# Social Sciences Grade 9 November EC 2013 Memo (Afrikaans)

> Grade 9 Social Sciences memorandum from the November EC 2013 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/sos-wet-gr9-nov2013-memo-afr/d04a0cc0-7cbf-4d1b-a8cc-f063170137af
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Social Sciences
- Grade: Grade 9
- Document type: Memorandum
- Year: 2013
- Exam period: November EC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Social Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/social-sciences) › [Social Sciences Grade 9 November EC 2013 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/sos-wet-gr9-nov2013-memo-afr/d04a0cc0-7cbf-4d1b-a8cc-f063170137af)

## About this document

Social Sciences · Grade 9 · November EC · 2013. Memorandum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          SENIOR FASE

                           GRAAD 9

                     NOVEMBER 2013

               SOSIALE WETENSKAPPE
                   MEMORANDUM

PUNTE:   100

               Hierdie memorandum bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                     SOSIALE WETENSKAPPE   (NOVEMBER 2013)

AFDELING A: AARDRYKSKUNDE

VRAAG 1: KAARTLEES EN KAARTINTERPRETASIE

1.1   B                                                   (1)

1.2   C                                                   (1)

1.3   B                                                   (1)

1.4   C                                                   (1)

1.5   D                                                   (1)

1.6   B                                                   (1)

1.7   A                                                   (1)

1.8   C                                                   (1)

1.9   A                                                   (1)

1.10 B                                                   (1)
                                                        [10]

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                      SOSIALE WETENSKAPPE                              3

 VRAAG 2: KAARTLEES EN KAARTINTERPRETASIE

 2.1
        Spoed =

        Afstand =

                  =                         √1

                  = 3,7 km + 49 km          √1
                  = 52,7 km                 √1

        Spoed =

                  = 1,171 km/min   →
                  =

                  = 70,3 km/h               √1                                         (4)

 2.2   Gemete Afstand = 10,9 cm OF 11 cm

                              OF

        =                     OF =                  √1

        = 5,45 km                    = 5,5 km   →   √1                                 (2)

 2.3    Buffalorivier √1                                                               (1)

 2.4    Spoor- en wandelroete OF voetpad OF die ander pad       (Enige 1 van die 3)    (1)

 2.5    Die rigting van die omgekringde A (blok D3) op die kaart van die
        omkringde B (blok C4) op die kaart is 213°. (Ken vol punte toe binne ŉ
        reikwydte van 5° (d.w.s. tussen 210° – 2015°.) √√2                             (2)
                                                                                      [10]

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             SOSIALE WETENSKAPPE                         (NOVEMBER 2013)

VRAAG 3: ONTWIKKELINGSKWESSIES

3.1   Ontwikkeling is ŉ verbetering in die faktore wat lewenskwaliteit beïnvloed.
      Ontwikkeling is ook ŉ proses van verandering en verbetering in die
      lewensomstandighede van die mense.                      (√√2 Enige 1 punt bo)     (2)

3.2   Die term “Eerste Wêreld” verwys na lande wat ontwikkel is asook na hoogs
      ontwikkelde ryk lande met ŉ hoë inkomste, terwyl die term “Derde Wêreld”
      verwys na lande wat oor die algemeen onderontwikkeld, ontwikkelend en
      arm is met ŉ lae inkomste. √√2                                                    (2)

3.3     BENADERING
             TOT             POSITIEWE BYDRA             NEGATIEWE BYDRA
       ONTWIKKELING
      1. Die Groen         1. Toename in              1. Agteruitgang van grond
         Rewolusie            produksie/opbrengs.        as gevolg van
                           2. Voordeel vir boere –       verandering in wisselbou
                              dit verbeter hul           elke jaar.
                              ekonomiese situasie;    2. Agteruitgang van die
                              dit help met ŉ beter       grond deels as gevolg
                              opbrengs; hulle kry        van swaar chemiese
                              beheer oor die baie        kunsmis-insette, wat
                              insekte en peste,          grond hard maak en
                              meganisasie verbeter       koolstofmateriaal laat
                              werksomstandighede         afneem.
                           3. Beter grond gebruik     3. Plae het vermeerder:
                              deur die gebruik van       plae wat ons gewoonlik
                              twee en drie kampe         kon beheer deur bio-
                              vir wisselbou.             degradeerbare metodes,
                           4. Beter wetenskaplike        het weerstand ontwikkel
                              metodes kan                teen baie plaagdoders en
                              aangewend word             nou is hierdie chemiese
                              soos wat plase             plaagdoders nie meer
                              vereis.                    effektief nie.
                           5. Nuwe sade is            4. As gevolg van swaar
                              ontwikkel wat hoër         gebruik van chemiese
                              opbrengste kan lewer       plaagdoders,
                              en die vermoë het          insekdoders en kunsmis
                              om siektes te beveg.       het ons baie voëls en
                                                         vriendelike insekte
                              (√1 Enige 1 punt bo)       verloor en dis ŉ groot
                                                         verlies op die lang
                                                         termyn.
                                                      5. Chemikalieë in water:
                                                         Hierdie chemikalieë wat
                                                         ons op ons plase
                                                         gebruik, sak af in die
                                                         grond en besoedel die
                                                         grondwater wat weer ŉ
                                                         invloed op ons en ons
                                                         kinders se gesondheid
                                                         het.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                SOSIALE WETENSKAPPE                                       5

