# Sport and Exercise Science Grade 12 IEB 2017 QP (Afr)

> IEB Grade 12 Sport and Exercise Science question paper from the 2017 (Afrikaans), 29 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/sport-exercise-afr/cbb9d6c7-c81d-495f-88ea-c2aa79764dbb
- Updated: 2026-10-10
- Subject: Sport and Exercise Science
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Publisher: IEB
- Curriculum: IEB
- Pages: 29

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Sport and Exercise Science](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/sport-and-exercise-science) › [Sport and Exercise Science Grade 12 IEB 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/sport-exercise-afr/cbb9d6c7-c81d-495f-88ea-c2aa79764dbb)

## About this document

Sport And Exercise Science · Grade 12 · 2017 · Afrikaans. Question paper, 29 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                                      NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
                                                                             NOVEMBER 2017

                                          SPORT EN OEFENKUNDE

EKSAMENNOMMER

Tyd: 3 uur                                                                                          300 punte

LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

1.       Hierdie vraestel bestaan uit 29 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel
         volledig is.

2.       Lees die vrae noukeurig deur.

3.       Gebruik die totale punte wat vir elke vraag toegeken word as 'n aanduiding van die
         detail wat vereis word.

4.       Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.

                                                SLEGS VIR NASIENERS

Vraag          1       2     3   4    5    6      7   8    9    10   11   12   13   14   15    16    17   Totaal

Punte         16       10    5   25   4    12    55   11   23   12   10   8    19   28   16    26    20    300

Behaal

IEB Copyright © 2017                                                                          BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                               Bladsy 2 van 29

AFDELING A

VRAAG 1

Pas die term in Kolom A by 'n beskrywing in Kolom B. Skryf slegs die letter van jou
gekose beskrywing in die onderstaande tabel.

                       KOLOM A                                  KOLOM B
                                                    Akkumulasie van meer as 20% van
1.1      Vaatvernouing                          A
                                                    liggaamsvet bo die norm.
                                                    Veroorsaak deur skeur van spier langs
1.2      Tenniselmboog                          B
                                                    die skeenbeen af.
                                                    Word veroorsaak deur voorarmspiere te
1.3      Vetsug                                 C
                                                    veel te gebruik.
1.4      Somatiese tegnieke om                      Die bloedvate vernou en dit verminder
                                                D
         aggressie te beheer                        bloedvloei.
1.5      Skeensplinte                           E   Stadige koolhidraatvrystelling.
                                                    Die vergroting in die interne deursnee
1.6      Lae GI-voedsel                         F
                                                    van bloedvate.
1.7      Vertraagde aanvang van
                                                G   Spiere voel seer twee dae na oefening.
         spierpyn
1.8      Vaatverwyding                          H   Behels fisiologiese strategieë.

ANTWOORDE:
                             1.1

                             1.2

                             1.3

                             1.4

                             1.5

                             1.6

                             1.7

                             1.8
                                                                                          [16]

IEB Copyright © 2017

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                                      Bladsy 3 van 29

VRAAG 2

Dui duidelik met 'n "X" aan waar die swaartepunt in die volgende prente voorkom.

Maak seker die "X" is duidelik sigbaar vir die nasiener.

       Prent A                             Prent B                             Prent C

                                                                           [<http://www.wikihow.com/
                                                                         Come-up-from-a-Back-Bend>]

[<https://clipartfest.com/   [<https://womensvoicesforchange.org/htm>]
b21f1bc30d8ac.html>]

                Prent D                                       Prent E

[<http://www.wpclipart.com/martial_arts/                  [<https://yogaspy.com/>]
karate/karate_kick.png.html>]
                                                                                                  [10]

IEB Copyright © 2017                                                                 BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                               Bladsy 4 van 29

VRAAG 3

Voltooi die volgende tabel van verskillende sportaktiwiteite deur te kies watter een
van die drie energiestelsels meestal gebruik word om energie vir daardie aktiwiteit
te verskaf. Merk die toepaslike blokkie.

