# Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 Memo

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/rlst-p1-gr12-memo-sept2015-afr/3c5ff637-ec20-4b3c-8aee-61b21eb27f30
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/rlst-p1-gr12-memo-sept2015-afr/3c5ff637-ec20-4b3c-8aee-61b21eb27f30)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2015

                    RELIGIESTUDIES V1
                      MEMORANDUM

PUNTE:   150

                 Hierdie memorandum bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   RELIGIESTUDIES V1                      (EC/SEPTEMBER 2014)

 AFDELING A

 VRAAG 1 (VERPLIGTEND)

 1.1 Vul die ontbrekende woorde in.

      1.1.1    In Judaïsme staan die primêre geskrifte gesamentlik as die Tanak
               bekend.                                                                  (2)

      1.1.2    Die Pali Kanon is ŉ heilige geskrif van Boeddhisme.                      (2)

      1.1.3    Die Afrika Tradisionele Godsdiens het nie ŉ spesiale dag van
               aanbidding nie.                                                          (2)

      1.1.4    Die Koran is in die Arabiese taal geskryf.                               (2)

      1.1.5    Die Upanishads is heilige tekste van Hindoeïsme.                         (2)

 1.2 Kies ŉ tem in KOLOM B wat pas by ŉ woord in KOLOM A.

      1.2.1    C                                                                        (2)

      1.2.2    E                                                                        (2)

      1.2.3    A                                                                        (2)

      1.2.4    B                                                                        (2)

      1.2.5    D                                                                        (2)

 1.3 Kortliks verduidelik die volgende konsepte.

      1.3.1    Eendersheid − Om soortgelyk te wees. Om baie ingemeen te hê.             (2)

      1.3.2    Verskil − Beteken ŉ punt waar dinge nie dieselfde is nie.                (2)

      1.3.3    Dogma − ŉ beginsel of leerstelling, of ŉ stelsel daarvan, veral soos
               neergelê deur ŉ kollektiewe godsdiensowerheid. OF ŉ beginsel
               van onderrig wat op godsdienstige outoriteit gebaseer is.                (2)

      1.3.4    Ideologie − Dit verwys na ŉ vervanging van die term godsdiens.
               OF Dit is ŉ stelsel van oortuiginge wat nie op outoriteit gebaseer is
               nie.                                                                     (2)

      1.3.5    Allegorie − Dit is soortgelyk aan ŉ gelykenis. Dus ŉ storie wat
               vertel word om ŉ leerstelling te illustreer. Dit word nie beperk om ŉ
               enkele stelling te maak nie.                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2014)                RELIGIESTUDIES V1                                       3

 1.4 Van elke groep kies die een wat nie pas nie.

       1.4.1    Sion-Christenkerk, Naseret-baptiskerke, Ibandla lamaNazaretha),
                Internasionale Pinkster Christenkerke, METHODISTE KERK               (2)

       1.4.2    Kitab-i-Aqdas, Baha’u’llah, Bahai, ROME.                             (2)

       1.4.3    Jesus Christus, Profeet Mohammed, Siddharta Gautama, DALAI
                LAMA                                                                 (2)

       1.4.4    Martin Luther, Isaiah Shembe, Abraham, WILLIAM
                SHAKESPEARE.                                                         (2)

       1.4.5    Mekka, Moria, NEW YORK, Jerusalem.                                   (2)

       1.4.6    Nuwe Testament, Ou testament, Vedas, DIE
                VRYHEIDSMANIFES.                                                     (2)

 1.5 Hulle almal glo in die bestaan van slegs EEN GOD.                               (2)

 1.6    Hierdie woord verwys na die skep van standaarde, geneig om
         standaarde te skep of te laat verlaag/val/daal.
        Dit bevestig ook hoe dinge moet wees.                                       (4)

 1.7 Kitab-i-Aqdas                                                                   (2)

                                                           TOTAAL AFDELING A:        50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 RELIGIESTUDIES V1                     (EC/SEPTEMBER 2014)

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   Kortliks bespreek die rol van die voorvaders:

