# SPSC PAT Instructions to candidates 2020 Afr

> Grade 12 Sport and Exercise Science practical assessment task from the 2020 (Afrikaans), 4 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/spsc-pat-instructions-to-candidates-2020-afr/a49f46ee-e2e6-41aa-8d1c-1d07d68d83a3
- Updated: 2026-10-10
- Subject: Sport and Exercise Science
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Practical assessment task
- Year: 2020
- Curriculum: CAPS
- Pages: 4

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Sport and Exercise Science](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/sport-and-exercise-science) › [SPSC PAT Instructions to candidates 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/spsc-pat-instructions-to-candidates-2020-afr/a49f46ee-e2e6-41aa-8d1c-1d07d68d83a3)

## About this document

Sport And Exercise Science · Grade 12 · 2020 · Afrikaans. Practical assessment task, 4 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        Sport en Oefenkunde

       Praktiese Assesseringstaak (PAT)
                Graad 12 – 2020

     Instruksies aan kandidate

IEB Copyright © 2020                                 BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12: SPORT EN OEFENKUNDE (PAT) INSTRUKSIES AAN KANDIDATE                Bladsy 2 van 4

Die doel van hierdie Praktiese Assesseringstaak (PAT) is om aan jou 'n geleentheid te
gee om die kennis en vaardighede wat jy geleer het, in 'n werklike situasie toe te pas.

Hierdie PAT assesseer Onderwerp 1 van die IEB se Vakassesseringsgids.

Jy moet die uitwerking van oog- en driloefeninge op die prestasie van atlete ondersoek.

Om die PAT te voltooi, moet jy DRIE atlete kies. Hulle moet die program wat jy gaan
uitwerk, met gemak kan volg. Hulle hoef nie almal aan dieselfde sport deel te neem nie en
hulle hoef nie ewe oud te wees nie. Jy mag seuns en dogters in jou studie gebruik.

Jy moet die proses, waarvan die detail volg, voltooi. Lees al die PAT-dokumente
(Instruksies, Raamwerk en Rubriek) voor jy begin.

PLAN VAN AKSIE

Stel 'n persoonlike plan van aksie op wat die proses uiteensit wat jy beoog om te volg om
die PAT te voltooi: wat gaan gedoen word, waar, wanneer, deur wie en hoe. Dit is 'n
werksdokument en jy mag dit verander soos jy aangaan. Dit sal aandui dat jou proses
uitvoerbaar is en dat jy georganiseerd is.

FASE 1:

•   Ontwerp 'n vraelys wat jy kan gebruik om 'n opname van 'n steekproef van atlete te
    maak. Jy sal die data wat jy in die opname insamel, gebruik om drie atlete te kies om
    aan die PAT deel te neem.

Die vraelys moet ten minste die volgende inligting verskaf:
− Naam, ouderdom en geslag van atleet.
− Sport waaraan die atleet deelneem.
− Vlak waarop die atleet deelneem, d.i. beginner, intermediêr of elite, bv.: Speel die
   atleet vir die eerste span of die vyfde span of dalk net sosiaal?
− Is dit 'n individuele of spansport?
− Aan watter ander aktiwiteite neem die persoon deel?
− Vir hoe lank oefen die persoon?
− Hoe gereeld is die kompetisies / deelname?
− Dra die persoon 'n bril of kontaklense?
− Indien wel, wat is die rede daarvoor? (Bysiende, versiende, ens.)
− Ondervind die persoon probleme op die baan of veld soos om die bal te laat te sien of
   mis te slaan?
− Het die persoon las van hoofpyn of moeë oë?
− Is daar 'n geskiedenis van beserings? Indien wel, wat het die beserings veroorsaak?
− Sommige oogprobleme word deur 'n verkeerde dieet veroorsaak. Stel die vrae in jou
   vraelys só dat jy kan sien of dit op hierdie persoon van toepassing is.

IEB Copyright © 2020

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12: SPORT EN OEFENKUNDE (PAT) INSTRUKSIES AAN KANDIDATE                    Bladsy 3 van 4

    Formuleer die vrae en formateer die vraelys op so 'n manier dat jy die inligting kry wat
    jy nodig het. Sluit enige ander vrae wat jy voel van toepassing is in.

•   Doen die opname op minstens ses atlete. Kies drie van hierdie atlete om mee te
    werk. Jy moet die redes vir jou keuses kan verduidelik.

    'n Brief van elke atleet se ouers waarin hulle toestemming gee dat hul kind aan die
    voorgeskrewe program mag deelneem, moet verskaf word.