                                                    ENERGIESTELSELS
                             ATP/PC-stelsel           Melksuurstelsel     Aërobiese stelsel
 Tennisafslaan
 Gholfswaai
 5 000 m-wedloop
 Hoogspring
 800 m-wedloop
                                                                                           [5]

VRAAG 4

Deur 'n persoon se hele lewe sal die tipe sportaktiwiteit asook die werklike tyd wat
spandeer word om aan die aktiwiteit deel te neem, verander. Voltooi onderstaande
tabel deur die verandering in fisiese deelname aan te dui.

                           Verskaf TWEE                               Verskaf EEN rede vir
                                                 Geraamde tyd van
                        voorbeelde van sport-                        die hoeveelheid tyd wat
    Lewensfase                                     deelname per
                         aktiwiteite waaraan                         aan deelname spandeer
                                                       week
                          deelgeneem word                                     word

 Laerskool
 8 tot 12 jaar oud
                                           (2)                 (1)                        (2)

 Hoërskool
 13 tot 18 jaar
 oud
                                           (2)                 (1)                        (2)
 Universiteits- en
 tersiêre onderrig
 19 tot 24 jaar
 oud
                                           (2)                 (1)                        (2)

 Loopbaan en
 huwelik
                                           (2)                 (1)                        (2)

 Bejaardheid

                                           (2)                 (1)                        (2)
                                                                                          [25]
IEB Copyright © 2017

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                           Bladsy 5 van 29

VRAAG 5

Ondersoek die bewegings wat hieronder genoem word en identifiseer dan die
rotasie-as van elke beweging.

5.1      Beenbeweging wanneer gehardloop word

5.2      Om 'n krieketbal te boul

5.3      Paalspring

5.4      Armbeweging wanneer vryslag swem
                                                                                       [4]

VRAAG 6

Voltooi die tabel hieronder om 'n tipe beskermende drag te identifiseer wat in elk
van die sportsoorte gedra word en die rede vir die gebruik.

                                                                Rede waarom die
          Sport             Tipe beskermende drag
                                                          beskermende drag gedra word

 Krieketkolwer

                                                    (1)                                 (2)

 Hokkiespeler

                                                    (1)                                 (2)

 Waterpolospeler

                                                    (1)                                 (2)

 Formule 1-
 motorrenjaer

                                                    (1)                                (2)
                                                                                      [12]

                                                                              72 punte

IEB Copyright © 2017                                                     BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                                      Bladsy 6 van 29

AFDELING B

VRAAG 7

Lees die inligting in onderstaande bron en beantwoord dan die vrae wat volg.

 In die vroeë 1920's wou professor A. Hill die verhouding tussen die spoed wat 'n
 hardloper kon handhaaf en die hoeveelheid suurstof wat die hardloper gebruik, vasstel.
 Sy beste tyd van 4:45 vir die myl (1,6 km) was uitstekend en hy het 'n VO 2 maks van 57
 ml/kg/min. gehad. Hy het 'n bal-en-klep-toestel aan sy rug vasgegespe sodat wanneer
 hy hardloop die gasse wat hy uitasem, vasgevang en ontleed kon word.

 Hill kon later die hoeveelheid suurstof wat hy gebruik, beraam – soos wat sy spoed
 verhoog het, het hy meer suurstof gebruik. Maar sy suurstofgebruik het uiteindelik 'n
 plato bereik waar sy suurstofgebruik dieselfde gebly het, ongeag hoeveel vinniger hy
 gehardloop het. Toe hy sy plato bereik het, kon hy eenvoudig nie die pas vir baie lank
 volhou nie.

 Hill het die volgende verduideliking verskaf:
 Elke hardloper het 'n sekere kritieke spoed. Wanneer hardlopers stadiger as daardie
 spoed hardloop, kry hulle genoeg suurstof om hul pogings aan die gang te hou. Maar
 wanneer hulle vinniger moet hardloop, kan die liggaam nie genoeg suurstof verwerk nie
 en melksuur bou op, wat uitputting veroorsaak. Hill was die eerste wetenskaplike om te
 besef dat ons "suurstofskuld" opbou, soos hy dit genoem het, wanneer ons oefen.

