# Social Sciences Grade 9 P1 November EC 2012 Memo (Afrikaans)

> Grade 9 Social Sciences Paper 1 memorandum from the November EC 2012 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/sosc-p1-n12-memo-afr/f5fee9a6-1a09-4d1a-8e3b-b07cfa2068e1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Social Sciences
- Grade: Grade 9
- Document type: Memorandum
- Year: 2012
- Exam period: November EC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Social Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/social-sciences) › [Social Sciences Grade 9 P1 November EC 2012 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/sosc-p1-n12-memo-afr/f5fee9a6-1a09-4d1a-8e3b-b07cfa2068e1)

## About this document

Social Sciences · Grade 9 · November EC · 2012. Memorandum, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                            SENIOR FASE

                             GRAAD 9

                        NOVEMBER 2012

                 SOSIALE WETENSKAPPE
                     MEMORANDUM

PUNTE:   100

                 Hierdie memorandum bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           SOSIALE WETENSKAPPE (Memo)                      (NOVEMBER 2012)

AFDELING A          AARDRYKSKUNDE

VRAAG 1             KAARTLEES EN KAART-INTERPRETASIE

1.1    A√      posisie van die kaart - die breedte-graad en lengte-graadlyne op die
               rooster                                                                  (1)
1.2    C√      A8                                                                       (1)
1.3    C√      Uitloper en Vallei                                                       (1)
1.4    D√      Padvervoer en Spoorvervoer                                               (1)
1.5    C√      5                                                                        (1)
1.6    D√      Buffalorivier (F6).                                                      (1)
1.7    A√      Woordskaal                                                               (1)
1.8    C√      vry vloei van pad- en spoorvervoer te verseker.                          (1)
1.9    B√      H2.                                                                      (1)
1.10   A√      bewerking van lande.                                                     (1)
                                                                                       [10]
VRAAG 2        KAARTLEES EN KAART-INTERPRETASIE

2.1    Die roete is hoofsaaklik opdraand. Dis omdat vanaf die ‘Y’-aansluiting in
       (F7) suid-oos van Zwelitsha na die uitgrawings suid van KwaMlakalaka (H7)
       daar ŉ algemene toename in hoogte is - soos aangedui deur die hoogte-
       merke.                                                                           (2)

2.2    Peiling is 175º √√ Ken vol punte toe vir antwoorde met ±3º verskil               (2)

2.3    32º54’30’’S √   27º25’45’’O √                                                    (2)

2.4    Kaartafstand in cm = 8,5 cm √
       Kaartskaal         = 1:50 000
       Werklike Afstand   = 8,5 cm x 50 000
                                100 000
                          = 4,25 km √1 + 3 km (na Blaney soos op kaart verskyn)
                          = 7,25 of 7 km                                                (3)

2.5    Tyd   = Afstand
               Spoed
             = 7 km (werklike kaartafstand/km)
               100 km/h (spoed)
             = 0,07hr                   √1
             = 0,07hr x 60 min          √1
             = 4,2 min/4 min            √1                                              (3)

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)              SOSIALE WETENSKAPPE (Memo)                                  3

 2.6    Lugfotografie is die neem van foto’s van die grond uit die lug uit. Dit word
        gebruik om ŉ oorsigtelike blik van die gebied te kry. Lugfoto’s word ook
        dikwels gebruik om ortofoto’s te maak – foto’s wat geometries gekorrigeer is
        om sodoende as kaarte gebruik te word.           √1
                                        (Enige 1 punt hierbo / enige relevante feit.)

        Ortofoto’s word meestal gebruik in die geografiese inligtingstelsels deur
        opmetings-agente. Sodra die beelde opgelyn of geregistreer is met die
        wêreldkoördinate, kan hulle wyd aangewend word. √1
                                       (Enige 1 punt hierbo / enige relevante feit.)

