# Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2018 Memo (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2018-final-memo-afr/d774edac-38da-45b6-94f0-f3241e280eed
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2018 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2018-final-memo-afr/d774edac-38da-45b6-94f0-f3241e280eed)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                RELIGIESTUDIES V2

                                  NOVEMBER 2018

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            2                            DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1

1.1.1     • Gedwonge genadedood beteken om iemand se lewe pynloos te beëindig
            wanneer hulle self nie daarvoor kan vra nie, maar daar is grondige
            mediese redes om te dink dat hulle die dood verkies.
          • Vrywillige genadedood verwys na die situasie waar 'n persoon wat
            terminaal siek is en erge pyn ondervind, vra dat 'n ander persoon sy/haar
            lewe pynloos beëindig.
          • Selfdood met hulp is wanneer 'n terminaal siek persoon met die middel om
            selfdood te pleeg, voorsien word.                                                      (4)

1.1.2     VOORDELE
          Dit kan die volgende pasiënte help:
          • Mense wat terminaal (ongeneeslik) siek is en vir wie daar geen verligting
             van ondraaglike pyn is nie. So 'n persoon se lyding sal beëindig word.
          • Dit kan ook diegene help wat te swak is om vir vrywillige genadedood
             te vra.
          • Dit kan diegene help wat nie op behandeling reageer nie, want hulle ly aan
             orgaanversaking.
          Bykomend:
          • Kan dit die stres van mense wat al vir lank aan die bed gekluister is, verlig.
          • Die ekonomiese voordeel is dat dit die familie en die staat kan help om
             geld te spaar aangesien sommige mense, gebaseer op mediese bewyse,
             nooit sal herstel nie.
          • Medisyne en mediese behandeling is baie duur en die bronne kan gebruik
             word om diegene wat 'n beter kan op herstel het, te help.
          • Die familie word daarvan vrygestel om hulpeloos toe te kyk hoe hulle
             geliefde ly.
          NADELE
          • Konflik ontstaan dikwels as gevolg van verskillende opinies en oortuigings
             van verskillende lede van die familie.
          • Die familie van die terminaal siek persoon kan genadedood en selfdood
             met hulp verkies as gevolg van ekonomiese voordeel vir hulleself ten
             opsigte van 'n erfenis.
          • Party mense kan later hulle besluit berou wat tot onopgeloste smart en
             'n skuldgevoel kan lei.
          • Genadedood kan deur gewetenlose dokters gebruik word as 'n verskoning
             om organe te oes.
          • Genadedood en selfdood met hulp kan seine aan ander familielede stuur
             dat om die dood te kies 'n aanvaarbare handeling is en dit kan tot nog
             gevalle van selfdood lei.
          • Dokters mag weier om genadedood uit te voer op grond van hul reigieuse
             oortuiginge.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                                (12)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           3                           DBE/November 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

1.1.3     VOORBEELD 1: CHRISTENSKAP
          • Christenskap is teen genadedood gekant want dit heg waarde aan die
             heiligheid van die lewe.
          • Dit leer ons dat lewe deur God geskep is.
          • Die heiligheid van die lewe is geanker in die Woord, dus kan niemand op
             enige wyse met die lewe peuter nie.
          • Dit is God, nie mense nie, wat bepaal wanneer mense moet sterf.
          • Genadedood is om jou op 'n gelyke voet met God te stel. Dit word in die
             Bybel veroordeel.
          • Volgens Christelike geloof word genadedood as moorde beskou.
          • '… waarom voor jou tyd doodgaan?' (Prediker 7:17).
          • Dit beteken genadedood is teen God se wil want dit laat iemand voor
             sy/haar tyd sterf.
          • 'U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u
             boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.' (Psalm 139:16).
          • Dit beteken dat slegs God ons elkeen se tyd om te sterf kan bepaal.
             daarom is genadedood teen God se plan vir die mens.
          • 'Jy mag nie moord pleeg nie.' (Eksodus 20:13). Hierdie gebod verbied
             genadedood.
          VOORBEELD 2: HINDOEÏSME
          • In Hindoeïsme is daar meningsverskille as gevolg van verskillende
             tradisies.
          • Hindoes glo aan karma ('n oortuiging dat elke handeling 'n gevolg het wat
             dalk in 'n latere reïnkarnasie kan voorkom). Indien jy genadedood beoefen,
             sal daar negatiewe gevolge vir die siel wees.
          • Hindoes glo dat watter lyding/swaarkry jy ook al in jou huidige lewe
             ondervind, die gevolg is van iets wat jy in 'n vorige lewe gedoen het.
          • As jy karma omseil deur iets te doen om swaarkry te stop, sal jy later
             daarvoor betaal.
          • Sommige Hindoes glo dat daar omstandighede is wanneer die
             bespoediging van die dood regverdig kan word.
          • Party glo dat wanneer 'n persoon 'n stadium is sy/haar lewe bereik waar
             hy/sy nie langer God kan vereer/verheerlik nie, kan sy/hy die dokter vra om
             die einde van sy/haar lewe te bespoedig.
          • Die meeste Hindoes steun egter nie die konsep van genadedood nie.
          • Hindoeïsme is in die algemeen teen genadedood gekant want dit verbreek
             die lering van ahimsa (doen geen leed nie).
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
          Krediet moet gegee word vir leringe uit die eerste religie wat
          geindentifiseer is                                                                     (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            4                           DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