 Meer onlangse studies het getoon dat by 'n laer uithouspoed gebruik ons hoofsaaklik
 die aërobiese stelsel. By vinniger hardloopsnelhede gebruik ons al hoe meer van die
 anaërobiese stelsel, terwyl die aërobiese stelsel steeds gebruik word. Wanneer op
 intenser vlakke geoefen word, genereer ons meer laktaat. Die beste atlete is diegene
 wat daardie laktaat doeltreffender kan gebruik – iets wat met oefening verbeter kan
 word. Die kuns is om dit vinnig te kan suiwer en verwerk.

 Die vermoë om laktaat te vervaardig en ook weer te gebruik, is deel van wat help om
 uitmuntende atlete van goeie atlete te skei. In 'n studie wat geoefende en ongeoefende
 fietsryers vergelyk het, is bevind dat die geoefende ryers ongeveer 60% meer laktaat
 kon produseer en gebruik. Dit beteken dat hulle teen 'n baie hoër persentasie van hul
 maksimum inspanning vir langer kon presteer, en meer krag genereer en vinniger as die
 ander ryers kon ry, totdat hulle die sogenaamde "laktaatdrempel" bereik het.

 Die Suid-Afrikaanse wetenskaplike, Tim Noakes, het sienings oor wat ons prestasie
 beperk, uitgedaag. Noakes het die sogenaamde "teorie van sentrale senuweebeheer"
 voorgestel. Die argument is dat aktiwiteit deur die brein beheer word, wat net een doel
 voor oë het: om seker te maak dat niks in ons liggaam verder as die normale bestek
 gedruk word nie. Indien dit dus waar is, wat is uitputting? Vir Noakes is uitputting 'n
 emosie, 'n konstruk in die brein wat help verseker dat oefening gedoen word binne die
 liggaam se vermoë. Daardie emosie word deur baie faktore beïnvloed, soos motivering,
 woede, vrees, vertroue in jouself en wat die liggaam vir die brein sê.
                                  [Aangepas uit "Faster, higher, stronger" Mark McClusky 2015]

IEB Copyright © 2017

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                              Bladsy 7 van 29

7.1      Wat was professor Hill se VO2 maks.?

                                                                                          (1)

7.2      Verduidelik wat met die syfer in sy VO2 maks. bedoel word.

                                                                                          (4)

7.3      Verduidelik die doel van die toestel wat Hill gedra het terwyl hy gehardloop
         het.

                                                                                          (2)

7.4      Tot watter gevolgtrekkings het Hill gekom nadat hy die ontleding van die
         lug wat hy uitgeasem het, voltooi het?

                                                                                          (4)

7.5      Volgens die bron, watter stof het Hill se uitputting veroorsaak?

                                                                                          (1)

7.6      Noem VIER tekens of simptome van uitputting.

                                                                                          (8)
IEB Copyright © 2017                                                        BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                           Bladsy 8 van 29

7.7      In watter energiestelsel(s) is laktaat vervaardig?

                                                                                       (1)

7.8      Stel DRIE moontlike maniere voor wat 'n langafstandhardloper kan gebruik
         om die suurstoftekort te hanteer indien hulle dit ervaar het terwyl hulle
         gehardloop het.

                                                                                       (3)

7.9      Noem die oorheersende energiestelsel wat gedurende uithou-items
         gebruik word.

                                                                                       (1)

7.10     Noem die oorheersende energiestelsel wat gedurende spoeditems gebruik
         word.

                                                                                       (1)

7.11     Die uittreksel sê dat "die vermoë om laktaat te vervaardig en ook weer te
         gebruik, is deel van wat help om uitmuntende atlete van goeie atlete te
         skei". Beskryf TWEE ander faktore wat uitmuntende atlete van goeie atlete
         skei, en verduidelik hoekom hierdie faktore prestasie beïnvloed.

