# Social Sciences Grade 9 November EC 2014 Addendum (Afr)

> Grade 9 Social Sciences addendum from the November EC 2014 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/sos-wet-gr9-qp-nov2014-afr-addendum/bbcb9e29-4c8a-4d5e-8901-b3fef1f2fc03
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Social Sciences
- Grade: Grade 9
- Document type: Addendum
- Year: 2014
- Exam period: November EC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Social Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/social-sciences) › [Social Sciences Grade 9 November EC 2014 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/sos-wet-gr9-qp-nov2014-afr-addendum/bbcb9e29-4c8a-4d5e-8901-b3fef1f2fc03)

## About this document

Social Sciences · Grade 9 · November EC · 2014. Addendum, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                    SENIOR FASE

                         GRAAD 9

                    NOVEMBER 2014

              SOSIALE WETENSKAPPE
            GESKIEDENIS EN GEOGRAFIE

PUNTE:   100

TYD:     2 uur

                            *9SOSTA*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               SOSIALE WETENSKAPPE                       (NOVEMBER 2014)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie eksamenvraestel bestaan uit TWEE afdelings:

            AFDELING A: GESKIEDENIS (50 punte), en
            AFDELING B: GEOGRAFIE (50 punte)

 2.     Beantwoord ALLE vrae.

 3.     Lees die vrae deeglik deur voordat jy dit beantwoord.

 4.     Nommer jou vrae volgens die orde van vrae gevra.

 5.     Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

 6.     Verwys na die puntetoekenning as ŉ riglyn om die hoeveelheid feite wat
        neergeskryf moet word, om ŉ vraag te beantwoord. Byvoorbeeld, vir ŉ
        puntetoekenning van 3 moet jy drie afsonderlike feite gee.

 7.     Jou antwoorde moet in volsinne of in kort frases om jou antwoorde te
        verduidelik. Geen punte sal vir eenwoord-antwoorde of ŉ lys van enkel
        woorde gegee word nie.

 8.     Jy word voorsien van ŉ 1 : 50 000 topografiese uittreksel, 3228 BB THE
        HAVEN (Addendum). Verwys na die topografiese kaart wanneer jy
        AFDELING B van hierdie eksamenvraestel beantwoord.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                     SOSIALE WETENSKAPPE                                           3

 AFDELING A: GESKIEDENIS

 VRAAG 1:         DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG – OORSAKE EN UITBREEK
                  (1919–1945)

 Skryf ŉ goeie verduideliking van ELKEEN van die volgende terme:

 1.1    Demokrasie                                                                              (2)

 1.2    Fascisme                                                                                (2)

 1.3    Propaganda                                                                              (2)

 1.4    Die Groot (Jode) slagting                                                               (2)
                                                                                                [8]

 VRAAG 2:         DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG – OORSAKE EN UITBREEK
                  (1919–1945)

 Bestudeer FIGUUR A en FIGUUR B om die volgende vrae te beantwoord.

                      [Bron: m.harunyahya.com]                [Bron: www.schoolhistory.co.uk]
                FIGUUR A                                       FIGUUR B
  Die ‘ideale’ Duitse man wat in ŉ Nazi-              Die ‘gestereotipeerde’ Jood.
          plakkaat gebruik was.                  Dié spotprent is deur Philipp Rupprecht
                                                   geteken. Hy het vir ŉ Nazi-koerant,
                                                         “Der Stürmer”, gewerk.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              SOSIALE WETENSKAPPE                           (NOVEMBER 2014)

 2.1   Verwys na FIGUUR B en verduidelik die term “gestereotipeerd”.                      (2)

 2.2   Kyk na FIGUUR A en FIGUUR B. Vergelyk EEN manier hoe die Nazi–
       spotprentkunstenaar die ‘gestereotipeerd Duitser’ en die ‘gestereotipeerd
       Jood’ geïllustreer het.                                                            (2)

 2.3   Gee TWEE ander redes behalwe rassevooroordeel waarom Nazi-leiers
       wou hê dat Jode negatief uitgebeeld moes word.                                     (2)
                                                                                          [6]

 VRAAG 3:      DIE KERNTYDPERK EN DIE KOUE OORLOG (1945–1990)

 Kyk na die volgende spotprent om die volgende vrae te beantwoord.

