# Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP

> Grade 12 Technical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-signing-off-27-july/672a2441-5c52-410b-b26c-e20e787067bb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Technical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Technical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/technical-sciences) › [Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-signing-off-27-july/672a2441-5c52-410b-b26c-e20e787067bb)

## About this document

Technical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                         SEPTEMBER 2020

                 TEGNIESE WETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitend 2 gegewensblaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           TEGNIESE WETENSKAPPE V1                  (EC/SEPTEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Skryf jou VOLLE NAAM en VAN in die toepaslike ruimtes op die
      ANTWOORDEBOEK.

 2.   Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae. Beantwoord AL die vrae in die
      ANTWOORDEBOEK.

 3.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

 4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

 5.   Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, bv. tussen VRAAG 2.1 en VRAAG
      2.2.

 6.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 7.   Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

 8.   Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

 9.   Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

 10. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE desimale
     plekke af.

 11. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

 12. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                 TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                 3

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1–1.10) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

 1.1   ŉ Sak word op die wrywinglose vloer van ŉ bus geplaas, wat weswaarts teen
       ŉ konstante snelheid beweeg. Indien die bus skielik stop, sal die sak …

       A      nie beweeg nie.

       B      ooswaarts beweeg.

       C      weswaarts beweeg.

       D      suidwaarts beweeg.                                                          (2)

 1.2   Watter EEN van die volgende is altyd in dieselfde rigting as die versnelling van
       ŉ voorwerp?

       A      Snelheid

       B      Arbeid verrig

       C      Momentum

       D      Tempo van verandering in momentum                                           (2)

 1.3   ŉ Blok met massa m word oor ŉ wrywinglose oppervlak deur ŉ krag F getrek.
       Die versnelling van die voorwerp is a m.s-2.

       Wat sal die grootte van die krag wees wat nodig is om ŉ blok met massa 2m
       teen a m.s-2 te versnel?

       A      ½F

       B      F

       C      2F

       D      3F                                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            TEGNIESE WETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.4    Twee blokke, P en Q, wat aanvanklik in rus is, het ŉ saamgeperste veer tussen
        hulle. Die veer word ontspan en die blokke beweeg weg van mekaar.
        IGNOREER WRYWING.

                                                                         N
                                           Q
                       P                                        W                O

                                                                         S

        Die grootte van die momentum van blok P nadat die veer ontspan is, is
        x kg.m.s-1.

        Watter EEN van die volgende gee die KORREKTE totale momentum van die
        sisteem, voordat die veer ontspan is en die momentum van die blok Q nadat
        die veer ontspan is?

                   Totale momentum van die           Momentum van blok Q nadat
               sisteem voor die veer ontspan is         die veer ontspan is
        A                     0                             x ooswaarts

        B                  x weswaarts                              0

        C                  x ooswaarts                        x weswaarts

        D                      0                              x weswaarts                   (2)

 1.5    ŉ Krag F word teen ŉ hoek van 60° met die horisontaal toegepas op ŉ
        voorwerp oor ŉ afstand en die arbeid wat verrig word, is W.

        Die arbeid wat verrig word om die voorwerp oor dieselfde afstand te beweeg
        met krag F wat horisontaal tot die oppervlak inwerk is …

        A      ½ W.

        B      W.

        C      2 W.

        D      3 W.                                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                  TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                   5

 1.6    Beskou die volgende stellings in verband met vloeistofdruk:

        (i)     Vloeistofdruk is direk eweredig aan die diepte
        (ii)    Vloeistofdruk is onafhanklik van die grootte en vorm van die houer
        (iii)   Vloeistofdruk is omgekeerd eweredig aan die digtheid van die
                vloeistof

        Watter EEN van die volgende is KORREK aangaande vloeistofdruk?

        A       (i) en (ii)

        B       (ii) en (iii)

        C       (i) en (iii)

        D       (i), (ii) en (iii)                                                        (2)

 1.7    ŉ Krag wat die vorm en grootte van ŉ liggaam verander, is ŉ … krag.

