# Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP

> Grade 12 Technical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c52a3a98-4d76-4d5e-9b3d-03c26864b5e6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Technical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Technical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/technical-sciences) › [Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c52a3a98-4d76-4d5e-9b3d-03c26864b5e6)

## About this document

Technical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                          SENIORSERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                                 JUNIE 2024

                 TEGNIESE WETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitend 2 gegewensblaaie.

### Page 2

2                              TEGNIESE WETENSKAPPE V1                          (EC/JUNIE 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.     Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

2.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik

4.     Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

5.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

6.     Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

7.     Rond jou FINALE numeriese antwoord tot TWEE desimale plekke af.

8.     Gee kort motiverings, besprekings, ensovoorts, waar nodig.

9.     Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/JUNIE 2024)                       TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                         3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die korrekte letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1 tot 1.10) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

1.1      Watter EEN van die volgende is die beste definisie van versnelling?

         A        Die tempo waarteen spoed verander.

         B        Die tempo waarteen snelheid verander.

         C        Die tempo waarteen posisie verander.

         D        Die tempo waarteen afstand verander.                                               (2)

1.2      Die traagheid van ŉ voorwerp kan as … gedefinieer word.

         A        die tempo waarteen sy snelheid verander

         B        ŉ krag wat op ŉ tou uitgeoefen word

         C        ŉ krag wat parallel aan die oppervlakte en ook teen die beweging werk

         D        die eienskap van ŉ voorwerp om enige verandering in sy toestand van
                  beweging of rus teen te werk                                                       (2)

1.3      Blok M rus op ŉ tafel. Krag F word op die blok toegepas soos in die diagram
         hieronder getoon en die blok bly in rus.

                                       F

                                              θ
                                                             M

         Watter EEN van die volgende faktore beïnvloed NIE die grootte van die
         wrywingskrag op blok M NIE?

         A        Die hoek θ tussen krag F en die horisontaal word verminder.

         B        Die kontak-area van die blok op die tafel word vermeerder.

         C        Die grootte van krag F word verminder.

         D        Die massa van M word vermeerder.                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

4                              TEGNIESE WETENSKAPPE V1                        (EC/JUNIE 2024)

1.4    Die lineêre momentum van ŉ voorwerp is ŉ …

       A     vektorhoeveelheid met dieselfde rigting as die snelheid van die
             voorwerp.

       B     skalaar hoeveelheid met dieselfde rigting as die snelheid van die
             voorwerp.

       C     skalaar hoeveelheid met ŉ teenoorgestelde rigting as die snelheid van
             die voorwerp.

       D     vektorhoeveelheid met ŉ teenoorgestelde rigting as die snelheid van
             die voorwerp.                                                               (2)

1.5    Die momentum van motor A verander met tyd net voor en net na ŉ kop-aan-
       kop botsing met motor B. Die twee motors se massas is dieselfde. Aanvaar
       dat die sisteem geïsoleerd is. Die snelheid van motor B VERMINDER na die
       botsing.

       Watter EEN van die volgende kombinasies aangaande momentum en
       kinetiese energie van die sisteem is KORREK?

                       MOMENTUM                       KINETIESE ENERGIE
       A       Bly behoue                      Bly nie behoue nie

       B       Bly nie behoue nie              Bly nie behoue nie

       C       Bly behoue                      Bly behoue

       D       Bly nie behoue nie              Bly behoue                                (2)

1.6    Drywing word as die … gedefinieer.

       A     vermoë om arbeid te verrig

       B     tempo waarteen arbeid verrig word

       C     produk van massa en versnelling

       D     produk van krag en verplasing                                               (2)

1.7    ŉ Bal word vertikaal opwaarts gegooi en keer terug grond toe. Die arbeid
       wat deur die gravitasiekrag op die bal verrig word is …

       A     positief op pad opwaarts en negatief op pad afwaarts.

       B     negatief op pad opwaarts en negatief op pad afwaarts.

       C     negatief op pad opwaarts en positief op pad afwaarts.

       D     positief op pad opwaarts en positief op pad afwaarts.                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/JUNIE 2024)                       TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                     5

1.8      Watter EEN van die volgende stellings is korrek?

         As die spanning wat op ŉ liggaam toegepas word meer is as die elastiese
         limiet van die liggaam en dan verwyder word, sal die liggaam …

         A        warm word.

         B        teen die spanning werk.

         C        nie tot sy oorspronklike vorm en grootte terugkeer nie.

         D        tot sy oorspronklike vorm en grootte terug keer.                               (2)

1.9      Die druk by ŉ punt in ŉ vloeistof is NIE afhanklik van … NIE.

         A        oppervlakte

         B        diepte

         C        digtheid

         D        gravitasie-versnelling                                                         (2)

1.10     ŉ Ligstraal skyn vanaf water na lug met ŉ invalshoek van 0°. Watter EEN van
         die volgende is waar?

