# Sport and Exercise Science Grade 12 IEB 2019 Memo (Afr)

> IEB Grade 12 Sport and Exercise Science memorandum from the 2019 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/sport-and-exercise-science-memo-2019-afr/303f9af7-7d9b-4406-84fb-579a7c849360
- Updated: 2026-10-10
- Subject: Sport and Exercise Science
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Publisher: IEB
- Curriculum: IEB
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Sport and Exercise Science](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/sport-and-exercise-science) › [Sport and Exercise Science Grade 12 IEB 2019 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/sport-and-exercise-science-memo-2019-afr/303f9af7-7d9b-4406-84fb-579a7c849360)

## About this document

Sport And Exercise Science · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
                                                          NOVEMBER 2019

                             SPORT EN OEFENKUNDE

                                NASIENRIGLYNE

Tyd: 3 ure                                                            200 punte

Hierdie nasienriglyne is voorberei vir gebruik deur eksaminatore en
subeksaminatore, wat almal 'n standaardisasievergadering moet bywoon ten einde
te verseker dat die riglyne konsekwent geïnterpreteer en toegepas word in die
nasien van kandidate se skrifte.

Die IEB sal nie enige gesprek of korrespondensie oor enige nasienriglyne voer
nie. Daar word besef dat daar baie verskillende sienings oor sommige kwessies
van beklemtoning of besonderhede in die riglyne kan wees. Daar word ook besef
dat sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardisasievergadering, daar
verskillende interpretasies van die toepassing van die nasienriglyne kan wees.

IEB Copyright © 2019                                            BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE     Bladsy 2 van 21

VRAAG 1

1.1          1.1.1        H

             1.1.2        C

             1.1.3        I

             1.1.4        F

             1.1.5        J

             1.1.6        A

             1.1.7        G

             1.1.8        B

             1.1.9        E

            1.1.10        D

1.2         1.2.1      Glikogeen

            1.2.2      Melksuur

            1.2.3      ATP

            1.2.4      ATPase

            1.2.5      Aërobies

            1.2.6      Drempel

            1.2.7      Aërobies/Oksiderend

1.3      Prent A:      frontaal

         Prent B:      sagittaal

         Prent C:      dwars/transversaal

IEB Copyright © 2019                                                BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE                      Bladsy 3 van 21

                                 Prent A                                           Prent B
1.4

                   [Bron: <https://www.google.co.za/=dance+balance&oq?>
                                                        (Toegang 5/2/19)]

Ken 1 punt toe vir elke voet.                                         Ken 1 punt toe vir elke voet
Ken 1 punt toe vir die spasie tussen die twee dansers                 Ken 1 punt toe vir die spasie
Ken 1 punt toe tussen die twee voete van die                          tussen die twee voete
regterkantse danser

                              Prent C

           [Bron: <https://www.google.co.za/wheelchair+basketball>
                                                 (Toegang 5/2/19)]

Ken 1 punt toe vir die spasie tussen die twee groot wiele
Ken 1 punt toe vir insluiting van die spasie tussen die klein wiele

IEB Copyright © 2019                                                                 BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE                Bladsy 4 van 21

1.5      1.5.1 B

                  Die swaartepunt/-lyn val in die middel van die steunbasis.

         1.5.2 C

                  Die swaartepunt is heeltemal buite die steunbasis.

1.6      1.6.1 Ken 1 punt toe vir steunpunt

                  Lading: Gholfklub

                       A

        [Bron: <https://www.google.co.za.
                              golf+swing>
                         (Toegang 7/2/19)]

                  Ingespan: Aanvaar enige van die volgende: (1 punt)
                        Armspiere (slegs 'arm' is nie aanvaarbaar nie)
                        Deltaspier/Deltoïed
                        Biseps en triseps

IEB Copyright © 2019                                                           BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE                        Bladsy 5 van 21

                                                                    Ken 1 punt toe vir steunpunt
                       B
                                                                    Lading: Krieketbal (1 punt)

                                                                    Ingespan: Aanvaar enige van die
                                                                              volgende: (1 punt)
                                                                              Armspiere
                                                                              Deltaspier
                                                                              Biseps en triseps

                               [Bron: <https://www.google.co.za/
                                           cricket+fast+bowlers>
                                                (Toegang 7/2/19)]

                       C

                                 [Bron: <https://www.google.co.za/search push+up>
                                                                 (Toegang 7/2/19)]

                  Ken 1 punt toe vir steunpunt
                  Lading: die liggaam (1 punt)

                  Ingespan: Aanvaar enige van die volgende: (1 punt)
                            Armspiere
                            Deltaspier/Deltoïed
                            Biseps
                            Triseps

IEB Copyright © 2019                                                                  BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE        Bladsy 6 van 21

         1.6.2 Prent A:      3e klas (L-E-F)

                  Prent B:   3e klas (L-E-F)

                  Prent C:   2e klas (F-L-E)

         1.6.3 Prent A:      Spoed

                  Prent B:   Spoed

                  Prent C:   Krag

1.7

                                                                    Lugweerstand

Reaksiekrag

                                       Wrywing

                       Reaksiekrag

Pyltjies moet in die korrekte rigting wys.

