# Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 5 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2019-afr/2c8dcd6c-afd7-49f0-864b-39cba75a2d19
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 5

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2019-afr/2c8dcd6c-afd7-49f0-864b-39cba75a2d19)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 5 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD12

                                RELIGIESTUDIES V2

                                  NOVEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           2                      DBE/November 2019
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.

2.        Beantwoord enige DRIE vrae.

3.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke
          vraag toegeken is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                              3                                DBE/November 2019
                                              NSS

VRAAG 1

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Alle godsdienste het 'n stel leringe oor die aard van die mensdom, die wêreld, die
goddelike wese, die skepping en dele van ons lewens.

                                       [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

1.1       Met verwysing na enige EEN godsdiens, bespreek die sentrale leringe onder
          die volgende opskrifte:

          1.1.1       Die oorsprong en rol van die bose                                                (10)

          1.1.2       Die aard van die mensdom, met verwysing na die gemeenskap en
                      die individu                                                                     (10)

1.2       Noem en verduidelik enige VIER hermeneutiese beginsels.                                      (16)

1.3       Wat is die rol van hermeneutiese beginsels in die interpretasie van heilige
          geskrifte?                                                                                   (14)
                                                                                                       [50]

VRAAG 2

2.1       Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          In die meeste godsdienste kan die vertolking van oortuigings van een
          denkskool na die volgende verskil. 'n Denkskool is 'n vertakking.

                                       [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

2.1       Noem enige TWEE vertakkinge in EEN godsdiens en bespreek die interne
          verskille wat bestaan onder die volgende opskrifte:

          2.1.1       Verskille in leringe                                                             (16)

          2.1.2       Verskille in bestuur/leiding                                                     (12)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                                 4                                 DBE/November 2019
                                                 NSS

2.2       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             VOORKOMING VAN MISDAAD EN GEWELD

          Die voorkoming van geweldsmisdaad sluit nie net tradisionele wetstoepassing
          en strafpleging in nie, maar ook 'n geïntegreerde, langtermyn-benadering wat
          die kernoorsake van misdaad ondersoek.

                    [Aangepas uit Leveraging Research and Philanthropy to Reduce Crime and Violence,
                                                                                      29 Junie 2018]

          2.2.1         Analiseer die impak van misdaad en geweld op die samelewing.                       (10)

          2.2.2         Met verwysing na enige TWEE godsdienste wat jy bestudeer het,
                        bespreek kortliks hulle leringe wat aan misdaad- en
                        geweldskwessies aandag skenk.                                                      (12)
                                                                                                           [50]

VRAAG 3

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Elke godsdienstige tradisie het 'n oorsprong, 'n bron, wat normatief is. Die bron verwys
nie slegs na hierdie oorsprong of begin nie. Dit is ook 'n aanduiding van hoe mense
herhaaldelik na die norm terugkeer in hul soeke na die regte antwoorde. Normatiewe
bronne sluit inspirasie en heilige geskrifte in.

                                                          [Aangepas uit Religion Studies, Steyn, et al.]

3.1       3.1.1         Wat is die rol van inspirasie in geloof?                                           (14)

          3.1.2         Bespreek die oorsprong en ontwikkeling van die heilige geskrif(te)
                        van enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het.                                      (20)

3.2       Vergelyk die leringe van enige EEN sekulêre wêreldbeskouing met die leringe
          van enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het.                                                    (16)
                                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             5                                DBE/November 2019
                                             NSS

VRAAG 4

Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Die rekord van gelowe, soos enigiets waarby mense betrokke is, is gemeng. Soms
inspireer godsdienste ons om groot hoogtes van kreatiwiteit en sosiale opofferings te
bereik. Ander kere dryf godsdienste mense tot skandelike gedrag. Soms is godsdiens
deel van die probleem, soms is dit deel van die oplossing.

                                      [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

4.1       4.1.1       Noem enige EEN geografiese gebied waar godsdiens moontlik
                      deel van gewapende konflik is.                                                (2)

          4.1.2       Bespreek die mate waartoe godsdiens deel van die konflik is.                  (10)

          4.1.3       Beskryf die huidige situasie in die gebied wat jy in VRAAG 4.1.1
                      genoem het.                                                                   (12)

          4.1.4       Evalueer die rol wat godsdienstige organisasies speel om hierdie
                      konflik op te los.                                                            (16)

4.2       Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek die
          leringe/leerbeginsels oor gewapende konflik/oorlog.                                       (10)
                                                                                                    [50]

VRAAG 5

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Wanneer daar na die verband tussen godsdiens en die natuurwetenskappe gekyk
word, is dit belangrik om te onthou dat wetenskap iets is wat mense in alle kulture al
eeue lank beoefen; en so is dit ook met godsdiens. Baie kulture het godsdienstige
feeste gebruik om die somer- en wintersonstilstande te vier.

                                      [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

5.1       Tabuleer die verskille tussen enige EEN van die Abrahamitiese gelowe se
          weergawe van die skepping en die Oerknalteorie.                 (10 x 2)                  (20)

5.2       Bespreek die      reaksie   van   enige     nie-Abrahamitiese      geloof    op    die
          Oerknalteorie.                                                                            (16)

5.3       Verduidelik kortliks Darwin se evolusieleer.                                              (14)
                                                                                                    [50]

                                                                                    TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2019-eng/a085b073-db32-4086-ad32-0171dbb66d6c) — Religion Studies · QP · 2019 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2019-afr/1378ee39-0f55-4f4f-9707-d8442a8f246d) — Religion Studies · QP · 2019 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2019-eng/fbe281bd-de6f-42f1-9da7-7afd95b1b9a8) — Religion Studies · QP · 2019 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2023-afr/87ea9bf1-b87a-43de-ae62-6c07b64aa1c7) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2022-eng/4621f83c-09e1-4d2f-a9aa-93621e83710e) — Religion Studies · QP · 2022 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2021-afr/94ed97b2-af85-4c73-a1c5-6528bd640854) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
