# Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2021 Memo (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2021-mg-afr/503c85f0-ac7a-49bb-9bd8-81fc6a02db43
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2021 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2021-mg-afr/503c85f0-ac7a-49bb-9bd8-81fc6a02db43)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                 RELIGIESTUDIES V2

                                   NOVEMBER 2021

                                   NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            2                       DBE/November 2021
                                  NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1

1.1         Dit is geweld wat voortspruit uit ongelyke geslagsrolle en
             magsverhoudings.Dit is gewortel in geslagsongelykheid, magmisbruik en
             skadelike norme
           Die oorweldigende meerderheid slagoffers is vroue as gevolg van hulle
             sogenaamde ondergeskikte status in die samelewing.
           In sommige gevalle word mans ook slagoffers van GGG.
           Dit sluit enige handeling of dreigement deur mans in wat fisiese,
             sielkundige of seksuele skade veroorsaak.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                               (2)
1.2          Sielkundige of emosionele mishandeling: teistering, dreig om die kinders
              van haar weg te vat, haar van haar familie isoleer.
           Verbale mishandeling: haar name noem, haar in die teenwoordigheid van
              ander mense te verneder.
           Seksuele mishandeling: om die slagoffer te dwing om 'n seksuele daad
              uit te voer wat hy/sy nie wil nie.
           Geestelike mishandeling: om die slagoffer se geestelike oortuigings te
              verkleineer, hom/haar nie toe te laat om die plek van aanbidding te
              besoek wat hy/sy verkies nie.
           Kubermishandeling: die slagoffer word dikwels verneder of afgepers deur
              die oortreder
           Finansiële mishandeling: die slagoffer toegang tot die gesin se finansies
              te beperk of toegang onredelik te beperk.
          LET WEL: In al die bogenoemde voorbeelde is die slagoffer en die
          oortreder van verskillende geslagte.                                               (12)

1.3       Die volgende is van die hoofoorsake van GGG:
           Godsdienstige en kulturele norme:
           Wanneer mans beheer oor vroue se gedrag verkry.
           Assosiasie met portuurgroep wat geweld voorstaan/goedpraat.
           Die oortreder sien geslagsgebaseerde geweld as ‘n manier om konflik op
              te los.
           Huweliksgeweld te aanskou en om as 'n kind mishandel te word.
           Aanvaarding van geweld as 'n manier om konflik op te los.
           Armoede,         lae      sosio-ekonomiese   status,     gebrek   aan
              opleiding/onderwys en werkloosheid.
           Die slagoffer sal aan lae selfbeeld ly, en nie in ‘n posisie wees om
              sy/haar regte uit te oefen nie
           Patriaargale samelewing:
           Manlike beheer van rykdom en besluitneming in die gesin / Rigiede
              geslagsrolle met gepaardgaande manlike dominansie.
           Middelmisbruik, soos dwelms en alkohol.
           Vermindering in selfbeheervlakke, wat gesinsgeweld vermeerder.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
          Merk slegs die eerste drie antwoorde                                               (12)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           3                       DBE/November 2021
                                 NSS – Nasienriglyne

1.4         Impak op die gesondheid van vroue: fisiese en sielkundige
             gesondheidsprobleme, bv. gestremdheid, angs, vrees, selfmoord
           Ekonomiese en maatskaplike impak: verwerping en maatskaplike stigma,
             verminderde vermoë om aan maatskaplike en ekonomiese aktiwiteite
             deel te neem.
           Die impak op vroue se gesinne en afhanklikes: egskeiding, gebroke
             gesinne en familie se ekonomiese en emosionele ontwikkeling word in
             gevaar gestel.
           Die impak op die skuldiges, staan voor inhegtenisneming en
             gevangenskap, verhoogde spanning in die huis.
           Die impak van GGG op die groter samelewing: las op die gesondheids-
             en regstelsels.
           GGG veroorsaak ook boendoe-geregtigheid lei, waar die oortreder aan
             die slagoffer se familie/gemeenskap bekend is.
           Terwyl die oorgrote meerderheid van GGG slagoffers vroue is, word daar
             herken dat mans ook slagoffers van GGG kan word.                               (12)
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
          Merk slegs die eerste drie antwoorde.