          Die voorvaders is die boodskappers van die skepper, toesighouers
           van die fisiese wêreld.
          Die voorvaders sorg vir die welstand van die lewendes, hoofsaaklik
           deur die ouer garde.
          Hulle leer die jeug verbaal en deur rituele.
          Help met die oordra van tradisie (godsdiens) van een geslag na die
           volgende.
          Hulle onthul hulself aan die lewendes deur drome en visioene.            (10)

2.2   Algemene eienskappe tussen Hindoeïsme en Boeddhisme.
      *Leerders kan na enige vyf van die volgende verwys:

          Reïnkarnasie: Jou siel word gereïnkarneer in die liggaam van ŉ
           ander wese wat van jou huidige lewensstyl afhang. Beide glo in
           reïnkarnasie.
          Verlossing: ŉ Mens moet self vir verlossing streef. (vir Boeddhisme –
           die agtvoudige pad en vir Hindoeïsme – volg jou dharma)
          Verligting: Daar is baie paaie na verligting – een manier is om
           gevoelens en begeertes te oorkom.
          Lydings: Dit word veroorsaak deur geheg te wees aan mense en
           dinge in die fisieke wêreld. Dus moet ons onsself van hierdie
           begeertes vrymaak.
          Gebruike: Daar is ŉ benadrukking van die gebruik van meditasie en
           ander vorme van joga, as ŉ manier om waarheid en vryheid te bereik.
          Verdraagsaamheid: Beide Boeddhisme en Hindoeïsme blyk
           verdraagsame religieë te wees, wat argumenteer dat alle religieë
           paaie na ŉ groter waarheid is.
          Beide het heilige geskrifte.
          Beide voer rituele uit.
          Beide vier spesiale heilige dae.
          Beide het in Indië ontstaan.                                             (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2014)                 RELIGIESTUDIES V1                                        5

2.3    2.3.1    Uniekheid: enige VYF van die volgende antwoorde:

                 Dit versterk die gelowiges se geloof.
                 Dit identifiseer die godsdiens tussen ander godsdienste.
                 Dit help die gelowiges op sy lewenspad.
                 Dit help die gelowiges om in die geestelike lewe te verenig as
                  ŉ eenheid met ander gelowiges.
                 Dit help lede om te identifiseer wie aan die geloof behoort en
                  wie nie.
                 Dit help gelowiges verduidelik hoekom hulle die geloof gekies
                  het.                                                               (10)

       2.3.2    (Christelike godsdiens word as voorbeeld gebruik.)

                 Daar word daarna as ŉ monoteïstiese godsdiens, geloof in een
                  God, verwys.
                 Hulle glo in die lewe na die dood in die konteks van ŉ
                  oordeelsdag.
                 Hulle glo in die bestaan van engele.
                 Hulle glo in profete.
                 Hulle glo in die bestaan van hemel en ŉ hel.
                 Hulle glo in die opstanding uit die dood.                          (10)

2.4        Verstaan ooreenkomste en verskille.
           Ontdek gemeenskaplike kenmerke.
           Verstaan hoe godsdienste verskil sonder om hulle te kritiseer.             (6)

2.5        Behalwe dat hulle verskil, het godsdienste ook ooreenkomste.
           Intergodsdienstige bewegings fokus op ooreenkomste eerder as
            verskille.
           Intergodsdienstige bewegings bevorder verdraagsaamheid.
           Intergodsdienstige bewegings kan tot ŉ vreedsame bestaan bydra.           (4)
                                                                                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  RELIGIESTUDIES V1                     (EC/SEPTEMBER 2014)

VRAAG 3

3.1    Menseregte
       (Boeddhisme en Christelike geloof as voorbeelde.)

       Boeddhisme
        Almal is bang vir straf.
        Lewe is kosbaar vir almal.
        Om jouself met ander te vergelyk.
        Mense moet nie moord pleeg of moord veroorsaak nie.