1.2       1.2.1       LET WEL: ‘N Totaal van VIER punte word toegeken vir die
                      noem van twee takke in of 1.2.1 of 1.2.2 , maar nie beide nie.
                      Die twee takke moet bespreek word in 1.2.1 en 1.2.2.
                      VOORBEELD 1: BOEDDHISME
                      Die leerder kan enige TWEE van die volgende vertakkinge
                      kies:
                      • Theravada-Boeddhisme
                      • Theravada-Boeddhisme glo in die doktrine/leerstelling van
                         anatman.
                      • 'Anatman' beteken dat die ego/self ons verhinder om verlig te
                         word en Nirwana te bereik.
                      • Theravada-Boeddhisme leer dat verligting deur 'n individu se
                         inspanning kom en nie deur die ingryping van ander of enige
                         gode nie.
                      • Mahayana-Boeddhisme
                      • Hierdie vertakking glo dat daar nie 'n individuele, outonome self
                         is nie. Alle wesens aan mekaar verbind.
                      • Volgelinge van Mahayana glo in kollektiewe verligting.
                      • Mahayana-Boeddhisme leer dat die motivering vir verligting
                         deernis/ontferming vir alle lewende dinge te hê.
                      • Die volgelinge streef na bodhisattva, (iemand wat tot die diens
                         van die verligting van ander is).
                      • Tibetaanse Boeddhisme
                      • Die volgelinge van Tibetaanse Boeddhisme glo in die
                         reïnkarnasie van die stamboom van sekere lamas
                         (onderwysers), soos die Dalai Lama.
                      • Hulle glo dat Boeddha in menslike vorm kan verskyn.
                      • Hulle glo aan 'n panteon van Boeddhas, bodhisattvas en
                         dharma-beskermers.
                      • Zen-Boeddhisme
                      • Hulle glo dat direkte kommunikasie, en nie skriftuurlike studie
                         nie, die weg is om verligting te ervaar.
                      • Hulle glo dat Zen die weg van die lewe is en nie slegs 'n staat
                         van bewustheid nie.
                      • Hulle glo dat Boeddha in menslike vorm kan verskyn, soos in
                         die geval van Padmasambhava (die een wat Zen-Boeddhisme
                         in Tibet bewerkstellig het).
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                   (12)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             5                             DBE/November 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

          1.2.2       VOORBEELD 1: BOEDDHISME
                      Theravada-Boeddhisme
                      • Monnike bly in kloosters, bedel kos en mediteer feitlik heeldag.
                      • Theravada-monnike assisteer en werk met leke in belangrike
                         lewensgebeurtenisse, soos geboortes, troues en begrafnisse.
                      • Dis algemene praktyk om stupas (toringagtige strukture) te bou.
                      • Die meeste praktyke word tuis beoefen alhoewel daar ook
                         individuele en gesamentlike meditasie en kantillering in tempels is.
                      • Hulle los altaaroffers, soos kos, wierook, kerse en blomme, voor
                         die Boeddha-standbeeld by die tempel.
                      Mahayana-Boeddhisme
                      • Hulle beoefen meer rituele elemente as Theravada-Boeddhisme,
                         soos neerbuig/plat lê.
                      • Slegs mense wat in kloosters woon, mag mediteer.
                      • Leke mag kantilleer en bid.
                      Tibetaanse Boeddhisme
                      • Praktyke beoefen sluit meditasie, rituele en kantillering in.
                      • Gebruik metodes soos beswymings om versteekte antieke
                         geskrifte terug te kry/te vind/herwin.
                      • Tibetaanse Boeddhistiese monnike dra oranje klede in hulle
                         tempels.
                      Zen-Boeddhisme
                      • Hulle beoefen meditasie om verligting te bekom.
                      • Hulle kies Zen-onderwysers om studente in meditasie en die
                         beoefening van rituele te lei.
                      • Hulle beoefen dharma-oordrag (oordra van Boeddha se leringe
                         van meester na die studente).
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word                       (12)