1.5       VOORBEELD 1: ISLAM
           Volgens Islam het vroue wetlik die reg om sake te doen en om eiendom
             te erf.
           Die vrou se eiendom behoort uitsluitlik aan die vrou. Die man mag dit nie
             sonder haar toestemming gebruik nie.
           Die Koran beskryf mans en vroue as 'kledingstukke' wat mekaar:
             beskerm, verfraai (mooi maak) en mekaar vertroos en bemoedig.
           Islam het die praktyk verban waar families vroue erf wanneer die man
             sterf.
           Volgens Islam is vroue nie veronderstel om te behandel te word asof
             hulle nie gelyke status binne die huwelik en in die samelewing het nie.
           Die Koran doen 'n beroep op mans om nie vroue met egskeiding te dreig
             nie.
           Mans is die onderhouers/beskermers van vroue (Koran 4.34).

          VOORBEELD 2: HINDOEÏSME
           Die verering van vroulikheid wat in hulle geloof vertoon word, onthul 'n
             inherente respek vir vroue en dus 'n afkeuring van GGG.
           Hindoes glo dat die moeder die belangrikste en waarlik goddelik is.
           Hulle aanbid God as Moeder, elke vrou word dus beskou as die
             manifestasie van die Goddelike Moeder.
           Vroue moet tydens elke lewenstadium beskerming kry.
           Reinheid, selfbeheersing en toewyding is waardes wat aan mense en
             vroue toegeskryf word.
           In die woorde van Swami Vivekananda: 'Dit is nie moontlik vir die voël om
             met net een vlerk te vlieg nie.'
           Die stelling dien as voorbeeld van die geloof dat man en vrou twee vlerke
             van dieselfde voël is en dus is 'n man onvolledig sonder 'n vrou.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                              (10)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             4                        DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2
2.1       2.1.1       VOORBEELD 1: ISLAM                                                        
                       Volgens die Koran het Allah die heelal in ses fases geskep.
                       Allah voorsien die energie en alles wat die heelal nodig het vir
                         oorlewing.
                       Volgens Islam is die bestaan van die heelal nie toevallig nie.
                       Die lewe is nie doelloos nie, dis beplan met 'n bepaalde doel.
                       Elke verskeidenheid plant- en dierspesies in die wêreld speel
                         'n belangrike rol in die ekostelsel.
                       Nuwe vorme van lewe word voortdurend geskep en
                         funksioneer volgens vasgestelde goddelike wette.
                       Die heelal is nie ewigdurend nie, dit het 'n vasgestelde
                         tydsduur.
                      VOORBEELD 2: BOEDDHISME
                       Boeddhiste glo dat die wêreld nie op enige tydstip geskep is
                         nie.
                       Die wêreld word miljoene keer elke sekonde geskep en sal
                         vanself voortgaan om dit te doen.
                       Die wêreld sal vanself wegbreek.
                       Volgens Boeddhisme verskyn en verdwyn die wêreldstelsel
                         altyd in die heelal.
                       Die heelal waarin ons woon, bestaan al vir 'n enorme lang
                         tydperk en moontlike vir 'n eindelose tydperk.
                       Die verduideliking van die ontstaan van die wêreld is nie 'n
                         kwelling in Boeddhisme nie.
                       In die oë van Boeddha is die wêreld niks behalwe Samsara nie
                         – die siklus van herhaalde geboorte en sterfte.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                     (10)

