# Sport and Exercise Science Grade 12 IEB 2017 Memo (Afr)

> IEB Grade 12 Sport and Exercise Science memorandum from the 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/sport-mg-2017-afr/5d53ae91-94d7-47c3-9b37-19de9ffff56c
- Updated: 2026-10-10
- Subject: Sport and Exercise Science
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Publisher: IEB
- Curriculum: IEB
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Sport and Exercise Science](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/sport-and-exercise-science) › [Sport and Exercise Science Grade 12 IEB 2017 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/sport-mg-2017-afr/5d53ae91-94d7-47c3-9b37-19de9ffff56c)

## About this document

Sport And Exercise Science · Grade 12 · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
                                                           NOVEMBER 2017

                             SPORT EN OEFENKUNDE

                                NASIENRIGLYNE

Tyd: 3 uur                                                              300 punte

Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en
hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings-
vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk
en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte.

Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige
nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van
beklemtoning of detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand
liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings-
vergadering, daar verskillende vertolkings mag wees oor die toepassing van die
nasienriglyne.

IEB Copyright © 2017                                              BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE               Bladsy 2 van 16

AFDELING A

VRAAG 1

1.1              D
1.2              C
1.3              A
1.4              H
1.5              B
1.6              E
1.7              G
1.8              F

VRAAG 2

Ken twee punte per prent toe.

       Prent A                         Prent B                            Prent C

                                                                        X

                                   X
           X

(Kruis by naeltjie-          (Kruis by naeltjiehoogte
hoogte & sentraal)           en effens uitmiddelpuntig)

           Prent D                                        Prent E

            X

                                                               X

(Kruis by naeltjiehoogte &                              (Kruis nader aan kop as aan
uitmiddelpuntig)                                        naeltjie en sentraal)

IEB Copyright © 2017                                                          BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE                                 Bladsy 3 van 16

VRAAG 3

                                                    ENERGIESTELSELS
                                                                                      Aërobiese
                             ATP/PC-stelsel            Melksuurstelsel
                                                                                       stelsel
 Tennisafslaan                        X
 Gholfswaai                           X
 5 000 m-wedloop                                                                           X
 Hoogspring                           X
 800 m-wedloop                                                   X

VRAAG 4

Kolom 3 en 4 moet ooreenstem.
Hoërskool ure moet die meeste wees
                          Verskaf TWEE
                                                       Geraamde                    Verskaf EEN rede vir die
                          voorbeelde van
   Lewensfase                                       tyd per week van               hoeveelheid tyd wat aan
                       aktiwiteite waaraan
                                                        deelname                   deelname spandeer word
                        deelgeneem word
                       Touspring                Vier ure (of meer).             Ken twee punte vir een rede toe:
                       Gimnastiek                                               Hulle het nie so baie akademiese
                       Atletiek                                                 druk soos ouer kinders nie.
                       Swem                                                     Ouers laat hulle aan baie
 Laerskool             Aanvaar toepaslike                                       sportsoorte deelneem.
 8 tot 12 jaar oud     voorbeelde.                                              Skoolsport is verpligtend.
                       Of sportverwante                                         Hulle het baie energie.
                       vaardigheid                                              Aanvaar toepaslike voorbeelde.
                                                                                Om fiks te word.
                                                                                Koördinasie te ontwikkel.
                       Skoolsport soos          Drie ure (of naby aan           Ken twee punte vir een rede toe:
 Hoërskool             hokkie, netbal, rugby,   hierdie getal).                 Skoolsport kan verpligtend wees.
 13 tot 18 jaar        swem.                    3–6 ure                         Akademiese en kulturele
 oud                   Aanvaar toepaslike                                       aktiwiteite neem tyd in beslag.
                       voorbeelde.
                       Universiteitsport-       (Dit moet minder as             Ken twee punte vir een rede toe:
 Universiteits- en     soorte, soos rugby of    vorige twee wees).              Studies neem die meeste van die
 tersiêre onderrig     netbal.                  4–5 ure                         tyd in beslag. En ook
 19 tot 24 jaar        Gimnasium.                                               sosialisering. Geen ouers of
 oud                   Aanvaar toepaslike                                       onderwysers wat hulle dwing om
                       voorbeelde.                                              deel te neem nie.
                       Gimnasium.               Een uur.                        Ken twee punte vir een rede toe:
                       Sosiale klubsport.       1–3 ure                         Te besig om kinders groot te
                       Aanvaar toepaslike                                       maak.
 Loopbaan en
                       voorbeelde.                                              Ry kinders na sport aan.
 huwelik
                                                                                Kyk hoe kinders aan sport
                                                                                deelneem.
                                                                                Raak in loopbaan gevestig.
                       Rolbal.                  Twee of drie ure.               Ken twee punte vir een rede toe:
                       Fietsry.                 Dit kan enige kant toe          Afgetree, het dus meer tyd OF
                       Sosiale tennis.          gaan – minder ure omdat         Hulle is te oud om deel te neem.
                       Aanvaar toepaslike       oud en vol pyn is.
                       voorbeelde.              Meer ure omdat afgetree
 Bejaardheid           Gholf.                   en meer tyd het. Die
                       Swem.                    laaste twee kolomme
                       Pilates.                 moet korreleer.
                       Nie rugby of muurbal     Indien hulle 'gholf' kies sal
                       nie.                     hierdie tyd langer wees