                                                         [Bron: gcps.desire2learn.com]

 Hierdie spotprent illustreer konflik tussen die Unie van Sosialistiese
 Sowjetrepublieke (USSR) en die Verenigde State van Amerika (VSA) gedurende
 die Koue Oorlog.

 3.1   Noem die internasionale krisis in 1961 wat amper ŉ kernoorlog tussen die
       USSR en die VSA veroorsaak het.                                                    (1)

 3.2   Op watter voorwerpe sit die twee persone in die spotprent?                         (1)

 3.3   Beskryf hoe die spotprentkunstenaar konflik tussen die twee
       supermoondhede, VSA en USSR in die spotprent illustreer.                           (2)

 3.4   Verduidelik die term “Koue Oorlog”.                                                (2)

 3.5   Verduidelik die ‘wapenwedloop’ as ŉ bron van spanning tussen die USSR
       en die VSA gedurende die Koue Oorlog tydperk. Skryf VYF verskillende
       feite in volsinne neer.                                                            (5)
                                                                                         [11]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                  SOSIALE WETENSKAPPE                                       5

 VRAAG 4:         KEERPUNTE IN DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS (1948–
                  1960)

 Kies die korrekte naam uit die onderstaande blok (Skryf net die persoon se naam
 as jou antwoord neer.)

     Albert Luthuli         Mahatma Ghandi   Steve Biko           P.W. Botha
 Robert Sobukwe         Walter Sisulu    F.W. de Klerk             Hector Petersen

 4.1    Hy is as president van die African National Congress (ANC) in 1952 verkies
        en het die Nobelprys vir Vrede in 1960 gewen.                                    (1)

 4.2    Hy het die Swartbewussynsbeweging in die vroeë 1970’s gestig.                    (1)

 4.3    “Satyagraha” – tegniek van passiewe weerstand (sonder geweld)                    (1)

 4.4    Die president wat in 1990 die politieke partye/vryheidsbewegings ontban het
        en die vrylating van Nelson Mandela verseker het.                                (1)
                                                                                         [4]

 VRAAG 5:         KEERPUNTE IN DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS (1948–
                  1960)

 Gee die term of naam VIR ELKEEN van die volgende definisies:

 5.1    ŉ Beleid van afsonderlike ontwikkeling van rassegroepe in Suid-Afrika wat
        deur die Nasionale Party na 1948 geïmplementeer is                               (1)

 5.2    Wanneer ŉ regering met spesiale magte toegerus word, soos om
        byvoorbeeld mense in die tronk sonder verhoor toe te sluit, of om die
        aandklokreël in te stel sodat hulle die opposisie kan onderdruk en betogings
        voorkom                                                                          (1)

 5.3    ŉ Ekonomiese maatreël wat deur die lidlande van die Verenigde Nasies
        gebruik word waar hulle weier om met ŉ sekere land handel te dryf as dié
        land skuldig is aan, byvoorbeeld oortredings teen menseregte                     (1)
                                                                                         [3]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   SOSIALE WETENSKAPPE                                 (NOVEMBER 2014)

VRAAG 6:     KEERPUNTE IN DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS (1948–1960)

ŉ Vroue-optog op 9 Augustus 1956: Verwys na die foto om die daaropvolgende vrae
te beantwoord.

                                                                     [Bron: www.capechameleon.co.za]

Leiers van die optog (van links na regs) Radima Moosa, Lilian Ngoyi, Helen Joseph en
Sophie Williams staan met protesbriewe wat hulle op 9 Augustus 1956 aan die Eerste
Minister, J.G. Strijdom, wou gee.

6.1   Wat was die rede hoekom die vroue besluit het om die protesoptog te
      organiseer?                                                                                       (1)

6.2   Bestudeer die foto. Wat is die belangrikheid van die ras van die vier dames in
      die foto?                                                                                         (1)

6.3   As gevolg van hierdie protes vier Suid-Afrikaners Nasionale Vrouedag op 9
      Augustus elke jaar as ŉ publieke vakansiedag. Verduidelik die belangrikheid van
      hierdie publieke vakansiedag vir alle Suid-Afrikaners.                                            (2)
                                                                                                        [4]

VRAAG 7:     KEERPUNTE IN DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS (1960–1994)

Teenstrydige bewyse: Lees BRON A en BRON B oor die Sharpeville-slagting wat op
Maandag, 21 Maart 1960 plaasgevind het.