          1.2.1       VOORBEELD 2: CHRISTENSKAP
                      • Beoefen-Katolieke Kerk
                      • Beskou hulleself as die oorspronklike kerk van Christus.
                      • Katolieke glo dat almal in sonde gebore is omdat Adam en Eva
                        God se bevel verontagsaam het.
                      • God bestaan uit die Vader, die Seun en die Heilige Gees
                        (Drie-eenheid)
                      • Die Heilige Gees kom van God die Vader en die Seun.
                      • Oosters-Ortodokse Kerk
                      • Volgens die Oosters-Ortodokse Kerk, kom die Heilige Gees van
                        slegs die Vader, nie die Seun nie.
                      • Hulle glo hulle is die tereg/regverdig geleide kerk.
                      • Hulle leer dat niemand die mag het om Christelike leringe en
                        tradisies te verander nie.
                      • Hulle beskou die Bybel as kanonikaal/kerkregtelik.
                      • Protestantisme
                      • In Protestantisme het die Bybel meer outoriteit as die Pous.
                      • Rituele is minder belangrik as oortuigings.
                      • Hulle glo geloof is die sleutel tot verlossing.
                      • Verlossing is 'n geskenk wat vrylik deur die werk van Jesus
                        Christus, wat vir Christene gesterf het, gegee word.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                      (12)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            6                            DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

          1.2.2       VOORBEELD 2: CHRISTENSKAP
                      Die leerder kan enige TWEE van die volgende vertakkinge
                      kies:
                      Rooms-Katolieke Kerk
                      • Die Rooms-Katolieke Kerk beoefen Eucharistie (Heilige
                         Nagmaal).
                      • Hulle brand kerse ter herinnering aan die dooies.
                      • Hulle wy hulle priesters in.
                      • Hulle bely hulle sondes aan 'n priester.
                      • Nonne en monnike tree nie in die huwelik nie.
                      • Daar is geen ontbinding van die huwelik nie.
                      • Hulle beoefen die laaste sakramente voor iemand sterf.
                      • Die brand van wierook word ook beoefen.
                      Oosters-Ortodokse Kerk
                      • Die Oosters-Ortodokse Kerk beoefen die aansteek van kerse ter
                         herinnering aan die gestorwenes (dooies).
                      • Hierdie vertakking het ook gemeenskap in die Heilige Nagmaal.
                      • Hulle druk gelowigheid uit deur beelde van heiliges, genoem
                         ikone, te soen.
                      • Die brand van wierook word ook beoefen.
                      • Hulle beskou die hele Bybel as kanonikaal/kerkregtelik.
                      Protestantisme
                      • Bywoning van Sondagdienste is belangrik in Protestantisme.
                      • Die Heilige Nagmaal-diens word ook in baie vorme van
                         Protestantisme beoefen.
                      • Praat in tale in die Pinkster-/Charismatiese kerke is 'n eienskap.
                      • Hulle het opwekkingsdiens-kruistogte om die verlorenes met die
                         evangelie te bereik.
                      • Genesingsdienste is ook algemeen.
                      • Liefdadigheid word as 'n uitwaartse teken van innerlike
                         welwillendheid/genade beskou en nie as om jou pad hemel toe
                         te 'koop' nie.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                    (12)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            7                             DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2

2.1       2.1.1       VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS (ATG)
                      • Vir inheemse tradisionele Afrika sluit die aard van die wêreld
                        alles wat bestaan in.
                      • Die wêreld word meer as 'n kosmos beskou as eenvoudig net
                        die planeet Aarde.
                      • Alles wat bestaan, word as lewende volkomenheid beskou wat
                        op 'n verskeidenheid maniere en fases manifesteer.
                      • Die lewe word begryp as 'n voortdurende uitruiling van
                        onderlinge verbinde kragte onder en tussen alle wesens.
                      • Volgens hierdie begrip het die kosmos of die heelal nie 'n
                        middelpunt nie.

          2.1.2       LET WEL: As SLEGS beloning of SLEGS straf bespreek
                      word,word ‘n maksimum van SES punte toegeken.

                      VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
                      • Beloning en straf in die ATG vind in die huidige lewe plaas, nie
                        na die dood nie.
                      • Daar word geglo die lewende dooies/voorvaders kan
                        boosdoeners straf en diegene wat goed doen, beloon.
                      • Straf van die lewende dooies af kom in verskillende vorms van
                        beproewing.
                      • Daar word gesê dat die persoon wat hierdie beproewinge
                        verduur, slegte bloed het.
                      • Die geneesmiddel vir slegte bloed is 'n geskikte vorm van
                        suiwering wat veronderstel is om die lewende dooies te paai.
                      • Wanneer dit nodig is vir hierdie rituele, het die tradisionele
                        geneser die geneesmiddel vir die suiwering van slegte bloed.
                      • Diegene wat 'n goeie lewe gelei het, word beloon deur
                        voorvaders te word.
          2.1.1       • Diegene wat die voorvaders vereer, word met voorspoed en 'n
                        goeie lewe beloon.

