# Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 5 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2017-afr/08a5316c-6176-4e91-90d0-817da99828df
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 5

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2017-afr/08a5316c-6176-4e91-90d0-817da99828df)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 5 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                               RELIGIESTUDIES V2

                                 NOVEMBER 2017

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             2                              DBE/November 2017
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.

2.        Beantwoord enige DRIE vrae.

3.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke
          vraag toegeken is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

VRAAG 1

Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                    MISHANDELING VAN BEJAARDES WEK KOMMER

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het verlede jaar die Verslag oor Ouer
Mense ('Older Persons' Report') uitgereik na aanleiding van verhore oor die
behandeling en mishandeling van bejaardes. Die verslag het bevind dat bejaardes
gebrekkige toegang tot behoorlike gesondheidsorg het en onder geslagsdiskriminasie
en wydverspreide mishandeling deurloop.

                                                          [Bron: The New Age, 3 Oktober 2016]

1.1       Gee SES redes waarom bejaardes mishandel word.                                            (12)

1.2       Met verwysing na enige van die godsdienste wat jy bestudeer het, bespreek
          die leringe wat 'n gesonde gesinslewe bevorder.                                           (22)

1.3       Bespreek ten minste AGT praktiese stappe wat deur godsdienstige
          organisasies gedoen moet word om die gesinslewe te versterk.                              (16)
                                                                                                    [50]

VRAAG 2

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

In die meeste godsdienste kan die vertolking van oortuigings van een denkskool tot die
volgende verskil. Hierdie verskille is soms groot en het selfs al tot godsdienstige oorloë
gelei, en soms is dit klein.

                                                   [Bron: TOP CLASS Religion Studies Grade 12]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                               3                      DBE/November 2017
                                               NSS
2.1       Met verwysing na enige EEN godsdiens, gee redes vir die interne verskille in
          daardie godsdiens.                                                                  (10)

2.2       Hoekom is daar slegs klein verskille in die Bahá'i-geloof?                          (10)

2.3       Kies enige EEN godsdiens en bespreek die interne verskille wat bestaan
          onder die volgende opskrifte:

          2.3.1       Verskille in leringe                                                    (10)

          2.3.2       Verskille in praktyk                                                    (10)

          2.3.3       Verskille in bestuur (beheer of leiding)                                (10)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            4                               DBE/November 2017
                                            NSS

VRAAG 3

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Met behulp van hulle leringe kommunikeer alle godsdienste aan hulle volgelinge
waarom die wêreld is soos dit is. Godsdienstige leringe gee verduidelikings vir mense
se bekommernisse, soos lewe na die dood en idees oor goed en kwaad.

                                                         [Bron: Focus on Religion Studies 2007]

3.1       Bespreek die sentrale leringe van enige EEN godsdiens onder die volgende
          opskrifte:

          3.1.1       Die aard van goddelikheid                                                     (10)

          3.1.2       Die konflik tussen goed en kwaad                                              (10)

          3.1.3       Lewe na die dood                                                              (10)

3.2       Maak 'n lys van VYF hermeneutiese beginsels.                                              (10)

3.3       Bespreek die belangrikheid van heilige geskrifte in godsdiens.                            (10)
                                                                                                    [50]

VRAAG 4

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Die meeste moderne Westerse demokrasieë is sekulêre state, dit is, hulle glo aan die
skeiding van kerk en staat. Byvoorbeeld, in die Verenigde State van Amerika is daar
geen amptelike godsdiens nie en godsdienstige instellings het geen grondwetlike reg
om 'n direkte rol in die ontwikkeling van burgerlike wetgewing te speel nie.

                                           [Bron: Shuters Top Class, Religion Studies Grade 12]

4.1       Noem enige EEN sekulêre wêreldbeskouing en bespreek die leringe daarvan.                  (10)

4.2       Brei uit oor die positiewe bydraes wat sekularisme tot godsdienste gemaak
          het.                                                                                      (10)

4.3       Bespreek die wetenskaplike verduideliking van die skepping van die heelal.                (20)

4.4       Tot watter mate is die evolusieleer 'n uitdaging vir 'n godsdienstige
          lewensbeskouing?                                                                          (10)
                                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                                  5                               DBE/November 2017
                                                  NSS

VRAAG 5

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 SOEDAN EN SUID-SOEDAN

President Nimiery van Soedan het in 1983 verklaar dat die hele land as 'n Islamitiese
staat regeer sou word. Dit het beteken dat Islamitiese reg (Sjaria) selfs aan
nie-Moslems, wat hoofsaaklik in die suide van die land gewoon het, voorgeskryf
sou word.

In reaksie op hierdie verklaring is die Sudan People's Liberation Army (SPLA) gevorm.
Die SPLA het gou in verskeie groepe versplinter, hoofsaaklik volgens stamlyne.
Die SPLA-Nasir-groep is deur die Soedanese regering bewapen en dit het die
gewapende konflik vererger.

Meer Suiderlinge het deur die toedoen van hulle eie mense as deur Noorderlinge
gesterf. Die suidelike state het in 2011 volgens 'n VN-referendum onafhanklikheid van
die noorde verkry. Daar was op hierdie stadium ten minste sewe verskillende
gewapende groepe in 'n oorlog met die Suid-Soedanse regering gewikkel.

                     [Bron: Wikipedia.org/wiki/ history of South Sudan. Toegang op 03/10/2016 verkry.]

5.1       Bespreek kortliks die gebeurtenisse wat tot die vestiging van Suid-Soedan
          gelei het.                                                                                     (14)

5.2       Tot watter mate speel godsdiens 'n rol in die konflik?                                         (12)

5.3       Waarom, dink jy, vind godsdienstige organisasies dit gewoonlik moeilik om
          konflik in baie dele van die wêreld op te los?                                                 (10)

5.4       Watter lesse kan Suid-Afrika vir Suid-Soedan leer om die konflik te beëindig?                  (14)
                                                                                                         [50]

                                                                                          TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2017-eng/e4369517-f8eb-4548-803a-6df518cad1f4) — Religion Studies · QP · 2017 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2017-afr/79d66169-1274-42fe-b60d-c2f75586a2db) — Religion Studies · QP · 2017 · Afr
- [Religion Studies P2 May June 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2017-eng/44fc0522-52d0-4cba-878c-5253d5cfe593) — Religion Studies · QP · 2017 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2023-afr/87ea9bf1-b87a-43de-ae62-6c07b64aa1c7) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2022-eng/4621f83c-09e1-4d2f-a9aa-93621e83710e) — Religion Studies · QP · 2022 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2021-afr/94ed97b2-af85-4c73-a1c5-6528bd640854) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
