# Technical Sciences Grade 10 P1 Eastern Cape November 2018 QP

> Grade 10 Technical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-gr10-qp-nov2018-afrikaans/c64509d8-f95e-42fb-bfd6-43370862b00e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Technical Sciences
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Technical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/technical-sciences) › [Technical Sciences Grade 10 P1 Eastern Cape November 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-gr10-qp-nov2018-afrikaans/c64509d8-f95e-42fb-bfd6-43370862b00e)

## About this document

Technical Sciences · Grade 10 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 10

                                NOVEMBER 2018

                  TEGNIESE WETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye insluitend 2 inligtingsblaaie.

### Page 2

2
               Downloaded     from hlayiso.com
                      TEGNIESE WETENSKAPPE V1                          (EC/NOVEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 1.    Skryf jou VOLLE NAAM en VAN in die toepaslike spasies op die
       ANTWOORDEBOEK.

 2.    Beantwoord AL die vrae.

 3.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

 4.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 5.    Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

 6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
       hierdie vraestel gebruik is.

 7.    Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

 8.    Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE
       desimale plekke af.

 9.    Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

 10.   TWEE DATABLAAIE is vir jou gebruik aangeheg.

 11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                3

 VRAAG 1

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
 Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
 (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.12 E.

 1.1       Watter EEN van die volgende is ŉ VEKTOR hoeveelheid?

           A         Tyd
           B         Spoed
           C         Afstand
           D         Kragmoment                                                       (2)

 1.2       ŉ Blok hang aan ŉ tou wat aan ŉ dak vasgeheg is.

           Die krag wat die tou op die blok uitoefen, word ... genoem.

           A         gewig
           B         normaal
           C         wrywing
           D         spanning                                                         (2)

 1.3       ŉ Enkele onbuigbare lengte materiaal wat horisontaal ondersteun
           word om vertikale vragte te dra, word ŉ ... genoem.

           A         balk
           B         steunpunt
           C         eenvoudige masjien
           D         meganiese voordeel                                               (2)

 1.4       Die SI-eenheid van krag is ...

           A         Newton.
           B         Joule.
           C         Ampère.
           D         Volt.                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

4
               Downloaded     from hlayiso.com
                      TEGNIESE WETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2018)

 1.5      Die diagram hieronder toon ŉ krammietjie (“staple”)-verwyderaar.

                                              KRAG

                                               KRAG

          Watter KLAS hefboom verteenwoordig die krammetjie-verwyderaar?

          A          Eerste klas
          B          Tweede klas
          C          Derde klas
          D          Vierde klas                                                    (2)

 1.6      Watter hoeveelheid verteenwoordig die tempo waarteen snelheid
          verander?

          A          Spoed
          B          Versnelling
          C          Verplasing
          D          Resultante vektor                                              (2)

 1.7      Die diagram hieronder toon ŉ vektordiagram van kragte wat op ŉ
          liggaam in die horisontale rigting uitgeoefen word.

                                         F1           F2

                                              F3           F4

          Watter EEN van die kragte verteenwoordig die RESULTANT?

          A          F1
          B          F2
          C          F3
          D          F4                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                   5

 1.8       ŉ Plastiese liniaal word POSITIEF gelaai deur ŉ lap te gebruik.

           Watter deeltjies word tydens die ladingsproses oorgedra?

           A         Slegs protone
           B         Slegs neutrone
           C         Slegs elektrone
           D         Beide elektrone en protone                                          (2)

 1.9       Watter EEN van die volgende instrumente word gebruik om die
           elektriese stroom in ŉ stroombaan te meet?

