# Technology Grade 9 November EC 2013 Question Paper (Afr)

> Grade 9 Technology question paper from the November EC 2013 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tech-qp-afr-gr9-nov2013/6371932a-cf6b-4b3e-953d-c41fb36a1957
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Technology
- Grade: Grade 9
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: November EC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/technology) › [Technology Grade 9 November EC 2013 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/tech-qp-afr-gr9-nov2013/6371932a-cf6b-4b3e-953d-c41fb36a1957)

## About this document

Technology · Grade 9 · November EC · 2013. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIOR FASE

                           GRAAD 9

                 NOVEMBER 2013

                    TEGNOLOGIE

PUNTE:   100

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                       TEGNOLOGIE                            (NOVEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Die vraestel bestaan uit VYF AFDELINGS: AFDELINGS A, B, C, D en E.

2.   Beantwoord AL die vrae in AFDELINGS A, B, C, D en E.

3.   Lees AL die vrae noukeurig deur voordat jy jou antwoorde neerskryf.

4.   Nommer jou vrae presies soos dit op die vraestel verskyn.

5.   Skryf netjies en leesbaar.

6.   Wanneer jy teken of skets, gebruik slegs ŉ potlood.

                           TOEKENNING VAN PUNTE
     AFDELING A       MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
                      VRAAG 1                                              [15]
     AFDELING B       STRUKTURE
                      VRAAG 2                                              [20]
     AFDELING C       PROSESSERING
                      VRAAG 3                                              [15]
     AFDELING D       STELSELS EN BEHEER (Meganiese
                      stelsels)
                      VRAAG 4                                              [25]
     AFDELING E       STELSELS EN BEHEER (Elektriese stelsels)
                      VRAAG 5                               (18)
                                                                           [25]
                      VRAAG 6                                (7)

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                              TEGNOLOGIE                                  3

AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

VRAAG 1

1.1    Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
       vraagnommer (1.1.1–1.1.10 ) in jou antwoordeboek neer, bv. 1.1.11 D.

       1.1.1      .... kan ŉ struktuur laat breek of verswak.

                  A     Toepassing van smeltmiddel
                  B     Skoonmaak
                  C     Roes
                  D     Galvanisering                                                  (1)

       1.1.2      ŉ Krag wat teen ŉ hoek na ŉ lid is en veroorsaak dat die lid buig,
                  staan as ... bekend.

                  A     trekkrag
                  B     buigkrag
                  C     draaikrag
                  D     skuifkrag                                                      (1)

       1.1.3      ŉ Meganiese eienskap van ŉ materiaal wat slytasie en krapmerke
                  weerstaan.

                  A     Hardheid
                  B     Taaiheid
                  C     Buigsaamheid
                  D     Elastisiteit                                                   (1)

       1.1.4      ŉ Balkbrug wat slegs aan een kant ondersteun is, staan as ...
                  bekend.

                  A     boogbrug
                  B     hangbrug
                  C     kabelbrug
                  D     vrydraende-brug                                                (1)

       1.1.5      ŉ Wiel met saagtande wat om die rand staan, is as ŉ ... bekend.

                  A     sperrat
                  B     klos
                  C     klep
                  D     dryfband                                                       (1)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                          TEGNOLOGIE                          (NOVEMBER 2013)

      1.1.6    Die proses waardeur ŉ dun, gladde beskermende metaal ŉ ander
               metaal bedek.

               A      Verf
               B      Verniswerk
               C      Elektroplatering
               D      Galvanisering                                                      (1)

      1.1.7    Hierdie tipe hout is ŉ Suid-Afrikaanse hardehout wat vir hoëgehalte
               meubels gebruik word.

               A      Denne
               B      Tambotie
               C      Jetulong
               D      Jarrah                                                             (1)

      1.1.8    Die tande wat op ratte voorkom bestaan staan as ... bekend.

               A      dryfratte
               B      kamme
               C      draaikrag (wringkragte)
               D      hefbome                                                            (1)

      1.1.9    Die vermoë van ŉ geleier om die vloei van ’n elektriese stroom te
               stop, staan as ... bekend.

               A      ohm
               B      ampère
               C      volt
               D      weerstand                                                          (1)

      1.1.10   Staal is ŉ allooi van ...

               A      koper en lood.
               B      yster en koolstof.
               C      koper en sink.
               D      lood en tin.                                                       (1)

1.2   Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woorde in te vul.

