# Social Sciences Grade 9 P1 November EC 2012 QP (Afr)

> Grade 9 Social Sciences Paper 1 question paper from the November EC 2012 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/sosc-p1-n12-qp-afr/7fd4bf09-ea74-44ce-adf9-88d9155bc93a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Social Sciences
- Grade: Grade 9
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: November EC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Social Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/social-sciences) › [Social Sciences Grade 9 P1 November EC 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/sosc-p1-n12-qp-afr/7fd4bf09-ea74-44ce-adf9-88d9155bc93a)

## About this document

Social Sciences · Grade 9 · November EC · 2012. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     Province of the
                     EASTERN CAPE
                     EDUCATION

                                SENIOR FASE

                                GRAAD 9

                           NOVEMBER 2012

                   SOSIALE WETENSKAPPE

PUNTE:    100

TYD:      2 uur

   Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye met ŉ topografiese kaart as ŉ addendum.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               SOSIALE WETENSKAPPE                       (NOVEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Die vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

      • AFDELING A: AARDRYKSKUNDE. Beantwoord alle vrae.

      • AFDELING B: GESKIEDENIS. Beantwoord alle vrae.

2.    Lees elke vraag deeglik voordat jy dit beantwoord.

3.    Jy word voorsien van ŉ 1:50 000 topografiese kaart 3227 CD KING WILLIAM’S
      TOWN (Bron 1); verwys daarna wanneer jy VRAE 1 en 2 beantwoord.

4.    Die topografiese kaart moet ingehandig word by die toesighouer aan die einde van
      die eksamensessie.

5.    Trek ŉ lyn aan die einde van elke vraag.

6.    Nommer jou vrae korrek.

AFDELING A         AARDRYKSKUNDE

VRAAG 1            KAARTLEES EN KAART-INTERPRETASIE

Die vrae hieronder is gebaseer op die 1: 50 000 topografiese kaart 3227 CD KING
WILLIAM’S TOWN (BRON 1). Kies die mees gepaste antwoord uit die lys
moontlike antwoorde by elke vraag. Skryf slegs die korrekte letter (A–D) langsaan
vraagnommer (1.1–1.10).

1.1   ŉ Kaart-indeks dui die ... aan.

      A       posisie van die kaart - die breedte-graad en lengte-graadlyne op die
              rooster
      B       posisie van die kaart
      C       roosterligging op die kaart
      D       breedte-graad en lengte-graadlyne van ŉ kaart                           (1)

1.2   Bron 1 (Topografiese kaart van King William’s Town) dui Bisho se Alfa-
      Numeriese Rooster as ... aan.

      A       32º50’
      B       8A
      C       A8
      D       27º28’                                                                  (1)

1.3   Die tipe landvorme aangedui deur die kontoer lyne in blok A6 is:

      A       Konveks en Vallei
      B       Krans en Uitloper
      C       Uitloper en Vallei
      D       Konkaaf en Uitloper                                                     (1)

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                     SOSIALE WETENSKAPPE                                  3

 1.4    Die tipes vervoer in King William’s Town:

        A         Water-, Lug- en Padvervoer
        B         Lugvervoer en Padvervoer
        C         Watervervoer en Spoorvervoer
        D         Padvervoer en Spoorvervoer                                            (1)

 1.5    Identifiseer die aantal hoogtemerke sigbaar op die N2 vanaf die ‘Y’-aan-
        sluiting in blok C3 weswaarts op die N2 tot waar die pad eindig in blok D1.

        A         0
        B         7
        C         5
        D         3                                                                     (1)

 1.6    Een voorbeeld van ŉ standhoudende rivier op die kaart is …

        A         KuQindeberivier (G4).
        B         Zimbabarivier (I2).
        C         eBhalasirivier (A4).
        D         Buffalorivier (F6).                                                   (1)

 1.7    Watter skaal verskyn nie op hierdie kaart nie?

        A         Woordskaal
        B         Liniêre skaal
        C         Verhoudingskaal
        D         Lynskaal                                                              (1)

 1.8    Die doel van die brug in BLOK D6 is om die …

        A         vloei van voetgangers te beheer.
        B         vloei van diere te beheer.
        C         vry vloei van pad- en spoorvervoer te verseker.
        D         motors op die brug te beheer.                                         (1)

