# Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 QP

> Grade 12 Technical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2025 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/0be2434d-94ce-4831-adf9-9da7e6962d38
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Technical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Technical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/technical-sciences) › [Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 QP](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/0be2434d-94ce-4831-adf9-9da7e6962d38)

## About this document

Technical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                    JUNIE 2025

                   TEGNIESE WETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                                        *JTSCA1*

               Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitend 2 gegewensblaaie.

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                             TEGNIESE WETENSKAPPE V1                           (EC/JUNIE 2025)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.   Skryf jou VOLLE NAAM en VAN in die toepaslike spasies op die
     ANTWOORDEBOEK.

2.   Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

4.   Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

5.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nomeringstelstel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

6.   Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

7.   Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE desimale
     plekke af.

8.   Gee kort motiverings, besprekings, ensovoorts, waar nodig.

9.   Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

10. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/JUNIE 2025)                       TEGNIESE WETENSKAPPE V1                               3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in jou
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

1.1 Die diagram hieronder toon ŉ stilstaande baksteen met ŉ massa van 1 kg op ŉ
    wrywinglose vloer. Die baksteen bly in rus wanneer F1 en F2 gelyktydig op die
    baksteen toegepas word.

                         F1               1 kg             F2

      Watter EEN van die volgende stellings is KORREK?

      A      F1 = F2

      B      F1 = ½ F2

      C      F1 = 2 F2

      D      F1 < F2                                                                       (2)

1.2 Watter EEN van die volgende is altyd in dieselfde rigting as die versnelling van ŉ
    liggaam?

      A      Snelheid

      B      Tempo van verandering van momentum

      C      Momentum

      D      Arbeid verrig                                                                 (2)

1.3 Twee bokse R en Q met massas 15 kg en 30 kg onderskeidelik, rus op ŉ
    wrywinglose horisontale oppervlak. Hierdie bokse word dan getrek met kragte
    FR = 50 N en FQ = 100 N en hulle beweeg na die rigting van die toegepaste kragte.
                                                    Q
                                R
          FR F
             =R50 N                                               FQ = 100 N
                                                   30 kg
                              15 kg

      Hoe vergelyk die traagheid van boks R met die traagheid van boks Q?

      A      Traagheid van boks R = Traagheid van boks Q

      B      Traagheid van boks R > Traagheid van boks Q

      C      Traagheid van boks R < Traagheid van boks Q

      D      Traagheid van boks R = 2 x Traagheid van boks Q                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                      TEGNIESE WETENSKAPPE V1                    (EC/JUNIE 2025)

1.4 ŉ Hyskraan beweeg ŉ boks na regs terwyl dit ŉ opwaartse krag van 10 780 N oor
    ŉ hoogte van 0,9 m uitoefen. Die massa van die boks is 1 100 kg, soos in die
    diagram hieronder getoon.

                                  Fa = 10 780 N
                                                    Rigting van beweging

                                              1 100 kg

     Die hoeveelheid arbeid deur die toegepaste krag op die boks verrig, is ...

     A       9 702 J.

     B       1 100 J.

     C       0 J.

     D       10 789 J.                                                                        (2)

1.5 Oorweeg die volgende stellings oor vloeistofdruk:

     (i)     Vloeistofdruk is direk eweredig aan die diepte
     (ii)    Vloeistofdruk is onafhanklik van die grootte van die vorm van die houer
     (iii)   Vloeistofdruk is inverse eweredig aan die digtheid van die vloeistof

     Watter EEN van die volgende opsies met betrekking tot vloeistofdruk is
     KORREK?

     A       (ii) en (iii)

     B       (i) en (iii)

     C       (i), (ii) en (iii)

     D       (i) en (ii)                                                                      (2)

1.6 Die KORREKTE definisie vir drywing is:

     A       Die verhouding van arbeid verrig oor ŉ sekere tydperk.

     B       Geen arbeid word verrig wanneer ŉ krag reghoekig op die bewegingsrigting
             inwerk nie.

     C       Die vermoë om arbeid te verrig.

