# Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

> Grade 12 Technical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-qp-gr12-sept2023-afrikaans/4749a08d-f323-49b8-b7e3-6dad8bffd071
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Technical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Technical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/technical-sciences) › [Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-qp-gr12-sept2023-afrikaans/4749a08d-f323-49b8-b7e3-6dad8bffd071)

## About this document

Technical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                       SENIORSERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                           SEPTEMBER 2023

                 TEGNIESE WETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitend 3 bladsye datablaaie.

### Page 2

2                           TEGNIESE WETENSKAPPE V1                   (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

2.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

4.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.    Laat EEN reël oop tussen twee sub-afdelings, bv. tussen VRAAG 2.1 en
      VRAAG 2.2.

6.    Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

7.    Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

8.    Rond jou finale numeriese antwoord tot ŉ minimum van TWEE desimale
      plekke af.

9.    Gee kort (bondige) motiverings, verduidelikings, ensovoorts, waar nodig.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                TEGNIESE WETENSKAPPE V1                              3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord
en skryf slegs die korrekte letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

1.1     ŉ Voorwerp behou sy toestand van uniforme snelheid of rus totdat …

        A     dit deur traagheid beïnvloed word.

        B     spanning daarop inwerk.

        C     ŉ netto krag daarop inwerk.

        D     dit deur gravitasie beïnvloed word.                                           (2)

1.2     ŉ Meisie vang ŉ krieketbal. Beskou die aksiekrag as die kontak wat die bal
        teen die meisie se hand uitoefen. Wat is die reaksie van hierdie krag?

        A     Die impak wat in die meisie se skouer gevoel is.

        B     Die krag wat haar hand op die bal uitoefen.

        C     Die wrywing wat die grond op die meisie se skoene uitoefen.

        D     Geeneen van die bogenoemde nie.                                               (2)

1.3     Die SI-eenheid van impuls is …

        A     N•s-1.

        B     N•s.

        C     J•s-1.

        D     J•s.                                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                             TEGNIESE WETENSKAPPE V1                    (EC/SEPTEMBER 2023)

1.4   Drywing word as die … gedefinieer.

      A     tempo waarteen arbeid verrig word

      B     produk van massa en snelheid

      C     tempo waarteen snelheid verander

      D     produk van massa en versnelling                                               (2)

1.5   Staalballe word op dieselfde tydstip in vier verskillende vloeistowwe laat val,
      en neem verskillende tye om na die bodem van elke proefbuis te val.

      Watter vloeistof het die hoogste viskositeit?

                 A               B              C               D                         (2)

1.6   In die diagram hieronder word ŉ voorwerp voor ŉ konvergerende lens op ŉ
      afstand minder as F geplaas. Die beeld wat deur hierdie lens gevorm word
      is …

                2F            F Voorwerp              F             2F

      A     reëel, omgekeerd en verklein.

      B     reëel, omgekeerd en vergroot.

      C     virtueel, regop en vergroot.

      D     virtueel, regop en verklein.                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                   TEGNIESE WETENSKAPPE V1                        5

1.7    Vesel optika-kabels wat in kommunikasie gebruik word, gebruik die beginsel
       van …

       A     gewone weerkaatsing van lig.

       B     verspreide weerkaatsing van lig.

       C     breking van lig.

       D     totale interne weerkaatsing van lig.                                     (2)

1.8    Watter van die volgende is die korrekte volgorde van elektromagnetiese
       golwe in ORDE van AFNEMENDE GOLFLENGTE?

       A     Gamma-strale → X-strale → Infrarooi-golwe → Radiogolwe

       B     Radiogolwe → Infrarooi-golwe → X-strale → Gamma-strale

       C     X-strale → Radiogolwe→ Gamma-strale → Infrarooi-golwe

       D     Infrarooi-golwe → Radiogolwe → X-strale → Gamma-strale                   (2)

1.9    ŉ Grafiek van drywing-teenoor-stroom word hieronder getoon.