IEB Copyright © 2017                                                                           BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE                        Bladsy 4 van 16

VRAAG 5

5.1      Heupe of knieë

5.2      Skouer

5.3      Basis van paalspring se paal of heupe

5.4      Skouer

VRAAG 6

           Sport                Tipe beskermende drag             Rede om beskermende drag te dra
                          Ken een punt toe vir enigeen van die   Ken twee punte vir korrekte rede toe,
                          volgende:                              bv. helm om te voorkom dat op die kop
                          • Helm                                 of in die gesig geslaan word.
 Krieketkolwer            • Liggaamskut                          Aanvaar toepaslike voorbeelde.
                          • Boks
                          • Handskoene

                          •   Skeenskutte                        Ken twee punte toe vir korrekte rede,
                          •   Mondskerm                          bv. mondskerm om gesigbesering te
                          •   Handskoene                         voorkom of dat tande uitgeslaan word
 Hokkiespeler
                          •   Gesigmasker by kort hoeke          indien 'n bal of stok dit tref.
                          •   Doelwagter – al hul skutte         Aanvaar toepaslike voorbeelde.

                          Mus met oorbeskermers.                 Ken twee punte toe vir korrekte rede.
                          Styfpassende kostuum.                  Om die ore te beskerm wanneer 'n
                          Moenie swembrille aanvaar nie.         opponent mens raakslaan.
 Waterpolospeler                                                 Kostuum – kan nie onder water gegryp
                                                                 of gekrap word nie.
                                                                 Aanvaar toepaslike voorbeelde.

                          •   Nekstut                            Ken twee punte vir korrekte rede toe,
                          •   Klere wat brandbestand is          bv. nekstut om kop regop te hou
 Formule 1-               •   Knieskutte                         wanneer om draai jaag – om G-kragte
 motorrenjaer             •   Helm                               te weerstaan.
                          •   Handskoene                         Aanvaar toepaslike voorbeelde.

IEB Copyright © 2017                                                                  BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE                Bladsy 5 van 16

AFDELING B

VRAAG 7

7.1      57 ml/kg/min.

7.2      Hy gebruik 57 ml suurstof per kg van sy liggaamsgewig per minuut.
         (VO2 maks, word gemeet ten opsigte van milliliter van O2 wat per kg van
         liggaamsgewig gebruik word.)

7.3      Dit is ontwerp om al die lug/gasse wat hy uitgeasem het, te versamel.

7.4      Ken een punt per item toe:
         • Elke hardloper het 'n sekere kritieke spoed gehad.
         • Wanneer hulle onder daardie spoed gehardloop het, kon hulle genoeg
           suurstof kry om hul pogings aan die gang te hou.
         • Maar wanneer hulle vinniger moes hardloop, was die liggaam nie in
           staat om genoeg suurstof te verwerk nie. Gebruik anaerobiese sisteem.
         • Melksuur bou op, wat uitputting veroorsaak.

7.5      Melksuur of laktaat.

7.6      Ken een punt toe vir enige vier van die volgende:
         • Prestasie neem af.
         • Topprestasie word net bereik na lang rus en herstel.
         • Atleet het langer hersteltyd nodig na oefening en kompetisie.
         • Prestasie word deur besering en pyn gedurende oefening en kompetisie
           beïnvloed.
         • Herhalende beserings.
         • Spieruitputting en -swakheid – krimpende spiermassa.
         • Verandering in hartklop.
         • Onbedoelde gewigsverlies.
         • Lae immuunstelsel.
         • Verlaagde anaërobiese en laktaatdrempels.
         • Spier- en gewrigspyn.
         • Stram skouers en nek wat tot 'n stram bolyf of kakebeen kan lei, stram-
           heid in die arms en hande en uiteindelik stramheid in die bene en enkels.
         • Lae selfagting en verlies aan selfvertroue.
         • Geïrriteerd, kwaad en aggressief. Irrasioneel.
         • Verlies aan belangstelling.
         • Gebrek aan konsentrasie.
         • Swak koördinasie.

