# Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 Memo

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/rlgs-p1-s12-memo-afr/999e54b9-0bcd-4c3e-8b52-b86c515d20e5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/rlgs-p1-s12-memo-afr/999e54b9-0bcd-4c3e-8b52-b86c515d20e5)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Memorandum, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2012

                    RELIGIESTUDIES V1
                      MEMORANDUM

PUNTE:   150

                 Hierdie memorandum bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                             RELIGIESTUDIES V1 (Memo)                      (SEPTEMBER 2012)

AFDELING A
VRAAG 1 (VERPLIGTEND)
1.1   1.1.1    Zoeloe                                                                       (2)
      1.1.2    Tripikata                                                                    (2)
      1.1.3    Katoliek                                                                     (2)
      1.1.4    Tanach                                                                       (2)
      1.1.5    Kaliph                                                                       (2)
1.2   1.2.1    Dit is ŉ liggaam van beginsels en waardes wat aanvaar word deur die
               volgelinge van die godsdiens.                                                (2)
      1.2.2    Dit verwys na die beginsels en waardes van ŉ godsdiens wat nie
               verander kan word nie.                                                       (2)
      1.2.3    Dit verwys na ŉ stel idees en beginsels wat verduidelik hoe ŉ
               samelewing of kultuur georden behoort te word.                               (2)
      1.2.4    Dit is eenvoudige stories wat iemand behels wat of ŉ morele
               probleem moet oplos of die gevolge van optredes moet dra.                    (2)
      1.2.5    Dit is heilige stories wat die wêreld verduidelik soos dit is en die aard
               van menslike ondervinding.                                                   (2)
1.3   Godsdienstige leringe wat ŉ verduideliking gee vir menslike besorgdhede soos
      lewe na die dood en idees oor goed en kwaad.
      Geloof verwys na hoe ŉ persoon voel of dink oor ŉ godsdienstige
      wêreldbeskouing.                                                                      (4)
1.4   Theravada Boeddhisme
      Mahayana Boeddhisme
      Vajrayana Boeddhisme                                                                  (6)
1.5       Dit impliseer dat enigeen oral die vryheid van keuse het om the glo wat
          hulle wil glo oor God.
          Enigeen is vry om die aktiwiteit en beoefening van die godsdiens van hul
          keuse te volg.
          Mense kan nie gedwing word om tot ŉ ander godsdiens te bekeer nie.                (4)
1.6       Glo in een God
          Glo in profete
          Glo in engele
          Glo in die Oordeelsdag
          Hulle het heilige boeke
          Hulle het spesiale plekke van aanbidding
          Hulle het vakansie-dae
          Hulle glo in God as die Skepper
          Hulle het spesiale kleredrag                                                      (6)
1.7   1.7.1    D     Ontkenning van die bestaan van God.
      1.7.2    C     Geloof in baie gode.
      1.7.3    A     Geloof dat enige aksie ŉ gevolg het.
      1.7.4    E     ŉ Wye verskeidenheid van geestelike oefeninge om
                     godsdienstige resultate te bereik.
      1.7.5    B     Bevryding van lyding in Boeddhisme.
                                                                                 (5 x 2)    (10)
                                                              TOTAAL AFDELING A:                50

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (SEPTEMBER 2012)             RELIGIESTUDIES V1 (Memo)                                 3

AFDELING B

VRAAG 2

2.1          Boodskappers van die skepper.
             Toesighouers oor die fisiese wêreld.
             Sien om na die welsyn van die lewendes.
             Hulle openbaar hulself deur drome en soms deur visioene om met die
             lewendes te kommunikeer.
             Om met God te kommunikeer gebruik die lewendes die voorvaders – hulle
             is tussengangers.                                                         (8)

2.2     Islam
            Islam het twee groot vertakkings, Sunni en Shi’ite.
            Die Sunni’s is die grootste groep wêreldwyd.
            Maar in sommige lande is die Shi’ite in die meerderheid, soos in Irak en
            Iran.
            Shi’ites glo dat die afstammelinge van Mohammed goddelike aangestelde
            imams is met bonatuurlike kennis en gesag wat die gelowiges moet lei.
            Sunni’s verwerp dit en glo dat gelowiges hulle leiers moet kies.
            Shi’ites glo dat twaalf imams die tussengangers tussen God en die
            mensdom was.
            Die twaalfde imam kruip weg, maar hy sal eendag terugkeer.
            Tot met sy terugkeer word die gemeenskap gelei deur ŉ hiërargie
            godsdienstige leiers genoem mullahs, en die belangrikste van hulle word
            ajatollas genoem.
            Sunni-Islam gebruik ook die term imam, maar verwys net na die persoon
            oor sy kennis en die diepte van geloof.
            Sunni’s soek leiding uit die Koran en die Hadith.