                                                          6. Verlies van die ou sade:
                                                             Ons het begin met die
                                                             gebruik van nuwe sade
                                                             omdat dit ŉ beter
                                                             opbrengs gee en so
                                                             verloor ons baie
                                                             belangrike groen
                                                             groente van hierdie
                                                             sade.

                                                             (√1 Enige 1 punt bo)

        2. Bevorder            1. Industriële groei het   1. Ekonomiese
           industriële groei      noodsaaklike               mededinging tussen
                                  voordele vir ŉ land        lande het strawwer
                                  se ekonomie                geword as voorheen.
                                  gebring.                2. Wedywering en konflik
                               2. Werkgeleenthede            oor hulpbronne kom
                                  word geskep.               meer voor.
                               3. Meer infrastruktuur     3. Dit op sy beurt,
                                  word gebou.                veroorsaak oorloë in
                               4. Meer sakemanne             sommige lande.
                                  word gelok om te        4. Dit skep ŉ klasseverskil
                                  belê in ŉ                  – die ryk en arm; die
                                  geïndustrialiseerde        werkgewer en
                                  land.                      werknemer.
                               5. Die finansiële          5. Dit skep geskoolde en
                                  hulpbronne van die         ongeskoolde arbeiders
                                  nasie sal geweldig         wat lei tot groot
                                  styg.                      loonverskille.

                               (√1 Enige 1 punt bo)          (√1 Enige 1 punt bo)

        3. Toepaslike          1. Dit verbeter die        1. Dit is baie duur.
           tegnologie             kwaliteit van die       2. Dit is onbekostigbaar.
                                  lewe.                   3. Mense verloor werk as
                               2. Dit maak dinge             gevolg van
                                  makliker.                  meganisasie.
                               3. Dit maak dinge          4. Mense raak luier en dit
                                  onmiddelik en              kortwiek hul
                                  vinniger.                  gesondheid.
                               4. Dit bring               5. Dit beskadig die
                                  ontwikkeling.              omgewing.
                               5. Dit bring vermaak.

                               (√1 Enige 1 punt bo)          (√1 Enige 1 punt bo)
                                                                               (3 x 2)    (6)
                                                                                         [10]

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               SOSIALE WETENSKAPPE                           (NOVEMBER 2013)

VRAAG 4: VOLHOUBARE GEBRUIK VAN HULPBRONNE

4.1   4.1.1    Ontbossing √1                                                                √1

      4.1.2    Agenda 21 of Millennium Ontwikkelingsdoelwitte √1                            √1

      4.1.3    Kweekhuis-effek/Aardverwarming √1                                            √1

      4.1.4    Natuurlike hulpbronne. √1                                                    (1)

4.2   Water is Suid-Afrika se mees kosbare natuurlike hulpbron en water is
      skaars. Ons voorrade van skoon, bruikbare water is beperk, en ons moet
      leer om dit meer oordeelkundig te gebruik. Die bewaring van water begin by
      die huis.

