# Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2015 Memo (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2015-memo-afr/f83afff4-c34e-4b7a-9ad1-d1d4aa5f1ce0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2015 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2015-memo-afr/f83afff4-c34e-4b7a-9ad1-d1d4aa5f1ce0)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                RELIGIESTUDIES V2

                                 NOVEMBER 2015

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 13 bladsye.
                                         .

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            2                           DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 1

1.1       1.1.1       VOORBEELD 1: HINDOEÏSME
                      •  Vir baie lank het Hindoeïsme nie werklik vertakkings gehad
                         nie aangesien daar geen sentrale beheer/bestuur was nie.
                      •  Verskillende tale is gebruik en verskillende gode is aanbid.
                      •  Oor die hele Indië heen het oortuigings en rituele egter wel
                         verskil.
                      •  Daar is vier verskillende denominasies/sektes van
                         Hindoeïsme.
                      •  Dit is Shaïvisme, Vaishnavisme, Shaktisme en Smartisme.
                      •  Hulle deel almal gemeenskaplike oortuigings maar verskil met
                         betrekking tot praktyk.
                      •  Shaïvisme is monoteïsties. Shiva word aanbid as die
                         Opperwese.       Shiva    word      as   beide   skepper     en
                         vernietiger/verwoester beskou.
                      •  Vaishnaviete aanbid Vishnu as oppergod.
                      •  Hy word as 'n liefdevolle en goedhartige godheid beskou.
                      •  Vaishnavisme is ook monoteïsties, maar hulle bly meer getrou
                         aan die antieke tekste van die Vedas.
                      •  Shaktisme is die enigste denominasie wat 'n oppergodin,
                         Shakti, aanbid.
                      •  Smartisme is 'n alles omvattende geloof: dit leer dat alle paaie
                         na die een god lei.
                      •  In die twintigste eeu het drie groot hervormingsbewegings
                         ontstaan.
                      •  Sulke bewegings word neo-Hindoe-bewegings genoem.
                      •  Dit is die Brahmo-, die AryaSamaj- en die Ramakrisna-
                         missies/vertakkings.
                      •  Neo-Hindoe-bewegings heg meer waarde aan die dien van
                         die mensdom (seva).
                      •  Tradisionele Hindoeïsme leer dat die behoorlike uitvoer van
                         rituele van die grootste belang is.

                      VOORBEELD 2: CHRISTELIKE GODSDIENS
                      •  Daar is drie hoofvertakkings van die Christelike godsdiens.
                      •  Dit is die Katolieke, Oosters-Ortodokse en Protestante Kerke.
                      •  Die Afrika Inheemse Kerke is ‘n onderafdeling van die
                         Christendom. Dit is uniek aan Afrika.
                      •  Die Katolieke Kerk beskou homself as die oorspronklike kerk
                         van Christus.
                      •  Hulle leer dat almal in sonde gebore is, omdat Adam en Eva
                         God se bevel nie gehoorsaam het nie.
                      •  God bestaan uit die Vader, die Seun en die Heilige Gees
                         (d.i. die Drie-eenheid).
                      •  Die Heilige Gees kom van God die Vader en die Seun.
                      •  Volgens die Oosters-Ortodokse Kerk, kom die Heilige Gees
                         slegs van God die Vader en nie van die Seun nie.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            3                           DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

                      •   Hulle glo dat hulle die kerk is wat reg gelei word ('rightly
                          guided').
                      •   Die oppergesag van die Pous word nie erken nie.
                      •   In Protestantisme het die Bybel meer gesag as die Pous.
                      •   Rituele/Kerkgebruike is minder belangrik as geloof.
                      •   Dit leer dat geloof die sleutel tot verlossing is.
                      •   Verlossing is 'n geskenk wat vrylik deur die werke van Jesus
                          Christus gegee word.
                      •   LW.: Indien ‘n kandidaat nie al die onderafdelings van ‘n
                          gekose godsdiens bespreek nie, word ‘n MAKSIMUM van 12
                          punte toegeken. Ander relevante feite moet aanvaar word.               (16)