2.2         Inspirasie is 'n belangrike normatiewe bron in baie godsdienste.
            Dit vorm die basis van heilige tekste.
            Dit is die ware oorsprong van alle gelowe.
            Dit bevestig die kanonitiese leringe van alle gelowe.
            Inspirasie verwys na die mag of krag van 'n buitengewone wese wat 'n
             uitverkose wese oorneem.
           Die stigtersfigure van baie godsdienste is deur 'n hoër mag of wysheid
             geïnspireer.
           Sulke mense voel dat hulle 'n openbaring vanaf 'n buitengewone wese
             ontvang het.
           In die Afrika Tradisionele Godsdiens ontvang die mediums of waarsêers
             (isangomas) terwyl hulle in 'n beswyming is.
           Inspirasie is 'n kragtige motivering vir die volgelinge van 'n godsdiens.
           Daar is verskeie tipes inspirasie, naamlik:
             o Goddelike inspirasie wat direk en onmiddellik is en deur die stigters
                van godsdienste geïnspireer is.
             o Kontemporêre inspirasie wat deurlopend is en dien om aanbidders met
                hulle Skepper te verenig.
             o Mediums en waarsêers in die ATG kommunikeer met die geestelike
                ryk deur inspirasie.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                 (12)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                              5                         DBE/November 2021
                                    NSS – Nasienriglyne

       2.3 Grammatika en historiese konteks
            Dit beteken die geskrifte moet verstaan word binne die konteks van die
               tyd en omstandighede waarin die teks geskryf is.
           Duidelikste betekenis
            Die betekenis wat die duidelikste vir die leser is, moet oorweeg word.
           Betekenis van woorde
            Die betekenis van woorde verander dikwels met tyd en konteks.
           Plan, doel en konteks
            Die skryfplan of struktuur van die hele dokument moet in ag geneem
               word.
           Figuurlike taal
            Figuurlike taal wat in heilige tekste gebruik word, moet nie letterlik
               vertolk/geïnterpreteer word nie.
           Ander heilige tekste
            Heilige tekste kan gebruik word om ander heilige tekste oor dieselfde
               onderwerp te interpreteer aangesien daar konsekwentheid tussen die
               lerings van 'n godsdiens en die heilige tekste daarvan is.
           LET WEL: Gee krediet aan enige TWEE van die bogenoemde.                              (8)

2.4       2.4.1           ROOMS KATOLIEKE                        PROTESTANT
                        Die Rooms-Katolieke Kerk          Hulle glo dat geloof die
                         beskou hulleself as die            sleutel tot verlossing is.
                         oorspronklike kerk van            Verlossing is die geskenk
                         Christus.                          wat vrylik deur die werk van
                        Die Heilige Gees kom van           Jesus Christus, wat vir
                         God die Vader en die Seun.         sondaars gesterf het, gegee
                                                            word.
                         OOSTERS ORTODOKS
                        Hulle glo dat hulle die
                         regverdig geleide kerk is.
                        Die Heilige Gees kom slegs
                         van God, die Vader, en nie
                         die Seun nie.
                        Die Oosters-Ortodokse
                         Kerk voeg nie die Seun by
                         nie want hulle glo dat dit die
                         Vader en die Seun
                         superieur bo die Heilige
                         Gees maak.
                                                                                                (12)
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
                      LET WEL: VIER punte word toegeken vir die noem van TWEE
                      vertakkings en AGT punte vir verskille. Indien slegs een
                      vertakking bespreek word, mag ‘n maksimum van SES punte
                      toegeken word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             6                          DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