                      VOORBEELD 2: ISLAM
                      • Volgens die Koran het Allah die heelal in ses fases geskep.
                      • Allah verskaf ook die energie wat alles in die heelal vir oorlewing
                        en groei nodig het.
                      • Die bestaan van die heelal is nie toevallig nie en die lewe is nie
                        doelloos nie, maar beplan en doelgerig.
                      • Die heelal, wat met tyd geskep is, is nie ewigdurend nie, dit het
                        'n vaste tydsduur.
                      • Aangesien slegs Allah ewigdurend is, sou geloof aan die
                        ewigdurendheid van die heelal beteken dat die skepping aan die
                        Skepper gelyk is. Dit is 'n groot sonde (shirk).
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                    (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            8                          DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

          2.1.2       VOORBEELD 2: ISLAM
                      • Islam leer dat beloning en straf in die huidige wêreld en na die
                        dood bestaan.
                      • Op die Oordeelsdag sal die mensdom opgewek word om deur
                        Allah beoordeel te word.
                      • Diegene wat in Allah glo en hulle verpligtinge aan die Skepper
                        en die mensdom nagekom het, sal beloon word en toegang tot
                        die paradys verkry.
                      • Diegene wat die bestaan van Allah misken, sal gestraf word en
                        aan die hel oorgelewer word.
                      • Diegene wat glo, maar nie hulle verpligtinge nagekom het nie,
                        sal óf vergewe word óf gestraf word volgens die aard van hulle
                        sonde.
                      • Om aalmoese aan die armes te gee, bring 'n persoon nader aan
                        Allah en sal met Allah se genade en goedhartigheid beloon
                        word.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
                                                                                                 (10)

2.2       LET WEL: As daar geen vergelyking is nie, word ‘n maksimum van AGT
          punte toegeken.
          • In Abrahamitiese godsdienste is heilige tekste sentraal tot hulle praktyke
            en oortuigings. Dit is waarom hulle 'godsdienste van die Boek' genoem
            word.
          • Abrahamitiese godsdienste se leringe is vasgestel in hulle geskrewe
            heilige geskrifte.
          • In nie-Abrahamitiese godsdienste, soos Hindoeïsme, word volkome gesag
            aan die oorspronklike klank van die gesproke woord toegewys, nie aan die
            teks nie.
          • Nie-Abrahamitiese godsdienste beskou dus hulle oortuigings en leringe as
            voorwerpe van vloeibaarheid.
          • In Abrahamitiese godsdienste ontlok heilige tekste 'n dieper verbintenis
            met die Goddelike wese.
          • In nie-Abrahamitiese godsdienste, soos Boeddhisme, word geskrifte nie as
            goddelike voorskrifte beskou nie.
          • Die Abrahamitiese godsdienste is kenmerkend uitsluitend/eksklusief omdat
            hulle godsdiens fundamenteel in hulle heilige geskrifte gewortel is.
          • Die nie-Abrahamitiese godsdienste is kenmerkend pluralisties, bv.
            Hindoeïsme.
          • In Abrahamitiese godsdienste kweek heilige tekste gemeenskaplike
            identiteit, terwyl in godsdienste soos Hindoeïsme, daar 'n verskeidenheid
            tekste is en jy enige teks kan volg.
          LET WEL: Alle relevante antwoorde moet gekrediteer word.                               (14)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                          9                           DBE/November 2018
                                   NSS – Nasienriglyne

2.3       • Historiese konteks
          • Dit beteken dat die geskrifte binne die konteks van die tyd en
            omstandighede waarin die teks geskryf is, verstaan moet word.
          • Duidelikste betekenis
          • Die betekenis wat die duidelikste vir die leser is, moet in ag geneem word.
          • Plan, doeleinde en konteks
          • Die skryfplan of struktuur van die hele dokument moet in aanmerking
            geneem word.
          • 'n Uittreksel moet as deel van die geheel beskou word.
          • Bv. Is die geskryf in die vorm van poësie of in die vorm van prosa?
          • Betekenis van woorde
          • Die betekenis van woorde verander dikwels met tyd en konteks.
          • Vir die korrekte vertolking moet die oorspronklike betekenis in aanmerking
            geneem word.
          • Figuurlike taal
          • Figuurlike taal word algemeen in heilige tekste gebruik.
          • Dit moet so geïdentifiseer word sodat dit nie letterlik vertolk word nie.
          • Figuurlike taal vereis die toepassing van al die ander hermeneutiese
            beginsels vir korrekte vertolking.
          • Ander heilige tekste
          • Een heilige teks kan gebruik word om ander heilige tekste in dieselfde
            godsdiens te vertolk.
          • Dit is omdat daar ooreenstemming is tussen die leringe van die godsdiens
            en hul heilige tekste is.                                                           (16)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                          10                            DBE/November 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3
3.1   • In ATG kommunikeer mense met hulle voorvaders deur inspirasie.
      • Tussengangers en waarsêers spesialiseer daarin om met die voorvaders
        en geeste te kommunikeer.
      • Tussengangers gaan dikwels deur 'n proses van sterf en herlewing tydens
        hulle opleiding. Dit vind as gevolg van inspirasie plaas.
      • Hulle glo dat die persoonlikheid tydens hierdie proses eindig en die
        tussenganger 'n nuwe persoonlikheid ontvang wat aan die bonatuurlike
        magte toegewy is.
      • Sulke tussengangers het 'n bemiddelende funksie.
      • Afrika Tradisionele Godsdiens sluit kontemporêre en goddelike inspirasie
        in.
        LET WEL: Alle relevante antwoorde moet gekrediteer word.                                  (10)
3.2       VOORBEELD 1:
          AGNOSTISISME
          • Agnostisisme kom van die Grieks, 'a', wat 'sonder' beteken en 'gnosis' wat
            'kennis' beteken.
          • Hierdie term is die eerste keer in 1869 deur 'n filosoof, TH Huxley, gebruik.
          • Agnostici glo dat dit nie moontlik is om die bestaan van God of 'n
            bonatuurlike wese te bewys of te weerlê nie.
          • Dit verwys na onsekerheid oor kennis van God.
          • Agnostici is skepties oor godsdienstige leringe.
          • Hulle verwerp godsdienstige doktrine/leerstelling, veral godsdienste wat
            verklaar dat hulle geestelike kennis het.
          VOORBEELD 2:
          ATEÏSME
          • Ateïste verwerp die oortuiging dat goddelike of bonatuurlike magte
            bestaan.
          • Daar is verskillende grade van ateïsme.
          • Sagte of neutrale ateïste verwerp nie die bestaan van 'n bonatuurlike wese
            nie.
          • Sterk of positiewe ateïste glo daar is bewyse om hulle ateïstiese
            standpunte te ondersteun.
          • In sommige gevalle verwerp sagte ateïste beide teïsme en sterk ateïsme.
          • Dit is omdat hulle voel dat beide wêreldbeskouings afhang van bewyse om
            hulle bewerings te ondersteun.
          • Ateïste wend hulle dikwels na die wetenskap om die aard van die heelal te             (14)
            verduidelik, eerder as om op geloof staat te maak.
            LET WEL: :Alle relevante antwoorde moet gekrediteer word.