          1.1.2       VOORBEELD 1: HINDOEÏSME
                      •  Oorspronklik is elke tempel onafhanklik deur die plaaslike
                         gemeenskap bestuur.
                      •  Dit het gestrook met die feit dat Hindoeïsme 'n 'sambreel' van
                         verwante, maar verskillende, oortuigings/gelowe en praktyke
                         was.
                      •  Rituele/Kerkgebruike is ook nie voorgeskryf nie, dit is deur die
                         plaaslike priesters bepaal.
                      •  Verskille met betrekking tot bestuur is duideliker in Hindoe-
                         gemeenskappe buite Indië.
                      •  Dit bestaan uit beide tradisionele en neo-Hindoe-bewegings
                         en albei word deur 'n gemeenskaplike bestuursliggaam
                         verteenwoordig.
                      •  In Suid-Afrika is die Hindoe Maha Sabha so 'n liggaam.
                      •  Hierdie liggaam verteenwoordig beide Noord- en Suid-Indiese
                         Hindoe-gemeenskappe.
                      •  Daar is ook streeksorganisasies met 'n linguistiese en
                         kulturele fokus, bv. Gujarati, Telugu, Hindi, ens.)

                       VOORBEELD 2: CHRISTELIKE GODSDIENS
                      •   In die Katolieke Kerk word Rome (die Vatikaan) as die
                          middelpunt van politieke beheer beskou.
                      •   Die hoof van die kerk is die Pous.
                      •   Daar word gesê dat Sint Petrus die eerste pous was.
                      •   Die Katolieke Kerk het baie ordes van monnike, nonne,
                          ordebroeders en priesters.
                      •   Hierdie ordes word streng deur die Vatikaan beheer.
                      •   'n Gemeente/Parogie is 'n gebied waaroor 'n spesifieke
                          priester en kerk gesag het.
                      •   Konstantinopel word tradisioneel as die sentrum van politieke
                          beheer deur die Oosters-Ortodokse Kerk beskou.
                      •   Hulle invloed is hoofsaaklik in die Midde-Ooste, Oos-Afrika,
                          Griekeland en Rusland.
                      •   Die kerkstruktuur bestaan uit priesters en biskoppe.
                      •   Daar is nie net een persoon wat die leier is nie.
                      •   Gesag in die kerk is in die hande van 'n groep biskoppe.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            4                            DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

                      •   Daar word geglo dat gesag en die genade van God direk na
                          Ortodokse biskoppe en geestelikes deur 'handoplegging'
                          deurgegee word.
                      •   'n Bisdom is 'n groep gemeentes onder die leierskap van 'n
                          biskop.
                      •   LW.: Indien ‘n kandidaat nie al die onderafdelings van ‘n
                          gekose godsdiens bespreek nie, word ‘n MAKSIMUM van 10
                          punte toegeken. Ander relevante feite moet aanvaar word                (14)
1.2       •    In sommige godsdienste sal hierdie verskille meer wyd verspreid wees.
          •    'n Voorbeeld hiervan is Islam.
          •    Die Sunni-Shi'a-konflik beïnvloed al die huidige Midde-Oosterse
               konflikte.
          •    In Sirië word die Assad-regering deur die Shi'a-Hizbollah-groep in
               Libanon ondersteun.
          •    Sunni-regerings, soos Saoedi-Arabië, ondersteun Sunni-militante.
          •    Aangesien die Shi'a- en die Sunni teenoorgestelde kante ondersteun, is
               die konflik 'n Shi'a-Sunni-konflik.
          •    Die konflik in Sirië was oorspronklik 'n politiese konflik wat daarop gemik
               was om die Assad-regering omver te werp.
          •    In ander dele van die Moslem-wêreld, waar daar geen eksterne konflik is
               nie, is daar vreedsame saambestaan tussen die Sunni en Shi'a, bv. in
               Iran, Turkye.
          •    In die Christelike godsdiens is daar egter pogings tot multikerklike
               samewerking.
          •    Dit is die hoofdoelwit van die Wêreldraad van Kerke.
          •    In die Christelike godsdiens is daar ongeveer 3 000 denominasies
               (kerkverbande). Die gevolg is groter verdraagsaamheid.
          •    Oosterse godsdienste, soos Boeddhisme en Hindoeïsme, het ook baie
               vertakkings en dit laat groter verdraagsaamheid toe.
          •    Daarby is hierdie godsdienste ook meer verdraagsaam teenoor mense
               wat van godsdiens of godsdienstige sekte verander.
          LET WEL: Geskikte voorbeelde van ander godsdienste moet krediet kry. Die
          kandidaat moet egter moontlike scenario's, met geskikte voorbeelde, illustreer.
          ‘n Minimum van TWEE godsdienste moet bespreek word.                                    (10)
1.3       •     Hedendaagse inspirasie verwys na inspirasie wat vandag steeds
                plaasvind.
          •     Dit verskil van die inspirasie van die stigters van die groot godsdienste,
                aangesien hierdie inspirasie dikwels in die heilige geskrifte van die
                godsdiens aangeteken is.
          •     Dit was spesifieke inspirasie vir uitverkore individue (Profete/
                Boodskappers).
          •     Die jongste inspirasie wat in 'n heilige geskrif aangeteken is, is dié van
                Baha'u'llah (19de eeu).
          •     Daar is geen spesiale voorwaardes vir hedendaagse inspirasie nie: geen
                nuwe heilige geskrif is voortgebring nie.
          •     Die gevolg is dat hedendaagse inspirasie in die moderne samelewing
                algemeen geword het.
          •     Die gevolg is dat talle nuwe kerkverbande gestig word.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             5                           DBE/November 2015
                                      NSS – Memorandum