          2.4.2           ROOMS KATOLIEKE                        PROTESTANT
                       Die hoof van Katolisisme is       Die kerke word bestuur deur
                        die Pous.                          ingewyde predikante en
                       Die magsentrum is in Rome          biskoppe of verkose
                        (Vatikaan).                        ouderlinge.
                       Die kerk word bestuur op          Oorhoofse bestuur is deur 'n
                        gemeentevlak deur priesters,       hoër gesag soos 'n sinode of
                        dekanies deur dekens,              algemene vergadering, onder
                        bisdomme deur biskoppe en          voorsitterskap van die biskop.
                        aartsbisdomme deur                Sommige Protestante Kerke is
                        aartsbiskoppe.                     onafhanklik en is nie
                                                           verantwoordelik aan 'n hoër
                                                           gesag as die gemeente nie.
                       BESTUUR IN ORTODOKS-
                       CHRISTELIKE GODSDIENS
                       Die verskil tussen die
                        Katolieke en Ortodokse Kerke
                        is dat die laasgenoemde nie
                        die leierskap van die Pous
                        aanvaar nie.
                       Gesag binne die kerk is in die
                        hande biskoppe en
                        aartsbiskoppe.
                       Hulle word bestuur deur
                        ingewyde predikante,
                        priesters, biskoppe en
                        aartsbiskoppe.
                       Hulle ingewyde geestelikes
                        mag trou: hulle hoef nie
                        selibaat te wees nie.                                                   (8)
          2.4.1       VOORBEELD 2: BOEDDHISME
                       THERAVADA-BOEDDHISME               MAHAYANA-BOEDDHISME
                       'Anatman' beteken dat die         Die volgelinge van Mahayana
                        ego/self voorkom dat ons           streef daarna om Bodhisattva
                        verlig word en Nirvana bereik.     te word, (iemand wat tot die
                       Theravada-Boeddhisme leer          diens van die verligting van
                        ons dat verligting deur 'n         ander is).
                        individuele poging en nie deur    Hulle glo aan kollektiewe
                        ingryping van ander of deur        verligting.
                        die gode plaasvind nie.                                                 (12)
          2.4.2        THERAVADA-BOEDDHISME              MAHAYANA-BOEDDHISME
                       Theravada-Boeddhisme is een       Elke groep van die Mahayana-
                        kompakte vertakking met min        Boeddhisme word deur 'n
                        of geen afwyking in                senior monnik bestuur.
                        verskillende dele van die         Die senior monnik word
                        wêreld nie.                        bygestaan deur die raad van
                       Die klooster het groter            senior monnike en soms
                        betekenis in Theravada-            senior nonne.
                        Boeddhisme as ander
                        vertakkings.                                                            (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            7                      DBE/November 2021
                                  NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3
3.1.1       Die wetenskaplike teorie van die skepping van die heelal word die
             Oerknalteorie genoem.
           Wat voor die Oerknalteorie bestaan het, is nie bekend nie.
           Daar was 'n groot ontploffing in die ruimte en binne sekondes het die
             heelal verskyn en tot 'n enorme grootte uitgebrei.
           Dit het alles omtrent 13.7/ 15 miljard jaar gelede gebeur.
           Klein temperatuurverskille in die aanvanklike ontploffing het tot
             uiteenlopende digthede deur die hele heelal gelei.
           Dit het uiteindelik in trosse materie en energie gevorm.
           Dit het eindelose versamelings sterre gevorm, wat ons sterrestelsels
             noem.
           Sommige sterrestelsels het in 'n kombinasie van sterre en planete
             gekondenseer wat sonnestelsels genoem word.                                    (12)
           Ons aarde behoort aan een van die sonnedtelsels.
3.1.2     VOORBEELD 1: TAOÏSME
           In Taoïsme het die wêreld en alles daarin outomaties as deel van die
             aktiwiteit van die Tao ot stand gekom.
           Dit is nie beplan nie, maar dit is nie onbeplan nie.
           Die Tao het nie beplan dat die wêreld bestaan nie, maar ook nie dat die
             wêreld nie bestaan nie.
           Die wêreld het eenvoudig te voorskyn gekom as 'n klein spikkeltjie in die
             enorme 'kom' van skepping soos die Tao op sy weg voortgegaan het.
           Volgens Taoïsme bestaan die wêreld uit prosesse van skepping en
             vernietiging.
           Die Taoïstiese beskouing van die heelal is grotendeels op hulle
             waarneming van die natuurlike en mense-wêreld gebaseer.
          VOORBEELD 2: HINDOEÏSME
           Vir Hindoes is die heelal self die Skepper.
           Die Skepper bestaan in óf 'n aktiewe óf 'n passiewe toestand.
           Die passiewe toestand is 'n toestand van rus, wanneer niks gebeur nie.
           Na 'n baie lang tydperk raak die Skepper weer aktief.
           Dit is wanneer deel van die heelal anders as ander dele word en
             skepping begin.
           Hindoes vertoon dikwels skepping as 'n dans.
           Die veranderende heelal is die dans van die Skepper.                            (12)
3.2       3.2.1       BOEDDHISME
                       Boeddhisme het nie enige skeppingsverhaal nie.
                       Boeddhiste gee daarom nie om wat wetenskaplikes sê oor hoe
                         die heelal en mense ontstaan het nie.
                       Boeddhisme glo ook dat alle lewe voortdurende transformasie
                         en evolusie behels.
                       Hulle het aan evolusie geglo lank voor Westerse
                         wetenskaplikes het.
                       Hulle glo aan die kontinuïteit van alle lewende wesens.
                       Dit verduidelik waarom Boeddhisme nie 'n probleem met die
                         idee dat menslike wesens uit meer primitiewe, primaat-vorms
                         ontwikkel het nie.
                       Dit stem ooreen met ander Oosterse gelowe.                          (8)
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             8                        DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

