# Social Sciences Grade 9 November EC 2016 QP (Afr)

> Grade 9 Social Sciences question paper from the November EC 2016 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/social-sciences-geo-gr9-qp-nov2016-afr/434a9c9f-e16d-4e5c-b4a5-72081f472b9d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Social Sciences
- Grade: Grade 9
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: November EC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Social Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/social-sciences) › [Social Sciences Grade 9 November EC 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/social-sciences-geo-gr9-qp-nov2016-afr/434a9c9f-e16d-4e5c-b4a5-72081f472b9d)

## About this document

Social Sciences · Grade 9 · November EC · 2016. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             SENIOR FASE

                              GRAAD 9

                        NOVEMBER 2016

                 SOSIALE WETENSKAPPE
                      GEOGRAFIE

PUNTE:   100

TYD:     1 uur

                                 *9GEOGA*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye met ŉ
                        topografiese kaart as ŉ addendum.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                          SOSIALE WETENSKAPPE (GEOGRAFIE)                (EC/NOVEMBER 2016)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit drie vrae:

     VRAAG 1:          Kaartwerk (35 punte)
     VRAAG 2:          Oppervlakkragte wat die aarde vorm en
                       Ontwikkelingskwessies (40 punte)
     VRAAG 3:          Hulpbrongebruik en Volhoubaarheid (25 punte)

2.   Beantwoord ALLE vrae.

3.   Lees die vrae deeglik deur voordat jy dit beantwoord.

4.   Nommer jou antwoorde korrek.

5.   Begin ELKE nuwe vraag bo-aan ŉ NUWE bladsy.

6.   Puntetoekenning word aan die einde van elke onderafdeling van ŉ vraag
     aangedui. Let daarop dat die puntetoekenning die aantal feite wat verlang
     word, bepaal. ŉ Puntetoekenning van, byvoorbeeld, 3 x 2 in die meeste
     gevalle benodig drie gedetailleerde sinne vir 6 punte. Indien daar geen
     verdubbeling van punte voorkom nie, bv. (3), word daar drie feite verlang vir
     3 punte.

7.   Maak gebruik van sinne of kort frases om jou antwoord(e) te verduidelik.

8.   Jy word van ŉ 1:50 000 topografiese kaart 3424BB Humansdorp en ŉ
     ortofotokaart van ŉ deel van die gekarteerde gebied voorsien. Verwys na die
     topografiese kaart en die ortofotokaart om VRAAG 1 van hierdie vraestel te
     beantwoord.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)             SOSIALE WETENSKAPPE (GEOGRAFIE)                            3

VRAAG 1:             KAARTWERK

Bestudeer die 1:50 000 topografiese kaart (3424BB Humansdorp) en die
ortofotokaart (3424 BB 1 Humansdorp) om die volgende vrae te beantwoord.

     Die volgende Afrikaanse terme en hul Engelse vertalings kom op die
     topografiese kaart voor:

                    Afrikaans                               English
                    Uitgrawings                            Diggings
                   Karavaanpark                          Caravan park
                    Rioolwerke                           Sewage works
                    Riviermond                            River mouth
                    Gholfbaan                             Golf course
                     Vleiland                               Wetland
                  Baksteenfabriek                         Brickworks

1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

     Kies die korrekte antwoord uit die lys moontlike antwoorde voorsien. Skryf
     slegs die korrekte letter (A–D) langsaan die vraagnommer (1.1.1–1.1.6) as jou
     antwoord, bv. 1.1.7 D.

     1.1.1    In die titel van die topografiese kaart (3424 BB Humansdorp), verwys
              34 na ...

              A       34°S: ŉ breedtegraadligging.
              B       34°S: ŉ lengtegraadligging.
              C       34°E: ŉ breedtegraadligging.
              D       34°E: ŉ lengtegraadligging.                              (1 x 2)   (2)

     1.1.2    Die natuurlike landvormverskynsel wat langs die lyn 3–4 op die
              ortofotokaart is ŉ …

              A       uitloper.
              B       krans.
              C       waterval.
              D       riviervallei.                                            (1 x 2)   (2)

     1.1.3    Die hoogte van die begraafplaas by 9 op die ortofotokaart is omtrent …

              A       126 m.
              B       120 m.
              C       132 m.
              D       110 m.                                                   (1 x 2)   (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           SOSIALE WETENSKAPPE (GEOGRAFIE)                (EC/NOVEMBER 2016)