3.3       • Die Konstitusie van Suid-Afrika is nie op enige godsdienstige leringe
            gebaseer nie.
          • Die Konstitusie van Suid-Afrika bevorder gelyke erkenning van alle
            godsdienste.
          • Die Konstitusie bevorder ook godsdienstige vryheid.
          • Sekularisme het Suid-Afrikaners gehelp om 'n Konstitusie te ontwerp wat
            godsdienstige verdraagsaamheid bevorder.
          • Vryheid van godsdiens, oortuiging en opinie/mening is in die Konstitusie
            vasgelê.                                                                              (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                        11                         DBE/November 2018
                                  NSS – Nasienriglyne

          • In die Suid-Afrikaanse Konstitusie word sedes en etiese waardes op
             redenering en nie op godsdienstige leringe nie gebaseer.
          • Daar is geen staatsgodsdiens nie.
          LET WEL: Alle relevante antwoorde moet gekrediteer word.
3.4       JA
          • Die hedendaagse samelewing maak staat op die redeneringsvermoëns om
             besluite te maak.
          • Hulle ignoreer die gesag van die Opperwese.
          • Hulle maak staat op beredenering, bewyse en 'n wetenskaplike
             benadering om die lewe te hanteer.
          • Hulle ondermyn die voorskrifte van heilige tekste.
          • Godsdienstige plekke van aanbidding word nie meer gerespekteer nie.
          • Die meerderheid van die jeug woon nie godsdienstige vieringe en rituele
             by nie, omdat dit nie op menslike beredenering gegrond is nie.
          • Sekulêre humaniste plaas meer klem op liberale beskouings van
             menseregte as op tradisionele godsdienstige oortuigings.
          • Die gevolg is dat daar 'n toename in maatskaplike uitdagings is, soos
             misdaad en tienerswangerskappe, wat die gevolg van 'n agteruitgaan van
             morele waardes is.
          NEE
          • Sekularisme het die ontwikkeling van die Handves van Menseregte
             bevorder wat morele waardes aanmoedig/steun.
          • Morele waardes word deur die Konstitusie in sekulêre state bevorder.
          • Dit is nie nodig dat heilige tekste 'n morele kode ontwikkel nie. Die
             oppergesag van die reg sal morele waardes afdwing.
          • Families het die verantwoordelikheid om morele waardes by hulle kinders
             te ontwikkel. Dit kan onafhanklik van godsdiens gedoen word.
          • Sekularisme het tot sekulêre state bygedra om godsdienstige oorloë te
             beëindig, dus is menswaardigheid herstel.
          • Mense van verskillende gelowe kan deesdae saamleef en mekaar tydens
             moeilike tye help want een godsdiens domineer nie 'n ander een nie.
          • Dit beteken nie dat mense wat sekulêre wêreldbeskouings het, nie sedes
             en waardes het nie.
          • Sekularisme bring 'n gevoel van selfontwaking.
          • Party mense behoort nie aan enige godsdiens nie, maar is steeds besorg
             oor hulle siel en gees en ontwikkel dus hoë morele waardes.
             LET WEL: : Alle relevante antwoorde moet gekrediteer word.
             ‘n kombinasie van beide perspektiewe moet anvaar word.                          (16)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                         12                           DBE/November 2018
                                   NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4

