          o Spesies bevat ŉ groot verskeidenheid verskille.
          o Beide die wêreld en spesies het verander oor tyd.
          o In die oorlewingstryd sal beter aangepaste variasies bevoordeel word,
             terwyl die wat nie pas nie, sal sukkel om te oorleef.
          o ŉ Spesies kan geleidelik van vorm verander en meer kompleks word
             deur op ŉ pad van suksesvolle variasies te ontwikkel.
       • Volgens Charles Darwin het mense van ape ontwikkel.
       LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                            (14)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 RELIGIESTUDIES V2                      (EC/SEPTEMBER 2022)

 5.2 5.2.1    Nasionale Godsdiensleiersforum (NGLF) in Suid-Afrika

              •  Dit bestaan uit leiers van verskeie religieë in Suid-Afrika.
              •  Dit dien as ŉ raadgewende en adviserende liggaam vir die
                 president en hanteer religieuse sake.
              • Dit is betrokke by die groot kwessies wat die Suid-Afrikaanse
                 samelewing vandag in die gesig staar.
              • Sommige voorbeelde is: Om die mishandeling van vroue en
                 kinders (GBV) te stop.
              • Om bewustheid van MIV/Vigs te versprei en diegene wat geraak en
                 besmet is, te help.
              • Om etiese en morele waardes te bevorder, om te help met die
                 morele wedergeboorte in ons land.
              • Om religie in onderwys te bevorder.
              • Die werk van hierdie liggaam strek oor ŉ aantal kwessies kortom,
                 die behoeftes wat in ons land ontstaan.
              LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                           (8)

      5.2.2   Die Intergeloofsaksie vir Vrede in Afrika (IFAPA)

              •  Toegewyd om saam te werk vir vrede en eenheid in die vasteland.
              •  Om ŉ ordentlike lewe vir almal te verseker.
              •  Vestig en registreer nasionale hoofstukke.
              •  Dit sluit ook in opdrag van vergadering van godsdienstige leiers wat
                 die IFAPA besluite neem.
              • Om aan die Wêreldforum deel te neem.
              LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                           (8)

      5.2.3   Wêreldparlement van Religieë (WPR)

              •  Die doel is om godsdienstige konflik en oorloë te stop.
              •  Om armoede te stop.
              •  Om die omgewing te beskerm.
              •  Om die regering te help om ŉ vennootskap met intergodsdienstige
                 organisasies te ontwikkel.
              • Om menslike ontwikkeling te bevorder.
              • Om regverdige en vreedsame samelewings te bevorder.
              • Om kwessies soos menseregte aan te spreek.
              LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                           (8)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   RELIGIESTUDIES V2                                       13

 5.3 Die verhouding tussen religieë sedert die demokrasie in Suid-Afrika.

       • Die land het van ŉ Christenstaat na ŉ sekulêre staat verander.
       • Daar is vrede, harmonie en samewerking tussen religieë in Suid-Afrika.
       • Die handves van regte in die grondwet van RSA, 1996 (Wet 108) waarborg
         die vryheid van religieë.
       • Die Wêreldkonferensie van Religieë vir Vrede in Suid-Afrika was in 1984
         gestig, het verseker dat hierdie reg in die grondwet ingesluit is.
       • Die Wêreldparlement van Godsdienste-konferensies is in 1999 in Kaapstad
         gehou.
       • Godsdienstige leiers vir strukture van Verkiesingsgeregtigheid is in 1999 in
         Kaapstad gehou.
       • Nasionale Forum vir Godsdienstige leiers is gevorm.
       • Godsdiens en Onderwysbeleidsdokumente was in September 2003 gestig.
       • Dus kan alle religieë in openbare skole en openbare uitsaaiers soos SABC
         uitgedruk word.
       • En godsdienstige oordenkings en kulturele dokumentêre programme op
         radio en televisie weerspieël vandag Suid-Afrika se godsdienstige en
         kulturele diversiteit.
       LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                              (12)
                                                                                         [50]

                                                                           TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [REL STUDIES P2 MEMO SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p2-memo-sept-2018-afrikaans/8a667319-4336-43ff-a856-d3395338d73b) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2020-afrikaans/f4c6cd3c-439a-4099-b9a8-1afb7dfcab69) — Religion Studies · QP · 2020 · Afr
- [RELIGIOUS STUDIES P2 GR12 SEPT Deaf](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p2-gr12-sept-deaf/f4c07dfd-5af7-4568-90bb-cb24c413e5ee) — Religion Studies · QP · 2022
- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT201 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-memo-sept201-afrikaans/4054664c-2e08-4558-bd57-3300b495a7b3) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2017-afrikaans/36e4e58d-a9d6-468e-84e7-196ae70761ff) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