IEB Copyright © 2019                                                   BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE          Bladsy 7 van 21

VRAAG 2

2.1      Prent A: Terugswaai:

         Terugswaai – skopbeen buig en skep 'n kort hefboom om met spoed vorentoe
         te swaai. Hefboom versterk beweging. Groter afstand tussen gewrig en
         inspanning = meer krag

         Prent B: Maak kontak met die bal:

         Skop – skopbeen word reguit en skep 'n lang hefboom. Die bal word met
         meer spoed geskop. Langer hefboom = groter spoed/ versnelling en krag
         op die bal

         Prent C: Volg deur:

         Volg deur – dit verbeter akkuraatheid en stel been in staat om veilig
         stadiger te beweeg.

         2.2.1 Meer vrouens (95%) keur dit goed dat vrouens rugby speel in
               vergelyking met 85% mans wat dit goedkeur OF
               Meer mans 15% keur dit nie goed dat vrouens rugby speel nie in
               vergelyking met 5% vrouens wat dit nie goedkeur nie.

         2.2.2 Ken 1 punt toe per rede.
               Meer vrouens keur dit goed – Dit is te verwagte, aangesien vrouens
               ander vrouens behoort te ondersteun wat aan alle sportsoorte
               deelneem, nie net sportsoorte wat tradisioneel as vrouesportsoorte
               beskou word nie.
               Aanvaar toepaslike antwoord
               OF
               Meer mans wat nie goedkeur nie – Mans is geneig om te dink dat
               vrouens te delikaat is om aan kragtige aktiwiteite deel te neem.
               Gevaarlik vir vroue.
               Aanvaar toepaslike antwoord

IEB Copyright © 2019                                                     BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE            Bladsy 8 van 21

VRAAG 3

3.1      Ken 1 punt toe per feit van die wat hieronder gelys is:
         Sy begin deur die groot spiere te gebruik en dan die kleiner spiere.
         Die meisie gebruik die meeste van haar liggaamsdele om 'n groot krag te
         skep.
         In Prent A het sy haar gooiarm opgelig en agter haar. Dit maak meer krag
         moontlik, aangesien ook haar skouer- en rugspiere gebruik word.
         In Prent B is die heupe gebruik om meer krag te skep.
         In Prent B het die agterste been effens gedraai om meer krag te gee.
         Die bolyf is ook gebruik.
         Elke liggaamsdeel wat in 'n beweging gebruik is, is geneig om te versnel –
         in Prent A en B dien die gooiarm as 'n "sweep".
         Deur die elmboog te buig en dan die arm reguit te maak, skep groter krag.
         In Prent C dra verplasing van liggaamsgewig van agterste been tot voorste
         been ook krag oor.
         In Prent C volg sy deur wat meer krag en akkuraatheid moontlik maak.
         Hulle kan nie bloot beskryf wat hulle in die prente sien nie.
         Totale krag sorg dat maksimum kragte deur die spiere voortgebring word en
         dan in fisiese bewegings oorgaan – deur kragte van elke liggaamsegment
         by te voeg.
         Hoe meer liggaamsdele by voltooiing van 'n beweging betrokke is, hoe
         groter die krag wat potensieel gegenereer kan word en dan na die
         vrygestelde bal oorgeplaas word.

3.2      Ken 1 punt toe vir verwysing na gebruik van bolyf:
         Begin met gooi arm verder terug.
         OF
         Gebruik die Latissimus dorsi-/deltoïedspiere

         Ken 1 punt toe vir verwysing na gebruik van onderlyf:
         Begin deur af te druk op voete om kuitspiere te gebruik,
         dan kwadriseps en heupe.