           A         Rheostaat
           B         Voltmeter
           C         Ammeter
           D         Resistor                                                            (2)

 1.10      In die stroombaan hieronder is al die resistors identies.

                                       R2            R3

                                        R1

           Watter EEN van die volgende stellings is NIE WAAR NIE?
                                        R1
           A         Die parallele kombinasie van resistors is in serie met R3.
           B         Die weerstand van die parallele kombinasie is groter as die
                     weerstand van R3.
           C         Resistors R1 en R2 is in parallel geskakel.
           D         Die potensiaalverskil oor R1 en oor R2 is dieselfde.               (2)
                                                                                       [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

6
                 Downloaded     from hlayiso.com
                        TEGNIESE WETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 2

 2.1     ŉ Meisie loop vanaf haar huis by punt A na haar skool wat by punt C is.
         Die meisie volg die pad ABC wat 2,9 km lank is.
         Sy dra haar skoolsak wat ‘n massa van 2 230 g het.

         Punt C is 2 km REGS van punt A.

                                                B

         A                                                              C

 2.1     Verduidelik die verskil tussen ŉ skalaar en ŉ vektor hoeveelheid.               (4)

 2.2     2.2.1       Skakel 2 230 g om na kg.                                            (2)

         2.2.2       Skakel 2,9 km om na SI-eenhede.                                     (2)

         2.2.3       Skryf 2 230 neer in wetenskaplike notasie.                          (2)

 2.3     Definieer verplasing.                                                           (2)

 2.4     Skryf neer die:

         2.4.1       Afstand wat die meisie loop                                         (1)

         2.4.2       Grootte en rigting van die meisie se verplasing                     (2)

 2.5     Die meisie neem 1 800 sekondes om van A na C langs pad ABC te
         beweeg.

         Bereken die meisie se gemiddelde snelheid vir die beweging.                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                 TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                      7

 2.6    Die meisie stap van haar skool terug na haar huis.

        Teken ŉ vektordiagram om die meisie se verplasing te toon soos sy
        beweeg na en van die skool. Dui die groottes en rigtings van die
        vektore. Skryf neer die grootte van die resultante verplasing.                       (3)

 2.7    Die volgende strokie word verkry van die analise van die beweging
        van ŉ trollie deur van ŉ tydtikker gebruik te maak.

                      4 cm         4 cm        4 cm           4 cm       4 cm
                A            B            C               D          E           F

        2.7.1       VERSNEL die trollie? Skryf Ja of Nee.

                    Verduidelik jou antwoord.                                                (3)

        Die frekwensie van die tydtikker is 50 Hz.

        Bereken die:

        2.7.2       Tyd verloop van A na F                                                   (4)

        2.7.3       Snelheid van die trollie (in m.s-1)                                     (4)
                                                                                           [33]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

8
               Downloaded     from hlayiso.com
                      TEGNIESE WETENSKAPPE V1                             (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 3

 ŉ 2 kg-blok word horisontaal deur ŉ leerder oor ŉ growwe tafelblad getrek.

 Die leerder oefen ŉ krag van 50 N op die blok uit.

                                                                   N

                                                              W           E
                                                                    S

                                                 50 N

 3.1      Definieer die term resultante krag.                                          (2)

 3.2      Die vryeliggaamdiagram wat al die kragte wat op die blok uitgeoefen
          word toon, word hieronder gegee.

                                    F1

                          F4                     F2
                                   F3

          Benoem die volgende kragte:

          3.2.1      F1                                                                (1)

          3.2.2      F2                                                                (1)

          3.2.3      F3                                                                (1)

          3.2.4      F4                                                                (1)

 3.3      Skryf die NAAM van ŉ nie-kontakkrag wat op die blok inwerk neer.             (1)

 3.4      Bereken die grootte van die gewig van die blok.                              (3)

 3.5      Bereken die resultante krag wat op die blok inwerk indien die
          grootte van F4 gelyk aan 15 N is.                                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)             TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                    9

 3.6       Om die blok in ewewig te hou, word krag F op die blok toegepas.

           3.6.1 Wat is die grootte van die resultante krag indien die blok in
                 ewewig is?                                                            (1)

           Skryf neer die:

           3.6.2 NAAM van krag F                                                       (1)

           3.6.3 Grootte en rigting van krag F                                        (2)
                                                                                     [17]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

10
                 Downloaded     from hlayiso.com
                        TEGNIESE WETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 4