         A        Die ligstraal word op die normaal gebreek.

         B        Die ligstraal ondergaan totale interne weerkaatsing.

         C        Die ligstraal word na die normaal gebreek.

         D        Die ligstraal word weg van die normaal gebreek.                            (2)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

6                              TEGNIESE WETENSKAPPE V1                         (EC/JUNIE 2024)

VRAAG 2

2.1   Mpho trek ŉ tas met ŉ massa van 10 kg teen ŉ KONSTANTE snelheid. Sy
      trek die tas oor ŉ ruwe, horisontale oppervlak met ŉ krag F van 50 N en teen
      ŉ hoek wat 60˚ met die horisontaal maak.

                                     60°

      2.1.1    Stel Newton se Eerste Bewegingswet in woorde.                             (2)

      2.1.2    Noem die nie-kontak krag wat op die tas inwerk.                           (1)

      2.1.3    Bereken die wrywingskoëffisiënt van die wrywingskrag op die tas.          (5)

2.2   ŉ Krag (F1) met ŉ grootte van 40 N word op ŉ 40 kg-blok wat op ŉ RUWE
      oppervlakte staan, teen ŉ hoek van 35˚ met die horisontaal toegepas. Die
      40 kg-blok is geheg aan ŉ 10 kg-blok waarop ŉ krag (F2) van 20 N toegepas
      word wat parallel is aan die oppervlakte op die 10 kg-blok. Die wrywingskrag
      tussen die 10 kg-blok en die oppervlakte is 2,5 N en die wrywingskoëffisiënt
      tussen die 40 kg-blok en die oppervlakte is 0,04.

               F1 = 40 N

                     35°˚
                                40 kg                        F2 = 20 N
                                               10 kg

      2.2.1    Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde.                             (2)

      2.2.2    Teken, met byskrifte, ŉ vrye liggaamdiagram om AL die kragte wat
               op die 10 kg-blok inwerk, aan te dui.                                     (5)

      2.2.3    Bereken die grootte van die vertikale komponent van F1.                   (2)

      2.2.4    Bereken die grootte van die normale krag wat op die 40 kg-blok            (2)
               inwerk.

      2.2.5    Bereken die wrywingskrag wat op die 40 kg-blok inwerk.                    (4)

      2.2.6    Bereken die grootte van die versnelling van die sisteem.                  (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/JUNIE 2024)                     TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                       7

       2.2.7      Hoe sal die versnelling van die sisteem beïnvloed word indien F2 teen
                  ŉ hoek van 30˚ met die horisontaal toegepas word? Skryf slegs
                  NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE.                                            (2)

2.3    John met ŉ massa van 70 kg en Mary met ŉ massa van 50 kg, staan op ŉ
       ysskaatsbaan soos hieronder getoon. Dan stoot John vir Mary weg met ŉ
       krag van 50 N na regs en hulle beweeg weg van mekaar af.

                  John
                             Mary

       2.3.1      Wat is die rigting en grootte van die krag wat John ondervind terwyl
                  hy Mary wegstoot?                                                              (2)

       2.3.2      Verduidelik, in terme van traagheid en ander toepaslike konsepte,
                  waarom John en Mary nie ewe ver van hulle beginpunte eindig nie.           (3)
                                                                                            [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

8                              TEGNIESE WETENSKAPPE V1                              (EC/JUNIE 2024)

VRAAG 3

3.1   ŉ Krieketbal, met ŉ massa van 175 g, word reguit na ŉ kolwer teen ŉ
      horisontale snelheid van 12 m∙s-1 gegooi. Hy slaan dit terug in die
      teenoorgestelde rigting met ŉ snelheid van 30 m.s-1. Die bal is in kontak met
      die kolf vir ŉ tydperk van 0,05 s.

      3.1.1    Definieer die term impuls in woorde.                                            (2)

      3.1.2    Bereken die verandering in momentum van die bal in grootte en
               rigting.                                                                        (5)

      3.1.3    Bereken die grootte van die krag wat die kolf op die bal uitoefen.              (3)

      3.1.4    Moderne motors gebruik frommelsones aan die voor- en sykante as
               ŉ veiligheidsmaatreël om die aantal beserings tydens ŉ botsing te
               verminder.
               Verduidelik, deur gebruik te maak van die impuls-beginsel, hoe
               frommelsones beserings verminder.                                               (4)

3.2   Blok X, massa 2 kg, gly teen 3 m∙s-1 na regs en bots met ŉ stilstaande blok Y,
      met massa 3,5 kg. Blok X bons terug met ŉ snelheid van 1 m∙s-1 na links.

