# Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 Memo

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/rlst-p1-gr12-memo-sept2015-afr-1/96ebfdbf-0ba4-4aae-9776-69483db7c4bb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/rlst-p1-gr12-memo-sept2015-afr-1/96ebfdbf-0ba4-4aae-9776-69483db7c4bb)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                   SEPTEMBER 2016

                  RELIGIESTUDIES V1
                    MEMORANDUM

PUNTE:   150

               Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

2                                      RELIGIESTUDIES V1                      (EC/SEPTEMBER 2016)

AFDELING A

VRAAG 1 (VERPLIGTEND)

1.1   1.1.1   Talmoed                                                                        (2)

      1.1.2   ekumenisme                                                                     (2)

      1.1.3   ateïsme                                                                        (2)

      1.1.4   halaal                                                                         (2)

      1.1.5   Theravada                                                                      (2)

1.2   Beskryf kortliks die volgende begrippe in die konteks van godsdiens:

      1.2.1   Doktrine

                     Die term ‘doktrine’ is ŉ sinoniem vir onderrig.
                     Die term doktrine het nie enige negatiewe konnotasie nie.
                     Dit word ook as ŉ godsdienstige lering beskou.
                     Net soos onderwys, het doktrine nie noodwendig ŉ negatiewe
                     betekenis nie.                                       (Enige 2 x 1)      (2)

      1.2.2   Ideologie

                     Hierdie konsep word oor die algemeen gebruik as ŉ
                     plaasvervanger vir godsdiens.
                     Voorbeelde is Fascisme, Marxisme, nasionalisme, ens.
                     Ideologie is nie ŉ godsdiens nie, dit het egter ŉ taamlik duidelike
                     kennis inhoud wat na aan leringe/leerbeginsels, gelowe/oortuigings
                     of leerstellings is.
                     Ideologie inspireer aanhangers met ŉ entoesiasme wat baie
                     soortgelyk aan godsdiens is.                         (Enige 2 x 1)      (2)

      1.2.3   Gelykenis

                     ŉ Gelykenis verwys na ŉ storie wat vertel word om ŉ godsdienstige
                     beginsel te illustreer of om 'n godsdienstige vraag te beantwoord.
                     Dit is gewoonlik baie kort en bevat ŉ definitiewe morele les.
                     Dit bevat godsdienstige oortuiginge/gelowe, idees, morele lesse en
                     waarskuwings.
                     Dit is gesetel in die kulturele en sosiale omgewing van die mense
                     wat dit vertel/oordra.                                  (Enige 2 x 1)   (2)

      1.2.4   Dogma

                     Hierdie geloof het ŉ dubbele betekenis, wat verband hou met die
                     konteks inhoud van hierdie religie.
                     Hierdie konsep verwys na ŉ beginsel, leerstelling of stelsel van
                     hierdie veral soos uiteengesit deur ŉ kollektiewe godsdienstige
                     gesag.
                     Dogma het ook ŉ bykomende konnotasie van kollektiewe
                     godsdienstige gesag.                                   (Enige 2 x 1)    (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2016)                   RELIGIESTUDIES V1                                        3

      1.2.5    Vergelykbaarheid:

                      Dit beteken twee of meer dinge kan met mekaar vergelyk word.
                      Dit beteken nie dat hulle eenders/dieselfde is nie.
                      Dinge kan vergelyk word en daar word kan bevind dat hulle
                      verskillend is.
                      Die ander betekenis kan wees dat dinge vergelyk kan word
                      omdat hulle geskik is om vergelyk te word.                         (2)

1.3 Noem die twee vertakkings van die Islamitiese geloof:

           Shi’a                                                                         (2)
           Sunni                                                                         (2)

1.4 Ubuntu

         Kom van die gesegde ‘Umuntu ngumuntu ngabantu’ (terminologie in
         hierdie verband van ander tale word aanvaar).
         ŉ Persoon is ŉ persoon deur sy/haar verhoudings met ander mense.
         Hierdie begrip is die essensie van die leringe in die Afrika Tradisionele
         Godsdiens.
         Dit is ŉ filosofie van gemeenskaplike gesindheid.                     (3 x 2)   (6)