          3.2.2       CHRISTELIKE GODSDIENS
                       Konserwatiewe Christene interpreteer die Bybel nogal letterlik.
                       Hulle verwerp die idee dat mense dalk uit aapagtige vorme
                         geëvolueer het.
                       Hulle glo dat God vir Adam en Eva as die eerste mense op
                         aarde geskep het.
                       Hulle glo verder dat die mens volgens God se beeld geskep is.
                       Darwin se teorie word dus gesien as ‘n teenstelling tot die
                         Bybelse weergawe van die Skepping
                       Sommige Christene glo dat die Bybel simbolies, en nie letterlik
                         nie, geïnterpreteer moet word.                                        (10)
                       Hierdie mense glo dat daar geen konflik tussen wetenskap en
                         godsdiens bestaan nie.
                       Die Christelike respons is dieselfde soos die van die ander
                         twee Abrahamitiese gelowe: die konserwatiewes verwerp
                         Darwin se teorie, terwyl die liberales meer buigsaam is oor die
                         interpretasie van heilige geskrifte

          3.2.3       HINDOEÏSME
                       Hindoes het geen probleem met evolusie nie omdat hulle glo
                         dat die heelal op evolusie gebaseer is.
                       Hindoes glo dat hulle 'n meer gevorderde teorie van evolusie
                         as die wetenskaplike teorie het.
                       Hindoeïsme verskaf 'n meer omvattende beskouing van
                         evolusie, omdat dit nie beperk is tot die fisiese nie maar ook
                         geestelike evolusie insluit.
                       Hindoes glo dat jy oor beide jou geestelike en fisiese evolusie
                         beheer het.
                       Volgens Hindoeïsme, as jy 'n goeie lewe lei, sal jy geleidelik
                         evolueer (ontwikkel) deur baie wedergeboortes totdat jy
                         geestelik gevorderd is.
                       Retrogressie van die siel is ook moontlik.
                       Terwyl Hindoeisme nie ‘n probleem met Darwin se teorie het
                         nie, is die hooffokus op geesterlike evolusie/retrogressie
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
                                                                                               (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           9                       DBE/November 2021
                                 NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4

4.1       VOORBEELD 1:
           AGNOSTISISME
           Agnostisisme kom van die Grieks 'a' wat 'sonder' beteken en 'gnosis' wat
             'kennis' beteken.
           Dit verwys na die onsekerheid oor kennis van God.
           Die term is in 1869 die eerste keer deur 'n filosoof, genoem TH Huxley,
             gebruik.
           Darwin se teorie van menslike evolusie het die idee van 'n oppermagtige
             Skepper uitgedaag en 'n alternatiewe wêreldbeskouing vir agnostikusse
             verskaf.
           Agnostikusse glo dat dit onmoontlik is om te bewys dat God of 'n
             bonatuurlike wese bestaan, of nie.
           Agnostikusse is skepties oor godsdienstige lerings.
           Hulle verwerp godsdienstige doktrine (leerstellings); veral godsdiens wat
             beweer dat hulle kennis van die goddelike het.

