# Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2020 Memo (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nsc-nov-2020-memo-afr/b9b06591-6a4b-4cab-b28f-fb673f55ddc6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2020 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nsc-nov-2020-memo-afr/b9b06591-6a4b-4cab-b28f-fb673f55ddc6)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                RELIGIESTUDIES V2

                                  NOVEMBER 2020

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2                             2                          DBE/November 2020
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1
1.1       1.1.1         Die regering gaan bykomende uitgawes aan ten opsigte van
                         die betaling van onderhoudstoelaes, mediese sorg en ander
                         maatskaplike dienste.
                       Tienerma's is geneig tot sielkundige probleme, soos depressie
                         en selfdood.
                       Tienerma's gooi dikwels hulle kinders weg, wat hulle die staat
                         / uitgebreide gesin se verantwoordelikheid maak.
                       Tienerma's verlaat die skool.
                       Die formele onderrig van tienerma's word tydens swangerskap
                         uitgestel.
                       Tienerswangerskap lei soms tot onveilige aborsies, wat tot die
                         dood van die ma kan lei.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                       (10)
          1.1.2       VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
                       Onder die tradisionele Aka-mense is daar wette wat bedoel is
                         om te verseker dat 'n vrou haar maagdelikheid bewaar.
                       In sommige gevalle word vroeë huwelike aangemoedig om
                         swangerskap te voorkom.
                       Die huwelik dien as 'n heilige tradisionele stadium om van kind
                         tot volwassenheid oor te gaan.
                       Volgens die Afrika tradisie word geen vrou toegelaat om te
                         trou sonder om deur die puberteitsrituele te gaan nie.
                       Alle jong vroue moet maagde wees voor hulle trou.
                       Die godsdiens leer volgelinge om weg te bly van seksuele
                         omgang voor die huwelik.
                       Dit is 'n beginsel van Ubuntu om jou eie liggaam en jou afkoms
                         te respekteer.
                       Afrika-vroue ondergaan toetse vir maagdelikheid om
                         voorhuwelikse seks en tienerswangerskap te voorkom.
                       Onder die AmaZulu bevorder die Rietdansfees die bewaring
                         van maagdelikheid onder die meisies.
                       As 'n Zulu-man 'n vrou buite die huwelik swanger maak, moet
                         hy vergoeding betaal (ukuhlawula).
                      VOORBEELD 2: CHRISTENSKAP
                       ' 'n Mens se liggaam is nie bedoel vir seksuele losbandigheid
                         nie, maar is daar vir die Here, wat ook oor ons liggaam Here
                         is.' (I Kor. 6:13).
                       Dit beteken dat seks en seksualiteit moet binne die Bybelse
                         leringe wees wat voorhuwelikse seks verbied.
                       'Jy mag nie egbreuk pleeg nie.' (Exodus 20:14)
                       Hierdie gebod verbied voorhuwelikse of buitehuwelikse seks.
                       'Wanneer 'n man 'n jongmeisie wat nog nie verloof is nie, verlei
                         om met geslagsgemeenskap te hê, moet hy aan haar pa die
                         volle bruidsprys betaal en met haar trou.' (Exodus 22:1617).
                       Dit beteken dat die man die vrou moet vergoed wat dus seks
                         buite die huwelik ontmoedig.
                       Christene word geleer om heilig te lewe, onthouding van seks
                         voor die huwelik ingesluit.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2                             3                           DBE/November 2020
                                      NSS – Nasienriglyne

                         'Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.' (Psalm 23: 1–6).
                         Dit beteken die jeug moet op God steun vir hulle behoeftes en
                          moet 'sugar daddies'/'blessers' vermy.
                       Maria was aan Josef verloof, maar sy het haar maagdelikheid
                          voor die huwelik behou. (Lukas 1:34)
                       Dit wys dat seks buite die huwelik nie toegelaat word nie, selfs
                          tussen mense wat aan mekaar verloof is.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word
                       n Maksimum van SES punte mag toegeken word indien drie
                      relevante leringe slegs GENOEM word.                                        (12)