     D       Die tempo waarteen arbeid verrig word.                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/JUNIE 2025)                        TEGNIESE WETENSKAPPE V1                        5

1.7     Die minimum krag wat op ŉ liggaam toegepas kan word sodat die liggaam sy
        oorspronklike vorm heeltemal herwin wanneer die krag verwyder word, is
        elastisiteitsgrens.

        Watter van die volgende woord(e) word VERKEERD in bogenoemde stelling
        gebruik?

        A         verwyder

        B         minimum

        C         elastisiteitsgrens

        D         oorspronklike vorm                                                 (2)

1.8     40 GPa is gelyk aan ...

        A         4 x 1015 Pa.

        B         40 x 106 Pa.

        C         4 x 108 Pa.

        D         40 x 109 Pa.                                                       (2)

1.9     Die ekwivalente eenheid aan N.s is ...

        A         kg m.s-2

        B         m.s-2

        C         kg m.s-1

        D         m.s-1                                                              (2)

1.10    Optiese vesels is op die verskynsel van ... gebaseer.

        A         diffraksie

        B         dispersie

        C         interferensie

        D         totale interne weerkaatsing                                         (2)
                                                                                     [20]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                              TEGNIESE WETENSKAPPE V1                         (EC/JUNIE 2025)

VRAAG 2

2.1 Die diagram hieronder toon ŉ 12 kg-boks wat teen konstante snelheid na die
    ooste beweeg terwyl drie kragte F1, F2 en F3 gelyktydig daarop uitgeoefen word.

     Die oppervlakte is wrywingloos.

             F1 = 64 N                      F3 = 160 N
                             12 kg
        F2

     2.1.1    Stel Newton se Eerste Bewegingswet in woorde.                               (2)

     2.1.2    Wat is die grootte van die versnelling van die boks?                        (1)

     2.1.3    Bereken die grootte van F2 as Newton se Eerste Wet gehoorsaam word.         (3)

2.2 ŉ Krag (Fa) met ŉ grootte van 280 N word toegepas om ŉ blok met massa 50 kg
    oor ŉ ruwe/growwe horisontale oppervlak teen ŉ hoek van 30º met die horisontale
    te stoot, soos in die diagram hieronder getoon.

                                Fa

                                 30º
                                              50 kg

     Die kinetiese wrywingskoëffisiënt (μk) is 0,24.

     2.2.1    Teken, met byskrifte, ŉ vrye liggaamdiagram om AL die kragte wat op die
              blok inwerk, te toon.                                                       (4)

     2.2.2    Bereken die grootte van die kinetiese wrywingskrag wat deur die blok
              ervaar word.                                                                (4)

     2.2.3    Wanneer die hoek tussen die toegepaste krag en die horisontaal vergroot
              word, sal die kinetiese wrywingskrag afneem.

              Is die stelling hierbo WAAR of ONWAAR?                                      (2)

     2.2.4    Bereken die versnelling van die blok.                                       (4)

     2.2.5    Dieselfde blok van 50 kg ondervind nou ŉ trekkrag wat gehalveer is. As
              alles anders dieselfde bly, hoe sal dit die omvang van die normaalkrag
              beïnvloed?

              Skryf slegs VERHOOG, VERMINDER of BLY DIESELFDE neer.                       (2)
                                                                                         [22]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/JUNIE 2025)                          TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                7

VRAAG 3

3.1 ŉ 10 kg-blok beweeg oos met ŉ snelheid van 8 m.s-1 en bots met ŉ stilstaande
    6 kg-blok.

      Onmiddellik na die botsing beweeg die 10 kg-blok wes teen ŉ snelheid van
      0,50 m.s-1 en die 6 kg-blok beweeg teen ŉ konstante snelheid oos, soos in die
      diagram hieronder getoon.

      Die botsing is onelasties.