         Rek tree.
         Voeg 'n aanloop by.
         Verhoog bewegingsomvang

IEB Copyright © 2019                                                      BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE                    Bladsy 9 van 21

VRAAG 4

4.1      4.1.1 70 – 73

         4.1.2 Aanvaar 3,4 tot 4 minute

         4.1.3 Aanvaar enige van die volgende:
                   Ken 2 punte per antwoord toe
                   Die sessie het nie die speler genoeg kardiovaskulêr-gewys
                   uitgedaag nie.
                   Die atleet is baie fiks en die oefensessie het die speler by
                   maksimum harttempo gehou.
                   Daar was nie 'n rustydperk sodat die harttempo kon daal en dan
                   weer styg nie.
                   Oefenintensiteit bly konstant

         4.1.4 Die harttempo sal vinnig daal, maar sal steeds effens verhoog wees
               bo die rustende harttempo.
               Harttempo sal daal

4.2      4.2.1

         4.2.2         Aanvaar enige toepaslike rede, bv.:
                       Nie genoeg progressiewe oorlading op oefening toegepas nie.
                       Oefening te maklik.
                       Die atleet het tam en ongemotiveerd geword.

                       Moet nie 'n punt toeken vir "plato" nie want dit is 'n beskrywing en
                       nie 'n rede nie.

IEB Copyright © 2019                                                              BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE              Bladsy 10 van 21

4.3      Ken 1 punt toe vir elke verskil in dieet.
         Ken 1 punt toe vir elke toepaslike rede.

         Elitemuurbalspelers sal 'n hoë koolhidraatdieet eet.
         Rede – 'n Wedstryd duur tot twee ure en langer. En hulle moet dikwels meer
         as een wedstryd op 'n dag speel of op agtereenvolgende dae, wat beteken
         hulle moet spierglikogeenvoorraad aanvul.

         Elitemuurbalspelers sal 'n hoë proteïendieet eet
         Rede – Proteïen herstel en bou spiere
         Eet vette vir die stadige vrystelling van energie
         Aanvaar feite wat met hidrasie verband hou

4.4      Spierspoel bespeur verandering in spierlengte en ook die snelheid van die
         verlenging.
         Voorkom besering
         Word bewus van strekking
         Word bewus van spoed van strekking
         Belangrik vir gekoördineerde beweging

4.5      Wanneer spiervesels saamtrek, kom die eindpunte van die spierspoel naby
         mekaar, en stimuleer die sensoriese/toevoersenuwees wat dan die elektriese
         impulse na die sentrale senustelsel stuur.
         Die spoel stuur 'n refleksboogsein om verdere strekking en besering te keer.
         Inligting word deur brein verwerk
         Aktiveer motorneurone deur strekrefleks om strekking teë te werk
         Motor-/toevoersenuwee stuur impuls na spier en spierspoele pas spanning
         aan
         Verandering in lengte van spier
         Aanvaar gepaste verwysing na miosien en aktien

VRAAG 5

5.1      Melbourne

5.2      Rod Laver

5.3      Hipertermie

5.4      "Ons is, per slot van rekening, 'n buiteluggebeurtenis."
         Om 'n toernooi te wees wat in die buitelug plaasvind, beteken dat spelers die
         toestande moet hanteer.

5.5      Ken 1 punt toe per faktor:
         temperatuur, humiditeit en windspoed.

5.6      Federer het sy wedstryde later in die dag gespeel, toe dit koeler was.
         Gedurende die aand gespeel
         Federer het tydens die vorige Australiese Ope in ekstreme hitte gespeel
         Hy is geestelik sterker

IEB Copyright © 2019                                                          BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE                 Bladsy 11 van 21

5.7      Ken 1 punt per strategie toe
         Oefen in warm en vogtige toestande
         Oefen op die hitte van die dag
         Spandeer tyd in 'n sauna – oefen
         Aanvaar toepaslike antwoorde
         Arriveer vroeg om te akklimatiseer

         Aanvaar toepaslike antwoorde

5.8      Ken 1 punt toe per strategie toe.
         Aanvaar enige een van die volgende:
         • Drink baie vloeistowwe
         • Dra geskikte klere/los klere
         • Dra klere met 'n ligte kleur
         • Dra materiaal wat sweet weg van die vel af trek
         • Dra ysonderhemde in die kleedkamer voor die toernooi begin
         • Yshanddoek
         • Akklimatiseer deur in warm toestande te speel of oefen
         • Koolhidraatlading aangesien dit vloeistofberging verhoog
         • Mans kan hul hare kort sny/vrouens kan hul hare vasbind

5.9      Ken 1 punt toe per strategie
         Aanvaar enige een van die volgende:
         • Drink baie vloeistof
         • Gebruik 'n yshanddoek tussen stelle
         • Verander spelstrategie om energie te bespaar
         • Dring aan op 'n sambreel by die wisseling van kante
         • Plaas handdoek oor kop by wisseling van kante indien geen sambreel vir
            skaduwee nie
         • Afkoelstasies
         Aanvaar toepaslike antwoorde

5.10     Aanvaar enige 4 van die volgende feite:
         Hierdie teorie sê dat soos wat die atlete se liggaamlike opwekking verhoog,
         presteer die atleet beter (soos in A uitgebeeld) maar die atleet se prestasie sal
         slegs aanhou verbeter indien die kognitiewe opwekking laag gehou word.
         Indien die kognitiewe opwekking te hoog word, dan "verloor die atleet beheer"
         (soos by punt B gesien kan word) en prestasie sal afneem en die atleet ervaar
         'n katastrofe.
         Wanneer dit gebeur, sal atlete nie na die oorspronklike opwekkingsvlakke (A)
         terugkeer nie, maar sal hulle hulself weer emosioneel moet oppomp, en by
         punt C begin.
         Indien geen verwysing na grafiek gemaak word nie, kan maksimum 3 punte
         toegeken word.

