# Technical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

> Grade 12 Technical Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/511ff38b-2c95-457c-8d2f-6e6fdc58e39b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Technical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Technical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/technical-sciences) › [Technical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/511ff38b-2c95-457c-8d2f-6e6fdc58e39b)

## About this document

Technical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2020

                 TEGNIESE WETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, insluitend 2 gegewensblaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           TEGNIESE WETENSKAPPE V2                      (EC/SEPTEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat jy die vrae beatwoord.

 1.    Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

 2.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

 3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

 4.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 5.    Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
       VRAAG 2.2.

 6.    Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

 7.    Toon ALLE formules en subsitusies in ALLE bewerkings.

 8.    Rond jou finale numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE desimale
       plekke af.

 9.    Gee kort motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.

 10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)          TEGNIESE WETENSKAPPE V2                                     3

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A‒D) langs die vraagnommers (1.1‒1.10) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E.

 1.1 Watter EEN van die volgende organiese verbindings bevat NIE ŉ
     karbonielgroep NIE?

       A     Aldehiede

       B     Alkohole

       C     Ketone

       D     Esters                                                                    (2)

 1.2 Watter EEN van die volgende algemene formules verteenwoordig alkyne?

       A     CnH2n-2

       B     CnH2n-1

       C     CnH2n

       D     CnH2n+2                                                                   (2)

 1.3 Watter EEN van die volgende pare reaktante kan in die laboratorium gebruik
     word om die ester etielbutanoaat voor te berei?

       A     Etanaal en butanol

       B     Etanoësuur en butanol

       C     Etanol en butanoësuur

       D     Etanal en butanoësuur                                                     (2)

 1.4 Watter EEN van die volgende verteenwoordig ŉ ketoon?

                                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           TEGNIESE WETENSKAPPE V2                       (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.5 Die struktuurformule van ŉ haloalkaan word hieronder voorgestel.

      Watter EEN van die volgende beskrywings is die korrekte IUPAC-naam vir
      hierdie organiese molekule?

      A     3,5-dibromoheksaan

      B     4-bromo-5-bromo-5-metielpentaan

      C     2,4-dibromoheksaan

      D     2-bromo-1-bromo-1-metielpentaan                                              (2)

 1.6 ŉ Ligstraal tref ŉ glasblok teen ŉ hoek , soos hieronder getoon. Die straal
     gaan deur die glasblok en verskyn aan die teenoorgestelde kant.

      Teen watter hoek met die normaal het die ligstraal die glasblok verlaat?

      A     

      B     

      C     90o – 

      D     90o –                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)           TEGNIESE WETENSKAPPE V2                                      5

 1.7    Wanneer totale interne weerkaatsing plaasvind, is die grootte van die
        weerkaatsingshoek …

        A     kleiner as die invalshoek.

        B     groter as die invalshoek.

        C     dieselfde as die invalshoek.

        D     dieselfde as die grenshoek.                                                 (2)

 1.8    Die vergroting van ŉ konvekse lens is 2. Die afstand van die voorwerp vanaf
        die optiese middelpunt is 30 mm. Die afstand van die beeld is …

        A     15 mm.

        B     28 mm.

        C     30 mm.

        D     60 mm.                                                                      (2)

 1.9    Die verskynsel waar lig op ŉ oppervlak val en terugkeer na dieselfde medium
        as die invalstraal, staan as ... bekend.

        A     weerkaatsing

        B     diffraksie

        C     breking

        D     dispersie                                                                   (2)

 1.10   Indien ŉ voorwerp tussen die fokuspunt en konvekse lens geplaas word, sal
        die beeld wat vorm … wees.

        A     vergroot, omgekeerd en nie-reël

        B     vergroot, regop en nie-reël

        C     kleiner, omgekeerd en reël

        D     kleiner, regop en reël                                                     (2)
                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            TEGNIESE WETENSKAPPE V2                       (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 2 (Begin op ‘n NUWE bladsy.)