      1.2.1    ... vernietig mikro-organismes deur die verwydering van water in
               voedsel.                                                                  (1)

      1.2.2    ŉ Bewegende vrag staan as ŉ … vrag bekend.                                (1)

      1.2.3    ... is ŉ tegniek wat gebruik word om sterkte en stewigheid in
               strukture te verbeter.                                                    (1)

      1.2.4    Materiaal word geklassifiseer as ... en ... materiale.                    (2)

                                                             TOTAAL AFDELING A:          15

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (NOVEMBER 2013)                            TEGNOLOGIE                                      5

AFDELING B: STRUKTURE

VRAAG 2

2.1   Lees die onderstaande inligting in verband met brûe en beantwoord die vrae
      wat volg.

      Hangbrûe

      Hangbrûe is dié brûe wat die grootste lengte
      span. Twee groot kabels wat hoog tussen
      twee pilare aan beide kante van die brug
      gespan word is die hoof ondersteuning van
      die brug. Die kabels word nie styf getrek nie,
      maar eerder oor gehang. Ligte vertikale
      kabels hang van die hoofkabels af om die
      brug te ondersteun wat deur middel van
      kettings, staalstawe en drade gekoppel is.
      Al die kabels is onder spanning en die pilare
      onder kompressie. Die brug trek aan die
      twee baie sterk ondersteunende torings of
      pilare.

      ŉ Aanpassing van die hangbrug is die kabel-ankerbrug. Elke gedeelte word
      ondersteun deur sy eie kabel wat strek vanaf die brug na die hoogste punt op
      die naaste pilaar.

      ŉ Voorbeeld van ŉ kabel-geankerde brug:

      2.1.1    Waarom word ŉ brug gebou?                                              (1)

      2.1.2    Gee TWEE tipes materiale wat gebruik word in die bou van brûe.         (2)

      2.1.3    Watter kragte (trek of druk) word gevind in die kabels en pilare van
               beide brûe?                                                            (1)

      2.1.4    Noem ŉ negatiewe effek wat ŉ brug op die omgewing het.                 (1)
                                                                                      [6]

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                        TEGNOLOGIE                            (NOVEMBER 2013)

2.2   Pas die beskrywing in KOLOM A met die korrekte term in KOLOM B.
      Skryf slegs die nommer van die beskrywing in KOLOM A en die letter van
      die korrekte term in KOLOM B, byvoorbeeld 2.2.6 G.

                        KOLOM A                                  KOLOM B
      2.2.1   Die vermoë van ŉ materiaal om na sy        A     Hardheid
              oorspronklike vorm terug te keer nadat
              dit vervorm is

      2.2.2   Elektrisiteit kan maklik deur hierdie      B     Smeerbaarheid
              materiaal vloei.

      2.2.3   Dit is die sterkte van materiaal om druk   C     Rekbaarheid
              te weerstaan

      2.2.4   ŉ Materiaal is hard genoeg om ŉ ander      D     Geleidingsvermoë
              materiaal te sny

      2.2.5   Die vermoë om in ŉ vorm gedruk te          E     Elastisiteit
              word sonder om te breek

                                                         F     Druksterkte
                                                                               (5 x 1)   (5)

2.3   2.3.1   Met behulp van ŉ tekening, verduidelik die verskil tussen gelyke en
              ongelyke vragte.                                                           (4)

      2.3.2   Materiale is in staat om kragte te weerstaan volgens hulle
              eienskappe. Dit kan onbuigbaar (weerstand teen verandering) of
              buigbaar (toelating van verandering in vorm deur strek) wees.

              Dui aan elke benoemde strukturele komponent onbuigbaar of
              buigbaar is.

              STRUKTURELE KOMPONENT                          ONBUIGBAAR OF
                                                             BUIGBAAR

              A

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                 TEGNOLOGIE                              7

                  B       Bindbalk B

                  C

                  D

                  E

                                                                  (5)

                                             TOTAAL AFDELING B:   20

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                       TEGNOLOGIE                               (NOVEMBER 2013)

AFDELING C: PROSESSERING

VRAAG 3

3.1   Lees die volgende gevallestudie en beantwoord die volgende vrae.

          Gevallestudie: Geskiedenis van blikkieskos (ingelegde
                                voedsel).

