# Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 Memo

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/rlgs-p2-s16-memo-afr/bbf20a56-2563-4430-9448-8bbcb325098f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/rlgs-p2-s16-memo-afr/bbf20a56-2563-4430-9448-8bbcb325098f)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2016

                  RELIGIESTUDIES V2
                    MEMORANDUM

PUNTE:   150

               Hierdie memorandum bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

2                                  RELIGIESTUDIES V2                     (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 1

1.1   1.1.1   Inspirasie
                 Dit verwys na die asemhaling (mag, kennis) van ŉ buitengewone
                 wese of mag, byvoorbeeld, ŉ godheid wat ŉ mens oorneem en
                 hom/haar met goddelike kennis inspireer.
                 Die meeste godsdienste het stigtersfigure wat deur ŉ hoër mag of
                 wysheid geïnspireer is.
                 Die inspirasie van die figure word deur hulle volgelinge as direk en
                 onmiddellik aanvaar. Daar word geglo dat hulle van aangesig tot
                 aangesig met God was.
                 Sodanige inspirasie mag outoriteit het.
                 Hierdie mense verkry dan sekondere inspirasie vanaf die
                 oorspronklike, primere inspirasie.
                 In meeste gelowe is daar figure, met volgelinge, wie geglo word dat
                 hulle deur hoër kragte en wysheid geïnspireer was.                      (10)

      1.1.2   Mondelinge tradisie
                 In baie godsdienste is die oorspronklike inspirasie dikwels eers
                 deur mondelinge tradisie versprei.
                 So ŉ mondelinge tradisie kon vir honderde of selfs duisende jare
                 getrou mondelings oorgedra word.
                 Mondelinge tradisie as ŉ normatiewe bron is primêr belangrik in
                 godsdienstige geskiedenis.
                 Die oorspronklike boodskap is mondelings oorgedra van persoon
                 tot persoon en van generasie tot generasie.
                 Byvoorbeeld die Nuwe Testament, die tweede deel van die Bybel,
                 gee besonderhede van Jesus se lewe en leringe.
                 Dit is van wat Jesus se apostels onthou het van hulle kontak met
                 Jesus, met ander woorde mondelinge tradisie is later in geskrewe
                 vorm opgeteken.
              [ENIGE RELEVANTE FEITE MOET GEKREDITEER WORD]                              (10)

      1.1.3   Heilige boek/geskrifte
                Skryfwerk het die godsdienstige toneel ongeveer 4000 jaar gelede
                betree.
                Sedertdien het dit al hoe belangriker rol beklee.
                Die verskil tussen mondeling en geskrewe is nie net die medium
                nie, tradisie het meer gevestig geword as gevolg van geskrifte.
                Mondelinge tradisie wat parallel met geskrewe tradisies kan loop,
                kan baie vloeibaar wees, maar as dit eers neergeskryf is, raak dit
                gewoonlik gevestig.
                In Boek-godsdienste (Judaïsme, Christenskap en Islam), speel
                heilige geskrifte ŉ sleutel rol in leringe.
                In Indiese en Verre Oosterse godsdienste, ten spyte van geskrewe
                tradisie, plaas hulle minder klem op die boek kwaliteit van hulle
                tradisies.
                Heilige geskrifte bestaan nie bloot as individuele geskrifte nie,
                maar as deel van groter versamelings.
                Selfs in ATR is daar pogings om van die basiese oortuiginge van
                die godsdiens neer te skryf.                                             (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2016)               RELIGIESTUDIES V2                                     3

1.2   Gee ŉ kort oorsig van die heilige geskrifte van die Christelike geloof.
        Ten spyte van die verskille in religieuse verband openbaar Christendom
        dieselfde patroon in die ontvouing van die geskrewe tradisie soos
        Judaïsme.
        Christendom aanvaar die Hebreeuse tradisie en hervertaal volgens hul eie
        religieuse perspektief.
        ŉ Versameling van hul eie kollektiewe onderwerp (tekste) wat as geestelike
        openbaring aanvaar word.
        Na die dood van Jesus, was goeie nuus aangaande sy karakter en sy
        boodskap mondelings oorgedra.
        Ongeveer twee dekades na sy dood, was ŉ groot aantal evangelie
        neergeskryf en versprei.
        Die uitbranding van die Christelike kanonieke (Bybel) boeke was ŉ baie
        lang proses wat teen die einde van die 4de eeu gefinaliseer was.
        Die eerste apostels was gesien as ŉ borg van die ware religie.
        Die Kerk leierskap en teologiese geleerdes in verskillende denominasies
        het ŉ sterk verklaring geproduseer reg deur die geskiedenis van
        Christendom.
        Christendom het ook sy stel afgekeurde/verwerpte lae orde
        kanoniek/kerklike boeke.                                                      (20)
                                                                                      [50]