1.2       1.2.1       LET WEL: TWEE punte word toegeken indien TWEE
                      vertakkinge van dieselfde religie genoem word.
                      VOORBEELD 1: CHRISTENSKAP
                           Bestuur/Beheer in              Bestuur/Beheer in
                              Katolisisme                     Protestantisme
                        Die hoof van Katolisisme is  Die kerke word bestuur
                           die Pous.                       deurbevestigde/
                        Die sentrum van mag is in         ingeseënde predikante en
                           Rome (Vatikaan).                biskoppe en verkose
                        Die kerk word op                  ouderlinge.
                           gemeentevlak deur              Algemene beheer is deur
                           priesters, dekanieë deur        'n hoër gesag soos 'n
                           dekens, bisdomme deur           sinode of algemene
                           biskoppe en                     vergadering wat deur die
                           aartsbisdomme deur              voorsittende biskop gelei
                           aartsbiskoppe                   word.
                           bestuur/beheer/gelei.        Sommige Protestante
                                                           kerke is onafhanklik en nie
                                                           aan 'n hoër gesag as die
                                                           gemeente verantwoordelik
                                                           nie.
                           Bestuur/Beheer in die
                              Ortodokse
                              Christendom
                        Die verskil tussen die
                           Katolieke en Ortodokse
                           Kerke is dat
                           laasgenoemde nie die
                           leierskap van die Pous
                           aanvaar nie.
                        Gesag binne die kerk is in
                           die hande van biskoppe en
                           aartsbiskoppe.
                        Hulle is bevestig as
                           predikante, priesters,
                           biskoppe en aartsbiskoppe
                        Hulle bevestigde
                           predikante mag trou. Hulle
                           hoef nie selibaat te wees
                           nie.                                                                   (16)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2                             4                             DBE/November 2020
                                      NSS – Nasienriglyne

          1.2.2       Katolisisme                           Protestantisme
                       Bywoning van die heilige             Hulle woon gereeld
                         Mis op 'n Sondag is                    kerkdienste op 'n Sondag
                         verpligtend.                           by.
                       Soos wat kinders groot-              Soos wat kinders groot-
                         word, ontvang hulle die                word, ontvang hulle
                         sakramente op                          geskikte vorming, bv.
                         verskillende stadiums:                 Sondagskool, jeuggroepe.
                         Eerste Nagmaal, en                  Hulle plaas groot klem op
                         aanneming.                             die geskrifte.
                       Hulle gebruik die bidsnoer           Daar is opwekkings-
                         wanneer hulle bid.                     dienste.
                       Katolieke is lief vir die            Daar word helingsdienste
                         simbool van die kruis en               gehou.
                         die kruisbeeld – die
                         laasgenoemde is 'n kruis
                         met 'n figuur van Jesus
                         daarop.
                       Die sakrament van
                         belyding behels om
                         sondes aan 'n priester te
                         bely.
                      Oosters-Ortodokse
                       Hulle gebruik baie wierook
                         in hulle rituele.
                       Hulle hou van ikone
                         (spesifieke styl heilige
                         beelde) en die binnekante
                         van kerke is ryklik versier.
                       In hulle gebede soen hulle
                         die ikone en steek hulle
                         kerse aan.
                       Oosters-Ortodokse vroue
                         dra wit klere in die kerk.                                                 (12)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2                             5                          DBE/November 2020
                                      NSS – Nasienriglyne

          1.2.1       VOORBEELD 2: BOEDDHISME
                          Theravada-                     Mahayana-
                             Boeddhisme.                     Boeddhisme
                        Die bestuur/beheer van die  Elke groep van die
                          Theravada- en Mahayana-         Mahayana word deur 'n
                          vertakkings is basies           senior monnik bestuur.
                          dieselfde.                    Die senior monnik word
                        Theravada-Boeddhisme is          deur 'n raad van ander
                          een kompakte vertakking,        senior monnike en soms
                          met min of geen afwyking        senior nonne bygestaan.
                          in verskillende dele van die  Hierdie vorm van
                          wêreld nie.                     Boeddhisme het in baie
                        Die klooster het groter          groeperings ontwikkel wat
                          betekenis in Theravada-         tot baie buigsaamheid met
                          Boeddhisme as in ander          betrekking tot bestuur gelei
                          vertakkings.                    het.
                          Tibetaanse
                             Boeddhisme
                        Tibetaanse of Zen-
                          Boeddhiste het 'n leier wat
                          die Dalai Lama genoem
                          word.
                        Daar was 'n opvolging van
                          Dalai Lamas vanaf die
                          17de eeu tot 1959.
                        Toe die Volksrepubliek van
                          China in 1959 ingeneem
                          het, het die huidige Dalai
                          Lama, Tenzin Gyatso, uit
                          Tibet gevlug.
                        Hy is sedertdien 'n
                          geestelike leier in
                          ballingskap.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2                             6                          DBE/November 2020
                                      NSS – Nasienriglyne