 1.9    Die hoogste punt in die volgende blokke soos op die kaart aangedui, word
        gekry by die trigonometriese stasie in blok …

        A         D2.
        B         H2.
        C         B4.
        D         A6.                                                                   (1)

 1.10 Die primêre ekonomiese aktiwiteit in die suid-westelike deel op die kaart, is …

        A         bewerking van lande.
        B         boorde en wingerde.
        C         geboue en paaie.
        D         kontoerlyne.                                                           (1)
                                                                                        [10]

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               SOSIALE WETENSKAPPE                       (NOVEMBER 2012)

VRAAG 2       KAARTLEES EN KAART-INTERPRETASIE

Beantwoord die volgende vrae:

2.1   Jy reis op die hoof pad vanaf die ‘Y’-aansluiting in blok (F7) suid-oos van
      Zwelitsha na die uitgrawings, suid van KwaMlakalaka in blok (H7). Sê of jy
      in die algemeen opdraand of afdraand ry. Gee ŉ rede vir jou antwoord.           (2)

2.2   Bereken die peiling vanaf 3 in blok B4 tot by B in blok C4.                     (2)

2.3   Gee die koördinate van die tenk by Da Gama (blok E6).                           (2)

2.4   Hoe ver is die lynregte afstand per trein in kilometers vanaf Yellowoods-
      treinstasie (blok B8) tot by Blaney? Dui alle bewerkinge aan.                   (3)

2.5   Gebruik jou antwoord hierbo en bereken die tyd wat dit jou sal neem om
      per trein te reis teen ŉ spoed van 100 km/u vanaf Yellowoods-treinstasie tot
      by Blaney.                                                                      (3)

2.6   Vir watter doel kan die volgende in die bestudering van Aardrykskunde
      gebruik word?

      2.6.1   Lugfoto                                                                 (1)

      2.6.2   Ortofoto                                                                (1)

      2.6.3   Satellietbeelde                                                          (1)
                                                                                      [15]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                   SOSIALE WETENSKAPPE                                    5

 VRAAG 3 ONTWIKKELING & VOLHOUBARE GEBRUIK VAN HULPBRONNE

 3.1    Noem TWEE AANWYSERS van ekonomiese ontwikkeling.                                (2)

 3.2    Dui aan watter TWEE van die antwoorde hieronder ontwikkeling sal vertraag
        en watter TWEE ontwikkeling sal bevorder.

             HIV/Vigs, Gebruik van rekenaars, Misdaad, Maatskaplike toelaes

        LW: Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids om die vraag hierbo te beantwoord

         DIT VERTRAAG ONTWIKKELING              DIT BEVORDER ONTWIKKELING
        1.                                      1.
        2.                                      2.
                                                                       (2x2)            (4)
 3.3    Noem TWEE argumente teen die gebruik van gepaste tegnologiese
        strategie as ŉ middel van ontwikkeling.                                         (2)

 3.4    Bestudeer die tabel hieronder (BRON 2) in verband met Suid-Afrika se
        beskermde marine-gebiede in elke provinsie en beantwoord dan die vrae
        wat volg.

        BRON 2:        TABEL OOR BESKERMDE MARINE-GEBIEDE IN ELKE PROVINSIE

                             NOORD- WES-      OOS-     KWAZUL
            FUNKSIE                                                 TOTAAL
                              KAAP KAAP       KAAP     U-NATAL
        Bewaring                      1         8          3           12
        Vissery            1          9         8          2           19
        Opvoeding                     3                                 3
        Toerisme                      4         2          2            8
        TOTAAL             1         17        18          7           53
         Departement van Omgewingsake en Toerisme Direktoraat: Oktober 1999

        3.4.1     Wat is marine-lewe?                                          (1x2)    (2)

        3.4.2     Waarom verskyn hier slegs 4 van die 9 provinsies van Suid-Afrika in
                  die tabel hierbo?                                             (1x2)   (2)

        3.4.3     Bestudeer die tabel en vergelyk die Wes-Kaap se opvoeding oor die
                  see-lewe met die opvoeding in die ander provinsies.         (1x2)     (2)