                       VOOR BOTSING                                NA BOTSING

                  8 m.s-1        0 m.s-1                   0,5 m.s-1

                  10 kg           6 kg                     10 kg        6 kg

      3.1.1        Definieer die term momentum.                                                (2)

      3.1.2        Is die momentum in die bogenoemde stelsel behoue? Ja of Nee.                (1)

      3.1.3        Bereken die snelheid van die 6 kg-blok na botsing.                          (4)

      3.1.4        Noem en meld die wet wat in die berekening in VRAAG 3.1.3 hierbo
                   gebruik is.                                                                 (3)

3.2   ŉ Krieketbal met ŉ massa van 0,29 kg word teen ŉ snelheid van 24,69 m.s-1 na ŉ
      kolwer gegooi. Die kolwer slaan die bal terug na die bouler teen ŉ snelheid van
      15,70 m.s-1.

      3.2.1        Definieer die term impuls.                                                  (2)

      3.2.2        Wat kan gesê word oor die verwantskap van die impuls en die snelheid
                   van die bal wanneer dit na die bouler terugkeer? Is hierdie hoeveelhede
                   DIREK EWEREDIG of INVERSE EWEREDIG teenoor mekaar?                          (2)

      3.2.3        Die netto krag wat die bal op die kolf uitoefen, neem af wanneer die tyd
                   van kontak tussen die bal en die kolf toeneem. Gee ŉ rede waarom dit
                   gebeur.                                                                     (2)

      3.2.4        Bereken die netto krag wat die kolf op die bal uitoefen wanneer die
                   kontaktyd tussen die kolf en die bal 0,007 s is.                            (4)

      3.2.5        Wat is die grootte en rigting van die netto krag wat die bal op die kolf
                   uitoefen?                                                                   (2)

      3.2.6        Noem en meld die wet wat gebruik is om VRAAG 3.2.5 te beantwoord .          (3)
                                                                                              [25]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                              TEGNIESE WETENSKAPPE V1                          (EC/JUNIE 2025)

VRAAG 4

4.1 ŉ Nutsman verf die dak van ŉ huis. Terwyl hy verf, stamp hy per ongeluk die
    verfhouer met ŉ massa van 5 kg teen ŉ hoogte van 4 m bo die grond. Aanvaar
    dat die stelsel geïsoleer is.

     4.1.1   Definieer die term kinetiese energie.                                        (2)

     4.1.2   Stel die beginsel van behoud van meganiese energie in woorde.                (2)

     4.1.3   Bereken die meganiese energie van die verfhouer op ŉ hoogte van
             4 m bo die grond.                                                            (3)

     4.1.4   Bereken die snelheid van die verfhouer op ŉ hoogte van 2 m bo die
             grond.                                                                       (4)

     4.1.5   Gee die grootte van die verfhouer se kinetiese energie net voor dit die
             grond tref, sonder berekening. Gee ŉ rede vir jou antwoord.                  (3)

4.2 ŉ Tuinier pas ŉ krag van 100 N toe om ŉ krat met grond oor ŉ afstand van
    4,5 m te trek. Die totale massa van die krat met die grond is 60 kg.

      Ff = 20 N                                        Fa = 100N

                                                      4,5 m

     4.2.1   Definieer die term arbeid verrig.                                            (2)

     4.2.2   Bereken die hoeveelheid arbeid wat deur wrywing verrig word.                 (3)

     4.2.3   As die grootte van die hoek tussen die toegepaste krag en die rigting
             van beweging 90° is, wat sal die waarde vir die arbeid wat op die krat
             verrig word, wees.                                                           (2)

     4.2.4   Bereken die netto arbeid wat op die krat en sy inhoud verrig is.             (4)
                                                                                         [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/JUNIE 2025)                        TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                9

VRAAG 5

5.1 Verduidelik wat ŉ perfekte elastiese liggaam is.                                       (2)

5.2 Definieer die term spanning.                                                           (2)

5.3 Die tabel hieronder toon data van spanning teenoor rekking van Stof A en
    Stof B.

                         STOF A                              STOF B
        Druk (x 10-2)      Spanning (x 109)      Druk (x 10-2)  Spanning (x 109)
                  1              1,8                 1,1             3,78
                  2              3,6                 1,9             7,02
                  3              5,4                  3             10,44
                  4              7,2

      Beantwoord die volgende vrae met behulp van die tabel van resultate hierbo.