          1.2.2       Theravada-Boeddhisme             Mahayana-Boeddhisme                        
                       In Theravada-Boeddhisme  Hierdie vorm van
                          is dit vir die individu die     Boeddhisme het 'n konsep
                          ideaal om 'n lewe van           nl. Bodhisattva, ontwikkel.
                          meditasie te lei om           'n Bodhisattva is 'n
                          sodoende geestelike             persoon wat op sy/haar eie
                          ontwikkeling te bereik.         meriete Nirvana kon
                       Hulle bly in kloosters,           ingaan, maar uit deernis
                          bedel vir kos en mediteer       vir die lyding van mense
                          die meeste van die dag.         besluit het om hierdie intog
                       Die monnike help en werk          te vertraag om ander te
                          saam met leke in                help.
                          belangrike gebeurtenisse      Die Bodhisattva is dus
                          soos geboortes, huwelike        beskikbaar om mense te
                          en begrafnisse.                 help om geestelike
                       Die monnike neem nie die          ontwikkeling te bekom en
                          leiding nie maar hulle is       kan later 'n Boeddha word.
                          aanwesig om gewig aan         In Mahayana-Boeddhisme
                          hierdie gebeure te gee.         kan gewone mense
                       Die meeste godsdienstige          goddelike wesens nader
                          praktyke word tuis              om hulle te help met hulle
                          uitgevoer alhoewel daar         soeke na verlossing.
                          ook individuele en            Mahayana-Boeddhiste kan
                          gemeenskaplike meditasie        meer rituele elemente
                          en kantillering ('chanting')    beoefen as wat in
                          in tempels is.                  Theravada-Boeddhisme
                      Tibetaanse Boeddhisme               onderhou word.
                       Hierdie Boeddhiste voer         Voorbeelde is om hulleself
                          heelwat rituele uit, soos       uit te strek en te kantilleer
                          om offerhande te bring aan      en wierook te brand.
                          beelde van Boeddha, en
                          die bywoon van openbare
                          leersessies.
                       Hulle gebruik rituele en
                          kantillering vir gebed.
                       Hulle beoefen ook
                          meditasie.
                       Hulle gaan in beswymings
                          (mantras) in om wysheid te
                          verkry.                                                                (12)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2                            7                          DBE/November 2020
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2

2.1       2.1.1      LET WEL: ‘n Maksimum van 8 punte moet toegeken word
                     indien die kandidaat oor slegs een van die twee aspekte, nl
                     PLEK en VERANTWOORDELIKHEID geskryf het.
                     VOORBEELD 1: CHRISTENSKAP
                       Mense word na die beeld van God geskep. Mense is die kroon
                         van die skepping.
                       Adam en Eva is beveel om na die Tuin van Eden om te
                         sien/Rentmeesterskap
                       God het aan hulle opdrag gegee om oor die hele wereld te
                         heers.
                       Mense is God se verteenwoordigers op Aarde.
                       Hulle is aangestel om na Sy eiendom, die hele wêreld en alles
                         daarop, om te sien.
                       Omgewings- en ekologiese kwessies is die mensdom se
                         verantwoordelikheid.
                       Mense is aan God toerekenbaar.                                         (12)