        A       normale

        B       wrywings-

        C       herstel-

        D       vervormings-                                                              (2)

 1.8    Die maksimum krag wat op ŉ liggaam toegepas kan word sodat dit sy
        oorspronklike vorm kan herwin as die krag verwyder word, word …
        genoem.

        A       druk

        B       rekking

        C       spanning

        D       elastisiteitsgrens                                                       (2)

 1.9    Die ekwivalente eenheid van Farad (F) is …

        A       C∙V.

        B       C∙V-1.

        C       C∙V-2.

        D       C∙V2.                                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                           TEGNIESE WETENSKAPPE V1                      (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.10 In die stroombaan hieronder getoon is die weerstand van Y dubbel dié
      van X.

        Indien die stroom deur X gelyk aan 1 A is, dan is die stroom deur Y …

        A      ½ A.

        B      1 A.

        C      2 A.

        D      4 A.                                                                     (2)
                                                                                       [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                TEGNIESE WETENSKAPPE V1                              7

 VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 ŉ Blok word oor ŉ ruwe oppervlak XY deur middel van krag F getrek. Die blok
 beweeg teen ŉ konstante snelheid van 5 m.s-1 op gedeelte XY.

 Wanneer die blok by Y verbybeweeg, word krag F verwyder.

 Gedeelte YZ is wrywingloos.

 2.1    Teken ŉ vryeliggaamdiagram van al die kragte wat op die blok inwerk
        wanneer dit op gedeelte YZ beweeg.                                             (2)

 2.2    Stel Newton se eerste bewegingswet in woorde.                                  (2)

 2.3    Beskryf die beweging van die blok op gedeelte YZ.                              (2)
                                                                                       [6]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             TEGNIESE WETENSKAPPE V1                        (EC/SEPTEMBER 2020)

VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Twee blokke met massas 30 kg en 20 kg onderskeidelik, word met ŉ ligte, onrekbare
tou verbind en getrek deur ŉ krag F wat toegepas word teen ŉ hoek van 30° met die
horisontaal.

Die spanning T in die tou is 50 N en die wrywingskoëffisiënt is 0,2 vir albei blokke.

Aanvaar dat die sisteem geïsoleerd is.

3.1   Stel Newton se tweede bewegingswet in woorde.                                          (2)

3.2   Definieer die term geïsoleerde sisteem.                                                (2)

3.3   Teken die vryeliggaamdiagram van al die kragte wat op die 30 kg blok inwerk.           (5)

3.4   Bereken die:

      3.4.1    Versnelling van die blokke                                                    (4)

      3.4.2    Grootte van krag F wat op die 30 kg-blok toegepas word                        (5)

3.5   Krag F word nou toegepas op ŉ afwaartse hoek van 30° tot die horisontaal soos
      in die diagram getoon.

      Hoe sal die volgende hoeveelhede verander?
      (Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.)

      3.5.1    Versnelling van die sisteem                                                   (1)

      3.5.2    Spanning T in die tou                                                         (1)

3.6   Verduidelik jou antwoord in VRAAG 3.5.1.                                              (2)
                                                                                           [22]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                       TEGNIESE WETENSKAPPE V1                          9

 VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 ŉ 5 kg-blok beweeg ooswaarts teen ŉ snelheid van 4 m∙s-1 en bots met ŉ stilstaande
 blok met massa 3 kg.
 Direk na die botsing beweeg die 5 kg-blok weswaarts teen ŉ snelheid van
 0,25 m.s-1 terwyl die 3 kg blok ooswaarts beweeg met ŉ konstante snelheid, soos
 in die diagram hieronder getoon.

 Die botsing is onelasties.