         Draai krane altyd styf toe sodat         Gebruik slegs skoonmaak
          hulle nie drup nie.                       produkte wat nie die omgewing sal
         Herstel enige lekkasie in en om           benadeel nie wanneer hulle na
          jou krane stiptelik. (Een lek kan ŉ       gebruik weggespoel word.
          paar duisend liter water per jaar        Kyk vir ‘omgewingsvriendelike’
          mors.)                                    produkte in die winkel.
          Wanneer jy skottelgoed was met          Grasperke en tuine vereis slegs
          die hand, moenie die water                5 mm water per dag tydens warm
          aaneen laat loop nie                      weer.
          Was skottelgoed in ŉ gedeeltelik        Minder water is nodig tydens die
          gevulde wasbak.                           lente, herfs of koel weer.
          As jy ŉ elektriese                      Lei grasperke nat elke drie tot vyf
          skottelgoedwasser gebruik, was            dae, eerder as om dit vir ŉ kort
          net vol vragte, en gebruik die            tydperk elke dag te doen.
          kortste siklus moontlik.                 In warm weer, gee 5 mm water vir
         Baie skottelgoedwassers het ŉ             elke dag sedert die laaste
          water-besparingssiklus.                   natmaak.
         Wanneer jy jou tande borsel,             Gee plante water gedurende die
          draai die kraan toe terwyl jy             koel deel van die dag, in die
          borsel in plaas van dit aaneen te         oggend of in die aand.
          laat loop.                               Moenie water op winderige dae
         Wanneer jy weer jou tandeborsel           gee nie.
          afspoel, gebruik klein bietjies          Moenie ekstra water gee in
          water (Dit spaar ongeveer 80%             afwagting van ŉ tekort aan water
          van die water wat normaalweg              iewers nie.
          gebruik word.)                           Grond kan nie ekstra water stoor
         Was net vol vragte in jou                 nie.
          wasmasjien.                              Gebruik aan-af tydreguleerders,
         Water moet in damme/riviere               indien moontlik.
          gelos word vir gebruik deur              Moenie sproeiers aansit en aan
          waterdiere.                               los vir die hele dag nie.

                                                          (√√√3 Enige 3 punte hierbo)
                                                                               (3 x 1)      (3)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                  SOSIALE WETENSKAPPE                                      7

 4.3    Die Nasionale Afvalbestuurstrategie (NWMS) is ŉ wetlike vereiste van die
        Nasionale Omgewingsbestuur: Afvalwet, 2008 (Wet 59 van 2008), die
        “Afvalwet’.

        Afvalbestuur probleem
        Afvalbestuur in Suid-Afrika staar talle uitdagings in die oë en die NWMS bied
        ŉ plan om hulle aan te spreek. Die belangrikste uitdagings is:

           ŉ Groeiende bevolking en ekonomie, wat verhoogde volumes afval
            beteken wat gegenereer word.
           Dit plaas druk op afvalbeheerfasiliteite, wat reeds onvoldoende is.
           Die kompleksiteit van die afvalstroom word vererger deur die vermenging
            van gevaarlike afval met algemene afval.
           Daar is ŉ historiese agterstand van afvaldienste vir veral stedelike
            informele gebiede, stam- en landelike formele gebiede.
           Afvaldienste bly steeds meer beskikbaar in meer gegoede en stedelike
            gemeenskappe.
           Onvoldoende afvaldienste lei tot onaangename lewensomstandighede en
            ŉ besoedelde, ongesonde omgewing.
           Herwinnings-infrastruktuur, wat die skeiding van afval teweeg kan bring,
            is afwesig. Daar is ook toenemend druk op verouderde afvalbestuur
            infrastruktuur en die onderhouding daarvan.

                                          (√1 Enige 3 punte x     hierbo)

        Moontlike oplossings tot hierdie probleem
        Verbruikers en huishoudings speel ŉ belangrike rol in die generering van
        afval van die produkte wat hulle gebruik.

           As eindgebruikers moet mense afval verminder, hergebruik en herwin
            waar moontlik, en op ŉ verantwoordelike manier ontslae raak van hierdie
            afval.
           Hulle moet bewus wees van die omgewingsimpak van die produkte wat
            hulle koop, en ŉ sin van verantwoordelikheid vir die omgewing aan
            gesinne en kollegas oordra.
           Plaaslike regering moet afvalbestuurdienste voorsien, wat verwydering,
            berging en ontslae raak van afvalprodukte insluit.
           Munisipaliteite moet saamwerk met die industrieë binne die bedryf asook
            ander belanghebbendes, om herwinning uit te brei.
           Munisipaliteite moet huise van ŉ addisionele vullisdrom voorsien sodat
            hulle afval kan skei.
           Munisipaliteite is verantwoordelik vir verwydering van organiese afval van
            stortingsterreine en die verwerking daarvan na kompos.
           Reguleer afvalbestuur in die mynbousektor.

                                     (√1 Enige 3 punte x     hierbo)        (1   +1   )    (3)
                                                                                          [10]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              SOSIALE WETENSKAPPE                           (NOVEMBER 2013)

VRAAG 5:     MAATSKAPLIKE EN OMGEWINGSKONFLIK IN SUID-AFRIKA

5.1   Mense wil huise hê of mense kla oor behuising. √1                                    (1)

5.2      Die raad het nie ordentlike behuising voorsien nie.
         Die raad het nie sy beloftes nagekom nie.
         Daar is nie genoeg goeie grond vir ŉ groeiende bevolking nie.

