# Social Sciences Grade 9 November EC 2013 QP (Afr)

> Grade 9 Social Sciences question paper from the November EC 2013 (Afrikaans), 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/sos-wet-gr9-nov2013-qp-afr/a85d9090-5ba6-4e26-b6b2-b378eee5d628
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Social Sciences
- Grade: Grade 9
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: November EC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Social Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/social-sciences) › [Social Sciences Grade 9 November EC 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/sos-wet-gr9-nov2013-qp-afr/a85d9090-5ba6-4e26-b6b2-b378eee5d628)

## About this document

Social Sciences · Grade 9 · November EC · 2013. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           SENIOR FASE

                            GRAAD 9

                      NOVEMBER 2013

                 SOSIALE WETENSKAPPE

PUNTE:   100

TYD:     2 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             SOSIALE WETENSKAPPE                       (NOVEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

     • AFDELING A: AARDRYKSKUNDE. Beantwoord alle vrae.

     • AFDELING B: GESKIEDENIS. Beantwoord alle vrae.

2.   Lees die vrae deeglik voordat jy dit doen.

3.   Jy word voorsien van ŉ 1:50 000 topografiese kaart 3227 CD KING
     WILLIAM’S TOWN (BRON 1). Verwys daarna wanneer jy VRAAG 1 en
     VRAAG 2 beantwoord.

4.   Die topografiese kaart moet by die toesighouer aan die einde van die
     eksamensessie ingehandig word.

5.   Trek ŉ lyn aan die einde van elke vraag.

6.   Nommer jou vrae korrek.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                     SOSIALE WETENSKAPPE                              3

 AFDELING A: GEOGRAFIE

 VRAAG 1: KAARTLEES EN INTERPRETASIE

 Die vrae hieronder is gebaseer op die 1:50 000 topografiese kaart 3227 CD KING
 WILLIAM’S TOWN (BRON 1). Kies die mees gepaste antwoord uit die lys
 moontlike antwoorde by elke vraag. Skryf slegs die korrekte letter (A–D) langsaan
 die vraagnommer (1.1–1.10), byvoorbeeld 1.11 A.

 1.1    ŉ Lugfoto wat kontoerlyne, punthoogtes, trigonometriese stasies en ander
        benoemde funksies toon, staan bekend as ŉ ...

        A         politieke kaart.
        B         topografiese kaart.
        C         ortofotokaart.
        D         vertikale lugfoto.                                                 (1)

 1.2    ŉ Rooster is die ...

        A         posisie van ŉ kaart op die rooster met lengtegraadlyne en
                  breedtegraadlyne.
        B         posisie van die kaart.
        C         kruising van breedte-en lengtegraadlyne op die kaart.
        D         lengte- en breedtegraadlyne van die kaart.                         (1)

 1.3    Hierdie bruin kleur op hierdie topografiese kaart verteenwoordig ...

        A         dreinering.
        B         reliëf.
        C         plantegroei.
        D         paaie.                                                             (1)

 1.4    Dit is ŉ konvensionele punt:

        A
        B
        C
        D                                                                            (1)

 1.5    Punthoogtes, hoogtemerke, trigonometriese stasies en kontoerlyne
        verteenwoordig ... op die topografiese kaart.

        A         lyne wat plekke met dieselfde hoogte verbind
        B         die oppervlakte van die kaart
        C         die helling van die gebied
        D         hoogte bo seevlak                                                  (1)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              SOSIALE WETENSKAPPE                         (NOVEMBER 2013)

1.6   Die vermaaklikheidsfasiliteit wat by 32º51’00’’S 27º21’02’’O geleë is,
      is ...

      A      bome.
      B      ontspanningsfasiliteit.
      C      rivier.
      D      spoor- en wandelroete.                                                      (1)

1.7   Die hoofverkeersweg roete suid van Msenge (blok B2) na die noord-
      oostelike rigting is oor die algemeen …

      A      stygend.
      B      dalende.
      C      plat.
      D      heuwelagtig.                                                                (1)

1.8   Die vetgedrukte pyltjie nommer 2 (blok B2) wys na ŉ …

      A      kontoerlyn.
      B      punthoogte.
      C      trigonometriese stasie.
      D      hoogtemerk.                                                                 (1)

1.9   Die aantal winkels in die Breidbach-nedersetting (blok D8) is ...

      A      1.
      B      4.
      C      0.
      D      3.                                                                          (1)

1.10 Die kontoerinterval wat op die kaart gebruik word is …

      A      20 km.
      B      20 m.
      C      20 mm.
      D      120 cm.                                                                    (1)
                                                                                       [10]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                  SOSIALE WETENSKAPPE                              5

 VRAAG 2: KAARTWERK

 Beantwoord die volgende vrae.