      Die inlê van voedsel is in die vroeë jare van die 1800’s in Frankryk ontwerp
      toe keiser Napoleon Bonaparte bekommerd was oor om sy weermag van
      kos te voorsien. Hy het ŉ kontantprys uitgeloof aan enigiemand wat ŉ
      betroubare metode van voedselpreservering sou ontwikkel. Nicholas
      Appert, ŉ Franse bakker het ontdek dat verhitte voedsel in verseëlde glas-
      bottels dit sou preserveer. Na vyftien jaar se eksperimentering, het hy besef
      dat kos wat teen ŉ hoë genoeg temperatuur verhit is en in lugdigte houers
      verseël is, nie bederf nie. Appert se inlê-metode is gebruik om ŉ wye
      verskeidenheid voedsel soos groente, vrugte en selfs melk te bewaar. Dit
      het beteken dat soldate ver van hul tuiste behoorlik gevoed sou word en dat
      matrose ŉ gesonde dieet op lang reise sou hê. Louis Pasteur het getoon dat
      die groei van mikro-organismes veroorsaak dat kos bederf word. Appers se
      metode van verhitting van kos tot hoë temperature het veroorsaak dat die
      mikro-organismes vrek.

      Die verseëling van kos in glasbottels het versorg dat lug rondom die kos
      verwyder word. Dit het verhoed dat mikro-organismes op die kos sou groei.

      Peter Durand het die inmaakproses ŉ stap verder geneem. Hy het ŉ metode
      ontwikkel om kos in blikke te verseël eerder as glasbottels. Blikke het ŉ
      voordeel bo glasbottels gehad, dit was ligter, onbreekbaar en makliker om te
      verseël. Die yster is met ŉ dun laag tin bedek om roes te stop. Ingelegde
      blikkieskos was gewild by vroeë ontdekkingsreisigers.

      3.1.1   Identifiseer die behoefte wat tot die ontwikkeling van ingelegde
              blikkieskos gelei het.                                                      (1)

      3.1.2   Watter omstandighede het Appert ontdek wat veroorsaak het dat
              kos langer sou hou voordat dit bederf?                                      (2)

      3.1.3   Verduidelik waarom hierdie omstandighede kos preservering gehelp
              het.                                                                        (1)

      3.1.4   Hoe het Durant, Appert se metode van inlê verbeter?                         (1)

      3.1.5   Watter voordeel het sy metode gehad?                                        (1)

      3.1.6   Hoe was die lewensduur van die blikke verleng?                              (1)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                             TEGNOLOGIE                                           9

 3.2    Daar is baie maniere waarop ons die omgewing kan oppas. Pas die term in
        KOLOM A met die beskrywing in KOLOM B. Skryf slegs die nommer
        (3.2.1–3.2.5) en letter (A–F), byvoorbeeld 3.2.6 G.

                  KOLOM A                                KOLOM B
        3.2.1      Hergebruik       A     Ons plaas ou koerante in die papierhouer by
                                          die stortingsterrein. Die papier word dan
                                          gebruik om verpakkingsprodukte te maak

        3.2.2     Herstel           B     Skroothandelaars versamel gebruikte
                                          metale soos koper. Hierdie metale word
                                          gesmelt en dan gebruik om nuwe items in
                                          fabrieke te vervaardig

        3.2.3     Herwin            C     Ons koop nie voedselsoorte wat oorverpak
                                          is nie. Dit help om afval in stortingsterreine
                                          te verminder

        3.2.4     Hervervaardig     D     My broer se fiets het ŉ pap wiel. Hy het dit
                                          reggemaak

        3.2.5     Hernu             E     My ma onthou altyd om haar plastiek-
                                          inkopiesakke saam te neem as sy inkopies
                                          doen. Sy gebruik die sakke verskeie kere

                                    F     Wanneer dele van die gegalvaniseerde laag
                                          op die wasbak dun geslyt is, laat ons ŉ
                                          nuwe laag aansit
                                                                                 (5 x 1)   (5)

 3.3    Bestudeer die skets hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        Elektroplatering is die proses waardeur ŉ
        dun laag metaal op die oppervlak van ŉ
        ander metaal voorwerp aangebring word.
        Die proses maak gebruik van elektrisiteit.

        3.3.1        Wat word met die term elektrolise bedoel?                             (1)

        3.3.2        Noem EEN rede waarom metale geëlektroplateer word.                    (1)

        3.3.3        Wat sou gebeur as die oppervlak van ŉ elektroplateerder
                     voorwerp deur jou gekrap word?                                        (1)

                                                               TOTAAL AFDELING C:          15

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                       TEGNOLOGIE                          (NOVEMBER 2013)

AFDELING D: STELSEL EN BEHEER (MEGANIESE STELSELS)

VRAAG 4

4.1   Meganiese stelsels veroorsaak dat iets beweeg en dat dit verskillende tipes
      bewegings skep. Bestudeer die illustrasie hieronder en identifiseer die tipe
      beweging wat deur elke meganisme geskep word.