     1.1.4   Watter fasiliteit word by 34°02’25” S en 24°55’10” O op die topografiese
             kaart gevind?

             A       Karavaanpark
             B       Modelvliegtuigklub
             C       Gholfbaan
             D       Skool                                                      (1 x 2)   (2)

     1.1.5   Die stroomkanaalpatroon in ruit G1 is ŉ …

             A       gevlegde stroomkanaalpatroon.
             B       rotsgekontroleerde stroomkanaalpatroon.
             C       reguit stroomkanaalpatroon.
             D       kronkelende stroomkanaalpatroon.                           (1 x 2)   (2)

     1.1.6   Die stadium van rivierontwikkeling in ruit I5 is tipies van die benedeloop
             van die rivier. Bewyse vanaf ruit I5 om hierdie moontlikheid te
             motiveer is …

             A       afsetting van sedimente in die rivierkanaal.
             B       dat die vloedvlakte nie baie groot is nie.
             C       ŉ nou rivierkanaal.
             D       die gradiënt (helling) is steil.                           (1 x 2)   (2)

1.2 KAARTWERKTEGNIEKE EN BEREKENINGE

     1.2.1   Wat is die rigting vanaf pylpunt Q na Seekoeipunt (in ruit E11)? (1 x 2)     (2)

     1.2.2   Wat is die ware peiling vanaf pylpunt Q na Seekoeipunt (in ruit E11)?
                                                                              (1 x 2)     (2)

     1.2.3   Bereken die afstand tussen punt Q na Seekoeipunt (in ruit E11) in
             kilometer. Dui alle stappe van jou berekening aan.                           (4)

1.3 TOEPASSING VAN TEORIE/KAART EN FOTO-INTERPRETASIE

     1.3.1   Ontwikkeling in die gekarteerde gebied:

             ŉ Moontlike windplaas is in die omgewing van ruit A3 en A4 op die
             topografiese kaart gebou (die gebied net bo nommer 3 op die
             ortofotokaart).

             A       Gee EEN moontlike voordeel van die ontwikkeling van ŉ
                     windplaas in hierdie gebied.                               (1 x 2)   (2)

             B       Gee EEN moontlike nadeel van die ontwikkeling van ŉ windplaas
                     in hierdie gebied.                                      (1 x 2)      (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)           SOSIALE WETENSKAPPE (GEOGRAFIE)                                5

     1.3.2    (a)     Verwys na die stedelike nedersetting van KwaNomzamo (ruit C2
                      op die topografiese kaart en gebied nommer 12 op die
                      ortofotokaart.

                      Klassifiseer die woongebied as ŉ (HOË, MIDDEL of LAE)
                      inkomste residensiële woonbuurt.                                    (1)

              (b)     Gee EEN rede as bewys vanaf die topografiese kaart of ortofoto
                      om jou keuse vir VRAAG 1.3.2(a) hierbo te verduidelik. (1 x 2)      (2)

     1.3.3    Grootskaalse kommersiële boerdery:

              Kommersiële boerdery word in die gekarteerde gebied bedryf.

              Gee TWEE redes as bewyse vanaf die topografiese kaart en/of die
              ortofotokaart om hierdie stelling te motiveer.              (2 x 2)         (4)

     1.3.4    Kenmerke van Vleilande:

              Die gebied rondom letter X op die topografiese kaart word ŉ moeras
              of vleiland genoem. Gee TWEE goeie redes hoekom hierdie gebied
              in sy natuurlike toestand bewaar moet word.                   (2 x 2)       (4)
                                                                                         [35]

VRAAG 2:             OPPERVLAKKRAGTE WAT DIE AARDE VORM EN
                     ONTWIKKELINGSKWESSIES

2.1 VERWERINGSPROSESSE

     Kies vanuit die volgende terme om die volgende verweringsprosesse te
     beskryf:

             Korreldisintegrasie; Hidrouliese werking; Abrasie; Blokskeiding;
                          Attrisie; Korrosie; Deflasie; Afskilfering

     2.1.1    Die uitsetting en inkrimping van sekere gesteentetipes, soos doleriet
              en graniet, veroorsaak dat die rots in dun lae verweer. Hierdie proses
              veroorsaak dat die rots ŉ ronde vorm het.                                   (1)

     2.1.2    Rotspartikels bots teen mekaar en raak al hoe kleiner.                      (1)

     2.1.3    Die krag van water en vasgevangde lugborrels teen ŉ rotsoppervlakte.        (1)

     2.1.4    Verlaagde oppervlaktes vorm as gevolg van winderosie.                       (1)

     2.1.5    Rivierkanale word deur die wrywing van rotspartikels gelyk gemaak.          (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                        SOSIALE WETENSKAPPE (GEOGRAFIE)                  (EC/NOVEMBER 2016)