•   Ontleed en interpreteer die data wat jy deur die vraelyste ingesamel het. Identifiseer
    enige moontlike kwessies wat hul prestasie negatief kan beïnvloed.

    Die voltooide vraelyste en enige onderhoude wat met die drie gekose atlete gevoer is,
    moet by jou ontleding ingesluit word. Die voltooide vraelyste van die atlete wat jy nie
    gekies het nie, moet ook by die bylaag van die taak ingesluit word.

FASE 2:

Verkry/ontwerp 'n geskikte verpersoonlikte hand-oog-toets of voet-oog-toets vir elke atleet
EN verkry 'n basiese oogtoets.

•   Doen 'n basislyntoets met elke atleet en teken die resultate aan. Fotografiese en/of
    videobewyse moet verskaf word om te toon dat elke toets uitgevoer is. Motiveer jou
    keuse van die basislyntoets.

•   Bekom/ontwerp 'n oogoefenprogram wat geskik is vir elke atleet en haar/sy sport. Die
    program moet aan elke atleet verduidelik word en elke atleet moet 'n verklaring
    onderteken dat die oefenprogram aan hom/haar verduidelik is.

•   Die atlete moet hulle programme vir drie weke volg. Gedurende hierdie tydperk moet
    elke atleet daagliks dagboek hou van al die oogoefeninge wat gedoen is en ook die
    oefenskedule wat gevolg is. Jy moet die formaat van hierdie dagboek so ontwerp dat jy
    die inligting kry wat jy nodig het.

    Indien die atlete op enige tydstip gedurende die tydperk van drie weke voel dat die
    program aangepas moet word, moet jy besluit of dit moontlik is of nie en die nodige
    aanpassing maak. 'n Gedetailleerde rekord moet ook hiervan gehou word.

FASE 3:

•   Sodra die tydperk van drie weke verby is, herhaal dieselfde toetse wat met elke atleet
    in Fase 2 gedoen is, en maak seker jy volg 'n toetsprotokol van objektiwiteit en
    betroubaarheid. Presies dieselfde toetse wat jy in Fase 2 gedoen het, moet weer hier
    gebruik word.

•   Ontleed en vergelyk die resultate van die basislyntoets en die na-toets

IEB Copyright © 2020                                                          BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12: SPORT EN OEFENKUNDE (PAT) INSTRUKSIES AAN KANDIDATE                   Bladsy 4 van 4

•   Ontwerp 'n tweede vraelys wat die atlete laat nadink oor die uitvoerbaarheid van die
    voorgeskrewe program en hul persepsies van die uitwerking daarvan op hulle en hul
    prestasievlakke.

•   Voer 'n onderhoud met elke atleet en voltooi die vraelys vir elkeen van hulle.

•   Ontleed en interpreteer al die inligting wat jy ingesamel het en bespreek of die
    oefenprogram wat jy voorgeskryf het 'n positiewe effek op elke atleet en sy/haar
    prestasie gehad het of nie. Identifiseer enige aanpassings wat jy aan die oefenprogram
    sal maak en hoekom. Watter verdere aanbevelings sal jy doen om prestasie te
    verbeter?

GEVOLGTREKKING

Skryf 'n bondige gevolgtrekking van die taak wat 'n verband tussen die aanvanklike
inligting wat ingesamel is en die finale resultaat verskaf. Die gevolgtrekking moet
regstreeks met die onderwerp verband hou. Dit moet nadenke oor die proses wat jy
gevolg het, insluit: sterk punte moet geïdentifiseer word; beperkings erken word en
aanbevelings ter verbetering gedoen word.

INHANDIGING VAN PAT

Jou taak moet in 'n ringlêer, met toepaslike lêerverdelers vir maklike lees, ingedien word.
Die inhoud moet aan die volgende kriteria voldoen:

•   alle komponente in die raamwerk moet ingesluit wees
•   die taak moet getik wees
•   fonttipe – Arial
•   fontgrootte – 12
•   opskrifte – fontgrootte 14
•   die teks moet vir spelling en grammatika geredigeer word
•   daar moet 'n bronnelys in 'n erkende formaat verskaf word
•   geen plastiekliasseersakkies mag gebruik word nie

IEB Copyright © 2020

## Related documents

- [SPSC PAT Instructions to teachers 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/spsc-pat-instructions-to-teachers-2020-afr/7122ed8e-74b0-4dfa-bb46-748e43b9ad6e) — Sport and Exercise Science · PAT · 2020 · Afr

## Collection

- [Grade 12 Practical assessment tasks](https://www.hlayiso.com/practical-assessment-tasks/grade-12/sport-and-exercise-science)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