                                                                                       (6)

IEB Copyright © 2017

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                           Bladsy 9 van 29

7.12     Verduidelik "aanvangsbloedlaktaatophoping"/"laktaatdrempel".

                                                                                       (8)

7.13     Wat word volgens professor Noakes met die volgende terme bedoel?

            Teorie van Sentrale Senuweebeheer

                                                                                       (2)

            Uitputting

                                                                                       (3)

IEB Copyright © 2017                                                    BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                       Bladsy 10 van 29

7.14     Gebruik die data wat professor Hill van sy eie hardloop (paragraaf 2)
         ingesamel het en voltooi die grafiek hieronder.

         TITEL:                                                                     (2)

                               60

                               50

                               40

            in ml/kg/min       30

                               20

                               10

                                  0         2       4        6      8       10

                                                    Spoed in km/u

                                                                                    (8)
                                                                                   [55]

IEB Copyright © 2017

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                              Bladsy 11 van 29

VRAAG 8

8.1      Plaas die drie leierskapstyle – demokratiese; outoritêre en laissez faire – op
         die kontinuum wat verskaf is vanaf die styl wat aan die leier die minste
         mate van beheer oor 'n span gee tot die styl wat die meeste beheer gee.

  Klein mate                                                                     Groot mate
  van beheer                                                                     van beheer

                                                                                              (3)

8.2      Identifiseer VIER vaardighede wat belangrik vir 'n sportleier (afrigter of
         kaptein) is om te hê EN verduidelik hoekom elk van die vaardighede wat
         genoem word belangrik is.

                                                                                            (8)
                                                                                           [11]

IEB Copyright © 2017                                                          BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                                      Bladsy 12 van 29

VRAAG 9

Bestudeer onderstaande diagramme en gebruik dit om die vrae wat volg te
beantwoord.

                               Prent 1                                       Prent 2

                                  A

                   B                              C                              D

                       F                  G                                      E

                                              [Bron: <http://www.teachpe.com> Toegang 21/1/17]

9.1      Verskaf 'n geskikte titel vir prent 2.

                                                                                                   (2)

9.2      Gebruik die prente wat verskaf is en gee die letter wat elk van die volgende
         verteenwoordig:

         (a)      Die H-sone          ___________                                                  (2)

         (b)      Die A-band          ___________                                                  (2)

         (c)      Miosien             ___________                                                  (2)

         (d)      Aktien              ___________                                                  (2)

         (e)      Die twee Z-lyne     ________ en __________                                       (4)

         (f)      'n Sarkomeer        ___________                                                  (2)

IEB Copyright © 2017

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                             Bladsy 13 van 29

9.3      Beskryf die aksie wat plaasvind wanneer 'n spier saamtrek. Gebruik die
         korrekte terminologie en toepaslike letters wat in die diagram verskaf is om
         met jou beskrywing te help.

                                                                                          (7)
                                                                                         [23]

VRAAG 10

'n Graad 10-meisie wat sedert graad 8 spanvlugbal speel, het 'n reaksietydtoets
gedoen.
Sy moes afslane wat teen verskillende snelhede geslaan is, terugspeel.
Hieronder is die data wat gedurende die toets ingesamel is.

                            Getal suksesvolle terugspeel van
   Spoed van afslaan
                                        afslane
 20 km/uur                  9 uit 10
 50 km/uur                  6 uit 10
 80 km/uur                  3 uit 10

10.1     Van die data wat verskaf is, tot watter gevolgtrekking kan jy kom oor die
         meisie se reaksietyd?

                                                                                          (2)

10.2     Gebruik die data om die verhouding tussen prestasie en reaksietyd te
         verduidelik.

                                                                                          (2)

IEB Copyright © 2017                                                        BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                          Bladsy 14 van 29

10.3     Hoe beïnvloed verwagting prestasie?

                                                                                       (2)

10.4     (a)      Noem DRIE ander faktore wat die meisie se reaksietyd kan
                  beïnvloed.

                                                                                       (3)

         (b)      Beskryf HOEKOM elk van die drie faktore die meisie se reaksietyd
                  sal beïnvloed.