                        Drywing (W)

                                       Stroom (A)

       Die gradiënt van hierdie grafiek verteenwoordig …

       A     potensiaalverskil.

       B     EMK.

       C     arbeid verrig.

       D     weerstand.                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

6                            TEGNIESE WETENSKAPPE V1                (EC/SEPTEMBER 2023)

1.10    Op watter EEN van die volgende stellings is die waarde van die volt of
        stroom wat deur ŉ WS-generator opgewek word, NIE afhanklik NIE?

        A      Spoed waarteen die spoel of magneetveld roteer.

        B      Die pole van die permanente magneet.

        C      Sterkte van die magneetveld.

        D      Aantal windings in die spoel.                                       (2)
                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                 TEGNIESE WETENSKAPPE V1                            7

VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Blok met massa 3 kg word oor ŉ ruwe horisontale oppervlak met ŉ krag van
25 N teen ŉ hoek van 30° met die horisontaal getrek. ŉ 1 kg-blok word met ŉ ligte,
onrekbare tou daaraan verbind. Die wrywingskrag tussen die oppervlak en die
1 kg-blok is 0,8 N.

                                                                   25 N

                                                          30°
                 1 kg                      3 kg

2.1     Definieer Newton se Tweede Bewegingswet in woorde.                            (2)

2.2     Teken ŉ vryeliggaamdiagram, met byskrifte, van die 3 kg-blok.                 (5)

2.3     Bereken die normaalkrag op die 3 kg-blok.                                     (4)

2.4     Watter tipe wrywingskrag werk op hierdie sisteem in?                          (1)

2.5     Indien die wrywingskrag op die 3 kg-blok 3,38 N is, bereken die
        versnelling van die sisteem as gevolg van die nettokrag.                      (5)

2.6     Watter tipe krag is in die tou teenwoordig?                                   (1)

2.7     Wat sal met die wrywingskrag gebeur indien die hoek wat die 30 N krag
        met die horisontaal maak, verklein word na 20°?

        Skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE.

        Verduidelik jou antwoord.                                                     (3)
                                                                                     [21]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

8                             TEGNIESE WETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Trok met massa 12 000 kg, ry teen ŉ snelheid van 20 m•s-1 ooswaarts en bots
met ŉ stilstaande motor met massa 2 000 kg. Na die botsing is die trok en motor
aanmekaar geheg en beweeg saam as ŉ enkele, geïsoleerde sisteem, soos in die
diagram hieronder getoon.
                                                                            N

           20 m•s-1                                    v
                                                                          W               E
                                by rus
         12 000 kg             2 000 kg           12 000 kg
                                                                                  S

               Voor botsing                        Na botsing

3.1   Stel die beginsel van die behoud van lineêre momentum in woorde.                    (2)

3.2   Bereken die eindsnelheid van die sisteem na die botsing.                            (5)

3.3   Is die botsing ELASTIES of ONELASTIES?

      Gebruik ŉ berekening om jou antwoord te regverdig.                                  (5)

3.4   Dit is ŉ industriële voorwaarde vir moderne motors om ŉ frommelsone te
      het.

      Verduidelik hoe hierdie veiligheidskenmerk passasiers tydens ŉ botsing
      veilig hou.                                                                         (3)

3.5   ŉ Sokkerbal met massa 450 g beweeg oor ŉ horisontale vloer in ŉ reguit
      lyn teen ŉ spoed van 6 m∙s-1. Dit tref ŉ muur en bons terug teen 4,5 m∙s-1
      direk na die botsing. Die bal is in kontak met die muur vir 0,16 s.

      3.5.1     Bereken die grootte van die krag wat die muur op die bal uitoefen.        (4)

      3.5.2     Indien die bal met die muur vir 0,2 s in kontak is, sal die netto krag
                GROTER AS, KLEINER AS of GELYK AAN die antwoord in
                VRAAG 3.5.1 wees?