 2.1    Dit neem ŉ motor 45 minute om vanaf die N2 padteken in blok D8 na Oos-
        Londen te reis. Bereken die spoed waarmee die motor ry.

                             Gebruik die formule hieronder:
                                      Spoed =
                                                                                   (4)

 2.2    Skakel die kronkelende afstand tussen Belstone-treinstasie (blok D6) en
        Yellowwoods-treinstasie (blok B8) om na ŉ regte afstand.                   (2)

 2.3    Wat is die naam van die rivier wat onder die James McIntyre-brug vloei
        (blok G9)?                                                                 (1)

 2.4    Hoe reis mense tussen die Ngxwalane- (blok E1) en Kwalini-nedersettings
        (blok E2)?                                                                 (1)

 2.5    Wat is die rigting van die omgekringde A (blok D3) op die kaart van die
        omgekringde B (blok C4) op die kaart?                                      (2)
                                                                                  [10]

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              SOSIALE WETENSKAPPE                        (NOVEMBER 2013)

VRAAG 3: ONTWIKKELINGSKWESSIES

3.1   Verduidelik die term ontwikkeling.                                                (2)

3.2   Die terme “Derde Wêreld” en “Eerste Wêreld” word dikwels gebruik deur
      ekonome en aardrykskundiges om lande te klassifiseer volgens hul vlak van
      ontwikkeling. Hoe hou die twee terme verband met mekaar?                          (2)

3.3   Die tabel hieronder toon die verskillende benaderings tot ontwikkeling.
      Noem EEN manier hoe elke benadering tot ontwikkeling beide positief en
      negatief bygedra het.

          BENADERINGS TOT                   POSITIEWE              NEGATIEWE
             ONTWIKKELING                    BYDRAE                 BYDRAE
      1. Die Groen Rewolusie           1.                     1.
      2. Bevorder industriële groei    2.                     2.
      3. Gepaste tegnologie            3.                     3.
                                                                            (3 x 2)    (6)
                                                                                      [10]

VRAAG 4: VOLHOUBARE GEBRUIK VAN BRONNE

4.1   Gee die term wat gebruik word vir:

      4.1.1   Die afsny van bome sonder die aanplant van nuwe bome                      (1)

      4.1.2   Hierdie beginsels voorsien ŉ plan van aksie wat uitgevoer moet
              word om volhoubare ontwikkeling te bereik                                 (1)

      4.1.3   Gasse wat die son se energie in die atmosfeer vasvang, en
              veroorsaak dat die aarde warmer word                                      (1)

      4.1.4   Materiaal wat in die natuur voorkom wat deur die mense gebruik
              word vir hul oorlewing                                                    (1)

4.2   Water is Suid-Afrika se mees kosbare natuurlike hulpbron en water is
      skaars. Stel enige DRIE moontlike stappe voor wat mense kan neem om
      water te bewaar.                                                     (3 x 1)      (3)

4.3   Afvalbestuur is ŉ probleem in landelike skole. Dink oor die probleem en stel
      moontlike oplossings voor om hierdie probleem op te los.              (3 x 1)    (3)
                                                                                      [10]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                  SOSIALE WETENSKAPPE                                                    7

 VRAAG 5:         MAATSKAPLIKE EN OMGEWINGSKONFLIKTE IN SUID-AFRIKA

 Lees die volgende artikel (BRON 2) en beantwoord die vrae daaronder.

 PROTESTEERDERS BLOKKEER NASIONALE
 PAD OOR HUISE
 KAAPSTAD. Protesteerders wie
 ordentlike huise eis, het afval en
 motorbande aan die brand gesteek
 en ook die deurpad vir meer as
 twee ure geblokkeer.
   “Ons is moeg vir beloftes. Ons
 wil datums hê van wanneer mense
 geskuif gaan word na gedienste
 grond met huise en toilette. Die
 grondwet waarborg ons die reg op
 menswaardigheid. Waar is die
 waardigheid as jy moet soebat vir
 ŉ munisipale toilet?” het een van
 die protesteerders gevra.
                                 [Bron: Aangepas en vrylik vertaal uit die Cape Times, 17 Julie 2005]

 5.1    Wat is die oorsaak van die konflik in die artikel (BRON 2) hierbo?                               (1)

 5.2    Noem TWEE moontlike redes vir die oorsaak van konflik hierbo.                                    (2)

 5.3    Volgens die bron, wie wil hulle hê moet iets doen omtrent hul klagtes?                           (1)

 5.4    Verduidelik ŉ proses wat jy dink kan help om die konflik hierbo op te los.                       (2)

 5.5    Hierdie jaar herdenk die 100-jarige bestaan van die Wet op Grond.
        Bespreek in EEN paragraaf hoe die Wet op Grond mense regoor Suid-Afrika
        geraak het.                                                                                      (4)
                                                                                                        [10]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               SOSIALE WETENSKAPPE                          (NOVEMBER 2013)