 Organiese chemie is die chemie van organiese molekules wat in ŉ homoloë reeks
 ingedeel word wat deur die funksionele groepe geïdentifiseer word. Dit is hierdie tak
 van chemie wat in die industrie en die mediesebedryf toegepas word.
 Farmaseutiesemiddels wat in kankerbehandeling en ander toestande gebruik word
 volg organiese sintese.

 2.1 Verduidelik die term homoloë reeks.                                                   (2)

 2.2 Definieer die term funksionele groep.                                                 (2)

 2.3 Bestudeer die organiese verbindings in die onderstaande tabel, gemerk A–F
     en beantwoord die vrae wat volg.

               A                       B                             C
           But-2-een          1-chlorobutan-2-oon                Propan-1-ol
               D                        E                             F
          3-bromo-5-
         metielhekseen

      Skryf die LETTER wat die volgende verteenwoordig neer:

      2.3.1    ŉ Alkaan                                                                    (1)

      2.3.2    ŉ Primêre alkohol                                                           (1)

 2.4 Skryf die IUPAC-naam vir die volgende neer:

      2.4.1    E                                                                           (2)

      2.2.5    F                                                                           (2)

 2.5 Teken die struktuurformule van:

      2.5.1    A                                                                           (2)

      2.5.2    C                                                                           (2)

      2.5.3    ŉ Isomeer van E                                                             (2)

 2.6 Definieer die term posisie-isomeer in woorde.                                         (2)

 2.7 Aan watter homoloë reeks behoort verbinding B?                                        (1)

 2.8 Teken die stuktuurformule van die funksionele groep van verbinding B.                (2)
                                                                                         [21]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)         TEGNIESE WETENSKAPPE V2                                        7

 VRAAG 3 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

 Rubber is ŉ verbinding wat natuurlik voorkom. Die dieen, 2-metiel-1,3-butan-di-een,
 is een van die herhalende eenhede wat in rubber voorkom.

 Meer as 20 miljoen gesinne is van rubberverbouing vir hul bestaan afhanklik.
 Tienduisende hektaar tropiese woude is skoongemaak om plek te maak vir
 rubberplantasies.

 Chemikusse kon ander diene kombineer om sintetiese rubber te verkry. Sommige
 rubberprodukte sluit in latexprodukte soos handskoene, reënjasse en ander
 produkte wat in die stryd teen MIV/Vigs en COVID-19 gebruik word.

 Die wêreld se grootste gebruik van rubber is in die vervaardiging van bande, en die
 meeste bande bevat beide natuurlike rubber, wat beter bestand is teen hitte, en een
 of meer soorte sintetiese rubber.

 3.1 Definieer die term polimeer in woorde.                                               (2)

 3.2 Is but-2-een ŉ voorbeeld van ŉ versadigde of ŉ onversadigde koolwaterstof?
     Gee ŉ rede vir die antwoord.                                                         (3)

 3.3 Skryf die struktuurformule van 2-metielbutaan neer.                                  (2)

 3.4 Met betrekking tot die omgewing, noem TWEE nadele van rubber en die
     vervaardiging van rubber.                                                            (2)

 3.5 Met betrekking tot menslike lewe, noem TWEE voordele van rubber en die
     vervaardiging van rubber.                                                           (4)
                                                                                        [13]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             TEGNIESE WETENSKAPPE V2                       (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 4 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

 In die onderstaande tabel word VYF alkohole met letters A‒E voorgestel.

                A      Metanol                B      Etanol
                C      Propan-1-ol            D      Butan-2-ol
                E      2-metielpropan-2-ol

 4.1 Skryf die letter wat ŉ sekondêre alkohol verteenwoordig uit die lys hierbo neer.         (2)

 4.2 Letter E stel 2-metielpropan-2-ol voor. Skryf die volgende vir hierdie alkohol
     neer:

      4.2.1    Die struktuurformule                                                           (2)

      4.2.2    Die letter van die alkohol wat sy strukturele isomeer is                       (2)

 4.3 Viskositeit is ŉ maatstaf van die vloeistof se weerstand teen vloei. Leerders doen
     ŉ ondersoek om die viskositeit van die eerste drie alkohole (A‒C) in die tabel
     hierbo te vergelyk. Hulle gebruik die apparate hieronder.

