# Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2013 Memo (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2013-memo-afr/757732ff-27fa-4c87-bb4d-5af8f514b115
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2013 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2013-memo-afr/757732ff-27fa-4c87-bb4d-5af8f514b115)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                                RELIGIESTUDIES V2

                                 NOVEMBER 2013

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             2                          DBE/November 2013
                                      NSS – Memorandum

VRAAG 1

LW: In 1.1. Alhoewel daar drie voorbeelde vir elke onderafdeling aangebied word, word
die kandidaat gekrediteer vir ENIGE ander godsdiens gekies.

1.1       1.1.1       Inspirasie
                      LW.: Spirituele inspirasie voortspruitend uit gebed/meditasie
                      is aanvaarbaar.
                      Afrika Tradisionele Godsdiens
                      • Mense kommunikeer met die voorvaders en ontvang
                          boodskappe van hulle deur drome en visioene.
                      • Mediums en waarsêers spesialiseer in kommunikasie met die
                          voorvaders en geeste in die algemeen. Daar word geglo dat
                          hulle op 'n bonatuurlike manier insig in die onbekende of die
                          toekoms gekry het of dit ontdek het.
                      • Die mediums gaan dikwels deur die proses van dood en
                          hergeboorte gedurende hul opleiding.
                      • Die persoonlikheid van die medium word beëindig en die
                          medium of waarsêer ontvang 'n nuwe persoonlikheid.
                      • In Suidelike Afrika rus die priesterlike funksie van
                          tussenganger tussen die godheid en mense gewoonlik by die
                          hoof van die familie.
                      • Hierdie tussengangers is die voorvadergeeste (soms ook
                          bekend as die lewende dooies, die skadu's of geringe
                          godhede).
                      • In sommige gebiede kan 'n natuurlike voorwerp, veral 'n dier,
                          aangeneem en gerespekteer word as 'n embleem van 'n stam
                          of individu. Die stam of individu kry dan die naam van die dier
                          of natuurelement om te bewys dat hulle geïnspireer is.

                      Hindoeïsme
                      • In Hindoeïsme word absolute voorkeur gegee aan die
                         oorspronklike klank van die gesproke woord.
                      • Die oorspronklike inspirasie het ten minste 4 000 jaar gelede
                         gebeur.
                      • Die oorspronklike inspirasie is deur geskrewe teks aan latere
                         generasies oorgedra sodat hulle daardeur bevoordeel kon
                         word.
                      • Oorspronklik geopenbaarde en gehoorde geïnspireerde skrifte
                         word onderskei van sekondêre skrifte.
                      • Die Hindoegodsdiens het baie godhede wat vir hulle as
                         inspirasie dien en hierdie godhede hou hul spirituele lewens
                         gesond.
                      • Hindoeïsme gebruik ook baie ander heilige tekste soos die
                         Puranas waarin die antieke geskiedenis van Hindoeïsme
                         opgeteken is.
                      • Die Puranas handel ook oor onderwerpe soos die skepping en
                         die einde van die heelal.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religion Studies/P2                          3                           DBE/November 2013
                                       NSC-Memorandum

                       Judaïsme
                       • In Judaïsme is daar 'n Tora wat op die Berg Sinai aan die
                          Joodse volk geopenbaar is.
                       • Inspirasie het plaasgevind toe God met individue gepraat het
                          soos dit in die Bybel aangeteken is – dus, die Ou Testament.
                       • God het Homself deur die profete geopenbaar.
                       • God het met die profeet Jesaja, Hosea, Maleagi, Jeremia en
                          ander gepraat.
                       • Die Joodse godsdiens het oor oorspronklike en sekondêre
                          inspirasies wat tot die samestelling van baie boeke oor
                          Judaïsme gelei het.
                       • Die primêre geskrifte word gesamentlik die Tanag genoem en
                          dit is bekend dat dit deur inspirasie geopenbaar is. Dit word
                          dus beskou as die openbaring van God se Woord.
                       • Moses is geïnspireer toe hy die mondelinge wet op die Berg
                          Sinaï ontvang het.
                       • Hierdie geïnspireerde boodskappe is van een generasie na die
                          volgende oorgedra tot vandag.
                       • Die profete en die geskrifte word beskou as goddelik
                          geïnspireer, maar nie goddelik gedikteer nie.                         (10)