        3.4.4     Noem enige DRIE redes waarom ons altyd moet probeer om die
                  oseane teen alle vorme van besoedeling te beskerm.       (3x1)         (3)
                                                                                        [17]

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              SOSIALE WETENSKAPPE                         (NOVEMBER 2012)

VRAAG 4       SOSIALE EN OMGEWINGSKONFLIKTE IN SUID-AFRIKA

4.1    Lees die opskrifte en kyk sorgvuldig na die prente in die uittreksels (BRON 3)
        hieronder.
       Bestudeer die redes vir die konflik reg onder aan alle prentjies.
       Pas elke prent vanaf A tot D by die mees-gepaste rede vir konflik wat hieronder
        verskyn.
                                                                               (4x1) (4)
                                  Redes vir konflik

         Beperkte hulpbronne, Mag, Ongelykheid, Die verlede (geskiedenis),
                 Xenofobie, Verskille in standpunte, Diskriminasie

                                   BRON 3: PRENTE

               (Vryelik vertaal vanuit Oxford Successful Social Sciences - Grade 9
                                                                    Learners Book)

4.2   Alhoewel demokrasie in Suid-Afrika in sy 18de jaar is, kom afsonderlike
      gevalle van rassisme en xenofobie nog voor.
      Beskryf kortliks die probleem hieronder gelys en verskaf ŉ voorstel vir ŉ
      moontlike oplossing

      4.2.1   Rassisme                                                          (1+1)   (2)

      4.2.2   Xenofobie                                                         (1+1)   (2)
                                                                                        [8]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                    SOSIALE WETENSKAPPE                                       7

 AFDELING B: GESKIEDENIS

 VRAAG 5           APARTHEID IN SUID-AFRIKA

 5.1    Verduidelik in TWEE sinne hoe die Tweede Wêreldoorlog bygedra het tot
        die instel van apartheid in Suid-Afrika.                           (1+1)            (2)

 5.2    Die apartheidsregering het segregasie-wette ingestel om witmense aan
        bewind te hou.

        Watter apartheidswet het:

        5.2.1     Suid-Afrikaners geklassifiseer as ‘blanke of Europeër’, ‘kleurling’,
                  ‘naturel’ of ‘Indiër’ en dit dan aangedui op ŉ identiteitskaart.          (1)

        5.2.2     Aparte gebiede daargestel vir sekere rasse groepe in stedelike
                  gebiede.                                                                  (1)

        5.2.3     Aparte onderwys vir swartes ingestel en as gevolg van die streng
                  wetgewing het studente verskeie protesaksies gedurende die
                  Soweto-onluste in 1976 gereël.                                            (1)

 5.3    Skryf ’n paragraaf van nie minder as VYF sinne, waarin jy die rol wat Robert
        Sobukwe gespeel het in die stryd om mense-regte in Suid-Afrika te bekom,
        verduidelik.                                                                         (5)
                                                                                            [10]

 VRAAG 6 MENSEREGTE KWESSIES GEDURENDE EN NA DIE 2de WĚRELDOORLOG

 6.1    Noem TWEE redes waarom die mense in die Weimar Republiek so baie
        ongelukkig en verbitterd was.                                                       (2)

 6.2    Gee TWEE beloftes deur Nazi’s aan die Duitsers gemaak indien hulle vir die
        Nazi’s sou stem om aan bewind te kom.                                               (2)

 6.3    Wat was die rol van Joseph Goebbels in Hitler se regering?                  (1x2)   (2)

 6.4                                   BRON 4: SIMBOLE

                       Simbool 1                                Simbool 2

        Identifiseer die volgende TWEE simbole hierbo (BRON 4) en verduidelik
        waarom jy dink hulle in die openbaar uitgestal moet word al dan nie. (2x2)           (4)
                                                                                            [10]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             SOSIALE WETENSKAPPE                        (NOVEMBER 2012)

VRAAG 7        EINDE VAN DIE 2de WĚRELDOORLOG EN DIE STRYD OM
               MENSE-REGTE

7.1   Kies die gevolg in KOLOM B wat pas by die oorsaak in KOLOM A. Skryf
      slegs die gepaste letter in KOLOM B langs die nommer van die vraag in
      KOLOM A.