                                       alkohol
                                                                  pipet

               stophorlosie

                                                      beker

      Die leerders gebruik ŉ stophorlosie om die tyd wat ŉ VASTE VOLUME van elk
      van die alkohole neem om uit die pipet te vloei, te meet. Hulle teken hierdie
      vloeityd aan, wat ŉ aanduiding is van die viskositeit van elke alkohol, soos in die
      onderstaande tabel gegee.

                             ALKOHOL                      VLOEITYD (s)
          A                  Metanol                          4,0
          B                  Etanol                           7,9
          C                  Propan-1-ol                      14,3

      4.3.1    Watter EEN van die alkohole A, B, of C het die hoogste viskositeit?
               Gebruik die gegewens in die tabel om ŉ rede vir die antwoord te gee.           (2)

      4.3.2    Verwys na die intermolekulêre kragte van die drie alkohole A, B en C
               om die neiging in viskositeit soos in die tabel getoon, te verduidelik.        (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)          TEGNIESE WETENSKAPPE V2                                     9

       4.3.3    Smeermiddel verminder wrywing. Watter EEN van die alkohole, A, B of
                C, is die beste smeermiddel? Verduidelik die antwoord.                   (3)

       4.3.4    Definieer die term dampdruk in woorde.                                   (2)

 4.4 Watter EEN van 2-metielpropan-2-ol en butan-2-ol het ŉ hoër viskositeit?
     Verduidelik jou antwoord.                                                           (3)
                                                                                        [19]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           TEGNIESE WETENSKAPPE V2                        (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 5 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

 In die vloeidiagram hieronder stel X, Y en Z drie verskillende soorte organiese
 reaksies voor. P verteenwoordig ŉ organiese verbinding.

 5.1   Noem die tipe reaksie wat deur reaksie X voorgestel word.                            (2)

 5.2   Noem TWEE reaksie-voorwaardes wat nodig is vir reaksie X om plaas te vind.           (2)

 5.3   Reaksie Y verteenwoordig ŉ substitusiereaksie. Skryf die struktuurformule
       van verbinding P wat in die reaksie gevorm is, neer.                                 (2)

 5.4   Afgesien van die organiese reaktant, skryf die NAAM of FORMULE van die
       ander reaktant wat nodig is in reaksie Z, neer.                                      (2)

 5.5   Skryf ŉ gebalanseerde chemiese reaksie vir die vorming van verbinding P
       deur struktuurformules te gebruik, neer.                                             (4)

 5.6   Noem die tipe reaksie wat deur reaksie Z voorgestel word.                            (2)

 5.7   ŉ Motor was aan die gang by ŉ Shell-motorhuis in Willowvale, toe ŉ debat
       tussen leerders van die Tegniese Wetenskapklas van ŉ sekere hoërskool in
       die omgewing ontstaan het. Hulle het gesien hoe rook by die uitlaatstelsel
       uitkom en vloeistofdruppels agter by die uitlaatstelsel uitloop. Een leerder het
       beweer dat heksaan binne-in brand. Hulle het uiteindelik ŉ ooreenkoms bereik
       oor hul waarnemings.

       5.7.1    Gee die name van die verbrandingsprodukte van heksaan.                      (2)

       5.7.2    Skryf ŉ gebalanseerde vergelyking vir die volledige verbranding van
                heksaan neer.                                                              (4)
                                                                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)         TEGNIESE WETENSKAPPE V2                                       11

 VRAAG 6 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

 Heksanoësuur is verantwoordelik vir die unieke reuke wat geassosieer word met
 bokke. Wanneer dit met alkohol X reageer, word etielheksanoaat wat as
 vrugtegeursel gebruik word, gevorm.