        Christendom
            Die Christelike godsdiens word in drie hooftakke verdeel.
            Dit is Rooms-Katoliek, Protestants en Ortodoks.
            Die drie hooftakke het ook verskeie subtakke.
            In die Protestantse tak is daar byvoorbeeld Metodiste, Lutherane,
            Pinksters, Adventiste, Moramiers, ens.
            Die Ortodokse tak is verdeel inKoptiese, Griekse, Russiese vertakkings,
            ens.
            Die Ortodokse Kerk en die Rooms-Katolieke Kerk het geskei as gevolg
            van verskille oor die oppergesag van die Pous.
            Daar was ook verskille oor die oorsprong van die Heilige Gees.
            Die Rooms-Katolieke Kerk leer dat die Heilige Gees van God die Vader en
            die Seun kom.
            Die Protestantse kerke verskil van die Rooms-Katolieke met verwysing na
            die Nagmaal (Heilige Nagmaal).
            Die Ortodokse Kerk leer dat die Heilige Gees slegs van God die Vader
            kom.                                                                       (12)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                        RELIGIESTUDIES V1 (Memo)                    (SEPTEMBER 2012)

2.3   2.3.1    Beteken dat twee of meer dinge in staat is om vergelyk te kan
               word.
               Dit beteken nie dat dinge eenders is nie.
               Die daad van vergelyking is meer as een ding.
               Beteken twee of meer dinge is geneig om ooreenkomste en
               verskille te wys.
               Vergelyking kan eksplisiet of implisiet wees.                         (6)

      2.3.2    Om soortgelyk te wees
               Om ooreenkomste te toon
               Van dieselfde soort
               Twee of meer dinge kan dieselfde in sekere opsigte wees
               Jy moet spesifiek wees in hoe dinge eenders is                        (6)

      2.3.3    Dit is die teenoorgestelde van ooreenkoms
               Beteken om soortgelyk te wees
               Van dieselfde soort
               ŉ Punt waar dinge nie dieselfde is nie
               Hierdie konsep moet ook gebruik word in spesifieke gevalle            (6)

2.4   2.4.1    Waarheid of God is een. Geestelikes het verskillende name
               daarvoor.
               Dit het nie ŉ stigter nie.
               Daar is nie ŉ verenigende oortuiging of leer nie.                     (6)

      2.4.2    Hulle glo dat hulle die afstammelinge is van ŉ volk wat ongeveer
               1250 BCE ŉ verbond met God gesluit het.
               Abraham word as die geestelike stigter beskou.
               Volgens die Joodse tradisie word die verpligtinge van die verbond
               in die Tien Gebooie vervat.                                            (6)
                                                                                     [50]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (SEPTEMBER 2012)               RELIGIESTUDIES V1 (Memo)                                    5

VRAAG 3

3.1     3.1.1         Geloof word soms as ŉ sinoniem vir godsdiens gebruik.
                      Geloof kan die aanvaarding van iets, ŉ feit, ŉ stelling of ŉ lering
                      beteken.
                      Geloof is die aanvaarding van ŉ lering.
                      Geloof beteken moontlik ŉ ferm opinie.
                      ŉ Persoon met ŉ opinie weifel of twyfel nie daaroor nie.
                      Geloof is vertroue of selfvertoue.                                    (10)

        3.1.2         Mite bevat gewoonlik historiese en metaforiese materiaal.
                      Hulle is nie altyd letterlik waar nie.
                      Hulle is nie feitelike weergawes nie, maar probeer om geestelike
                      waarheid oor te dra.
                      Mites word gebruik om dinge te verduidelik soos byvoorbeeld die
                      geboorte en dood van Jesus, Mohammed en Siddharta Gautama.
                      Hulle kyk gewoonlik hoe die wêreld geskep is.
                      Hulle kyk ook hoe sonde en kwaad ontstaan het.
                      Hulle kyk wat gaan gebeur aan die einde van die wêreld.               (10)

3.2          Verklaring van geloof (Shahaadah)
             Rituele gebed (Salah)
             Vas (Saum)
             Aalmoese (Zabah)
             Pelgimstog (Hajj)                                                              (10)