                  Faktor 1:

                  Faktor 2:

                  Faktor 3:

                                                                                       (3)
                                                                                      [12]

IEB Copyright © 2017

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                          Bladsy 15 van 29

VRAAG 11

Bestudeer onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg.

                                       Atleet A        Atleet B
                                       Artistieke      Waterpolo
                                       gimnas          -speler

                                       Komplekse      Eenvoudige
                                       taak           taak

              Prestasie

                                                     Opwekking

11.1     Watter taak – kompleks of eenvoudig – vereis 'n hoër vlak van opwekking?

                                                                                        (2)

11.2     Verskaf 'n ander sportvoorbeeld van 'n eenvoudige taak/vaardigheid.

                                                                                        (2)

11.3     Verduidelik hoekom die twee atlete wat in die grafiek uitgebeeld word,
         hulself verskillend van mekaar voor 'n kompetisie emosioneel kan oppomp.

                                                                                        (6)
                                                                                       [10]

IEB Copyright © 2017                                                      BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                                Bladsy 16 van 29

VRAAG 12

Die volgende tabel toon die persentasie van die Suid-Afrikaanse bevolking tussen
15 en 25 jaar oud wat in verskillende jare aan die daaglikse aanbevole fisiese
aktiwiteitriglyn voldoen het.

                   Manlike        Manlike
                                                       Vroulike
                 persone 15       persone                            Vroulike persone
    Jaar                                            persone 15 tot
                  tot 18 jaar   19 tot 25 jaar                       19 tot 25 jaar oud
                                                     18 jaar oud
                      oud            oud
 2005                74%            70%                 60%                50%
 2010                  77%          72%                 63%               50,5%
 2016                  75%          68%                 62%                45%

12.1     Wat is die daaglikse aanbevole tyd wat aan fisiese aktiwiteit toegewys
         moet word?

                                                                                             (2)

12.2     Identifiseer DRIE tendense wat in die data in bostaande tabel verskaf is EN
         verskaf moontlike verduidelikings vir elkeen.

                                                                                             (6)
                                                                                             [8]

IEB Copyright © 2017

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                                         Bladsy 17 van 29

VRAAG 13

Bestudeer die twee onderstaande grafieke en beantwoord die vrae wat volg.

                       Grafiek A                                           Grafiek B

[<http://www.racerxvt.com/article/recovery-training>] [<http://www.racerxvt.com/article_photos/graph_1.jpg>]

13.1      Watter grafiek dui 'n afname in prestasie aan?

                                                                                                        (2)

13.2     Verduidelik jou begrip van grafiek A.

                                                                                                        (8)

IEB Copyright © 2017                                                                     BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                               Bladsy 18 van 29

13.3     Verduidelik die rede vir die uiteindelike fiksheidsvlak wat in grafiek B aangedui
         word.

                                                                                              (4)

13.4     Verduidelik wat fisiologies in die liggaam plaasvind wanneer die atleet
         genoegsame rus kry.

                                                                                              (2)

13.5     Verskaf DRIE moontlike strategieë wat 'n afrigter by 'n oefenprogram kan
         insluit om 'n daling in fiksheidsvlakke te verhoed.

                                                                                              (3)
                                                                                             [19]

IEB Copyright © 2017

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                                          Bladsy 19 van 29

VRAAG 14

                       A              B               C                   D

                       E                  F               G                 H

                           [<http://www.feeltennis.net/learning-technique-adults-kids>]

14.1     Gebruik die prente wat hierbo voorsien is en verduidelik die beginsels van
         hefboomlengte wanneer 'n speler 'n voorarmhou slaan.

                                                                                                       (10)

IEB Copyright © 2017                                                                      BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                           Bladsy 20 van 29

14.2     Noem die ligging van die steunpunt, krag/inspanning en weerstand/dralas in
         Prent D hierbo, wat die terugswaai-aksie van die voorarmhou toon.

         (a)      Steunpunt –

                                                                                        (2)

         (b)      Krag/inspanning –

                                                                                        (2)

         (c)      Weerstand/dralas –

                                                                                        (2)

14.3     Verduidelik elk van Newton se wette EN hoe elkeen op die aksie om 'n bal
         te slaan wanneer in tennis afgeslaan word, van toepassing is.

