# Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 5 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2020-afrikaans/f4c6cd3c-439a-4099-b9a8-1afb7dfcab69
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 5

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2020-afrikaans/f4c6cd3c-439a-4099-b9a8-1afb7dfcab69)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 5 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2020

                     RELIGIESTUDIES V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                      Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               RELIGIESTUDIES V2                       (EC/SEPTEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Lees die volgende instruksies versigtig deur voor die vrae beantwoord word.

 2.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.

 3.    Beantwoord enige DRIE van die VYF vrae.

 4.    Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.    Lees AL die vrae aandagtig deur voordat jy dit beantwoord.

 6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

 7.    Die lengte van die antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke
       vraag toegeken is.

 8.    Skryf leesbaar en bied jou werk netjies aan.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                     RELIGIESTUDIES V2                                        3

 VRAAG 1

 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 In dosyne nasies, staar kinders sosiale probleme soos tienerswangerskappe en
 misdaad in die gesig. Dit het ‘n invloed op gemeenskappe, hetsy religieus of nie. Daar
 is ‘n behoefte om ŉ strategie vir die oplossing van die belangrikste probleme te
 ontwikkel.

                                                 [Bron: Top Class Religion Studies, Graad 12]

 1.1    In die lig van die bogenoemde uittreksel, identifiseer EEN sosiale probleem en
        verduidelik die oorsake.                                                                (10)

 1.2    Met verwysing na enige TWEE godsdienste wat jy bestudeer het, bespreek
        kortliks hulle leringe wat aan die sosiale probleem wat jy gekies het, aandag
        skenk.                                                                                  (16)

 1.3    Dink jy dat godsdienstige organisasies, die bogenoemde sosiale probleme
        kan verminder? Motiveer jou antwoord.                                                   (12)

 1.4    Noem en verduidelik die hermeneutiese beginsels.                                        (12)
                                                                                                [50]

 VRAAG 2

 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 Deur sy leringe kommunikeer elke religie aan sy volgelinge waarom die wêreld is soos
 dit is, sowel as hul plek en verantwoordelikheid daarin.

                                           [Bron: Focus on Religion Studies Grade 12, Donne]

 2.1    In die konteks van enige EEN religie, beantwoord die volgende vrae met
        verwysing na die SENTRALE LERINGE onder die volgende opskrifte:

        2.1.1    Die aard van menslikheid, met verwysing na die gemeenskap en die
                 individu                                                                       (10)

        2.1.2    Die aard van lewe na dood                                                      (10)

        2.1.3    Die aard van godheid                                                           (10)

 2.2    In die konteks van religie, bespreek en evalueer die rol van die volgende:

        2.2.1    Mondelinge tradisie                                                            (10)

        2.2.2    Inspirasie                                                                     (10)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                RELIGIESTUDIES V2                               (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 3

 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 Ongeag of dit persoonlik of polities is, het Westerse sekularisme te doen met die
 aanvaarding van ŉ grondslag vir die lewe en die wet wat konvensionele religie uitsluit.
 In die Weste gaan dit gewoonlik gepaard met demokratiese regeringsvorme,
 geloofsvryheid binne die perke van die sekulêre wette van die land, steun vir
 menseregte, en geen diskriminasie op grond van religieuse oortuigings nie.

                                       [Bron: Top Class Religion Studies Graad 12, bladsy 138]

 3.1   3.1.1   Verduidelik en bespreek die Oerknalteorie.                                        (14)

       3.1.2   Bespreek die siening van die Abrahamitiese religieë in respons tot
               Darwin se teorie met verwysing na die skepping.                                   (12)

 3.2   Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg.

       In die middel van die 19de eeu, het die bioloog Charles Darwin sy teorie oor
       evolusie in The Origin of Species gepubliseer. Dit is die eerste nie-religieuse
       verduideliking van hoe die wêreld ontstaan het en waar die mens vandaan kom.
       Sedert Darwin was daar baie debatte oor wat sy teorie vir religieuse oortuigings
       beteken.

                                  [Aangepas uit Shutters Top Class Religion Studies, Graad 12]

               Tot watter mate het die houding van religie teenoor evolusie sedert die
               19de eeu verander?
               Gee voorbeelde van ten minste TWEE religieë om jou antwoord te
               steun.                                                                            (24)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                      RELIGIESTUDIES V2                                          5

 VRAAG 4

 4.1 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg.

       Somtyds is religie deel van die probleem; ander kere is dit deel van die
       oplossing.
                                           [Bron: Shuters Top class Religion Studies, bladsy 60]

       4.1.1    Kies EEN konflikgebied in Afrika en dui aan wie by die konflik betrokke
                was.                                                                                (4)

       4.1.2    Verduidelik die oorsake van die konflik.                                           (12)

       4.1.3    Evalueer die rol van religieuse organisasies om die konflik op te los.             (14)

 4.2 Analiseer DRIE tipes rituele in religie.                                                      (10)

 4.3 Sosiale, sielkundige en geestelike perspektiewe is die rol van rituele in religieë.

       In die lig van die bogenoemde uittreksel, bespreek kortliks die rolle van die
       volgende twee rituele in religie:

       4.3.1    Sielkundige rolle                                                                   (6)

       4.3.2    Geestelike rolle                                                                    (4)
                                                                                                   [50]

 VRAAG 5

 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 By die meeste religieë kan interpretasie van oortuigings verskil van een denkskool tot
 ŉ ander.
                                          [Bron: Shutters Top Class Religion Studies, Graad 12]

 5.1 Bespreek die leringe van enige TWEE sekulêre wêreldbeskouings wat jy
     bestudeer het.                                                    (10 x 2)                    (20)

 5.2 Met verwysing na ENIGE EEN religie, brei uit en verduidelik die interne verskille
     wat bestaan onder die volgende opskrifte:

       5.2.1    Verskille in leringe                                                               (10)

       5.2.2    Verskille in bestuur                                                               (10)

       5.2.3    Verskille in praktyk                                                               (10)
                                                                                                   [50]

                                                                                    TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

## Related documents

- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans (Printready 18 August)](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-printready-18-august/b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32) — Religion Studies · QP · 2020 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [REL STUDIES P2 MEMO SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p2-memo-sept-2018-afrikaans/8a667319-4336-43ff-a856-d3395338d73b) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2020 AFR](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2020-afr/4fc7414e-5627-48ef-89d0-65ccf9497f6d) — Religion Studies · Memo · 2020 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2020 ENG](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2020-eng/370b34b7-f732-49c4-b743-024b885139ce) — Religion Studies · Memo · 2020 · Eng
- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/94e8c743-ed51-404d-83f6-e1975786bf51) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-eng/7e735941-b3ca-486f-abf3-9da25296a134) — QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-afr/35c8b75f-517b-4840-a3dd-3998524c2107) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