          VOORBEELD 2:
           ATEÏSME
           Ateïste verwerp die geloof dat goddelike of bonatuurlike wesens bestaan.
           daar is verskillende grade van ateïsme.
           Sagte of neutrale ateïste verwerp nie aktief die bestaan van 'n
             bonatuurlike wese nie.
           Sterk of positiewe ateïste glo daar is bewyse om hulle ateïstiese
             beskouings te ondersteun.
           In sommige gevalle verwerp sagte ateïste beide teïsme en sterk ateïsme.
           Dit is omdat hulle voel dat beide wêreldbeskouings afhang van bewyse
             om hulle bewerings te staaf.
           Ateïste wend hulleself dikwels na die wetenskap om die aard van die
             heelal te verduidelik, eerder as om op geloof staat te maak.                   (12)

4.2       VOORDELE
           'n Sekulêre wêreldbeskouing lei tot die skeiding van godsdiens en staat.
           Ontwikkeling van demokratiese regering.
           Sekulêre wette word die hoogste wette in die wêreld.
           Die meeste godsdienstige mense het by die sekulêre beskouing
             aangepas deur die skeiding van godsdiens en die staat te aanvaar.
           Dit bevorder vryheid van gewete en geloof (oortuiging).
           Dit verskaf 'n raamwerk van beginsels en etiese riglyne vir die lewe.
           Die samelewing het die vryheid om die gesaghebbendheid van
             godsdienstige lerings te bevraagteken.
           Sekulêre beskouings het tot die ontwikkeling van die wetenskap en
             tegnologie in die samelewing gelei.
           Dit bevorder vryheid van spraak waar die samelewing oor sommige van
             die tradisionele gelowe (oortuigings) kan debatteer en dit bevraagteken.
           Sekulêre beskouings het tot die ontwikkeling van die Universele
             Verklaring van Menseregte gelei.
           Dit voorkom die dominansie van een godsdiens oor ander.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                              10                       DBE/November 2021
                                    NSS – Nasienriglyne

           NADELE
            Dit ondermyn die rol van godsdiens.
            Dit verskaf 'n alternatiewe stel norme en waardes.
            Die teenstrydige waardes skep verwarring in die samelewing.
            Instellings soos die huwelik en gesinslewe word as minder belangrik
              beskou want dit is tradisioneel op godsdienstige lerings gebaseer.
          LET WEL: 'n Maksimum van TWAALF punte kan toegeken word as slegs
          'voordele' of slegs 'nadele' bespreek is.
          Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                          (16)

          4.3.1       VOORBEELD 1: TAOÏSME
                       Taoïste het 'n gesofistikeerde idee van die aard, of wat ons
                         dalk 'goddelikheid' noem.
                       Taoïsme verkondig dat dit onmoontlik is om goddelikheid
                         volkome te beskryf.
                       'Tao' beteken 'pad/weg'. Dit het eers pad/weg, soos 'n
                         'pad/weg in 'n veld' beteken. Toe het dit verander om die
                         'pad/weg waarlangs die sterre reis', te beteken. Uiteindelik het
                         dit geword die 'pad/weg van die heelal'.
                       Die godheid is groot en skepping gebeur binne-in dit.
                       Alle dinge kom van wees, en wees kom van nie-wees.
                       Taoïsme verklaar dat nie-wees die toppunt of die beginpunt
                         van alles is – dit is groter, in 'n sekere sin, as wees.
                       Die goddelike is enorm en ruim. Skepping gebeur binne-in en
                         giet/loop daaruit.
                       Alles bestaan uit twee magte: jin en jang.

                      VOORBEELD 2: CHRISTELIKE GODSDIENS
                       Christene glo in die bestaan van opper- en goddelike wese wat
                         as God bekend staan.
                       God is ewigdurend wat beteken dat God nie 'n begin of einde
                         het nie.
                       God self is nie geskep nie want Hy is die bron van alle lewe.
                       God manifesteer as drie persone. Hierdie doktrine (leerstelling)
                         word die "heilige Drie-eenheid' genoem.
                       God die vader is die skepper en beheerder van alles in die
                         heelal.
                       God die Seun is die Bevryder/Verlosser van die mensdom.
                       God die Heilige Gees is die raadgewer van Christene en
                         verdedig/bepleit hulle saak.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
                                                                                               (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             11                      DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

