# Social Sciences Grade 9 November EC 2016 QP (Afr)

> Grade 9 Social Sciences question paper from the November EC 2016 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/soc-sc-afr-hist-gr9-qp-nov-2016/88e2eebd-0ca6-44a2-ac8b-19392e40467f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Social Sciences
- Grade: Grade 9
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: November EC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Social Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/social-sciences) › [Social Sciences Grade 9 November EC 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/soc-sc-afr-hist-gr9-qp-nov-2016/88e2eebd-0ca6-44a2-ac8b-19392e40467f)

## About this document

Social Sciences · Grade 9 · November EC · 2016. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIOR FASE

                           GRAAD 9

                      NOVEMBER 2016

                 SOSIALE WETENSKAPPE
                      GESKIEDENIS

PUNTE:   100

TYD:     1 uur

                             *9HISTA*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                        SOSIALE WETENSKAPPE (GESKIEDENIS)                (EC/NOVEMBER 2016)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

      AFDELING A:
      BRONGEBASEERDE VRAE

      VRAAG 1: Nazi-Duitsland en die Die Koue Oorlog (35 punte)
      VRAAG 2: Suid-Afrikaanse Geskiedenis 1948–1950’s (15 punte)
      VRAAG 3: Suid-Afrikaanse Geskiedenis 1960’s tot 1990’s (40 punte)

      AFDELING B:
      PARAGRAAFVRAAG: Suid-Afrikaanse Geskiedenis 1948–1990’s

      Leerders moet EEN van twee paragraafvrae beantwoord. (10 punte)

 2.   Lees elke vraag noukeuring deur voordat jy dit beantwoord.

 3.   Nommer jou antwoorde korrek.

 4.   Begin elke nuwe vraag boaan ŉ skoon bladsy.

 5.   Puntetoekenning word aan die einde van elke onderafdeling van ŉ vraag
      aangedui. Let daarop dat die puntetoekenning die aantal feite wat verlang
      word, bepaal. ŉ Puntetoekenning van, byvoorbeeld, 3 x 2 in die meeste
      gevalle benodig drie gedetailleerde sinne vir 6 punte. Indien daar geen
      verdubbeling van punte voorkom nie, bv. (3), word daar drie feite verlang vir
      3 punte.

 6.   Waar moontlik moet jou antwoorde in volsinne of in kort frase geskryf word.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)        SOSIALE WETENSKAPPE (GESKIEDENIS)                                       3

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 VRAAG 1:       NAZI-DUITSLAND EN DIE KOUE OORLOG

 1.1 Kies die korrekte antwoord vanuit die lys woorde hieronder verskaf vir
     elkeen van die volgende stellings/vrae hieronder.

           Neurenberg; Die Magtigingswet; Die Jodeslagting; Semitisme, Ariese;
                    Mein Kampf; Kristallnacht; Die Groot Depressie

       1.1.1    Naam van die boek wat Hitler geskryf het                            (1 x 2)    (2)

       1.1.2    Die ras wat Hitler beweer het was die superras                      (1 x 2)    (2)

       1.1.3    ŉ Gebeurtenis wat in 1929 ŉ algemene ekonomiese ineenstorting
                oor die wêreld veroorsaak het                             (1 x 2)              (2)

       1.1.4    Wette gemaak in 1935 wat Jode se basiese regte in Duitsland
                beperk het                                                  (1 x 2)            (2)

       1.1.5    ŉ Tydperk (1941–1945) wanneer omtrent ses miljoen Jode
                doodgemaak is                                                       (1 x 2)    (2)

 1.2 Die atoombom op Hirosjima

       Bestudeer die volgende bronne om die daaropvolgende vrae te beantwoord:

                                         BRON A
       Wetenskaplikes het ŉ beroep op die “Wit Huis” gemaak om die mag van die
       atoombom te demonstreer voordat hulle dit laat op Japan gebruik. Die nuwe
       president was die voormalige vise-president Harry S. Truman. Die
       Manhattanprojek was ŉ groot geheim. Truman is eers na die dood van
       President Roosevelt in April 1945 vertel.