          •    'n Voorbeeld hiervan is in die Christelike godsdiens, waar interne
               verskille besig is om te vergroot.
          •    In die Afrika Tradisionele Godsdiens is hedendaagse inspirasie nie
               anders as in die verlede nie. Daarom dra dit nie tot interne verskille by
               nie.
          •    Dis omdat sjamaans vandag, net soos in die verlede, bestaan.
          •    Etlike onderverdelings en wêreldbeskouings kom nou na vore.
          LET WEL: Geskikte voorbeelde van ander godsdienste moet krediet kry. Die
          kandidaat moet egter moontlike scenario's, met geskikte voorbeelde, illustreer.
          ‘n Maksimum van 4 punte moet toegeken word vir die bespreking van inspirasie.
          Indien die beinvloeding nie bespreek word nie ‘n maksimum van 8 punte
          toegeken.                                                                               (10)
                                                                                                  [50]

VRAAG 2

2.1           2.1.1    VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS
                       •  Die Christelike godsdiens glo aan die bestaan van die
                          Goddelike Opperwese wat as God bekend staan.
                       •  God het Homself as drie persone gemanifesteer (Drie-
                          eenheid).
                       •  God die Vader, as die Skepper van die heelal.
                       •  God die Seun, die Verlosser en Bevryder van die mensdom.
                       •  God die Heilige Gees word as die Raadgewer vir Christene
                          beskou.

                       VOORBEELD 2: BOEDDHISME
                          In die meeste vertakkinge is daar nie ‘n direkte verwysing na
                          ‘n opperwese nie
                       •  Die meeste vorms van Boeddhisme aanvaar die bestaan van
                          wesens wat magtiger as mense is.
                       •  Hierdie wesens, wat langer as mense leef, kan losweg 'gode'
                          genoem word.
                       •  Boeddhisme leer ons dat alles tydelik/verganklik is, selfs gode.
                       •  Alle Boeddhiste moet op hulle eie verligting (geestelike
                          ontwikkeling) vind.
                       •  Hulle doen dit deur die Boeddha se bevele te volg.
                       •  Hulle kan tot 'n plaaslike godheid bid.
                       •  LW.: ander relevante feite moet gekrediteer word.                       (10)

              2.1.2    VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS
                       •  Volgens die Christelike godsdiens het God nie die bose
                          geskep nie.
                       •  God het 'n perfekte wêreld en perfekte mense geskep.
                       •  Die bose het later ter sprake gekom toe Adam en Eva nie God
                          se bevele gehoorsaam het nie.
                       •  Hierdie tipe ongehoorsaamheid word in die Christelike
                          godsdiens sonde genoem.
                       •  Christene glo dat die bose dikwels deur Satan gebruik word
                          om mense te beïnvloed om teen God op te staan.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            6                          DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

                      VOORBEELD 2: BOEDDHISME
                      •  Volgens Boeddhistiese opvattings is die bose nie 'n probleem
                         nie, maar onkunde/onwetendheid is wel.
                      •  Boeddhisme beskou mense as basies goed, maar onbewus
                         van hulle potensiaal.
                      •  Die bose het geen oorsprong nie aangesien die werklikheid
                         self nie 'n oorsprong het nie.
                      •  Wêrelde verrys, duur vir 'n rukkie en verdwyn dan.
                      •  Boeddha verskyn in hierdie wêrelde om vir mense te wys hoe
                         om aan die lyding wat deur die werklikheid gekenmerk word,
                         te ontsnap.
                      •  LW.: ander relevante feite moet gekrediteer word                        (10)