      3.2.1    Skryf neer die beginsel van behoud van lineêre momentum in woorde.              (2)

      3.2.2    Bereken die snelheid van blok Y na die botsing.                                 (5)
                                                                                              [21]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/JUNIE 2024)                      TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                      9

VRAAG 4

4.1    ŉ Toegepaste krag van 50 N werk in op ŉ blok en dit beweeg ŉ afstand van
       10 m in ŉ reguitlyn. Tydens die beweging is die wrywingskrag op die blok
       20 N.

                                                              50 N
                       20 N
                                                            10 m

       4.1.1      Definieer die term arbeid in woorde.                                           (2)

       Bereken die:
       4.1.2      Arbeid verrig deur die toegepaste krag                                         (4)

       4.1.3      Arbeid verrig deur wrywing                                                     (3)

       4.1.4      Netto arbeid op die blok verrig                                                (3)

4.2    ŉ Motorwerktuigkundige stoor ŉ enjin in ŉ gat in die vloer van sy werkswinkel.
       Hy gebruik ŉ hyskraan om die enjin uit die gat te lig. Die massa van die enjin
       is 1 500 kg. Vanaf die vloer se oppervlak tot by punt X beweeg die enjin ŉ
       hoogte van 0,5 m teen ŉ KONSTANTE snelheid. Die drywing wat die hyskraan
       oor hierdie afstand verrig is 7,35 kW. Ignoreer die massa van die kabel en die
       uitwerking van wrywing.

                                          Hyskraan

                                                    X

                                           0 ,5 m
                                            Enjin
                                                            Vloer

                                            Gat in vloer

       4.2.1      Teken ŉ vrye liggaamdiagram om al die kragte te toon wat op die enjin
                  inwerk terwyl dit tussen die vloer en punt X beweeg.                           (2)

       Bereken die:

       4.2.2      Spoed waarteen die enjin gelig word                                            (4)

       4.2.3      Arbeid deur die toegepaste krag op die enjin tussen die vloer en
                  punt X verrig                                                                  (3)

       4.2.4      Gravitasie-potensiële energie van die enjin by punt X met die vloer as
                  verwysing                                                                  (3)
                                                                                            [24]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

10                            TEGNIESE WETENSKAPPE V1                           (EC/JUNIE 2024)

VRAAG 5

5.1     ŉ Draad, lengte 335 cm, met ŉ deursnee oppervlak van 5 x 10-5 m2, word
        gebruik om ŉ gewig van 3,5 kN vanaf ŉ horisontale balk te laat hang. Die
        gewig veroorsaak dat die draad met 12 mm verleng word.

                                                                     Balk

                                                     Kabel

                                           Gewig

5.1     Stel Hooke se wet in woorde.                                                      (2)

5.2     Bereken die:

        5.2.1   Druk                                                                      (3)

        5.2.2   Rekking                                                                   (3)

        5.2.3   Elastisiteitsmodulus                                                      (3)

5.3     Gee TWEE voorbeelde van perfekte/volkome plastiese liggame.                      (2)
                                                                                        [13]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/JUNIE 2024)                      TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                       11

VRAAG 6

6.1     ŉ Metaalsilinder van 250 kg staan (vertikaal) regop op ŉ werkswinkelvloer en
        die deursnee-oppervlak wat in aanraking met die vloer is, is 3,15 x 104 mm2.

        6.1.1     Definieer die term druk.                                                         (2)

        6.1.2     Bereken die druk wat die silinder op die vloer uitoefen.                         (4)

6.2     ŉ Watertenk het ŉ hoogte van 2,5 m en is met water gevul. Die digtheid van
        die water is 1 000 kg·m-3.

                                                  X         2 ,5 m
                                         0 ,9 m

        6.2.1     Bereken die druk van die water by punt X in die tenk. Punt X is 0,9 m
                  vanaf die bodem van die tenk.                                                    (4)

        6.2.2     Die water word met petrol, wat minder dig is as water vervang. Sal die
                  vloeistofdruk met petrol by punt X MEER AS, MINDER AS of
                  DIESELFDE AS tevore wees? Verduidelik jou antwoord.                              (4)

6.3     Op die hidrouliese hyser wat hieronder getoon word, het die groot suier ŉ
        deursnee-oppervlakte (A1) van 200 cm2, en die klein suier ŉ deursnee-
        oppervlakte (A2) van 5 cm2. ŉ Krag van 250 N word op die klein suier toegepas.

                                                                       F2

                                           A1                            A2
                                    F1

        6.3.1     Stel Pascal se wet in woorde.                                                (2)

        6.3.2     Bereken die krag F1 op die groot suier.                                      (4)

        6.3.3     Gee TWEE redes waarom vloeistowwe, en nie gasse, verkies word om
                  in hidrouliese sisteme gebruik te word.                                      (2)
                                                                                              [22]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

12                            TEGNIESE WETENSKAPPE V1                        (EC/JUNIE 2024)

VRAAG 7

Die pad wat ŉ ligstraal wat vanaf glas na lug beweeg, word in die diagram hieronder
getoon. Die grenshoek van hierdie glas is 55˚.