1.5 Kies die woorde wat nie pas nie uit elke groep van die woorde
    hieronder.

      1.5.1    Darwin                                                                    (2)

      1.5.2    Bybel                                                                     (2)

      1.5.3    Modimo                                                                    (2)

      1.5.4    Kalief (Caliph)                                                           (2)

      1.5.5    Baha’u’llah                                                               (2)

1.6 Kies ŉ item uit KOLOM A wat by ŉ woord/beskrywing in KOLOM B pas.

      1.6.1    B                                                                         (2)

      1.6.2    E                                                                         (2)

      1.6.3    D                                                                         (2)

      1.6.4    A                                                                         (2)

      1.6.5    C                                                                         (2)

                                                            TOTAAL AFDELING A:           50

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

4                                  RELIGIESTUDIES V1                    (EC/SEPTEMBER 2016)

AFDELING B

VRAAG 2

2.1 Uniekheid van enige EEN godsdiens:
    Voorbeeld 1: Unieke eienskappe van Judaïsme

         Judaïsme is ŉ monoteïstiese religie, terwyl meeste ander religieë van
         die tyd politeïsties was.
         God (Yaweh) is regverdig en werksaam in die natuurlike en sosiale
         orde.
         God word gesien as toegerus met menslike eienskappe – vader,
         koning, herder, asook toornig en veroordelend. God is liefhebbend.
         God het ŉ verbod met die volk van Israel aangegaan.
         God het homself en sy Wet aan die Jode geopenbaar.
         God het die Jode uitverkies as draers van die besondere lig, sodat die
         wêreld die teenwoordigheid van hul God in hul geskiedenis kan sien.

     Voorbeeld 2: Unieke eienskappe van die Afrika Tradisionele Religie

        Afrika-religie het geen stigter nie, maar die oudste is die leiers.
        Alle Afrika religieë glo in God as die skepper.
        God het al die wette en taboes oor hoe om in vrede te lewe, aan die
        eerste geslag mense gegee.
        Hulle glo ook aan voorouers en rituele.
        Voorouers is tussengangers tussen God en die lewendes.
        Voorouers is geestelik en alomteenwoordig.
        Izangoma/amagqirha het voorouerlike mag om die lewendes te genees.
        Die voorouers sorg vir die welsyn van die lewendes, hoofsaaklik deur
        bemiddeling van die oudstes wat rituele en waardes mondeling aan die
        jeug oordra.
        Talle Afrika religieë is stamgroep gebaseer.
        Daar is geen besondere dag vir aanbidding nie. Rituele as sodanig
        word as heilig beskou.
        Daar is geen geskrewe heilige teks nie, maar die fokus is op morele
        lering en rituele praktyk.
        Individualisme word ontmoedig, en die lewenswyse van die
        gemeenskap is die belangrikste aspek van ubuntu.                             (10)

2.2 Geloof:

        Geloof word somtyds na verwys as ŉ godsdiens, byvoorbeeld die
        Islamitiese geloof.
        Geloof beskryf die aanvaarding van ŉ stelling of lering; hierdie word as
        die waarheid beskou deur die aanhangers van die gelowe/oortuigings.
        Geloof kan ook as vertroue en selfvertroue beskryf word.
        (Enige relevante inligting.)                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2016)                     RELIGIESTUDIES V1                                         5

2.3 Lering:

         Lering beteken om inligting te gee of om kennis te deel om sodoende
         geloof in ŉ religie te versterk.
         In godsdiens spesifiek, beteken dikwels om te leer of te onderrig deur
         stelselmatig inligting oor die onderwerp te gee.                                   (4)

2.4 Die rol van gelykenisse in godsdienstige leringe speel

         Die filosofiese onderrig van hierdie gelykenis is dat elke persoon deel is
         van die goddelike. Niemand is werklik sleg nie – dit hang van jou
         persepsie af.
         Almal word geglo het die vermoë om goed te wees, so die koning het tot
         die gevolgtrekking dat almal goed is van binne en ŉ kans gegee moet
         word.
         Die woord gelykenis verwys na ŉ storie wat vertel word om ŉ
         godsdienstige beginsel te illustreer of om ŉ godsdienstige vraag te
         beantwoord.
         ŉ Gelykenis is gewoonlik baie kort en bevat ŉ definitiewe morele les.
         Dit is baie soortgelyk aan ŉ lering.
         Die hoofverskil tussen die twee woorde is dat gelykenisse ŉ kunsvorm
         is, wat nie noodwendig die geval met leringe is nie. Die twee hou wel
         verband met mekaar.

