# Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

> Grade 12 Technical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-qp-gr12-sept-2024-afrikaans/41b49c06-8baa-440a-be51-b35395650310
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Technical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Technical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/technical-sciences) › [Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-qp-gr12-sept-2024-afrikaans/41b49c06-8baa-440a-be51-b35395650310)

## About this document

Technical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIORSERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                           SEPTEMBER 2024

                 TEGNIESE WETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

            Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, insluitend 3 datablaaie.

                        Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           TEGNIESE WETENSKAPPE V1                    (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

2.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

3.    Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

4.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.    LAAT EEN reël oop tussen twee sub-afdelings, byvoorbeeld tussen
      VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.

6.    Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

7.    Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

8.    Rond jou finale numeriese antwoord tot ŉ minimum van TWEE desimale
      plekke af.

9.    Gee kort (bondige) motiverings, verduidelikings, ensovoorts, waar nodig.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                 3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

1.1      Twee horisontale kragte, F1 en F2, word op dieselfde voorwerp, op ŉ
         horisontale oppervlakte toegepas. Die resultante krag op die voorwerp is
         nul.

                      F1                                     F2

         F1 en F2 het ...

         A    verskillende groottes en teenoorgestelde rigtings.

         B    verskillende groottes en dieselfde rigtings.

         C    dieselfde groottes maar teenoorgestelde rigtings.

         D    dieselfde groottes en dieselfde rigtings.                                  (2)

1.2      Watter EEN van die volgende stellings is KORREK oor traagheid?

         A    Traagheid word deur die massa bepaal.

         B    Traagheid is gelyk aan die krag wat toegepas word.

         C    Traagheid is altyd dieselfde vir alle voorwerpe.

         D    Traagheid word deur die rigting van beweging bepaal.                       (2)

1.3      Twee motors op ŉ horisontale pad nader mekaar teen dieselfde spoed.
         Hulle bots kop-aan-kop met mekaar en kom na die botsing tot stilstand.
         Ignoreer die effek van wrywing.

         Watter EEN van die volgende stellings is NIE KORREK NIE?

         A    Die twee motors het dieselfde massa.

         B    Die totale momentum bly gedurende die botsing konstant.

         C    Die twee motors het dieselfde momentum voor die botsing.

         D    Die twee motors het dieselfde kinetiese energie voor die botsing.          (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             TEGNIESE WETENSKAPPE V1                    (EC/SEPTEMBER 2024)

 1.4    Watter EEN van die volgende is dieselfde as die eenheid Joule?

        A    N.m

        B    kg.m.s-1

        C    N.m-1

        D    kg.m.s-2                                                                    (2)

 1.5    Drie identiese voorwerpe Q, R en S word onder water teen DIESEFDE
        DIEPTE maar teen verskeie hoeke, soos in diagram hieronder getoon,
        geplaas.

                                  R
                                               Q            S

        Die druk wat deur die water op die voorwerpe toegepas word, is die ...

        A    grootste op R.

        B    grootste op Q.

        C    grootste op S.

        D    dieselfde op Q, R en S.                                                     (2)

 1.6    ŉ Krag wat die vorm en grootte van ŉ liggaam verander word ... -krag
        genoem.

        A    kompressie

        B    vervormings

        C    herstel

        D    spannings                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                  5

1.7    Wanneer ŉ invalstraal op ŉ grenshoek van ŉ medium met hoë optiese digtheid
       skyn, sal die straal ...

       A     na die normaal van die minder digte medium breek.

       B     met ŉ hoek van 90° tussen die twee mediums breek.

       C     totaal in die optiese minder digte medium breek.

       D     totaal in die meer optiese meer digte medium weerkaats.                      (2)

1.8    As die frekwensie van ŉ sekere elektromagnetiese golf X Hertz is en die
       golflengte is gelyk aan Y meters.

       Wat is die golflengte in meters, as die frekwensie verdubbel is?

       A     4Y

       B     2Y

       C     Y
             2

       D     Y
             4                                                                            (2)

1.9    Wat is die waarde van die kapasitansie van ŉ kapasitor wat ŉ potentiaalverskil
       van 12 V en lading van 36 C het?