       Christelike godsdiens:
        Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
        Jy het my gestuur om die goeie nuus aan die armes oor
           te dra.
        Om vryheid aan die gevangenes te verkondig en om verdruktes vry te
           laat.
        Die mense van God moet geestelik en in ander aspekte van die lewe
           vry te wees.
        Doen aan ander wat jy wil hê hulle aan jou moet doen.                       (10)

3.2    Godsdiensvryheid
          In Islam word daar gesê dat daar nie ŉ verpligting in godsdiens moet
           wees nie.
          In Hindoeïsme word daar gesê dat, net soos alle riviere na die see
           vloei, lei alle paaie na God.
          Volgens die Grondwet van Suid-Afrika het elkeen die reg tot vryheid
           van gewete, godsdiens, geloof, denke en opinie.
          Godsdienstige aktiwiteite mag by ŉ staats- of staatsondersteunende
           instelling beoefen word, maar sulke aktiwiteite moet die reëls van
           die betrokke openbare gesag volg.
          Dit moet op ŉ gelyke basis beoefen word en bywoning moet vry en
           vrywillig wees.
          Die reg dek nie die goedpraat van haat wat gebaseer is op ras,
           etnisiteit, geslag of godsdiens en wat opsweping tot geweld insluit.      (10)

3.3    Regte en verantwoordelikhede
          Regte is in die Verenigde Nasie se Universele Verklaring van
           Menseregte vasgelê.
          Die Suid-Afrikaanse Grondwet beskerm ook hierdie regte.
          Dit is egter belangrik om te weet dat alle regte ook beperkinge het.
          Geen godsdiens moedig geweld tydens die uitdrukking van
           frustrasie en ontevredenheid uit nie.
          Regte sluit nie aanstigting/aansporing tot geweld in nie.
          Godsdienste moet vrede en harmonie onder mense aanmoedig.                 (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2014)                 RELIGIESTUDIES V1                                      7

3.4    3.4.1    Media
                 Die media gee mense inligting oor dinge wat rondom hulle
                  plaasvind.
                 Mense kyk na die inligting en vorm menings/opinies.
                 Hierdie opinies inspireer reaksie en optrede/gedrag.
                 Selfs wanneer die media probeer om objektief te wees, bied
                  hulle tog ŉ standpunt aan.
                 Onverantwoordelike verslagdoening kan potensieel
                  onverdraagsame neigings tussen sommige godsdienste
                  aanvuur.
                 Bevooroordeelde verslagdoening kan belangrike kenmerke van
                  godsdienste ondermyn.
                 Oningeligte verslagsdoening kan die reputasie van party
                  godsdienste skade aandoen.
                 Onverantwoordelike verslagdoening kan onderliggende
                  spanning in ŉ gemeenskap aanvuur.                                 (10)

       3.4.2    Doodstraf (Afrika Tradisionele Religie – AGT as voorbeeld
                gekies)
                 Verskeie ATG-gemeenskappe verskil in die wyse waarop hulle
                  onregverdighede in hul gemeenskappe hanteer.
                 Tradisioneel het alle groepe daarop aangedring dat kriminele
                  op ŉ toepaslike wyse hanteer word.
                 Tradisioneel is moordenaars permanent uitgedryf.
                 Dit het as ŉ sterk afskrikmiddel vir antisosiale gedrag gedien.
                 In ATG is mense nie toegelaat om die wet in eie hande te
                  neem nie.
                 In plaas daarvan moes die gemeenskap waarin hulle gewoon
                  het die wet toepas/geregtigheid laat geskied.                     (10)
                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  RELIGIESTUDIES V1                    (EC/SEPTEMBER 2014)

 VRAAG 4

 4.1   Godsdiens en Konflik

       Probleem (nee)
        Die aanneem van wette deur ŉ regering wat op die oortuigings van ŉ
          spesifieke godsdiens gebaseer is.
        Mense met ŉ ander godsdienstige agtergrond kan dalk nie daardie
         wette aanvaar nie want dit is onversoenbaar met hulle oortuigings.
        Mag oor ander etniese, nasionale of rassegroepe.
        In sommige gevalle probeer politieke partye godsdiens vir hul eie
         gewin manipuleer.
        Politieke partye regverdig ook oorlog op godsdienstige gronde.             (10)
       4.1.2    Godsdiens as deel van oplossing:
                Die mense betrokke by die konflik is lede van die verskillende
                  godsdiensgroepe in die gemeenskap en hulle moet na hulle
                  godsdienstige leiers/luister/gehoorsaam.
                Die godsdiensleiers kan tydens byeenkomste met gelowiges
                  praat en geweld ontmoedig.
                Godsdiensleiers moet saamspan met ander
                  gemeenskapsleiers om in te gryp en saam werk om vrede te
                  herstel en te behou.
                Deur hulle leiers kan godsdiensgroepe deel wees van
                  besluitneming oor beleide om te verseker dat beleide so
                  ontwerp word dat geen groep in die gemeenskap ondermyn
                  word nie.
                Godsdiens het ŉ waardigheid om te behou.
                Dit is ŉ manier, gebaseer op godsdienstige leringe, wat gebruik
                  kan word om die nuus dat vrede noodsaaklik is vir
                  naasbestaan, te versprei.                                         (10)