          1.1.2        Mondelinge tradisie
                       Afrika Tradisionele Godsdiens
                       • In hierdie godsdiens speel mondelinge tradisie 'n belangrike
                           rol.
                       • ATG het nie 'n heilige boek nie.
                       • In ATG is mondelinge tradisie die heiligste metode om heilige
                           boodskappe oor te dra.
                       • Die heilige stories help om die norme en waardes van die
                           Afrikasamelewing oor te dra.
                       • Die stories bevat die kernleringe van Afrika Tradisionele
                           Godsdiens.
                       • Die oudstes ('elders'), soos die verantwoordelike en
                           gerespekteerde ooms en tantes, speel 'n belangrike rol om te
                           verseker dat die jonger generasie behoorlik tot volwassenes
                           ontwikkel.
                       • Die familie-oudstes speel 'n belangrike rol as die houers en
                           interpreteerders van heilige teks.
                       • Tradisionele kennis word mondelings oorgedra na die
                           volgende generasie.
                       • Mondelinge tradisie laat buigbaarheid en plaaslike konteks toe.

                       Hindoeïsme
                       • Die Hindoegodsdiens plaas klem op die klank van 'n gesproke
                          woord.
                       • Soos in baie ander godsdienste is die oorspronklike inspirasie
                          in Hindoeïsme eers deur mondelinge tradisie oorgedra.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religion Studies/P2                           4                           DBE/November 2013
                                        NSC-Memorandum

                       •   Deur mondelinge tradisie kon Hindoevolgelinge toegang tot die
                           oorspronklike boodskappe kry.
                       •   Die Hindoegelowiges kan ook die boodskappe van een
                           generasie na die volgende oordra.
                       •   Alhoewel mondelinge tradisie oor tyd baie verander, ontwikkel
                           en aangepas het, word dit steeds vandag ervaar.

                       Judaïsme
                       • Die Jode praat van 'n skriftelike en mondelinge wet.
                       • Alhoewel dit heilig is, het die mondelinge tradisie nie dieselfde
                          status as die Tora nie.
                       • Die mondelinge gedeeltes van die Tora kan nie van die Tora
                          geskei word nie.
                       • Die mondelinge wet verduidelik die Tora. Die mondelinge Tora
                          is van een generasie na die volgende oorgedra totdat dit
                          opgeskryf is.
                       • Toe die Tora geskryf is, is dit vergesel van 'n ryk mondelinge
                          tradisie.                                                               (10)

          1.1.3        Heilige skrif
                       Afrika Tradisionele Godsdiens
                       • ATG het nie 'n heilige boek nie.
                       • Verskillende kulturele skrywers het egter geskrewe dokumente
                           oor die norme en waardes in ATG opgestel.
                       • Skrywers soos Credo Muthwa het ook waardevolle inligting
                           aangeteken.
                       • Die San het ook belangrike dokumente geskryf wat nuttig is in
                           die spirituele lewe van die volgelinge van ATG.
                       • Daar is gedigte wat deur verskillende skrywers geskryf is, wat
                           ook dien as 'n poging om die morele waardes van die
                           gemeenskap oor te dra.
                       • Daar is Afrikastories wat dien as die heilige bron van spirituele
                           en sosiale lewe vir diegene wat Afrika Tradisionele Godsdiens
                           beoefen.

                       Hindoeïsme
                       • Die eerste van die heilige boeke is die Vedas.
                       • Die Hindoes glo dat hierdie geskrifte 'n heilige oorsporing het.
                       • Die Vedas gee kennis van die heilige lewe.
                       • Die Vedas is geskryf deur die mense bekend as Rishi's –
                          sieners of wyses wat na lewenswaarhede gesoek het.
                       • Die skrywers van die Vedas het probeer om 'n begrip van die
                          ewige wêreld te verseker.
                       • Die innerlike ondersoek word in die Upanishads verduidelik.
                       • Hindoeïsme het groot versamelings met ander godsdienstige
                          literatuur, insluitend handboeke van die ses skole van
                          Hindoefilosofie.    Hierdie  versamelings       is   daar    om
                          Hindoevolgelinge te help met inligting wat hulle spiritueel sal
                          voed.                                                                   (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religion Studies/P2                          5                           DBE/November 2013
                                       NSC-Memorandum

                       Judaïsme
                       • Die primêre geskrifte staan bekend as die Tanag.
                       • Die korpus geskrifte word gebruik van die geopenbaarde
                          Woord van God waardeur God met sy volk kommunikeer.
                       • Die geskrewe Tora word in die volgende afdelings verdeel: Die
                          Tora, Nevim en Ketuvim.
                       • Die Tora speel 'n belangrike rol in die gebruik van die Tanag
                          om te verseker dat die heilige wet aan al die generasies
                          oorgedra word.
                       • Die geskrewe tradisie, soos die Tanag, stel die leser in staat
                          om die teks volledig te ontleed om sodoende die teks en al sy
                          boodskappe en lesse ten volle te verstaan.
                       • Die Talmoed dra dikwels regsbegingsels deur stories oor.