                                (√√2 Enige 2 punte hierbo)                                 (2)

5.3   Die raad of plaaslike regering (munisipaliteite) of die nasionale regering. √1       (1)

5.4      Alle belanghebbendes moet betrokke wees in die vind van die oplossing
          – die gemeenskap en die raad of verskaffers van behuising.
         Alle mense wat geraak word – jonk en oud, mans en vroue – moet
          genooi word om die probleem te bespreek.
         Daar moet ŉ platform wees vir ŉ demokratiese, deursigtige en regverdige
          bespreking, waar verskillende standpunte ingesluit moet wees.
         Daar moet dialoog wees en daar moet versigtig geluister word, gevolg
          deur ŉ opsomming van die voorgestelde oplossing vir die probleem.

                                (√√2 Enige 2 punte hierbo)                                 (2)

5.5   DIE UITWERKING VAN DIE WET OP GROND VAN 1913 OP DIE MENSE
      VAN SUID-AFRIKA REGOOR DIE LAND.

      Die Wet op Grond het territoriale segregasie geskep. Die wetgewing het
      reserwes-gebiede vir Swartes ingestel en het die verkoop van wit
      grondgebied aan swartes en omgekeerd verbied. Dié wet bepaal dat swart
      mense kon leef buite die reserwes, slegs indien hulle kon bewys dat hulle in
      diens van wittes was.

      Die wet was ingestel om wrywing tussen wit en swart te beperk, maar
      Swartes het volgehou dat die doel was om aan die eise van wit boere vir
      meer landbougrond te voldoen en om Swartes te dwing om te werk as
      arbeiders.

      Die wet het ŉ stelsel van grondbesit geskep wat die meerderheid van Suid-
      Afrika se inwoners ontneem het van die reg om grond te besit. Die Wet op
      Grond van 1913 ontneem wit boere van reëlings wat hulle baie beter kon
      pas as om te vertrou op trae werknemers. Hulle verloor die gedeelde
      verantwoordelikheid van hul swart vennote om gewasse te bewerk, asook
      die gedeelde sukses wanneer oeste goed was en die gedeelde verliese
      wanneer oeste misluk het.

      Die wet het ook wit boere ontneem van ŉ groter potensiële mark vir grond
      wat hulle wou uithuur of verkoop. Dit het verhoudings tussen swart en wit
      belemmer. Vandag is dit arm en werklose Suid-Afrikaners (van wie die
      meeste swart mense ongeskoold is) wat die slagoffers van die wetgewing is.

                               (√√√√4 Enige 4 punte hierbo)                               (4)
                                                                                         [10]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (NOVEMBER 2013)                 SOSIALE WETENSKAPPE                                    9

AFDELING B: GESKIEDENIS

VRAAG 6:      MENSEREGTEKWESSIES GEDURENDE EN NA DIE TWEEDE
              WÊRELDOORLOG

6.1   Hierdie voorval het in Duitsland plaasgevind. √1                                      (1)

6.2   Einsatzgruppen √1                                                                     (1)

6.3   ‘Nazi’ staan vir Nasionale Sosialistiese Duitse Werkersparty √1                       (1)

6.4   Die Tweede Wêreldoorlog √1                                                            (1)

6.5      Die Nazi’s het rassisme geskep – die valse geloof dat sekere groepe mense
          beter is as ander as gevolg van hoe hulle lyk, hulle geloof en waar hulle
          gebore is.
         Hulle het dit gebruik om regte en voorregte te gee aan diegene wat hulle as
          beter geag het en diegene onderdruk wat hulle as minderwaardig beskou het.
          Dit was rassisme, xenofobie en segregasie. √√2                                    (2)

6.6   Die Duitse volk het baie keuses gehad:

      1. Hulle kon kies om die Nazi idees te ondersteun en sodoende niks te verloor
         nie: Ondersteuners OF
      2. Hulle kon kies om die regime uit te daag en so vernedering, in hegtenisname
         en segregasie in die oë te staar: Opponeerders OF
      3. Hulle kon kies om net te kyk en niks te doen nie, solank as wat hulle nie
         geraak word nie sou hulle min omgee. Omstanders OF
      4. Hulle kon kies om diegene wat deur die Nazi's vervolg was, te red en te
         beskerm: Redders.
                                (√√2 Enige 2 keuses hierbo)                                 (2)

