# Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 4 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2016-afr/c263f8b2-ee5d-4979-9d33-d4affed87f50
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 4

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2016-afr/c263f8b2-ee5d-4979-9d33-d4affed87f50)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 4 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                               RELIGIESTUDIES V2

                                 NOVEMBER 2016

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 4 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             2                   DBE/November 2016
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.

2.        Beantwoord enige DRIE vrae.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

5.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke
          vraag toegeken is.

6.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             3                               DBE/November 2016
                                             NSS

VRAAG 1

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Geen godsdiens is 'n soliede, monolitiese eenheid nie. Hulle het almal baie interne
verskille en die verskille was sedert hulle ontstaan al daar.

                                             [Aangepas uit Religion Studies Grade 12, HC Steyn]

1.1       Bespreek die interne verskille van EEN godsdiens onder die volgende
          opskrifte:

          1.1.1       Leringe                                                                         (10)

          1.1.2       Gebruike                                                                        (10)

1.2       Evalueer die moontlike gevolge van interne verskille vir godsdienste.                       (14)

1.3       Maak 'n lys van enige VIER hermeneutiese beginsels en verduidelik die
          belangrikheid van elke beginsel in die interpretasie van heilige tekste. (4 x 4)            (16)
                                                                                                      [50]

VRAAG 2

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Alle godsdienste het 'n stel oortuigings oor die aard van goddelikheid, die mensdom,
die wêreld, die skepping en ander aspekte van die lewe. Sulke breë oortuigings word
godsdienstige leringe genoem.

                                     [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

Beantwoord die volgende vrae met verwysing na enige EEN godsdiens.

2.1       Ontleed die aard van goddelikheid soos dit in die godsdiens se kernleringe
          verduidelik word.                                                                           (18)

2.2       Bespreek die kernleringe van die godsdiens wat na die verhouding tussen die
          gemeenskap en die individu verwys.                                                          (12)

2.3       Verduidelik die godsdiens se siening oor die oorsprong van die bose.                        (10)

2.4       Verduidelik die godsdiens se leringe oor die lewe na die dood.                              (10)
                                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            4                               DBE/November 2016
                                            NSS

VRAAG 3

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Godsdienste vir Vrede het by 'n groep organisasies aangesluit in 'n inisiatief wat hulp
sal verleen aan miljoene kinders in Afrika wat deur MIV en Vigs wees gelaat is. Die
'Hope for African Children Initiative' (Inisiatief vir Hoop vir Kinders van Afrika) pak
uitdagings soos die risiko van wanvoeding, siekte, mishandeling en seksuele uitbuiting
aan wat weeskinders in die gesig staar.
                                    [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

3.1       Wat is die oorsake van MIV en Vigs?                                                     (10)

3.2       Watter uitwerking het MIV en Vigs op die samelewing?                                    (10)

3.3       Bespreek verskillende godsdienstige leringe wat oplossings vir MIV en Vigs
          bied.                                                                                   (20)

3.4       Dink jy godsdienstige organisasies is besig om die stryd teen MIV en Vigs te
          wen? Gee redes vir jou antwoord.                                                        (10)
                                                                                                  [50]

VRAAG 4

4.1       Bespreek die oorsprong van enige EEN sekulêre wêreldbeskouing deur te
          verduidelik hoe en hoekom dit ontstaan het.                                             (10)

4.2       Bespreek die leringe van die sekulêre wêreldbeskouing in VRAAG 4.1 hierbo.              (20)

4.3       Bespreek hoe die normatiewe bron(ne) van enige EEN godsdiens ontstaan
          en oor tyd ontwikkel het.                                                               (20)
                                                                                                  [50]

VRAAG 5

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

In die middel van die 19de eeu het die bioloog, Charles Darwin, sy evolusieleer in
The Origin of Species gepubliseer. Dit was die eerste niegodsdienstige verduideliking
van hoe die wêreld geskep is en waar mense vandaan kom. Sedert Darwin is daar al
baie gedebatteer oor wat sy teorie vir godsdienstige oortuigings beteken.
                                    [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

5.1       In watter mate het godsdiens se houding teenoor evolusie sedert die 19de eeu
          verander? Gee voorbeelde uit ten minste TWEE godsdienste om jou
          antwoord te ondersteun.                                                                 (30)

5.2       Bespreek die verhouding tussen die            Oerknalteorie      en   enige    EEN
          godsdienstige lering oor die skepping.                                                  (20)
                                                                                                  [50]

                                                                                   TOTAAL:        150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2016-eng/e12baf6b-a7fc-4b95-979f-aba918cf1053) — Religion Studies · QP · 2016 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2016-memo-afr/80ca96b9-a08f-4cbc-9946-d119dd96dbb0) — Religion Studies · Memo · 2016 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2016-afr/878b671d-903f-46da-ab77-8e7c243f553d) — Religion Studies · QP · 2016 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2016-eng/ffab66d3-5a12-4c5b-a05a-3917bbb186c3) — Religion Studies · QP · 2016 · Eng
- [RLGS P2 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/rlgs-p2-s16-qp-eng/fb3270ce-1301-4d94-94fa-492518a15e14) — Religion Studies · QP · 2016 · Eng
- [Religion Studies P2 May June 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2016-afr/7e7c519b-7ae2-4e18-aec2-fbb83c9489fe) — Religion Studies · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