1.2       Islam
           • Koran 4:32 en 33:35 handel oor die verhouding tussen mans en vroue
              wat gelyke regte het en die feit dat beide mans en vroue gelyke pligte het
              wat God wil hê hulle as sy volk moet vervul.
           • Die bogenoemde kan verkeerd geïnterpreteer word asof dit beteken dat
              vroue en mans dieselfde pligte en verantwoordelikhede as man en vrou
              in die huwelik het.
           • Dit kan buite konteks geïnterpreteer word en so die bedoelde betekenis
              verloor.
           • Dit kan ook verkeerd geïnterpreteer word asof vroue nie hul pligte as
              moeders en vroue in hul gesinne moet vervul nie.
           • Die ander verkeerde interpretasie kan wees dat vroue alles kan doen wat
              mans doen, wat die feit dat mans en vroue fisiologies nie dieselfde is nie,
              miskyk.
           • Hierdie verkeerde interpretasie kan maklik die oorspronklike bedoeling
              miskyk, bv. gelyke spirituele vergoeding en prestasie, gelyke status en
              vryheid en gelyke ekonomiese regte.
           • Dit kan ook verkeerd geïnterpreteer word asof mans nie hul vroue en
              gesinne as mans en vaders hoef te ondersteun nie.
           • Mans kan deur verkeerde interpretasie hul vroue finansieel oorlaai en nie
              hul primêre pligte as broodwinners en beskermers van hul gesinne
              nakom nie.
           • Vroue kan in sekere gevalle die geskrifte verkeerd interpreteer en vind
              dat hulle mans uitdaag en hulle nie gerespekteer, (wat tot wedersydse
              respek lei), nie.
           • Hierdie verse kan ook verkeerd deur vroue geïnterpreteer word as hulle
              aanvaar dat daar geen reëls is vir mans en vroue in hul daaglikse
              ontmoetings nie.
           • Die beginsel van geregtigheid kan misgekyk word, al beklemtoon die
              verse dit eintlik deur hul klem op gelykheid.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religion Studies/P2                         6                            DBE/November 2013
                                      NSC-Memorandum

          Christendom
          • In 'n brief wat deur Paulus aan die Efesiërs geskryf is, word gesê dat
              vroue hul mans moet respekteer en mans hul vroue moet liefhê.
          • Die mans is geneig om respek te vereis, selfs al mishandel hulle hulle
              vroue.
          • Mans is geneig om te vergeet dat vroue waardigheid as mense het en
              soos alle mense en God se skeppings, ook respek verdien.
          • Mans is ook geneig om te dink dat egbreek tussen hulle aanvaarbaar is
              en dat dit net 'n sonde word as dit deur 'n vrou gedoen word.
          • Die waninterpretasie van hierdie vers kan ook die mishandeling van
              vroue, soos fisiese aanranding, vererger.
          • Indien die beginsels van hermeneutiek nie in die interpretasie van hierdie
              vers en ander tekste toegepas word nie, kan mans van vroue verwag om
              minderwaardig teenoor mans op te tree wees deur kan hulle so
              eienaarskap oor hul liggame eis.
          • Mans kan ook dink dat seksuele mishandeling van vroue hul reg is, wat
              tot verkragting in die konteks van die huwelik kan lei.
          • Die waninterpretasie van hierdie vers kan ook veroorsaak dat vroue van
              mans verwag om hul lief te hê en dat hulle sal dink dit is nie nodig om hul
              mans ook lief te hê nie. Vroue kan ook van mans verwag om hul liefde op
              'n onredelike manier deur materiële geskenke te wys.
          • Die gebrek aan balans tussen liefde en respek tussen getroude mans en
              vroue kan veroorsaak dat huwelike verbrokkel.