4.1         LET WEL: As daar geen vergelyking getref is nie, word ‘n maksimum van
            VIER punte toegeken.
          • Die Oerknalteorie leer ons dat daar 'n enorme ontploffing was waaruit
            verskillende planete gevorm is.
          • Dit het ongeveer 13,7 miljard jaar gelede gebeur.
          • Klein temperatuurverskille in die aanvanklike ontploffing het tot
            verskillende digthede deur die hele heelal gelei.
          • Dit het uiteindelik vormlose massas stof en energie gevorm.
          • Die opeenhopings het voortgegaan om op 'n klonterige wyse te saam te
            pak en het die eindelose versameling sterre, die sterrestelsel, gevorm.
          • Sommige van die vormlose massas in die sterrestelsels het in 'n
            kombinasie van sterre en planete gekondenseer.
          • Die Aarde is ongeveer 4,5 miljard gelede gevorm.
          • Tradisionele godsdienste voer aan dat die heelal perfek gevorm is.
          • In Abrahamitiese godsdienste is die Skepper manlik.
          • Slegs die Skepper het aan die begin bestaan. Die Skepper het toe die
            heelal uit niks gemaak.
          • Abrahamitiese godsdienste glo dat God/Allah/Jahwe die heelal in ses dae
            geskep het.
          • Vir Hindoes bestaan die Skepper in 'n aktiewe of 'n passiewe toestand.
          • Die passiewe toestand is een van rus wanneer niks gebeur nie.
          • In hierdie rustoestand het die heelal geen vorm nie, is ongedifferensieerd
            en orals 'plat'.
          • Die Skepper roer na 'n lang ruk en word aktief. Dit is wanneer die skepping
            begin.
          • Hindoeïsme ondersteun beide fisiese en geestelike evolusie, maar die
            wetenskap is tot fisiese evolusie beperk.
          LET WEL: Punte moet aan enige relevante antwoord toegeken word.                       (10)

4.2       • Die teorie beweer dat alle lewe uit primitiewe vorms geëvolueer het en dat
            aanpassings en evolusie steeds voortgaan.
          • Dit beweer dat mense uit 'n aapvoorvader geëvolueer het.
          • Volgens Charles Darwin bestaan die evolusieleer uit die volgende idees:
            o Spesies bevat 'n groot verskeidenheid klein verskilletjies.
            o In die oorlewingstryd sal beter aangepaste variasies bevoordeel word
                terwyl dié wat nie geskik is nie, sal sukkel om te oorleef.
            o Dit is ook op verandering by mense van toepassing.
            o In die oorlewingstryd het mense aangepas en geleidelik van ape in
                menslike wesens verander.
            o Die proses van verandering en aanpassing het oor 'n langtydperk
                plaasgevind.
            o Die wetenskap bied geen verduideliking van die skepping as deel van
                'n goddelike plan aan nie.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                             (14)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           13                           DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

4.3       4.3.1       HINDOEÏSME
                      • Hindoes het nie 'n probleem met evolusie nie.
                      • Hulle glo dat die heelal op evolusie gebaseer is.
                      • Hulle glo dat hulle 'n meer gevorderde evolusieleer as die
                        wetenskaplike een het.
                      • Die wetenskaplike teorie/leer is beperk.
                      • Dit fokus slegs op die fisiese perspektief van die skepping.
                      • Hindoes glo dat mense beheer het oor hulle geestelike en
                        fisiese evolusie.
                      • Hindoes glo dat indien jy 'n goeie lewe leef, sal jy deur baie
                        hergeboortes evolueer totdat jy fisies en geestelik gevorderd is.
                      • Jy sal bevryding van die fisiese bereik en een wees met God.
                      • Hindoes glo dat daar 'n intelligente ontwerper agter alles soos
                        die evolusie of die mensdom en van die heelal is.                         (12)

          4.3.2       CHRISTENSKAP
                      • In teenstelling daarmee is daar geen verband tussen
                        tradisionele Christene en die evolusieleer nie.
                      • Tradisionele Christene aanvaar slegs dat God Adam en Eva
                        geskep het, soos in die Boek Genesis vertel word.
                      • Hulle redeneer dat daar geen bewyse in die geskiedenis is van
                        mense wat uit ape geëvolueer het nie.
                      • God het perfekte menslike wesens geskep en hulle die gesag
                        gegee om oor die wêreld te heers en dit te bestuur.
                      • Daar is egter 'n verband tussen die evolusieleer en
                        liberale/progressiewe Christene.
                      • Hulle redeneer dat alles in die heelal deur God geskep is, en die
                        proses van evolusie is ook deel van die Goddelike Plan. (Daar
                        word daarna as 'intelligente ontwerp' verwys.)
                      • Hulle sê God was verantwoordelik vir die Oerknal.
                      • Die progressiewe Christene aanvaar die idee van
                        geleidelike/teïstiese evolusie, en voeg by dat die skeppingsmite
                        as simbolies beskou moet word.
                      • Hulle erken dat daar enkele stadiums van skepping was wat
                        evolusie behels het, soos verduidelik deur wetenskaplikes.                (14)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                          14                            DBE/November 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5