              KOLOM A - OORSAKE                     KOLOM B - GEVOLGE
      7.1.1   Die Volkebond wat gestig was     A Dit het aanleiding gegee tot
              na die Eerste Wêreldoorlog het     die opkoms van die idee van
              misluk om ŉ volgende               Verklaring van Mense-regte
              Wêreldoorlog te voorkom
      7.1.2   Op 1 Desember was ŉ swart        B Swart mense was behandel as
              Amerikaanse vrou (Rosa Parks)      minderwaardig; hulle het hul
              gearresteer omdat sy geweier       grond verloor en daar was
              het om haar sitplek in ŉ bus af    swak dienslewering vir hulle
              te staan aan ŉ wit man. ŉ
              Volskaalse boikot van die stad
              se busse sowel as protesaksies
              deur die swart bevolking het
              gevolg vir ongeveer ŉ jaar
      7.1.3   Gedurende koloniale beheer       C Die Verenigde Nasies wat
              was mense-regte van swart          vandag nog bestaan, is in
              mense nie beskerm nie              1945 gestig met die doel om
                                                 dwarsdeur die wêreld vrede te
                                                 handhaaf
                       de
      7.1.4   Na die 2 Wêreldoorlog was die D Suid-Afrika was gekoloniseer
              wêreld geskok oor die Nazi’s se    deur Holland (Nederlanders)
              misbruik van mense-regte asook     en die Britte (Engelse) wat na
              hul misdade teen die mensdom       die ooste wou uitbrei
      7.1.5   Die Berlynse Konferensie van     E Aanhoudende bus- en winkel-
              1884 by die woning van Otto        boikotte, georganiseer deur
              von Bismarck het die grondslag     Swart Amerikaanse
              gelê vir die ‘wedloop om Afrika’   nasionaliste, het druk
                                                 uitgeoefen op die regering om
                                                 sy segregasie beleid te
                                                 verander
                                                                           (5x1)     (5)

7.2   Tot watter mate het ons land, Suid-Afrika, Kinderregte onderhou? Noem
      voorbeelde in jou bespreking om aan te dui dat ons regering wel kinderregte
      ondersteun.                                                            (5x1)    (5)
                                                                                     [10]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                 SOSIALE WETENSKAPPE                                      9

 VRAAG 8          DIE KERNWAPENTYDPERK EN DIE KOUE-OORLOG

 Lees die gemengde teks hieronder (BRON 5) en beantwoord dan die vrae wat volg.

                               BRON 5: GEMENGDE TEKS

 Na die Tweede Wêreldoorlog in 1946, was die wêreld verdeel in twee magtige kampe.
 Joseph Stalin, was vasbeslote dat die Sowjets vir Oos-Europa moet oorheers en wou ook
 voorkom dat Duitsland weer ŉ ander oorlog sou begin. Gevolglik was die Warskou Pakt in
 1955 gestig as teenvoeter vir NAVO. Die Russe het ook vir Sputnik 1, wat die eerste
 satelliet in die ruimte was op 4 Oktober 1957 gelanseer. Hulle het vir Yuri Gagarin in 1961
 in die ruimte gestuur; dit was die bron van trots vir die Sowjets. In 1956 het Khrushchev
 tenks na Hongarye en Pole gestuur om die opstande teen die Sowjets in daardie lande te
 gaan onderdruk en in 1961 is die Berlynse-Muur opgerig. Mikhail Gorbachev het ernstige
 hervormings aangebring wat gelei het tot die val van die Berlynse-muur op 9 November
 1989.

 Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie was in 1949, na die eerste atoombom op die
 Japannese stad – Hiroshima – op 6 Augustus 1945 neergewerp was, gevorm. Die
 tweede bom, met die bynaam ‘Fat Man’, is 3 dae later op die Japannese stad Nagasaki
 gewerp. Hierdie twee bomme het die hele wêreld geskok en het die hele aard van
 oorlogvoering verander. Die Amerikaners het hulle eerste man, Neil Armstrong, op 21
 Julie 1969 na die maan gestuur; hierdie het die Amerikaners laat voel dat hulle ŉ
 voorsprong bo ander lande in die ruimte-wedloop gehad het. In 1962 het President
 Kennedy gedreig om Kuba binne te val na die ontdekking van medium-afstand
 kernwapens wat op sy land gemik was.