2.2 VERSKYNSELS VAN EROSIE

     2.2.1   Kies vanuit die letters in die onderstaande teks en benoem elk van
             die verweerde landskapkenmerke wat deur die onderstaande letters
             (A−E) aangedui word. Skryf net die letter (A−E) en die regte term as
             jou antwoord neer.                                              (5 x 1)    (5)

                        kaargletser; boogrots; branderplatform;
                                sekelduin; kronkelmeer

     2.2.2   Verwys na die verweerde landskapkenmerke (A−E). Maak ŉ lys van
             die letters A tot E op jou ANTWOORDBLAD en in elke geval
             identifiseer die erosiekragte wat elke kenmerk gevorm het. (5 x 1)         (5)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)          SOSIALE WETENSKAPPE (GEOGRAFIE)                                    7

2.3 GRONDEROSIE

     Lees die volgende gevallestudie om die daaropvolgende vrae te beantwoord.

         GEVALLESTUDIE: LANDBOU AS BYDRAER TOT GRONDEROSIE

     Die hoofbron van inkomste vir die mense in die Denkustreek in Ethiopië is
     landbou. Die belangrikste gewasse wat in hierdie streek verbou word, is tef
     (die stapelgraangewas in Ethiopië), snyboontjies en mieliemeel.

     Die produksie vanaf landbou het egter die afgelope jare baie afgeneem weens
     gronderosie wat ŉ chroniese vlak bereik het. Die inwoners van die gebied sê
     dat hulle verplig was om die aantal maaltye per dag sowel as die hoeveelheid
     kos per maaltyd te verminder weens hierdie agteruitgang in landbou.
                                [Bron: Via Afrika, Sosiale Wetenskappe, Graad 9, bl. 179]

     2.3.1    Verduidelik die term gronderosie.                                              (2)

     2.3.2    Noem EEN manier hoe gronderosie die mense van die Denkustreek
              van Ethiopië affekteer.                                                        (1)

     2.3.3    Beskryf enige TWEE moontlike swak landboupraktyke wat
              gronderosie kan veroorsaak.                                        (2 x 2)     (4)

     2.3.4    Skryf ŉ paragraaf om te bespreek hoe beter landboupraktyke die
              kleinskaalse boere kan help om:

              A      Gronderosie te verminder                                     (2 x 2)    (4)

              B      Landbouproduksie te vermeerder                               (2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              SOSIALE WETENSKAPPE (GEOGRAFIE)                                (EC/NOVEMBER 2016)

 2.4    ONREGVERDIGE HANDEL EN HULPVERLENING

          ŉ Arm man het ŉ                               ŉ Ryk man wat vanaf ŉ        By die meul is
          boom op sy grond vir                          ander land gekom het,        die boomstam in
          sy eie gebruik afgekap.                       het vir die arm man gesê:    planke gesaag.
                                                        “Ek sal die boomstam by      Die planke is
                                                        jou koop vir R100..”         nou R200 werd.
                                                         Die arm man wie die
                                                         geld nodig gehad het,
                                                         het die boomstam aan
                                                         die ryk man verkoop.

          Die ryk man het           Die ryk man gaan terug na die     Die arm man het gesê: “Ek
          die planke na sy          arm man en sê:                    kan dit nie bekostig nie. Ek
          fabriek geneem.                                             het net R80 oor.”.
          Die hout was             “Om jou lewenspeil
          genoeg vir ses           te verbeter koop
          hokke wat elk            drie hoenderhokke
          R150 werd was.           van my teen slegs
                                   R450.
          “Moenie bekommerd wees nie,” het die ryk man
          gesê, “Ek sal jou R400 teen 21% rente leen –
          sien dit as hulpverlening vanaf ŉ vriend. In ruil
          wil ek meer boomstompe van jou teen vaste
          pryse koop.”