                                         BRON B
       Die Enola Gay het Hirosjima rondom 08:15 v.m. bereik. Lugaanval-sirene
       het afgegaan terwyl werkers oppad werk toe was en kinders skool toe
       gegaan het. Baie van hulle het gestop om na die enigste bomwerper wat
       oorvlieg te kyk. Die Atoomeeu het presies om 08:15 en 17 sekondes begin
       toe “Little Boy” afgegooi is. ŉ Oomblik later het die Amerikaanse vlieëniers ŉ
       pers gekleurde lig onder hulle gesien.

                                        BRON C
       Die bom het 2 000 voet bo die stad van Hirosjima ontplof. Sestig persent
       van die stad het verbrand. Staalbalke het soos was weggesmelt.
       Spoorweglyne is honderde voet in die lug gegooi. Bome en telefoonpale het
       soos vuurhoutjies verbrand. Mense se liggame het verdamp. Skokgolwe
       het huise etlike myle weg van “Ground Zero” (waar die bom ontplof het)
       platgeslaan. Meer as 70 000 mense het onmiddellik gesterf. Duisende
       meer sou ook later as gevolg van brandwonde en bestralingsiekte sterf.
                           [Bron: www.sahistory.org.za. Toegang op 14 Augustus 2014 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                          SOSIALE WETENSKAPPE (GESKIEDENIS)              (EC/NOVEMBER 2016)

      1.2.1    Lees BRON A.

               A     Na watter tipe “bom” verwys die artikel?                (1 x 2)    (2)

               B     Wat was die Manhattanprojek?                            (2 x 2)    (4)

      1.2.2    Lees BRON B.

               A     Gee die naam van die B29-bomwerper wat die bom laat val het.
                                                                          (1 x 2)       (2)

               B     Gee die naam van die nuwe era van oorlogvoering wat deur die
                     Verenigde State van Amerika begin is toe hulle die bom,
                     ‘Little Boy’, op Hirosjima laat val het.                (1 x 2)    (2)

      1.2.3    Gee enige TWEE redes en verduidelik in detail hoekom die
               Verenigde State van Amerika geglo het dat dit nodig was om die
               bom op Hirosjima te gooi.                                (2 x 2)         (4)

      1.2.4    Maak gebruik van die bronne wat voorsien is en verduidelik jou
               mening oor die volgende:

               Was dit moreel reg vir die Verenigde State van Amerika om die bom
               op Hirosjima te laat val?                                   (4 x 1)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)        SOSIALE WETENSKAPPE (GESKIEDENIS)                                      5

 1.3 Konflik tussen die U.S.S.R. en die V.S.A.

       Bestudeer bronne A en B om die daaropvolgende vrae te beantwoord:

                     BRON A                                BRON B

       ŉ Amerikaanse spotprent        Die Weste was baie bekommerd oor die
       oor die oorsprong van die      Sowjet-optrede na die Tweede Wêreldoorlog.
       Koue Oorlog. Die beer stel     Rusland het dele van Oos-Europa
       Rusland voor.                  oorgeneem en het seker gemaak dat
                                      kommunistiese regerings aan bewind kom.
                                      Die skeidslyn tussen die kommunistiese Oos-
                                      Europa en die demokratiese en kapitalistiese
                                      Wes-Europa is die “Ystergordyn” genoem.
                                [Bron: Op soek na Sosiale Wetenskappe, Oxford, bladsy 154.]