 4.1     Skryf neer die TERM vir ELK van die volgende definisies:

         4.1.1   Draai-effek van ŉ krag om ŉ punt                                     (1)

         4.1.2   ŉ Balk waar een kant vasgeheg is en die ander kant vry is om
                 te beweeg                                                            (1)

         4.1.3   Verhouding van die vrag tot die las                                  (1)

 4.2     In die diagram hieronder is die balk aan ŉ twee-punt vrag onderhewig.

                        3 000 N                 4 000 N
                 2m                  2m

                               6m
     A                                                                    B

         Bereken:

         4.2.1   Die som van die kloksgewys momente by A                              (4)

         4.2.2   RA, die reaksie by A (in SI-eenhede)                                 (6)

 4.3     Teken ŉ netjiese skets met byskrifte van ŉ KLAS TWEE hefboom en
         toon die draaipunt, krag en die las.                                         (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)              TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                    11

 4.4       ŉ Skrynwerker gebruik ŉ hamer om ŉ spyker vanaf ŉ houtbalk te
           verwyder. ŉ Krag van 400 N moet toegepas word om die spyker te
           verwyder.

           Die skrynwerker oefen ŉ krag van 50 N op die hamer uit om die
           spyker te verwyder.

                                               50 N

           4.4.1     Klassifiseer die hamer as KLAS 1, KLAS 2 of KLAS 3
                     hefboom.

                     Verduidelik.                                                        (2)

           4.4.2     Bereken die lengte van die vragarm indien die lasarm
                     20 cm is.                                                          (4)
                                                                                       [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

12
                 Downloaded     from hlayiso.com
                        TEGNIESE WETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 5

 Die diagram hieronder toon ŉ gimnas met massa 60 kg op ŉ trampolien wat
 3 m bokant die grond is. Die gimnas spring opwaarts en bereik ŉ spoed van
 4 m.s-1 op ‘n hoogte van h meter bokant die grond.

 (Ignoreer lugweerstand in ALLE berekeninge.)

                 P 4 m.s-1

             h
                             Q

                                                          3m

 5.1      Definieer die volgende terme:

          5.1.1      Gravitasie potensiële energie                                   (2)

          5.1.2      Meganiese energie                                               (2)

 5.2      Bereken die:

          5.2.1      Kinetiese energie van die gimnas by punt P                      (3)

          5.2.2      Gravitasie potensiële energie by punt Q                         (3)

 5.3      By punt P is die gravitasie potensiële energie van die gimnas gelyk
          aan 2 469,6 J.

          Bereken die hoogte h.                                                      (3)

 5.4      Die kinetiese energie van die gimnas wanneer sy vanaf punt Q
          spring, is gelyk aan 705,6 J.

          Bereken die spoed waarteen sy die trampolien verlaat.                      (3)
                                                                                    [16]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                  TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                 13

 VRAAG 6

 ŉ Neutrale metaalsfeer P word gelaai. Die gelaaide sfeer word dan op ŉ
 geïnsuleerde staander geplaas, soon hieronder getoon.

                          Sfeer P

          + 6 x 10 -6 C

 6.1      Is elektrone BYGEVOEG TOT of VERWYDER VAN die sfeer toe dit
          gelaai is?                                                                      (1)

 6.2      Bereken die aantal elektrone wat BYGEVOEG of VERWYDER is.                       (3)

 6.3      Gee ŉ rede waarom die gelaaide sfeer op ‘n geïnsuleerde sfeer
          geplaas moet word.                                                              (2)

 6.4      Nog ŉ sfeer R, wat identies is aan sfeer P is, word in kontak met
          sfeer P gebring. Sfeer R is NEUTRAAL.

          Die sfere word van mekaar geskei nadat hulle in aanraking met
          mekaar was, soos in die diagram getoon.

