# Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2012 QP

> Grade 11 Civil Technology question paper from the Eastern Cape November 2012, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/sivteg-gr11-nov2012-qp/bf94bbc2-280e-440c-b751-c469d1f906ea
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/civil-technology) › [Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/sivteg-gr11-nov2012-qp/bf94bbc2-280e-440c-b751-c469d1f906ea)

## About this document

Civil Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2012. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                       NOVEMBER 2012

                   SIVIELE TEGNOLOGIE

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               SIVIELE TEGNOLOGIE                        (NOVEMBER 2012)

BENODIGDHEDE:

1.   Tekengereedskap

2.   ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.   AL die vrae is VERPLIGTEND.

3.   Beantwoord elke vraag as ŉ geheel. MOET NIE onderafdelings skei NIE.

4.   Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.   Sketse kan gebruik word om jou antwoorde te illustreer.

6.   ALLE berekeninge en geskrewe antwoorde moet in die antwoordeboek
     gedoen word.

7.   Tekeninge en sketse moet volledig en netjies van afmetings, byskrifte en
     titels voorsien word soos voorgeskryf deur SANS (SABS) se Gebruikskode
     vir Boutekenepraktyk.

8.   Vir die doeleindes van hierdie vraestel moet die afmetings van ŉ steen as
     220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.

9.   Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of detail ontbreek.

10. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

11. Beantwoord VRAAG 5.1 en VRAAG 6 op die aangehegde antwoordblaaie,
    gebruik tekengereedskap waar nodig.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                  SIVIELE TEGNOLOGIE                                3

 VRAAG 1: KONSTRUKSIEPROSESSE

 1.1    Verduidelik die verskil tussen noodhulp en ŉ mediese noodgeval.          (2)

 1.2    ŉ Werker het van ŉ steier afgeval en sy been gebreek. Beskryf die
        nodige stappe wat jy sal neem om die werker te help en gemaklik te
        maak.                                                                    (4)

 1.3    Hoe sal jy ŉ entrepreneur beskryf?                                       (2)

 1.4    Noem TWEE regulasies om die publiek te beskerm wanneer
        slootuitgrawings gedoen word.                                            (2)

 1.5    Watter veiligheidsmaatreëls moet nagekom word, wanneer materiaal by
        jou werkplek opmekaar gestapel moet word?                                (6)

 1.6    Waar in ŉ huis sal jy vertroebelde glas gebruik?                         (1)

 1.7    Noem TWEE metodes om glasstene te installeer.                            (2)

 1.8    Watter TWEE faktore sal die dikte van ŉ vensterruit bepaal?              (2)

 1.9    Stene kan in verskillende verbande gelê word.

        Teken in goeie verhouding, die vooraansig van ŉ muur in strykverband
        met tru-messelwerk aan die een kant en vertanding aan die ander kant.
        Toon VYF steenlae.                                                       (9)
                                                                                [30]

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                SIVIELE TEGNOLOGIE                        (NOVEMBER 2012)

VRAAG 2: GEVORDERDE KONSTRUKSIEPROSESSE

2.1    Beskryf wat word bedoel met bekisting vir beton.                              (2)

2.2    Noem TWEE items wat gebruik word om te verseker dat bewapening in
       betonstrukture nie tydens die storting van beton aan die bekisting raak
       nie.                                                                          (2)

2.3    Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs
       WAAR of ONWAAR langs die vraagnommer neer.                                    (1)

       2.3.1   Die gebruik van betonlateie is tydrowend.                             (1)

       2.3.2   Waar ŉ muur onder die grondvlak is, moet dit met ŉ horisontale en
               vertikale vogdigtingslaag beskerm word.                               (1)

       2.3.3   Die hoofdoel van muurplate is om die vrag van die dak eenvormig
               oor die muur te versprei.                                             (1)

       2.3.4   Die tyrolene pleistermasjien word gebruik om mure glad af te
               werk.                                                                 (1)

       2.3.5   Die vlakskaafmasjien het twee verstelbare tafels. Wanneer
               geskaaf word moet die agterste tafel verstel word om die diepte
               van die snit te bepaal.                                               (1)

       2.3.6   Die fassieplanke word gebruik om die kant van ŉ houtvloer netjies
               af te werk.                                                           (1)

2.4    Wat word met die nabehandeling van beton bedoel?                              (2)

2.5    Hoe verskil die spasiëring van die kappe vir ŉ sinkdak en kappe vir ŉ
       teëldak van mekaar? Gee redes vir jou antwoord.                               (4)

2.6    Skoring word gebruik om mure en onstabiele grond te ondersteun. Noem
       DRIE tipes skoring wat gebruik kan word.                                      (3)

2.7    Wat word met steierwerk bedoel?                                               (2)

2.8    Verduidelik die doel ŉ slotblok by ŉ holkern vlakdeur.                        (1)

2.9    Noem VYF faktore wat in aanmerking geneem moet word wanneer ŉ
       keermuur ontwerp word.                                                        (5)