VRAAG 2

Noem en bespreek EEN sosiale probleem wat in jou gemeenskap aangetref word
onder die volgende opskrifte:

[Vir hierdie memorandumdoeleindes word MIV/Vigs bespreek.]

2.1   ŉ Kort relevante inleiding
        Een van die dreigende kwessies in Suid-Afrika vandag is MIV/Vigs
        pandemie wat soveel Suid-Afrikaners se lewens eis.
        In Mei 2003, Het religieuse gemeenskappe en organisasies bymekaar
        gekom om die probleem van MIV/Vigs by die eerste konferensie in die
        gemeenskap aan te spreek.
        MIV/Vigs moet met sensitiwiteit wat dit verdien behandel word.
        Dit het ŉ uitroep na liefde en medelye.                                        (6)

2.2   Die oorsaak van die sosiale probleem
         MIV/Vigs is nog steeds een van die euwels van die gemeenskap
         Onbeskermde seks
         Om Rond te slaap
         Veelvoudige maats of vennoot
         Verkragting
         Om te glo dat ŉ maagd MIV/Vigs kan genees
         Oorbevolkte tronke
      [ENIGE RELEVANTE FEIT MOET GEKREDITEER WORD]                                    (12)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

4                                 RELIGIESTUDIES V2                      (EC/SEPTEMBER 2016)

2.3   Faktore wat bydrae tot die verspreiding daarvan
         Borsvoeding
         Veelvoudige maats/Vennoot
         Naalde en skêre wat saam gebruik word
         Onbeskermde seks
         In sommige gevalle kan dit deur motor ongelukke versprei word
      [ENIGE RELEVANTE FEIT MOET GEKREDITEER WORD]                                       (10)

2.4   Illustreer oplossings tot die sosiale probleem gekies of geïdentifiseer.
          Geen seks voor die huwelik nie.
          Monogamie word aangemoedig.
          Getrouheid aan een maat/vennoot word aangemoedig.
          Egbreuk word afgekeur.
          Dit baan die weg oop vir alle onheil.
      [ENIGE RELEVANTE ANTWOORD MOET GEKREDITEER WORD]                                   (10)

2.5   Praktiese stappe of strategieë om dit aan te spreek.
         Liefde, medelyde, verantwoordelikheid en geen negatiewe beoordeling
         teenoor mense wat met MIV/Vigs leef.
         Opvoeding en openlikheid rondom seks en seksualiteit.
         Geen veroordeel van diskriminasie teenoor mense wat met MIV/Vigs leef
         nie.
         Erkenning van eenheid in diversiteit.
         Moedig ope besprekings en dialoog rondom sensitiewe kwessies aan.
         Religieuse leiers van alle gemeenskappe moet hul volgelinge opvoed
         rondom die MIV/Vigs pandemie sodat mense wat in die gemeenskap met
         MIV/Vigs leef nie gediskrimineer word nie.
         Religieuse leiers moet druk op die regering plaas om toegang tot MIV/Vigs
         behandeling beskikbaar te stel aan diegene wat deur MIV/Vigs geaffekteer
         word.
      [ENIGE RELEVANTE FEIT MOET GEKREDITEER WORD]                                       (12)
                                                                                         [50]
VRAAG 3

Bespreek die sentrale leerbeginsels van enige EEN godsdiens onder die volgende
opskrifte:

SENTRALE LERINGE:
[Vir die doeleindes van hierdie Memorandum word die Christelike geloof bespreek]