                          SFERE RAAK                  SFERE GESKEI VAN MEKAAR

         + 6 X 10 -6 C       P        R    Neutraal      P               R

          6.4.1      Stel die wet van die behoud van lading.                              (2)

          6.4.2      Vanaf watter sfeer na watter sfeer word elektrone
                     oorgeplaas wanneer die sfere raak.

                     Skryf slegs VAN P NA R of VAN R NA P.                                (1)

          6.4.3      Bereken die lading op sfeer R na skeiding.                          (3)
                                                                                        [12]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

14
                   Downloaded     from hlayiso.com
                          TEGNIESE WETENSKAPPE V1                            (EC/NOVEMBER 2018)

VRAAG 7
Beskou die TWEE elektriese stroombane hieronder. AL die resistors is identies.

                   STROOMBAAN 1                               STROOMBAAN 2

                                                                    Rr12 Ω

                                                          A
      X
            12 Ω         12 Ω         12 Ω                           12 Ω
                                                      S

      Y

                                                                   V2

7.1       Definieer elektriese stroom in woorde.                                          (2)
7.2       In watter stroombaan is die resistors:
          7.2.1    Stroomverdelers?                                                       (1)
          7.2.2    Spanningsverdelers?                                                    (1)

7.3       Vir STROOMBAAN 1, skryf neer die rigting van die KONVENSIONELE
          stroom.

          Skryf slegs X na Y of Y na X.                                                   (1)

7.4       Beskou STROOMBAAN 2.

          Indien die skakelaar S in STROOMBAAN 2 gesluit word, is die lesing op
          voltmeter V2 11 V. Wanneer die skakelaar oop is, is die lesing op V2 12 V.

          7.4.1 Skryf die EMK van die sel neer.                                           (1)

          7.4.2 Bereken die effektiewe weerstand van die parallele kombinasie
                resistors.                                                                (3)

7.5       Teken ŉ stroombaan, met byskrifte, wat bestaan uit DRIE selle, ŉ geslote
          skakelaar en ŉ ammeter, albei in serie met die battery, TWEE
          gloeilampies in parallel en ŉ voltmeter wat oor die battery geskakel is.        (5)
                                                                                         [14]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)              TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                        15

 VRAAG 8

 8.1       ŉ Groep leerders ondersoek wat die uitwerking van die lengte van ŉ
           geleier op die weerstand van die geleier sal hê.

           Die leerders gebruik ŉ koperpyp waarop hulle punte A, B, C en D op
           sy lengte afmerk. Draad QP word verbind aan punt A en die
           ammeter-lesing word geneem en opgeteken. Dieselfde prosedure
           word herhaal vir punte B, C en D.

           Die stroombaan wat die leerders gebruik word hieronder getoon.

                                                                            Q
                        A

                                               A
                                                   B
                                                       C        P
                                                           D

           8.1.1     Definieer weerstand.                                                    (2)

           8.1.2     Skryf neer die onafhanklike veranderlike vir hierdie
                     ondersoek.                                                              (1)

           8.1.3     Afgesien van die lengte van ‘n geleier, skryf DRIE faktore wat
                     die weerstand van ŉ geleier kan beïnvloed neer.                         (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

16
                           Downloaded     from hlayiso.com
                                  TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                  (EC/NOVEMBER 2018)

 Die leerders bereken die waarde vir die omgekeerde van die stroom
 (1/stroom) en gebruik hierdie waardes om die weerstand te meet.

 Die leerders se uitslae word geplot op ŉ grafiek soos hieronder getoon.

                                              GRAFIEK VAN WEERSTAND TEENOOR LENGTE

                            15

       WEERSTAND (Ω)
                               9

                               3

                                   0                    2              4               6                 8

                                                        LENGTE VAN GELEIER (cm)

 8.2                   Gebruik die inligting vanaf die grafiek en:

                       8.2.1           Skryf die verwantskap tussen die weerstand en lengte van
                                       ŉ geleier neer                                                    (2)

                       8.2.2           Skryf die waarde van die weerstand neer indien die lengte
                                       van die geleier 3 cm is                                           (2)

                       8.2.3           Gradiënt van die grafiek                                         (3)
                                                                                                       [13]

                                                                                        TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                 TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                    17