        Satellietbeelde word toegepas in meteorologie, landbou, bosbou, bewaring
        van biodiversiteit, streeksbeplanning, opvoeding, intelligensie en
        oorlogvoering. Beelde kan in sigbare kleure en in ander spektra voorkom.
        Satellietbeelde word ook gebruik in seismologie en oseanografie om
        veranderinge in die waterdiepte, asook die see-bodem wat veroorsaak word
        deur aardbewings, vulkane en tsunami’s, aan te dui. √1
                                        (Enige 1 punt hierbo / enige relevante feit.)    (3)
                                                                                        [15]
 VRAAG 3             ONTWIKKELING & VOLHOUBARE GEBRUIK VAN
 HULPBRONNE

 3.1    Aanwysers van ekonomiese ontwikkeling is aanwysers wat geld en rykdom
        meet. Hulle is:
         Die Bruto Nasionale Inkomste – die totale waarde (in geld) van alle
          goedere en dienste wat die land/mense in een jaar produseer.
         Die Bruto Nasionale Inkomste per capita – dit gee aanduiding van die
          aantal geld wat beskikbaar is vir elke persoon in die land.
         Menslike Ontwikkelingsindeks – dit verwys na die welstand van die
          mense in verhouding tot gesondheid en onderwys.
                                                                                  2
         Persentasie van mense in Verskillende Sektore van die ekonomie. √√
                                                                    (Enige 2 hierbo)    (2)

 3.2     DIT VERTRAAG ONTWIKKELING             DIT BEVORDER ONTWIKKELING
        1.     HIV/Vigs                        1.    Gebruik van rekenaars
        2.     Misdaad                         2.    Maatskaplike toelae
                                                                           (2x2)        (4)
 3.3       Dis baie duur en onbekostigbaar.
           Dit neig om nie die arm mense, wat dit benodig, te bevoordeel nie.
           Dit bring nie verbeteringe teweeg nie.
           Dit het negatiewe uitwerkings op die omgewing.
           Dit veroorsaak dat mense werkloos word.
           Dit vervang en verminder mense arbeid en lei tot werkloosheid.
           Dit vertraag (kortwiek) die kreatiwiteit van mense.
                                    √√2 (Enige 2 punte hierbo/enige relevante feit/e)   (2)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           SOSIALE WETENSKAPPE (Memo)                      (NOVEMBER 2012)

3.4   3.4.1   Die woord verwys na enige iets wat verband hou met die see en
              oseane. √√2                                                               (2)

      3.4.2   Die provinsies in die tabel is die enigste kusprovinsies, die ander
              provinsies is binnelands – hulle het nie ŉ seelewe nie. √√2               (2)

      3.4.3   Die Wes-Kaap is die enigste provinsie op die tabel wat mense
              opvoed in verband met die see-lewe en sodoende die hulpbronne
              van die see lewe beskerm. Hulle belê in toerisme d.m.v. opvoeding.
              √√2                                                                       (2)

      3.4.4      Seewater dien as ŉ bron van voedsel.
                 Seewater dien as vervoerstelsel van waardevolle minerale in die
                  handel.
                 Dien as ŉ plek vir ontspanning en om riool te stoot.
                 Die oseane verskaf vis wat geprosesseer word om diere te voed
                  - 10% van menslike proteïene inname kom van die see.
                 Ander biologiese produkte uit die see word ook verkoop bv.
                  Pêrels uit oesters vir juwele, en skulpe en korale word oral
                  gebruik as bron van boumateriaal.
                 Oseane word al meer belangrik vir ontspanning – elke jaar word
                  meer mense getrek na sport soorte soos swem, hengel, skuba-
                  duik, water-ski, ens.
                 Hulle is die planeet se lewensaarstelsel – hulle neem
                  koolsuurgas op en verskaf tussen een derde en een helfte van
                  die wêreld se suurstof.
                 Dis die huisvesting van duisende vis- en invertebrate spesies.
                 Oseane verskaf ŉ belangrike deel van die globale voedsel
                  ketting; beide see soogdiere en mense steun swaar op gesonde
                  visse en ander seekosse.
                                             √√√ (1x3=3) (enige 3 punte hierbo) (3x1)    (3)
                                                                                        [17]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                SOSIALE WETENSKAPPE (Memo)                                 5

 VRAAG 4          SOSIALE EN OMGEWINGSKONFLIKTE IN SUID-AFRIKA

 4.1    Prent              Gepaste oorsaak vir konflik
                  A        Die verlede (geskiedenis) √1                                   (1)
                  B        Xenofobie √1                                                   (1)
                  C        Ongelykheid √1                                                 (1)
                  D        Beperkte hulpbronne √1                                         (1)

