# Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 5 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nsc-nov-2020-afr/631d9811-5a07-40a8-81ad-ca322849fba5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 5

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nsc-nov-2020-afr/631d9811-5a07-40a8-81ad-ca322849fba5)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 5 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                RELIGIESTUDIES V2

                                  NOVEMBER 2020

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             2                    DBE/November 2020
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2.        Beantwoord enige DRIE vrae.

3.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke
          vraag toegeken is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             3                                DBE/November 2020
                                             NSS

VRAAG 1

1.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     TIENERSWANGERSKAP

          Ondanks deurlopende bewusmaking en ontmoedigingspogings deur
          regerings en nieregeringsorganisasies is tienerswangerskap steeds 'n groot
          bekommernis regdeur die wêreld. Ongeveer 16 miljoen meisies tussen 15 en
          19 jaar oud raak jaarliks swanger terwyl ongeveer een miljoen meisies onder
          die ouderdom van 15 jaar geboorte gee. 'n Verdere drie miljoen meisies
          ondergaan jaarliks onveilige aborsies volgens die feiteblad van die
          Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).

                                                                            [Bron: news24.com]

          1.1.1       Verduidelik kortliks waarom tienerswangerskap                 'n    groot
                      bekommernis in die samelewing is.                                                (10)

          1.1.2       Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het,
                      bespreek DRIE van die leringe daarvan wat aan die kwessie van
                      tienerswangerskap aandag gee.                                                    (12)

1.2       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Alle godsdienste het sommige oortuigings wat nie-onderhandelbaar is nie,
          wat alle volgelinge deel. In godsdienste kan die interpretasie van die
          oortuiginge egter van een denkskool na die volgende verskil. Hierdie verskille
          is soms groot en het al tot godsdiensoorloë gelei.

                                            [Bron: Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

          Noem TWEE vertakkings wat binne enige EEN van die godsdienste wat jy
          bestudeer het, bestaan en tabuleer hulle verskille ten opsigte van:

          1.2.1       Bestuur (Beheer of leiding)                                                      (16)

          1.2.2       Praktyke                                                                         (12)
                                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                              4                                  DBE/November 2020
                                              NSS

VRAAG 2

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Godsdienstige leringe kan in die vorm van geskrewe of mondelinge tekste wees en,
soos jy geleer het, dit is die breedste kategorie wat gebruik word om te beskryf
waaraan volgelinge van 'n godsdiens glo.

                                            [Bron: Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

2.1       In die konteks van enige EEN godsdiens, beantwoord die volgende vrae.

          2.1.1       Wat is die plek en verantwoordelikheid van die mensdom in die                       (12)
                      wêreld?

          2.1.2       Hoe kan die mensdom boosheid oorkom?                                                (14)

2.2       Noem en verduidelik enige DRIE hermeneutiese beginsels.                                         (12)

2.3       Noem enige EEN godsdiens en bespreek die historiese ontwikkeling van hulle
          heilige geskrif(te).                                                                            (12)
                                                                                                          [50]

VRAAG 3

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Jy dink moontlik dat godsdiens universeel is en dat alle mense op een of ander manier
godsdienstig is. Dit is egter vir baie mense nie die geval nie. Sommige beskou hulleself
as nie-godsdienstig. 'n Ander manier om na hulle te verwys is om te sê dat hulle 'n
sekulêre wêreldbeskouing het.

                                                    [Bron: Religion Studies, Grade 12, Stein et al.]

3.1       Noem EEN sekulêre wêreldbeskouing en bespreek die oorsprong daarvan.                            (12)

3.2       Evalueer krities    die   impak   van     sekularisme      op    die    godsdienstige
          gemeenskap.                                                                                     (12)

3.3       Verduidelik kortliks die Oerknalteorie.                                                         (10)

3.4       Met verwysing na enige EEN Abrahamitiese godsdiens, vergelyk hulle leringe
          oor die skepping van die mens met die leringe van Darwin se evolusieleer.                       (16)
                                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                               5                                DBE/November 2020
                                               NSS

VRAAG 4

4.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Die geskiedenis is vol godsdienstige konflikte en selfs oorloë. Natuurlik is alle
          godsdienstige konflikte nie oorloë nie. Soms is die konflik slegs verbaal en is
          daar geen geweld betrokke nie. Soms gebruik politici godsdiens vir hulle eie
          politieke ondersteuning.

                                            [Aangepas uit Religion Studies, Grade 12, Steyn et al.]

          4.1.1       Noem EEN land in Afrika waar godsdiens moontlik deel van die
                      konflik is.                                                                     (2)

          4.1.2       Verduidelik kortliks die historiese ontwikkeling van die konflik in die
                      land wat jy in VRAAG 4.1 genoem het.                                            (10)

          4.1.3       Bespreek die rol wat deur TWEE godsdienstige organisasies in die
                      oplossing van hierdie konflik gespeel het.                                      (10)

4.2       Bespreek VIER moontlike redes waarom Suid-Afrika geen gewapende
          godsdienskonflik het nie.                                                                   (16)

4.3       In SES sinne, verduidelik hoe Europese dominasie in kerke tot die stigting
          van die Afrika-geïnisieerde Kerke ('AICs') bygedra het.                                     (12)
                                                                                                      [50]

                                                                                       TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 NSC Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nsc-nov-2020-eng/758384c1-98a6-4f4e-a907-d12b9283b6a4) — Religion Studies · QP · 2020 · Eng
- [Religion Studies P2 NSC Nov 2020 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nsc-nov-2020-memo-eng/90e41cec-337d-42f5-857e-98d101c5b936) — Religion Studies · Memo · 2020 · Eng
- [Religion Studies P1 NSC Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nsc-nov-2020-eng/840f7f33-825e-4635-b76c-9484629c2f82) — Religion Studies · QP · 2020 · Eng
- [Religion Studies P1 NSC Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nsc-nov-2020-afr/d8c00800-0a10-46dd-bb2d-a597ff9998a9) — Religion Studies · QP · 2020 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2020-afrikaans/f4c6cd3c-439a-4099-b9a8-1afb7dfcab69) — Religion Studies · QP · 2020 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2020 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2020-english/183205a8-2653-44b8-94ac-b2caf512b5e2) — Religion Studies · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
