# Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 5 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 5

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 5 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                            RELIGIESTUDIES V2

                              NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Religiestudies/V2                            2                    DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.

2.        Beantwoord enige DRIE vrae.

3.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke
          vraag toegeken is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Religiestudies/V2                           3                             DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

VRAAG 1

Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.   Nov

                    XENOFOBIE/VREEMDELINGEHAAT EN RASSISME

Daar is berig dat lede van Operasie Dudula 1 hierdie week swart migrante verhoed het
om toegang tot gesondheidsdienste by die Kalafong Hospitaal in Tshwane te verkry.
Die selfaangestelde hekwagters het besluit of hulle pasiënte sal aanspreek2, hulle
dokumente sal nagaan en moontlik sal laat omdraai, of ongehinderd sal laat gaan.

Die enigste kriterium was blykbaar velkleur. Dis nie verbasend dat wit mense vrye
toegang gehad het nie. Swart mense is in twee groepe ingedeel: dié met 'n donkerder
en dié met 'n ligter velkleur. Die spektakel van swart mense wat swartheid as 'n
instrument van diskriminasie teen mede-swart mense gebruik het, is ryk aan ironie.
1
Operasie Dudula: Suid-Afrikaanse teenmigrantegroep
2
aanspreek: om iemand kragtig/aggressief te nader en met hom/haar te praat

                               [Bron: Sunday Times, www.sundaytimes.co.za, 4 September 2022]

1.1       Onderskei tussen xenofobie/vreemdelingehaat en rassisme.                                (4)

1.2       Skryf VIER sinne om xenofobiese en rassistiese gedrag te beskryf.                       (8)

1.3       Noem en verduidelik VIER faktore wat moontlik tot xenofobie kan bydra.                  (16)

1.4       Stel praktiese strategieë voor wat godsdiensgemeenskappe kan gebruik om
          xenofobie en rassisme te bekamp.                                                        (10)

1.5       Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek die
          leringe daarvan wat xenofobie en rassisme veroordeel.                                   (12)
                                                                                                  [50]

VRAAG 2

2.1       Bespreek die verskille tussen goddelike inspirasie en hedendaagse inspirasie.
                                                                                (2 x 6)           (12)

2.2       Verduidelik die oorsprong en ontwikkeling van die heilige skrif in enige EEN
          godsdiens wat jy bestudeer het.                                                         (12)

2.3       Noem en verduidelik enige DRIE hermeneutiese beginsels.                   (3 x 4)       (12)

2.4       Watter strategieë het die Parlement van die Wêreld se Godsdienste gebruik
          om multigeloofsamewerking te bewerkstellig? Bespreek met relevante
          voorbeelde.                                                                             (14)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Religiestudies/V2                            4                               DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

VRAAG 3

3.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Nie net verskil godsdienste van mekaar nie, maar daar is ook interne verskille
          binne die godsdienste.
                                                   [Bron: Focus on Religious Studies, Grade 12]

          3.1.1      Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het,
                     noem TWEE vertakkinge wat binne daardie godsdiens bestaan.                      (4)

          3.1.2      Bespreek die verskille in die vertakkinge wat jy hierbo genoem het,
                     onder die volgende opskrifte:

                     (a)   Leringe                                                                   (12)

                     (b)   Praktyke                                                                  (12)

          3.1.3      Met verwysing na die godsdiens wat jy gekies het, bespreek die
                     redes vir die vorming van die vertakkinge.                                      (12)

3.2       Volgens sekere godsdienste, word menslike lyding deur die bose veroorsaak.

          Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou antwoord deur te verwys
          na die kernleringe van enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het.                           (10)
                                                                                                     [50]

VRAAG 4

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Wanneer mense daadwerklik sekulêr word, kom hulle agter dat hulle hulle eie teorie
moet voorstel – iets wat godsdiens moet vervang.

                                                        [Bron: Religion Studies Grade 12, Steyn]

4.1       Bespreek die oorsprong van sekularisme.                                                    (12)

4.2       Gee moontlike redes vir die toenemende gewildheid van sekulêre
          wêreldbeskouings.                                                                          (12)

4.3       Hoe het sekularisme tot die praktyk van godsdienstige verdraagsaamheid in
          die wêreld bygedra?                                                                        (14)

4.4       Bespreek die leringe van enige EEN sekulêre wêreldbeskouing wat jy
          bestudeer het.                                                                             (12)
                                                                                                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Religiestudies/V2                           5                               DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

VRAAG 5

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Godsdiens het sedert die begin van die mens se geskiedenis nog altyd 'n uiters
belangrike deel van die mens se lewe gevorm. In teenstelling hiermee is die natuurlike
wetenskappe, soos wat dit vandag beoefen word, 'n redelik onlangse ontwikkeling in
die mens se geskiedenis.

                                                        [Bron: Religion Studies Grade12, Steyn]

5.1       Vergelyk die wetenskaplike weergawe van hoe die heelal tot stand gekom het
          met die weergawe van enige EEN godsdiens.                                               (12)

5.2       Bespreek die wetenskaplike verduideliking van hoe die mens ontstaan het.                (14)

5.3       Verduidelik die verskillende reaksies van die volgende godsdienste op Darwin
          se evolusieleer:

          5.3.1      Hindoeïsme                                                                   (12)

          5.3.2      Christendom/Christelike godsdiens                                            (12)
                                                                                                  [50]

                                                                                   TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Religion Studies · Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Religion Studies · Memo · 2024 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-eng/7e735941-b3ca-486f-abf3-9da25296a134) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-afr/35c8b75f-517b-4840-a3dd-3998524c2107) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2023-afr/87ea9bf1-b87a-43de-ae62-6c07b64aa1c7) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [RELIGIOUS STUDIES P2 GR12 SEPT Deaf](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p2-gr12-sept-deaf/f4c07dfd-5af7-4568-90bb-cb24c413e5ee) — Religion Studies · QP · 2022

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-afr/7f74d50a-822f-4467-9d6a-5b83fc1842bd) — QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-eng/a22a9936-7b7a-4eba-ba0b-c78e70513f41) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