          Afrika Tradisionele Godsdiens
          • Die lering oor ilobolo/mahadi as 'n lering in die normatiewe bronne word
              op 'n verskeidenheid maniere verkeerd geïnterpreteer.
          • Die betaling van ilobolo/mahadi kan verkeerdelik as 'n verkoopprys deur
              die bruidegom geïnterpreteer word.
          • Ilobolo/Mahadi kan verkeerd deur die bruid se familie geïnterpreteer word
              as 'n prys, wat tot te hoë bedrae kan lei.
          • Nadat hy ilobolo/mahadi betaal het, kan die bruidegom dink hy het
              toestemming om die vrou as 'n voorwerp of eenvoudig as sy besitting te
              behandel.
          • Die waninterpretasie van hierdie lering kan veroorsaak dat mans dink
              hulle is beter as vroue.
          • Mans kan ook dink dat hulle, deur ilobolo/mahadi te betaal, die vroue as
              hul seksobjek gekoop het.
          • Die waninterpretasie kan ook veroorsaak dat mans dink vroue is geskep
              om hulle seksuele behoeftes te bevredig.
          • Sommige mans kan ook dink dat hulle volle gesag oor die vroue het.
          • Die waninterpretasie kan ook veroorsaak dat vrouens gedwing word om
              kinders te hê selfs al is hulle liggaamlik swak.
          • Die waninterpretasie kan ook veroorsaak dat vroue in 'n huwelik bly, selfs
              al word hulle onuithoudbaar mishandel. Die vrou kan dink dat sy nie die
              huwelik mag verbreek nie, omdat ilobolo betaal is.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religion Studies/P2                          7                             DBE/November 2013
                                       NSC-Memorandum

          •    Die kombinasie van bekendheid en respek waarmee die lewendes die
               dooies behandel, hang af van 'n sekere gesin of familie se kennis van hul
               geskiedenis. Indien dit nie bekend is nie, kan dit baie waninterpretasies in
               die primêre heilige teks veroorsaak.
          •    Sekere prosedures vir interpretasie van heilige tekste moet gevolg word.
               Gewoonlik is die broer aan moederskant (malome) en die suster aan
               vaderskant (rakgadi) die sleutel om die heilige stamboomteks te ontsluit
               in orde van senioriteit en bekendheid. Op hierdie manier het mans nie 'n
               kans om vroue te onderdruk nie, omdat hulle die seën van beide families
               het en die korrekte prosedures gevolg het.
          •    In die interpretering van sekondêre tekste neem die koning of stamhoof
               die leiding. Die tradisionele geneser van die koninkryk moet ook
               deelneem. Indien die bogenoemde uitgesluit word, word dit 'n
               waninterpretasie en kan dit probleme in die familie veroorsaak sodat
               mans vroue onderdruk.

          LW: Die kandidaat moet gekrediteer word vir generiese hermeneutiese
          beginsels wat met die onderdrukking van vroue verbind kan word.                         (20)
                                                                                                  [50]

VRAAG 2

2.1       •    Vroeë skoolverlaters – Die meeste seuns wat die skool te vroeg verlaat,
               dwaal in die townships rond en raak gefrustreerd. Hulle wend hulle dan
               tot hierdie gewelddadige gedrag as 'n vorm van verligting.
          •    Groepsdruk – Die mense jong seuns hou daarvan om hulle vriende
               tevrede te stel om so te voel dat hulle aan die groep behoort (identiteit).
               Hulle wil voel dat hulle deel van die groep (bende) is.
          •    Dwelm- en alkoholmisbruik – Omdat so baie jongmense by dwelms
               betrokke is, doen hulle as gevolg van hulle toestand dinge waarvan hulle
               nie bewus is nie.
          •    Werkloosheid – Werklose jeugdiges raak verveeld en raak betrokke by
               seksuele geweld, wat tot misdaad lei om geld te kry om in hul behoeftes
               te voorsien.
          •    Gesinne met kinderhoofde – In sommige gesinne is seuns die
               broodwinners en hulle gaan uit om 'n manier te soek om hul gesinne te
               onderhou.
          •    Armoede – Die meeste jong seuns is van arm gesinne en word erg
               verwaarloos. Hulle pleeg dan misdade om aandag te kry en om wraak te
               neem omdat hulle nie die liefde kry wat hulle verdien nie.
          •    Seksueel aktief op 'n vroeë ouderdom – Dit veroorsaak 'n leuen dat
               hulle met alle ouderdomsgroepe moet eksperimenteer om ware mans te
               wees.
          •    MIV/Vigs – Daar is die geloof dat as jy MIV-positief is, jy by 'n ouer vrou
               moet slaap om van die virus ontslae te raak.
          •    Kultuur – Die meeste van ons Afrika-kulture gee mans tradisioneel mag
               oor vroue. Vroue word dus in verhoudings geforseer waar mishandeling
               soos fisiese geweld, en dikwels verkragting plaasvind.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religion Studies/P2                          8                           DBE/November 2013
                                       NSC-Memorandum