BRON A
Uittreksel van ŉ ooggetuie-verslag deur Humprey Tyler

Daar was geen waarskuwing nie. Toe die skietery begin het, het dit aangehou totdat
daar geen lewende ding in die groot afskorting voor die polisiestasie was nie. Die
polisie het gesê dat hulle in gevaar was omdat die skare hulle met klippe gegooi het.
Maar net drie polisiemanne is na berig deur klippe getref – en meer as 200 betogers is
geskiet.

Ek het geen wapens gesien nie, alhoewel ek baie versigtig gesoek het en na die
voorval foto’s van die doodstoneel bestudeer het. Terwyl ek daar was, het ek net
skoene, hoede en ŉ paar fietse tussen die liggame gesien.

                      [Bron: What is History?, The National Education Crisis Committee, 1987, bl. 25]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                      SOSIALE WETENSKAPPE                                               7

 BRON B

 Aangepas: Rand Daily Mail koerantartikel, Dinsdag, 22 Maart 1960, een dag
 ná die Sharpeville-slagting.

 Terwyl hy (kolonel Pine Pienaar) met sy motor die polisiegronde inry het mense sy
 motor met klippe bestook. Hy het sy manne agter die draadomheining gekry en
 die hekke weer gesluit. Sommige betogers het die hekke gebreek en weer
 oopgemaak. Die polisie is intussen met klippe bestook. Betogers het ook op die
 polisie geskiet.

 Die bevel om terug te vuur is gegee as gevolg van dreigende skare ... Sarsies van
 0.303 koeëls uit Stengewere het tussen 15 000 en 20 000 mense wat die polisie-
 stasie omring het, geskeur.

 ... talle mense het voor die koeëls geval ... Mense het so vinnig gevlug dat hulle
 honderde skoene, broeke, baadjies – en selfs stoele agtergelaat het.

                     [Bron: What is History?, The National Education Crisis Committee, 1987, bl.25]

 7.1    7.1.1     Identifiseer BRON A as ŉ primêre, of ŉ sekondêre bron van inligting.                (1)

        7.1.2     Gee ŉ goeie rede vir jou antwoord in VRAAG 7.1.2.                                   (1)

 7.2    Verwys na BRON A en BRON B. Verduidelik EEN verskillende teenstrydige
        getuienis in die twee bronne van inligting.                                                   (2)

 7.3    Wat was die rede waarom die Sharpeville-betogers geprotesteer het?                            (1)

 7.4    Na die Sharpeville-slagting het die strategie en die manier wat die politieke
        opposisie soos die ANC en die PAC teen die Nasionale Party-regering
        bewind in Suid-Afrika opgetree het, verander.

        7.4.1     Noem die strategie wat die politieke opposisie voor die Sharpeville-
                  slagting gebruik het.                                                               (1)

        7.4.2     Noem die strategie wat die politieke opposisie na die Sharpeville-
                  slagting gebruik het.                                                               (1)

        7.4.3     Verduidelik waarom die politieke opposisie besluit het om na die
                  Sharpeville-slagting hulle strategie van opposisie teenoor die
                  Nasionale Party se beleid te verander.                                              (2)
                                                                                                      [9]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               SOSIALE WETENSKAPPE                          (NOVEMBER 2014)

 VRAAG 8:      KEERPUNTE IN DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS (1960–
               1994)

 Paragraafvraag: Hierdie vraag vereis die gebruik van volsinne in die vorm van ŉ
 paragraaf of paragrawe.

 Lees die volgende uittreksel om die volgende vrae te beantwoord.