 4.2    Rassisme en xenofobie

        4.2.1     Rassistiese voorvalle kom voor in sekere sportaktiwiteite wat steeds
                  gedomineer word deur sekere rasse; in woongebiede; in die
                  plaasbesit deur sekere rasse waar jy dan soms plaasmoorde kry.
                  Top uitvoerende poste in maatskappye word ook steeds
                  gedomineer deur sekere rasse. Die beleid van swart ekonomiese
                  bemagtiging word steeds deur sommige mense beskou as
                  rassisme. ens.        √1 (Enige 1 punt hierbo/enige relevante feit)
                                                                                    (1)   (1)

        4.2.2     Xenofobie affekteer nie-Suid-Afrikaners in baie opsigte. Hulle word
                  gemartel en gebrandmerk as mense wat diewe is, wie toordery
                  beoefen, werke/poste van Suid-Afrikaners oorneem, betrokke is in
                  onwettige handel in dwelms, moordenaars is en mense wie onwettig
                  in die land gekom het.
                                        √1 (Enige 1 punt hierbo/enige relevante feit)
                                                                                    (1)   (1)

                  Moontlike oplossings (4.2.1 + 4.2.2)
                  Oplossings sluit in, maar is nie beperk tot:
                      Dialoog,
                      Toepassing van streng strawwe aan oortreders,
                      Regeringshulp aan slagoffers,
                      Hou van werkswinkels oor hoe om konflik te hanteer. ens.
                                                      √√2 (Enige 2 punte hierbo/enige
                                                                      relevante feite) (1+1)
                                                                                         [8]

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                         SOSIALE WETENSKAPPE (Memo)                    (NOVEMBER 2012)

AFDELING B: GESKIEDENIS

VRAAG 5        APARTHEID IN SUID-AFRIKA

5.1   Aan die einde van die oorlog in 1945:
         Baie swart mense trek na stede om te werk as geskoolde arbeiders;
          swart mense begin om mee te ding met hul wit eweknieë vir werke.
         Stakings het voorgekom wat ŉ bedreiging vir die regering was - omdat
          daar ook baie swart werker-unies was.
         Behuising en voedsel tekorte vir wittes het gelei tot blamering van
          mekaar en wittes het na die regering gekyk om beperkings te plaas op
          waar swart mense moet bly en werk, en daarom het hulle vir die
          Nasionale Party gestem in 1948.        √√2 (Enige 2 punte hierbo/enige
          relevante feite)                                                          (2)

5.2   5.2.1   Bevolkings Registrasie-wet √1                                         (1)
      5.2.2   Groepsgebiede-wet √1                                                  (1)
      5.2.3   Naturelle Onderwys-wet √1                                             (1)

5.3   Hy het lid geword van die Jeug Liga van die African National Congress
      (ANCYL) in 1948. In 1949 was hy gekies as president van die Fort Hare
      Studente Raad, waar hy homself as goeie spreker bewys het.
      In 1950 was Sobukwe aangestel as onderwyser by ŉ hoërskool in
      Standerton, ŉ posisie wat hy verloor het toe hy hom uitgespreek het ten
      gunste van die Program van Verset/Weerstandsbeweging in 1952. In 1952
      het hy baie ondersteuning gekry vir die Weerstandsbeweging.
      Hy het geïdentifiseer met die Afrikaniste binne die African National
      Congress en in 1957 verlaat hy die ANC en word Redakteur van die
      koerant, The Africanist in Johannesburg. Hy het sterk geglo in ŉ
      Afrikanistiese toekoms vir Suid-Afrika en het enige model verwerp wat
      voorstel dat met enige iemand anders as swartes saamgewerk moes word.
      Hy verlaat toe die ANC en stig die Pan Africanist Congress (PAC), en is
      gekies as die eerste president in 1959. Robert Sobukwe het bekend gestaan
      as die Professor of 'Prof' onder sy naaste tydgenote as gevolg van sy
      opvoedkundige suksesse asook sy vermoë om toesprake te maak.
      Hy het hom uitgespreek oor die behoefte van swart Suid-Afrikaners om”
      hulself te bevry” sonder die hulp van nie-swartes. Hy het ook baie
      organisasies in die anti-apartheidstryd aangemoedig byvoorbeeld die Swart
      Bewussynsbeweging van Steve Biko.
      In 1954 trek hy Johannesburg toe en word ŉ lektor van Afrika-studies aan
      die Universiteit van die Witwatersrand. Sobukwe het ŉ optog gelei met die
      nuutgestigte PAC op 21 Maart 1960.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)               SOSIALE WETENSKAPPE (Memo)                                  7