          •    Gebrek aan onderwys – Gesondheid en seksuele onderwys moet na
               jongmense gebring word sodat hulle bewus kan wees van seksuele
               kwessies, skole, huise, gemeenskapsorganisasies en godsdienstige
               groepe.
          •    Gebrek aan deelname aan sport – As die gemeenskap nie
               sportprogramme het om die jeug konstruktief besig te hou nie, sal
               jongmense misdaad pleeg.
          •    Seksuele materiaal – Maklike toegang tot pornografie en eksplisiete
               seksuele materiaal dra by tot seksuele eksperimentasie.
          •    Oneffektiewe geloofgebaseerde organisasie – geloofsgebaseerde
               organisasies is nie so effektief om die jeug te bereik soos wat dit in die
               verlede was nie.

          LET WEL:      Die bogenoemde is moontlike antwoorde. Ander soortgelyke
                        antwoorde moet as korrek aanvaar word. Dit is nie nodig vir die
                        kandidaat om op elke gestelde rede uit te brei nie.                      (20)

2.2       •    Begin seksopvoeding onder die jeug.
          •    Debatteer die ABC-benadering tot seksualiteit en vergelyk met Joodse
               leringe oor seks.
          •    Die vereiste dragkodes van godsdienste moedig kuisheid aan en
               verminder verleiding.
          •    Leer regte en verantwoordelikhede, asook respek, vir mans en vroue.
          •    Seks voor die huwelik word ontmoedig. Dit moet beklemtoon word dat dit
               as 'n groot sonde in die meeste godsdienste beskou word. Godsdienstige
               inisiasie (deurgangsrites) moet aangemoedig word onder die jeug, omdat
               dit seksopvoeding insluit.
          •    Verduidelik die grense van gedrag tussen mans en vroue.Neem deel aan
               gesondheids- en sport-/jeugprogramme.
          •    Regering ondermyn nie godsdienstige leringe nie, maar ondersteun dit,
               bv. Morele Hergenerasieprogram.
          •    Moedig bespreking aan oor hoe die Grondwet met ander godsdienstige
               leringe vergelyk kan word, bv. Wet op Kinderbeskerming laat 'n 12-jarige
               toe om sonder ouertoestemming toestemming te gee vir MIV-toetsing.
          •    Bespreek godsdienstige leringe oor voorbehoedmiddels.
          •    Gemeenskapsorganisasies soos LeadSA, POWA kan saam met
               godsdienstige organisasie werk aan 'n veldtog teen verkragting.

          LET WEL:      Die bogenoemde is sommige van die moontlike antwoorde.
                        Ander soortgelyke antwoorde moet as korrek aanvaar word.                 (10)

2.3       •    Besnydenis in die Afrika Tradisionele Godsdiens help seuns om hul
               bestaan as mans te verstaan en om te weet hoe om hulself en vroue te
               respekteer.
          •    Die lering van die ATG dat seuns inisiasieskole moet bywoon, kan help
               om die hoë voorkoms van verkragting te verlaag.
          •    In die inisiasieskool kan die jeug opgelei word oor die norme en waardes
               man- en vrouwees.
          •    Die wet van Karma moedig verantwoordelike gedrag aan.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religion Studies/P2                         9                            DBE/November 2013
                                      NSC-Memorandum

          •    Hierdie lering leer dat 'n persoon se optrede in die verlede
               verantwoordelik is vir sy/haar huidige staat. Hierdie lering kan in die
               gemeenskap en in gesinne beklemtoon word.
          •    Tien gebooie in Christendom.
          •    Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
          •    Christendom leer dat jy jou medemens moet liefhê en respekteer.
          •    Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê.
          •    Die Bybel leer dat jy nie aan ander moet doen wat jy nie aan jouself
               gedoen wil hê nie.
          •    In die Ou Testament word gesê dat indien 'n deel van jou liggaam
               veroorsaak dat jy sondig, jy daardie deel moet verwyder.
          •    Die morele kodes van die Baha'i-geloof.
          •    Baha'i verbied losbandigheid, egbreuk, moord, dwelmmisbruik en ander
               vorme van die bose.