 8.1    Haal enige DRIE gevalle aan uit die uittreksel wat dui op mededinging
        tussen NAVO en die WARSKOU Pakt tydens die bewapeningswedloop.(3x2)             (6)

 8.2    Wanneer was die tweede bom laat val?                                            (2)

 8.3    Verduidelik waarom die Berlynse-muur gebou was en ook waarom dit misluk
        het.                                                              (1+1)          (2)
                                                                                        [10]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            SOSIALE WETENSKAPPE                        (NOVEMBER 2012)

VRAAG 9     SAKE VAN ONS TYD

9.1   Wat is amnestie?                                                               (1)

9.2   Skryf die naam van ŉ ETNIESE MINDERHEIDSGROEP wat in Ruwanda
      gewoon het en in die 1990’s uitgemoor is as gevolg van etniese suiwering.      (1)

9.3   Noem EEN manier waarop mense tydens die Bosniese krisis
      uitgewis/vermoor is.                                                           (1)

9.4   Noem TWEE argumente ten gunste van globalisering asook TWEE
      argumente teen globalisering.                                          (2x2)   (4)

9.5   Wie was die voorsitter van die WVK? (Hy is ŉ Anglikaanse Aartsbiskop.)         (1)

9.6   Kies TWEE presidente hieronder wie die vergestalting van die Afrika-
      Renaissance was.

           Thabo Mbeki            Olusegun Obasanjo          Barack Obama
                                                                             (2x1)    (2)
                                                                                     [10]
                                                                       TOTAAL:       100

## Related documents

- [SoSc P1 N12 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/sosc-p1-n12-qp-eng/373fb1eb-367b-489c-b75a-941774fca1f9) — Social Sciences · QP · 2012 · Eng
- [SoSc P1 N12 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/sosc-p1-n12-memo-eng/f097c5e0-98be-4e4b-bdc4-7985f98e6a93) — Social Sciences · Memo · 2012 · Eng
- [SoSc P1 N12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/sosc-p1-n12-memo-afr/f5fee9a6-1a09-4d1a-8e3b-b07cfa2068e1) — Social Sciences · Memo · 2012 · Afr
- [SOS SCIENCES GR9 QP NOV2014 ENG](https://www.hlayiso.com/library/sos-sciences-gr9-qp-nov2014-eng/c868fca0-a728-431d-b30f-520aacb14975) — Social Sciences · QP · 2014 · Eng
- [SOS SCIENCES GR9 NOV2013 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/sos-sciences-gr9-nov2013-qp-eng/7a2e3a52-ed59-4c64-aaf3-c8d12c522613) — Social Sciences · QP · 2013 · Eng
- [SOS WET GR9 NOV2013 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/sos-wet-gr9-nov2013-qp-afr/a85d9090-5ba6-4e26-b6b2-b378eee5d628) — Social Sciences · QP · 2013 · Afr

## More from Grade 9 Social Sciences

- [CAPS SP SOCIAL SCIENCE GR 7-9](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-social-science-gr-7-9/a0b47288-db90-4b74-b9f7-0185f2ef1623) — CAPS · Eng
- [Grade 9 Social Sciences P1 (Geography) November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-geography/a93cbcad-58b5-4391-a64d-0a545bbb7c39) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 9 Social Sciences P2 (History) November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-history/162feceb-8aa8-4498-8485-a4c46dd166ac) — Memo · 2026 · Eng
- [SOCIAL SCIENCES GEO GR9 MEMO NOV2016 AFR](https://www.hlayiso.com/library/social-sciences-geo-gr9-memo-nov2016-afr/4dbe9b75-8912-4797-91fc-b19ce737df06) — Memo · 2016 · Afr
- [SOCIAL SCIENCES GEO GR9 MEMO NOV2016 ENG](https://www.hlayiso.com/library/social-sciences-geo-gr9-memo-nov2016-eng/5b86ffd9-62f6-4599-a238-80b6a332ece0) — Memo · 2016 · Eng
- [SOC SC - ENG (HIST) GR9 MEMO NOV 2016](https://www.hlayiso.com/library/soc-sc-eng-hist-gr9-memo-nov-2016/c69f06f4-1ff1-4c59-af3b-e4bb4d255067) — Memo · 2016 · Eng

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