          2.1.2        Volgens die Christenskap kan boosheid deur geloof in Jesus
                        Christus oorkom word.
                      God sal altyd oor Satan triomfeer.
                      Deur die dood en opstanding van Jesus Christus is boosheid
                        oorwin.
                      In die boeke Daniël en Openbaringe staan daar dat daar 'n
                        katastrofiese einde van hierdie wêreld sal wees en die begin
                        van 'n nuwe era, met 'n nuwe geskiedenis en nuwe werklikheid
                        van geregtigheid.
                      Christene glo dat in die laaste dae die gelowiges sal
                        transformeer na 'n nuwe lewe van vrede en die ewige lewe.
                      Jesus word as die Messias beskou, die Gesalfde wat die
                        koninkryk van geregtigheid gebring het.
                      Jesus leer ons dat boosheid nie boosheid kan oorkom word
                        nie, slegs deur die goeie.                                             (14)
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word

2.1       2.1.1      VOORBEELD 2: TAOÏSME
                      Mense is net 'n klein mikrokosmiese neweproduk van die Tao
                        se kreatiewe aktiwiteit.
                      Mense is nie spesiaal of in beheer van die wêreld nie.
                      Hulle word nie benodig om na die wêreld om te sien nie.
                      Die wêreld en die heelal sal voortgaan of daar mense is of nie.
                      Die wêreld sal die vorm aanneem wat die Tao daaraan gee.
                      Mense het die potensiaal om slegs 'n baie klein gedeelte van
                        die skepping te vernietig.
                      Selfs al word daardie deel vernietig, sal die ongelooflike en
                        oorvloedige kreatiewe aktiwiteit van die Tao voortduur.                (12)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2                              8                            DBE/November 2020
                                       NSS – Nasienriglyne

          2.1.2        Taoïsme sê niks oor die konsep van boosheid nie.
                       Dit is omdat alles die Tao is: soos dinge moet wees.
                       As ons vind dat ons begeertes nie vervul word nie, moet ons
                        ons begeertes ondersoek.
                      Vir die Taoïste is dit nie net 'n saak van om jou begeertes te
                        verander sodat lyding verwyder word nie.
                      Mense moet hulleself in lyn stel met die ware aard van die Tao.
                      Op daardie manier sal hulle negatiwiteit oorkom (boosheid).
                      Mense kan lyding veroorsaak, maar hulle kan boosheid
                        oorkom deur in harmonie met dinge, mense en in hulleself te
                        leef.
                      Alles moet volgens die wil van die Tao gebeur.
                      Mense moet hulle begeertes opgee en doen wat die Tao wil
                        hê.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word
                                                                                                    (14)

2.2           Grammatika en historiese konteks
              Die oorspronklike grammatikareëls en historiese feite moet in ag geneem
               word in die interpretasie van heilige tekste.
              Die betekenis van woorde in heilige tekste moet hulle betekenis
               weerspieël, soos dit in die gewone sin gebruik is.

              Duidelikste betekenis/betekenis van woorde
              Die betekenis wat die duidelikste is (of die vanselfsprekendste), moet
               oorweeg word.

              Plan, doeleinde en konteks
              Die skryfplan of struktuur van die hele dokument moet in ag geneem
               word.
              'n Uittreksel moet as deel van die geheel beskou word.
              Bv. Is die in die vorm van poësie of prosa geskryf?

              Figuurlike taal
              Figuurlike taal word dikwels in sommige heilige tekste gebruik. Dit moet
               as sulks geïdentifiseer word sodat dit nie letterlik geïnterpreteer word nie.
              Figuurlike taal vereis die toepassing van ander hermeneutiese beginsels
               sodat dit korrek geïnterpreteer word.

              Betekenis van woorde
              Die betekenis van woorde verander mettertyd en op verskillende plekke.
              Probeer om uit te vind wat die oorspronklike betekenisse van woorde in 'n
               spesifieke konteks is.                                                               (12)
              LET WEL: Enige drie van die bogenoemde is aanvaarbaar.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2                           9                         DBE/November 2020
                                    NSS – Nasienriglyne