          4.3.2       VOORBEELD 1: TAOÏSME
                       Die Taoïstiese standpunt oor die dood is dat ons die lewe
                         moet waardeer om die dood te aanvaar.
                       Wanneer ons besef dat dit die sikliese prosesse is wat die
                         lewe wonderlik maak, word dit makliker om die lewe te
                         aanvaar.
                       In hierdie godsdiens is die doodeenvoudig 'n proses van
                         transformasie waar jy van een vorm in 'n volgende oorgaan.
                       Dit beteken dat jy van die begin af deel was van die heelal en
                         sal voortgaan om 'n vreugde en 'n hartseer te wees.
                       In die Taoïstiese beskouing moet jy nie vir die doodbang wees
                         nie, jy moet die spot dryf daarmee.
                       In hierdie godsdiens het jy nie die lewe na die dood in een of
                         ander hemel of die soort lewe na die dood wat in Hindoeïsme
                         gevind word, nodig nie.
                       Jy word net getransformeer en eindig iewers anders op.

                      VOORBEELD 2: CHRISTELIKE GODSDIENS
                       Volgens die Christelike godsdiens hou die lewe nie met die
                         dood op nie, dit gaan voort na die graf.
                       Diegene wat sterf, gaan 'n nuwe fase, genoem die paradys,
                         binne.
                       Sondaars gaan hel toe waar hulle gestraf word.
                       Op die Laaste dag sal die gewone wêreld nie meer bestaan
                         nie, God sal heers.
                       Slegs diegene wat volgens die wil van God gelewe het, sal die
                         ewige lewe beleef.
                       Die dood is nie die einde van die lewe nie maar 'n fase op die
                         reis van die mensdom.
                       Opstanding gee betekenis aan die lewe. Daar is 'n
                         Opstandingsdag waartydens die goeie en bose volgens hulle
                         handelinge in hierdie wêreld vergoed sal word.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
                                                                                             (12)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            12                       DBE/November 2021
                                  NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5

5.1           Suid-Afrika het 'n nuwe konstitusie aangeneem wat die Handves van
               Regte bevat.
              Die Handves van Regte verklaar dat almal die reg op vryheid van
               godsdiens, geloof/oortuiging en mening/opinie het.
              Almal word deur die Konstitusie beskerm om sy/haar eie
               geloof/oortuigings te beoefen.
              Artikel 9, die gelykheidsklousule, verbied onregverdige diskriminasie op
               verskeie gronde, godsdiens ingesluit.
              Die Menseregtekommissie ondersoek gevalle van onregverdige
               diskriminasie, godsdiensdiskriminasie ingesluit.
              Die skoolkurrikulum skerp ook begrip en verdraagsaamheid van alle
               godsdienste in.
              Dit word gedoen deur vakke soos Lewensoriëntering en Religiestudies.
              Die nasionale uitsaaier, die SABC, verskaf godsdienstige dekking van
               alle godsdienste.
              Tydens die opening van die Parlement verbind verskeie godsdienstige
               leiers hulle aan die Grote Godheid.
              Vierings van openbare vakansiedae word deur godsdienstige leiers van
               verskillende gelowe hanteer.                                                   (10)

5.2           Die Program vir Christen-Moslem-verhoudinge in Afrika fokus op
               Christen-Moslem-verhoudinge.
              Die Raad vir Godsdienstige Leiers in Suid-Afrika fokus op die saambring
               van alle godsdienstige leiers en hulle gemeenskappe in 'n
               gemeenskaplike verbintenis tot vrede.                                          (4)

5.3           Die saambring van godsdienstige gemeenskappe, die burgerlike
               samelewing, die privaat sektor en die regering.
              Gee opdrag vir vergadering van godsdienstige leiers wat die IFAPA-
               besluite neem.
              Organiseer van substreeksberade.
              Stigting en registreer van nasionale takke/afdelings.
              Stuur intergeloofsdelegasies na konflikrisiko-gebiede.
              Deelname aan die wetgewende verkiesing in Togo.
              Organiseer uitruilbesoeke tussen landmynslagoffers en -oorlewendes uit
               Ethiopië, Suid-Soedan en Uganda.
              Deelname aan die Wêreld Maatskaplikeforum wat in Kenia (2007) gehou
               is.
              Stuur 'n vrouedelegasie na Noorse lande.
              Vorming van IFAPA-vrouenetwerk.
              Organiseer die Nakanyoni-jeugvredeskamp.
              Hou die eerste kontinentale intergeloofsjeugkonsultasie.
              Stigting van streeks-Jeugnetwerk.                                              (14)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             13                        DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