          LET WEL:      Die bogenoemde is sommige van die moontlike antwoorde.
                        Ander soortgelyke antwoorde moet as korrek aanvaar word.
                        Verwysing na TWEE of meer godsdienste is aanvaarbaar.
                        Indien ‘n kandidaat slegs na een godsdiens verwys, word ‘n
                        maksimum van 10 punte toegeken.                                         (20)
                                                                                                [50]

VRAAG 3

3.1       Boeddhisme
          • Baie Boeddhiste sê dat ewolusieleer en Boeddhisme ooreenstem.
          • Dit is as gevolg van drie eienskappe van Boeddhisme.
          • Boeddhisme het nie 'n skeppingsverhaal nie.
          • Die Boeddhiste gee nie om wat wetenskap oor die skepping sê nie.
          • Boeddhiste glo dat alle lewe ewolueer deur konstante transformasie en
             ewolusie.
          • Boeddhiste glo in die kontinuïteit van alle lewende wesens.
          • Boeddhiste het nie 'n probleem met die idee dat mense uit aapagtige
             vorme ontstaan het nie.                                                            (10)

3.2       Afrika Tradisionele Godsdiens
          • Daar is 'n verhouding tussen ATG se leringe en ewolusieleer.
          • Die vanne van sommige Afrika-gemeenskappe word verbind met die
              name van diere, bv. Ndlovu, Tau.
          • Daar is 'n spirituele verbinding tussen ATG se leringe en die diere.
          • Die Afrika-konings word ook in sommige gemeenskape na sekere sterk
              diere vernoem, bv. die koning van die Zulu's word 'iNgonyama' genoem.
          • Wanneer die waarsêer (Isangoma)-leerling sy opleiding as Isangoma
              voltooi, moet hy/sy eers in 'n rivier soos die Vaalrivier in Gauteng en die
              Thukelarivier in KwaZulu-Natal ingaan.
          • ATG is nie teenstrydig met ewolusieleer nie.
          • Volgelinge van die ATG mag egter aanvaar dat die mens nie vanaf ape
              ontwikkel het nie.                                                                (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religion Studies/P2                         10                         DBE/November 2013
                                      NSC-Memorandum

3.3       Judaïsme
          • Die groot Joodse rabbi van die Middeleeue, Maimonides, het gesê dat
             Bybelse teks as simbolies, en nie as letterlik beskou moet word nie.
          • Hy het ook gesê dat teenstrydighede tussen wetenskap en Judaïsme
             slegs kan gebeur as Bybelse tekse verkeerd geïnterpreteer word.
          • Judaïsme sien nie enige teenstrydigheid tussen Judaïsme en
             ewolusieleer nie. Jode glo steeds dat God in alle situasies die Skepper
             bly.
          • Ewolusieleer onthul sommige van die wette wat God se skepping regeer.
          • Ortodokse Jode verwerp ewolusie omdat hulle glo dat dit die letterlike
             woorde van die geskifte weerspreek.                                               (10)

3.4       Islam
           • Islam bevat 'n reeks sienings wat wissel van verwerping tot aanvaarding
              van die ewolusieteorie.
           • Een siening verwerp ewolusieleer heeltemal omdat dit na bewering die
              Koran weerspreek.
           • Islam glo dat die Koran letterlik gelees moet word.
           • 'n Ander siening aanvaar gedeeltes van die teorie, solank verstaan word
              dat die teorie beperk is en dat Islam die prentjie voltooi.
           • Met ander woorde, ewolusie vertel ons hoe die skepping werk, maar nie
              hoekom ons 'n skepping het of wie die wette van die heelal geskep het
              nie.                                                                             (10)

3.5       Christendom

          •    Vir die Christendom is daar verskeie sieninge oor ewolusieleer.
          •    Die konserwatiewe Christene interpreteer die Bybel baie letterlik.
          •    Die konserwatiewe Christene verwerp die idee dat die wêreld meer as 'n
               miljoen jaar gelede ontstaan het.
          •    Die konserwatiese Christene verwerp ook die teorie dat mense uit
               aapagtige vorme kon ontstaan het.
          •    Die konserwatiewe Christene glo dat daar 'n groot vloed was en dat die
               mensdom na die vloed oorbegin het.
          •    Baie Christene glo ook dat die Bybel simbolies geïnterpreteer moet word,
               en nie letterlik nie.
          •    Sommige Christene beweer dat sekere aspekte van die skepping te
               kompleks is om deur natuurlike seleksie te kon ontstaan het.
          •    Hulle sien geen konflik tussen wetenskap en godsdiens nie, solank mens
               verstaan dat wetenskap die wette ontdek wat God ingestel het om die
               heelal te skep.
          •    Hulle glo ook dat slegs God sulke komplekse realiteite kon skep.