3.1   Aard van goddelikheid
         Christene glo in die bestaan van ŉ Hoër en Goddelike Wese as God.
         God onthul Homself as drie persone:
             God die Vader
             God die Seun en
             God die Heilige Gees
         Chritindom is, soos Judaïsme en Islam, n monoteïstiese geloof wat glo in
         die bestaan van een God.
             God die Vader het sy seun, Jesus, na die wêreld gestuur.
             Na sy opvaring in die hemel, het die seun die Heilige Gees gestuur.
      [ENIGE RELEVANTE ANTWOORD MOET GEKREDITEER WORD]                                   (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2016)               RELIGIESTUDIES V2                                    5

3.2   Aard van die wêreld
        Volgens die Christelike godsdiens was daar niks in die begin behalwe
        chaos nie.
        Die boek van Genesis vertel dat God die Wêreld en die heelal in ses dae
        geskep het en op die sewende dag gerus het.
        Die wêreld wat perfek nadat die heilige Drie- eenheid klaar was met die
        skepping.
        Mense, seelewe, diere en plante behoort alles aan God.
        Volgens die Christelike oortuigings is die wêreld onderhewig aan die
        bestuur van die mensdom.                                                     (10)

3.3   Plek en verantwoordelikheid van die mensdom in die wêreld
         Christene glo dat mense na die beeld van God geskape is.
         Nadat Adam en Eva geskep is, het God hulle opdrag geneem na die tuin
         van Eden en die hele skepping om te sien.
         As medeskeppers saam met God, is mense God se verteenwoordigers op
         aarde.
         God het hulle aangestel om sy eiendom, die wêreld, om te sien.
         Hulle is verantwoordbaar aan God.                                           (10)

3.4   Aard van lewe na die dood
        Christene glo dat mense geskep is om onsterflik te wees.
        Adam en Eva het God se opdrag verontagsaam.
        Die straf vir hierdie sonde was die dood vir die mensdom.
        Selfs na hierdie straf, het God steeds probeer om die mensdom van die
        bose en die dood te bevry.
        Christene verwag ŉ nuwe gemeenskap na die dood wat gekenmerk sal
        word deur liefde, mededeelsaamheid en omgee.                                 (10)

3.5   Oorsprong van die bose
        Volgens die christelike godsdiens het God nie die bose geskep toe hy die
        wêreld geskape het nie.
        Hy het ŉ perfekte wêreld en perfekte mense geskep.
        Die bose is later ingestel toe Adam en Eva God se opdragte verontagsaam
        het.
        Christene noem hierdie tipe ongehoorsaamheid ‘SONDE’.
        Christene glo dat die bose deur Satan gebruik word wat eens God se engel
        was, maar teen God gerebelleer het.                                          (10)
                                                                                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

6                                 RELIGIESTUDIES V2                    (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 4

INTERNE VERSKILLE:
[Vir die doel van die memorandum word Islam geloof en Christindom bespreek]

4.1   Islam:
         Na die dood van profeet Muhammed het een groep Moslems die profeet se
         intieme vriend Abu Bakr as die volgende leier verkies.
         Die groep wat Abu Bakr ondersteun het, het as die Sunni bekend geword.
         ŉ Ander groep het geglo dat die leierskap van die Moslemgemeenskap in
         die profeet se familie behoort te bly.
         Hulle het geglo dat Ali (die neef en skoonseun van Muhammed) goddelik
         reg op die posisie gehad het.
         Hierdie groep Moslems het as Shi’ah bekend geword.

      Christendom:
        Die Christelike religie bestaan uit drie hoofafdelings:
             Katolieke
             Oosters-Ortodoks
             Protestants
        Die Katolieke kerk maak daarop aanspraak dat dit die oorspronklike
        Christelike kerk is wat deur Jesus Christus gestig is, gebou op die gesag
        van Petrus.
           Hulle leer dat God uit drie onderskeie maar gelyke persone bestaan:
           >Vader
           >Seun
           >Heilige Gees
        Die Oosters-Ortodokse Kerk maak daarop aanspraak dat dit ŉ voort-setting
        is van die oorspronklike kerk wat deur Jesus Christus gestig is.
           Die rede vir die verdeling tussen die Oosterse en Westerse kerke was
           polities en leerstellig.
           Die Westerse kerk het geleer dat die Heilige Gees van die Vader en die
           Seun uitgaan. Die Oosters (Ortodokse) kerk het nie daarmee
           saamgestem nie.
           Oosters-Ortodokse kerke verskil van die Katolisisme daarin dat daar nie
           ŉ enkele leier is nie
           In die Ooosters-Ortodokse kerke rus die gesag in die hande van ŉ groep
           biskoppe.
        Protestante het nie aanvaar dat verlossing iets is wat verdien moet word
        nie.
        Dus ŉ vrye genadegawe van God.                                                 (20)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2016)                 RELIGIESTUDIES V2                                       7