       A     3F

       B     0,3F

       C     432F

       D     24F                                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                          TEGNIESE WETENSKAPPE V1                    (EC/SEPTEMBER 2024)

1.10    Beskou die stroombaandiagram hieronder. Gloeilampe A, B en C is
        identies met dieselfde weerstand.

                                                          A
                                    S        C

                                             B

        Watter EEN van die volgende opsies is van toepassing op die
        stroomsterkte van die bogenoemde stroombaan?

        A      IA = IB

        B      IA > IB

        C      IA< IB

        D      2IA= IB                                                             (2)
                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                TEGNIESE WETENSKAPPE V1                               7

VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Persoon wat op die agterkant van ŉ bewegende trok staan, beweeg skielik
vorentoe wanneer die drywer van die trok die remme aanslaan, soos in die figuur
hieronder getoon.

2.1   Verduidelik hierdie observasie deur fisika-beginsels te gebruik.                (2)

2.2   Wat is die naam van die wet wat vir die verduideliking in VRAAG 2.1 gebruik
      is?                                                                             (1)

2.3   Twee blokke, X en Y, met massas van 5 kg en 3 kg onderskeidelik, is
      stilstaande op rowwe horisontale oppervlakte. Die blokke is met ligte,
      onrekbare string verbind. Wanneer krag F, met grootte van 25 N en wat ŉ
      hoek van 30° met die horisontaal maak, op die 5 kg-blok toegepas word,
      beweeg beide blokke na links.

                        F      X
                                                         Y
                      30°
                               5 kg                    3 kg

      2.3.1    Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde.                          (2)

      2.3.2    Teken ŉ vryeliggaamdiagram, met byskrifte, en identifiseer AL die
               kragte wat op die 3 kg-blok inwerk.                                    (4)

      Die koeffisiënt van kinetiese wrywing vir blokke X en Y is 0,2 en 0,1
      onderskeidelik.

      Bereken die:

      2.3.3    Grootte van die normaalkrag op blok X                                  (4)

      2.3.4    Grootte van die versnelling van die sisteem van blokke                 (6)

      2.3.5    Spanning in die string                                                (2)
                                                                                    [21]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               TEGNIESE WETENSKAPPE V1                    (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

In die diagram hieronder word ŉ windbukskoeël met massa van 3 g, in ŉ
stilstaande kleiblok wat ŉ massa van 50 g het, afgevuur. Voordat die koeël die klei
tref beweeg dit met ŉ snelheid van 120 m∙s-1 na REGS. By impak, sit die koeël in
die blok vas en beweeg vorentoe as ŉ eenheid. Ignoreer die effek van wrywing.

                          Voor die botsing                   Na die botsing
                120 m∙s -1

                                        50 g
                   3g

3.1     Definieer die volgende:

        3.1.1     Geïsoleerde sisteem                                                     (2)

        3.1.2     Momentum                                                                (2)

3.2     Skryf die grootte van die begin momentum van die klei neer.                       (1)

3.3     Bereken die grootte van die momentum van die koeël voor dit die klei
        tref.                                                                             (3)

3.4     Stel die beginsel van behoud lineêre momentum in woorde.                          (2)

3.5     Toon deur middel van berekeninge dat die spoed van die klei blok, met
        die koeël binne, 7,2 m∙s-1 na die botsing is.                                     (3)

3.6     Bepaal deur middel van berekeninge of die bostaande botsing hierdie
        ELASTIES of ONELASTIES is.                                                       (5)
                                                                                        [18]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                9

VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)
ŉ Seun gebruik ŉ tou om ŉ speelgoedkarretjie op ŉ growwe oppervlakte te trek. Die
tou maak ŉ hoek van 30° met die horisontaal. Die seun pas ŉ krag van 15 N toe. Die
speelgoedkarretjie beweeg met afstand van 5 m terwyl die krag toegepas word.
Die wrywingskrag wat deur die speelgoedkarretjie gedurende die proses ervaar
word is 2 N.