          LW.: ‘n Kandidaat se antwoord mag die sentrale leringe van godsdienste
                                                                                               (10)
          insluit en word sodanig gekrediteer.
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religion Studies/P2                         11                         DBE/November 2013
                                      NSC-Memorandum

VRAAG 4

4.1       •    Die eerste intergodsdienstige dialooginisiatief is in 1893 begin
               (Wêreldparlement van Godsdienste).
          •    Dit is die Wêreldparlement van Godsdienste genoem en in Chicago
               gehou.
          •    Die Unitariese en Universalistiese kerke was die grootste dryfvere agter
               die inisiatief.
          •    Westerse en Oosterse godsdienste is verteenwoordig.
          •    Swami Vivekananda het Hindoe-denke aan die Weste bekendgestel.
          •    Amerikaans-Indiaanse en Afrikagodsdienste is nie verteenwoordig nie.
          •    Dit was 'n belangrike stadium in intergodsdienstige dialoog, omdat
               Oosterse godsdienste nie voorheen deur die Westerse wêreld verstaan
               of aanvaar is nie.
          •    Christendom, Islam, Boeddhisme en Judaïsme is verteenwoordig. Dit
               was die beginpunt van moderne intergodsdienstige dialoog.
          •    'n Honderd jaar later is die tweede parlement in Chicago gehou.
          •    Hier is 'n besluit geneem om die Parlement elke vyf tot ses jaar in
               verskillende stede te hou.
          •    Die 1993-Parlement het 'n dokument genaamd Towards a Global Ethic
               gepubliseer.
          •    Die 1999-Parlement in Kaapstad het verteenwoordiging van bykans al die
               wêreld se godsdienste gehad.
          •    Die laaste Parlement is in 2004 in Barcelona gehou. Die fokus was op
               godsdienstige toegewydheid om wêreldprobleme op te los.
          •    Bv.      oorlog/godsdienstige      konflik,   dwelmhandel,      armoede,
               aardverwarming, ens.
          •    Intergodsdienstige liggame voer hul beloftes uit, omdat hulle sterk
               oortuigings het.                                                                (20)

4.2       •    Sedert die eerste Parlement in 1893, het die wêreld meer 'globaal'
               geword.
          •    As gevolg hiervan is daar nou 'n groter behoefte aan intergodsdienstige
               dialoog as ooit tevore.
          •    Ongelukkig is dit nie die geval nie.
          •    Godsdienstigheid is wêreldwyd aan die afneem.
          •    Omdat die doeltreffendheid van intergodsdienstige dialoog afhanklik is
               van die invloed van godsdienste, neem die doeltreffendheid van hierdie
               dialoog af.
          •    Na die eerste Wêreldparlement van Godsdienste het dit 100 jaar geneem
               om weer een te hou.
          •    In 1999 en 2004 het die getalle dieselfde gebly.
          •    Hierdie parlemente het nie enige wetgewende magte nie, en kan nie
               bestaande beleide verander nie.
          •    In sekere lande, soos Suid-Afrika, Israel, Nigerië, die Verenigde
               Koninkryk, is daar doelbewuste pogings om intergodsdienstige dialoog te
               versterk.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religion Studies/P2                          12                          DBE/November 2013
                                       NSC-Memorandum

          •    Sommige sulke organisasies is die 'Gift of the Givers' in Suid-Afrika, die
               Wêreldraad van Kerke en die WRGV.
          •    By 'n Hong Kongse konferensie oor intergodsdienstige samewerking in
               1985 het die hoofspreker erken dat sosiale probleme toeneem.
          •    Die rede, het hy gesê, was dat godsdienstige organisasies nie eerlik was
               in hul bedoeling nie (Rev Sun Myung Moon, Assembly of World’s
               Religions, Nov 15, 1985).