5.1       VOORBEELD 1: WÊRELDKONFLIK
          • Israel-Palestynse Konflik                                                             (2)

5.2       • Die voortgaande konflik het in 1948 met die stigting van Israel begin.
          • Ontoegeeflike Israeli's en Zioniste maak daarop aanspraak dat Palestina
            volgens hulle geskrifte regtens aan die Jode behoort.
          • Hierdie aanspraak word deur die Palestyne en baie Joodse organisasies,
            met inbegrip van party Ortodokse Jode, verwerp.
          • Die land of Israel is heilige vir Jode, Christene en Moslems.
          • Die Al Aqsa-moskee in Jerusalem is Islam se derde heiligste plek.
          • Jerusalem is ook heilig vir Christene aangesien dit is waar Christus
            gekruisig is.
          • Jode beskou Jerusalem as die ligging van die Tempelberg/Tempel van
            Salomo.
          • Al hierdie plekke het lank voor die stigting van die staat van Israel bestaan
            en is deur die hele geskiedenis deur verskillende stamme bewoon.
          • Jode en Palestyne veg vir beheer van die land.
                                                                                                  (12)
5.3       • Godsdiens speel nie 'n groot rol in hierdie konflik nie.
          • Godsdiens word gebruik as 'n verskoning vir die konflik.
          • Daar is geen poging deur enige kant om mense na hulle geloof bekeer nie.
          • Die voortgaande besetting van Palestynse grond deur Jode (Joodse
            setlaars) is 'n groot faktor in die konflik.
          • Die bou van onwettige nedersettings op hierdie grond is ook 'n belangrike
            faktor.                                                                               (10)

5.4       • Talle VN-resolusies is al aangeneem om hierdie besetting te veroordeel.
          • Israel gaan egter voort om die VN-resolusies te verontagsaam en bou
            steeds nog nedersettings op Palestynse grond.
          • Daar is sporadiese aanvalle op Palestyne, asook op Jode.
          • Die Amerikaanse President, Donald Trump, het onlangs verklaar dat
            Amerika Jerusalem as die hoofstad van Israel erken.
          • Dit het konflik tussen die Israeli's en Palestyne laat opvlam.
          • Die meeste van die wêreld aanvaar nie Trump se verklaring nie.                        (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           15                              DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

5.5         LET WEL: ‘n Maksimum van AGT punte vir sosiale ingryping.
          • Godsdienstige leiers kan 'n intergodsdienstige beraad byeenroep om die
            konflik te bespreek.
          • Hierdie besprekings kan lei tot praktiese stappe wat deur beide kante gedoen
            kan word, ongeag godsdiens, om die situasie te verlig.
          • Godsdienstige leiers word steeds gerespekteer en kan as bemiddelaars
            tussen konflikterende partye optree.
          • Godsdienstige organisasies kan hulle godsdienstige oortuigings oor vrede in
            die wêreld en die heiligheid van die lewe gebruik om leiding te gee oor
            vreedsame gedrag en 'n voorbeeld daarvan te wees.
          • Godsdienstige leiers kan as bemiddelaars optree en gesprekke hou met al die
            partye wat invloed het oor die situasie in Israel/Palestina. Bv. Amerika, wat nie
            een van die konflikterende partye is nie, maar 'n groot invloed oor die situasie
            het.
          • Godsdienstige organisasies kan saamwerk om menslike lyding, soos 'n
            gebrek aan kos, mediese voorraad en ander benodigdhede, te verlig.
          • Godsdienstige organisasies het 'n netwerk van kontakte in ander dele van die
            wêreld, en kan oor die situasie verslag lewer.
          • Hulle kan mense mobiliseer om vir die mense betrokke te bid en hulle te
            ondersteun.                                                                              (16)
5.1       VOORBEELD 2: AFRIKA
          • Darfoer in Soedan                                                                        (2)
5.2       • Verskuiwingslyne in die Darfoer-samelewing kan tot meer as 100 jaar gelede
            nagespoor word.
          • Die meningsverskille in hierdie land is etnies en kultureel.
          • Dit kom voor asof godsdiens nie die hoofbron van konflik is nie, alhoewel dit
            altyd so verstaan word.
          • Twee breë groeperings kan in Darfoer gevind word, nl. Arabiese stamme
            genoem Baggara en baie Afrika-stamme.
          • Die Afrika-groepe sluit in die Fur, die Masalit en die Zaghawa.
          • Nog ander meningsverskille het met kultuur te make.
          • Die meeste mense in die gebied is Soenni-Moslems.
          • Daar is ook Christene en animiste..
          • Nomade en boere het vir baie eeue 'n poging aangewend om saam te leef
            maar toe kos skaars geword het, het mededinging vir skaars hulpbronne
            konflik veroorsaak.
          • Die olie bronne van die Heglig velde is ook ‘n hoofbron van konflik.
          • Darfoer was ook die middelpunt van die skawehandel in Noordoos-Afrika.                   (12)
5.3       • Godsdiens speel 'n klein rolletjie in die konflik en daarom is dit nie 'n
            godsdienstige oorlog nie. Geen poging word deur een godsdiens aangewend
            om die ander te bekeer nie.
          • Moslems sluit ook by die SPLA aan.
          • Daar was ook bewyse van binnegevegte in die SPLA kort nadat dit gestig is.
          • Die konflik in Soedan staan bekend as die langste burgeroorlog in die
            geskiedenis (Focus bl. 94). Die afdwing van Sjaria-wet (1983) is dus nie die
            oorsaak van die konflik nie, maar het die sensitiewe situasie vererger.
          • Burgeroorlog het sover terug as 1955 begin.
          • Daar is talle ander verdelings (ekonomies, kultureel en stam), wat selfs na die
            stigting van Suid-Soedan voortgaan.
          • Selfs ná Suid-Soedan in 2011 onafhanklikheid van Kartoem bekom het, het
            die gewapende konflik steeds in die streek voortgegaan.                                  (10)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                         16                          DBE/November 2018
                                   NSS – Nasienriglyne