         Dit was ŉ landswye protes teen die gehate Pas-wet wat van swart mense
         vereis het om ten alle tye ŉ pas boekie te dra. In ŉ soortgelyke protes op
         dieselfde dag in Sharpeville, het die polisie begin skiet op die skare van
         PAC ondersteuners en 69 mense is doodgeskiet in die Sharpeville Mense-
         slagting.
         Sobukwe was gearresteer, aangekla en skuldig bevind aan opstoking, en vir
         drie jaar opgesluit op Robben-eiland. Onder die "Sobukwe klousule” was hy
         vir ŉ verdere drie jaar aangehou. Sobukwe was die enigste persoon wie
         aangehou is volgens hierdie klousule.
         Sobukwe was in eensame afsondering aangehou, maar is sekere voorregte
         toegelaat soos boeke, koerante, siviele kleredrag, brood ens. Hy het in ŉ
         aparte area op die eiland gewoon waar hy geen kontak met gevangenes
         gehad het nie. Die enigste kontak was sy geheime hand seine wanneer hy
         buite besig was met oefeninge. Hy het gestudeer gedurende die tyd van
         aanhouding en het onder andere ŉ graad in ekonomie verwerf van die
         Universiteit van Londen. Daar word gespekuleer dat die Suid-Afrikaanse
         administrasie Robert Sobukwe as ŉ meer radikale en moeilike opponent as
         die gewone ANC gevangenes beskou het. Sobukwe was vrygelaat in 1969.
         Hy was toegelaat om in Kimberley met sy familie te gaan woon. Hy was
         deur ŉ verbanningsopdrag verbied om aan politieke aktiwiteite deel te neem.
         Verskeie beperkings het Sobukwe verbied om oorsee te reis, wat sodoende
         sy pogings om verder te studeer gekortwiek het. Om dieselfde rede moes hy
         verskeie kere aanbiedinge om te gaan onderwys gee in plekke in Verenigde
         State, van die hand wys. Robert Sobukwe het sy graad in die Regte voltooi
         met die hulp van ŉ plaaslike prokureur in Galeshewe. Met voltooiing van die
         graad het hy sy eie regspraktyk begin in 1975 in Kimberley. Hy het gesterf
         op 27 Februarie 1978, en was begrawe in Graaff-Reinet op 11 Maart 1978.
                                   √√√√√5 (Enige 5 feite hierbo/enige relevante feite)    (5)
                                                                                         [10]
 VRAAG 6          MENSEREGTE KWESSIES GEDURENDE EN NA DIE 2de
                  WĚRELDOORLOG
 6.1     Streng maatreëls van die Vrede van Versailles.
         Duitsland is gestroop van sy oorsese ryke, Elsas en Lotharinge, die Saar
          & die Rynland.
         Duitsland moes sy magte ontbind en sy weermag beperk tot helfte van die
          grootte van die magte van die Geallieerdes.
         Duitsland moes oorlogskuld aanvaar en skuld betaal.
         Die Weimar Republiek wat swak was - alhoewel dit gekies is deur
          proporsionele verteenwoordiging (demokrasie).
         Hulle hou nie van die feit dat die Weimar Republiek die bepalings van die
          Vrede van Versailles aanvaar het nie.
         Ekonomiese probleme het gelei tot werkloosheid en inflasie asook die
          onvermoë om die gevolge van die Groot Depressie baas te raak.(1+1= 2)
          (Enige 2 hierbo)                                                               (2)
 6.2     Om die gewapende magte te versterk
         Om nasionalisme te verkondig (om trotse Duitse volk te wees)
         Om werk te skep.
         Om die ongewilde bepalings van die Vrede van Versailles ongedaan te
          maak.
         Meer lewensruimte vir die Duitsers.
         Om diegene (Joodse sondebokke) van wie die Duitsers nie hou nie, te laat
          verwyder.                                       √√ (1+1= 2) (Enige 2 hierbo)   (2)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                          SOSIALE WETENSKAPPE (Memo)                    (NOVEMBER 2012)