       1.3.1    Verduidelik wat met die term die Koue Oorlog bedoel word.                     (3)

       1.3.2    In BRON A, wat is die boodskap (BRON A) wat die Amerikaanse
                spotprenttekenaar oor die U.S.S.R. probeer oordra?       (1 x 2)              (2)

       1.3.3    Verwys na BRON B. Watter bewyse is daar op die kaart om die
                mening van die spotprenttekenaar te ondersteun?          (1 x 2)               (2)
                                                                                              [35]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                        SOSIALE WETENSKAPPE (GESKIEDENIS)                     (EC/NOVEMBER 2016)

 VRAAG 2:      KEERPUNTE IN DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS SEDERT
               1948

 2.1 Pas die wet in KOLOM A wat deur die apartheidsregering gemaak is met die
     korrekte verduideliking in KOLOM B. Skryf slegs die vraagnommer
     (2.1.1−2.1.5) en die korrekte letter (A−E) as jou antwoord neer, byvoorbeeld,
     2.1.6 F.

               KOLOM A                                    KOLOM B
      2.1.1 Ontugwet                     A    Hierdie wet het die fisiese verdeling
                                              tussen rasse afgedwing deur
                                              afsonderlike woongebiede te skep

      2.1.2 Groepsgebiedewet             B    Hierdie wet het voorsiening vir die
                                              vestiging van swart tuislande gemaak

      2.1.3 Wet op Reservering van       C    Hierdie wet het tot die skep van ŉ
            Afsonderlike Geriewe              nasionale register gelei waarin elke
                                              persoon se ras aangeteken is

      2.1.4 Wet op Bantoe-               D    Hierdie wet het seksuele omgang
            owerhede                          tussen wit- en swartmense verbied

      2.1.5 Bevolkingsregistrasiewet E        Hierdie wet het segregasie in alle
                                              openbare gebiede en openbare
                                              vervoer afgedwing
                                                                                (5 x 1)       (5)
 2.2 Menseregte en Apartheid

      Lees die volgende teks om die daaropvolgende vrae te beantwoord:

      Beskrywing van die Vryheidsmanifes deur hoofman Albert Luthuli:
      “Die Handves wat in Kliptown opgestel is, is reël vir reël die direkte resultaat
      van moeilike onderdrukkende en onregverdige omstandighede. Dit is
      daarom ŉ praktiese en relevante dokument. Dit het probeer om ŉ korrekte
      betekenis in Suid-Afrika aan woorde soos demokrasie, en vryheid te gee.”
                               [Bron: www.sahistory.org.za. Toegang op 15 Mei 2014 verkry.]

      2.2.1 Waar was die Vryheidsmanifes opgestel?                                            (1)

      2.2.2 Watter organisasie was vir die bepalings van die Vryheidsmanifes
            verantwoordelik?                                              (1 x 1)             (1)

      2.2.3 Wat was die doel van die Vryheidsmanifes?                              (1 x 2)    (2)

      2.2.4 Noem enige TWEE beginsels van die Vryheidsmanifes.                     (2 x 2)    (4)

      2.2.5 Wat het die Apartheidsregering aan die politieke opposisie wat die
            bepalings van die Vryheidsmanifes opgestel het, gedoen?         (1 x 2)            (2)
                                                                                              [15]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)        SOSIALE WETENSKAPPE (GESKIEDENIS)                                      7

 VRAAG 3: KEERPUNTE IN SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS SEDERT 1960

 3.1 Openbare vakansiedae vier verskillende gebeurtenisse van die stryd vir
     demokratiese regte in moderne Suid-Afrika.

       21 Maart (Menseregtedag)           9 Augustus (Nasionale Vrouedag)

       27 April (Vryheidsdag)             21 September (Nasionale Erfenisdag)

       3.1.1    Kies enige DRIE van die bogenoemde openbare vakansiedae en
                noem wat die openbare vakansiedag vier.                 (3 x 2)                (6)

       3.1.2    Vir elkeen van die DRIE wat jy gekies het, verduidelik hoekom dit
                belangrik vir ALLE Suid-Afrikaners is om elkeen van die DRIE
                vakansiedae te vier?                                          (3 x 2)          (6)

 3.2 Die Soweto-opstand, 16 Junie 1976

       Bestudeer Bron A en B om die volgende vrae te beantwoord:

                                         BRON A

                                                                           DO NOT WANT
                                                                            AFRIKAANS

                                                                       WIL NIE AFRIKAANS
                                                                             HÊ NIE

                                                                           TO HELL WITH
                                                                            AFRIKAANS

                                                                             WEG MET
                                                                            AFRIKAANS

       Die marsjerende studente het tuisgemaakte baniere
       vertoon oor redes vir hulle optog. Hierdie baniere
       beklemtoon die taalkwessie, terwyl ander ŉ beroep op die
       regering doen om hul onderwysers en mede-studente uit
       die tronk vry te laat, asook vir Bantoe-onderwys te
       beëindig.
                                      [Bron: Oxford Successful, Social Sciences, bladsy 178]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                         SOSIALE WETENSKAPPE (GESKIEDENIS)                     (EC/NOVEMBER 2016)

                                          BRON B

      Foto geneem deur Sam Nzima van ŉ sterwende Hector Pieterson wat deur
      ŉ mede-student gedra word.
                           [Bron: www.sahistory.org.za. Toegang op 26 Augustus 2014 verkry]

      3.2.1    Verduidelik hoekom hierdie foto van Hector Pieterson (BRON B)
               gekies is om die gruwel van die 1976 Soweto-opstand te
               verteenwoordig.                                            (1 x 2)             (2)

      3.2.2    Verduidelik hoekom swart hoërskoolleerders op 16 Junie 1976
               gedemonstreer het.                                         (1 x 2)             (2)

      3.2.3    Hoe het die polisie op die hoërskoolleerders wat gedemonstreer het,
               reageer?                                                    (1 x 2)            (2)

      3.2.4    Hoekom is die polisie gekritiseer vir die manier hoe hulle op die
               hoërskoolleerders wat gedemonstreer het, gereageer het?         (1 x 2)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)       SOSIALE WETENSKAPPE (GESKIEDENIS)                                    9

 3.3 Gedwonge verskuiwings:

       Bestudeer die volgende uittreksel om die daaropvolgende vrae te
       beantwoord:

       UITTREKSEL

       Sheena Duncan, Nasionale President van die Black Sash-beweging* gee
       haar mening op die effek van die stelsel van gedwonge verskuiwings op
       mense se lewens in ŉ onderhoud in 1984:
       (Haar onderhoud het gehelp om bewustheid oor die gevolge van gedwonge
       verskuiwings en die tuislandstelsel te verseker).

       “Wanneer jy mense verskuif beteken dit totale armoede vir hulle. Hulle
       verloor hul betekenis van oorlewing. Die enigste manier vir hulle om werk te
       kry is in die trekarbeidstelsel. Gemeenskappe en hulle manier van lewe
       word heeltemal vernietig en hulpeloosheid en armoede oorheers.”
                                                     [Vertaling vanuit Oxford Successful]

       Verduideliking:   Die Black Sash-beweging was ŉ organisasie van blanke
                         vrouens wat teen Apartheidswette gedemonstreer het.

       3.3.1 A Is die uittreksel ŉ voorbeeld van ŉ primêre of sekondêre bron van
               historiese bewyse?                                          (1 x 2)          (2)

              B Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                    (1 x 2)     (2)

       3.3.2 Gee ŉ verduideliking van elkeen van die volgende terme in die
             konteks van Suid-Afrika se geskiedenis:

              A Gedwonge verskuiwings                                            (2 x 2)    (4)

              B Die Tuislandstelsel                                              (2 x 2)    (4)

              C Die Trekarbeidstelsel                                            (2 x 2)    (4)

       3.3.3 Watter TWEE gebeurtenisse in 1994 het die gedwonge verskuiwings
             en die tuislandstelsel verwyder?                          (2 x 2)               (4)
                                                                                            [40]
                                                           TOTAAL AFDELING A:                90

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                       SOSIALE WETENSKAPPE (GESKIEDENIS)               (EC/NOVEMBER 2016)