          VOOR DIE BOTSING                            NA DIE BOTSING

        4 m.s-1                                      0,25 m.s-1
                                     -1
                              0 m.s

       5 kg                   3 kg                     5 kg         3 kg

 4.1    Definieer die term momentum.                                                      (2)

 4.2    Watter hoeveelheid (MOMENTUM of KINETIESE ENERGIE) bly behoue
        tydens hierdie botsing?                                                           (1)

 4.3    Bereken die snelheid van die 3 kg-blok na die botsing.                            (4)

 4.4    Noem en stel die wet wat in die berekening in VRAAG 4.3 hierbo gebruik is.       (3)
                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           TEGNIESE WETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 ŉ Motorvoertuig met ŉ massa van 1 000 kg beweeg ooswaarts en bots kop-aan-
 kop met ŉ vragmotor met ŉ massa van 5 000 kg wat weswaarts teen 20 m.s-1
 beweeg. Die krag wat die vragmotor op die motorvoertuig uitoefen is 100 000 N en
 die botsing neem 0,4 s.

 Na die botsing beweeg die motorvoertuig en die vragmotor saam.
 Ignoreer die effek van wrywing.

 5.1     Wat is die grootte en rigting van die krag wat die motorvoertuig op die
         vragmotor uitoefen tydens die botsing?                                           (2)

 5.2     Noem en stel die wet wat gebruik is om VRAAG 5.1 hierbo te beantwoord.           (3)

 5.3     Definieer die term impuls.                                                       (2)

 5.4     Bereken die snelheid van die motorvoertuig na die botsing.                       (4)
                                                                                         [11]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                  TEGNIESE WETENSKAPPE V1                              11

VRAAG 6 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

6.1    ŉ Houer met bakstene met ŉ massa van 50 kg word deur ŉ motor wat bo-op
       die gebou geplaas word, gelig, soos in die diagram getoon. Die krag wat deur
       die motor uitgeoefen word is F en die houer beweeg opwaarts met ŉ konstante
       snelheid van 5 m.s-1.

       6.1.1     Definieer die term arbeid.                                               (2)

       6.1.2     Benoem die kragte wat op die houer met bakstene inwerk.                  (2)

       6.1.3     Wat is die netto arbeid wat op die houer met bakstene verrig word?
                 Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                             (2)

       6.1.4     Bereken die drywing wat deur die motor opgewek word.                     (4)

6.2    ŉ Baksteen met massa 0,5 kg word afwaarts gegooi met ŉ snelheid van
       10 m.s-1 vanaf ŉ hoogte van h meter bokant die grond.

       Wanneer die baksteen op ŉ hoogte van ⅔ h meter bokant die grond is, is sy
       snelheid 20,34 m.s-1.
       (IGNOREER LUGWRYWING.)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                           TEGNIESE WETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2020)

        6.2.1   Stel die wet van die behoud van meganiese energie.                       (2)

        6.2.2   Bereken die meganiese energie van die baksteen.                          (6)

        6.2.3   Bereken die snelheid van die baksteen net voordat dit die grond
                tref.                                                                    (3)

 6.3    ŉ Voorwerp met ŉ massa van 20 kg word op ŉ reguit horisontale pad na regs
        getrek sonder dat dit gelig word. Die kragtediagram hieronder toon al die
        kragte wat op die voorwerp inwerk.

                              N

                                         F = 10 N

                                                      4m

                              Fg

        Die toegepaste krag F is 10 N en die voorwerp word ŉ afstand van 4 m
        verplaas.

        6.3.1    Wat is die arbeid wat deur die normaalkrag (N) verrig word?
                 Verduidelik.                                                            (3)

        6.3.2    Bereken die arbeid wat deur krag F verrig word.                         (3)
                                                                                        [27]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                             TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                    13

 VRAAG 7 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 7.1      Wat is ŉ volkome elastiese liggaam?                                                            (2)

 7.2      Definieer die term druk.                                                                       (2)

 7.3      ŉ Druk teenoor rekking grafiek vir staal en wolfram (tungsten) word
          hieronder getoon.