                                                OF

          •   Sedert die eerste Parlement in 1893 het die wêreld meer 'globaal'
              geword.
          • As gevolg hiervan is daar 'n groter behoefte aan intergodsdienstige
              dialoog as ooit tevore.
          • Die Wêreldparlement van Godsdienste is in die afgelope jare meer
              gereeld gehou.
          • Die Parlement het besluit om meer gereeld, elke vyf jaar, bymekaar te
              kom.
          • Ongeveer 8 000 afgevaardigdes woon hierdie funksies by.
          • Amper alle godsdienste uit verskillende dele van die wêreld is by
              onlangse Parlemente verteenwoordig.
          • Die Parlement en ander intergodsdienstige organisasies ontmoet ook in
              tye van nasionale en internasionale krisis.
          LW. Die kandidaat mag beide suksesse en mislukkings stel – en moet
          ooreenstemmig gekrediteer word.                                                        (20)

4.3       Die Wêreldkonferensie van Godsdiens vir Vrede (WKGV)
          • Dit is in 1970 gestig.
          • Dit het bestaan uit leiers van alle godsdienste.
          • Die gemeenskaplike doelwit was vrede.
          • Hierdie liggaam glo dat intergodsdienstige verhoudinge die beste manier
              is om mense van verskillende rasse, klasse en kulture bymekaar te bring
              vir 'n gemeenskaplike doelwit.
          • Dit is omdat godsdienste mense in verenigde liggame organiseer wat
              toegewyd is om ander in nood te help.
          • Konflik en versoening
          • Kinders en gesinne
          • Ontwapening en sekuriteit
          • Menseregte en verantwoordelikheid Vredesonderwys
          • Dit is betrokke by samesprekings en ooreenkomste tussen groepe wat
              teen mekaar oorlog verklaar het in lande soos Sierra Leone.
          • Help met versoening in gemeenskappe wat in konflik met mekaar staan
              as gevolg van etniese en politieke verskille, soos in Bosnië-Herzegovina
              en Kosovo.
          • Godsdienste vir Vrede, het die hulp van ander organisasies, het gewerk
              om vredesonderwyspogings in lande soos Israel, Thailand en Japan te
              versterk.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                          13                        DBE/November 2013
                                    NSS – Memorandum

          'African Women of Faith Network' (AWFN)
           • Hierdie organisasie bestaan uit vroue van verskillende godsdienstige
               groepe.
           • Hulle werk in Afrikalande om sosiale probleme soos konflik, armoede en
               siekte op te los.
           • Die AWFN is gevorm sodat vroue 'n gesamentlike poging kon aanwend
               om 'n bydrae tot verandering en ontwikkeling in Afrika te lewer.
           • Die AWFN bou verhoudings met ander vroue-organisasies en
               godsdienstige gemeenskappe.
           • Vroue word vaardighede geleer en ontvang finansiële ondersteuning om
               hulle te help om selfversorgend te word.
           • Dit help gesinne om 'n beter lewe te hê.
           • Kulturele praktyke wat vroue onderdruk, word bevraagteken.
           • 'n Voorbeeld is geforseerde vroulike besnyding wat algemeen is in lande
               soos Etiopië, Tanzanië and Nigerië.

          LW. Enige ander multi-godsdienstige organisasie kan bespreek word.             (10)
                                                                                         [50]

                                                                          TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 Nov 2013 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2013-memo-eng/f653f7a5-5c7a-4f3f-8972-e6e0e3898340) — Religion Studies · Memo · 2013 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2013 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2013-memo-afr/8a82dc34-69c3-4816-ac0c-f5042fd41bfb) — Religion Studies · Memo · 2013 · Afr
- [Gr12 RLGS P2 S13 Memo EA](https://www.hlayiso.com/library/gr12-rlgs-p2-s13-memo-ea/161f35dd-54f4-4f7a-b471-e796af71fbfa) — Religion Studies · Memo · 2013
- [Gr12 RLGS P2 S13 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-rlgs-p2-s13-memo-afr/79ac2beb-e7f4-474d-bf7e-8faa69c1c106) — Religion Studies · Memo · 2013 · Afr
- [Religion Studies P2 NSC Nov 2020 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nsc-nov-2020-memo-eng/90e41cec-337d-42f5-857e-98d101c5b936) — Religion Studies · Memo · 2020 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2018-final-memo-eng/7f33559c-6625-4fd2-998b-2d55bc6e11d8) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
