# Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 5 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2022-afr/61d5fe75-7e88-4643-b29a-95627ea0f57d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 5

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2022-afr/61d5fe75-7e88-4643-b29a-95627ea0f57d)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 5 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                               RELIGIESTUDIES V2

                                NOVEMBER 2022

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             2                    DBE/November 2022
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.

2.        Beantwoord enige DRIE vrae.

3.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
          vraag toegeken is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             3                           DBE/November 2022
                                             NSS

VRAAG 1

Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          MIDDELMISBRUIK IN SUID-AFRIKA

Middelmisbruik is 'n enorme sosiale probleem in Suid-Afrika, soos elders, en dit neem
elke dag toe. Alkohol, marijuana (dagga), kokaïen, tik en heroïen is 'n paar van die
middels wat die meeste in hierdie land gebruik word, volgens die Suid-Afrikaanse
Depressie- en Angsgroep (SADAG).

'Gegewe die skrikwekkende statistiek oor middelmisbruik in die land, is daar 'n ernstige
behoefte dat mense oor die gevare en behandeling beskikbaar ingelig word,' sê Marna
Acker, 'n arbeidsterapeut by Akeso-kliniek, Nelspruit (Mbombela).

                                                        [Bron: www.co.za/MyNetcare2018/06]

1.1       Verduidelik VYF faktore wat tot middelmisbruik bydra.                                   
                                                                                                 (10)

1.2       Bespreek SES simptome van 'n persoon wat aan dwelms of alkohol verslaaf                 
          is.                                                                                    (12)

1.3       Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek die                 
          lerings daarvan met betrekking tot middelmisbruik.                                     (14)

1.4       Stel praktiese strategieë voor wat godsdienstige gemeenskappe kan gebruik               
          om middelmisbruik te oorkom.                                                           (14)
                                                                                                  
                                                                                                 [50]

VRAAG 2

2.1       Met verwysing na die sentrale lerings van enige EEN godsdiens wat jy
          bestudeer het, beantwoord die volgende vrae:

          2.1.1       Bespreek die konsep van beloning en straf.                                 (12)

          2.1.2       Bespreek die oorsprong en rol van boosheid.                                (12)

2.2       Wat is die rol van hermeneutiese beginsels by die interpretasie van heilige
          tekste?                                                                                (14)

2.3       Vergelyk die rol van heilige tekste in Abrahamitiese en nie-Abrahamitiese
          godsdienste.                                                                           (12)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             4                               DBE/November 2022
                                             NSS

VRAAG 3

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Alle godsdienste begin as 'n soliede monolitiese eenheid, maar as gevolg van
sommige verskille met betrekking tot lerings, praktyke en bestuur het hulle almal baie
interne verskille.

                                                [Aangepas uit Religion Studies Grade 12, Steyn]

3.1       Noem enige TWEE vertakkings binne EEN godsdiens en vergelyk die interne
          verskille wat bestaan onder die volgende opskrifte:

          3.1.1       Praktykverskille                                                               (16)

          3.1.2       Bestuursverskille                                                              (12)

3.2       Bespreek die belangrikheid van inspirasie in die konteks van godsdiens.                    (10)

3.3       Bespreek die ontwikkeling van enige EEN heilige boek uit enige godsdiens
          wat jy bestudeer het.                                                                      (12)
                                                                                                     [50]

VRAAG 4

4.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Wyle Albert Einstein, die fisikus wat in Duitsland gebore is, het geglo dat
          wetenskap sonder godsdiens gebreklik is, en dat godsdiens sonder
          wetenskap blind is. Maar die debat oor of wetenskap en godsdiens saam kan
          bestaan, gaan al sedert die aanvang van die mensdom aan en opinies
          daaroor is vandag nog verdeeld.
                                               [Bron: www.ineos.com/INCH magazine/Nov2014]

          4.1.1       Verduidelik waarom Abrahamitiese          godsdienste      Darwin     se
                      evolusieleer verwerp het.                                                      (14)

          4.1.2       Skryf SEWE feite oor die Oerknalteorie.                                        (14)

          4.1.3       Evalueer die reaksie van enige EEN van die volgende godsdienste
                      op die Oerknalteorie:

                         Bahá'i-geloof
                         Taoïsme
                         Hindoeïsme                                                                 (12)

4.2       Bespreek die impak van die geosentriese en heliosentriese teorieë oor die
          kerk.                                                                                      (10)
                                                                                                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             5                               DBE/November 2022
                                             NSS

VRAAG 5

5.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Godsdiens speel nie so 'n belangrike rol in die moderne samelewing as wat
          dit in die verlede gedoen het nie. Dit is omdat godsdienstige instellings in die
          moderne samelewing nie meer dieselfde mag en invloed het wat hulle
          honderde jare gelede gehad het nie. Daar is deesdae meer mense wat
          sekulêre wêreldbeskouings het. Met ander woorde, hulle het nie 'n spesifieke
          godsdienstige oortuiging nie of hulle behoort nie aan 'n godsdienstige
          gemeenskap nie.

                                                    [Bron: Focus on Religion Studies, Grade 12]

          5.1.1       Bespreek die faktore wat tot die ontwikkeling van Westerse
                      sekulêre denke gelei het.                                                   (12)

          5.1.2       Noem enige EEN sekulêre wêreldbeskouing en bespreek die
                      lerings daarvan.                                                            (12)

5.2       Die Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika is in 2002 gestig en is die grootste
          en mees verteenwoordigende multigodsdienstige platform in Afrika. Maak 'n
          lys van VYF rigsnoere van hierdie organisasie.                                          (10)

5.3       Die Parlement van die Wêreld se Godsdienste is net een intergodsdienstige
          organisasie. Noem EEN ANDER intergodsdienstige organisasie en bespreek
          hulle suksesse en mislukkings.                                                          (16)
                                                                                                  [50]

                                                                                   TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2022-eng/4621f83c-09e1-4d2f-a9aa-93621e83710e) — Religion Studies · QP · 2022 · Eng
- [RELIGIOUS STUDIES P2 GR12 SEPT Deaf](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p2-gr12-sept-deaf/f4c07dfd-5af7-4568-90bb-cb24c413e5ee) — Religion Studies · QP · 2022
- [Religion Studies P2 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2022-afr/1c914e3c-ded6-488e-a4b4-34af75cbb086) — Religion Studies · QP · 2022 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2023-afr/87ea9bf1-b87a-43de-ae62-6c07b64aa1c7) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2021-afr/94ed97b2-af85-4c73-a1c5-6528bd640854) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr
- [Religion Studies P2 NSC Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nsc-nov-2020-eng/758384c1-98a6-4f4e-a907-d12b9283b6a4) — Religion Studies · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
