# Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 7 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/rlgs-p1-s12-qp-afr/a1233336-6336-4210-910a-f5cd204c14ac
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/rlgs-p1-s12-qp-afr/a1233336-6336-4210-910a-f5cd204c14ac)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2012

                    RELIGIESTUDIES V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                             *RLSDM1*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                                 RELIGIESTUDIES V1                   (SEPTEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

      AFDELING A : VERPLIGTEND

      AFDELING B : Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling.

2.    Lees AL die vrae noukeurig deur voordat jy dit beantwoord.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

4.    Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (SEPTEMBER 2012)                     RELIGIESTUDIES V1                                    3

AFDELING A
VRAAG 1 (VERPLIGTEND)
1.1     Kies die korrekte woord uit die wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
        woord langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
        1.1.1       In die (Zoeloe/Pedi/Sotho/Nguni)-voorvader rituele word die
                    voorvaders opgeroep volgens die orde van hul ouderdom.                 (2)
        1.1.2       Boeddhiste-leringe is bekend as die
                    (Bhikkus/Tripikata/Karma/Kanon).                                       (2)
        1.1.3       In die Christendom sweer die (Protestantse/Ortodokse/Katolieke)
                    priesters om nooit die belydenisse wat aan hulle gemaak is bekend te
                    maak nie.                                                              (2)
        1.1.4       Die heilige skrif van Judaïsme is die (Bybel/Koran/Vedas/Tanach).      (2)
        1.1.5       Die LEIER van Islam word ŉ (Kaliep/Priester/Pastoor/Rabbi)
                    genoem).                                                               (2)
1.2     Definieer kortliks die volgende konsepte in die konteks van godsdiens:
        1.2.1       Doktrine                                                               (2)
        1.2.2       Dogma                                                                  (2)
        1.2.3       Ideologie                                                              (2)
        1.2.4       Gelykenis                                                              (2)
        1.2.5       Mite                                                                   (2)
1.3     Verduidelik die verskil tussen godsdienstige leringe en gelowe.                    (4)
1.4     Noem die DRIE vertakkinge van Boeddhisme.                                          (6)
1.5     Verduidelik die konsep godsdiensvryheid.                                           (4)
1.6     Noem enige DRIE gemeenskaplike kenmerke wat deur die Abrahamitiese
        gelowe, (Judaïsme, Christendom en Islam) gedeel word.                              (6)
1.7     Kies ŉ item uit KOLOM A wat pas by die woord/beskrywing in KOLOM B. Skryf
        slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (1.7.1 – 1.7.5) in jou
        ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.7.6 F
              KOLOM A                                    KOLOM B
        1.7.1   Ateïsme           A     Geloof dat enige aksie ŉ gevolg het.
        1.7.2   Politeïsme        B     Bevryding van lyding in Boeddhisme.
        1.7.3   Karma             C     Geloof in baie gode.
        1.7.4   Meditasie         D     Ontkenning van die bestaan van God.
        1.7.5   Nirvana           E     ŉ Wye verskeidenheid van geestelike oefeninge
                                        om godsdienstige resultate te bereik.
                                                                                 (5 x 2)   (10)
                                                                 TOTAAL AFDELING A:            50

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                                  RELIGIESTUDIES V1                       (SEPTEMBER 2012)

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die vier vrae uit hierdie afdeling.

VRAAG 2

2.1    Bespreek kortliks die rol van voorvaders in die Afrika Tradisionele Godsdiens.      (8)

2.2    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg:

       Godsdienste is nie net verskillend van mekaar nie, maar daar is ook interne
       verskille binne godsdienste self. Alhoewel ons geneig is om van Afrika
       Tradisionele Godsdiens te praat asof dit ŉ enkele godsdiens is, word dit in
       werklikheid uitgemaak deur baie gemeenskappe wat verskillende gelowe en
       praktyke bestaan.
                       [Bron: Focus on Religion Studies Grade 12, R. Donne et al, bl.4]