2.2       2.2.1      •   Die teorie doen aan die hand dat alle lewe uit primitiewe
                         vorms ontwikkel/ontstaan het en aanhou om aan te pas en te
                         ontwikkel.
                     •   Spesies bevat 'n groot verskeidenheid klein verskilletjies.
                     •   In die oorlewingstryd sal beter aangepaste variasies voorkeur
                         geniet terwyl dié wat nie liggaamlik geskik is nie, met moeite
                         gaan oorleef.
                     •   Op hierdie wyse kan 'n spesie geleidelik sy vorm verander en
                         meer ingewikkeld word deur langs/met 'n pad van suksesvolle
                         variasies te ontwikkel.
                     •   Die evolusieleer beweer dat mense saam met ape uit 'n
                         gemeenskaplike primaatvoorouer ontwikkel het.                          (10)

          2.2.2      VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS
                     •  Die Christelike godsdiens betwyfel dit geensins dat God die
                        heelal as deel van Sy goddelike plan vir die mensdom geskep
                        het nie.
                     •  Die boek Genesis beskryf hoe God die wêreld in ses dae (die
                        sewende dag het Hy gerus) geskep het.
                     •  God het Adam en Eva geskep dus is daar geen plek vir die
                        evolusieleer in die skepping nie.
                     •  Darwin se werk is deur die kerk as omstrede beskou.
                     •  Die teorie word soos volg gekritiseer:
                          o In die mens se geskiedenis is daar geen bewyse dat
                             nuwe spesies ontwikkel het nie.
                          o Daar is geen bewyse dat een spesie uit 'n ander een
                             ontwikkel     het nie.
                          o Die pogings om nuwe spesies deur kruisteling te skep,
                             neig om onsuksesvol te wees omdat die kruisings nie kan
                             voortplant nie.
                          o Christene redeneer dat sekere aspekte van die skepping
                             te ingewikkeld is om bloot deur natuurlike seleksie te kon
                             plaasgevind het.
                     •  Baie Christene los die konflik op deur te beweer dat die Bybel
                        simbolies, en nie letterlik nie, vertolk moet word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            7                             DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

                     VOORBEELD 2: BOEDDHISME
                     •  Baie Boeddhiste redeneer dat die evolusieleer en
                        Boeddhisme saamstem.
                     •  Daar is geen weergawe van skepping in Boeddhisme nie.
                     •  Boeddhiste gee nie om wat wetenskaplikes sê oor hoe die
                        heelal en mense ontstaan het nie.
                     •  Hulle glo dat alle lewe voortdurende transformasie en evolusie
                        behels.
                     •  Boeddhiste glo al lank voor Westerse wetenskaplikes aan
                        evolusie.
                     •  Boeddhiste glo ook aan die kontinuïteit van alle lewende
                        wesens.
                     •  Hulle het dus nie 'n probleem met die idee dat mense uit meer
                        primitiewe primaatvorms ontwikkel/ontstaan het nie.
                     •  Hulle geloof in Nirvana is 'n goeie voorbeeld van
                        lewenstransformasie en evolusie.
                     •  Boeddhisme het geen 'intelligente ontwerper' wat vir skepping
                        verantwoordelik is nie. Dit is waarom hulle geen probleem met
                        evolusie het nie.
                     •  Boeddhisme glo aan onwesenlikheid (geen deel van die mens
                        is onsterflik nie), so hulle het nie 'n probleem met evolusie nie.
                     •  LW.: ‘n Maksimum van 12 punte word toegeken indien die
                        kandidaat nie die godsdienstige reaksie aan Darwin se teorie              (20)
                        verbind nie
                                                                                                  [50]
VRAAG 3
3.1       •     Omgewingsvernietiging word veroorsaak deur die onverantwoordelike
                gebruik van chemikalieë (plaagdoders en kunsmis).
          •     Dit word ook deur die oormatige verbranding van fossielbrandstowwe
                veroorsaak.
          •     Dit verhoog die hoeveelheid koolstofdioksied in die atmosfeer.
          •     Die oormatige toename in koolstofvrylatings deur fabrieke en vervoer lei
                tot die kweekhuis-effek/aardverwarming.
          •     Dit laat die temperatuur van die aarde se atmosfeer styg wat tot
                klimaatsverandering lei.
          •     Dit word ook veroorsaak deur party menslike aktiwiteite soos die storting
                van afvalprodukte in oop areas (grondbesoedeling).
          •     Verkeerde landboumetodes beskadig ook die omgewing want dit lei tot
                gronderosie.
          •     LW.: Enige ander relevante feite moet gekrediteer word.                           (10)