7.7      Ken een punt toe vir enige van die volgende:
         Melksuurstelsel OF glikolitiese energiestelsel OF anaërobiese energiestelsel.

7.8      Ken een punt toe vir enige drie van die volgende:
         • Beweeg stadiger of vind kritieke pas.
         • Loop
         • Stop
         • Haal diep asem/beheer asemhaling.
         • Wissel tussen vinnige en stadige stap.
IEB Copyright © 2017                                                          BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE              Bladsy 6 van 16

7.9      Ken een punt toe vir een van die volgende:
         Aërobiese stelsel of oksiderende stelsel.

7.10     Ken een punt toe vir enige van die volgende:
         • ATP-PC-stelsel
         • ATP-CP-stelsel
         • Alaktiese stelsel
         • ATP-PCr-stelsel
         • Melksuurstelsel

7.11     Ken drie punte per faktor toe – een punt vir noem van faktor, twee punte vir
         verduideliking van die invloed op prestasie. Leerlinge moet twee faktore
         noem.
         Leerlinge kan verskillende bewoording gebruik, solank die strekking/kern
         dieselfde is.
         Aanvaar enige twee van die volgende:
         Faktor: Om geestelik sterk te wees OF gebruik van sielkunde.
         Voorbeeld van verduideliking: Atlete wat in hulself glo of wat sielkunde
         gebruik, soos visualisering, kan hul van afleidings afsluit en op dit wat
         relevant is, fokus.
         Faktor: Beter oefening.
         Voorbeeld van verduideliking: Korrekte oefening, wat rus en periodisering
         insluit, sal verseker dat die atleet fisies by die optimum is.
         Faktor: Gebruik van sportwetenskaplike tegnologie.
         Voorbeeld van verduideliking: Om items soos hartklopmonitors of
         afkoelingsfrokkies te dra, sal verseker dat die atleet in toptoestand is.
         Faktor: Voeding, hidrasie ingesluit.
         Voorbeeld van verduideliking: Korrekte dieet verseker energiestelsels
         kan ATP vir prestasie verskaf.
         Faktor: Beter toerusting.
         Voorbeeld van verduideliking: Om ultramoderne toerusting te gebruik, sal
         gemak van prestasie verseker en resultate verbeter, bv. ligte, vaartbelynde
         kano's, ligte klere vir uithou-atlete.
         Faktor: Psigologiese faktore.
         Voorbeeld van verduideliking: Kardiovaskulêre en respiratoriese sisteme
         daartoe in staat om suurstof en nutriënte vinniger af te lewer en afval
         vinniger te verwyder.
         Faktor: Dissipline of motivering.
         Voorbeeld van verduideliking: Om gemotiveerd en gedissiplineerd te
         wees beteken dat die atleet bereid is om harder en langer te oefen.
         Aanvaar toepaslike voorbeelde.

7.12     Voorbeeld van antwoord: Wanneer jy die intensiteit van jou oefening
         verhoog, is daar 'n punt waar bloedlaktaat begin om op te hoop, bo die
         vlakke wat voorkom wanneer in rus is. Die verwydering van laktaat kan nie
         met die vervaardiging van laktaat byhou nie.

7.13     Teorie van Sentrale Senuweebeheer – alle aktiwiteit word deur die brein
         beheer om seker te maak dat niks in ons liggaam verder as die normale
         perke gestoot word nie.

         Uitputting – uitputting is 'n emosie, 'n idee in die gedagtes wat help
         verseker dat oefening binne die liggaam se vermoë gedoen word.
IEB Copyright © 2017                                                        BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE                       Bladsy 7 van 16

7.14     TITEL: Twee veranderlikes moet verskaf word.
         Byvoorbeeld: Suurstofbywerking gedurende oefening/hardloop.
         (Aanvaar toepaslike voorbeelde.)
         Spoed van VO2maks
         Antwoord moet 'verhouding' of 'vergelyking' of 'dit is 'n lyngrafiek' stel.