       Bespreek die interne verskille wat binne enige EEN van die volgende
       godsdienste bestaan:

           Islam
           Christelike godsdiens                                                           (12)

2.3    Verduidelik kortliks die volgende konsepte in die konteks van godsdiens:

       2.3.1     Vergelykbaarheid                                                          (6)

       2.3.2     Eendersheid                                                               (6)

       2.3.3     Verskillendheid                                                           (6)

2.4    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg:

       Die dinge wat godsdiens uniek maak kan sosiaal baie verdelend wees. Mense
       kom tot die geloof dat daardie aspekte wat waar is, en dat aspekte van ander
       godsdienste waarmee hulle nie saamstem nie, vals is en daarom is hulle
       godsdiens verhewe bo ander godsdienste. Met ander woorde, dit is die
       “uniekheid” wat die meeste moeilikheid tussen godsdienste kan veroorsaak.
                      [Bron: Shuters Religion Studies Grade 12, Hofmeyr et al, bl.123]

       Noem DRIE unieke kenmerke van elk van die volgende godsdienste:

       2.4.1     Hindoeïsme                                                                (6)

       2.4.2     Judaïsme                                                                   (6)
                                                                                           [50]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (SEPTEMBER 2012)                  RELIGIESTUDIES V1                                        5

VRAAG 3

3.1     Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg:

        Mites, oortuigings/gelowe, leerstellings/doktrines, dogma en ideologie is almal
        aspekte van godsdienstige leringe wat effens in betekenis verskil. Almal verwys
        na die intellektuele, rasionele of filosofiese gedeelte van godsdiens en na die
        kodering en oordra van godsdienstige betekenis en waarhede.
                           [Bron: Shuters Religion Studies Grade 12, Hofmeyr et al, bl.8]

        In die lig van die uittreksel hierbo, bespreek kortliks die volgende konsepte
        soos van toepassing in godsdienstige leringe:

        3.1.1       Geloof                                                                  (10)

        3.1.2       Mite                                                                    (10)

3.2     Noem die VYF PILARE van Islam.                                                      (10)

3.3     Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg:

        Daar is baie verskillende maniere hoe ŉ persoon godsdienstig kan wees.
        Alhoewel daar sommige mense is wat nie aan ŉ godsdienstige gemeenskap
        behoort nie, is hulle steeds besorg oor dinge soos die siel en gees. In teendeel,
        sommige het gesê dat die menslike behoefte vir geestelikheid universeel is.
                       [Bron: Focus on Religion Studies Grade 12, R. Donne et al, bl.72]

        In die lig van bostaande verklaring, bespreek enige sekulêre wêreldsiening en
        verduidelik sy siening oor godsdiens oor die algemeen.                              (10)

3.4     “Inspirasie is baie belangrik vir godsdiens in die algemeen”. Bespreek.             (10)
                                                                                            [50]

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                                  RELIGIESTUDIES V1                         (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 4

4.1   Lees die volgende aanhaling en beantwoord die vraag wat volg:

      Respek vir die regte en waardigheid van ander is nie ŉ onpraktiese
      godsdienstige idee nie, maar ŉ noodsaaklike bestanddeel in die ontwikkeling
      van gesonde, vry en welvarende gemeenskappe.
                    [Bron: Focus on Religion Studies Grade 12, R. Donne et al, bl.78]

      In die konteks van die aanhaling hierbo, dui aan hoe godsdiensvryheid in die
      samelewing aangemoedig word.                                                           (12)

4.2   Die leerstelling van reïnkarnasie is algemeen in beide Hindoeïsme en
      Boeddhisme. Bespreek hierdie leerstelling.                                             (8)

4.3   Lees die volgende skrifte en beantwoord die vraag wat volg:

      Geseënd is hy wie na die armes omsien; God sal hom uithelp in die dag van
      nood.
                                                                        Psalm 41:2

      … laat die ryk man die een wie hulp soek bevredig...
                                                                        Rig Veda 10.11

      Armoede is ŉ universele probleem. Bespreek die siening van die volgende
      godsdienste oor hoe om die probleem van armoede aan te spreek.