3.2       •     Die weer en klimaat het verander (aardverwarming).
          •     Daar is meer dikwels storms, droogtes en vloede oor ons hele planeet.
          •     Verwoestyning neem toe, veral in Afrika.
          •     Dit lei tot voedseltekorte.
          •     Daar is 'n gat in die osoonlaag en dit veroorsaak temperatuurstygings.
          •     Meer mense sterf jaarliks as gevolg van siektes wat deur lugbesoedeling
                veroorsaak word.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           8                         DBE/November 2015
                                    NSS – Memorandum

          •     Siektes het ernstiger geword want ons liggame slaag nie daarin om by
                die steeds wisselende omgewing aan te pas nie.
          •     Sommige spesies sterf uit as gevolg van klimaatsverandering.
                                                                                             (10)
          •     LW.: Enige ander relevante feite moet gekrediteer word

3.3       •     Godsdienstige organisasies moet gevorm word wat omgewings-
                vernietiging in hulle areas sal identifiseer en daarteen sal veg.
          •     Hulle moet praktiese veldtogte teen omgewingsvernietiging organiseer,
                bv. waterversameling, hernubare energie, voedseltuine, ens.
          •     Hulle moet hulle volgelinge inlig oor die belangrikheid van
                natuurbewaring.
          •     Godsdiensleiers moet in regeringstrukture wat omgewingskwessies
                hanteer, verteenwoordig wees.
          •     Alle godsdienstige organisasies moet onderkomitees hê wat
                natuurbewaring/omgewingsbeskerming bevorder.
          •     LW.: Enige ander relevante feite moet gekrediteer word                       (10)

3.4       VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS
          •  Die Christelike godsdiens leer dat die mens na die beeld van God
             geskape is, om die aarde namens God te regeer.
          •  Die mens is verantwoordelik vir elke skepping en moet aan God
             verantwoording doen.
          •  In die boek Genesis het God Adam beveel om die tuin te versorg (daarin
             te werk).
          •  God het beveel dat die land ook die Sabbat (Sabbatsjaar/rusjaar) tot eer
             van die Here sal heilig as 'n manier om die land/aarde te bewaar.
             (Lev.:25:2–4).
          •  God veroordeel die vernietiging van vrugdraende bome selfs wanneer 'n
             oorlog gevoer word (Deut. 20:19).
          •  In die boek Jeremia waarsku God teen die vernietiging van die natuur en
             wilde diere (Jer. 9:9–11)
          •  Die Bybel veroordeel die vernietiging/doodmaak/mishandeling van diere
             (Habakuk 2:17).
          •  Die wêreld is vir die Here, die aarde en die aardbewoners daarom moet
             ons na ons omgewing omsien/dit versorg.
          •  In die boek 2 Konings blyk dit dat die Profeet Elisa 'n waterkrisis, wat
             deur besoedeling veroorsaak is, herstel/regmaak.
          •  Die Here Jesus Christus het voorbeelde uit die natuur in Sy leringe oor
             die koninkryk van God gebruik.

          VOORBEELD 2: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
          •  Die AmaZulu het die godin van die natuur wat uNomkhubulwane
             genoem word.
          •  Nomkhubulwane word genader wanneer daar natuurrampe plaasvind.
          •  Hulle glo dat sy halfwoud/-bos en halfland/-grond is.
          •  Om die omgewing te beskerm is 'n teken van gehoorsaamheid aan
             Nomkhubulwane.
          •  Verskillende mites word aan die jonges vertel sodat hulle die natuur kan
             respekteer.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            9                             DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

          •     As jy in die rivier urineer, sal jy na die teenoorgestelde geslag verander,
                wat 'n manier was om te keer dat die water besoedel word.
          •     Om die grond/land onnodig te brand, is 'n strafwaardige oortreding in die
                Afrika Tradisionele Godsdiens.
          •     Hulle glo aan tradisionele medisyne wat van kruie en sommige diere
                gemaak word, so plante en diere beteken lewe vir die Afrika Tradisionele
                Godsdiens.
          •     Hulle glo dat die voorvaders verskillende diere as hulle boodskappers
                gebruik om met die lewendes te kommunikeer, bv. bye.
          •     Die Afrika Tradisionele Godsdiens was die bewaarder van die natuur in
                Afrika voor kolonisasie.                                                          (20)
          •     LW.: Enige ander relevante feite moet gekrediteer word
                                                                                                  [50]