2.3       LET WEL: Kandidate moet nie gepenaliseer word wanneer hulle nalaat
          om die naam van die religie te noem nie. Die bespreking van die religie
          moet wel ondubbelsinnig wees. Indien die kandidaat meer as een religie
          bespreek, moet punte slegs toegeken word vir die EERSTE religie wat
          bespreek is.
          VOORBEELD 1: HINDOEÏSME
           In Hindoeïsme kry die oorspronklike klank van die gesproke woord
             absolute voorkeur.
           Die mondelinge en geskrewe tekste het uit inspirasie ontstaan wat tot
             4 000 jaar gelede tergdateer.
           Die oorspronklike inspirasie is vir eeue, selfs millenniums voor die
             aankoms van aangehoorde geskrifte (shruti) mondelings oorgedra.
           Die aangehoorde geskrifte word onderskei van sekondêre, afgeleide
             menslik saamgestelde geskrifte soos filosofiese interpretasies.
           Hierdie onderskeiding is egter nie absoluut nie.
           Die komposisies, kommentaar en interpretasies is later by die heilige
             tradisie van die Vedas ingesluit.
           Die Brahmanas en die Upanishads het later komposisies, kommentaar en
             interpretasies van die vroeë versamelings geword.
           Soos wat tyd verloop het, was daar ontwikkeling van die oorspronklike na
             die afgeleide tot die verskillende klassieke filosofiese skole.
           Voorbeelde van die klassieke filosofiese skole wat ontwikkel is: Nyaya,
             Vaisheshika, Sankhya, Purva-Mimamsa, Joga en Vedanta.
           Mettertyd was daar meer innoverende en gesaghebbende kommentators
             en herinterpreteerders.
           Voorbeelde van die innoverende en gesaghebbende kommentators is
             Shankara en Vivekananda.                                                         (12)

2.3       VOORBEELD 2: JUDAÏSME
           Soos in baie godsdienste, is die oorspronklike inspirasie eerstens
             hoofsaaklik deur die mondelinge tradisie versprei.
           Hierdie mondelinge tradisie is vir honderde, selfs duisende, jare
             oorgedra.
           Die primêre geskrifte in Judaïsme staan gesamentlik as die Tanach
             bekend.
           Die Tanach bestaan uit die Torah, Nevi'im en Ketuvim.
           Die eerste groep van die primêre geskrifte het teen die 5de eeu VHJ
             kanonieke status bekom.
           Die tweede groep primêre geskrifte het teen die 3de eeu VHJ kanonieke
             status bekom.
           Die derde groep primêre geskrifte is teen die 1ste eeu VHJ finaal in die
             kanon aanvaar.
           Die versameling ('corpus') van hierdie geskrifte is na deurdagte
             raadpleging deur die geleerdes as die woord van God onthul.
           Die Apokriewe is nie as goddelik onthulde boeke ingesluit NIE.
           Die kanon is daarna deur die Talmoed ondersteun.
           Die Talmoed bestaan uit die Misjna en die Gemara
           Die Talmoed is teen die einde van die 5de eeu AE voltooi.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2                         10                         DBE/November 2020
                                   NSS – Nasienriglyne

             In die derde reeks/laag was daar verdere rabbynse verduidelikings van
              die Torah.
          Die belangrikste van hierdie rabbynse verduidelikings is neergeskryf.
          (Midrash)                                                                          (12)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2                            11                           DBE/November 2020
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3

3.1       LET WEL: Indien die kandidaat nêrens in sy respons enige                                  
          wêreldbeskouing noem nie, mag geen punte toegeken word nie.
          ‘n Maksimum van AGT punte mag toegeken word waar slegs die
          betekenis en dit wat hulle glo bespreek word.
          VOORBEELD 1:
            MATERIALISME
            Hierdie wêreldbeskouing het in verskeie areas in Europa en Asië ontstaan.
            Dit het in die Aksiale Era van 800 tot 200 VHJ ontstaan.
            Materialisme word uitgedruk in antieke Indiese filosofie, in Boeddhisme en
              Confucianisme.
            Baron d'Holbach (1723–1789) het beweer dat aanvanklik het niks behalwe
              die natuur 9stof) bestaan nie.
            In die Weste is materialisme die eerste keer deur Griekse filosowe – die
              Atomistiese ontwikkel en het in die 18de eeu herleef.
            'n Uitbreiding van die konsep materialisme is in die 9de eeu deur Karl Marx
              gemaak.
            Marx het menslike geskiedenis en ekonomiese aktiwiteit by materialisme
              ingesluit.
            Teen hierdie tyd was die Protestante beweging besig om veld te wen in
              Europa.
            Dit    het    sekulariste,   materialiste   ingesluit,  aangemoedig     om
              wêreldbeskouings behalwe godsdiens te ontwikkel.                                     (12)