         Newton se eerste wet:

                                                                                        (2)

         Toepassing van wet:

                                                                                        (2)

         Newton se tweede wet:

                                                                                        (2)

IEB Copyright © 2017

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                           Bladsy 21 van 29

         Toepassing van wet:

                                                                                        (2)

         Newton se derde wet:

                                                                                        (2)

         Toepassing van wet:

                                                                                        (2)
                                                                                       [28]

VRAAG 15

Rugbyspeler A het 'n massa van 78 kg.
Rugbyspeler B het 'n massa van 92 kg.

15.1     Indien hierdie twee rugbyspelers na mekaar toe hardloop, watter speler het
         groter momentum wanneer hulle mekaar neertrek.

                                                                                        (2)

IEB Copyright © 2017                                                      BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                         Bladsy 22 van 29

15.2     Beskryf die impak op elke speler ten tye van die duikslag.

                                                                                      (4)

15.3     Gebruik die volgende grafiek oor kragsommering en beskryf wat die atleet
         verkeerd doen wanneer probeer word om 'n bal met spoed te gooi.

                        SEKWENSIËLE KRAGSOMMERING

           Krag
                                                    Arm/
                                                    hand
                                    Romp

                                 Bobeen

                                        Tyd

                                                                                      (4)

IEB Copyright © 2017

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                                    Bladsy 23 van 29

15.4     Voltooi onderstaande grafiek om die ideale beweging aan te dui wat vereis
         word om 'n bal met spoed te gooi.

                                SEKWENSIËLE KRAGSOMMERING

            Krag

                                         Tyd                                                     (6)
                                                                                                [16]

VRAAG 16

Lees die inligting in onderstaande bron en beantwoord dan die vrae wat volg.

   Die beginsels onderliggend aan een van die wêreld se opwindendste sportsoorte –
                                    sneeuplankry

 Wanneer 'n sneeuplankryer op die kruin van 'n berg is, is hy in rus en beweeg nie. Sy
 plank se agterste ent is in die sneeu ingegrawe om beweging te verhoed. Met die regte
 helling van die berg en die posisie van die bord, sal die ryer begin om teen die berg af te
 versnel. Hoewel die sneeuplankryer versnel wanneer hy van die kruin van die berg
 wegbeweeg, ervaar hy/sy ook wrywing die heelpad met die berg af. Die ryer ervaar
 lugweerstand saam met die weerstand van sy plank teen die sneeu. Soos wat die ryer
 teen die berg afbeweeg, dek hy al hoe meer afstand in dieselfde tydraamwerke, en
 verhoog sy spoed uiteindelik. 'n Ryer tel spoed op wanneer teen die berg afbeweeg word
 deur die wrywing tussen sy plank en die sneeu te verminder deur so min as moontlik in te
 sny of swenk en miskien selfs laag te buk om ook die lugweerstand te verminder.

 'n Sneeuplankryer verhoog spoed deur minder in te sny. Insny is wanneer die ryer sy
 gewig verskuif wat veroorsaak dat een kant van die plank deur die sneeu sny. Insny stel
 die ryer in staat om teen baie hoë snelhede te draai en ook om vinnig te stop.

 Ten einde vir die ryer om te draai wanneer met 'n skuinste afgegaan word, moet daar 'n
 verskuiwing in gewig wees, en uiteindelik 'n verandering in die swaartepunt van die ryer.

IEB Copyright © 2017                                                               BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                       Bladsy 24 van 29

16.1     Wat veroorsaak die wrywing onder die sneeuplank?

                                                                                    (2)

16.2     Wat kan die sneeuplankryer aan die sneeuplank doen om wrywing te
         verminder?

                                                                                    (2)

16.3     Verduidelik hoekom om so min as moontlik in te sny die wrywing sal
         verminder.

                                                                                    (2)

16.4     Ten einde so stabiel as moontlik te bly wanneer met die berg afbeweeg
         word, sal die sneeuplankryer basiese stabiliteitsreëls volg.