AFDELING B: GESKIEDENIS

VRAAG 6:     MENSEREGTEKWESSIES GEDURENDE EN NA DIE TWEEDE
             WERÊLDOORLOG

Bestudeer BRON 3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

6.1   In watter land in Europa het die insident in BRON 3 hierbo plaasgevind?              (1)

6.2   Skryf die naam van EEN bekende mobiele moordspan tydens die
      Menseslagting.                                                                       (1)

6.3   Skryf die afkorting “NAZI” voluit neer.                                              (1)

6.4   Watter beroemde oorlog was tydens die Menseslagting geveg?                           (1)

6.5   Hoe het Nazi’s die “Ariese”-ras gebruik om ander mense uit te sluit?                 (2)

6.6   Skryf enige TWEE keuses/aksies wat die burgers van hierdie land kon
      maak.                                                                                (2)

6.7   Noem enige TWEE lesse wat jy kan leer uit die Menseslagting.                        (2)
                                                                                         [10]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                SOSIALE WETENSKAPPE                                    9

 VRAAG 7: APARTHEID IN SUID-AFRIKA

 Maak ŉ chronologiese tydlyn waar elke datum ooreenstem met sy korrekte
 gebeurtenis soos hieronder.

 N.B.: Hier is ŉ voorbeeld van hoe jy moet jou tydlyn moet maak:

    1910            Die Unie van Suid-Afrika is gestig

    1918            Die SS Mendi (skip) het gesink

    1952            Die Versetveldtog

   Hieronder is lys van sleuteldatums en gebeure hieronder wat jy moet gebruik
    om jou stygende chronologiese tydlyn te maak.

             DATUMS                               GEBEURE
     12 September 1977       Oliver Reginald Tambo word die waarnemende
                             president van die ANC
     08 Januarie 1912        Die Vryheidsmanifes is by Kliptown aangeneem
     26 Junie 1955           Die Suid-Afrikaanse Naturelle Nasionale Kongres
                             (South African Native National Congress) is onder
                             leiding van eerw. John Langalibalele Dube gestig
     11 Februarie 1990       Hoofman Albert Luthuli word die President-Generaal
                             van die ANC
     06 September 1966       Die Nasionale Party onder dr. D.F. Malan kom in
                             Suid-Afrika aan bewind
     1948                    Steve Bantubonke Biko sterf in aanhouding
     1967                    Nelson Rolihlahla Mandela is uit Robbeneiland se
                             gevangenis vrygelaat
     1913                    Dr. H.F. Verwoerd, die argitek van apartheid, word in
                             Kaapstad vermoor
     1983                    Die Wet op Grond is aangeneem wat 87% van die
                             grond aan wittes en 13% van die grond aan swartes
                             gegee het
     1952                    Die Driekamer-parlement is in Suid-Afrika ingestel
                                                                           (10 x 1)   [10]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              SOSIALE WETENSKAPPE                      (NOVEMBER 2013)

VRAAG 8: DIE KERNTYDPERK EN KOUE-OORLOG

Beantwoord die volgende vrae.

8.1   Skryf neer die TWEE lande wat na vore gekom het as supermagte en wat
      met mekaar tydens die Koue-oorlog meegeding het.                                 (2)

8.2   Skryf enige TWEE maniere hoe die supermagte genoem in VRAAG 8.1 in
      konflik was.                                                                     (2)

8.3   Wat is die verskil tussen kapitalisme en kommunisme?                             (2)

8.4   Wat was die Ystergordyn?                                                         (1)

8.5   Een van hierdie presidente (Khrushchev of Stalin of Kennedy of Gorbatsjof),
      het ŉ einde gemaak aan die Koue-oorlog deur veranderinge in sy land aan
      te bring wat gelei het tot die val van die Berlynse-muur. Wie is hy?             (1)

8.6   Hoe het die einde van die Koue-oorlog die beëindiging van apartheid
      beïnvloed?                                                                      (2)
                                                                                     [10]

VRAAG 9:     DIE EINDE V N DIE WEEDE WỆRELDOORLOG EN DIE S RYD
             OM MENSEREGTE

BRON 4:    Verklaring deur Desmond Tutu, biskop van Johannesburg, op die TV
           dokumentêre program, ‘Getuie teen apartheid’, 1986.

Mense is lief om ooreenkomste te tref tussen wat gebeur in ons land en wat
gebeur het in die sestiger jare in die Verenigde State van Amerika met die
Burgerregtebeweging – en tot ŉ mate is daar ooreenkomste. Maar daar is ook
fundamentele verskille. Die gereg in Amerika was aan die kant van diegene wat
hulle verset het in die burgerregte-beweging. In Suid-Afrika is dit nie ŉ kwessie
van burgerregte nie, maar dit is ŉ kwessie wat gebaseer is op die fundamentele
menseregte, die erkenning dat ŉ swart persoon ŉ mens is – geskape na die beeld
van God.