                Verduidelik jou antwoord.                                                 (2)
                                                                                         [21]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                     TEGNIESE WETENSKAPPE V1                         9

VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Leerder beweeg ŉ krat oor ŉ ruwe horisontale oppervlak met ŉ trekkrag van
45 N teen ŉ hoek van 25° aan die horisontaal oor ŉ 5 m pad van P na Q. Die
wrywingskrag van P na Q is 1,6 N.

                                                  45 N

                                         25°

                                    P           5m           Q

4.1    Definieer die term arbeid verrig in woorde.                                       (2)

4.2    Bereken die:

       4.2.1    Netto arbeid verrig deur die krat van P na Q te beweeg                   (4)

       4.2.2    Drywing wat die leerder gebruik om die krat van P na Q in 7 s te
                beweeg                                                                   (3)

4.3    Indien die krat oor ŉ langer afstand beweeg word, hoe sal dit die grootte van
       die netto arbeid verrig, beïnvloed?

       Skryf slegs VERHOOG, VERLAAG of BLY DIESELFDE.

       Verduidelik jou antwoord.                                                         (3)

4.4    ŉ 15 kg-Pendulum word aan die dak deur ŉ onrekbare tou vasgeheg en
       swaai vanuit RUS by punt A, wat ŉ hoogte h bokant die grond is.
       By punt B is die pendulum helfte van die hoogte bokant die grond as by
       punt A en teen ŉ snelheid van 14 m•s-1 beweeg. Ignoreer die effek van
       lugweerstand.

                            15 kg
                        A
                                                     15 kg
                               h
                                                     B

       4.4.1    Stel die beginsel van die behoud van meganiese energie in woorde.        (2)

       4.4.2    Bereken h die hoogte van die pendulum by punt A.                        (4)
                                                                                       [18]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

10                           TEGNIESE WETENSKAPPE V1                      (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 ŉ Metaaldraad met ŉ deursnee van 1,8 mm rek wanneer ŉ 12 N krag daarop
 toegepas word. Die draad X is aanvanklik 2 m lank en rek tot by Y totdat dit 2,006
 m lank is.

                                         X        2m

                            Ø = 1,8 mm

                                       Y           0,006 m

                                           12 N

 5.1 Definieer die term rekking.                                                        (2)

 5.2 Bereken die:

      5.2.1    Drukking in die draad                                                    (4)

      5.2.2    Rekking in die draad                                                     (3)

      5.2.3    Draad se elastisiteitsmodulus                                            (3)

 5.3 ŉ Hidrolise hyser word gebruik om ŉ klein trok met massa 3 500 kg te lig.
     Die suier by A2 word gebruik om die trok te lig, en dit het ŉ deursnit area van
     7,49 m2. Die deursnit-area van die insetsuier by A1 word as 0,54 m2 gegee.

                                                  3 500 kg
                       F1

                            A1 = 0,54 m2                       A2 = 7,49 m2

      5.3.1    Stel Pascal se wet in woorde.                                            (2)

      5.3.2    Bereken die druk in die vloeistof van hierdie hidrolise sisteem.         (3)

      5.3.3    Bereken die krag wat by A1 toegepas moet word om die trok te lig.        (3)
                                                                                       [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                 TEGNIESE WETENSKAPPE V1                          11

VRAAG 6 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

6.1    Gebruik die diagram hieronder om die volgende vrae oor die weerkaatsing
       van lig vanaf ŉ plat spieël te beantwoord.