4.1 Definieer die term arbeid verrig.                                                   (2)
4.2 Bereken die arbeid deur die toegepaste krag verrig.                                 (4)
4.3 Die diagram hieronder toon ŉ 1,5 kg-blok wat vanaf RUS by punt A tot punt B
    teen ŉ WRYWINGLOSE oppervlakte gly. Die hoogte by A is 12 m en by B is dit
    7,5 m. Ignoreer die effek van lugweerstand.

                  1,5 kg

                      A                            1,5 kg

                       12 m                    B
                                                    7,5 m

     4.3.1 Stel die beginsel van behoud van meganiese energie in woorde.                (2)
     4.3.2 Bereken die spoed van die blok by B.                                         (4)
     Wanneer die blok B bereik, hou dit aan om op die GROWWE HORISONTALE
     oppervlakte te gly en kom by punt C deur middel van die kinetiese wrywingskrag
     van 4,41 N tot rus, soos in diagram hieronder getoon.

                 A                             1,5 kg            1,5 kg

                      12 m                 B                       C
                                                7,5 m

     4.3.3 Definieer die term kinetiese wrywingskrag.                                   (2)
     4.3.4 Is die meganiese energie behoue, terwyl die blok vanaf B na C beweeg?
           Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                 (2)
     4.3.5 Bereken die arbeid verrig op die blok deur die kinetiese wrywingskrag
           as die afstand tussen B en C 2 m is.                                         (3)
     4.3.6 Bereken die tempo waarteen arbeid verrig word op die blok deur die
           kinetiese wrywingskrag, as dit die blok 5 s vat om van B na C te beweeg.     (3)
                                                                                       [22]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            TEGNIESE WETENSKAPPE V1                  (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

5.1 Wanneer ŉ vervormingskrag op ŉ liggaam toegepas word, ontwikkel ŉ
    herstelkrag binne-in die liggaam om die effek van die vervormingskrag te
    weerstaan.

     5.1.1 Definieer die term elastisiteit.                                           (2)

     5.1.2 Onderskei tussen volkome elasties liggaam en ŉ volkome plastiese
           liggaam.                                                                   (2)

5.2 ŉ Silindriese draad met ŉ lengte van 1 500 mm ervaar druk van 9,65 kPa
    wanneer ŉ krag van 12 kN op dit toegepas word.

                                 -------1 500 mm---------

     5.2.1 Bereken die deursneeoppervlakte van die draad.                             (3)

     5.2.2 Die lengte van die draad verleng met 12 cm wanneer die 12 kN krag
           op dit toegepas word. Bereken die rekking wat die draad ervaar.            (3)

5.3 Twee leerders begin met ŉ wetenskaplike projek wat daarop gemik is om
    lyfroom van bekostigbare materiale te vervaardig. Om die lyfroom in kleiner
    houers te gooi en die vloeitempo van die lyfroom te verhoog, word die
    temperatuur van die mengsel verhoog.

     5.3.1 Definieer die term viskositeit.                                            (2)

     5.3.2 Sal die verhoging van hitte van die mengsel die viskositeit laat
           VERHOOG, VERLAAG of DIESELFE BLY?                                         (1)
                                                                                    [13]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                 11

VRAAG 6 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

6.1 Die diagram hieronder verteenwoordig ŉ gewone spieël wat op ŉ tafel geplaas
    is. Gebruik die diagram en beantwoord die volgende vrae.

     6.1.1    Stel die wet van weerkaatsing.                                               (2)

     6.1.2    Voorsien byskrifte vir R en Q.                                               (2)

6.2 In die diagramme hieronder beweeg ŉ ligstraal vanaf MEDIUM 1 na MEDIUM 2
    terwyl die invalshoek eweredig vergroot.