VRAAG 4
Indien ‘n kandidaat meer as een godsdien in vraag 4 dek, word die ander godsdienste
gekrediteer.
4.1       VOORBEELD: CHRISTELIKE GODSDIENS
          •   Christene glo dat Jesus Christus die Seun van die lewende God is.
          •   Sy leringe is eers mondelings na Sy Apostels oorgedra.
          •   Die Apostels was ooggetuies van die lewe en leringe van Christus.
          •   Na die dood en opstanding van Christus het hulle begin om Sy
              boodskap, die evangelie, te versprei.
          •   Die evangelis van die Christelike woord/leer het die eerste vier boeke
              van die Nuwe Testament aangeteken.
          •   Die vier boeke is na hulle skrywers, Mattheus, Markus, Lukas en
              Johannes, vernoem.
          •   Na die Here se hemelvaart is Sy Apostels met die krag/mag van die
              Heilige Gees gevul en het hulle die mag van die evangelie vertoon.
          •   Die handelinge/optrede van die apostels is deur Lukas, die skrywer van
              hierdie evangelie, in die boek Handelinge van die Apostels aangeteken.
          •   Die ander boeke is deur die Apostel Paulus as briewe aan verskillende
              persone en kerke geskryf.
          •   'n Paar ander was briewe deur verskillende apostels aan destydse
              Christene.
          •   Al hierdie geskrifte is op verskillende tye, deur verskillende mense, om
              verskillende redes geskryf.
          •   Die boeke is later versamel en deur die kerk as geloofwaardig aanvaar.
          •   Die kerk het dit versamel om 'n nuwe boek, die Nuwe Testament, te
              ontwikkel.
          •   LW.: Enige ander relevante feite moet gekrediteer word                              (20)

4.2       VOORBEELD: CHRISTELIKE GODSDIENS
          •  Hermeneutiese beginsels verwys na die vertolking van heilige tekste.
          •  Dit behels die bestudering van 'n geestelike teks in sy konteks. Die
             volgende faktore moet ook in ag geneem word:
             o Watter soort geskrif is dit? Wanneer is dit geskryf? Wie het dit geskryf?
               Wat was die omstandighede toe dit geskryf is?

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                          10                            DBE/November 2015
                                    NSS – Memorandum

          •    Die volgende is enkele beginsels van hermeneutiese vertolking:
               o Grammatika en historiese konteks: Dit beteken jy moet die
                 grammatikareëls en die historiese feite gebruik om 'n teks te vertolk.
               o Duidelikste betekenis: Jy moet die letterlike betekenis van die teks
                 gebruik en indien nodig ook ander betekenisse.
               o Plan, doelwit en konteks: 'n Skryfstuk moet as 'n geheel beskou word.
                 Wat is die skryfplan of struktuur? Wat was die skrywer se doelwit met
                 die skryf van die teks? Wat is die konteks van die gedeelte wat
                 bestudeer word?
               o Betekenis van woorde: Met verloop van tyd en in verskillende plekke
                 verander die betekenis van woorde. Vind die oorspronklike betekenis
                 uit, soos wat dit in die normatiewe bron gebruik is.
               o Figuurlike betekenis: Figuurlike en nieletterlike betekenisse moet in ag
                 geneem word.
               o Ander heilige tekste: Heilige tekste kan gebruik word om ander heilige
                 tekste te vertolk.
               o LW.: ‘n Maksimum van 8 punte word toegeken waar ‘n kandidaat slegs
                 die hermeneutiese beginsels lys.                                                (14)
4.3       VOORBEELD: CHRISTELIKE GODSDIENS
          •  Inspirasie verwys na die 'asem' (mag/krag, kennis) van 'n buitengewone
             wese of mag.
          •  Bv. God wat iemand oorneem en hom/haar met goddelike kennis
             inspireer.
          •  Die meeste boeke in die Bybel is deur mense geskryf wat op goddelike
             wyse deur die Heilige Gees geïnspireer is.
          •  Byvoorbeeld Abraham, Moses, Dawid, Profete en Apostels.
          •  Hierdie figure se inspirasie is deur die kerk as direk en onmiddellik
             aanvaar.
          •  Daar word geglo dat hulle die boodskap van God ontvang het.
          •  Die Profete het die toekoms van die wêreld deur goddelike inspirasie
             voorspel.
          •  Inspirasie deur die Heilige Gees word steeds ten opsigte van leiding in
             die kerk gerespekteer.
          •  Die 'geïnspireerde leringe' vorm die grondslag van die Christelike
             godsdiens en is in die Bybel geïnkorporeer.                                         (16)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           11                            DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 5
5.1       •     In welvarende Westerse gemeenskappe is daar min behoefte aan
                gebed. Mense se lewens is gerieflik en hulle voel dat hulle nie 'n god
                nodig het nie.
          •     Godsdiens word vir talle oorloë blameer, veral in Europa, bv. die
                Spaanse Inkwisisie en die Kruistogte. Dit het veroorsaak dat mense
                geloof in godsdiens verloor het.
          •     Die Protestantse beweging het talle godsdiensoorloë in Europa
                ontketen, met elke kerk en koning wat probeer het om 'n spesifieke soort
                Christelike godsdiens aan ander voor te skryf.
          •     Godsdienstige inmenging in die politiek het ook tot konflik gelei. Dit was
                die Prins van Oranje wat eerste die skeiding van kerk en staat bepleit
                het.