6.7   Les 1: Die belangrikheid van die Menseslagting herinnering – ter herinnering
             van die gedemoniseerdes en verontmenslik. Elke mens het ŉ identiteit,
             en ons is elkeen, waar ons ookal is, die beïnvloeders van mekaar se lot.
      Les 2: Ons het ŉ verantwoordelikheid om staatsgoedgekeurde aanhitsing tot
             haat en volksmoord, te voorkom. Die slagting het nie in gaskamers begin
             nie, maar dit het begin net met woorde.
      Les 3: Die gevaar van stilswye en onverskilligheid, en die verantwoordelikheid
             om die slagoffer te beskerm. Onverskilligheid en geen aksie kom altyd
             neer op kant kies van die onderdrukker, nooit aan die kant van die
             slagoffer. Om niks te doen as jy die kwaad sien, is gelyk met die bose
             self.
      Les 4: Die verantwoordelikheid om oorlogmisdadigers te laat boet.
      Les 5: Die verantwoordelikheid om die waarheid te praat met diegene in beheer.
      Les 6: Die verantwoordelikheid om op te voed, om die slagoffers van die
             slagting te onthou/herdenk en om diegene wat daarteen opgestaan het,
             te vereer.
      Les 7: Die beskerming van die kwesbares en magteloses as die toets van ŉ
             regverdige samelewing.
                                (√√2 Enige 2 keuses hierbo)                              (2)
                                                                                        [10]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              SOSIALE WETENSKAPPE                        (NOVEMBER 2013)

VRAAG 7: APARTHEID IN SUID-AFRIKA

    Die kronologiese tydlyn moet wees soos hierdie:

                                  Die Suid-Afrikaanse Naturelle Nasionale Kongres
08 Januarie 1912                  (ANC) is deur eerw. John Langalibalele Dube
                                  gestig √1

                                  Die Wet op Grond is aangeneem wat 87% van
1913                              grond aan wittes en 13% grond aan swartes
                                  gegee het √1

                                  Die Nasionale Party onder dr. D.F. Malan kom
1948                              aan bewind in Suid-Afrika √1

                                  Hoofman Albert Luthuli word die eerste
1952
                                  President-Generaal van die ANC √1

                                  Die Vryheidsmanifes is in Kliptown
26 June 1955                      aangeneem √1

                                  Dr. H.F. Verwoerd, die argitek van apartheid,
06 September 1966                 word in Kaapstad vermoor √1

                                  Oliver Reginald Tambo word die waarnemende
1967                              president van die ANC √1

                                  Steve Bantubonke Biko sterf in aanhouding √1
12 September 1977

                                  Die Drie-kamer parlement is in Suid-Afrika
1983                              ingestel √1

                                  Nelson Rolihlahla Mandela is uit Robbeneiland se
11 Februarie 1990                 gevangenis vrygelaat √1
                                                                          (10 x 1)     [10]

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                 SOSIALE WETENSKAPPE                                    11

 VRAAG 8: KERNTYDPERK EN KOUE-OORLOG

 8.1    Die VSA (Verenigde State van Amerika) en die USSR (Unie van Sowjet
        Sosialistiese Republieke) of Rusland. √√2                                       (2)

 8.2    MANIERE WAAROP HIERDIE SUPERMOONDHEDE IN KONFLIK IS.

           Deelname aan oorloë in verskeie dele van die wêreld
           Bewapeningswedloop
           Ruimtewedloop (space race)
           Propaganda
           Sport
           Spioenasie
           Hulp

                                                         (√√2 Enige 2 punte hierbo)     (2)

 8.3    Kapitalisme is ŉ ekonomiese stelsel waarin mense vry is om eie besighede
        te hê en wins te maak; ŉ politieke stelsel waarin mense vry is om ŉ regering
        te verkies om hulle te verteenwoordig. Dit moedig individuele vryhede aan.
        Kommunisme is ŉ ekonomiese stelsel waarin die staat die eienaar van die
        besighede is en die ekonomie beheer en so probeer om gelykheid onder die
        mense te skep. Dit beskou die hele land as meer belangrik as individuele
        mense. √√2                                                                      (2)

 8.4    Die Ystergordyn simboliseer die ideologiese konflik en simboliese grens
        verdeling van Europa in twee afsonderlike gebiede, Wes-Europa en Oos-
        Europa.
                                              OF
        Fisies – die Ystergordyn neem die vorm aan van die
        grens/verdedigingsmuur tussen die lande van Europa in die middel van die
        vasteland. Die mees noemenswaardige grens is gekenmerk deur die
        Berlynse-muur.