                                                          Die arm man kry toe die hoenderhokke en
                                                          begin meer intensief boer. Hy betaal elke jaar
                                                          ŉ deel van die R400 met rente terug. Soms
                                                          gee hy die ryk man eiers in plaas van geld. As
                                                          gevolg van sy skuld is die arm man geforseer
                                                          om met die ryk man handel te dryf.
                                                [Bron: Aangepas uit Verken Aardrykskunde, Graad 11]

        2.4.1    Watter groep lande word deur die “arm man” verteenwoordig?                                  (1)

        2.4.2    Watter groep lande word deur die “ryk man” verteenwoordig?                                  (1)

        2.4.3    Hoekom dink jy word die hout duurder nadat die boomstam in
                 planke gesny is?                                         (1 x 2)                            (2)

        2.4.4    Beskryf die onregverdige handelsverhouding wat tussen die twee
                 manne ontwikkel het.                                       (1 x 2)                          (2)

        2.4.5    Noem TWEE strategieë wat deur die Verenigde Nasies aanbeveel
                 word om meer regverdige (gelyke) handelsverhouding tussen “ryk”
                 en “arm” lande te ontwikkel.                            (2 x 2)                             (4)
                                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)         SOSIALE WETENSKAPPE (GEOGRAFIE)                                       9

 VRAAG 3: VOLHOUBARE GEBRUIK VAN NATUURLIKE HULPBRONNE

 3.1    VOLHOUBARE TEENOOR ONVOLHOUBARE LYNVISSERYPRAKTYKE
        IN SUID-AFRIKA

        Verduideliking van:
        Lynvisserypraktyke: vang vis met gebruik van ŉ visstok of lyn.
        Ontspanning: ŉ aktiwiteit wat vir ontspanning, pret en/of sport gedoen word.

        Geelbek, rooi- en witsteenbras, klipkabeljou, rooistompneus,
        timmermansvis, stompkop, skulpmossel en calamari is sommige van die
        seekosspesies waarvan voorrade op gevaarlike lae vlakke is.

        ŉ Ontstellende 67% van ons top-ontspanningslynvisspesies (hulle word in
        dieptes van tussen 5 meter en 130 meter gevang) word as ‘ineengestort’
        geklassifiseer.

        Ses uit tien van ons belangrikste lynvisseryspesies het heelwat verminder
        as kritieke voorraadvlakke in die Wes-Kaap – waar die grootste deel van
        nasionale lynvisseryvangste gedoen word.

        Die voorraad koningklip, garnale, tongvis, steurgarnale en oesters stuur op
        uitputting af, terwyl daar nog genoeg snoek, dorade, geelstert en
        sardientjes is.

        Sedert 2004 speel die Suid-Afrikaanse Inisiatief vir Volhoubare Seekos
        (Sassi) ŉ belangrike rol in die inligting en opvoeding van
        seekosverbruikers, deur vis wat mag geëet word ŉ groen-status
        (byvoorbeeld dorade) te gee, daardie visspesies wat in gevaar is om
        uitgewis te word: kry ŉ oranje status (byvoorbeeld, koningklip) en rooi-
        status vir spesies wat byna uitgeput is (byvoorbeeld, rooi en
        witsteenbras) sodat die verbruiker ŉ meer verantwoordelike keuse kan
        uitoefen.
                               [Bron: Aangepas uit Via Afrika, Sosiale Wetenskappe, Graad 9]

        3.1.1    Verduidelik wat bedoel word met onvolhoubare visvang.                         (2)

        3.1.2    Verwys na die laaste paragraaf in bogenoemde teks.

                 Verduidelik hoe SASSI probeer om die verbruiker te help om slim
                 keuses oor die lynvis wat hulle eet te maak.                                  (3)

        3.1.3    A    Benoem die onvolhoubare praktyke wat sekere lynvisspesies
                      bedreig.                                            (1 x 2)              (2)

                      Definisie van bedreig:
                      Die visspesie loop gevaar om geheel en al uitgeput te word.

                 B    Wie of wat dink jy is verantwoordelik vir die onvolhoubare
                      praktyk wat jy in VRAAG 3.1.3A genoem het?               (1 x 2)         (2)

        3.1.4    Noem en verduidelik enige TWEE wette wat ons regering kan
                 afdwing om te verseker dat die voorraad van oranje en rooi-status
                 lynvis nie heeltemal uitgeput word nie.                     (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                                 SOSIALE WETENSKAPPE (GEOGRAFIE)                        (EC/NOVEMBER 2016)

 3.2    KWEEKHUISUITLAATGASSE UIT ELEKTRISITEITSOPWEKKING

        Bestudeer die volgende staafgrafiek en stellings om die volgende vrae te
        beantwoord.

         Gram CO2 (kilowatt per uur)
                                                                                  Indirekte besoedeling, deel van produksieproses
                                                                                  Direkte besoedeling vanaf verbranding

                                       Steenkool    Olie   Natuurlike   Sonkrag   Wind    Hidro-          Kernkrag
                                                              gas                         elektrisiteit

        Stelling:
        Die Suid-Afrikaanse energievoorsieningsektor veroorsaak ŉ geweldige
        hoeveelheid lugbesoedeling wat tot aardverwarming en
        klimaatsverandering bydra. Regerings moet huishoudings en besighede
        dwing om gebruik te maak van bewaringsplanne om hulle
        koolstofvoetspoor te verminder.