      5.3.1       Skryf die verhouding tussen spanning en rekking neer.                    (2)

      5.3.2       Noem die wet wat die verhouding tussen spanning en rekking hierbo
                  stel.                                                                    (1)

      5.3.3       Watter EEN van die stowwe het die hoogste elastisiteitsmodulus?
                  Motiveer jou antwoord deur middel van berekeninge.                       (5)

5.4 Die viskositeit van drie verskillende stowwe by 25 ºC word in die tabel hieronder
    gegee.

                        STOWWE                          VISKOSITEIT (Pa.s)
       Asyn                                     8,9 x 10-4
       Etanol                                   10,4 x 10-4
       Motorolie SAE-10                         650 x 10-4

      5.4.1       Definieer viskositeit.                                                   (2)

      5.4.2       Watter EEN van die bogenoemde stowwe vloei die vinnigste?
                  Verduidelik jou antwoord.                                                (2)

      5.4.3       Hoe beïnvloed die toename in temperatuur die viskositeit?                (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                            TEGNIESE WETENSKAPPE V1                          (EC/JUNIE 2025)

5.5 ŉ Stelsel van hidrouliese remme het die volgende mates:

     x Oppervlakte van suier A is 142 x 10-6 m2
     x Oppervlakte van suier B is 253,50 x 10-6 m2

     Die krag wat op die rempedaal toegepas word is 882,50 N.

       Rempedaal          Suier A
                                             Remblok

                        Suier B

     5.5.1   Stel Pascal se wet in woorde.                                               (2)

     5.5.2   Bereken die krag wat deur suier B op die remblok uitgeoefen word.           (4)

     5.5.3   Wat sal met die druk op die rem gebeur as die area van suier B vergroot
             word? Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE neer.                    (1)

     5.5.4   Skryf TWEE gebruike van hidrouliese stelsels behalwe hidrouliese
             remme neer.                                                                 (2)
                                                                                        [27]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/JUNIE 2025)                            TEGNIESE WETENSKAPPE V1                            11

VRAAG 6

ŉ Ligstraal kan beide weerkaatsing en breking ondergaan.

6.1 Definieer die term weerskaatsing van lig.                                                (2)

6.2 ŉ Ligstraal tref die muur teen ŉ hoek.

                        Normaal

                      Invalstraal

                                                  Muur

      Herteken die bostaande diagram en voltooi die diagram deur die weerkaatsing
      van die ligstraal na die muur te toon. Benoem ALLE ligstrale en hoeke.                 (3)

6.3 Die brekingsindeks van vier media A, B, C en D word in die tabel hieronder
    gegee.

       Medium                        A             B            C            D
       Brekingsindeks               1,00          1,33         1,52         2,42

      6.3.1       Definieer die term brekingsindeks.                                         (2)

      6.3.2       Deur watter medium sal lig die vinnigste beweeg?                           (2)

      6.3.3       Medium A is die mees opties dig in die tabel hierbo.
                  Sê of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. Gee ŉ rede vir jou antwoord.     (3)

      6.3.4       As die ligstraal medium C binne-in medium D verlaat, sal dit NA of WEG
                  van die normaal breek? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                        (3)
                                                                                            [15]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                           TEGNIESE WETENSKAPPE V1                         (EC/JUNIE 2025)

VRAAG 7

7.1 ŉ Ligstraal word gebruik om die posisie en grootte van die beeld wat deur ŉ
    konvekse lens gevorm word, te bepaal.