                                  (√1 Enige 1 punt hierbo)                              (1)

 8.5    Gorbatsjof √1                                                                   (1)

 8.6    Die USSR en sy bondgenote het materiale en militêre steun aan beide lande
        en aan weerstandsbewegings met die Kommunistiese ideologie voorsien.
        Op sy beurt het die VSA dieselfde hulp aan lande en bewegings met ŉ
        kapitalistiese ideologie voorsien.

        In Suid-Afrika het die USSR materiale en morele ondersteuning gegee aan
        groepe soos die ANC en ook aan SWAPO (wat teen Suid-Afrikaanse magte
        in Namibië geveg het). Op sy beurt het die VSA steun gegee aan die Suid-
        Afrikaanse regering om die Russiese pogings te balanseer. Met die afname
        in vyandige gesindheid (laat 1980’s) en ook met die einde van die Koue-
        oorlog in 1991, het die VSA nie meer nodig gehad om Suid-Afrika te
        ondersteun nie en het en sodoende sy ondersteuning onttrek.

                                 (√√2 Enige 2 punte hierbo)                             (2)
                                                                                       [10]

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             SOSIALE WETENSKAPPE                           (NOVEMBER 2013)

VRAAG 9:     DIE EINDE VAN DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG EN DIE STRYD
             OM MENSEREGTE

9.1   Menseregte is inherente regte van alle mense, wat ook al hul nasionaliteit,
      blyplek, geslag, nasionale of etniese oorsprong, kleur, geloof, taal of enige
      ander status. √1                                                                     (1)

9.2   Die Verenigde Nasies is gestig om vrede te bewaar in die wêreld ná die
      mislukking van die Volkebond. √1                                                     (1)

9.3   Die Burgerregte-beweging verwys na die georganiseerde opposisie teen
      rasse-segregasie en die misbruik van swart mense se menseregte in die
      Verenigde State van Amerika tussen 1954 en 1965. √1                                  (1)

9.4   Die wet in Amerika was aan die kant van diegene wat deelgeneem het in die
      veldtog vir burgerregte, terwyl in Suid-Afrika burgerregte gebaseer was op
      die fundamentele menseregte, dat ŉ swart persoon ŉ mens is geskape na
      die beeld van God. √√2                                                               (2)

9.5   Rosa Parks √1                                                                        (1)

9.6   Martin Luther King Jr, Harriet Tubman, Malcolm X, W.E.B. du Bois en
      Sojourner Truth.
                                   (√√2 Enige 2 mense)                                     (2)

9.7   UITWERKING VAN DIE KOLONIALISME IN AFRIKA

         Afrikane het hul grond verloor asook hul ekonomiese en politieke beheer
          van hul lande.
         Uitbuiting van die natuurlike hulpbronne en grond.
         Rasse-onderdrukking en segregasie.
         Wydverspreide armoede en ongelyke verspreiding van rykdom.
         Enige geleentheid vir die ontwikkeling van die nasie self in voorbereiding
          vir industrialisering of verbetering, is geïgnoreer.
         Stambevolkings het hande-arbeid vir hul koloniale meesters gedoen.
         Etniese spanning en geweld het voorgekom in die onderdrukte lande as
          gevolg van kolonialisme se swak afbakening van internasionale grense.
         Kolonialisme het ook gelei tot etniese geweld en volksmoord.
         Rassisme, armoede en etniese geweld.

                                (√√2 Enige 2 punte hierbo)                                 (2)
                                                                                          [10]

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                  SOSIALE WETENSKAPPE                                     13

 VRAAG 10: SAKE VAN ONS TYD

 10.1   10.1.1    Vergelding-geregtigheid is ŉ regstelsel wat deur die Geallieerdes
                  gebruik is tydens die Neurenbergverhore om die Duitse oortreders
                  te verhoor en te straf vir die misdade gedurende die
                  menseslagting. √1                                                       (1)

        10.1.2    Herstellende-geregtigheid is ŉ regstelsel wat deur die Suid-
                  Afrikaanse regering (WVK) gebruik is om beide die oortreders en
                  slagoffers van die apartheidmisdade te versoen. √1                      (1)

        10.1.3    NEPAD is Nuwe Vennootskap vir Afrika se Ontwikkeling. √1                (1)

        10.1.4    Volksmoord is ŉ selektiewe massamoord wat bedoel om ŉ
                  nasionale, etniese of rasse-groep geheel en al of gedeeltelik uit te
                  wis. √1                                                                 (1)