      4.3.1    Hindoeïsme                                                                    (8)

      4.3.2    Christelike geloof                                                            (8)

4.4   Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vraag wat volg:

      Godsdienstige stories kom al hoe meer in die media voor, maar die algemene
      houding by die netwerke skyn te wees dat dit net ŉ goeie storie is as dit geloof
      in ŉ negatiewe lig stel, of as dit politieke omstredenheid uitlok.
                                   [Bron: Religion Studies Grade 12, Steyn et al, bl.220]

      Dink jy dat daar konflik tussen godsdiens en die media bestaan?
      Motiveer jou antwoord met ten minste EEN voorbeeld van werklike gebeure.               (14)
                                                                                             [50]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (SEPTEMBER 2012)                     RELIGIESTUDIES V1                                    7

VRAAG 5

5.1     Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg:

        Na die Tweede Wêreldoorlog was die Jode vasberade om hul eie land te hê.
        Hulle het geleidelik grond gekoop en ŉ stuk van die Midde-Ooste, wat hulle
        Israel genoem het, verower. Deur ŉ aantal oorloë wat hoofsaaklik deur
        omliggende Arabiese state begin was, het die Jode die grense, van wat hulle
        Israel genoem het, uitgebrei. Vir baie Moslems moes die hele gebied nog
        steeds Palestina genoem word. ŉ Stryd vir grond en beheer het aanhoudend
        in die gebied uitgebreek.
                                  [Bron: Religion Studies Grade 12, Donne et al, bl.199]

        5.1.1       Watter TWEE godsdiensgroepe is in konflik in die gebied?               (4)

        5.1.2       Dink jy dat godsdiens die werklike probleem in hierdie konflik is?
                    Gee redes vir jou antwoord.                                            (10)

        5.1.3       Verduidelik hoe godsdiens deel kan wees van die oplossing om
                    konflik in gebiede wat deur geweld geraak word, te voorkom.            (10)

5.2     Noem die verskil tussen ŉ tradisionele geneser (Inyanga) en ŉ waarsêer
        (Isangoma).                                                                        (8)

5.3     Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat volg:

        Alle godsdienste plaas beperkinge op hulle volgelinge, en alhoewel hulle
        leringe hoë status aan mense gee, plaas hulle ook beperkinge op mense. Dus
        word daar gewoonlik in godsdienstige kringe aan die begrip
        verantwoordelikheid net soveel klem gegee as aan menseregte. Dit word
        beklemtoon dat daar geen regte sonder verantwoordelikhede kan wees nie.
                                   [Bron: Religion Studies Grade 12, Steyn et al, bl.08]

        Wat verstaan jy onder die term verantwoordelikheid?                                (8)

5.4     Bespreek kortliks die verskil tussen godsdiens en wetenskap.                       (10)
                                                                                           [50]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:       100

                                                                         GROOTTOTAAL:      150

## Related documents

- [RELIGION STUDIES P1 EA](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-ea/abab6cf5-543c-41a5-91de-803a138c78c6) — Religion Studies · QP · 2012
- [RLGS P1 S12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/rlgs-p1-s12-memo-afr/999e54b9-0bcd-4c3e-8b52-b86c515d20e5) — Religion Studies · Memo · 2012 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans (Printready 18 August)](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-printready-18-august/b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32) — Religion Studies · QP · 2020 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2020 English (Printready 18 August)](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2020-english-printready-18-august/f09af5ea-efe1-41bf-b3fd-9a9f5f27fb5a) — Religion Studies · QP · 2020 · Eng
- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/94e8c743-ed51-404d-83f6-e1975786bf51) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/848b77ad-f4f6-47d7-a851-9dc6a69f8c97) — Religion Studies · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