                                       60

                                       50
                                                                                    vir plato op 57
                                                                                    vir plato
        Suurstofverbruik                                                            vir lineêre lyn
                                       40
                                                                                    vir lineêre lyn wat
                                                                                    steil klim aandui
                                       30
               ml/kg/min
                                       20

                                       10

                                        0      2          4          6          8          10

                                                              Spoed km/u

VRAAG 8

8.1

  Klein mate                                                                            Groot mate

                       Laissez faire        Demokraties             Outoritêr

8.2      Ken een punt toe vir noem van vaardigheid.
         Ken een punt toe vir rede hoekom vaardigheid nodig is.

         Moontlike antwoorde:
         • Vaardigheid: Kommunikasievaardighede.
           Rede: Leier moet opdragte gee wat duidelik is en verstaan word.
         • Vaardigheid: Konflikoplossing.
           Rede: Moet verskillende persoonlikhede in die span hanteer.
         • Vaardigheid: Luistervaardighede.
           Rede: Moet luister en verstaan wat spelers sê.
         • Vaardigheid: Entoesiasme.
           Rede: Moet die span gemotiveerd hou.
         • Vaardighede: Sportkennis.
           Rede: Moet die reëls en tegnieke ken om dit te kan oordra.
           Aanvaar praktiese antwoorde.
           Vaardigheid: Motivering/Positiwiteit.
           Vaardigheid: Vooruitsig.
           Vaardigheid: Dissipline.

IEB Copyright © 2017                                                                 BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE              Bladsy 8 van 16

VRAAG 9

9.1      Ken twee punte vir toepaslike antwoord toe, bv.:
         • Saamgetrekte spier
         • Filament wat gly

9.2      (a)      D

         (b)      A

         (c)      G

         (d)      F

         (e)      B en C

         (f)      E

9.3      Wanneer 'n spier saamtrek gly die aktien- (F) en miosien- (G) filamente oor
         mekaar soos in Prent 2 gewys word.
         Die aktienfilamente is aan die Z-lyne (B & C) gekoppel, en wanneer 'n spier
         saamtrek, word die twee Z-lyne nader aan mekaar getrek en dit verkort die
         sarkomeer (E).
         As geen letters gebruik is nie kan kandidaat 'n maks van 5 punte kry.

VRAAG 10

10.1     Haar gemiddelde reaksietyd is swak of stadig.

10.2     Wanneer 'n lang tyd het om te reageer, d.i. wanneer die bal teen 'n laer
         spoed afgeslaan word (20 km/u), is die prestasie beter (terugspeel 9 uit 10)
         OF prestasie neem af wanneer die spoed van die bal toeneem OF wanneer
         die bal teen 'n vinniger spoed afgeslaan word, daal die prestasievlak.
         Moet na die data verwys.

10.3     Verwagting stel die atleet in staat om te voorspel waarheen die bal gaan OF
         dit stel die atleet in staat om voor te berei. Verhoog prestasie.
         Aanvaar verwysing na verwagtingsopkoms.

10.4     (a)      Ken een punt toe vir enige drie van die volgende:
                  • Vorige ervaring.
                  • Ken die opponent.
                  • Gehoor.
                  • Vaardigheidsvlak.
                  • Moegheid.
                  • Oog sporing.
                  • Hand-oog koördinasie.
                  • Konsentrasie.
                  • Stres.
                  • Fiksheidvlak.
                  • Sienskrag.
                  • Baie koue weer.
                    Aanvaar toepaslike voorbeelde.
IEB Copyright © 2017                                                        BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE              Bladsy 9 van 16

         (b)      Ken een punt toe vir enige drie van die volgende verduidelikings:
                  • Vorige ervaring – die atleet sal weet wat om te verwag, minder
                    vrees.
                  • Ken die opponent – in watter rigting hulle gewoonlik afslaan; hul
                    sterk en swak punte.
                  • Gehoor – grootte van skare – groot skare veroorsaak
                    angstigheid, kêrel wat kyk, veroorsaak ook angstigheid.
                    Aanvaar toepaslike voorbeelde.

VRAAG 11

11.1     Eenvoudig

11.2     Ken een punt toe indien 'n geskikte sport genoem is, bv. swem, naellope,
         sokker, netbal.
         Ken nog 'n punt toe indien meer spesifiek is, bv. sokker doelwagter.
         Aanvaar toepaslike voorbeelde.

11.3     Ken drie punte vir elke taak toe.
         Atleet A is by 'n komplekse taak betrokke wat konsentrasie verg – baie
         subroetines wat in die regte volgorde en op die regte tyd uitgevoer moet
         word OF hulle moet genoeg opgewek word om goed te presteer, maar nie
         te veel opgewek sodat hulle fokus verloor nie.
         Atleet B is by 'n eenvoudige taak betrokke wat 'n redelike hoë vlak van
         aggressie vereis. Hulle moet hulleself emosioneel tot 'n hoër vlak oppomp
         ten einde goed te presteer.