 Leerders stel die apparaat hieronder getoon op, om etielheksanoaat in ŉ
 laboratorium voor te berei.

 6.1    Skryf die IUPAC-naam van alkohol X neer.                                         (2)

 6.2    Wat is die rol van swawelsuur in die bogenoemde reaksie?                         (2)

 6.3    Gebruik struktuurformules om ŉ gebalanseerde vergelyking vir die
        voorbereiding van etielheksanoaat neer te skryf.                                 (4)

 6.4    Gee EEN rede waarom die proefbuis en die inhoud daarvan in ŉ waterbad
        verhit word en nie direk oor die vlam nie.                                       (2)

 6.5    Skryf EEN gebruik van esters in die voedselvervaardigingsbedryf neer.            (2)
                                                                                        [12]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             TEGNIESE WETENSKAPPE V2                        (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 7 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

 Hieronder is ŉ deel van die student se hersieningsnotas oor golwe. Die notas bevat
 ŉ aantal wetenskaplike foute.

 GOLWE

 1. Longitudinale golwe word veroorsaak deur vibrasies wat loodreg op die rigting
    van die golwe is.
 2. Golwe dra die medium van een plek na ‘n ander.
 3. Spoed (v) is die afstand wat afgelê word deur die golf per eenheidstyd.

 7.1   Die stellings hierbo is verkeerd. Identifiseer die foute en toon aan hoe elke fout
       reggestel kan word.                                                                    (6)

 7.2   Die diagramme hieronder toon die breking van lig soos dit van lug deur
       verskillende mediums, benseen, diamant en water gaan.

       Skryf die name vir die volgende neer:

       7.2.1    Ligstrale a                                                                   (1)

       7.2.2    Ligstrale b                                                                   (1)

       7.2.3    Stippellyn c                                                                  (1)

       7.2.4    Die hoek gemerk d                                                             (1)

 7.3   Definieer die term breking in woorde.                                                 (2)
                                                                                            [12]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)           TEGNIESE WETENSKAPPE V2                                      13

 VRAAG 8 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

 Die onderstaande diagram toon ŉ ligstraal wat binne ŉ digter medium beweeg en het
 nie die digter medium verlaat om na die minder digte medium te beweeg nie. Dit is ŉ
 verskynsel by golwe.

 8.1 Noem die verskynsel wat in die diagram hierbo geïllustreer word.                       (1)

 8.2 Beskryf hierdie verskynsel in woorde.                                                  (2)

 8.3 Watter TWEE voorwaardes moet aan voldoen word sodat die ligstraal kan optree
     soos in die diagram hierbo?                                                            (2)

 8.4 Gee TWEE essensiële toepassings van hierdie verskynsel.                                (2)

 8.5 Definieer die term grenshoek in woorde.                                                (2)

 8.6 Stel die Wet van Weerkaatsing in woorde.                                               (2)

 8.7

       Dieselfde ligstraal word nou in ŉ soortgelyke medium oorgedra soos hierbo
       geïllustreer, maar ŉ ander verskynsel word aangetoon soos in hierdie diagram
       waargeneem.

       8.7.1    Noem die verskynsel wat in hierdie diagram gedemonstreer word.              (1)

       8.7.2    Beskryf hierdie verskynsel wat in die diagram gedemonstreer word.           (2)

 8.8 Sipho gebruik ŉ vergrootglas met ŉ brandpunt afstand van 4 cm om ŉ mier te
     besigtig. Hy vind dat hy ŉ duidelike beeld van die mier kry as dit 2,5 cm van die
     lens af is. Die mier is 1 cm groot.