          •     Onaanvaarbare gedrag deur godsdiensleiers het ontnugtering onder
                hulle volgelinge veroorsaak, bv. kindermishandeling deur Katolieke
                priesters, uitbuiting van armes deur Hindoe-priesters, ens.
          •     Wetenskaplike ontdekkings, soos die heliosentriese verklaring van
                planetêre beweging, het godsdienstige leringe in twyfel getrek/uitgedaag.
          •     LW.: Enige ander relevante feite moet gekrediteer word                           (10)

5.2       VOORBEELD 1: AGNOSTISISME EN ATEÏSME
          •  Agnostisisme is 'n beskouing dat die bestaan van 'n god nie bewys of
             weerlê kan word nie.
          •  Mense het eenvoudig nie die nodige kennis nie.
          •  Daarom heg agnostisisme geen waarde aan godsdienstige idees nie.
          •  Aan die ander kant is ateïsme 'n ontkenning van die bestaan van 'n god of
             Opperwese.
          •  Daar is verskillende grade van ateïsme.
          •  Party ateïste twyfel eenvoudig aan die bestaan van 'n god, maar het nie
             daarby belang om dit te bewys nie.

          •     Dit kan 'sagte ateïsme' genoem word.
          •     Dit is baie dieselfde as agnostisisme.
          •     Sterk ateïste probeer om te bewys dat goddelike wesens nie bestaan nie.
          •     Hulle wend hulle na die wetenskap om die aard van die wêreld en die heelal
                te verklaar.
          •     Sommige ateïste verwerp godsdiens omdat hulle godsdiens vir oorloë en
                ander dade van geweld blameer.

          VOORBEELD 2: HUMANISME EN MATERIALISME
          •  Humanisme, of sekulêre humanisme, het aanvanklik 'n beroep op mense
             gedoen om hulle intellek te gebruik om openbaring te verstaan.
          •  Dit was in teenstelling met die droë, Middeleeuse manier waarop daar na
             geskrifte gekyk is.
          •  In die 19de eeu het humanisme ateïsme of 'n nie-godsdienstige beskouing
             beteken.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           12                             DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

          •     Die Sekulêre Humanistiese Verklaring omvat 'n alternatiewe filosofie tot
                godsdiens.
          •     Dit moedig vrye ondersoek, vry van godsdienstige dogma, aan.
          •     Dit streef na vryheid in alle aspekte van die lewe, geestelik, ekonomies en
                sosiaal.
          •     Dit bepleit die gebruik van die rede/verstand (logika en ondersoek) om
                kennis en die waarheid te ontwikkel.
          •     Materialisme is soortgelyk aan humanisme deurdat dit slegs kennis wat by
                die fisiese wêreld bekom is, aanvaar.
          •     Dit ontken die bestaan van 'n goddelike of bonatuurlike ryk.
          •     In die 19de eeu het Karl Marx godsdiens as 'n dwelmmiddel beskryf.
          •     Dit het mense mislei om onderdrukking te aanvaar. In plaas daarvan het hy
                die ontwikkeling van 'n klaslose samelewing bepleit waarin alle werknemers
                en werkgewers gelyk sou wees.
          •     Beide Humanisme en Materialisme beskou logika as die antwoord op al die
                mensdom se uitdagings.
          •     Beide beskou godsdiens as 'n hindernis tot die mens se bereiking van sy
                volle potensiaal.
          •     Party wetenskaplikes redeneer dat onlangse ontdekkings oor die
                eienskappe van materie ernstige uitdagings vir materialisme bied.