                                                                           Staal

            Druk (x109 kPa)

                                            Rekking (x 10-2)

          Beantwoord die volgende vrae deur van die bostaande grafiek gebruik te
          maak.

          7.3.1               Skryf die verwantskap tussen druk en rekking neer.                         (2)

          7.3.2               Skryf neer die naam van die wet wat die verwantskap tussen druk
                              en rekking stel.                                                           (1)

          7.3.3               Watter EEN van die materiale het die hoogste elastisiteits-
                              module? Verduidelik.                                                       (2)

          7.3.4               Bereken die elastisiteitsmodule van staal.                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            TEGNIESE WETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2020)

 7.4    Die viskositeit van drie verskillende stowwe by 25 °C word in die
        onderstaande tabel gegee.

                     Stof                              Viskositeit (Pa.s)
        Water                                             8,94 x 10-4
        Bloed                                             3,50 x 10-3
        Motorolie SAE 10                                  6,50 x 10-2

        7.4.1   Definieer viskositeit.                                                      (2)

        7.4.2   Watter EEN van die bogenoemde stowwe vloei die vinnigste?
                Verduidelik jou antwoord.                                                   (2)

        7.4.3   Hoe sal ŉ toename in temperatuur die viskositeit beïnvloed?                 (2)

 7.5    ŉ Eenvoudige diagram van hidrouliese remme word hieronder gegee.
        Die oppervlakte van suier A is 284 x 10-6 m² en suier B is 507 x 10-6 m².
        Die krag wat op die rempedaal toegepas word is 1 765 N.

        7.5.1   Stel Pascal se wet in woorde.                                               (2)

        7.5.2   Bereken die krag wat suier B op die remskoen uitoefen.                      (4)

        7.5.3   Wat sal met die druk op die remskoen gebeur indien die oppervlakte
                van suier B vergroot word?

                Skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE.                             (1)

        7.5.4   Skryf TWEE gebruike van hidrouliese stelsels neer behalwe
                hidrouliese remme.                                                         (2)
                                                                                          [27]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                    TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                15

 VRAAG 8 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 8.1    Halfgeleier Ge word met die element fosfor (P) gedokteer.

        8.1.1     Wat is doktering?                                                         (2)

        8.1.2     Wat is die aantal valenselektrone in fosfor?                              (1)

        8.1.3     Watter tipe (n-tipe of p-tipe) halfgeleier word in die bogenoemde
                  proses gevorm?                                                            (2)

        8.1.4     Wat is die verskil tussen n-tipe en p-tipe materiale?                     (2)

 8.2    Elke plaat van ŉ parallelle plaat kapasitor het ŉ oppervlakte van 10 cm². Die
        plate word ’n afstand van 1 m van mekaar geplaas, met lug wat in die spasie
        tussen die plate is. Die kapasitor word aan ŉ 12 V GS toevoer verbind.

        8.2.1     Bereken die grootte van die lading op elke plaat.                         (6)

        8.2.2     Wat is die netto lading op die kapasitor?                                 (1)

        8.2.3     Noem TWEE faktore wat die kapasitansie van ŉ kapasitor sal
                  beïnvloed.                                                                (2)

 8.3    ŉ Elektriese ketel met ŉ weerstand van 26 Ω en ŉ mikrogolfoond met ŉ
        weerstand van 52 Ω word in parallel geskakel en die kombinasie word
        verbind aan ŉ spanningsbron van 230 V soos in die diagram getoon.