4.2   Die verhouding tussen godsdiens en wetenskap.
         Wetenskaplike ontwikkelinge het ons wêreld op vele wyses verander.
         Op ŉ dieper vlak het wetenskap die manier waarop mense na die wêreld
         kyk, uitgedaag.
         Hoe ons die wêreld bejeën en selfs ander mense en lewende wesens
         beskou.
         Meer belangrik is dat wetenskap die fondasie van tradisionele godsdienste
         uitgedaag het.
         Die verskille tussen godsdiens en wetenskap het in die laaste vier eeue na
         vore gekom.
      [ENIGE RELEVANTE ANTWOORD MOET GEKREDITEER WORD]                                     (10)

4.3   Die impak wat Darwin se evolusieteorie op die Christelike godsdiens
         gehad het.
         Spesies bevat ŉ groot verskeidenheid klein verskille.
         Beide die wêreld en spesies verander met tyd.
         In die stryd om oorlewing sal die beter aangepaste variasies oorleef, terwyl
         die wat nie aangepas is nie, sal sukkel om te oorleef.
         Op hierdie manier kan ŉ spesie geleidelik verander en meer kompleks raak
         – deur volgens ŉ pad van suksesvolle variasies ontwikkel.
         Volgens die kreasioniste is daar geen twyfel dat God die heelal as deel van
         sy meesterplan vir die mensdom geskep het nie.
         Genesis beskryf hoe God die wêreld in sewe dae geskep het.
         God het Adam en Eva geskep, dus lyk dit asof daar nie ŉ plek vir die
         evolusieteorie in die skepping is nie.
         Darwin se werk is as kontroversieel gesien deur die kerk.
         Darwin se idee is as volg gekritiseer:
         Daar was geen bewyse in menslike geskiedenis vir die ontwikkeling van
         nuwe spesies nie.
         Daar was geen bewys dat een spesie uit ŉ ander ontwikkel het nie.
         Die poging om nuwe spesies te skep deur kruisteling is dikwels
         onsuksesvol omdat kruisings nie geteel kan word nie.
         Een van die redes waarom Darwin se teorie so ŉ groot impak op die kerk
         gehad het, is dat dit lyk asof dit ŉ alternatiewe verduideliking gee die idee
         van ŉ intelligente ontwerper nodig het nie.
         Die meeste ortodokse en konserwatiewe gelowiges dring daarop aan dat
         hierdie skeppingsmites as werklikhede gelees moet word, want indien hulle
         onwaar is, kan dit ander oortuigings en leerstellings bevraagteken.
      [ENIGE RELEVANTE FEITE MOET GEKREDITEER WORD]                                        (20)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

8                                    RELIGIESTUDIES V2                    (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 5

Bespreek die volgende konsepte kortliks soos dit in religieuse leer toegepas word:

5.1   Etiese leringe
         Etiese leringe is kodes in verskillende godsdienste wat regte en goeie
         gedrag beheer.
         Die Tien Gebooie in Judaïsme en die Christendom.
         Die wet van onvoorwaardelike liefde in Christendom.
         Die Vyf Pilare van Islam, is almal voorbeelde.
         Baie mense wat nie godsdienstig is nie, volg die etiese leringe wat as die
         Goue Reël bekend staan.
         Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê.
      [ENIGE RELEVANTE FEITE MOET GEKREDITEER WORD.]                                      (10)