6.3   Joseph Goebbels was in 1897 gebore en het in 1945 gesterwe. Joseph
      Goebbels was Hitler se Minister van Propaganda en een van die
      belangrikste en invloedryke mense in Nazi Duitsland. √√2                        (2)
6.4   Simbool 1:                             Simbool 2:
      Suid-Afrikaanse landswapen             Swastika, Nazi vlag√. Sedert 1945 is
      (National Coat of Arms) √. Dis die     die swastika verban in Duitsland saam
      hoogste visuele simbool van die        met ander simbole, liedere,
      Staat. Die South Africa’s Coat of      slagspreuke en selfs begroetings wat
      Arms is bekend gestel op               met die Hitler era geassosieer was.
      Vryheidsdag, 27 April 2000. Die        Oortreders kon streng boetes en selfs
      veranderinge reflekteer die regering   tronkstraf opgelê word. Die Duitse (en
      se bedoeling om demokratiese           Oostenrykse) na-oorlogse kriminele
      verandering in Suid-Afrika asook ŉ     kode het die publieke gebruik van die
      nuwe sin vir patrio-tisme, te          Hakenkreuz (die swastika) en ander
      beklemtoon. Daarom word dit van        Nazi simbole onwettig en strafbaar
      elke opregte nie-rassistiese Suid-     gemaak, behalwe vir skool gebruik. Dit
      Afrikaner verwag om te dit aanvaar     is ŉ simbool van rasse
      en te respekteer as ŉ simbool van      meerderwaardigheid wat
      Suid-Afrika se demokrasie. Hierdie     onderdrukking van ander rasse kan
      simbool bevorder eenheid en            aanhits. Daarom bevorder dit nie
      versoening asook eenheid binne         harmonie, maar eerder xenofobiese        (4)
      verskeidenheid. √2                     tendense. √2                             [10]
VRAAG 7 EINDE VAN DIE 2de WĚRELDOORLOG EN DIE STRYD OM MENSE-REGTE
7.1         KOLOM A - OORSAKE                       KOLOM B - GEVOLGE
    7.1.1 Die Volkebond wat gestig was na      C Die Verenigde Nasies wat
          die Eerste Wêreldoorlog het misluk     vandag nog bestaan, is in
          om ŉ volgende Wêreldoorlog te          1945 gestig met die doel om
          voorkom                                dwarsdeur die wêreld vrede te
                                                 handhaaf
    7.1.2 Op 1 Desember was ŉ swart            E Aanhoudende bus- en winkel-
          Amerikaanse vrou (Rosa Parks)          boikotte, georganiseer deur
          gearresteer omdat sy geweier het       Swart Amerikaanse
          om haar sitplek in ŉ bus af te staan   nasionaliste, het druk
          aan ŉ wit man. ŉ Volskaalse boikot     uitgeoefen op die regering om
          van die stad se busse sowel as         sy segregasie beleid te
          protesaksies deur die swart            verander
          bevolking het gevolg vir ongeveer
          ŉ jaar
    7.1.3 Gedurende koloniale beheer was       B Swart mense was behandel as
          mense-regte van swart mense nie        minderwaardig; hulle het hul
          beskerm nie                            grond verloor en daar was
                                                 swak dienslewering vir hulle
                  de
    7.1.4 Na die 2 Wêreldoorlog was die        A Dit het aanleiding gegee tot die
          wêreld geskok oor die Nazi’s se        opkoms van die idee van
          misbruik van mense-regte asook         Verklaring van Mense-regte
          hul misdade teen die mensdom
    7.1.5 Die Berlynse Konferensie van         D Suid-Afrika was gekoloniseer
          1884 by die woning van Otto von        deur Holland (Nederlanders)
          Bismarck het die grondslag gelê vir    en die Britte (Engelse) wat na
          die ‘wedloop om Afrika’                die ooste wou uitbrei
                                                                          (5x1) (5)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)              SOSIALE WETENSKAPPE (Memo)                                   9

 7.2    Afdeling 28 van die Verklaring van Menseregte, getiteld "Kinders", bepaal
        die volgende:

        ŉ Kind se beste belange is van kardinale belang in elke saak rakende die
        kind.
        Met ŉ kind word bedoel iemand onder die ouderdom van 18 jaar.
        ŉ Kind het die reg op ŉ naam, burgerskap en ŉ vorm van toesig.
        Kinders benodig kos en beskutting, en moet beskerm word teen misbruik,
        verwaarlosing en verkleinering.