3.3     Sekularisme as ŉ voorbeeld:
           Dit behels etiek wat gebaseer is op redenering oor die menslike natuur.
           Dit verwys nie na god of gode nie.
           Die verstaan van die natuur is suiwer wetenskaplik.
           Dit doen ŉ beroep op godsdienstige verklarings vir lewe en die wêreld.
           Dit neig om saam te gaan met die demokratiese regeringsvorme.
           Ondersteun menseregte.
           Ondersteun nie-diskriminasie op die basis van godsdienstige oortuigings.
           Dit glo dat godsdiens sosiale verdeeldheid veroorsaak eerder as om
           mense te verenig.
           Dit is verdraagsaam teenoor godsdiens.                                           (10)

3.4          Inspirasie verwys na die asemteug (krag, kennis) van ŉ buitengewone
             wese of gesag.
             Soos byvoorbeeld ŉ goddelike wese wat in ŉ mens ingaan en daardie
             persoon se eie asem oorneem.
             Mense mag voel dat hulle deur hierdie krag in besit geneem word.
             Of dat hulle ŉ goddelike openbaring ontvang het.
             Mense voel dat hulle ŉ spesiale, direkte en onmiddellike toegang tot ŉ
             dimensie van bestaan, ŉ begrip van mag wat alledaagse ervaring oorskry,
             beleef het.
             Ander mense in latere geslagte mag steeds krag put uit hierdie inspirasie.     (10)
                                                                                            [50]

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                              RELIGIESTUDIES V1 (Memo)                     (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 4

4.1        In Islam word daar gesê dat daar nie verpligting in godsdiens moet wees
           nie.
           In Hindoeïsme word daar gesê dat, net soos alle riviere na die see vloei, lei
           alle paaie na God.
           Volgens die Grondwet van Suid-Afrika het elkeen die reg tot vryheid van
           gewete, godsdiens, denke, geloof en opinie.
           Godsdienstige aktiwiteite mag by staats- of staatsondersteunende
           instellings beoefen word, maar sulke aktiwiteite moet die reëls van die
           betrokke openbare gesag volg.
           Dit moet op ŉ gelyke basis beoefen word en bywoning moet vry en
           vrywillig wees.
           Die reg dek nie die goedpraat van haat wat gebaseer is op ras, etnisiteit,
           geslag of godsdiens en wat opsweping tot geweld insluit nie.                     (12)

4.2        ŉ Natuurlike uitvloeisel van die Wet van Karma is die leerstelling van
           reïnkarnasie.
           Die siel gaan deur ŉ reeks geboortes en sterftes.
           Hierdie proses word aangevuur deur begeertes.
           Net soos die mens verslete klere uittrek en nuwes aantrek, so verwerp die
           siel verslete liggame en trek nuwes in.
           So sê die Bhagavad Gita.
           Die siel kan nie doodgaan nie.                                                   (8)

4.3   4.3.1         In Hindoeïsme word karma blameer vir ŉ persoon se lyding.
                    Omdat dit beskou word dat hulle die prys betaal in hierdie lewe
                    vir die bose dade wat hulle in hul vorige lewens gepleeg het.
                    Sommige Hindoes gebruik soms hierdie argument as ŉ rede vir
                    hulle verskille ten opsigte van die armes.
                    Ten spyte daarvan, gee Hindoes nog liefdadigheid dwarsdeur die
                    jaar en ook tydens sekere feeste.                                       (8)

      4.3.2         In die Christendom dien die lewe van Jesus as ŉ voorbeeld hoe
                    om ŉ lewe van gee vir andere te lewe.
                    Terwyl Jesus op die aarde was het hy sy sorg vir die
                    minderbevoorregtes in die gemeenskap getoon.
                    Die hooffokus van Sy bediening was op die armes en die siekes.
                    Volgelinge van Jesus moet ŉ lewe lei wat dieselfde sorg uitbeeld.       (8)

4.4   Die nasiener moet nie net kyk vir JA of NEE antwoorde nie maar moet al die
      feite wat deur die kandidaat aangebied word, in aanmerking neem.

      JA
           In September 2006, het ŉ Deense koerant spotprente van die Profeet
           Mohammed gepubliseer.
           Die koerant het versoeke van die Deense Imams geïgnoreer.
           Om nie die spotprente te publiseer nie.
           Spoedig het Moslems in ander lande protes-optogte gehou.
           Sommige het gewelddadig geword.
           Deense ambassades was aangeval.
           Westerse besighede was geboikot.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (SEPTEMBER 2012)                 RELIGIESTUDIES V1 (Memo)                                  7

        NEE
           Die media rapporteer eenvoudig nuus van ŉ godsdienstige aard.
           Die media is gebind deur die reëls van die Onafhanklike Klagte
           Kommissie.
           Godsdiens word gereeld deur politici uitgebuit.
           Haat word deur fundamentaliste aangevuur.
           Dit is nie die media wat haat aanvuur nie.
           Vryheid van die pers word in ŉ verskeidenheid standpunte deur
           verskillende media reflekteer.
           Die media is besigheid en sal nuuswaardige-items uitsoek.                        (14)
                                                                                            [50]