        DATA FOR TECHNICAL SCIENCES GRADE 10 PAPER 1 (PHYSICS)
      GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 10 VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

             NAME/NAAM                    SYMBOL/SIMBOOL              VALUE/WAARDE

  Acceleration due to gravity
                                                  g                        9,8m·s-2
  Swaartekragversnelling
  Charge on electron
                                                 qe                     -1,6x10-19C
  Lading op elektron

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

             MOTION / BEWEGING                           ENERGY / ENERGIE
  speed = distance/time                       Ep = mgh or (U = mgh)
  spoed = afstand/tyd
  velocity = displacement/time                EK = ½ mv2 or (U = ½ mv2)
  snelheid = verplasing/tyd
  acceleration = change in velocity/time
  versnelling = verandering in snelheid/tyd
                FORCE / KRAG                         ELEKTRICITY / ELEKTRISITEIT
  Fg = mg                                       ELECTROSTATICS / ELEKTROSTATIKA
                                              Q = Q1 + Q2
                  Fres = F1 + F2                     2

                                              I=Q
                                                ∆t
          MOMENTS /MOMENTE                     V =  W
  Torque/Wringkrag = F x r⊥                         Q
                  t = F x r⊥                   V=IxR

            SIMPLE MACHINES /                 SERIES CIRCUIT /SERIE STROOMBAAN
           EENVOUDIG MASJIENE                 RT = R1 + R2 + R3…

      MA =    L      =e                       VT = V1 + V2 + V3 …     I T = I1 = I2 = I 3 …
              E       I

                                                       PARALLEL CIRCUIT /
                                                    PARALLELE STROOMBAAN
                                                1    1 + 1 + 1
                                               RP = R1   R2 R3

                                                  VT = V1 = V2 = V3

                                                  IT = I1 + I2 + I3

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [Tech Sciences P1 Memo Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-memo-grade-10/b76e993a-e9f1-4d22-8f89-a516b5f3780b) — Technical Sciences · Memo · 2018
- [Tech Sciences P2 Memo Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-memo-grade-10/28d68162-eec1-473f-9f9b-e0702be6d1d6) — Technical Sciences · Memo · 2018
- [Technical Sciences P1 Grade 10 Exemplar 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-grade-10-exemplar-2016-afr/523cadc4-dbc9-451d-a65e-fed3180ca51c) — Technical Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Technical Sciences PAT Grade 10 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-pat-grade-10-2016-afr/7d90f257-5caa-4dda-82ba-7e8a7a22323b) — Technical Sciences · PAT · 2016 · Afr
- [TECH-SCIENCES-P2-GR10-MEMO-NOV2019 EA](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-gr10-memo-nov2019-ea/5008b5fa-fc6f-4088-a604-cf08a51df51c) — Technical Sciences · Memo · 2019
- [Technical Sciences P1 Grade 10 Exemplar 2016 Eng Afr Memo](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-grade-10-exemplar-2016-eng-afr-memo/b155836e-2cf4-43be-b764-50c735dbb033) — Technical Sciences · Memo · 2016 · Eng

## More from Grade 10 Technical Sciences

- [Gr 10 Tech Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-tech-sci-atp-2023-24/e3613212-ae45-45e1-bf84-cedd245b48b0) — ATP
- [Technical Science GR 10 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/technical-science-gr-10-memo/b70517d9-1805-4066-a09e-84240b6bacc9) — Memo · 2019
- [Technical Sciences P2 Grade 10 Exemplar 2016 Eng Afr Memo](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-grade-10-exemplar-2016-eng-afr-memo/c0425e1d-696f-4e76-a234-23360a6e7adb) — Memo · 2016 · Eng
- [Technical Sciences P2 Grade 10 Exemplar 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-grade-10-exemplar-2016-afr/fcf2eb40-d882-4f3d-811e-5b2fd657f57c) — QP · 2016 · Afr
- [Technical Sciences P2 Grade 10 Exemplar 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-grade-10-exemplar-2016-eng/cd3a76da-eb96-49ba-9a05-75539d8a5797) — QP · 2016 · Eng

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