       8.8.1    Watter tipe lens verteenwoordig ŉ vergrootglas?                             (1)

       8.8.2    Definieer brandpuntafstand.                                                 (2)

       8.8.3    Gee DRIE eienskappe van die beeld wat gevorm is as stralings-
                diagramme gebruik word.                                                     (3)
                                                                                           [20]
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                           TEGNIESE WETENSKAPPE V2                        (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 9 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

 Albert Einstein, Geiger en Gamma stel voor dat lig óf as ŉ deeltjie óf as ŉ golf kan
 optree. Die diagram hieronder verteenwoordig straling van die elektromagnetiese
 spektrum.

  Infrarooi Radio- X-strale Mikrogolwe           Gamma      Ultraviolet    Sigbare
            golwe                                strale     strale         lig

 9.1     Rangskik die spektrum in volgorde van toenemende frekwensie.                       (2)

 9.2     In watter straling sal ŉ foton die hoogste energie hê?                             (1)

 9.3     Verduidelik die antwoord in VRAAG 9.2.                                             (2)

 9.4     Definieer die term elektromagnetiese golwe in woorde.                              (2)

 9.5     Bereken die energie van ŉ foton van ŉ elektromagnetiese bestraling met ŉ
         golflengte van 540 nm.                                                             (5)

 9.6     Hoe sal die energie van ŉ foton met ŉ golflengte van 520 nm vergelyk met
         die wat in VRAAG 9.5 bereken is? (Skryf slegs GROTER AS, KLEINER AS
         of GELYK AAN.)                                                                    (1)
                                                                                          [13]

                                                                            TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)            TEGNIESE WETENSKAPPE V2                                15

               DATA TABLES FOR TECHNICAL SCIENCE GRADE 12
                                 PAPER 2
           GEGEWENSTABELLE VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                               VRAESTEL 2

TABLE/TABEL 1: PHYSICAL CONSTANTS/FISIESE KONSTANTES

        NAME/NAAM                SYMBOL/SIMBOOL          VALUE/WAARDE
  Standard pressure
                                         p         1,01 x 105 Pa
  Standaard druk
  Standard temperature
  Standaard temperatuur                  T         273 K
  Speed of light in a vacuum
                                         c          3,0 x 108 m·s-1
  Spoed van lig in ŉ vakuum
  Planck's constant
                                         h          6,63 x 10-34 J·s
  Planck se konstante

TABLE/TABEL 2: WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                            1
  vf                                 T
                                            f
                          c
  E  hf   or /of E  h
                          

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

16
                                               Downloaded from hlayiso.com       TEGNIESE WETENSKAPPE V2                                                                           (EC/SEPTEMBER 2019)