                                                      A

                                       θ1
                          Spieël                      B
                                       θ2

                                                      C

       6.1.1    Stel die wet van die weerkaatsing van lig.                          (2)

       6.1.2    Identifiseer B en C in die diagram.                                 (2)

6.2    Bestudeer die diagram van die breking van lig in verskillende mediums en
       beantwoord die volgende vrae.

                                                          Medium 1

                                                          Medium 2

       6.2.1    Definieer die term breking van lig.                                 (2)

       6.2.2    Watter optiese medium in die diagram het die HOOGSTE optiese
                digtheid?
                Skryf slegs MEDIUM 1 of MEDIUM 2 en verduidelik jou antwoord.       (2)

       6.2.3    Noem TWEE voorwaardes vir totale interne weerkaatsing.             (2)
                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

12                            TEGNIESE WETENSKAPPE V1                    (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 7 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Elektromagnetiese golwe kan deur ŉ vakuum voortplant.

7.1   Definieer elektromagnetiese golwe.                                                 (2)

7.2   Verduidelik kortliks hoe die polisie van ultraviolet bestraling in forensiese
      wetenskap gebruik maak om ŉ misdaadtoneel te ondersoek.                            (3)

7.3   Bereken die golflengte van ŉ foton ligstrale wat 2,49 x 10-19 J energie het.      (5)
                                                                                       [10]

VRAAG 8 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Potensiaalverskil van 240 V word oor die twee parallelle plate van ŉ kapasitor
toegepas. Die plate het ŉ oppervlakte van 3,5 m2 en is 4 mm van mekaar af.

                                  Geleidingsplate

                     A = 3,5 m2
                                                          d = 4 mm

                                           Diëlektrikum

8.1   Definieer die term kapasitansie.                                                   (2)

8.2   Bereken die kapasitansie van die kapasitor.                                        (4)

8.3   Bereken die lading op elke plaat.                                                  (3)
                                                                                         [9]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)                TEGNIESE WETENSKAPPE V1                           13

VRAAG 9 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

In die stroombaandiagram hieronder het die battery ŉ emk van 12 V. Ignoreer die
interne weerstand van die battery.

                                                                  A
                                            S
                                   4Ω

                                                       6Ω

                                   7Ω

                                    V

Die skakelaar is nou gesluit.

9.1     Definieer Ohm se wet in woorde.                                             (2)

9.2     Bereken die:

        9.2.1     Totale weerstand in die stroombaan                                (4)

        9.2.2     Lesing op ammeter A                                               (3)

        9.2.3.    Drywing van die 6 Ω resistor                                     (3)
                                                                                  [12]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

14                           TEGNIESE WETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 10 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

10.1   Die skets hieronder illustreer Faraday se wet van elektromagnetiese
       induksie.

       10.1.1 Stel Faraday se wet van elektromagnetiese induksie in woorde.            (2)

       10.1.2 Skryf TWEE maniere neer hoe die afwyking van die galvanometer
              se naald vergroot kan word.                                              (2)

10.2
                700 draaie            Ysterkern            70 draaie

                 Primêre                                   Sekondêre
                 spoel                                     spoel
           Insetspanning
               200 V

       10.2.1 Definieer ŉ verlagingstransformator.                                     (2)

       10.2.2 ŉ Transformator het ŉ insetspanning van 200 V. Die aantal draaie
              op die primêre spoel is 700 en op die sekondêre spoel 70.

                Bereken die uitset spanning van hierdie transformator.                 (3)
                                                                                       [9]

                                                                         TOTAAL:      150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)               TEGNIESE WETENSKAPPE V1                        15

                        DATA FOR TECHNICAL SCIENCES GRADE 12
                                       PAPER 1
                     GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                     VRAESTEL 1

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
             NAME/NAAM              SYMBOL/SIMBOOL          VALUE/WAARDE
 Acceleration due to gravity
                                            g                   9,8 m·s-2
 Swaartekragversnelling
 Speed of light in a vacuum
                                            c                3,0 x 108 m·s-1
 Spoed van lig in ŉ vakuum
 Planck’s constant
                                            h                6,63 x 10-34 J·s
 Planck se konstante
 Electron mass
                                           me                9,11 x 10-31 kg
 Elektronmassa
 Permittivity of free space
                                            ɛ˳              8,85 x 10-12 F.m-1
 Permittiwiteit van vrye ruimte