          •     Hulle beweer dat materialisme nie die konsep van die verstand of bewussyn
                kan verklaar nie.                                                                 (20)
          •     Daar is geen wetenskaplike beswaar teen humanisme nie.
          LET WEL: Die kandidaat kan enige twee van die vier sekulêre wêreldbeskouings
          kies. 'n Maksimum van 16 punte moet toegeken word as daar geen vergelyking
          van die twee wêreldbeskouings is nie.

5.3       VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS
          •   Christene glo in die bestaan van 'n Opperwese bekend as God.
          •   God manifesteer Homself as die Skepper van die heelal.
          •   In die begin was daar niks behalwe chaos nie.
          •   God het toe beveel 'Laat daar wees' en die skepping het plaasgevind.
          •   Die hele heelal is in ses dae geskep.
          •   Die wêreld was perfek nadat die Heilige Drie-eenheid klaar was met die
              skepping.
          •   Christene verwerp die idee dat die heelal per ongeluk geskep is.
          LET WEL: Die Christelike godsdiens, Judaïsme en Islam het feitlik identiese
          beskouings van hoe die heelal geskep is.

          VOORBEELD 2: TAOÏSME
          •  Volgens Taoïsme is daar geen skepper van die heelal nie.
          •  Taoïsme verklaar die skepping van die heelal deur Jin en Jang.
          •  Dit is kragte wat teenoor mekaar werk, soos lig en donkerte of manlik en
             vroulik.
          •  Die Tao (universele krag of patroon) skep/lewer die Een. Die Een
             skep/lewer die Twee (teenoorgesteldes).
          •  'n Kombinasie van die twee skep/lewer die Drie.
          •  Taoïsme praat nooit van die begin of die einde van die heelal nie.
          •  Dit praat bloot van die deurlopende wisselwerking tussen Jin en Jang.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                        13                         DBE/November 2015
                                  NSS – Memorandum

          VOORBEELD 3: HINDOEÏSME
          •  In Hindoeïsme word die heelal self as die Skepper beskou.
          •  Die Skepper is ewig/nimmereindigend.
          •  Die Skepper bestaan in óf 'n aktiewe óf 'n passiewe toestand.
          •  In die passiewe toestand het die heelal geen vorm nie.
          •  Wanneer die Skepper aktief raak (danstoestand), vind differensiasie in
             die heelal plaas en 'skepping' begin.
          •  Die siel van die Skepper versprei deur alles, onder andere mense.
          •  Die dans van die Skepper stop na 'n baie lang tyd.
          •  Dan stort die heelal en alles daarin ineen.
          •  Wanneer die Skepper weer begin dans, herhaal die siklus weer.
          •  Dit gaan vir ewig aan.

          •     LW.: Enige TWEE verskillende reaksies mag deur die kandidaat
                bespreek word. ‘n Maksimum van 10 punte word toegeken indien ‘n
                kandidaat die gemeenskaplike reaksie van die Abrahamitiese
                godsdienste bespreek het.
          •     ‘n Maksimum van 6 punte word toegeken vir die bespreking van die
                Oerknalteorie.                                                          (20)
                                                                                        [50]

                                                                         TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 Nov 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2015-afr/6f988c7a-14a8-45a6-8bf3-207f0a4bdee3) — Religion Studies · QP · 2015 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2015-memo-afr/b92eeeee-301a-4eb0-b2a3-23c9ac667189) — Religion Studies · Memo · 2015 · Afr
- [Religion Studies P2 NSC Nov 2020 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nsc-nov-2020-memo-eng/90e41cec-337d-42f5-857e-98d101c5b936) — Religion Studies · Memo · 2020 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2018-final-memo-eng/7f33559c-6625-4fd2-998b-2d55bc6e11d8) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2016-memo-afr/80ca96b9-a08f-4cbc-9946-d119dd96dbb0) — Religion Studies · Memo · 2016 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2014 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2014-memo-eng/2981f909-44da-4d97-9831-c82b44edac86) — Religion Studies · Memo · 2014 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/280b2f45-cc59-4fda-8962-bcd5e4a7d0bb) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