     6.2.1    Defineer die term grenshoek.                                                 (2)

     6.2.2    Skryf die naam van die verskynsel wat in diagram D geïllustreer word
              neer.                                                                        (1)

     6.2.3    Watter medium in diagram D het die hoogste digtheid?
              Skryf slegs MEDIUM 1 of MEDIUM 2.                                            (1)

     6.2.4    Watter invalshoek in die diagramme hierbo is die grenshoek?                  (1)

6.3 Teken ŉ straaldiagram om die posisie en grootte van die beeld wat gevorm sal
    word te bepaal wanneer die brandpunt afstand (F) vir ŉ konvekse lens 30 mm is
    en die voorwerp ŉ hoogte van 20 mm het, by ŉ afstand van 2F geplaas.                  (4)
                                                                                         [13]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                          TEGNIESE WETENSKAPPE V1                    (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 7 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

7.1 Definieer elektromagnetiese golwe.                                                 (2)

7.2 Watter eienskap van X-strale maak dit geskik om foto’s van bene in die
    menslike liggaam te vat?                                                           (1)

7.3 Skryf neer die NAAM van die elektromagnetiese golf wat vir die volgende
    gebruik word:

     7.3.1   Om vervalste notas op te spoor                                            (1)

     7.3.2   Om kankerselle te vernietig                                               (1)

7.4 Wat is ŉ foton?                                                                    (1)

7.5 Bereken die energie van lig met ŉ golflengte van 5,10 x 10-11 m.                   (5)
                                                                                      [11]

VRAAG 8 (Begin op nuwe bladsy.)

8.1 Definieer die term kapasitor.                                                      (2)

8.2 Noem DRIE faktore wat kapasitansie affekteer.                                      (3)

8.3 Bereken die spanning van ŉ battery, verbind aan ŉ parallelplaatkapasitor met ŉ
    plaat area van 2,0 cm2 en ŉ plaat afstand van 2 mm as die lading wat gestoor
    is op die plate, 4,0 pico coulomb is.                                             (6)
                                                                                     [11]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 TEGNIESE WETENSKAPPE V1                              13

VRAAG 9 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die stroombaandiagram hieronder toon drie resistors aan ŉ battery verbind met
weglaatbare interne weerstand. Twee resistors van 6 Ω en 10 Ω is in serie verbind.
Hierdie kombinasie is in parallel met ŉ 4 Ω resistor verbind, wat deur ŉ
drywingaanduiding van 36 W funksioneer.

9.1 Definieer drywing in woorde.                                                       (2)

9.2 Bereken die volgende:

     9.2.1    Stroomsterkte by die ammeter (A) geregistreer                            (3)

     9.2.2    Potensiaalverskil oor die 4 Ω resistor                                   (3)

     9.2.3    Stroomsterkte in die 10 Ω resistor                                      (4)
                                                                                     [12]

VRAAG 10 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Spoel met ŉ area van 2,29 x 10-3 m2, bestaan uit 75 draaie. Die spoel is in ŉ
magnetieseveld wat loodreg met die area van die spoel is. Die magnetiese
vloeddigtheid is 0,4 T.

10.1 Stel Lenz se Wet.                                                                 (2)

10.2 Bereken die magnetiesevloed.                                                      (3)

10.3 Die MAGNETIESEVLOED verander NA NUL gedurende die tyd interval van
     0,05 s as gevolg van die beweging van die spoel. Bereken die geïnduseerde
     emf.                                                                              (3)
                                                                                       [8]

                                                                        TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             TEGNIESE WETENSKAPPE V1               (EC/SEPTEMBER 2024)

                        DATA FOR TECHNICAL SCIENCES GRADE 12
                                      PAPER 1
                     GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                       VRAESTEL 1

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
             NAME/NAAM               SYMBOL/SIMBOOL          VALUE/WAARDE
 Acceleration due to gravity
                                             g                   9,8 m·s-2
 Swaartekragversnelling
 Speed of light in a vacuum
                                              c               3,0 x 108 m·s-1
 Spoed van lig in ŉ vakuum
 Planck's constant
                                             h                6,63 x 10-34 J·s
 Planck se konstante
 Electron mass
                                             me               9,11 x 10-31 kg
 Elektronmassa
 Permittivity of free space
                                             ɛ˳              8,85 x 10-12 F.m-1
 Permittiwiteit van vrye ruimte