         (a)      Noem DRIE liggaamsposisies wat die sneeuplankryer kan gebruik
                  om stabiliteit te handhaaf.

                                                                                    (6)

         (b)      Verduidelik hoe van die liggaamsposisies, wat in Vraag 16.4.1
                  genoem word, die sneeuplankryer se stabiliteit sal beïnvloed.

                                                                                    (6)

IEB Copyright © 2017

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                          Bladsy 25 van 29

16.5     Beskryf die tegniek wat die atleet sal gebruik ten einde effektief tussen
         slalompale op pad afwaarts te sigsag.

                                                                                        (4)

16.6     Vergelyk die metodes wat deur 'n ysskaatser en 'n sneeuplankryer gebruik
         word om tot 'n skielike stilstand te kom.

                                                                                        (4)
                                                                                       [26]

IEB Copyright © 2017                                                      BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE                                Bladsy 26 van 29

VRAAG 17

              BRON A                                     BRON B

  "Ek dink steeds jy gooi soos 'n meisie!"
[<http://chicksdigthefastball.blogspot.html>          [<www.est.com/explore/gender-discrimination>
Toegang 13/2/17]                                                                Toegang 13/2/17]

BRON C

                           2016 Statistieke van televisiedekking in Amerika
     Daar word te min oor vrouesport verslag gedoen en te min vrouesport in die TV-sportnuus
      op drie verskillende netwerke in Amerika aangebied.
     Mansport kry 94% van die lugtyd. Vrouesport – 6%.
     Van 137 onderhoude wat met elite-atlete gevoer is, was 133 manlike atlete. Vier
      onderhoude is met vroulike atlete gevoer.
     Die aantal stories oor manlike atlete wat videogrepe ingesluit het, was baie meer as die
      aantal stories oor vroue-atlete – 545 vergeleke met 45.
                                                                                 [<www.la84.org>]

Bestudeer die spotprente en die data wat hierbo verskaf is.

Skryf 'n opstel van 250 tot 300 woorde waarin jy redeneer dat daar
gendervooroordeel in sport is.

Om hierdie vraag te beantwoord, moet jy:
 'n indringende argument bied wat hierdie standpunt oortuigend ondersteun;
 die bronmateriaal sorgvuldig bestudeer en die inligting in die bronne gebruik
  om jou argument goed te ondersteun;
 jou eie toepaslike sportwetenskapkennis by jou argument integreer;
 voorbeelde uit die werklike lewe gebruik om jou argument te ondersteun.

IEB Copyright © 2017

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE     Bladsy 27 van 29

IEB Copyright © 2017                                 BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 28

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE    Bladsy 28 van 29

IEB Copyright © 2017

### Page 29

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE      Bladsy 29 van 29

                                                                  [20]

                                                          228 punte

                                                    Totaal: 300 punte
IEB Copyright © 2017

## Related documents

- [Sport MG 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/sport-mg-2017-afr/5d53ae91-94d7-47c3-9b37-19de9ffff56c) — Sport and Exercise Science · Memo · 2017 · Afr
- [Sport and Exercise Science Memo 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/sport-and-exercise-science-memo-2019-afr/303f9af7-7d9b-4406-84fb-579a7c849360) — Sport and Exercise Science · Memo · 2019 · Afr
- [Sport & Exercise Science Memo 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/sport-exercise-science-memo-2018-afr/da931fa8-2918-49c7-84c5-6f271d498d1c) — Sport and Exercise Science · Memo · 2018 · Afr
- [Sport MG 2017](https://www.hlayiso.com/library/sport-mg-2017/85fc25ac-6388-47ad-9b7b-fa88f02c453a) — Sport and Exercise Science · Memo · 2017
- [Sport & Exercise Science Memo 2018](https://www.hlayiso.com/library/sport-exercise-science-memo-2018/5770cb33-32ce-4188-a712-124833e5a3aa) — Sport and Exercise Science · Memo · 2018

## Collection

- [Grade 12 IEB past papers](https://www.hlayiso.com/ieb/grade-12/sport-and-exercise-science)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