3.1       VOORBEELD 2:
             SEKULÊRE HUMANISME
           Dit is 'n konsep wat in die 1950's vir die eerste keer gebruik is.
           Sekulêre humanisme is 'n vertakking van humanisme.
           Die term 'humanisme' was oorspronklik 'n godsdienstige term.
           Tydens die Renaissance was 'n humanis iemand wat klassieke literatuur
             en onderwys bestudeer het.
           In die 19de eeu het die betekenis van 'humanisme' verskuif om 'ateïsme'
             vir die meeste Engelssprekendes te beteken.
           Sekulêre humanisme het ontstaan omdat spesifieke filosowe dit nodig
             gevind het om hulle eie teorieë wat godsdiens sou vervang, voor te lê.
           Die Raad vir Sekulêre Humanisme is in 1980 gestig.
           Dit het 'n verklaring uitgereik wat hulle lede se oortuigings, 'n 'Verklaring
             van Sekulêre Humanisme', weerspieël het.
           Die 25ste herdenking van die Raad vir Sekulêre Humanisme is in 2005
             gehou.
           Die Wêreldkongres is tydens die herdenking gehou.
           By die Wêreldkongres het sekulêre humaniste vir 'n nuwe
             verligting/ontwaking gevra.
           Die nuwe verligting/ontwaking is veronderstel om na die Midde-Ooste en
             ander dele van die wêreld te versprei.                                               (12)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2                            12                            DBE/November 2020
                                      NSS – Nasienriglyne

3.2        Godsdienstige invloed het in baie sfere van die samelewing afgeneem.
           Dit bevorder godsdienstige vryheid.
           Dit bevorder godsdienstige verdraagsaamheid.
           As gevolg van sekulêre invloed is daar geen godsdiens wat amptelik deur
            die staat voorgestaan word nie.
           Daar is vreedsame saambestaan want alle godsdienste word as gelyk
            erken.
           In 'n sekulêre konstitusie mag alle godsdienste beoefen word en op hulle
            eie maniere aanbid, maar dit mag nie op die godsdienstige regte van
            ander inbreuk maak nie.
           By staatsfunksies, soos die inlywing van die president, neem alle
            godsdienste deel.
           Godsdiens kan nie voorwaardes ten opsigte van die wette van die staat
            dikteer nie.
           Sekularisme het tot herevaluering/herinterpretasie van geskrifte gelei.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word                                 (12)
3.3        Volgens die Oerknalteorie weet ons nie wat voor die Oerknal bestaan het
            nie.
           Die teorie beweer dat daar 'n enorme ontploffing in die ruimte was en,
            binne 'n sekonde, het die heelal verskyn en tot 'n enorme grootte uitgebrei.
           Die Oerknalteorie het ongeveer 13,7 miljard jaar gelede plaasgevind.
           Die Oerknalteorie beweer dat die skeppingsproses in 'n breukdeel van 'n
            sekonde geneem het.
           Klein temperatuurverskille in die aanvanklike ontploffing het die vorming
            van stof en energie tot gevolg gehad.
           Die stof het gekondenseer en het die sterre en sterrestelsels gevorm.
           Wetenskaplikes glo dat die heelal steeds uitbrei.
           Dit is nie bekend of die heelal tot 'n einde sal kom en of dit sal gebeur nie.         (10)
3.4       VOORBEELD: ISLAM
           Islam leer ons dat Allah die skepper van alles in die hemel en op aarde is.
           Die eerste mens was Adam, wat God uit klei gemaak het.
           Allah het Sy gees in Adam geblaas en hy het begin lewe.
           Eva (Hawwa) is toe uit Adam se rib geskep.
           Mense geniet die hoogste status van al Allah se skeppings.
           Hulle het oorspronklik in die Paradise/Tuin van Eden gewoon.
           Mense is geskep sodat hulle Allah kan aanbid.
           Volgens die evolusieleer is mense nie perfek geskep nie.
           Soos alle ander spesies het mense geleidelik ontwikkel (van vorm
            verander) en meer kompleks ontwikkel op die pad van suksesvolle
            variasie.
           Darwin het geglo dat mense nie 'n hoër status geniet nie maar in die geveg
            om oorlewing het hulle beter aangepas en is bevoordeel terwyl dié wat nie
            het nie, uitgesterf het.
           Beide die wêreld en sy spesies het met tyd verander.
           Dit is dus duidelik dat Islam die idee dat die mens net nog 'n dier is wat uit
            ape ontwikkel het, verwerp.
          LET WEL: Indien slegs een aspek bespreek word, ken ‘n maksimum van SES
          punte toe                                                                                (16)
                                                                                                   [50]
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2                             13                            DBE/November 2020
                                       NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4