2.10   Noem DRIE tipes keermure.                                                     (3)

2.11   Teken volgens skaal 1:20 ŉ vertikale lengtedeursnit aansig deur ŉ
       betonbalk van 3 200 mm x 400 mm x 250 mm om al die nodige
       bewapening in die balk te toon. Benoem alle dele op jou tekening.            (10)
                                                                                    [40]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                 SIVIELE TEGNOLOGIE                                 5

 VRAAG 3: SIVIELE DIENSTE

 3.1    Benoem die dele vanaf A tot H soos aangedui op die gegewe tekening
        van ŉ opwasbak konstruksie (FIGUUR 3.1).                                 (8)

                                      FIGUUR 3.1

 3.2    Elektriese geisers word algemeen in huishoudings gebruik om water te
        verwarm. Verduidelik kortliks hoe ŉ laedruk elektriese geiser werk.      (4)

 3.3    Watter tipe klep word binne ŉ spoelbak geïnstalleer om die water op ŉ
        sekere hoogte te hou?                                                    (1)

 3.4    Noem VIER sanitêre toebehore wat in gewone huishoudings gebruik
        word.                                                                    (4)

 3.5    Beskryf die funksie van ŉ mangat sowel as die materiaal wat vir die
        deksel gebruik word.                                                     (3)

 3.6    Noem VYF voordele by die gebruik van koperpype vir waterinstallasies.    (5)

 3.7    Bespreek die regulasies met betrekking tot stormwaterdreinering.         (5)
                                                                                [30]

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                SIVIELE TEGNOLOGIE                           (NOVEMBER 2012)

VRAAG 4: MATERIALE

4.1   Voltooi die volgende sinne deur slegs die ontbrekende woord neer te
      skryf.

      4.1.1   Die … (voeg) ... word gebruik om style en relings van ŉ
              paneeldeur aanmekaar te voeg.                                             (1)

      4.1.2   Die … (skroef)... word gebruik waar die skroefkop onder die
              oppervlak van hout moet wees.                                             (1)

      4.1.3   Houtvoeë word met … (lym) ... aanmekaar gelym.                            (1)

      4.1.4   PVC rioolpype moet ŉ minimum binnemaat van … (mm) ... hê.                 (1)

      4.1.5   Die … (klep) ... word gebruik om die waterdruk by ŉ hoëdruk
              geiser te reguleer.                                                       (1)

      4.1.6   Die elektriese kas binne ŉ huis wat die elektrisiteit in die huis
              versprei word die ... genoem.                                             (1)

4.2   Watter TWEE metodes kan gebruik word om onderdele van ŉ houtdakkap
      aanmekaar te voeg?                                                                (2)

4.3   Plastiek wat algemeen vir die vervaardiging van huishoudelike toebehore
      gebruik word, kan in twee hoofgroepe ingedeel word. Noem die TWEE
      groepe en gee EEN belangrike eienskap van elk.                                    (4)

4.4   Verduidelik die meganiese- en visuele gradering van hout.                         (4)

4.5   Verskillende materiale word in die bou omgewing gebruik. Skryf die name
      van die volgende materiale neer en langsaan EEN gebruik en EEN
      eienskap van elkeen.

      4.5.1   Gietyster                                                                 (2)

      4.5.2   Veiligheidsglas                                                           (2)

4.6   Houtprodukte moet met preserveermiddels behandel word om dit te
      beskerm.

      Noem VIER eienskappe van ŉ goeie preserveermiddel.                                (4)

4.7   Jy kry die opdrag om ŉ stoep van 3 meter x 4 meter te teël.

      Bereken die oppervlakte van die vloer en bepaal hoeveel teëls jy gaan
      nodig hê om die stoep te teël as die teëls 250 mm x 250 mm groot is en
      teenmekaar gelê word. Alle berekeninge moet aangedui word.                        (6)
                                                                                       [30]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                   SIVIELE TEGNOLOGIE                               7

 VRAAG 5: MEGANIKA

 5.1    FIGUUR 5.1 toon ŉ ontwerp van ŉ dakkap wat op ŉ gebou opgerig moet
        word.

        5.1.1     Bepaal grafies die grootte van die kragte in die struktuur.
                  Beantwoord op ANTWOORDBLAD 5.1. (Gebruik ŉ skaal van
                  1 mm = 1 N)                                                    (7)

        5.1.2     Voltooi die tabel op ANTWOORDBLAD 5.1 om grootte van kragte
                  aan te dui.                                                    (7)

 5.2    FIGUUR 5.2 toon ŉ balk met puntbelasting.

                                        FIGUUR 5.2

        5.2.1     Bereken die buigmomente by elke punt. (Beantwoord op folio
                  bladsy)                                                        (4)

        5.2.2     Teken die buigmoment diagram. (Beantwoord op folio bladsy)
                  Gebruik ŉ lineêre skaal van:
                  1 mm = 1 N en ŉ kragte skaal van 1 cm = 1 meter.
                                                                                 (4)
 5.3    FIGUUR 5.3 toon ŉ balk met puntbelasting.

