# Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/rlst-p1-gr12-qp-sept2015-afr/9f71cbed-dfb5-4595-9c31-8b5d0102935d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/rlst-p1-gr12-qp-sept2015-afr/9f71cbed-dfb5-4595-9c31-8b5d0102935d)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2015

                   RELIGIESTUDIES V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                                *RLSDM1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   RELIGIESTUDIES V1               (EC/SEPTEMBER 2015)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
       AFDELING A en AFDELING B.

 2.    AFDELING A is VERPLIGTEND.

 3.    AFDELING B bestaan uit drie vrae waarvan TWEE vrae beantwoord moet
       word.

 4.    Lees AL die vrae aandagtig deur voordat jy ŉ keuse maak.

 5.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
       hierdie vraestel gebruik word.

 6.    Die lengte van jou antwoord moet in ooreenstemming wees met die punte
       wat aan elke vraag toegeken word.

 7.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                   RELIGIESTUDIES V1                                      3

 AFDELING A

 Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling.

 VRAAG 1 (VERPLIGTEND)

 1.1 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) in te vul. Skryf
     slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.5) in die
     ANTWOORDEBOEK neer. Kies die antwoord uit die lys wat voorsien
     word.

            Aanbidding; Arabiese; Pali Kanon; Tanak; Upanishads; Septuagint

       1.1.1    In Judaïsme staan die primêre geskrifte gesamentlik bekend as             (2)
                die …

       1.1.2    Die … is ŉ heilige skrif van Boeddhisme.                                  (2)

       1.1.3    Afrika Tradisionele Godsdiens het nie ŉ spesiale dag van … nie.           (2)

       1.1.4    Die Koran is in die … taal geskryf.                                       (2)

       1.1.5    Die … is heilige tekste van Hindoeïsme.                                   (2)

 1.2 Kies ŉ item uit KOLOM B wat pas by ŉ woord/beskrywing in KOLOM A.
     Skryf slegs die letter (A−E) langs die vraagnommer (1.2.1−1.2.5) in die
     ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 F.

                     KOLOM A                                 KOLOM B
       1.2.1    Ateïsme                         A     verering van die voorvaders

       1.2.2    Drie-eenheid                    B     elke aksie het ŉ gevolg

       1.2.3    Afrika Tradisionele             C     ontkenning van die nuttigheid
                Godsdiens                             van godsdiens

       1.2.4    Karma                           D     streng navolgelinge van
                                                      geskrifte en leringe

       1.2.5    Ortodoks                        E     God manifesteer as drie
                                                      persone
                                                                             (5 x 2)    (10)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 RELIGIESTUDIES V1                    (EC/SEPTEMBER 2015)

 1.3 Definieer kortliks die volgende begrippe in die konteks van godsdiens:

      1.3.1    Eendersheid                                                            (2)

      1.3.2    Verskil                                                                (2)

      1.3.3    Dogma                                                                  (2)

      1.3.4    Ideologie                                                              (2)

      1.3.5    Allegorie                                                              (2)

 1.4 Kies die woord in elke groep woorde hieronder wat NIE pas NIE. Skryf
     slegs die woord langs die vraagnommer (1.4.1−1.4.6) in die
     ANTWOORDEBOEK neer.

      1.4.1    Sion-Christenkerk, Naseret-baptiskerke (Ibandla lamaNazaretha),
               Intenasionale Pinkster Christenkerk, Methodistekerk                    (2)

      1.4.2    Kitab-i-Aqdas, Baha’u’llah, Bahai, Rome                                (2)

      1.4.3    Jesus Christus, Profeet Mohammed, Dalai Lama, Siddharta
               Gautama                                                                (2)

      1.4.4    Martin Luther, Isaiah Shembe, Abraham, William Shakespeare             (2)

      1.4.5    Mekka, Moria, New York, Jerusalem                                      (2)

      1.4.6    Nuwe Testament, Ou Testament, Vedas, Die Vryheidsmanifes               (2)

 1.5 Waarom word die Christelike godsdiens, Judaïsme en Islam monoteïstiese
     godsdienste genoem?                                                              (2)

 1.6 Definieer die konsep normatiewe bron.                                            (4)

 1.7 In watter boek word die meeste van Baha’u’llah se doktrines gevind?              (2)

                                                         TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                      RELIGIESTUDIES V1                                              5

 AFDELING B

 Beantwoord enige van die TWEE vrae in hierdie afdeling.