 4.2   Leerders kan van die volgende gebeure noem, asook ander wat hulle
       bestudeer het:

        1996 − die nuwe Suid-Afrikaanse Grondwet en Handves van Regte
         word afgekondig, wat gelykheid religieë en geloofsvryheid beskerm.
        1997 − President Nelson Mandela doen ŉ beroep op religieuse
         gemeenskappe om saam te werk om ŉ vrye en regverdige Suid-Afrika
         te bou en dit het tot die stigting van die Nasionale Religieuse
         Leiersforum (NRLF) gelei.
        1999 − ŉ Sedespitsberaad word gehou.
        1999 – Die Wêreldparlement van Religieë word in Kaapstad gehou.
        2010 – Suid Afrika aanvaar die Handves van Barmhartigheid, wat alle
         mense, ongeag hulle religie, daartoe verbind om te werk vir
         barmhartigheid en om vrede in die wêreld op plaaslike, nasionale en
         globale vlakke te bewerkstellig.                                           (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2014)                 RELIGIESTUDIES V1                                         9

 4.3     In 1997 is die Nasionale Godsdienstige Leiersforum gestig.
         Dit het uit die leiers van die verskillende godsdienste wat in Suid-Afrika
          voorkom bestaan.
         Hulle doelwit was om te help om ŉ gemeenskap te skep wat moreel en
          deernisvol is.
         Die grondwet van die land waarborg dat alle godsdienste dieselfde
          behandel word.
         Skoolvakke soos Lewensoriëntering en Religiestudies handel oor
          godsdienste om begrip, respek en verdraagsaamheid te kweek.                  (10)

 4.4 Leerders kan die volgende punte in hul antwoorde insluit:

         1893: Die Wêreldparlement van Religieë is gestig.
         Die Unitêre en Universele kerke is die hoofstigters.
         Alle religieë − Westerse en Oosterse – word verteenwoordig (Die
          insluiting van Oosterse gelowe wan ŉ deurbraak a.g.v, die inleiding van
          Hindoeïsme aan die Weste deur Swami Vivekenanda.
         Inheemse religieë is aanvanklik nie verteenwoordig nie.
         1993: Die tweede parlement word in Chicago gehou.
         Besluit word geneem om die parlement elke vyf tot ses jaar in
          verskillende stede te hou.
         Dokument getiteld, “Towards a Global Ethic” was die uitkoms.
         1999: Parlement word in Kaapstad gehou, met verteenwoordiging van
          die meeste van die wêreld se religieë.
         2004: Parlement was in Barcelona gehou, met die fokus op religieë en
          globale uitdagings, bv. oorlog, religieuse konflik, dwelmhandel,
          armoede, aardverwarming, ens.
         2014: Die volgende parlement was in Brussel gehou.                           (10)
                                                                                       [50]

                                                           TOTAAL AFDELING B:           100
                                                               GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

## Related documents

- [RLST P1 GR12 QP SEPT2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/rlst-p1-gr12-qp-sept2015-afr/9f71cbed-dfb5-4595-9c31-8b5d0102935d) — Religion Studies · QP · 2015 · Afr
- [Religion Studies P1 June July 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-june-july-2015-memo-afr/f9415f54-8ae8-422d-bd02-81008fd83e3f) — Religion Studies · Memo · 2015 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2015-memo-afr/b92eeeee-301a-4eb0-b2a3-23c9ac667189) — Religion Studies · Memo · 2015 · Afr
- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT201 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-memo-sept201-afrikaans/4054664c-2e08-4558-bd57-3300b495a7b3) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2017-afrikaans/36e4e58d-a9d6-468e-84e7-196ae70761ff) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 English](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2017-english/931bf60c-5a70-46da-bd4e-e8c6403f13d3) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