VRAAG 12

12.1     Een uur
         As kandidaat 45 minute tot 1 uur sê; ken net 1 punt toe.

12.2     Ken twee punte per tendens toe. Leerlinge moet drie tendense noem.
         Een punt vir identifisering van 'n tendens en een punt vir verduideliking.
         • Tendens: Meer mans as vrouens neem aan sport deel.
           Verduideliking: Vrouens moet dikwels vir hul gesin en huishouding
           sorg.
         • Tendens: Meer mans in die 15 tot 18 ouderdomskategorie neem deel
           as mans in die 19 tot 25 ouderdomsgroep.
           Verduideliking: Getalle neem af wanneer seuns die skool verlaat en na
           die werkplek of tersiêre onderwys beweeg.
         • Tendens: Meer vrouens in die 15 tot 18 ouderdomskategorie neem deel
           as vrouens in die 19 tot 25 ouderdomsgroep.
           Verduideliking: Getalle neem af sodra meisies skool verlaat en hulle na
           die werkplek of tersiêre onderwys beweeg.
         • Tendens: In 2010 het die getalle wat deelneem effens gestyg.
           Verduideliking: SA het die Sokkerwêreldbeker aangebied.

IEB Copyright © 2017                                                        BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE             Bladsy 10 van 16

         •   Tendens: Die afnamekoers vir vrouens is baie hoër as vir mans.
             Verduideliking: Vrouens word dikwels gedwing om versorgers te word
             en het dus nie tyd vir ontspanningsaktiwiteite nie.
             Aanvaar praktiese antwoorde.
         •   Tendens: Afnemende getalle.
             Verduideliking: Vetsug.

VRAAG 13

13.1     Grafiek A

13.2     Punte toegeken aan enige agt van die volgende items of soortgelyke items:
         • Mettertyd neem die atleet se prestasie af, al oefen hulle of word onder
           spanning geplaas.
         • Prestasie neem af al het oefening voortgegaan.
         • Oefening veroorsaak fisiese stres op die spier/liggaam.
         • Spiervesels skeur (mikroskopiese skeurtjies)/ineenstorting.
         • Hierdie stres veroorsaak dat prestasie afneem.
         • Na 'n kort ruskans, sal 'n atleet effens herstel, d.i. gedeeltelik herstel.
         • Indien daar geen rus is nie of indien die rustyd te kort is, sal hul
           prestasie aanhou afneem.
         • Indien die oefening te intens is/spiere te veel oorlaai word, sal prestasie
           afneem.
         • Atleet se prestasie sal toenemend slegter word.
         • Atleet se fiksheidsvlakke sal afneem.
         • Te veel oefening, wat oefening is met min of geen rus nie, het afname in
           prestasie tot gevolg.

         Voorbeeld van moontlike respons:
         Die atleet se prestasie het geleidelik afgeneem soos wat oefening
         gevorder/aangegaan het.
         Wanneer 'n atleet onder spanning geplaas word terwyl geoefen word, kry
         die spiervesels mikroskopiese skeurtjies en sal daar 'n afname in prestasie
         wees.
         Na 'n kort rustyd, sal hulle effens herstel.
         Indien die atleet egter nie lank genoeg rus nie of indien hul oefening te
         intens is (oorlading is te groot) dan sal hulle toenemend slegter en slegter
         vaar – prestasie sal afneem.

13.3     Die atleet het goed tussen oefensessies gerus.
         Die oefenoorlading is geleidelik en progressief gedoen.

13.4     Wanneer die atleet genoeg rus gehad het (24–36 uur), is die liggaam in
         staat gestel om self te herstel en by die verhoogde stres aan te pas om die
         verhoogde lading te hanteer.

IEB Copyright © 2017                                                         BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE              Bladsy 11 van 16

13.5     Leerlinge moet drie voorstelle gee. Ken een punt per voorstel toe.
         Moontlike antwoorde:
         • Maak seker dat oefening nie te lank is nie.
         • Maak seker dat oefening nie te intens is nie.
         • Maak seker dat oefening nie te dikwels plaasvind nie.
         • Gebruik periodisering.
         • Sluit hersteloefening en rusdae by die oefeningsiklus in.
            Aanvaar toepaslike antwoord.
            Monitor atleet.