IEB Copyright © 2019                                                             BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE              Bladsy 12 van 21

5.11     Aanvaar enige 4 van die volgende
         Om lank te wees, beteken hy het langer ledemate, d.i. hefbome.
         Hoe langer die hefboom, hoe groter die spoed en krag wat op 'n voorwerp
         uitgevoer kan word, byvoorbeeld 'n tennisbal kan harder geslaan word
         wanneer die elmboog ten volle uitgestrek is eerder as gebuig is.
         Die gebruik van die raket verleng die hefboom nog verder.
         Wanneer afgeslaan of 'n mokerhou geslaan word, kan Federer die bal teen 'n
         skerp hoek slaan, wat dit moeiliker vir sy opponent maak om die bal te bereik.
         Arm- en raketspoed word na die bal verplaas wat 'n kragtiger hou tot gevolg
         het.
         Kan groter treë neem en groter area dek

IEB Copyright © 2019                                                          BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE                   Bladsy 13 van 21

VRAAG 6

6.1      6.1.1 Hoe hoër die vrylating hoe meer afwaarts die rigting waarin die bal sal
               beweeg, maar steeds oor die net.
               Hoe hoër vrylating wanneer geslaan word hoe kleiner die
               vrylatingshoek en hoe korter die afstand wat die bal beweeg.
               Moeiliker vir opponent
               Laer vrylating – trek verder

         6.1.2 Aanvaar enige twee van die volgende:
               Dit maak dit moeiliker vir die opponent om die bal te bereik en terug te
               slaan.
               Verloor punte
               Opponent moet besluit met watse hou om terug te slaan
6.2      •   Raketbeweging:
             Raket beweeg af en onder die bal in

         •   Bal se vlug in die lug:
             Aanvaar enige 2 van die volgende punte:
             Word opgelig en gaan boontoe
             Stadig

         •   Bal se vlug wanneer land:
             Bal het minder springkrag, beweeg nie ver nie

6.3      6.3.1         Wanneer ons oefen is daar 'n styging in harttempo en slagvolume om
                       aan eise te voldoen, hartlewering/minuutvolume (die volume van bloed
                       wat uit die hart in een minuut gepomp word) styg outomaties.
                       Veneuse terugkeer

         6.3.2         Om bloedvloei na die spiere te verhoog, maak die prekapillêre
                       sluitspiere wat na die spiere lei oop.
                       Die prekapillêre sluitspiere wat na nie-noodsaaklike organe lei, sal
                       sluit. Dit beperk bloedvloei na die organe.

IEB Copyright © 2019                                                              BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE          Bladsy 14 van 21

VRAAG 7
7.1      Ken 1 punt toe per aktiwiteit:
         Swem
         Stap
         Draf
         Oefening deur eie liggaamsgewig te dra
7.2      Ken 1 punt toe per verduideliking
         Hulle is individuele sportsoorte, nie spansport nie
         Min toerusting nodig
         Goedkoop
         Gebruik liggaamsgewig
7.3      Swem
7.4      Ken 1 punt toe per rede vir enige drie van die volgende:
         SA is 'n warm land
         SA het 'n lang kuslyn
         Baie openbare swembaddens
         Baie huise het swembaddens
         Meer ouderdomsgroepe kan deelneem
         Ouer mense kan sonder vrees vir besering swem
         Geen ooreising van gewrigte/nie gewigdraend nie
         Geen gespesialiseerde toerusting nodig nie
         Koste-effektief
         Gewigsverlies
         Kan alleen gedoen word
         Aanvaar toepaslike antwoorde
7.5      Tennis
7.6      Ken twee punte toe vir enige van die volgende:
         Moet by 'n klub aansluit
         Duur toerusting – tennisraket en -skoene
         Het 'n opponent nodig
         Aanvaar toepaslike antwoorde
7.7      Ken 1 punt toe per aktiwiteit en 1 punt vir die verduideliking
         Moontlike aktiwiteite:
         Rolbal; joga; stap; swem; gholf
         Tuinmaak
         Skaak, veerpyltjies, jukskei
         Aanvaar toepaslike antwoorde
         Verduideliking:
         Lae-impak-aktiwiteite vir swakker gewrigte
         Aanvaar toepaslike antwoorde
7.8      Ken 3 punte toe vir verduideliking en 1 punt vir toepaslike voorbeeld.
         Die Ringelmann-effek is die neiging vir individuele lede van 'n groep om
         toenemend minder produktief te word wanneer die grootte van hul groep
         uitbrei, bv. enige spansport waar daar te veel reserwes is.
         Aanvaar toepaslike antwoorde