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
FORCE/KRAG

 Fnet = ma                                  p = mv

 fs max = μsN                               fk = μkN

 Fnet Δt = Δp
                                            Fg = mg
 Δp = mv f - mv i

        L        e
 MA =        =
        E        l

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief
                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                       TEGNIESE WETENSKAPPE V1                      15

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
 W = FΔxcosθ                     U= mgh     or/of EP = mgh

      1                               1
 K=     mv 2                   Ek =     mv 2        Wnet = FnetΔxcosθ
      2              or/of            2
                                                         W
 Pave = Fvave    /     Pgemid = Fvgemid             P=
                                                         t
                                                    ME = Ek + Ep

ELASTICITY, VISCOSITY AND HYDRAULICS/ELASTISITEIT, VISKOSITEIT EN
HIDROULIKA
                                        Δ
     F                               ε=
 =                                     L
     A

 σ                                                  F1  F
   =K                                                  = 2
 ε                                                  A1 A 2

      F                                             P = ρgh
 P=
      A

ELECTROSTATICS / ELEKTROSTATIKA
      Q                                                  εο Α
 C=                                                 C=
      V                                                   d

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief
                               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                       TEGNIESE WETENSKAPPE V1                (EC/SEPTEMBER 2024)

CURRENT ELECTRICITY/STROOMELEKTRISITEIT
      V
 R=                                   emf/emk ( ε )= I(R + r)
      I

 R s = R1 + R 2 + ...
  1  1   1
    = +     + ...
 R p R1 R 2
                                           W
 W = VQ                               P=
                                           Δt
 W = VI  t                           P = VI
 W = I2R  t
                                      P = I 2R
   V 2 Δt
                                           V2
 W= R                                 P=
                                           R

ELECTROMAGNETISM/ELEKTROMAGNETISME

 Δϕ = BA                                      Δϕ
                                      ɛ = - N Δt

 Vs N s
   =
 Vp Np

WAVES, SOUND AND LIGHT / GOLWE, KLANK EN LIG

 v = fλ
                                      T= 1
                                         f
                    c
 E = hf    or E = h λ

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief
                        Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [TECH SCIENCES P2 QP GR12 SEPT2024 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-qp-gr12-sept2024-afrikaans-final/944116af-3dc5-4c88-8d68-1fb21a1bcfce) — Technical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-technical-sciences-p1-afrikaans-2024-question-paper-x05/4fb6d9a6-6bef-4cd3-92a0-e57c57569891) — Technical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [TECH SCIENCES P2 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-gr12-qp-june-2024-afrikaans/5936bf40-036a-4569-ac4a-167de6c997db) — Technical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [TECHNICAL SC P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/technical-sc-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/908d3036-cf44-49c2-932e-e507ab321f50) — Technical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [TECH SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-qp-gr12-sept2023-afrikaans/4749a08d-f323-49b8-b7e3-6dad8bffd071) — Technical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [TECH SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans (Signing off 27 July)](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-signing-off-27-july/672a2441-5c52-410b-b26c-e20e787067bb) — Technical Sciences · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Technical Sciences

- [Gr 12 Tech Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tech-sci-atp-2023-24/a7a03e64-2e18-4f50-a7fa-6eb1a25136c7) — ATP
- [TECH SC P1 MEMO GR12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/tech-sc-p1-memo-gr12-sept-2025-e-a-watermark/4a156330-3801-46dc-b908-43c35dc64891) — Memo · 2025
- [TECHNICAL SCIENCES P2 MG GR12 SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-mg-gr12-sept2025-watermark/717f8fcd-96bb-4848-8cb7-68903a8f0550) — Memo · 2025
- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2) — Memo · 2025 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556) — Memo · 2025 · Afr
- [Technical Sciences P1 Erratum June Commom Updated](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-erratum-june-commom-updated/c0a5373a-1bd4-4019-b849-f2a26fa7ab0b) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