                         Voorwerp                             Tipe beweging
      4.1.1

                              ŉ Vliegtuig                                              (1)

      4.1.2

                ŉ Persoon wat op ŉ trampolien spring                                   (1)

      4.1.3

                                ŉ Wiel                                                 (1)

      4.1.4

                             ŉ Pendulum                                                (1)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                             TEGNOLOGIE                                11

 4.2    Beantwoord die volgende vrae.

        4.2.1     ŉ Meganisme is ŉ eenvoudige masjien. In ŉ werkende masjien
                  moet daar ŉ inset wees wat ŉ proses ondergaan ten einde ŉ uitset
                  te produseer.

                  Voltooi die volgende stelseldiagram vir ŉ handaangedrewe
                  naaimasjien.

                        Inset                     Proses               Uitset

                                     →                      →

                                                                                     (3)

 4.3    Kyk na die diagram hieronder en voltooi die vrae.

                                 ŉ Saamgestelde katrolstelsel

        4.3.1     Wat is ŉ hidrouliese stelsel?                                      (1)

        4.3.2     Gee TWEE voorbeelde van masjiene wat hidroulika gebruik.           (2)

        4.3.3     Waarom is dit nodig dat hidrouliese stelsels beheermeganismes
                  het?                                                               (1)

        4.3.4     Gee ŉ voorbeeld van hoe beheermeganismes in hidrouliese stelsels
                  help.                                                              (1)

 4.4    Beantwoord die volgende vrae.

        4.4.1     Wat is ŉ dryfband?                                                 (1)

        4.4.2     Gee TWEE voorbeelde van masjiene wat dryfbande gebruik.            (2)

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                      TEGNOLOGIE                            (NOVEMBER 2013)

4.5   Die illustrasie hieronder is van ŉ speelgoed hyskraan wat van katrolstelsels
      gebruik maak. Dit het beide ŉ vaste en ŉ bewegende katrol.

      Bestudeer die diagram en beantwoord die volgende vrae.

      4.5.1   Wat sal met die slinger gebeur as dit per ongeluk uit jou hand glip
              terwyl die gewig nog aan die bewegende katrol gekoppel is?                (1)

      4.5.2   Hoe kan die probleem genoem in VRAAG 4.5.1 voorkom word?                  (1)

4.6   Bestudeer die diagram van die ratstelsel hieronder. Ratte A en C het 19
      tande elk. Ratte B en D het 57 tande elk. As A is die as deur rat A en as D,
      is die as deur rat D.

      4.6.1   Is die stelsel ŉ eenvoudige of saamgestelde ratstelsel?                   (1)

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                              TEGNOLOGIE                                 13

        4.6.2     Bereken die verhouding tussen die insetrat A en die uitsetrat D.

                      Formule:
                                 Ratverhouding =              x                        (3)

        4.6.3     Hoeveel stadiger sal as D draai in vergelyking met as A?             (1)

 4.7    Meganiese beheerstelsels verskaf meganiese voordeel aan die gebruiker.

        Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg.

        4.7.1     Wat is die funksie van die windas in die illustrasie?                (1)

        4.7.2     Watter meganisme kan in net een rigting draai?                       (1)

        4.7.3     Wat word die sluitmeganisme in ŉ motor se veiligheidsgordel
                  genoem?                                                              (1)

                                                                  TOTAAL AFDELING D:   25

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                      TEGNOLOGIE                           (NOVEMBER 2013)

AFDELING E: STELSEL EN BEHEER (ELEKTRIESE STELSELS)

VRAAG 5

5.1   Bestudeer die elektroniese stroombaan en beantwoord die vrae wat volg.

      5.1.1   Benoem dele A–E.                                                         (5)

      5.1.2   Dui aan of elke komponent ŉ inset-, ŉ proses- of ŉ uitsetkomponent
              is.

              Teken die tabel oor in jou antwoordeboek en vul die inligting wat in
              VRAAG 5.1.1 en 5.1.2 gevra is, in, byvoorbeeld:

                   Letter van              Naam van              Inset, Proses,
                  komponent               komponent                  Uitset
                       F                     LED                     Uitset
                                                                                       (5)

      5.1.3   Wat gebeur wanneer die stroom aangeskakel word?                          (1)

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                             TEGNOLOGIE                                 15