IEB Copyright © 2019                                                      BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE                     Bladsy 15 van 21

VRAAG 8

8.1      Ken 1 punt toe vir enige 6 van die volgende feite:
         • Wanneer die resies begin, sal die liggaam die ATP/PC-stelsel gebruik
         • Mag fosfageennaam gebruik
         • Die ATP/PC-stelsel duur net vir 'n paar sekondes, dan sal die
            anaërobiese melksuurstelsel inskop
         • Mag glikolitiese naam gebruik
         • Die melksuurstelsel veroorsaak 'n opbou van melksuur
         • Melksuur beïnvloed prestasie negatief
         • Na omtrent 'n minuut sal die aërobiese stelsel oorneem
         • Mag die oksidatiewe naam gebruik
         • Die fietsryer sal in die aërobiese stelsel vir die duur van die resies bly
         • Tensy hulle skielik vinnig wegry of teen 'n steil bult moet ry
         • In hierdie geval sal die fietsryer weer in die melksuurstelsel inbeweeg
         • Sodra hulle die bopunt van die heuwel bereik of ophou jaag, sal hulle na
            die aërobiese stelsel terugkeer

8.2      8.2.1         Hoogte-oefening is die praktyk van sommige uithou-atlete om vir 'n
                       paar weke by hoë hoogtes te oefen, verkieslik 2 400 meter (8 000
                       vt.) bo seespieël. Liggaam pas aan
                       OF
                       Hoogte-oefening ontwikkel die vermoë van 'n atleet om suurstof
                       beter te gebruik, wat die atleet doeltreffender in seespieël-
                       kompetisies maak.

                       Oefen in omgewing met minder suurstof (1 punt)

         8.2.2         Die liggaam verhoog sy produksie van eritrosiete/rooibloedselle.
                       Vinniger asemhaling
                       Kapillêre groei
                       Basale metaboliese spoed (BMS) neem toe
                       Verhoogde hartvolume
                       Verlaagde spierweefseloppervlak

IEB Copyright © 2019                                                                BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE          Bladsy 16 van 21

8.3      8.3.1

         8.3.2 Ken 1 punt toe vir enige een van onderstaande feite
               Uitputting sal vertraag word
               Verhoogde koers van glikogeenvermindering vroeg in die resies
               Gewigstoename
               Meer glukogeen word gestoor
               Opblaas/ waterretensie
               Moenie "voel minder moeg" aanvaar nie

8.4      Ken 3 punte toe vir Sarah se reaksies
         Ken 3 punte toe vir Jill se reaksies

         Sarah:
         Aanvaar enige drie van die volgende feite:
         • Sarah se liggaam toon langtermyn- fisiologiese aanpassings vir oefening
            en Jill s'n nie.
         • Sarah se hartgrootte het toegeneem, wat dit in staat stel om meer bloed
            teen 'n stadiger tempo uit te pomp.
         • Sarah se harttempo kan gedurende oefening daal.
         • Rooibloedseltelling het verhoog, dus lewer die bloed vinniger suurstof
            aan die selle.
         • VO2 maks. verhoog mettertyd effens – meer lug en dus meer suurstof
            gaan in longe in en uit.
         • Met doeltreffende aërobiese stelsel, word koolhidraatvoorraad stadiger
            opgebruik.
         • Melksuurproduksie word vertraag. Drempel word teruggestoot.
         • Omdat sy ervare is, sal Sarah weet wat die korrekte kos is om te eet
            voordat sy ry en sy het dalk haar koolhidraatinname verhoog.
         • Sarah sal korrekte hidrasie voor en gedurende die rit gebruik, wat
            uitputting uitstel.
         • Geestelik sal Sarah op haar gemak wees en nie senuweeagtig nie, wat
            spierspanning verhoed.
         Aanvaar toepaslike antwoorde

IEB Copyright © 2019                                                      BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE            Bladsy 17 van 21