      LET WEL:         Een voorbeeld van ŉ gelykenis sal 2 punte tel.                      (12)

2.5 2.5.1       Rol van geloof: Islam as ŉ voorbeeld

                      In Islam is daar baie min ruimte vir variasie sover dit die
                      sentrale leerstellinge van die godsdiens betref.
                      Behalwe Allah is daar geen ander God nie.
                      Mohammed is sy profeet.
                      Aan geeneen van hierdie twee pilare kan daar enigsins
                      getwyfel word nie.                                                   (10)

      2.5.2     Christenskap:

                      Ortodokse Christenskap laat geen afwyking van die heilige
                      geskrifte toe nie.
                      Daar is baie min ruimte vir verskillende interpretasies.
                      Dié wat wel afwyk van die geloof, kan sekere sosiale gevolge
                      ervaar.
                      In die verlede het sommiges met hul lewens geboet.                   (10)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

6                                   RELIGIESTUDIES V1                    (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 3

3.1 Gedragskode vir godsdienstige verdraagsaamheid

        Alle kandidate is vry om enige godsdiens van hul keuse te kies en
        daaraan deel te neem.
        Bywoning van godsdienstige praktyke en byeenkomste is vrywillig en
        oop vir enigeen.
        Heilige dae van alle godsdienste sal dieselfde behandel word.
        Godsdienstige drag sal op spesiale heilige dae toegelaat word.

     LET WEL:        Enige geldige punt wat ooreenstem met die Grondwet van
                     Suid-Afrika en wat godsdiensvryheid en -verdraagsaamheid
                     bevorder, moet aanvaar word.                                         (8)

3.2 Vergelyking van die sieninge oor godsdienstige vryheid

        Tydens die Apartheidsera is slegs die Christelike godsdiens as
        staatsgodsdiens aanvaar. / Christendom was die dominante godsdiens.
        Christelike Nasionale Onderwys was die staat se onderwysbeleid.
        Staatsfondse is gebruik om die salarisse van slegs sekere Christen-
        leraars te betaal.
         In ŉ demokratiese Suid-Afrika geniet alle godsdienste gelyke status.
        Religiestudies is ŉ NSS-vak wat verskillende godsdienste bestudeer.
        Dit het Bybelkunde en ander vakke wat slegs op een godsdiens fokus,
        vervang.
        Die vryheid van godsdienste is in ons Grondwet vervat.
        By alle staats- en amptelike openinge is gebede universeel of
        multigodsdienstig van aard.

     LET WEL:        Kandidate moet punte kry vir soortgelyke, geldige punte.            (12)

3.3 Bespreek die rol/bydrae van enige EEN religieuse leier/organisasie
    bv.

        Die visie van ŉ Wêreldkonferensie van Religie en Vrede het in die 19de
        eeu ŉ aanvang geneem toe ŉ Wêreldparlement van Religieë in 1893 in
        Chicago gehou is.
        Religieuse leiers het twee konferensies in die VSA georganiseer.
        Die besluit wat in Kyoto geneem is om ŉ inter-religieuse liggaam te stig.
        Die laaste konferensie in Kaapstad in 1999 het 7 000 mense gelok.
        Doen bemiddeling tussen vegtende groepe in lande soos Sierra Leone.
        Help met heropbou.
        Dit het ŉ program om kinders in Afrika wat met HIV en Vigs geaffekteer
        is te help.
        Dit het ŉ program om armoede en siekte aan te spreek.                            (10)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2016)                 RELIGIESTUDIES V1                                        7

 3.4    Die konsep menseregte met spesiale verwysing na godsdiens.

            Mense het die reg op lewe.
            Mense het die reg op menswaardigheid.
            Mense het die reg op skuiling/beskutting.
            Die wet diskrimineer nie teen enige mens gebaseer op ras of geloof
            nie.
            Voorbeeld in Christelike geloof: “Jy mag nie moord pleeg nie.” – Tien
            Gebooie.                                                                  (10)

 3.5    Godsdienstige vryheid:

            Godsdiens vryheid kan beskou word as die handeling om mense van
            ŉ spesifieke gebied die geleentheid te gee/in staat te stel ŉ godsdiens
            van hul eie keuse beoefen.
            Dit beteken vryheid van keuse met betrekking tot watter
            godsdiens/geloof aan te hang.
            Mense in ŉ spesifieke land is vry om enige godsdiens op te neem.
            Dit beteken ook dat enigiemand, op enige plek, die vryheid het om te
            glo wat hulle wil oor God.
            Dit beteken ook dat mense vry is om aktief die godsdiens van hulle
            keuse te volg en te beoefen.