        3.2.1                          Skryf ŉ sin om enige TWEE van die volgende terme te definieer:

                                       Kweekhuisgasse                   Aardverwarming

                                       Klimaatsverandering              Koolstofvoetspoor                     (2 x 2)     (4)

        3.2.2                          Verwys na die staafgrafiek om die volgende vrae te beantwoord.

                                       A     Watter van die verskillende energiebronne wat genoem word
                                             gee die meeste koolstofdioksied (CO2) af?                                    (1)

                                       B     Watter energiebronne gee die minste koolstofdioksied (CO2)
                                             af?                                                                          (1)

                                       C     Watter van die energiebronne wat op die staafgrafiek
                                             aangedui word, is die effektiefste energiebron en ook
                                             potensieel die gevaarlikste?                                     (1 x 2)     (2)

        3.2.3                          Verduidelik enige TWEE energiebewaringsplanne wat die regering
                                       kan gebruik om huishoudelike- en besighuidsverbruikers aan te
                                       moedig om minder elektrisiteit te verbruik.               (2 x 2)                   (4)
                                                                                                                          [25]
                                                                                                          TOTAAL:         100

Kopiereg voorbehou                                                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [SOCIAL SCIENCES GEO GR9 MEMO NOV2016 AFR](https://www.hlayiso.com/library/social-sciences-geo-gr9-memo-nov2016-afr/4dbe9b75-8912-4797-91fc-b19ce737df06) — Social Sciences · Memo · 2016 · Afr
- [SOCIAL SCIENCES GEO GR9 MEMO NOV2016 ENG](https://www.hlayiso.com/library/social-sciences-geo-gr9-memo-nov2016-eng/5b86ffd9-62f6-4599-a238-80b6a332ece0) — Social Sciences · Memo · 2016 · Eng
- [SOC SC - ENG (HIST) GR9 MEMO NOV 2016](https://www.hlayiso.com/library/soc-sc-eng-hist-gr9-memo-nov-2016/c69f06f4-1ff1-4c59-af3b-e4bb4d255067) — Social Sciences · Memo · 2016 · Eng
- [SOC SC - afr (HIST) GR9 MEMO NOV 2016](https://www.hlayiso.com/library/soc-sc-afr-hist-gr9-memo-nov-2016/6ecbcd8f-c38f-41e0-97f3-67d619b2d380) — Social Sciences · Memo · 2016 · Afr
- [SOS SCIENCES GR9 NOV2013 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/sos-sciences-gr9-nov2013-qp-eng/7a2e3a52-ed59-4c64-aaf3-c8d12c522613) — Social Sciences · QP · 2013 · Eng
- [SOS WET GR9 NOV2013 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/sos-wet-gr9-nov2013-qp-afr/a85d9090-5ba6-4e26-b6b2-b378eee5d628) — Social Sciences · QP · 2013 · Afr

## More from Grade 9 Social Sciences

- [CAPS SP SOCIAL SCIENCE GR 7-9](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-social-science-gr-7-9/a0b47288-db90-4b74-b9f7-0185f2ef1623) — CAPS · Eng
- [Grade 9 Social Sciences P1 (Geography) November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-geography/a93cbcad-58b5-4391-a64d-0a545bbb7c39) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 9 Social Sciences P2 (History) November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-history/162feceb-8aa8-4498-8485-a4c46dd166ac) — Memo · 2026 · Eng
- [SOS SCIENCES GR9 QP NOV2014 ENG +ANNEXURE](https://www.hlayiso.com/library/sos-sciences-gr9-qp-nov2014-eng-annexure/67744cd2-ef8a-4b3c-b4bd-6913cda283fb) — Addendum · 2014 · Eng
- [SOS WET GR9 ADDENDUM NOV2014](https://www.hlayiso.com/library/sos-wet-gr9-addendum-nov2014/4d5669a9-41b4-423f-9a8b-d7f7c5b4e028) — Addendum · 2014
- [SOS WET GR9 QP NOV2014 AFR+ ADDENDUM](https://www.hlayiso.com/library/sos-wet-gr9-qp-nov2014-afr-addendum/bbcb9e29-4c8a-4d5e-8901-b3fef1f2fc03) — Addendum · 2014 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