         Jill:
         Aanvaar enige drie van die volgende feite:
         • Jill se liggaam toon geen langtermyn- fisiologiese aanpassings vir
             oefening nie.
         • Jill se hartgrootte is "normaal", is dus kleiner as Sarah s'n. Nie genoeg
             bloed word uitgepomp nie, wat Jill dwing op te stop wanneer nie genoeg
             suurstof haar longe bereik nie.
         • Kardiovaskulêre stelsel is nie gewoond aan die hoë aërobiese aard van
             die sport nie, wat haar dwing om stadig te ry en te rus.
         • Koolhidraatvoorraad word vinnig opgebruik.
         • Melksuurproduksie vind vinnig plaas wat Jill dwing om te rus.
         • Het waarskynlik nie die regte kos geëet nie voordat gaan ry het nie, wat
             uitputting veroorsaak.
         • Verkeerde of onvoldoende hidrasie voor en gedurende die rit wat
             uitputting tot gevolg het.
         • Vrees vir die onbekende sal Jill senuweeagtig maak en die
             spierspanning vooroorsaak.
         • Jill kry krampe in haar spiere.
         • Haar bloeddruk verhoog.
         • Sy sal moeg word.
         Aanvaar toepaslike antwoorde.

8.5      Ken 2 punte toe per afgebakende plek.
         Een punt vir geestelike toestand
         Een punt vir fisiese toestand

         X1
         Geestelike toestand:
         Min opwekking
         Nie geestelik voorbereid nie
         Toenemende aandag

         Fisiese toestand:
         Ontspanne/nie energiek nie/vaak
         Swak prestasie

         X2
         Geestelike toestand:
         Opwekking is optimaal
         Emosioneel opgepomp
         Gefokus
         Vol selfvertroue

         Fisiese toestand:
         Prestasie die beste/ideaal
         Harttempo verhoog
         Bloeddruk is op
         Biochemiese aanwysers soos adrenalien en epinefrien word vrygestel

IEB Copyright © 2019                                                       BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE    Bladsy 18 van 21

         X3
         Geestelike toestand:
         Opwekking: ooropgewek
         Angstig / gespanne
         Verloor selfbeheersing/ knak
         Raak benoud/ gefrustreerd
         Woede

         Fisiese toestand:
         Negatiewe uitwerking op prestasie
         Vinnige harttempo/hartversnelling
         Aggressie

IEB Copyright © 2019                                                BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE              Bladsy 19 van 21

VRAAG 9

Verskaf effektiewe strategieë wat afrigters kan gebruik om seker te maak spelers bly op
top- fisiologiese en sielkundige vlakke vir die hele seisoen. Motiveer jou strategieë.

Verwysing na die volgende moet by die kandidate se antwoorde ingesluit wees:

Al die sportsoorte waarna in die bronne verwys word (rugby, krieket, tennis) het spelers wat te
veel kompeteer. Te veel wedstryde in 'n seisoen.

Beide die duur en oefensessies en hul intensiteit is onderliggende faktore vir uitputting. Die
verhouding tussen oefening en 'n mededingende skedule is belangrik.

Nadat al die werk gedoen is, het atlete 'n goeie strategie nodig om van die stres van die
werklading te herstel – om te sorg vir aanpassing en dan terug te kom, gereed vir die volgende
spel of wedstryd. Herstel is net so belangrik as die oefening. Aanpassing by oefening vind
gedurende herstel plaas. Herstel is die proses waardeur die atleet gaan ten einde tot
'n toestand van prestasie-gereedheid te keer.
Herstel behels:
• om voedingstowwe en energievoorraad te herstel
• om spierpyn te verminder
• om na normale fisiologiese funksie terug te keer
• om sielkundige simptome soos geïrriteerdheid en die onvermoë om te konsentreer uit die
     weeg te ruim

Fisiologiese probleme wat sal voorkom as gevolg van te veel wedstryde:
•   Uitputting
    Uitputting en die vermoë van die liggaam om die uitwerking te oorkom, hou nou verband
    met:
    – dieet en voeding;
    – gehalte van slaap;
    – geskeduleerde hersteltydperke;
    – eksterne faktore soos werksdruk, studie en besering.

•   Te veel oefening
    Spier- en gewrigspyn – Te veel oefening en te veel kompetisies sal veroorsaak dat spiere
    skeur en inflammasie kry. Dit sal krag verminder en dan ook die atleet se prestasievlak.
•   Beserings. Onder inhoudrelevansie – om tot by vlak 4 uit te kom, moet kandidate spesifiek
    na beserings verwys, byvoorbeeld krieket- en tennisspelers ly dikwels aan skouerbeserings
    weens te veel gebruik, terwyl rugbyspelers dikwels skenkelsenings en kwadriseps/
    vierkopspiere, ens. beseer.