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
FORCE/KRAG

 Fnet = ma                                p = mv

 fs maks = μsN                            fk = μkN

 Fnet Δt = Δp
 Δp = mv f – mv i                         Fg = mg

        L        e
 MA =        =
        E        l

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

16                               TEGNIESE WETENSKAPPE V1          (EC/SEPTEMBER 2023)

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
 W = FΔxcosθ                   U= mgh      or/of EP = mgh

      1                              1
 K=     mv 2                  Ek =     mv 2   Wnet = FnetΔxcosθ
      2             or/of            2
                                                   W
 Pave = Fvave   /     Pgemid = Fvgemid        P=
                                                   t
                                              ME = Ek + Ep

ELASTICITY, VISCOSITY AND HYDRAULICS/ELASTISITEIT, VISKOSITEIT EN
HIDROULIKA
                                      Δ
     F                             ε=
 =                                   L
     A

 σ                                                 F1  F
   =K                                                 = 2
 ε                                                 A1 A 2

      F                                       P = ρgh
 P=
      A

ELECTROSTATICS / ELEKTROSTATIKA
      Q                                             εο Α
 C=                                            C=
      V                                              d

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2023)        TEGNIESE WETENSKAPPE V1                 17

CURRENT ELECTRICITY/STROOMELEKTRISITEIT
    V
 R=                           emf/emk ( ε )= I(R + r)
    I
 R s = R1 + R 2 + ...
  1 1    1
    = +     + ...
 R p R1 R 2

                                        W
 W = VQ                            P=
                                        Δt
 W = VI  t
                                   P = VI
 W = I2R  t
                                   P = I 2R
   V 2 Δt
                                        V2
 W= R                              P=
                                        R

ELECTROMAGNETISM/ELEKTROMAGNETISME

 Δϕ = BA                                   Δϕ
                                   ɛ = - N Δt

 Vs N s
   =
 Vp Np

WAVES, SOUND AND LIGHT / GOLWE, KLANK EN LIG

 v = fλ
                                    T= 1
                                       f
                     c
 E = hf    or E = h. λ

Kopiereg voorbehou                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [TECH SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/c2418936-6b5b-4361-871e-7ce472a8d09e) — Technical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [TECHNICAL SC P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/technical-sc-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/908d3036-cf44-49c2-932e-e507ab321f50) — Technical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [TECH SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans (Signing off 27 July)](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-signing-off-27-july/672a2441-5c52-410b-b26c-e20e787067bb) — Technical Sciences · QP · 2020 · Afr
- [TECH SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/511ff38b-2c95-457c-8d2f-6e6fdc58e39b) — Technical Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-technical-sciences-p1-afrikaans-2024-question-paper-x05/4fb6d9a6-6bef-4cd3-92a0-e57c57569891) — Technical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [Tech SC P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/tech-sc-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/0a7179a7-37d6-485a-9e0d-e0cbf3c0e08a) — Technical Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Technical Sciences

- [Gr 12 Tech Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tech-sci-atp-2023-24/a7a03e64-2e18-4f50-a7fa-6eb1a25136c7) — ATP
- [TECH SC P1 MEMO GR12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/tech-sc-p1-memo-gr12-sept-2025-e-a-watermark/4a156330-3801-46dc-b908-43c35dc64891) — Memo · 2025
- [TECHNICAL SCIENCES P2 MG GR12 SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-mg-gr12-sept2025-watermark/717f8fcd-96bb-4848-8cb7-68903a8f0550) — Memo · 2025
- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2) — Memo · 2025 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556) — Memo · 2025 · Afr
- [Technical Sciences P1 Erratum June Commom Updated](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-erratum-june-commom-updated/c0a5373a-1bd4-4019-b849-f2a26fa7ab0b) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