 “Tydens my leeftyd het ek myself aan die stryd van die mense van Afrika toegewy.
 Ek het teen wit oorheersing gestry, en ek het teen swart oorheersing gestry. Ek
 het die ideale van ŉ demokratiese en ŉ vrye samelewing, waarin alle mense in
 harmonie met gelyke geleenthede saamleef, gekoester. Dit is ŉ ideaal waarvoor
 ek hoop om te lewe voor en wil bereik. Maar as dit nodig is, is dit ŉ ideaal
 waarvoor ek bereid is om te sterf.” – Uit Nelson Mandela se toespraak tydens die
 Rivonia-verhoor op April 20, 1964
                                               [Bron: Time Magazine, 19 Desember 2013]

 Bespreek die stelling:

 Nelson Mandela het ná sy vrylating uit die tronk in 1990 sy ideale van die
 beginsels van demokrasie en goeie verhoudings tussen bevolkingsgroepe in Suid-
 Afrika uitgeleef.                                                                       [5]

                                                           TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                  SOSIALE WETENSKAPPE                                        9

 AFDELING B: GEOGRAFIE

 KAARTVAARDIGHEDE, ONTWIKKELINGSKWESSIES, HULPBRONGEBRUIK
 EN VOLHOUBAARHEID EN OPPERVLAKKRAGTE WAT DIE AARDE VORM.

 VRAAG 9

 Kies die korrekte antwoord vir elke van die volgende sinne. Skryf slegs die
 vraagnommer (9.1–9.5) en die woord wat jy gekies het in jou ANTWOORDEBOEK.

 9.1    Die proses wat rotse in kleiner stukke afbreek word (erosie / verwering)
        genoem.                                                                           (1)

 9.2    ŉ Chemiese proses wanneer rotsminerale met opgeloste suurstof reageer
        om ŉ rooi of geel kleur, bekend as roes te veroorsaak word (oksidasie /
        karbonering) genoem.                                                              (1)

 9.3    ŉ Proses wanneer harde gesteentes op warm dae uitsit en op koue nagte
        inkrimp sodat die gesteente in lae afbreek (soos ŉ ui), wat geronde rotse
        vorm word (blokskeiding / afskilfering) genoem.                                   (1)

 9.4    ŉ Geïsoleerde rotspilaar wat van ŉ kaap deur kus-erosie geskei word, word
        ŉ (rotseiland / strandnaaldrots) genoem.                                          (1)

 9.5    Die kleinskaalse gebruik van tegnologie wat arbeidintensief is en maklik vir
        plaaslik mense om te verstaan, word, word (gepaste tegnologie /
        alternatiewe tegnologie) genoem.                                                  (1)
                                                                                          [5]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                SOSIALE WETENSKAPPE                                  (NOVEMBER 2014)

 VRAAG 10:        KAARTWERK – MEERVOUDIGEKEUSE VRAE

 Kyk goed na die uittreksel van die 1:50 000 topografiese kaart (in die addendum)
 en die onderstaande inligting om die volgende vrae te beantwoord.

     LIGGING VAN DIE DWESA- EN CWEBE-NATUURRESERVATE IN DIE OOS-
                     KAAP PROVINSIE VAN SUID-AFRIKA.

                                           [Bron: http://en. Wikipedia.org/wiki/file:South Africa]

                 Die volgende Engelse woorde word op die topografiese
     kaart wat voorsien word gebruik. Die Afrikaanse vertaling van dit word verskaf,

                  ENGLISH                                      AFRIKAANS

 Diggings                                    Delwery

 Forest                                      Bosbou

 Forest station                              Bosboustasie

 Hiking trail                                Staproete / Voetslaanpad

 Holiday resort                              Vakansieoord

 Marine reserve                              Marinereservaat

 Nature reserve                              Natuurreservaat

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                     SOSIALE WETENSKAPPE                                   11

 Kies die antwoord uit die opsies wat voorsien word. Skryf slegs die vraagnommer
 (10.1–10.3) en die letter (A–D) van jou keuse as jou antwoord neer, byvoorbeeld
 10.4 D.

 10.1   ŉ Ortofotokaart met ŉ skaal van 1 : 10 000 toon ŉ beeld wat ... is as ŉ
        1 : 50 000 topografiese kaart.

        A         10 keer kleiner
        B         5 keer kleiner
        C         10 keer groter
        D         5 keer groter                                                           (1)

 10.2   Verwys na die topografiese kaart wat voorsien is. Die koördinate van die
        seevaartligte by Bashee Mbashe Punt (Point) is ...