•   Vertraagde aanvang van spierseerheid (DOMs). Wanneer DOMs ontwikkel, begin dit met
    strukturele skade aan die spiervesels (mikrotrauma) en die omliggende vesels.
    Mikroskopiese skade aan die spier is normaal en te verwagte gedurende 'n oefening.
    Hierdie skade veroorsaak inflammasie, aangesien vloeistof en elektroliete in die area
    inbeweeg. Spierspasma kan ook voorkom en dit veroorsaak meer pyn en verleng die
    toestand. DOMs veroorsaak 'n vermindering in die kraggenererende vermoë van die
    geaffekteerde spiere. Die geaffekteerde spiere kan nie soveel krag uitoefen nie wanneer die
    atleet gevra word om maksimale krag uit te oefen in 'n 1-herhaling maksimumkrag-toets.

IEB Copyright © 2019                                                          BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE                  Bladsy 20 van 21

•   Sentrale spierswakheid is 'n algehele uitputting van die hele liggaam, terwyl periferale
    swakheid 'n uitputting van individuele spiere is.
•   Lae immuunstelsel – Intense oefening verhoog eintlik vlakke van die liggaam se
    streshormoon, wat die immuunstelsel onderdruk. Die atleet kan meer vatbaar vir gewone
    verkoues wees.

Sielkundige probleme wat sal voorkom as gevolg van te veel wedstryde:
Angs voor of gedurende kompetisies kan jou prestasie negatief beïnvloed. Die gekoördineerde
beweging wat gedurende atletiekbyeenkomste nodig is, word moeiliker wanneer jou liggaam
gespanne is.
Wanneer die liggaam onder fisiese of geestelike spanning geplaas word, produseer dit
opwekkingsvlakke wat die inligtingsverwerking en dan prestasie beïnvloed. Indien die aktiwiteit
vereis dat besluite vinnig en akkuraat geneem word, sal die uitwerking sigbaarder wees.

•   Die atleet sal depressie en 'n gebrek aan motivering ervaar wanneer aan uitputting gely
    word
•   Lae selfagting en verlies aan vertroue
•   Kwaad en aggressief

Moontlike strategieë
• Verseker rusdae
• Periodisering. Deur te beplan en die hele jaar uiteen te sit, sal 'n afrigter kan sien dat daar te
  veel kompetisies naby aan mekaar is of dat oefening te intens en naby 'n kompetisie is. Dan
  kan die jaar oor beplan word.
• Op elitevlak, kies kompetisies/toernooi wat die speler(s) in staat stel om 'n blaaskans
  tussenin te hê.
  Skoolprogramme is effens moeiliker om te beheer, maar individuele skole het die "reg" om
  te besluit om nie al die wedstryde op die program te speel nie. Indien 'n skool nie obsessief
  is met wen is nie, sal dit waarskynliker gebeur. By die jaarlikse programvergadering kan
  hoofde van sport die onderwerp bespreek.
• Verskaf rus in 'n oefensessie.
• Toename in oefening moet gepaard gaan met toenames in rus.
• Atlete moet dit vermy om te vroeg in een sport te spesialiseer. Kinder-"supersterre" word
  dikwels beseer of brand uit voor universiteit. Kinders moet aangemoedig word om aan 'n
  verskeidenheid sportsoorte deel te neem.
• Om vertraagde aanvang van spierseerheid te hanteer – Die spier sal self gedurende rus
  herstel en dit sal weer spiergrootte en -krag laat toeneem.
• Die herstelproses behels die verwydering van byprodukte wat gedurende oefening
  geproduseer word en die aanvulling van brandstowwe.
• Afrigters moet elke oefensessie beplan, wat werkintensiteit en hersteltussenposes betref.
  Dit word dikwels die werk-verposing-verhouding genoem.
• Maak seker alle atlete word gesif/ondervra. Dit identifiseer of 'n persoon geskik vir die
  aktiwiteit is en of hulle gevaar loop om hulleself te beseer. Dit bepaal 'n persoon se
  gesondheid, beseringsgeskiedenis, leefstyl en fiksheid voordat begin oefen word.
• Maak seker atlete eet en drink korrek. Atlete moet behoorlike hoeveelhede vloeistowwe
  drink om verlore sweet te vervang en herstel te verbeter.
• Beseringstoesig sal help om prestasie hoog te hou. Die afrigter moet moontlike oorsake van
  besering identifiseer en strategieë bedink om dit te hanteer. Dit is belangrik dat wanneer 'n
  besering voorkom dat noodsaaklike inligting soos "wanneer", "waar", "hoe" en "wat het
  gebeur" akkuraat aangeteken word. Dit sal dit moontlik maak om patrone van voorkoms van
  beserings te identifiseer en ook moontlike risikofaktore, wat inligting kan verskaf sodat
  veranderings aangebring kan word om beserings in die toekoms te verminder.