5.2   Doktrine
         Die term “doktrine” is sinoniem vir lering.
         Dit het nie ŉ negatiewe konnotasie nie.
         Dit is ŉ stel godsdienstige leringe.
         Doktrines is leringe oor godsdienstige oortuigings wat deur godsdienste in
         koherente filosofiese patrone georganiseer is.
         Byvoorbeeld vroeë Christin doktrines het ontwikkel in verhouding tot die
         Griekse filosofie van die tyd.
         Die doktrine van Christus as beide God en mens het ontwikkel in
         verhouding tot die Griekse begrip van natuur en bestaan.
         Doktrines is gewoonlik bindend op navolgersvan godsdienste.
      [ENIGE RELEVANTE FEITE MOET GEKREDITEER WORD.]                                      (10)

5.3   Geloof
        Geloof is dit wat navolgers as waar beskou.
        Dit bind besondere godsdienstige gemeenskappe en is nou verbonde aan
        rituele.
        Christendom glo dat die dood en opstanding van Jesus en die gebeure van
        sy laaste ure gelei het tot die ritueel van die Avondmaal (heilige nagmaal).
        In die Afrika Tradisionele Godsdiens is die geloof in die voorvaders en hul
        voortgaande rol in die lewens van mense gebou op hul openbaring aan die
        lewendes.
        Dit kan as ŉ sinoniem vir geloof gebruik word.
        Dit kan die aanvaarding van ŉ ding, feit, ŉ verklaring, ens. beteken.
         Dit kan ook ŉ ferm opinie beteken
      [ENIGE RELEVANTE FEITE MOET GEKREDITEER WORD]                                       (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2016)               RELIGIESTUDIES V2                                     9

5.4   Mites
         ŉ Mite is ŉ soort heilige teks.
         Dit bevat dikwels historiese en figuurlike materiaal.
         Dit is nie altyd letterlik waar of feitlike weergawes nie.
         Hul intensie is om geestelike waarhede oor te dra.
         Dit word gebruik om die skepping/oorsprong en eindtyd te verduidelik.
         Dit word gebruik om gebeure soos die geboorte en dood van Jesus,
         Mohammed en Siddharta te verduidelik.
         Dit kom van die woord “Mythos’ wat fabel beteken.
         Dit verwys na godsdienstige stories waarin die waarhede oor die lewe
         bekend gemaak word.
      [ENIGE RELEVANTE FEITE MOET GEKREDITEER WORD]                                    (10)

5.5   Dogma
        Dit het twee kante van betekenisse wat relevant in die konteks van
        godsdiens is.
        Hierdie konsep verwys na ŉ beginsel , leer of sisteem soos deur ŉ
        kollektiewe godsdienstige gesag neergelê.
        ŉ Dogma het ook ŉ bygevoegde konnotasie wat van kollektiewe
        godsdienstige gesag is.
        Dogma het ŉ element van kollektiewe gesag.
        Dit word verteenwoordig deur die kollektiewe gesag soos in goddelike
        openbaring gevind word.
        Terwyl daar verskillende interpretasies van dogmas in ŉ tradisie is, is
        dogmas meer absoluut.
        Dit word gemagtig deur ŉ kollektiewe godsdienstige gesag in die plek van
        die tradisie en mag as goddelik geïnspireer oorweeg word.
        Daar is nie ŉ afsny punt tussen ŉ dogma en ŉ lering nie                        (10)
                                                                                       [50]

                                                                        TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [RLGS P2 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/rlgs-p2-s16-qp-eng/fb3270ce-1301-4d94-94fa-492518a15e14) — Religion Studies · QP · 2016 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2016-memo-afr/80ca96b9-a08f-4cbc-9946-d119dd96dbb0) — Religion Studies · Memo · 2016 · Afr
- [Religion Studies P2 Feb March 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-feb-march-2016-memo-eng/f936ce16-9501-4016-8580-bcb0ad4ebd1c) — Religion Studies · Memo · 2016 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2020 AFR](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2020-afr/4fc7414e-5627-48ef-89d0-65ccf9497f6d) — Religion Studies · Memo · 2020 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2020 ENG](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2020-eng/370b34b7-f732-49c4-b743-024b885139ce) — Religion Studies · Memo · 2020 · Eng
- [REL STUDIES P2 MEMO SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p2-memo-sept-2018-afrikaans/8a667319-4336-43ff-a856-d3395338d73b) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/280b2f45-cc59-4fda-8962-bcd5e4a7d0bb) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