        VOORBEELD:        Die Suid-Afrikaanse Grondwet laat godsdienstige
                          vryheid toe en verbied enige onregverdige
                          diskriminasie op grond van godsdienstige oortuigings.       (10)
                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

8                                   RELIGIESTUDIES V1                    (EC/SEPTEMBER 2016)

 VRAAG 4

 4.1    4.1.1   Voorbeeld en kort geskiedenis van die konflik

                Voorbeeld A: Godsdienstige konflik in Ayodhya

                     Die Babri moskee was 500 jaar gelede in Ayodhya gebou.
                     Hindoes hou nog altyd vol dat die moskee op die
                     geboorteplek van Heer Rama gebou was.
                     Die tempel was vernietig om die moskee te bou.
                     Etlike argeologiese bewyse meen dat dít waar kan wees.
                     In Desember 1992 het ŉ paar Hindoes die moskee
                     afgebreek.
                     Die saak is aan die Hooggeregshof van Uttar Pradesh
                     oorhandig.

                Voorbeeld B: Die Darfoer-konflik

                     Die Darfoer-konflik in Suid-Soedan het meer as 100 jaar
                     gelede begin.
                     Die hoofverdeeldheid/skeidings was etnies/stam en kultureel
                     van aard.
                     Godsdiens was nie ŉ radikale bron van verdeling nie.
                     Die meeste mense in Darfoer is Sunni-Moslems, soos die
                     regering van Kartoem.
                     Daar is ŉ paar Christene en ATR-volgelinge in die suide.
                     Droogte het verhoogde kompetisie vir beperkte hulpbronne
                     tot gevolg gehad en dit het tot konflik tussen die nomades en
                     boere gelei.
                     In 1983 was daar burgeroorlog toe die Moslem-regering
                     probeer het om die Islamitiese wet in die suide af te dwing.
                       (Enige ander redelike scenario moet gekrediteer word.)         (10)

        4.1.2   Godsdienstige konflik in Ayodhya as voorbeeld

                     Nadat die saak vir baie dekades in die hof gelê het, het die
                     hooggeregshof in September 2010 uitspraak gelewer.
                     Die hof het die eiendom onder dispuut in drie dele
                     onderverdeel.
                     Die verontregte partye was ongelukkig en die appèlsaak word
                     in die Hooggeregshof van Indië aangehoor.

                Darfoer-konflik as voorbeeld

                     In 2005 het Suid-Afrika ŉ vredesooreenkoms tussen die
                     Noorde en die Suide bemiddel.
                     Konflik het egter voortgeduur.
                     In 2006, het President Omar Bashir die Verenigde Volke se
                     betrokkenheid om die dispuut by te lê, teengestaan.
                     Daar was harmonieuse betrekkinge met die Kartoem-
                     regering.                                                        (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2016)                  RELIGIESTUDIES V1                                         9

        4.1.3     Voorbeeld A

                      Baie beweer dat politieke leiers die godsdienstige sentimente
                      gebruik het om hulle eie belange te bevorder.
                      Hindoes en Moslems het vir baie dekades in dieselfde
                      struktuur gebid.
                      Die dispuut is op ŉ volwasse wyse deur die mense van
                      Ayodhya gehanteer.
                      Toe nasionale politieke leiers en fundamentalistiese
                      godsdienstige leiers by die dispuut aangesluit het, het die
                      saak buite beheer geraak.
                      Baie mense het hulle lewens in hierdie dispuut, wat deur
                      vurige politieke en godsdienstige leiers gelei was, verloor.

                  Voorbeeld B

                      Godsdiens is nie ŉ radikale bron van verdeling nie.
                      Die meeste mense aan beide kante van die konflik is Sunni
                      Moslems.
                      Godsdiens het ŉ indirekte rol in die 1983-burgeroorlog
                      gespeel.
                      Godsdienste het ŉ groot rol gespeel om te probeer help.
                      Twee godsdienstige organisasies wat betrokke was, was die
                      Islamitiese Verligtingsagentskap (‘Islamic Relief Agency’) en
                      Die Katolieke Agentskap vir Oorsese Ontwikkeling.
                      Hierdie hulp het die bou van klinieke en skole en die herstel
                      van die infrastruktuur ingesluit.
                      Die konflik het egter voortgegaan.                               (10)

        4.1.4     Opsomming van jou bevindings: Voorbeeld A

                      Die houding van die mense teenoor die dispuut het aansienlik
                      volwasse geword.
                      Die laaste hofuitspraak is met akademiese insig/begrip
                      ontvang.
                      Geen geweld was gerapporteer nie.
                      Godsdienstige en politieke leiers het onderneem om op ŉ
                      beheerste wyse op te tree en nie die mense se emosies op te
                      sweep nie.
                      Dít het vrede tot gevolg gehad.
                      Die godsdienstige leiers het godsdiens gebruik om eenheid te
                      bewerkstellig.