                     Glas                                       Glas

                      Lug                                      Lug

7.1   Definieer die term breking.                                                       (2)

7.2   Benoem die volgende:

      7.2.1     A                                                                       (1)

      7.2.2     D                                                                       (1)

7.3   Definieer grenshoek.                                                              (2)

7.4   Wat word die verskynsel genoem wat plaasvind wanneer die invalshoek (i)
      groter as 55˚ is?                                                                 (1)

7.5   Sal die brekingshoek (r) GROTER AS, KLEINER AS of GELYK AAN die
      invalshoek (i) wees?                                                              (1)

7.6   Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 7.5.                                         (2)

7.7   Teken ŉ stralediagram om die posisie en grootte van ŉ beeld te bepaal wat
      gevorm word wanneer die brandpuntafstand vir ŉ konvekse lens F is, en die
      voorwerp se hoogte 3 cm is en op ŉ afstand van 2F geplaas word.                   (5)
                                                                                       [15]

                                                                         TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/JUNIE 2024)               TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                 13

                     DATA FOR TECHNICAL SCIENCES GRADE 12
                                    PAPER 1
                  GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                  VRAESTEL 1
TABLE 1/TABEL 1
            NAME/NAAM           SYMBOL/SIMBOOL          VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity             g                   9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Speed of light in a vacuum
                                        c                3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in ŉ vakuum
Planck’s constant                       h                6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant                      k               9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron                      -e                -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass                          me                9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

FORCE/KRAG

Fnet = ma                              p = mv

fs max = μsN                           fk = μ k N

Fnet Δt = Δp
                                       Fg = mg
Δp = mv f - mv i

                                            L e
Torque = F x r˔                        MA = E = I

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 14

14                                  TEGNIESE WETENSKAPPE V1                           (EC/JUNIE 2024)

 WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

 W = Fx cos                                   U= mgh           or/of   EP = mgh

                                                Wnet = K                Wnet = Ek
                                                                 or/of
      1                            1
 K=     mv 2              Ek =       mv 2
      2          or/of             2
                                                K = K f − K i   or/of   Ek = Ekf − Eki

                                                     W
 Wnc = K + U or/of Wnc = Ek + Ep            P=
                                                     t
 Pave = Fvave / Pgemid = Fvgemid                M E = Ek + E p

 WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
 Speed/Spoed                                      c=fλ
 Energy/Energie                                   E = hf

                                                  or/of

                                                       hc
                                                  E=
                                                        λ

ELASTICITY, VISCOSITY AND HYDRAULICS/ELASTISITEIT, VISKOSITEIT EN
HIDROULIKA

        F
 =                                                       Δ
        A                                          ε=
                                                          L

 σ                                                  F1  F
   =K                                                  = 2
 ε                                                  A1 A 2

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-technical-sciences-p1-afrikaans-2024-question-paper-x05/4fb6d9a6-6bef-4cd3-92a0-e57c57569891) — Technical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [TECHNICAL SC P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/technical-sc-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/908d3036-cf44-49c2-932e-e507ab321f50) — Technical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Technical Sciences P1 Erratum June Commom Updated](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-erratum-june-commom-updated/c0a5373a-1bd4-4019-b849-f2a26fa7ab0b) — Technical Sciences · Errata · 2024
- [TECH SCIENCES P2 QP GR12 SEPT2024 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-qp-gr12-sept2024-afrikaans-final/944116af-3dc5-4c88-8d68-1fb21a1bcfce) — Technical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [TECH SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-qp-gr12-sept2023-afrikaans/4749a08d-f323-49b8-b7e3-6dad8bffd071) — Technical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [TECH SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans (Signing off 27 July)](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-signing-off-27-july/672a2441-5c52-410b-b26c-e20e787067bb) — Technical Sciences · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Technical Sciences

- [Gr 12 Tech Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tech-sci-atp-2023-24/a7a03e64-2e18-4f50-a7fa-6eb1a25136c7) — ATP
- [TECH SC P1 MEMO GR12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/tech-sc-p1-memo-gr12-sept-2025-e-a-watermark/4a156330-3801-46dc-b908-43c35dc64891) — Memo · 2025
- [TECHNICAL SCIENCES P2 MG GR12 SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-mg-gr12-sept2025-watermark/717f8fcd-96bb-4848-8cb7-68903a8f0550) — Memo · 2025
- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2) — Memo · 2025 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556) — Memo · 2025 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-technical-sciences-p2-afrikaans-2024-possible-answers/c1449bf5-4982-445b-9339-f37ae288b315) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