        10.1.5    Globalisering is ŉ proses van interaksie en integrasie tussen die
                  mense, maatskappye en regerings van verskillende nasies. ŉ
                  Proses wat gedryf word deur die internasionale handel en
                  belegging en aangehelp word deur inligtingstegnologie. √1               (1)

 10.2   HOE MAG, BEHEER, RASSISME EN DISKRIMINASIE GELEI HET TOT
        VOLKSMOORD IN RWANDA OF BOSNIË-HERZOGOVINA.

        BOSNIË-HERZEGOVINA.
        Hoewel baie verskillende etniese en godsdienstige groepe 40 jaar saam
        gewoon het onder Joego-Slawië se onderdrukkende kommunistiese
        regering, het dit verander toe die land begin ineenstort het gedurende die val
        van die kommunisme in die vroeë 1990's.

        Die provinsies van Slowenië en Kroasië het hul onafhanklikheid verklaar, en
        oorlog tussen Serwië en die wegbreek republieke het gou gevolg. Etniese
        spanning het toe op die voorgrond getree, en mense wat vir jare as bure in
        vrede geleef het, het teen mekaar gedraai en wapens teen mekaar
        opgeneem.

        Toe Bosnië probeer om af te skei, het Serwië onder leierskap van Slobodan
        Milosevic hom binnegeval met die verskoning dat hulle dit doen om mede-
        Serwies Ortodokse Christene in Bosnië te bevry. In April 1992, het Serwië
        begin met “etniese reiniging” van Bosniese grondgebied deur stelselmatig
        alle Bosniese Moslems, bekend as Bosniake, te verwyder. Serwië, tesame
        met etniese Bosniese Serwiërs, het die Bosniake aangeval met die
        voormalige Slawiese militêre toerusting en die hoofstad, Sarajevo, omring.
        Baie Bosniake is in konsentrasiekampe gedryf, waar vroue en meisies
        stelselmatig verkrag was en ander burgerlikes gemartel, uitgehonger en
        vermoor is. In Julie 1995 het die Serwiërs die grootste massamoord in
        Europa gepleeg sedert die Tweede Wêreldoorlog in die gebied, Srebrenica.
        ŉ Geraamde 23 000 vroue, kinders en bejaardes is op busse gesit en
        geneem na Moslem-beheerde gebiede, terwyl die 8 000 mans wat oorlog-
        gereed was, uitgemoor was. Die sogenaamde veilige omgewing van
        Srebrenica het tot ŉ val gekom sonder ŉ enkele skoot wat deur die VN
        afgevuur is.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                           SOSIALE WETENSKAPPE                         (NOVEMBER 2013)

                                          OF

     RWANDA

     Die meeste van die Rwandese bevolking het behoort aan die Hutu etniese
     groep, wat tradisioneel landbouers was. Vir baie eeue het Rwanda Tutsi’s
     gelok wat tradisioneel veewagters was, vanaf Noord-Afrika. Vir 600 jaar het
     die twee groepe die aktiwiteite van boerdery, wat noodsaaklik was vir
     oorlewing, tussen hulle gedeel. Hulle het ook hul taal, hul kultuur en hul
     nasionaliteit gedeel. Daar was ook baie inter-huwelike tussen hulle. ŉ Wig
     was egter ingedryf tussen hulle toe die Europese koloniste begin intrek het.
     Dit was die praktyk van die koloniale administrateurs om ŉ groep te kies wie
     die bevoorregte en opgevoede “tussengangers” tussen goewerneur en die
     mense onder hom moet wees. Die Belge het die Tutsi’s gekies, en
     sommige Tutsi’s het begin om soos aristokrate op te tree, terwyl die Hutu’s
     gevoel het soos kleinboere en as verdruktes, en het so gehelp om rewolusie
     te inspireer.

     In 1956 het hul rebellie begin (dit sou meer as 100 000 lewens neem). In
     1959 het die Hutu-stam die mag oorgeneem en die Tutsi gemeenskappe
     van hul grond gestroop. Baie Tutsi’s het teruggeval in ballingskap na
     naburige lande, waar hulle die Front Vaderlandsche Rwandais gestig het en
     waar hul soldate opgelei is deur die Rwandese Patriotiese Front (RPF) en
     gewag het.