 VRAAG 2

 2.1    Bespreek kortliks die rol van die voorvaders as ŉ unieke kenmerk in
        Afrika Tradisionele Religie.                                                                (10)

 2.2    Noem gemeenskaplike kenmerke wat tussen Hindoeïsme en Boeddhisme
        bestaan.                                                                                    (10)

 2.3    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

        Elke godsdiens het sommige oortuiginge wat nie onderhandelbaar is nie,
        oortuiginge wat alle volgelinge deel. Byvoorbeeld Jode, Christene en
        volgelinge van die Afrika Tradisionele Godsdiens glo in een God. Binne
        die meeste godsdienste, verskil geloofstrukture egter van een denkwyse
        na ŉ volgende.       Byvoorbeeld in Boeddhisme verskil Theravada,
        Mahayana en Vajrayana oor hoe Boeddhistiese oortuiginge in die lewe
        toegepas moet word ...

                [Bron: Aangepas en vertaal uit Shuters Religion Studies Grade 12, Hofmeyer et al,
                                                                                     bladsy 105]

        2.3.1      Skryf die funksies wat deur die uniekheid van ŉ godsdiens vervul
                   word, neer.                                                                      (10)

        2.3.2      Beskryf kortliks die unieke kenmerk van enige EEN van die
                   godsdienste.                                                                     (10)

 2.4    Noem DRIE voordele om die vergelykbaarheid van godsdienste te
        bestudeer.                                                                                   (6)

 2.5    Gee TWEE redes waarom die vorming van intergodsdienstige bewegings
        eenheid sal bevorder.                                                                        (4)
                                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                      RELIGIESTUDIES V1                            (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 3

 3.1    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat volg.

        “Alle mense word vry en gelyk in waardigheid en regte gebore. Hulle
        ontvang rede en gewete en moet in die gees van broederskap teenoor
        mekaar optree.”

              [Bron: Aangepas en vertaal uit Universal Declaration of Human Rights uit Shuter’s
                                  Religion Studies Grade 12 deur Hofmeyer et al, bladsy 168]

        In die lig van die bogenoemde stelling, bespreek uit enige TWEE
        godsdienste hoe die idee van menseregte ondersteun word.                                  (10)

 3.2    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat volg.

        “Respek vir die regte en waardigheid van ander is nie ŉ onpraktiese
        godsdienstige idee nie, maar ŉ noodsaaklike bestanddeel in die
        ontwikkeling van gesonde, vry en welvarende gemeenskappe.”

                [Bron: Aangepas en vertaal uit Focus Grade 12 deur R. Donne et al, bladsy 78]

        In die konteks van die aanhaling hierbo, dui aan hoe godsdiensvryheid in
        die samelewing aangemoedig word.                                                          (10)

 3.3    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat volg.

        “Die meeste godsdienste sal die Handves van Menseregte, soos vasgelê
        in Hoofstuk 2 van die Suid-Afrikaanse Konstitusie, onderskryf. Hulle sal
        in meerdere mate saamstem met afdelings wat handel oor
        godsdiensvryheid, vryheid van spraak en verwante artikels. Hierdie regte
        gaan egter met verantwoordelikhede gepaard.

        Daar was onlangs regoor die land gewelddadige protesoptredes toe
        mense hulle ontevredenheid oor dienslewering uitgespreek het. Party
        mense het gesterf en eiendom is vernietig.”

                                                                             [Bron: Onbekend]

        As ŉ godsdienstige jeugleier, hoe sou jy die jeug van ander godsdienste
        in Suid-Afrika raad gee oor hoe om regte en verantwoordelikhede tydens
        jeugaktiwiteite te balanseer?                                                             (10)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)               RELIGIESTUDIES V1                                      7

 3.4    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

        “Mediadekking is uiters sensitief wanneer kwessies waar openbare
        mening baie kan verskil, byvoorbeeld in politiek en godsdiens, bespreek
        word. Daar word steeds oor die herinstelling van die doodstraf in Suid-
        Afrika gedebatteer. Hierdie debat het beide politieke en godsdienstige
        implikasies. Let egter daarop dat die standpunt deur die media meer
        dikwels die standpunt van ŉ individu is.”