        A         32⁰ 14’ 31”O ; 28⁰ 55’ 00” S.
        B         32⁰ 14’ 31” S ; 28⁰ 55’ 00” O.
        C         28⁰ 55’ 00” O; 32⁰ 14’ 31” S.
        D         28⁰ 55’ 00” S; 32⁰14’ 31” O.                                            (1)

 10.3   Verwys na die topografiese kaart wat voorsien is. Reënval in die streek is
        relatief hoog. Kies uit die volgende die faktore wat jy as bewyse sal gebruik
        vir hierdie stelling:

        (i)       Baie reservoirs is in die gekarteerde gebied
        (ii)      Baie standhoudende riviere
        (iii)     Vleilande of moerasse in die gekarteerde gebied
        (iv)      Die hoeveelheid en tipe plantegroei
        (v)       Digte konsentrasie van mense

        A         (i), (ii) en (iii)
        B         (ii), (iii) en (iv)
        C         (iii), (iv) en (v)
        D         Al die bogenoemde                                                       (1)
                                                                                          [3]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 SOSIALE WETENSKAPPE                        (NOVEMBER 2014)

 VRAAG 11: KAARTWERKBEREKENINGE EN -INTERPRETASIE

 11.1   Die gedeelte van die Wildekusstaproete in die Cwebe-natuurreservaat meet
        15,3 cm op die 1 : 50 000 topografiese kaart.

        11.1.1       Gebruik die mate van 15,3 cm en die 1 : 50 000 skaal van die
                     topografiese kaart om die werklike afstand in kilometers te
                     bereken. Dui alle stappe van jou berekening aan.                        (3)

        11.1.2       Skakel jou antwoord in VRAAG 11.1.1 in meters om.                       (2)

 11.2   Verwys na die topografiese kaart. Beskryf die topografie en natuurlike
        kenmerke van die Wildekusstaproete in die gedeelte van die Cwebe
        natuurreservaat.                                                                     (2)

 11.3   Skryf die koördinate vir trigonometriese stasie nr. 57 neer.                        (4)
                                                                                           [11]

 VRAAG 12: TIPIESE KENMERKE VAN ’N RIVIERSTELSEL

 12.1   Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en jou antwoord
        neer.

        Verwys na die Ntlonyanerivier. Die kanaalpatroon van die rivier word ŉ
        (kronkelende / gevlegde) patroon genoem.                                             (1)

 12.2   Teken ŉ vergrote tekening van die gedeelte van die Ntlonyanerivier wat
        hieronder geïllustreer word.

                                                     Gedeelte van die
                                                     Ntlonyanerivierkanaal

        Op jou tekening gebruik ŉ pyl met ŉ byskrif om die volgende aan te dui:

        - waar die water in die rivierkanaal die vinnigste sal vloei

        - waar erosie sal plaasvind (die stootoewer genoem)

        - waar afsetting sal plaasvind (die stiloewer genoem)                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                    SOSIALE WETENSKAPPE                                                  13

 12.3 Gee die term wat die volgende stroomerosieproses beskryf:

        Skuurwerking deur klippe en rotse teen die bodem en oewers van die
        rivierkanaal. Hierdie proses veroorsaak dat die kanaal dieper en gladder sal
        word met verloop van tyd.                                                                        (1)

 12.4   Mense het landerye op die vloedvlakte van die groot riviere in die
        gekarteerde gebied gemaak:

        Verduidelik TWEE voordele om gewasse op die vloedvlakte van ŉ rivier te
        verbou.                                                                                          (2)
                                                                                                         [7]

 VRAAG 13: ONTWIKKELINGSKWESSIES LANGS DIE WILDEKUS

 Lees die volgende uittreksel om die volgende vrae te beantwoord.

  BOTSENDE BELANGE LANGS DIE KUSLYN VAN DIE DWESA- EN CWEBE-
                     NATUURRESERVATE

 Oor die jare het die plaaslike mense mossels langs die kuslyn geoes. Ongelukkig,
 weens ŉ toename in die aantal mense, het die praktyk onvolhoubaar geword.