     7.1.1   Vir watter posisie van die voorwerp vorm ŉ konvekse lens ŉ virtuele en
             regop beeld?                                                                (2)

     7.1.2   ŉ Voorwerp met ŉ grootte van 5 mm word 14 mm voor die konvekse lens
             geplaas. Die lens het ŉ brandpuntsafstand van 10 mm. Teken ŉ
             straaldiagram volgens skaal om te wys hoe die beeld gevorm word.            (8)

     7.1.3   Gebruik die straaldiagram om die posisie, grootte en aard van die beeld
             te bepaal.                                                                  (3)

7.2 Gee DRIE toepassings waar konvekse lense gebruik word.                               (3)
                                                                                        [16]

                                                                          TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/JUNIE 2025)                  TEGNIESE WETENSKAPPE V1                              13

                         DATA FOR TECHNICAL SCIENCES GRADE 12
                                       PAPER 1

                      GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                      VRAESTEL 1

TABLE 1/TABEL 1
         NAME/NAAM                  SYMBOL/SIMBOOL         VALUE/WAARDE

Acceleration due to gravity                g                    9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Speed of light in a vacuum
                                           c                3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in ŉ vakuum

Planck's constant                          h                6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant                         k               9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron                         -e                -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass                              me               9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

FORCE/KRAG
Fnet ma                                   p mv

fs max = μsN                              fk = μ k N

Fnet Δt = Δp
                                          Fg mg
Δp = mv f - mv i

                                                L      e
Torque = F x r    ˔                       MA = E       I

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 14

14                                   TEGNIESE WETENSKAPPE V1                               (EC/JUNIE 2025)

 WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
 Speed/Spoed                                      c=fλ
 Energy/Energie                                   E = hf

                                                  or/of

                                                          hc
                                                  E=
                                                           λ
 WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

 W F 'x CosT                                     U mgh               or/of   EP     mgh

                                                 Wnet         'K             Wnet    'Ek
                                                                     or/of
       1                           1
 K       mv 2               Ek       mv 2
       2          or/of            2
                                                 'K       K f  Ki   or/of   'Ek     Ekf  Eki

                                   'Ek  'Ep             W
 Wnc     'K  'U or/of Wnc                       P
                                                         't
 Pave = Fvave / Pgemid = Fvgemid                 ME = Ek + Ep

ELASTICITY, VISCOSITY AND HYDRAULICS/ELASTISITEIT, VISKOSITEIT EN HIDROULIKA

         F
 V                                                        Δ"
         A                                           ε
                                                          L

 σ                                                   F1        F2
       K
 ε                                                   A1        A2

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 15

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 16

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [TECHNICAL SC P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/technical-sc-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/908d3036-cf44-49c2-932e-e507ab321f50) — Technical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2) — Technical Sciences · Memo · 2025 · Afr
- [TECH SCIENCES P2 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-gr12-qp-june-2024-afrikaans/5936bf40-036a-4569-ac4a-167de6c997db) — Technical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-technical-sciences-p1-afrikaans-2024-question-paper-x05/4fb6d9a6-6bef-4cd3-92a0-e57c57569891) — Technical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [TECH SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-qp-gr12-sept2023-afrikaans/4749a08d-f323-49b8-b7e3-6dad8bffd071) — Technical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [TECH SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans (Signing off 27 July)](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-signing-off-27-july/672a2441-5c52-410b-b26c-e20e787067bb) — Technical Sciences · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Technical Sciences

- [Gr 12 Tech Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tech-sci-atp-2023-24/a7a03e64-2e18-4f50-a7fa-6eb1a25136c7) — ATP
- [TECH SC P1 MEMO GR12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/tech-sc-p1-memo-gr12-sept-2025-e-a-watermark/4a156330-3801-46dc-b908-43c35dc64891) — Memo · 2025
- [TECHNICAL SCIENCES P2 MG GR12 SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-mg-gr12-sept2025-watermark/717f8fcd-96bb-4848-8cb7-68903a8f0550) — Memo · 2025
- [Gr 12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556) — Memo · 2025 · Afr
- [Technical Sciences P1 Erratum June Commom Updated](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-erratum-june-commom-updated/c0a5373a-1bd4-4019-b849-f2a26fa7ab0b) — Errata · 2024
- [TECH SCIENCES P2 QP GR12 SEPT2024 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-qp-gr12-sept2024-afrikaans-final/944116af-3dc5-4c88-8d68-1fb21a1bcfce) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