4.1       4.1.1       VOORBEELD 1: SOEDAN                                                           (2)

          4.1.2          Die konflik in Soedan duur al vir meer as 100 jaar.
                         Die noorde van Soedan bestaan hoofsaaklik uit Arabies-
                          sprekende stamme. Hulle is meesal Moslem.
                         Sommige stamme is animiste.
                         Nog ander is Christene wat in die Darfur-streek en die suide
                          woon.
                         Daar is ook ekonomiese faktore wat 'n rol speel.
                         Die ekonomie van die noorde is beter ontwikkel as die dié van
                          die suide.
                         Die ontdekking van olie in die suide (Heglig-velde) het tot
                          fraksionele konflik gelei.
                         Khartoem neig daartoe om politieke beheer oor die suide uit te
                          oefen (as gevolg van die olie).
                         Toe Khartoem Sjaria-wet op die hele land van toepassing
                          gemaak het, het dit in 'n gewapende opstand teen die regering
                          gelei.
                         Die Sudan People's Liberation Army (SPLA) is gestig en lei die
                          aanvalle teen die regering.
                         Die SPLA het in twee verskillende faksies verdeel, en teen
                          mekaar gedraai.                                                           (10)

          4.1.3          Die Wêreldraad van Kerke en die Afrika-konferensie van Kerke
                          het 'n belangrike rol in die bemiddeling van korttydvrede in
                          Soedan gespeel.
                         Die meeste godsdienstige leiers aan beide kante van die
                          geskil wil vrede op plaaslike vlak bewerkstellig.
                         Mense van verskillende godsdienste lewe selfs vandag in
                          vrede in een familie en regdeur dorpies.
                         Godsdienstige organisasies voer steeds humanitêre aktiwiteite
                          uit aan al die mense wat deur die oorlog beïnvloed word,
                          ongeag godsdienstige affiliasie.
                         Die godsdienstige liggame het nie daarin geslaag om politieke
                          stabiliteit op nasionale vlak te bewerkstellig nie want hulle het
                          nie politieke mag nie.
                         Godsdienstige ekstremiste, gekombineer met stamspanning in
                          Suid-Soedan is steeds deel van die konflik.                               (10)

                      LET WEL: ‘n Maksimum van SES punte mag toegeken word
                      indien die kandidaat slegs een organisasie bespreek het

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2                             14                            DBE/November 2020
                                       NSS – Nasienriglyne

4.1       4.1.1       VOORBEELD 2: SENTRAAL-AFRIKAANSE REPUBLIEK (SAR)                              (2)

          4.1.2          In die SAR word godsdiens gebruik as 'm verskoning vir die
                          konflik.
                         Die konflik tussen Islam en die Christendom is op etniese
                          suiwering gebaseer (stamwese ['tribalisme']).
                         Dit lyk asof die regering en die weermag 'n klein rolletjie speel.
                         Christene teiken beide Moslems en buitelanders en dwing
                          hulle om uit die land te vlug.
                         Kriminele elemente misbruik die konflik.
                         Daar is wydverspreide plundering van eiendom.
                         Die val van die regering het ook tot die konflik bygedra.
                         Daarom is dit nie net 'n godsdienstige konflik nie, maar
                          godsdiens word ook deur beide politici en bendes gebruik om
                          die mense te verdeel.                                                     (10)