    ŉ Tipiese toneel van mosselversamelaars langs die Suid-Afrikaanse Wildekus
                                                     [Bron: Dwesa and Cwebe Nature Reserves, DOA.
                                                              www.nda.agric.za/doa/dev/fisheries.pdf]

 13.1   Die kusstreek langs die Dwesa- en Cwebe-natuurreservate is een van 21
        marinebewaringsgebiede in Suid-Afrika.

        13.1.1       Verduidelik wat ŉ marinebewaringsgebied (MPA) is.                                   (2)

        13.1.2       Verduidelik die ekologiese belangrikheid om marine-
                     bewaringsgebiede te behou.                                                          (2)

        Definisie: ekologies verwys na die organismes en diere wat in die gebied bly
        en wat op die omgewing afhanklik is om te oorleef.

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              SOSIALE WETENSKAPPE                                   (NOVEMBER 2014)

 13.2   Verduidelik die konsep van ŉ ‘onvolhoubare’ praktyk met verwysing na die
        plaaslike mense wat mossels langs die Dwesa-Cwebekus versamel.                            (2)

 13.3   Gee TWEE aanbevelings wat die plaaslike regering, sonder om die
        praktyk te verbied, kan aanwend om die praktyk meer volhoubaar te
        maak.                                                                                     (2)
                                                                                                  [8]

 VRAAG 14: VOLHOUBARE ONTWIKKELING

 Lees die volgende uittreksel om die volgende vrae te beantwoord.

 “Agt boeredorpies, met ŉ totale bevolking van ongeveer 15 000 mense, deel ŉ
 grens met die Dwesa- en Cwebe-natuurreservaat. ŉ Groot deel van die
 bevolking is onder die ouderdom van 18 jaar en armoede is hoog.
 Voedselonsekerheid dreig dikwels. Meer as 600 huishoudings het geen
 inkomste nie en is op landbou en natuurlike hulpbronne vir hul oorlewing
 afhanklik.”

                                               [Bron: Dwesa and Cwebe Nature Reserves, DOA.
                                                        www.nda.agric.za/doa/dev/fisheries.pdf]

 14.1   Verduidelik die term voedselonsekerheid.                                                  (2)

 14.2   Bestudeer die topografiese kaart.

        Gee TWEE bewyse vanaf die gekarteerde gebied dat die gemeenskappe
        wat in die omgewing van die Cwebe-natuurreservaat bly, kleinskaalse
        bestaanboere is.                                                                          (2)

 14.3   Noem TWEE maniere waarop onlangse vooruitgang in die wetenskap en
        tegnologie voedselproduksie in die gebied kan verhoog.                                    (2)

 14.4   Wetenskaplike en tegnologiese-ontwikkeling kan voedselproduksie
        verhoog. Daar word egter voordele en nadele met hierdie maatreëls
        geassosieer.

        Gee of TWEE voordele of TWEE nadele van die gebruik van moderne
        wetenskaplike en tegnologiese ontwikkeling in landbou om
        voedselproduksie te verhoog.                                                              (2)
                                                                                                  [8]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                  SOSIALE WETENSKAPPE                                               15

 VRAAG 15: ONTWIKKELINGSKWESSIES – HANDELSBEDRYF

 Verwys na grafiek A en grafiek B om die volgende vrae te beantwoord.

 Grafiek A: Die waarde van Suid-Afrikaanse invoer- en uitvoerhandel tussen 1992
 en 2011.

 Grafiek B: Die Suid-Afrikaanse Handelsbalans tussen 1992 en 2011.

                                    [Bron: http/apps.thedti.gov.za/econdb/raportt/raptottr.html]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                              SOSIALE WETENSKAPPE                         (NOVEMBER 2014)

 15.1   Verduidelik die term handelsbalans.                                               (2)

 15.2   15.2.1   Kyk na grafiek B. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die
                 vraagnommer en die woord as jou antwoord neer op jou
                 ANTWOORDEBOEK.