        8.3.1     Definieer drywing.                                                        (2)

        8.3.2     Bereken die totale weerstand van die stroombaan.                          (3)

        8.3.3     Bereken die drywing wat oor die ketel gevorm word.                        (3)

        8.3.4     Hoeveel hitte word deur die ketel in 2 minute geproduseer?                (3)
                                                                                           [27]

                                                                          TOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                TEGNIESE WETENSKAPPE V1                           (EC/SEPTEMBER 2020)

                DATA FOR TECHNICAL SCIENCES GRADE 12
                              PAPER 1
            GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                             VRAESTEL 1
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

           NAME/NAAM                          SYMBOL/SIMBOOL           VALUE/WAARDE
 Acceleration due to gravity
                                                    g                          9,8 m·s-2
 Swaartekragversnelling
 Coulomb's constant
                                                    k                  9,0 x 109 N·m2·C-2
 Coulomb se konstante
 Permittivity of free space
                                                    ε0                     8,85 x 10-12 F.m-1
 Permittiwiteit van vry ruimte

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
FORCE/KRAG
 Fnet  ma                      p  mv
 fs max = μsN                                      fk = μk N
 Fnet Δt = Δp
                                                   Fg  mg
 Δp = mv f - mvi

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
 W  Fx cos                                      U  mgh         or/of       EP  mgh
     1                                1                  W
 K    mv2           or/of     Ek      mv2        P
     2                                2                  t
 Pave = Fvave    /     Pgemid = Fvgemid            ME = Ek + Ep

ELASTICITY, VISCOSITY AND HYDRAULICS/
ELASTISITEIT, VISKOSITEIT EN HIDROULIKA

       F                                                      Δ
                                                       ε
       A                                                      L

 σ                                                       F1  F
   K                                                        2
 ε                                                       A1 A 2
 P = 𝜌gh

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
      Q                                                  εο Α
 C                                                C
      V                                                   d

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)           TEGNIESE WETENSKAPPE V1                  17

CURRENT ELECTRICITY/STROOMELEKTRISITEIT
    V
 R
    I

 R s  R1  R2  ...
  1 1 1                              q I t
           ...
 R p R1 R 2

                                          W
 W = VQ                              P
                                          Δt
 W = VI  t
                                     P = VI
 W = I 2R  t
                                     P = I 2R
       V Δt
         2
 W=                                       V2
        R                            P
                                          R

ELECTROMAGNETISM/ELEKTROMAGNETISME

   BA                                        Δ
                                     ɛ =N
                                               Δt

 Vs Ns
   
 Vp Np

Kopiereg voorbehou                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [TECH SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/511ff38b-2c95-457c-8d2f-6e6fdc58e39b) — Technical Sciences · QP · 2020 · Afr
- [TECH SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-qp-gr12-sept2023-afrikaans/4749a08d-f323-49b8-b7e3-6dad8bffd071) — Technical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [TECH SCIENCES P1 GR12 MEMO SEPT2020 AE](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-gr12-memo-sept2020-ae/916d09e7-a42d-4988-928a-ab6e90ee2fa5) — Technical Sciences · Memo · 2020
- [TECH SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/c2418936-6b5b-4361-871e-7ce472a8d09e) — Technical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-technical-sciences-p1-afrikaans-2024-question-paper-x05/4fb6d9a6-6bef-4cd3-92a0-e57c57569891) — Technical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [TECHNICAL SC P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/technical-sc-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/908d3036-cf44-49c2-932e-e507ab321f50) — Technical Sciences · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Technical Sciences

- [Gr 12 Tech Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tech-sci-atp-2023-24/a7a03e64-2e18-4f50-a7fa-6eb1a25136c7) — ATP
- [TECH SC P1 MEMO GR12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/tech-sc-p1-memo-gr12-sept-2025-e-a-watermark/4a156330-3801-46dc-b908-43c35dc64891) — Memo · 2025
- [TECHNICAL SCIENCES P2 MG GR12 SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-mg-gr12-sept2025-watermark/717f8fcd-96bb-4848-8cb7-68903a8f0550) — Memo · 2025
- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2) — Memo · 2025 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556) — Memo · 2025 · Afr
- [Technical Sciences P1 Erratum June Commom Updated](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-erratum-june-commom-updated/c0a5373a-1bd4-4019-b849-f2a26fa7ab0b) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