 AFDELING B

 VRAAG 4: PARAGRAAFVRAAG

 Beantwoord enige EEN van die volgende vrae:

 4.1    Skryf ŉ kort paragraaf oor die politieke rol van enige EEN van die volgende
        persone:

             Hoofman Albert Luthuli
             Mahatma Gandhi
             Helen Joseph

        Verduidelik ook hoe die persoon die wette van die Apartheidsregering in
        Suid-Afrika (1948−1960) teengestaan het.                           (5 x 2)    (10)

                                            OF

 4.2    Beskryf die:

             politieke uitdagings tussen 1990 en 1994, en die
             proses van onderhandelinge tot die eerste demokratiese verkiesing in
              1994.                                                        (5 x 2)    (10)
                                                           TOTAAL AFDELING B:          10
                                                               GROOTTOTAAL:           100

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [SOCIAL SCIENCES GEO GR9 MEMO NOV2016 AFR](https://www.hlayiso.com/library/social-sciences-geo-gr9-memo-nov2016-afr/4dbe9b75-8912-4797-91fc-b19ce737df06) — Social Sciences · Memo · 2016 · Afr
- [SOCIAL SCIENCES GEO GR9 MEMO NOV2016 ENG](https://www.hlayiso.com/library/social-sciences-geo-gr9-memo-nov2016-eng/5b86ffd9-62f6-4599-a238-80b6a332ece0) — Social Sciences · Memo · 2016 · Eng
- [SOC SC - ENG (HIST) GR9 MEMO NOV 2016](https://www.hlayiso.com/library/soc-sc-eng-hist-gr9-memo-nov-2016/c69f06f4-1ff1-4c59-af3b-e4bb4d255067) — Social Sciences · Memo · 2016 · Eng
- [SOC SC - afr (HIST) GR9 MEMO NOV 2016](https://www.hlayiso.com/library/soc-sc-afr-hist-gr9-memo-nov-2016/6ecbcd8f-c38f-41e0-97f3-67d619b2d380) — Social Sciences · Memo · 2016 · Afr
- [SOS SCIENCES GR9 NOV2013 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/sos-sciences-gr9-nov2013-qp-eng/7a2e3a52-ed59-4c64-aaf3-c8d12c522613) — Social Sciences · QP · 2013 · Eng
- [SOS WET GR9 NOV2013 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/sos-wet-gr9-nov2013-qp-afr/a85d9090-5ba6-4e26-b6b2-b378eee5d628) — Social Sciences · QP · 2013 · Afr

## More from Grade 9 Social Sciences

- [CAPS SP SOCIAL SCIENCE GR 7-9](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-social-science-gr-7-9/a0b47288-db90-4b74-b9f7-0185f2ef1623) — CAPS · Eng
- [Grade 9 Social Sciences P1 (Geography) November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-geography/a93cbcad-58b5-4391-a64d-0a545bbb7c39) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 9 Social Sciences P2 (History) November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-history/162feceb-8aa8-4498-8485-a4c46dd166ac) — Memo · 2026 · Eng
- [SOS SCIENCES GR9 QP NOV2014 ENG +ANNEXURE](https://www.hlayiso.com/library/sos-sciences-gr9-qp-nov2014-eng-annexure/67744cd2-ef8a-4b3c-b4bd-6913cda283fb) — Addendum · 2014 · Eng
- [SOS WET GR9 ADDENDUM NOV2014](https://www.hlayiso.com/library/sos-wet-gr9-addendum-nov2014/4d5669a9-41b4-423f-9a8b-d7f7c5b4e028) — Addendum · 2014
- [SOS WET GR9 QP NOV2014 AFR+ ADDENDUM](https://www.hlayiso.com/library/sos-wet-gr9-qp-nov2014-afr-addendum/bbcb9e29-4c8a-4d5e-8901-b3fef1f2fc03) — Addendum · 2014 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