                  Opsomming van jou bevindings: Voorbeeld B

                      Die konflik was nie godsdienstig van aard nie.
                      Dit was sosio-ekonomies van aard.
                      Internasionale en godsdienstige liggame het beide ŉ rol in die
                      beëindiging van die konflik gespeel.
                      Daar is nou ŉ harmonieuse verhouding tussen die Noorde en
                      die Suide.                                                         (4)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

10                                 RELIGIESTUDIES V1                     (EC/SEPTEMBER 2016)

 4.2    4.2.1   Oorsaak van die onluste

                     Moslems was ontsteld oor die spotprente van die profeet
                     Mohammed van in ŉ Deense koerant verskyn het.
                     Hulle het dit as godslastering beskou.
                     Hulle het Christene in Noord-Nigerië aangeval.
                     Die aanvalle was weerwraak vir aanvalle deur Moslems op
                     Christene in Noord-Nigerië.

                LET WEL:      Die vraag vra net een punt en hier moet die leerder
                              met vier punte gekrediteer word al het hy net een
                              punt genoem.                                              (4)

        4.2.2   Moontlike gevolge van die onluste

                     Daar kan verdere godsdienstige geweld plaasvind.
                     Daar kan intergodsdienstige dialoog en probleemoplossing
                     wees.
                     Die polisie/staat kan blameer word dat hulle kant kies, wat
                     tot verdere geweld sal lei.
                     Godsdienstige leiers moet ŉ beroep doen op hul volgelinge
                     om kalm te bly.
                     Die ekonomie van die land gaan negatief beïnvloed word.
                     Dit sal lei tot deurlopende geweld of oorlog.
                     Dan sal dit lei tot wetteloosheid.                                 (6)

        4.2.3   Dink jy die artikel stel ŉ gebalanseerde siening voor?

                     Ja. Dit blameer nie een van die godsdienste of kies kant
                     nie.
                     Dit noem die oorsaak as die Deense spotprente.
                     Dit is feitelik.

                                                OF

                     Nee, dit sê niks van die verband tussen die spotprente en
                     die geweld nie.
                     Dit impliseer dat Moslems die oproer begin het, maar is stil
                     oor die rol van Christene in Noord-Nigerië.                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2016)                 RELIGIESTUDIES V1                                    11

        4.2.4     Bied die media oor die algemeen godsdienstige kwessies
                  op ŉ gebalanseerde, onpartydige wyse aan:

                      Ja, alle godsdienste word gelyke dekking gegee soos op
                      SABC TV- en radioprogramme.
                      Die groot godsdienste word roterend gedek.
                      Die godsdienstige nalewing van alle godsdienste word
                      dekking in die gedrukte media gegee, bv. Post, Daily News,
                      ens. dek Diwali, Eid, Kersfees, Yom Kippur, ens.
                      Dit word gedoen uit die oogpunt van gelowiges van daardie
                      godsdiens.

                                               OF

                      Nee.
                      Veral die Westerse media koppel aanvalle deur sekere
                      individue aan spesifieke godsdienste.
                      Die wat sogenaamd selfmoordbomaanvalle in besette
                      gebiede uitvoer, word jihadiste genoem.
                      Terwyl in berigte van ‘terroriste’-aanvalle wat in die VSA
                      deur VS-burgers gemaak word, nie godsdiens noem nie, bv.
                      die onlangse aanval op die VS-inkomstekantore deur ŉ
                      ongelukkige belastingbetaler.                                 (6)
                                                                                    [50]

                                                         TOTAAL AFDELING B:          100
                                                             GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [RLST P1 GR12 QP SEPT2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/rlst-p1-gr12-qp-sept2015-afr/9f71cbed-dfb5-4595-9c31-8b5d0102935d) — Religion Studies · QP · 2015 · Afr
- [Religion Studies P1 June July 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-june-july-2015-memo-afr/f9415f54-8ae8-422d-bd02-81008fd83e3f) — Religion Studies · Memo · 2015 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2015-memo-afr/b92eeeee-301a-4eb0-b2a3-23c9ac667189) — Religion Studies · Memo · 2015 · Afr
- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT201 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-memo-sept201-afrikaans/4054664c-2e08-4558-bd57-3300b495a7b3) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2017-afrikaans/36e4e58d-a9d6-468e-84e7-196ae70761ff) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 English](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2017-english/931bf60c-5a70-46da-bd4e-e8c6403f13d3) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