9.1   Wat is ŉ mensereg?                                                               (1)

9.2   Waarom was die Verenigde Nasies gestig?                                          (1)

9.3   Wat was die Burgerregtebeweging?                                                 (1)

9.4   Vergelyk die beleid van segregasie in Amerika met die beleid van apartheid
      in Suid-Afrika, soos geopenbaar deur die teks in BRON 4 hierbo.                  (2)

9.5   Noem die naam van die Amerikaanse dame wie se arrestasie, omdat sy
      geweier het om haar sitplek op ŉ bus vir ŉ wit man af te staan, tot
      busboikotte in Amerika gelei het.                                                (1)

9.6   Noem enige TWEE name van aktiviste in die Burgerregte-beweging,
      behalwe die een wat jy in VRAAG 9.5 genoem het.                                  (2)

9.7   Noem enige TWEE gevolge van kolonialisme in Afrika.                              (2)
                                                                                      [10]

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                   SOSIALE WETENSKAPPE                             11

 VRAAG 10: SAKE VAN ONS TYD

 10.1 Skryf EEN sin om die volgende woorde te verduidelik:

        10.1.1    Vergeldings-geregtigheid                                         (1)

        10.1.2    Herstellende-geregtigheid                                        (1)

        10.1.3    NEPAD                                                            (1)

        10.1.4    Menseslagting                                                    (1)

        10.1.5    Globalisering                                                    (1)

 10.2 In ŉ paragraaf van nie minder nie as VYF sinne, bespreek hoe mag, beheer,
      rassisme en diskriminasie gelei het tot volksmoorde in óf Rwanda óf in
      Bosnië-Herzegowina. Bespreek net EEN van die twee lande as ŉ
      voorbeeld, Rwanda of Bosnië-Herzegowina.                                     (5)
                                                                                  [10]

                                                                      TOTAAL:     100

## Related documents

- [SOS SCIENCES GR9 NOV2013 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/sos-sciences-gr9-nov2013-qp-eng/7a2e3a52-ed59-4c64-aaf3-c8d12c522613) — Social Sciences · QP · 2013 · Eng
- [SOS WET GR9 NOV2013 MEMO-Afr](https://www.hlayiso.com/library/sos-wet-gr9-nov2013-memo-afr/d04a0cc0-7cbf-4d1b-a8cc-f063170137af) — Social Sciences · Memo · 2013 · Afr
- [SOS SCIENCE GR9 NOV2013-MEMO-Eng](https://www.hlayiso.com/library/sos-science-gr9-nov2013-memo-eng/298dee85-61dd-4595-9095-3b9e7a7449d8) — Social Sciences · Memo · 2013 · Eng
- [SOS SCIENCES GR9 QP NOV2014 ENG](https://www.hlayiso.com/library/sos-sciences-gr9-qp-nov2014-eng/c868fca0-a728-431d-b30f-520aacb14975) — Social Sciences · QP · 2014 · Eng
- [SoSc P1 N12 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/sosc-p1-n12-qp-afr/7fd4bf09-ea74-44ce-adf9-88d9155bc93a) — Social Sciences · QP · 2012 · Afr
- [SoSc P1 N12 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/sosc-p1-n12-qp-eng/373fb1eb-367b-489c-b75a-941774fca1f9) — Social Sciences · QP · 2012 · Eng

## More from Grade 9 Social Sciences

- [CAPS SP SOCIAL SCIENCE GR 7-9](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-social-science-gr-7-9/a0b47288-db90-4b74-b9f7-0185f2ef1623) — CAPS · Eng
- [Grade 9 Social Sciences P1 (Geography) November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-geography/a93cbcad-58b5-4391-a64d-0a545bbb7c39) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 9 Social Sciences P2 (History) November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-history/162feceb-8aa8-4498-8485-a4c46dd166ac) — Memo · 2026 · Eng
- [SOCIAL SCIENCES GEO GR9 MEMO NOV2016 AFR](https://www.hlayiso.com/library/social-sciences-geo-gr9-memo-nov2016-afr/4dbe9b75-8912-4797-91fc-b19ce737df06) — Memo · 2016 · Afr
- [SOCIAL SCIENCES GEO GR9 MEMO NOV2016 ENG](https://www.hlayiso.com/library/social-sciences-geo-gr9-memo-nov2016-eng/5b86ffd9-62f6-4599-a238-80b6a332ece0) — Memo · 2016 · Eng
- [SOC SC - ENG (HIST) GR9 MEMO NOV 2016](https://www.hlayiso.com/library/soc-sc-eng-hist-gr9-memo-nov-2016/c69f06f4-1ff1-4c59-af3b-e4bb4d255067) — Memo · 2016 · Eng

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