QUESTION 5

5.1     5.1.1       Judaïsme
                    Islam                                                                   (4)

        5.1.2       Nee
                          Dit is ŉ geveg vir grond.
                          Die Jode wil ŉ land vir hulself hê.
                          Hulle het die grense uitgebrei sonder om die ander party te
                          raadpleeg.
                          Die Moslems wou die hele gebied Palestina noem.
                          Die benaming van die land is ook ŉ oorsaak vir die konflik.
                          Die Jode het ook geglo dat God aan hulle die land gegee het.      (10)

        5.1.3             Die mense betrokke by die konflik is lede van verskillende
                          godsdiens groepe in die gemeenskap en hulle moet na hul
                          godsdienstige leiers luister/gehoorsaam.
                          Die godsdiensleiers kan tydens byeenkomste met gelowiges
                          praat en geweld ontmoedig.
                          Godsdiensleiers moet saamspan met ander gemeenskapsleiers
                          om in te gryp en saamwerk om vrede te herstel en te herbou.
                          Deur hulle leiers kan godsdiensgroepe deel wees van
                          besluitneming oor beleid om te verseker dat die beleid so
                          ontwerp word dat geen groep in die gemeenskap ondermyn
                          word nie.
                          Die waardigheid van godsdiens moet verdedig word.
                          Dit is ŉ manier, gebaseer op godsdienstige leringe, wat gebruik
                          kan word om die nuus dat vrede noodsaaklik is vir naasbestaan,
                          te versprei.                                                      (10)

5.2          Die Inyanga is primêr ŉ geneser.
             ŉ Tradisionele geneser is ŉ persoon wat siek mense met kruie en
             natuurlike medisyne help.
             Hy/Sy voorsien die dienste van medisinale genesing in ŉ gemeenskap.
             ŉ Waarsêer bemiddel tussen die lewende mense en die voorvader.
             Soms kan een persoon beide ŉ iyanga en ŉ sangoma wees.                         (8)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                        RELIGIESTUDIES V1 (Memo)                    (SEPTEMBER 2012)

5.3   Verantwoordelikheid beteken nie gewoon beperkinge nie.
      Dit is eerder om aanspreeklik vir jou aksies te wees.
      Byvoorbeeld, kinders het die reg om nie mishandel te word nie.
      Maar hulle het ook die verantwoordelikheid om aanspreeklik te wees vir
      hulle dade.                                                                    (8)

5.4   Wetenskaplike ontwikkelinge het ons wêreld verander.
      Wetenskap het op ŉ dieper vlak die manier hoe mense na die wêreld kyk
      uitgedaag.
      Wetenskap het die fondasies van tradisionele godsdiens uitgedaag.
      Die moeilikheid tussen godsdiens en wetenskap het in die laaste vier eeue
      ontstaan.
      Die twee benaderings het toenemend kompeterend en selfs botsend
      geword.
      In al die eeue deur die jare het godsdiens tradisioneel antwoorde vir vrae
      soos die volgende verskaf:
          Hoe en wanneer het die wêreld begin?
          Wanneer het die mens sy eerste verskyning gemaak?
      Terwyl sommige godsdienste dit as ŉ groot konflik beskou, het ander
      minder moeite om hul leringe met die teorieë van wetenskap te versoen.         (10)
                                                                                     [50]

                                                        TOTAAL AFDELING B:           100

                                                              GROOTTOTAAL:           150

## Related documents

- [RELIGION STUDIES P1 EA](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-ea/abab6cf5-543c-41a5-91de-803a138c78c6) — Religion Studies · QP · 2012
- [Religion Studies P1 Nov 2012 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2012-memo-eng/58943632-fbd2-4853-b8c1-3e206eefe449) — Religion Studies · Memo · 2012 · Eng
- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT201 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-memo-sept201-afrikaans/4054664c-2e08-4558-bd57-3300b495a7b3) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2017-afrikaans/36e4e58d-a9d6-468e-84e7-196ae70761ff) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 English](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2017-english/931bf60c-5a70-46da-bd4e-e8c6403f13d3) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng
- [Rel Stud P1 GR12 MEMO SEPT2014 EA](https://www.hlayiso.com/library/rel-stud-p1-gr12-memo-sept2014-ea/148ebd1c-11b1-4cf7-89ad-5507e6531aae) — Religion Studies · Memo · 2014

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/280b2f45-cc59-4fda-8962-bcd5e4a7d0bb) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