                 Suid-Afrika het in 2008 (ŉ gunstige / ongunstige) handelsbalans
                 gehad.                                                                   (1)

        15.2.2   Kyk na grafiek A. Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 15.2.1.           (1)

 15.3   Gee TWEE moontlike gevolge van ŉ ongunstige (negatiewe) handelsbalans
        op die Suid-Afrikaanse ekonomie.

 15.4   Gee TWEE moontlike oplossings wat die Suid-Afrikaanse regering kan
        gebruik om die ekonomie te ontwikkel sodat Suid-Afrika ŉ meer gunstige (of
        positiewe) handelsbalans sal hê.                                                  (2)
                                                                                          [8]

                                                           TOTAAL AFDELING B:             50
                                                               GROOTTOTAAL:              100

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com

                   SENIOR FASE

                       GRAAD 9

                NOVEMBER 2014

             SOSIALE WETENSKAPPE
           GESKIEDENIS EN GEOGRAFIE
                  ADDENDUM

PUNTE:   100

               Hierdie addendum bestaan uit 3 bladsye.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
2                        SOSIALE WETENSKAPPE   (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)             SOSIALE WETENSKAPPE                    3

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [SOS WET GR9 MEMO NOV2014 AFR](https://www.hlayiso.com/library/sos-wet-gr9-memo-nov2014-afr/907b0dce-e99d-4db0-868d-7a2bfdcb94ac) — Social Sciences · Memo · 2014 · Afr
- [SOS SCIENCE GR9 MEMO NOV2014 ENG](https://www.hlayiso.com/library/sos-science-gr9-memo-nov2014-eng/e5fb8d82-cbe2-41e9-84f3-b27c57458baf) — Social Sciences · Memo · 2014 · Eng
- [SOS SCIENCES GR9 QP NOV2014 ENG](https://www.hlayiso.com/library/sos-sciences-gr9-qp-nov2014-eng/c868fca0-a728-431d-b30f-520aacb14975) — Social Sciences · QP · 2014 · Eng
- [SOCIAL SCIENCES GEO GR9 MEMO NOV2016 AFR](https://www.hlayiso.com/library/social-sciences-geo-gr9-memo-nov2016-afr/4dbe9b75-8912-4797-91fc-b19ce737df06) — Social Sciences · Memo · 2016 · Afr
- [SOCIAL SCIENCES GEO GR9 MEMO NOV2016 ENG](https://www.hlayiso.com/library/social-sciences-geo-gr9-memo-nov2016-eng/5b86ffd9-62f6-4599-a238-80b6a332ece0) — Social Sciences · Memo · 2016 · Eng
- [SOC SC - ENG (HIST) GR9 MEMO NOV 2016](https://www.hlayiso.com/library/soc-sc-eng-hist-gr9-memo-nov-2016/c69f06f4-1ff1-4c59-af3b-e4bb4d255067) — Social Sciences · Memo · 2016 · Eng

## More from Grade 9 Social Sciences

- [Grade 9 Social Sciences P2 (History) November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-history/2fc54a40-7007-45c9-a85e-3aa08a160b57) — QP · 2026 · Eng
- [SOC SC - afr (HIST) GR9 MEMO NOV 2016](https://www.hlayiso.com/library/soc-sc-afr-hist-gr9-memo-nov-2016/6ecbcd8f-c38f-41e0-97f3-67d619b2d380) — Memo · 2016 · Afr
- [SOC SC - ENG (HIST) GR9 QP NOV 2016](https://www.hlayiso.com/library/soc-sc-eng-hist-gr9-qp-nov-2016/6f7d4bf5-c1d9-4221-83a7-cf002e4e9f81) — QP · 2016 · Eng
- [SOC SC - AFR (HIST) GR9 QP NOV 2016](https://www.hlayiso.com/library/soc-sc-afr-hist-gr9-qp-nov-2016/88e2eebd-0ca6-44a2-ac8b-19392e40467f) — QP · 2016 · Afr
- [SOCIAL SCIENCES GEO GR9 QP NOV2016 AFR](https://www.hlayiso.com/library/social-sciences-geo-gr9-qp-nov2016-afr/434a9c9f-e16d-4e5c-b4a5-72081f472b9d) — QP · 2016 · Afr
- [SOCIAL SCIENCES GEO GR9 QP NOV2016 ENG](https://www.hlayiso.com/library/social-sciences-geo-gr9-qp-nov2016-eng/97e2f2c6-40dd-48e6-b87c-d12e63e11e55) — QP · 2016 · Eng

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