5.4       • Daar is steeds konflik in Suid-Soedan, selfs ná Suid-Soedan op
            9 Julie 2011 onafhanklikheid van Kartoem bekom het.
          • Die 2013–2015-burgeroorlog het 2,2 miljoen mense ontwortel na baie dele
            van die wêreld.
          • Ongeveer 6 miljoen mense staan tans die kans om te verhonger.
          • Ongeveer 70% van die skole het as gevolg van die gevegte gesluit.
          • Daar is 'n nuwe element van etniese haat en konflik wat voeg by wat
            vantevore aangegaan het.
          • Daar is verontrustende aanduiders van 'n potensiële dreigende volksmoord
            in die land.
          • Menseregtegroepe sê dat die bewyse van oorlogsmisdade daagliks
            toeneem.
          • Die mense in Suid-Soedan is nou heeltemal van hulpgroepe afhanklik.           (10)

5.5       • Godsdienstige leiers kan bemiddeling doen en met alle partye in gesprek
            tree.
          • Godsdienstige leiers word gerespekteer en het gewoonlik deur hulle
            godsdiens kontakte in baie dele van die wêreld.
          • Hulle moet met politieke partye saamwerk om 'n oplossing te vind
            aangesien die konflik nie godsdienstig is nie.
          • Hulle het toegang tot 'n netwerk van mense van oor die wêreld heen wat
            kan help met die oplossing van die konflik.
          • Die meeste godsdienste verkondig vrede en barmhartigheid. Lede moet
            dus gewillig wees om materieel en finansieel tot die slagoffers van die
            konflik by te dra.
          • Godsdienstige leiers kan 'n intergodsdienstige beraad byeenroep om die
            konflik te bespreek.
          • Gesprek beteken om met respek te praat en te luister om die probleem te
            verstaan en 'n oplossing te kry.
          • Die gesprek moet lei tot praktiese stappe wat aan beide kante gedoen kan
            word, ten spyte van godsdiens, om die situasie te verlog.
          • Godsdienstige organisasies kan hulle godsdienstige oortuigings oor vrede
            in die wêreld en die heiligheid van die lewe gebruik om leiding te gee oor
            vreedsame gedrag en 'n voorbeeld daarvan te wees.
          • Godsdienstige organisasies kan saamwerk om menslike lyding, soos 'n
            gebrek aan kos, mediese voorraad en ander benodigdhede, te verlig.
          • Die Afrika-unie, die Verenigde Nasies en baie ander internasionale
            bystandsagentskappe moet probeer om burgerlikes te beskerm en te
            ondersteun.
          • Organisasies soos die Islamic Relief Agency en die Catholic Agency for
            Overseas Development moet fokus op praktiese ondersteuning, soos
            mediese voorraad, skuiling vir slagoffers en voorsiening van kos.             (16)
                                                                                          [50]

                                                                            TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2018-final-memo-eng/7f33559c-6625-4fd2-998b-2d55bc6e11d8) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2018-afr/15b658e5-18ad-47c1-9fc1-91f3fdd2f2c4) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2018-eng/c093c0e7-2546-41c9-843f-ec4bf7705cf2) — Religion Studies · QP · 2018 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2018-final-memo-afr/c7adcc8c-1b2a-4cd6-a800-100b117f641c) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [REL STUDIES P2 MEMO SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p2-memo-sept-2018-afrikaans/8a667319-4336-43ff-a856-d3395338d73b) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P2 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2018-memo-eng/b23b5881-3920-4e6d-aebe-f3622d683c4e) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