VRAAG 14

14.1     Indien die leerling hefbome verduidelik sonder om na die prente te verwys,
         kan hulle net 'n maksimum van ses punte verdien.
         Punte toegeken tot enige 10 van die volgende of soortgelyke items:

         •   'n Hefboom verskaf krag.
         •   Hoe groter die afstand tussen die gewrig en die inspanning, hoe meer
             krag kan gegenereer word.
         •   Langer hefbome skep meer spoed en krag aan die einde van die
             hefboom, wat 'n voordeel is wanneer 'n bal geslaan word.
         •   'n Tennisraket in 'n speler se hand skep 'n langer hefboom.
         •   Lang hefbome skep meer krag op die tennisbal.
         •   Lang hefbome skep meer spoed/meer snelheid word op die tennisbal
             gegenereer.
         •   'n Tennisbal kan harder geslaan word wanneer die elmbooggewrig ten
             volle uitgestrek is eerder as gebuig soos in prent F.
         •   Die lengte van die hefboom sorg dat die kop van die raket op volle
             spoed beweeg.
         •   In prent F word die elmboog gestrek om die lengte van die hefboom te
             verhoog, dit maak dit vir die bal moontlik om die raketkop vinniger te
             verlaat.
         •   Die speler moet die hefboomarm verkort sodat wanneer die arm reguit
             gemaak word, die hefboom langer word en dit skep meer krag (prent C).
         •   Deur die elmboog te buig, word die hefboomarmlengte verkort en dit
             skep meer krag of die raket swaai vinniger.
         •   'n Speler sal die hefboomarmlengte verkort deur die elmboog te buig,
             wat sorg dat krag gegenereer word en die raket met meer spoed
             geswaai word (prent C).
         •   Wanneer die bal geslaan word, word die elmboog gestrek om die lengte
             van die hefboom te verleng en te sorg dat die raketkop op volle spoed
             beweeg (prent D).
         •   Nog 'n manier om die hefboomlengte te maksimeer, is deur die afstand
             van die punt van toepassing op die krag vanaf die steunpunt te vergroot,
             aangesien dit die krag kan vermeerder.
         •   'n Speler wil hê die impaksone moet verder van die steunpunt wees, bv.
             'n raket in haar hand vermeerder die hefboomlengte wat groter
             versnelling van die bal weg van die raketkop veroorsaak.
         •   Prente G & H – verkort hefboom in die opvolg – verhoog akkuraatheid
             van die slag.
IEB Copyright © 2017                                                          BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE                Bladsy 12 van 16

14.2     Ken twee punte per antwoord toe.

         (a)      Steunpunt – skouergewrig

         (b)      Krag – deltoïed. Borsspier; Lattisimus dorsi.
                  Indien kandidaat "trapesius" antwoord; gee net 1 punt.

         (c)      Weerstand – raketkop

14.3     Ken twee punte toe vir die definisie of verduideliking van elke wet.
         Ken twee punte toe vir toepassing van die wet op 'n tennisafslaan.

         Eerste wet – "'n liggaam sal in rus of konstante snelheid bly, tensy 'n
         eksterne krag daarop inwerk" OF "'n voorwerp sal in rus of konstante
         beweging in 'n reguitlyn bly, tensy 'n eksterne krag daarop inwerk".

         Toepassing van wet – indien die speler nie krag deur die hand toepas om
         die bal in die lug te gooi nie, sal dit in rus op die hand bly OF die spiere wat
         die raket swaai oorkom die traagheid van die raket. Aanvaar toepaslike
         voorbeelde.

         Tweede wet – "wanneer 'n krag op 'n voorwerp inwerk, is die
         veranderingskoers van momentum wat deur die voorwerp ervaar word
         proporsioneel tot die grootte van die krag en vind in die rigting plaas
         waarheen die krag inwerk".

         Toepassing van wet – wanneer die raket kontak met die bal maak, laat dit
         die bal versnel in die rigting waarheen dit geslaan is OF die hoeveelheid
         versnelling hang af van die hoeveelheid krag wat daarop uitgeoefen word
         OF die bal sal aanhou om vorentoe te beweeg totdat 'n eksterne krag
         daarop inwerk, óf swaartekrag óf die kontak met die opponent se raket.
         Aanvaar toepaslike voorbeelde.

         Derde wet – "vir elke aksie is daar 'n gelyke en teenoorgestelde reaksie".

         Toepassing van wet – die raket wat die bal slaan, is die aksie; die reaksie is
         die bal wat teen die raket druk en die snare buig. Aanvaar toepaslike
         voorbeelde.

VRAAG 15

15.1     Speler B

15.2     Speler A is ligter OF het minder traagheid of minder momentum.
         Speler A is makliker om te duik.

         Speler B is swaarder/het meer massa OF het meer momentum.
         Speler B sal maklik die ligter speler A neertrek OF die ligter speler sal
         sukkel om die swaarder speler neer te trek.