        Geen kind onder-ouderdom moet werk nie, of werk doen wat met sy
        skoolwerk sal inmeng nie. Kinders moet opgesluit word in tronke slegs as ŉ
        laaste uitweg en moet nie ŉ sel met volwassenes deel nie. Kinders moenie
        deelneem aan oorloë nie en moet beskerm word tydens konflikte.

        Ons regering het baie gedoen om te wys hulle bedoel wat hulle sê.
        Voorbeelde is: kinder-toelaes vir enkel-ouer kinders asook vir wees kinders.
        Daar is skole sonder skoolfooie; skool voedingskemas; verpligte skool tot
        met sekere ouderdom en erkenning van dae vir nie-geweld teen kinders,
        ens.            √√√√√5 (Merk enige 5 punte hierbo/enige relevante punte)          (5)
                                                                                         [10]
 VRAAG 8          DIE KERNWAPENTYDPERK EN DIE KOUE-OORLOG

 8.1          AMERIKA/AMERIKAANS                     RUSLAND/SOWJETTE
         Die Noord Atlantiese                   Die Warskou Pakt was gestig in
         Verdragsorganisasie was gestig in      1955 as teenvoeter vir NAVO. √√2
         1949√√2
         Die Amerikaners stuur die eerste       Die Russe het vir Sputnik 1
         man, Neil Armstrong na die maan        gelanseer op 4 Oktober 1957– dit
         op 20 Julie 1969; dit het die          was die eerste satelliet in die
         Amerikaners laat voel dat hulle voor   ruimte. Hulle het vir Yuri Gagarin
         ander lande in die ruimte was √√2      in die ruimte gestuur in 1961; dit
                                                was ŉ bron van trots vir die
                                                Russe. √√2
         President Kennedy het gedreig om       In 1956 het Khrushchev tenks
         vir Kuba (Russiese bondgenoot)         gestuur na Hongarye en Pole
         binne te val met die ontdekking van    (Sowjet beheerde regerings) om
         medium afstand kern wapens wat         opstande teen die Sowjet te gaan
         gerig is op sy land.√√2                onderdruk en in 1961 is die
                                                Berlynse -muur gebou.√√2
                        Ens.                                   Ens.
        .                                                                        (3x2)   (6)
 8.2    9 Augustus 1945 √√                                                               (2)

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           SOSIALE WETENSKAPPE (Memo)                   (NOVEMBER 2012)

8.3   Die Berlynse Muur is gebou:
         om Ooste en Weste van mekaar te skei of
         om kapitalistiese invloed van kommunistiese invloed weg te hou. √ 1
          enige een punt hierbo of ander relevante feit