IEB Copyright © 2019                                                              BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE                                  Bladsy 21 van 21

•   Beseringsbestuur. Dit is 'n proses waar 'n besering geïdentifiseer, behandel en dan
    gerehabiliteer word sodat dit nie weer gebeur nie.
•   Om 'n korrekte balans tussen volume en intensiteit te verseker sal prestasie verhoog.
•   Alle goed ontwerpte programme gebruik die beginsel van progressiewe oorlading.
•   Die afrigter kom voor die uitdaging te staan om die optimale oefenstimulus vir elke atleet te
    bepaal, en besef wat vir een atleet werk, werk dalk nie vir 'n ander een nie.
•   Vroeë identifikasie en monitering van vatbare atlete.
•   Verminder bekende effekte soos skielike toename in oefenladings, ontoereikende
    dieetinname en te dikwels kompetisies.
•   Individualiseer oefening.
•   Periodiseer oefening.
•   Programmeer hersteloefening en rusdae by die oefensiklus in.
•   'n Oefenlogboek is die beste metode om vordering te monitor. Buiten om op hoogte van
    afstand en intensiteit te bly, kan die atleet die rustende oggendharttempo, gewig, algemene
    gesondheid, hoe die oefensessie gevoel het, vlakke van spierseerheid en moegheid
    opteken.
•   Leer die atlete maniere om angstigheid te hanteer, bv. visualisering, doelwitbepaling.

OPSTELRUBRIEK

                                                                                                        Moontlike
                       0 punt      1 punt            2 punte             3 punte         4 punte
                                                                                                        punt (20)
Gebruik van      Geen           Verwysings      Bronbesonderhede
bronne           verwysing      slegs na        baie naby aan volle
                 na bronne      sommige         potensiaal gebruik
                                                                                                           2
                 nie.           bronne          om strategie en
                                gemaak.         redenasie te
                                                ondersteun.
Inhoud se        Min of geen    Belangrike      Sommige                Effens          Voldoende
relevansie       relevansie     inligting       noodsaaklike           gebrekkig       feite verskaf.
X2               van inhoud     ontbreek EN     inligting ontbreek     rakende         Alle inligting
                 nie.           Feite nie       OF                     sommige
                                                                                       is relevant en
                                nou met         Baie irrelevante       feite
                                onderwerp       feite OF               weggelaat       akkuraat.           8
                                verbind nie     Foute wat die          OF Feite
                                EN 'n Paar      gehalte van die        meesal
                                ernstige        opstel beïnvloed.      relevant vir
                                feitefoute.                            onderwerp
                                                                       OF Min
                                                                       foute.
Doeltreffende    Geen           Ondoeltreffe    Een doeltreffende      'n Hele paar    Etlike
strategieë       strategieë     nde en          strategie verskaf.     strategieë      doeltreffende
X2               verskaf nie.   onrealistiese                          verskaf – die   strategieë
                                                                                                           8
                                strategie/                             meeste is       verskaf.
                                strategieë                             doeltreffend.
                                verskaf.
Gehalte van      Vraag nie      Redenering      Redenering is baie
bespreking       beantwoord     korrek, maar    duidelik en saaklik.
                 nie. Nie       moeilik om      Vloei is logies.
                 gesnap         te volg.        Oortuigend met                                             2
                 waaroor dit    'n Mate van     gereelde skakeling.
                 gaan nie.      skakeling
                                sigbaar.

                                                                                             Totaal: 200 punte

IEB Copyright © 2019

## Related documents

- [Sport and Exercise Afr](https://www.hlayiso.com/library/sport-and-exercise-afr/9c0af832-e7f4-4f9a-872e-59e46e98fafe) — Sport and Exercise Science · QP · 2018 · Afr
- [Sport & Exercise Afr](https://www.hlayiso.com/library/sport-exercise-afr/cbb9d6c7-c81d-495f-88ea-c2aa79764dbb) — Sport and Exercise Science · QP · 2017 · Afr
- [Sport and Exercise Science 2019](https://www.hlayiso.com/library/sport-and-exercise-science-2019/55510e69-c84d-4c33-a381-dc513529093f) — Sport and Exercise Science · QP · 2019
- [Sport and Exercise](https://www.hlayiso.com/library/sport-and-exercise/cff89796-8e43-4dbc-9ef7-303c47b65293) — Sport and Exercise Science · QP · 2018
- [Sport & Exercise 2017](https://www.hlayiso.com/library/sport-exercise-2017/1b5f7a65-a02f-4bc0-afeb-d24df2dbd639) — Sport and Exercise Science · QP · 2017

## Collection

- [Grade 12 IEB past papers](https://www.hlayiso.com/ieb/grade-12/sport-and-exercise-science)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