15.3     Die atleet dra nie krag tussen liggaamsegmente reg oor nie.
         Die rompbeweging vind te gou na die bobeenbeweging plaas.
         Die armbeweging vind te laat plaas of is vertraag na die rompbeweging.

IEB Copyright © 2017                                                            BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE             Bladsy 13 van 16

15.4

                                             Arm/
                                             hand
               Krag
                                     Romp

                                Bobeen

                                          Tyd

         Ken een punt toe vir elke segment wat perfek geplaas is (die lyn moet aan
         die middel van die halfsirkel onder dit raak). (2 punte)
         Ken een punt toe vir elke segment wat in die korrekte volgorde is. (3 punte)
         Ken 1 punt toe vir al die semi-sirkels wat dieselfde grote is.

VRAAG 16

16.1     Ken 2 punte toe vir enige van die volgende antwoorde:
         Sneeu
         Ys

16.2     Ken twee punte vir elkeen van onderstaande antwoorde toe:
         • Smeer was aan die onderkant aan.
         • Poleer die onderkant van die plank.
         • Maak seker die plank is heeltemal glad, geen growwe rande nie.

16.3     Deur nie in te sny nie, grawe die atleet nie die plank in die sneeu in nie en
         vooroorsaak 'n groter oppervlak om deur die sneeu te sny.

16.4     (a)      Ken twee punte per antwoord toe.
                  Aanvaar enige drie van die volgende:
                  • Staan met voete ver uitmekaar OF wye steunbasis.
                  • Buig die knieë OF laat sak die liggaam.
                  • Leun in die rigting van die beweging.
                  • Hou swaartekraglyn binne die ondersteuningsbasis.
                  • Sprei arms uit.

IEB Copyright © 2017                                                         BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE               Bladsy 14 van 16

         (b)      Aanvaar enige drie van die volgende:
                  • Staan met die voete ver uitmekaar OF wye steunbasis – om met
                    die voet uitmekaar te staan, verbreed die steunbasis. Hoe groter
                    die steunbasis, hoe stabieler is 'n persoon en hoe moeiliker is dit
                    om om te val.
                  • Buig die knieë OF laat sak die liggaam – dit verlaag die
                    swaartepunt en maak die atleet meer stabiel.
                  • Leun in die rigting van beweging – dit gee die atleet meer beheer,
                    wat op sy beurt die atleet stabieler maak.
                  • Hou die swaartelyn binne die steunbasis – dit hou die atlete se
                    gewig oor die plank en maak hulle meer gebalanseerd/stabiel.
                  • Gespreide arms versprei die liggaamsgewig.

16.5     Ten einde vinnig van rigting te verander, moet die sneeuplankryer aanhou
         om sy liggaamsgewig te skuif en in die hoeke in te leun OF die atleet sal die
         rand van die plank in die sneeu "ingrawe" (inkerf) om wrywing te skep en
         die plank te "draai".

16.6     'n Sneeuplankryer grawe die rand van die plank in die sneeu in om te stop
         OF 'n sneeuplankryer grawe (kerf) die plank in die sneeu in en leun
         agtertoe om te stop, terwyl ysskaatsers hulle skaatse 90 grade draai om die
         ys te skraap en te stop. Sneeuplankryers kan een hand gebruik om die
         sneeu agter die bord te "vang" en spoed te verminder.

IEB Copyright © 2017                                                          BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE                              Bladsy 15 van 16