          4.1.3          Konfrontasie in die SAR is tussen die Moslem-groep – Seleka,
                          en die Christen-groep – Anti-Balak.
                         Baie godsdienstige organisasies soos die Programme for
                          Christian-Muslim Relations in Africa, Interfaith Action for Peace
                          in Africa en die Raad vir Godsdienstige Leiers het al probeer
                          om hierdie godsdienstige konflik op te los, maar het misluk.
                         Die Interfaith Action for Peace in Africa (IFAPA) het probeer
                          om godsdienstige gemeenskappe, die burgerlike samelewing,
                          die private sektor en die regering saam te bring om die konflik
                          op te los.
                         Die IFAPA kon saam met humanitêre organisasies werk om
                          gesondheidsdienste, skuilplek en ander basiese behoeftes te
                          verskaf.
                         Die konflik is meer polities as godsdienstig en het
                          regeringsingryping nodig.
                         Godsdienstige organisasies het geen finansiële mag nie en
                          hulle resolusies word deur politici verwerp.
                         Selfs die VN Multi-Dimensional Integrated Stabilisation Mission
                          was nie in staat om misbruike in die land te keer nie.
                         Die land word deur 'n kultuur van straffeloosheid gedomineer
                          en dit laat toe dat wandade voortgaan.                                    (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2                             15                            DBE/November 2020
                                       NSS – Nasienriglyne

4.2           Suid-Afrika is 'n sekulêre staat.
              Dit beteken dat die magte van die staat en godsdiens van mekaar
               geskei is.
              In die Handves van Regte van die Suid-Afrikaanse Konstitusie is
               godsdiensvryheid gewaarborg.
              Dit beteken dat daar geen diskriminasie op die basis van godsdiens
               is nie. Alle godsdienste is gelyk.
              Verskillende godsdienste bestaan saam en almal is vry om enige plek te
               aanbid ongeag kleur, ras of taal.
              Daar is geen staatsgodsdiens wat ander gelowe domineer nie.
              In openbare skole is daar vryheid van godsdienstige waarneming en
               bewustheid.
              Religiestudies, as 'n vak, dek verskillende godsdienstige tradisies in plaas
               van 'n enkele geloofsinstruksie.
              Leerders met verskillende tale en godsdienstige agtergronde is vry om
               onderrig by skole van hulle keuse te kry.
          LET WEL: Twee punte word toegeken vir elke rede, en twee punte vir die
          uitbreiding daarop.
                                                                                                (16)

4.3         Afrika-bekeerlinge na die Christendom wat godsdienstige predikers
             geword het, het geleidelik daarvan bewus geraak dat hulle nie dieselfde
             (gelyk) as hulle wit eweknieë behandel word nie.
           Dit het daartoe gelei dat Afrika-predikers weggebreek het en hulle eie
             Christen-kerke, wat deur Afrikane bestuur is en die Afrika-kultuur ingesluit
             het, gestig het.
           Hierdie beweging is gelei deur Dominee Mangena Mokone.
           Ons noem hierdie kerke Afrika-geïnisieerde Kerke ('Africa Initiated
             Churches (AICs)').
           Die AICs het as 'n versetbeweging teen Europese dominering van die
             gevestigde kerke begin, wat uit Europa gekom het.
           Daar is twee tipes AICs, die Ethiopiese tipe wat naby die Europese model
             gebly het.
           Die ander is die Zionistiese tipe, wat nader aan die Afrika Tradisionele
             Godsdiens is.                                                                      (12)
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word

                                                                                                [50]

                                                                                TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 NSC Nov 2020 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nsc-nov-2020-memo-eng/90e41cec-337d-42f5-857e-98d101c5b936) — Religion Studies · Memo · 2020 · Eng
- [Religion Studies P2 NSC Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nsc-nov-2020-eng/758384c1-98a6-4f4e-a907-d12b9283b6a4) — Religion Studies · QP · 2020 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2020 AFR](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2020-afr/4fc7414e-5627-48ef-89d0-65ccf9497f6d) — Religion Studies · Memo · 2020 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2020 ENG](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2020-eng/370b34b7-f732-49c4-b743-024b885139ce) — Religion Studies · Memo · 2020 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2018-final-memo-eng/7f33559c-6625-4fd2-998b-2d55bc6e11d8) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2016-memo-afr/80ca96b9-a08f-4cbc-9946-d119dd96dbb0) — Religion Studies · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