                                                                  [Bron: onbekend]

        3.4.1    Verduidelik kortliks die invloed op godsdiens van
                 onverantwoordelike of verantwoordelike mediaverslagdoening oor
                 wat in die samelewing aangaan, veral oor godsdiensverwante
                 kwessies.                                                           (10)

        3.4.2    Kies EEN godsdiens en bespreek hulle beskouing oor die
                 doodstraf-debat in die Suid-Afrikaanse konteks.                     (10)
                                                                                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                      RELIGIESTUDIES V1                             (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 4

 4.1    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

        Gewelddadige godsdienstige botsings het op 21 Februarie in die stad
        Kaduma in Noord-Nigerië uitgebreek en dwarsdeur die week voortgeduur.
        Kaduma is die tweede grootste stad in die noorde. Die botsings het
        gevolg na ŉ opmars deur tienduisendde Christene om te protesteer teen
        ŉ voorstel dat die Moslem Sjaria-wet as die strafboekwet in die Kaduma-
        staat ingestel word.

        Verslae noem dat strydende gewapende bendes, bestaan uit Christene
        en Moslems in die strate ronddwaal. Kerke en moskees is aan die brand
        gesteek. Lyke is in die strate gesien lê en menseliggame het ook uit
        motors en busse gehang, skynbaar dood gemaak terwyl hulle probeer het
        om van die geweld te vlug. Plaaslike menseregte werkers het gesê dat
        daar meer as 400 mense as gevolg van die botsing gesterf het.
                                       [Bron: Barry Mason en Chris Talbot, 28 Februarie 2000]

        4.1.1   Dink jy dat godsdiens die werklike probleem in hierdie konflik is?
                Gee redes vir jou antwoord.                                                        (10)

        4.1.2   Verduidelik hoe godsdiens deel kan wees van die oplossing om
                konflik in gebiede wat deur geweld geraak word, te voorkom.                        (10)

 4.2    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

        Die hartseerste deel van my reis na die verlede is seker die gedwonge
        verskuiwings van hierdie lewendige gemeenskap uit ŉ gebied (in die
        Strand, Wes-Kaap) waar hulle vir geslagte gewoon het. Hier het ons ŉ
        lewendige gemeenskap gehad wat pens en pootjies in die middel van die
        sentrale sakekern van die dorp in harmonie saam met hulle Christelike
        bure gewoon het. Toe kom die Groepsgebiedewet onder die dekmantel
        van die Wet op die Opruiming van Plakkergebiede en met een haal van
        die pen is ŉ gemeenskap wat vir geslagte hier gewoon het met alles wat
        hulle het, verwyder.

         [Bron: Slavery to Citizenship: A walk through the history of the Strand community, deur
                                                         Ebrahim Rhoda, 2011, bladsy 130–131]

        Bespreek ŉ paar mylpale in interreligieuse verhoudings soos Suid-Afrika
        met sy demokratiese reis begin het.                                                        (10)

 4.3    Watter maatreëls het Suid-Afrika getref om religieuse harmonie aan te
        moedig?                                                                                    (10)

 4.4    Bespreek die rol van die Parlement van Wêreldreligieë in die bou van
        verhoudings oor religieë heen.                                                             (10)
                                                                                                   [50]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:               100
                                                                      GROOTTOTAAL:                 150

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [REL STUDIES P2 GR12 QP ENG SEPT2015](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p2-gr12-qp-eng-sept2015/56b05c75-db6c-411c-8e17-d884c6f44a8d) — Religion Studies · QP · 2015 · Eng
- [REL STUDIES P2 GR12 QP AFR SEPT2015](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p2-gr12-qp-afr-sept2015/11b42e35-70b7-4ad7-a7e5-11087ec0d3b2) — Religion Studies · QP · 2015 · Afr
- [Religion Studies P1 June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-june-july-2015-afr/49a175d6-934c-4953-a53c-7a594b13d9b1) — Religion Studies · QP · 2015 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2015-eng/efdc84f5-403f-41ea-b10d-9e23194e2755) — Religion Studies · QP · 2015 · Eng
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans (Printready 18 August)](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-printready-18-august/b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32) — Religion Studies · QP · 2020 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2020 English (Printready 18 August)](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2020-english-printready-18-august/f09af5ea-efe1-41bf-b3fd-9a9f5f27fb5a) — Religion Studies · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