VRAAG 17

OPSTELRUBRIEK

                                                                                                    Moontlike
                           1 punt              2 punte           3 punte            4 punte
                                                                                                      punt
                                                                                 Bronbesonder-
                                                                                    hede baie
                                                                 Etlike en
Gebruik                                                                          naby aan volle
                       Slegs na een        Slegs na twee        toepaslike
kennis van                                                                         potensiaal            4
                       bron verwys.        bronne verwys.     verwysings na
bronne                                                                             gebruik om
                                                              al die bronne.
                                                                                  argument te
                                                                                  ondersteun.
                                                                                 Ondersteun 'n
                                                                                    duidelike
                                                                Ondersteun          standpunt
                                                               die standpunt.         sterk.
                                              Redenasie
                                                               Redenasie is       Redenasie is
                         Skryfwerk          korrek, maar
                                                                  duidelik.       baie duidelik
Gehalte van              bevat feite        moeilik om te
                                                               Geringe foute       en bondig.
argument-                 met min                volg.                                                   4
                                                              in die vloei van   Vloei is logies.
besluit                 skakeling of         'n Mate van
                                                               die argument.       Oortuigend
                        redenering.            skakeling
                                                                 Skakeling        met gereelde
                                            teenwoordig.
                                                                  ontbreek           skakels.
                                                                   soms.              Goed
                                                                                 geïntegreerde
                                                                                   argument.
                                                                   Talle
                                                                spesifieke
                                                               voorbeelde
                                                               word gegee,
                                             Voorbeelde       maar nie goed
                                             word gegee,          by die             Etlike
                            Vae                maar die         argument           spesifieke
Gebruik van
                        verwysing na        meeste is nie      geïntegreer       voorbeelde is
voorbeelde uit
                         voorbeelde,          duidelik en          nie.              gegee               4
die werklike
                         maar geen         spesifiek nie en         OF            EN goed by
lewe
                       integrasie nie.      ook nie by die     Een of twee       die argument
                                               argument         spesifieke        geïntegreer.
                                           geïntegreer nie.   voorbeelde is
                                                               gegee, wat
                                                               goed by die
                                                                argument
                                                              geïntegreer is.
                                                Enkele
                                                                                 Baie relevante
                                            relevante feite
                           Enkele                                                 feite gegee,
                                           gegee, naas die    Baie relevante
                       relevante feite                                           naas die in die
                                              feite uit die     feite gegee,
Gebruik van             gegee, naas                                              bronne, om die
                                             bronne, om        naas die feite
eie kennis             die feite uit die                                          argument te            8
                                             argument te      uit die bronne,
×2                       bronne, om                                                ondersteun
                                              ondersteun       om argument
                        argument te                                                 EN by die
                                               EN by die      te ondersteun.
                        ondersteun.                                                 argument
                                               argument
                                                                                  geïntegreer.
                                             geïntegreer.

IEB Copyright © 2017                                                                          BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE         Bladsy 16 van 16

'n Paar moontlike faktore wat in die argument gebruik kan word:

•   Verskillende prysgeld, bv. Duzi kano-marathon se manlike deelnemers wen
    meer.
•   Gebrek aan mediablootstelling – TV, tydskrifte, koerante.
•   Vrouesport, soos netbal, word baie selde op TV gesien. Sien nooit vrouehokkie
    nie, maar wel manshokkie.
•   Mediakommentaar word geseksualiseer. Word dikwels na vrouens se klere en
    voorkoms verwys, eerder as hul vaardigheid en talent.
•   Borgskapgeleenthede – vrouens sukkel om borge te kry.
•   Vrouens word in advertensies geseksualiseer, terwyl mans nie word nie.
•   Minder geleenthede vir vrouens, bv. Formule 1-wedrenne.
•   Vrouens word nie in sekere klubs toegelaat nie, bv. Lords.
•   Stereotipes van vrouens as die swakker geslag – "gooi soos 'n meisie".
•   Meer seksuele teistering van vrouens in elitesport.
•   Vrouens se speeltoerusting dikwels so ontwerp dat dit sexy lyk, bv. vlugbal
    waar vrouens klein bikini's dra, maar mans sakkerige broeke en onderhemde
    dra.
•   Hindernisse tot vrouens se sukses, bv. beperkte toegang tot kompetisies en
    klubs.

                                                                      Totaal: 300 punte

IEB Copyright © 2017

## Related documents

- [Sport & Exercise Afr](https://www.hlayiso.com/library/sport-exercise-afr/cbb9d6c7-c81d-495f-88ea-c2aa79764dbb) — Sport and Exercise Science · QP · 2017 · Afr
- [Sport and Exercise Afr](https://www.hlayiso.com/library/sport-and-exercise-afr/9c0af832-e7f4-4f9a-872e-59e46e98fafe) — Sport and Exercise Science · QP · 2018 · Afr
- [Sport & Exercise 2017](https://www.hlayiso.com/library/sport-exercise-2017/1b5f7a65-a02f-4bc0-afeb-d24df2dbd639) — Sport and Exercise Science · QP · 2017
- [Sport and Exercise Science 2019](https://www.hlayiso.com/library/sport-and-exercise-science-2019/55510e69-c84d-4c33-a381-dc513529093f) — Sport and Exercise Science · QP · 2019
- [Sport and Exercise](https://www.hlayiso.com/library/sport-and-exercise/cff89796-8e43-4dbc-9ef7-303c47b65293) — Sport and Exercise Science · QP · 2018

## Collection

- [Grade 12 IEB past papers](https://www.hlayiso.com/ieb/grade-12/sport-and-exercise-science)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