                                                               TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE

                                                       5
       1           2                                                                                                                       13          14         15           16         17          18
                               3           4                       6         7       8     9    10                     11         12
      (I)         (II)                                                            Atomic number                                           (III)       (IV)        (V)         (VI)       (VII)       (VIII)
                                                   KEY/SLEUTEL                      Atoomgetal
        1                                                                                                                                                                                              2
2,1    H                                                                                                                                                                                              He
        1                                                                                     29                                                                                                       4
                                                                                                         Symbol
        3            4                                  Electronegativity               1,9   Cu                                                5           6          7            8           9      10
1,0    Li   1,5    Be                                  Elektronegatiwiteit                               Simbool                        2,0    B    2,5    C    3,0    N    3,5    O    4,0    F      Ne
                                                                                              63,5
        7            9                                                                                                                         11          12          14          16          19      20
       11           12                                                                                                                         13          14          15          16          17      18
0,9   Na    1,2    Mg                                              Approximate relative atomic mass                                     1,5   Aℓ    1,8    Si   2,1    P    2,5    S    3,0    Cℓ      Ar
       23           24                                             Benaderde relatiewe atoommassa                                              27          28          31          32         35,5     40
       19           20          21          22          23          24    25     26      27     28   29                            30          31          32          33          34          35      36
0,8    K    1,0    Ca    1,3   Sc    1,5    Ti   1,6    V    1,6    Cr 1,5
                                                                         Mn       1,8
                                                                                 Fe     Co     1,8
                                                                                                Ni   Cu  1,8     1,9        1,6   Zn    1,6   Ga    1,8   Ge    2,0   As    2,4   Se    2,8    Br      Kr
       39           40          45          48          51          52    55     56      59     59  63,5                           65          70          73          75          79          80      84
       37           38          39          40          41          42    43     44      45     46   47                            48          49          50          51          52          53      54
0,8   Rb    1,0     Sr   1,2    Y    1,4    Zr         Nb    1,8   Mo  1,9
                                                                         Tc     Ru2,2   Rh     2,2
                                                                                               Pd    Ag  2,2     1,9        1,7   Cd    1,7    In   1,8   Sn    1,9   Sb    2,1   Te    2,5     I     Xe
       86           88          89          91          92          96          101     103    106  108                           112         115         119         122         128         127     131
       55           56          57          72          73          74    75     76      77     78   79                            80          81          82          83          84          85      86
0,7   Cs    0,9    Ba          La    1,6    Hf         Ta           W    Re     Os       Ir     Pt   Au                           Hg    1,8    Tℓ   1,8   Pb    1,9    Bi   2,0   Po    2,5    At     Rn
      133          137         139         179         181         184   186    190     192    195  197                           201         204         207         209
       87           88          89
0,7    Fr   0,9    Ra          Ac
                   226                              58          59       60         61              62      63      64         65          66          67          68          69          70         71
                                                   Ce           Pr      Nd          Pm             Sm      Eu      Gd         Tb          Dy          Ho           Er         Tm          Yb         Lu
                                                   140         141      144                        150     152     157        159         163         165         167         169         173        175
                                                    90          91       92         93              94      95      96         97          98          99         100         101         102        103
                                                   Th          Pa        U          Np             Pu      Am      Cm         Bk           Cf         Es          Fm          Md          No          Lr
                                                   232                  238

Kopiereg voorbou

## Related documents

- [TECH SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans (Signing off 27 July)](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-signing-off-27-july/672a2441-5c52-410b-b26c-e20e787067bb) — Technical Sciences · QP · 2020 · Afr
- [TECH SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/c2418936-6b5b-4361-871e-7ce472a8d09e) — Technical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [ERRATA Tech Sciences P2](https://www.hlayiso.com/library/errata-tech-sciences-p2/af37d203-db44-49b3-8547-158ee584377b) — Technical Sciences · Errata · 2020
- [TECH SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-qp-gr12-sept2023-afrikaans/4749a08d-f323-49b8-b7e3-6dad8bffd071) — Technical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [TECH SCIENCES P2 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-gr12-qp-june-2024-afrikaans/5936bf40-036a-4569-ac4a-167de6c997db) — Technical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [TECH SCIENCES P2 QP GR12 SEPT2024 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-qp-gr12-sept2024-afrikaans-final/944116af-3dc5-4c88-8d68-1fb21a1bcfce) — Technical Sciences · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Technical Sciences

- [Gr 12 Tech Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tech-sci-atp-2023-24/a7a03e64-2e18-4f50-a7fa-6eb1a25136c7) — ATP
- [TECH SC P1 MEMO GR12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/tech-sc-p1-memo-gr12-sept-2025-e-a-watermark/4a156330-3801-46dc-b908-43c35dc64891) — Memo · 2025
- [TECHNICAL SCIENCES P2 MG GR12 SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-mg-gr12-sept2025-watermark/717f8fcd-96bb-4848-8cb7-68903a8f0550) — Memo · 2025
- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2) — Memo · 2025 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556) — Memo · 2025 · Afr
- [Technical Sciences P1 Erratum June Commom Updated](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-erratum-june-commom-updated/c0a5373a-1bd4-4019-b849-f2a26fa7ab0b) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