 5.2    Dit is ŉ insettoestel wat in ŉ elektriese stelsel gebruik word.

        5.2.1     Wat word die toestel genoem?                                       (1)

        5.2.2     Wat gebeur met die weerstand van die toestel wanneer dit donker
                  word?                                                              (1)

        5.2.3     Teken ŉ netjiese simbool wat gebruik word om die toestel in ŉ
                  elektriese stroombaan aan te dui.                                  (2)

 5.3

        5.3.1     Wat is die funksie van die komponent in ŉ elektroniese
                  stroombaan?                                                        (1)

        5.3.2     Benoem die twee byskrifte A en B.                                  (2)
                                                                                    [18]

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                       TEGNOLOGIE                           (NOVEMBER 2013)

VRAAG 6

6.1   Verwys na die volgende kleurkodetabel om die weerstand van die resistors
      hieronder uit te werk.

        Kleur       1ste Band      2de Band       3de Band            4de Band
      Swart              0             0
      Bruin              1             1        0                   Akkuraatheid/
      Rooi               2             2        00                   Toleransie
      Oranje             3             3        000
      Geel               4             4        0000
      Groen              5             5        00000            Goud = ± 5%
      Blou               6             6        000000           Silwer = ± 10%
      Violet             7             7        0000000          Geen kleur = ± 20%
      Grys               8             8        00000000
      Wit                9             9        000000000

      6.1.1     Wat is die weerstand van die resistor?                                  (3)

      6.1.2     Waarom is resistors belangrik vir elektriese stroombane?                (1)

6.2   Noem die kleure (in volgorde) van die volgende resistor:

      6.2.1     50 Ὠ                                                                    (3)
                                                                                        [7]

                                                             TOTAAL AFDELING E:         25
                                                                 GROOTTOTAAL:          100

## Related documents

- [TECH AFR MEMO GR9 NOV2013](https://www.hlayiso.com/library/tech-afr-memo-gr9-nov2013/bc40df18-8b7f-4b1f-87ce-46b0f3874a10) — Technology · Memo · 2013 · Afr
- [TECH ENG MEMO GR9 NOV2012](https://www.hlayiso.com/library/tech-eng-memo-gr9-nov2012/7cb3dab9-5454-4939-b2aa-bed271097967) — Technology · Memo · 2013 · Eng
- [TECH GR9 NOV2012 ENG QP](https://www.hlayiso.com/library/tech-gr9-nov2012-eng-qp/d6cf4d5b-470d-4499-af4d-4e753895c243) — Technology · QP · 2012 · Eng
- [TECH GR9 NOV2012 AFR QP](https://www.hlayiso.com/library/tech-gr9-nov2012-afr-qp/10aca26e-54e1-4a11-a199-086f6c2f8d2f) — Technology · QP · 2012 · Afr
- [TECHNOLOGY ENG QP](https://www.hlayiso.com/library/technology-eng-qp/4ed2f4ec-2bc9-4cdc-bcf5-a5d63227e298) — Technology · QP · 2011 · Eng
- [TECHNOLOGY AFR QP](https://www.hlayiso.com/library/technology-afr-qp/34f2b01d-0a27-4b83-97d5-52fe02d6d37b) — Technology · QP · 2011 · Afr

## More from Grade 9 Technology

- [CAPS SP TECHNOLOGY GR 7-9](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-technology-gr-7-9/62964f64-93d9-4096-912f-ec9ca278b2fa) — CAPS · Eng
- [Grade 9 Technology November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-technology-2026-november-mock-exam-memorandum/69ccef6d-605d-4a80-b51c-970952aee440) — Memo · 2026 · Eng
- [TECH GR9 NOV 2016 ENG MEMO](https://www.hlayiso.com/library/tech-gr9-nov-2016-eng-memo/6807afe5-37c5-4c00-91c6-5a3a497504de) — Memo · 2016 · Eng
- [TECH GR9 NOV 2016 AFR MEMO](https://www.hlayiso.com/library/tech-gr9-nov-2016-afr-memo/ace3cfa5-bd0c-42e8-965c-c0d7a5b9d7f9) — Memo · 2016 · Afr
- [TECH GR9 NOV 2014 AFR MEMO](https://www.hlayiso.com/library/tech-gr9-nov-2014-afr-memo/c79aeb01-c2e6-4ec4-a7d7-1ced3acfc9e2) — Memo · 2014 · Afr
- [TECH GR9 NOV 2014 ENG MEMO](https://www.hlayiso.com/library/tech-gr9-nov-2014-eng-memo/9ff98a1d-28ba-46a5-972f-880c06a6d1a1) — Memo · 2014 · Eng

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
