# Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 5 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2023-afr/87ea9bf1-b87a-43de-ae62-6c07b64aa1c7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 5

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2023-afr/87ea9bf1-b87a-43de-ae62-6c07b64aa1c7)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 5 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                            RELIGIESTUDIES V2

                              NOVEMBER 2023

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             2                    DBE/November 2023
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.

2.        Beantwoord enige DRIE vrae.

3.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke
          vraag toegeken is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            3                               DBE/November 2023
                                            NSS

VRAAG 1

Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             MISDAAD EN KORRUPSIE

Suid-Afrika staar kwessies met betrekking tot verskanste korrupsie en georganiseerde
misdaad in die gesig, wat albei 'n korroderende (wegvretende) uitwerking op bestuur
en ekonomiese groei het. Ten spyte van vordering onder Nelson Mandela het
staatskaping en korrupsie onder die Zuma-administrasie 'n ontploffing in
georganiseerde misdaad veroorsaak. Suid-Afrika het boonop die tuiste geword van die
mees gediversifiseerde misdaadsindikate in die wêreld. Hierdie sindikate, wat
verbintenisse het met transnasionale misdaadnetwerke, dryf handel met mense,
gewere, dwelms en minerale. Hulle dryf ook handel met koper en olie wat gesteel is –
dikwels met medepligtigheid – van Suid-Afrikaanse OSB's (ondernemings in
staatsbesit). Hierdie groepe pers besighede af, wat lei tot die kansellasie van
kontrakte, sowel as indiensnemings- en ekonomiese verliese. Die huidige Ramaphosa-
administrasie het verskeie opregte, maar beperkte, stappe gedoen om korrupsie en
misdaad aan te pak.

                                  [Bron: Grey Dynamics, Articles Crime Intel, 16 November 2022]

1.1       Verduidelik in jou eie woorde die verband tussen misdaad en korrupsie.                     (6)

1.2       Hoe beïnvloed misdaad en korrupsie dienslewering in ons gemeenskappe?                      (12)

1.3       Gee VYF moontlike redes waarom daar 'n hoë vlak van korrupsie in die
          openbare sektor is.                                                                        (10)

1.4       Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek die
          leringe daarvan oor misdaad en korrupsie.                                                  (10)

1.5       Stel praktiese strategieë voor wat godsdiensgemeenskappe kan gebruik om
          misdaad en korrupsie in Suid-Afrika te bekamp.                                             (12)
                                                                                                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                              4                               DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 2

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Alle godsdienste het 'n stel oortuigings oor die aard van die mensdom, die wêreld, die
goddelike, skepping en ander dele van ons lewens. Daar word na sulke breë
oortuigings verwys as godsdienstige leringe. Godsdienstige leringe kan in die vorm van
geskrewe of mondelinge tekste wees.

                                      [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

2.1       Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, beantwoord die
          volgende:

          2.1.1      Bespreek die lewe na die dood.                                                    (12)

          2.1.2      Bespreek die aard van goddelikheid.                                               (12)

2.2       Noem en verduidelik DRIE hermeneutiese beginsels.                                            (12)

2.3       Wat is die verskillende rolle wat mondelinge tradisie in verskillende
          godsdienste speel?                                                                           (14)
                                                                                                       [50]

VRAAG 3

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Terwyl elke godsdiens 'nie-onderhandelbare oortuigings' het, is daar beslis verskille
van interpretasie en praktyk.

                                              [Bron: Shuters Top Class Religion Studies Grade 12]

3.1       Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, beantwoord die
          volgende vrae:

          3.1.1      Noem TWEE takke van hierdie godsdiens.                                            (4)

          3.1.2      Vergelyk die verskille in die leringe van elke tak.                               (12)

          3.1.3      Vergelyk die verskille in die praktyke van elke tak.                              (12)

3.2       Ontleed die positiewe en negatiewe gevolge van interne verskille wat binne
          godsdienste bestaan.                                                                         (12)

3.3       Bespreek die oorsprong van heilige tekste in enige EEN godsdiens.                            (10)
                                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                              5                               DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 4

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Wanneer die verhouding tussen godsdiens en natuurwetenskappe beskou word, is dit
belangrik om te onthou dat wetenskap iets is wat mense al eeue lank in alle kulture
gedoen het; en so ook godsdiens. Godsdienstige feeste het die somer- en
wintersonstilstande in baie kulture gevier.
                                              [Bron: Shuters Top Class Religion Studies Grade 12]

4.1       Tabuleer die verskille tussen Darwin se evolusieteorie en enige EEN van die
          Abrahamitiese godsdienste se weergawe van die skepping.                                   (16)
4.2       Verduidelik hoekom Hindoeïsme             nie   'n   probleem     met    Darwin     se
          evolusieteorie het nie.                                                                   (12)
4.3       Wat is Taoïsme se reaksie op die Oerknalteorie?                                           (10)
4.4       Bespreek die impak van die Oerknalteorie op die kerk.                                     (12)
                                                                                                    [50]
VRAAG 5
5.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
          Vandag is daar baie mense wat 'n sekulêre wêreldbeskouing het. Hulle het
          nie 'n bepaalde godsdienstige oortuiging nie of behoort nie aan 'n
          godsdienstige gemeenskap nie. Dit beteken nie dat die mense wat 'n sekulêre
          wêreldbeskouing het, nie godsdienstig of geestelik is nie.
                                                     [Bron: Focus on Religious Studies, Grade 12]

          5.1.1      Vergelyk die leringe van enige EEN sekulêre wêreldbeskouing met
                     die leringe van enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het.                      (16)
          5.1.2      Evalueer die impak van sekularisme op die morele waardes van
                     die samelewing krities.                                                        (14)

5.2       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
          Intergeloofsamewerking kan wees, moet wees, was en is, in sommige gevalle,
          steeds 'n positiewe ding. Die probleme en kommer wat ontstaan, kan nie deur
          enige een nasionale of godsdienstige groep hanteer word nie. Godsdienstige
          organisasies werk nou saam in Suid-Afrika en in die hele Afrika. Hierdie
          organisasies is gestig om hartlike verhoudings tussen godsdienste in Afrika te
          probeer ontwikkel – een hiervan is Interfaith Action for Peace in Africa (IFAPA).
                                      [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

          5.2.1      Noem VYF prestasies van IFAPA.                                                 (10)
          5.2.2      Wanneer humanitêre krisisse uitbreek, skuif godsdienstige
                     aanhangers hulle verskille opsy en vind mekaar in 'n
                     gemeenskaplike reaksie. Bespreek kortliks DRIE voorbeelde van
                     intergodsdienstige samewerking in Suid-Afrika.                                 (10)
                                                                                                    [50]
                                                                                    TOTAAL:         150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-afr/7f74d50a-822f-4467-9d6a-5b83fc1842bd) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-eng/a22a9936-7b7a-4eba-ba0b-c78e70513f41) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-eng/7e735941-b3ca-486f-abf3-9da25296a134) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-afr/35c8b75f-517b-4840-a3dd-3998524c2107) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2022-eng/4621f83c-09e1-4d2f-a9aa-93621e83710e) — Religion Studies · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