5.4           Die eerste Parlement van die Wêreld se Godsdienste is in 1893 in
               Chicago in die Verenigde State van Amerika gehou.
              Die hoofdoelwit was om 'n wêrelddialoog van gelowe te skep.
              Die Parlement is in 1993 weer in Chicago gehou.
              Die doelwit was om godsdienste nog nader aan mekaar te bring.
              In die vergadering is die verklaring met die titel 'Towards a Global ethic'
               geskep.
              Die 1999-Parlement is in Kaapstad gehou.
              Die doel wat om te fokus op die hantering van MIV/Vigs.
              Die Parlement is in 2004 in Barcelona, Spanje, gehou.
              Die hooffokuspunte was hoe om kwessies soos geweld, veilige water en
               vlugtelinge aan te pak.
              Die 2007-Parlement het bespreek hoe armoede uitgewis kan word.
              Die Parlement het in 2009 in Melbourne, Australië, byeengekom.
              Die Parlement het versoening van Australiese inboorlinge ('Aborigines'),
               volhoubaarheid en globale aardverwarming, soos deur inheemse
               godsdienste verstaan, hanteer.                                                (10)

5.5           Die Parlement van die Wêreld se Godsdienste is doeltreffend want leiers
               van verskillende godsdienste is nou in staat om eenstemmig teen
               godsdienstige geweld in die wêreld te praat.
              Hulle kon in 1999 'n intergeloofskoalisie organiseer om onwettige
               wapenhandel in die agterbuurte van Brasilië te hanteer wat gelei het tot 'n
               sterk wet ,wat onwettige wapenverkope keer.
              Die Parlement van Wêreld Godsdienste wat in Barcelona gehou is, is
               deur 8 000 mense uit baie verskillende godsdienste en geestelike
               tradisies bygewoon.
              Hierdie diversiteit en inklusiwiteit toon die harmonieuse verhouding
               tussen godsdienste.
              Dit het takke oor die wêreld wat aktief betrokke is by die oplos van
               godsdienstige en burgeroorloë in daardie lande.
              Die raad van die Parlement van die Wêreld se Godsdienste het 'n
               netwerk van intergodsdienstige bewegings in vennootstede oor die hele
               wêreld gestig.
              Hulle het 'n vennootskap met ander sektore van die samelewing soos
               UNESCO in die Verenigde Nasies.
              Die parlement het egter nie statutêre magte nie. (Dit kan nie wetgewing
               promulgeer of afdwing nie.)
              Daarom vertrou dit op die samewerking van die owerheid om doeltreffend
               te wees.
              Die doeltreffendheid van die parlement is proporsioneel aan
               godsdienstigheid (belangstelling in godsdiens).
              Soos wat godsdienstigheid oor die wêreld afneem, so neem die
               doeltreffendheid van die parlement af.                                        (12)
                                                                                             [50]

                                                                               TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2021-afr/94ed97b2-af85-4c73-a1c5-6528bd640854) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr
- [Religion Studies P2 May June 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2021-mg-eng/7b6e8007-17dc-4e06-a0dc-69ab90e5e666) — Religion Studies · Memo · 2021 · Eng
- [Religion Studies P2 NSC Nov 2020 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nsc-nov-2020-memo-eng/90e41cec-337d-42f5-857e-98d101c5b936) — Religion Studies · Memo · 2020 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2018-final-memo-eng/7f33559c-6625-4fd2-998b-2d55bc6e11d8) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2016-memo-afr/80ca96b9-a08f-4cbc-9946-d119dd96dbb0) — Religion Studies · Memo · 2016 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2015-memo-afr/f83afff4-c34e-4b7a-9ad1-d1d4aa5f1ce0) — Religion Studies · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