        Bereken die reaksiekragte in steunpunte A en B.

                                                                                 (8)
                                        FIGUUR 5.3                              [30]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               SIVIELE TEGNOLOGIE                    (NOVEMBER 2012)

VRAAG 6: GRAFIKA EN KOMMUNIKASIE

6.1   As tekenaar kry jy die opdrag om ŉ klein gebou te ontwerp wat deur
      sekuriteitsbeamptes by ŉ meenthuiskompleks gebruik gaan word. Die
      gebou moet bestaan uit ŉ slaapkamer, badkamer en ŉ kantoor.

      Gebruik die volgende spesifikasies:

         Buitemate van gebou 7 000 mm x 5 000 mm.
         Buitedeure vir slaapkamer en kantoor is 800 mm x 2 000 mm aan
          suidekant.
         Binnedeur tussen slaapkamer en badkamer – 800 mm x 2 000 mm
         Binnedeur tussen badkamer en kantoor – 800 mm x 2 000 mm
         Buitemure is spoumure en binnemure is halfsteenmure.
         Badkamer het een venster van 900 mm x 900 mm.
         Kantoor het een venster van 1 500 mm x 1 500 mm
         Slaapkamer het een venster van 1 500 mm x 1 500 mm aan
          suidekant.
         Toon stort, wasbak en spoel kloset in badkamer.
         Toon hangkas in slaapkamer en kantoor.
         Die hoogte van vloer tot plafon is 2 600 mm.
         Die gebou het ŉ skildakkonstruksie met ŉ 300 helling en 500 mm
          oorhang.

6.1   Gebruik ŉ skaal van 1:50 en teken op ANTWOORDBLAD 6.1 die
      vloerplan en suidaansig van die huis.

      Vloerplan (24) suid aansig (16)                                          [40]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)               SIVIELE TEGNOLOGIE                        9

 VRAAG 5.1

 ANTWOORDBLAD 5.1

 KANDIDAAT SE NAAM

 5.1.1   Diagram (skaal 1 mm = 1 N)                                   (7)

         +a

                                                   5.1.2

                                                   Deel    Grootte
                                                   BF
                                                   CH
                                                   DH
                                                   EG
                                                   AF
                                                   FG
                                                   GH                 (7)
                                                                     [14]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
10                  SIVIELE TEGNOLOGIE    (NOVEMBER 2012)

VRAAG 6.1

ANTWOORDBLAD 6.1

KANDIDAAT SE NAAM

## Related documents

- [CVLTECH-GR11 2012-QP ENG](https://www.hlayiso.com/library/cvltech-gr11-2012-qp-eng/0fd7d430-d862-4839-9749-ac2cae3dd252) — Civil Technology · QP · 2012 · Eng
- [SIV TEG-GR11-2012MEMO-AFR](https://www.hlayiso.com/library/siv-teg-gr11-2012memo-afr/e8d6c676-1d10-4b88-8b5c-8ea8cd8ebadb) — Civil Technology · Memo · 2012 · Afr
- [CVLTECH-GR11-2012MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/cvltech-gr11-2012memo-eng/6b9b5b44-97d8-46a6-9796-1d999964c1a9) — Civil Technology · Memo · 2012 · Eng
- [CVLT CONSTRUCTION GR11 QP NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-construction-gr11-qp-nov2020-afr-d/ac9ac7b4-a147-49d4-be80-82cd6ca74614) — Civil Technology · QP · 2020 · Afr
- [CVLT CONSTRUCTION GR11 QP NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-construction-gr11-qp-nov2020-eng-d/29b559af-db12-4dd0-9f17-70bf3e59f84e) — Civil Technology · QP · 2020 · Eng
- [CVLT GR11 QP NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr11-qp-nov2020-eng-d/870ad711-62b8-4d56-82f4-4452cc489151) — Civil Technology · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 11 Civil Technology

- [Gr 11 Cons ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-cons-atp-2023-24/5adb6254-7b36-487a-a882-c42b36bf49b7) — ATP
- [Gr 11 Civil Ser ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-civil-ser-atp-2023-24/91ce1dc1-91cc-4a38-926b-b3d45f5b5305) — ATP
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Civil Services Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-civil-services-afrikaans/85a9ce14-da0c-4943-8570-643c7a62e6a8) — Memo · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-construction-afrikaans/6d31745c-a94c-4612-8aef-4e9b624a57b0) — Memo · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Woodworking English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-woodworking-english/a7e06718-cada-4092-84e6-dffe9c65d79c) — Memo · 2022 · Eng
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-woodworking-afrikaans/16d10915-16d2-413b-a24e-24b5588c3601) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