     Na die eerste vreugde in verkryging van mag – en in 1962, onafhanklikheid
     vir Rwanda – het ŉ polities onervare Hutu-regering begin om interne
     konflikte in die gesig te staar. Spanning tussen gemeenskappe en
     provinsiale faksies het toegeneem. Tutsi weerstand is voortdurend gevoed
     deur onderdrukkende maatreëls teen hulle (in 1973, byvoorbeeld, was hulle
     uitgesluit van sekondêre skole en die universiteit). In 1990 het RPF-rebelle
     die oomblik benut en aangeval – burgeroorlog het begin.

     ŉ Skietstilstand is bereik in 1993 gevolg deur VN-gesteunde pogings om ŉ
     nuwe veelparty-grondwet te onderhandel, maar Hutu-leiers en ekstremiste
     was fel gekant teen enige Tutsi betrokkenheid in die regering. Op 6 April
     1994 is die vliegtuig met Rwanda se president afgeskiet – in alle
     waarskynlikheid was dit die werk ŉ ekstremis. Dit was die sneller wat nodig
     was vir die Hutu’s om hul beplande “Finale Oplossing” in werking te laat
     tree. Die Tutsi’s is beskuldig van die moord op die president, en die Hutu-
     burgerlikes was deur radio en woord van die mond gesê dat dit hul plig is
     om die Tutsi's uit te wis. Eerstens moes gematigde Hutu’s wat nie teen die
     Tutsi’s was, doodgemaak word. So ook moes Tutsi mans en vrouens
     doodgemaak word. Die Volksmoord het begin.

                             (√√√√√5 Enige 5 feite hierbo)

     LET WEL: Die leerder moet skryf oor EEN land NIE albei NIE.                      (5)
                                                                                     [10]

                                                                        TOTAAL:      100

## Related documents

- [SOS SCIENCE GR9 NOV2013-MEMO-Eng](https://www.hlayiso.com/library/sos-science-gr9-nov2013-memo-eng/298dee85-61dd-4595-9095-3b9e7a7449d8) — Social Sciences · Memo · 2013 · Eng
- [SOS SCIENCES GR9 NOV2013 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/sos-sciences-gr9-nov2013-qp-eng/7a2e3a52-ed59-4c64-aaf3-c8d12c522613) — Social Sciences · QP · 2013 · Eng
- [SOS WET GR9 NOV2013 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/sos-wet-gr9-nov2013-qp-afr/a85d9090-5ba6-4e26-b6b2-b378eee5d628) — Social Sciences · QP · 2013 · Afr
- [SOS WET GR9 MEMO NOV2014 AFR](https://www.hlayiso.com/library/sos-wet-gr9-memo-nov2014-afr/907b0dce-e99d-4db0-868d-7a2bfdcb94ac) — Social Sciences · Memo · 2014 · Afr
- [SOS SCIENCE GR9 MEMO NOV2014 ENG](https://www.hlayiso.com/library/sos-science-gr9-memo-nov2014-eng/e5fb8d82-cbe2-41e9-84f3-b27c57458baf) — Social Sciences · Memo · 2014 · Eng
- [SoSc P1 N12 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/sosc-p1-n12-memo-eng/f097c5e0-98be-4e4b-bdc4-7985f98e6a93) — Social Sciences · Memo · 2012 · Eng

## More from Grade 9 Social Sciences

- [CAPS SP SOCIAL SCIENCE GR 7-9](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-social-science-gr-7-9/a0b47288-db90-4b74-b9f7-0185f2ef1623) — CAPS · Eng
- [Grade 9 Social Sciences P1 (Geography) November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-geography/eb11484d-a41b-4f61-af98-953cffb38c44) — QP · 2026 · Eng
- [Grade 9 Social Sciences P2 (History) November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-history/2fc54a40-7007-45c9-a85e-3aa08a160b57) — QP · 2026 · Eng
- [SOC SC - ENG (HIST) GR9 QP NOV 2016](https://www.hlayiso.com/library/soc-sc-eng-hist-gr9-qp-nov-2016/6f7d4bf5-c1d9-4221-83a7-cf002e4e9f81) — QP · 2016 · Eng
- [SOC SC - AFR (HIST) GR9 QP NOV 2016](https://www.hlayiso.com/library/soc-sc-afr-hist-gr9-qp-nov-2016/88e2eebd-0ca6-44a2-ac8b-19392e40467f) — QP · 2016 · Afr
- [SOCIAL SCIENCES GEO GR9 QP NOV2016 AFR](https://www.hlayiso.com/library/social-sciences-geo-gr9-qp-nov2016-afr/434a9c9f-e16d-4e5c-b4a5-72081f472b9d) — QP · 2016 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