      Mikhail Gorbachev het ernstige hervorminge ingestel wat gelei het tot die val
      van die Berlynse Muur op 9 November 1989 omdat die Sowjet Unie ernstige
      probleme ondervind het soos:
         Die ekonomie was op die punt om te val,
         Tekorte aan nodige goedere,
         Mense was moeg vir kommunisme wat hulle gefaal het,
         Massa-proteste teen kommunistiese state
         Gebrek aan mense-regte. √1 (Enige een punt hierbo genoem of enige
             ander relevante feit)                                           (1+1)       (2)
                                                                                        [10]
VRAAG 9        SAKE VAN ONS TYD
9.1   Amnestie verwys na amptelike vryspreking vir iemand wie ŉ misdaad
      gepleeg het. √1                                                                   (1)
9.2   Tutsi’s √1                                                                        (1)
9.3          Onwettige aanhouding,
             moord,
             verkragting,
             seksuele aanranding,
             marteling,
             slaan,
             roof
             en onmenslike behandeling van burgers. √1 (Enige 1 uit die lys)           (1)
9.4        Ten gunste van Globalisering        Gekant teen Globalisering
          Geld, tegnologie, kundigheid     Uitbuiting met lae lone, lang
          bevoordeel mense en              werksure, gebrek aan veiligheid &
          ekonomieë                        kinderarbeid
          Werkgeleenthede                  Uitputting van hulpbronne deur
                                           groot maatskappye en ekonomieë
          Styg van die lewensstandaard     Dominering van kleiner state deur
          met die gepaardgaande vrye       groter state wat werkers kom
          mark                             uitbuit
          Bring rykdom en voorspoed deur Doen nie veel om armoede te
          buitelandse beleggings           bekamp nie (ryk arm gemeenskap)
          Internettoegang bring inligting, Bewerkstellig nie volhoubare
          opvoeding en opleiding           lewens nie - produkte word te duur
          Het toegang tot goedere en       Negatiewe uitwerkings op die
          dienste reg oor die wêreld.      omgewing
                  (Enige 2 punte ten gunste van en teen Globalisering soos hierbo
                                                            aangedui) √√√√4 (2x2)       (4)
9.5   Aartsbiskop Emeritus Desmond, Mpilo Tutu √1                                       (1)
9.6   President Thabo Mbeki √ en President Olusegun Obasanjo √2                 (2x1)    (2)
                                                                                        [10]
                                                                         TOTAAL:        100

## Related documents

- [SoSc P1 N12 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/sosc-p1-n12-memo-eng/f097c5e0-98be-4e4b-bdc4-7985f98e6a93) — Social Sciences · Memo · 2012 · Eng
- [SoSc P1 N12 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/sosc-p1-n12-qp-afr/7fd4bf09-ea74-44ce-adf9-88d9155bc93a) — Social Sciences · QP · 2012 · Afr
- [SoSc P1 N12 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/sosc-p1-n12-qp-eng/373fb1eb-367b-489c-b75a-941774fca1f9) — Social Sciences · QP · 2012 · Eng
- [SOS WET GR9 MEMO NOV2014 AFR](https://www.hlayiso.com/library/sos-wet-gr9-memo-nov2014-afr/907b0dce-e99d-4db0-868d-7a2bfdcb94ac) — Social Sciences · Memo · 2014 · Afr
- [SOS SCIENCE GR9 MEMO NOV2014 ENG](https://www.hlayiso.com/library/sos-science-gr9-memo-nov2014-eng/e5fb8d82-cbe2-41e9-84f3-b27c57458baf) — Social Sciences · Memo · 2014 · Eng
- [SOS WET GR9 NOV2013 MEMO-Afr](https://www.hlayiso.com/library/sos-wet-gr9-nov2013-memo-afr/d04a0cc0-7cbf-4d1b-a8cc-f063170137af) — Social Sciences · Memo · 2013 · Afr

## More from Grade 9 Social Sciences

- [CAPS SP SOCIAL SCIENCE GR 7-9](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-social-science-gr-7-9/a0b47288-db90-4b74-b9f7-0185f2ef1623) — CAPS · Eng
- [Grade 9 Social Sciences P1 (Geography) November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-geography/eb11484d-a41b-4f61-af98-953cffb38c44) — QP · 2026 · Eng
- [Grade 9 Social Sciences P2 (History) November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-history/2fc54a40-7007-45c9-a85e-3aa08a160b57) — QP · 2026 · Eng
- [SOC SC - ENG (HIST) GR9 QP NOV 2016](https://www.hlayiso.com/library/soc-sc-eng-hist-gr9-qp-nov-2016/6f7d4bf5-c1d9-4221-83a7-cf002e4e9f81) — QP · 2016 · Eng
- [SOC SC - AFR (HIST) GR9 QP NOV 2016](https://www.hlayiso.com/library/soc-sc-afr-hist-gr9-qp-nov-2016/88e2eebd-0ca6-44a2-ac8b-19392e40467f) — QP · 2016 · Afr
- [SOCIAL SCIENCES GEO GR9 QP NOV2016 AFR](https://www.hlayiso.com/library/social-sciences-geo-gr9-qp-nov2016-afr/434a9c9f-e16d-4e5c-b4a5-72081f472b9d) — QP · 2016 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
