# Technical Mathematics Grade 12 2021 Guideline (Afr)

> Grade 12 Technical Mathematics exam guideline from the Technical Mathematics 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/technical-mathematics-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/381e5b55-3db1-4c63-be07-015367c8e87a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Technical Mathematics
- Grade: Grade 12
- Document type: Exam guideline
- Year: 2021
- Exam period: Technical Mathematics
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Technical Mathematics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/technical-mathematics) › [Technical Mathematics Grade 12 2021 Guideline (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/technical-mathematics-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/381e5b55-3db1-4c63-be07-015367c8e87a)

## About this document

Technical Mathematics · Grade 12 · Technical Mathematics · 2021. Exam guideline, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       TEGNIESE WISKUNDE

                         EKSAMENRIGLYNE

                                   GRAAD 12

                                        2021

                         Hierdie riglyne bestaan uit 16 bladsye.
                                            .

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wiskunde                             2                 DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

 INHOUDSOPGAWE
                                                                 Bladsy
 1.      INLEIDING                                               3

 2.      ASSESSERING IN GRAAD 12                                 4
 2.1     Formaat van vraestelle vir graad 12                     4
 2.2     Gewigte van kognitiewe vlakke                           5

 3.      UITBREIDING VAN INHOUD VIR GRAAD 12 (KABV)              6

 4.      AANVAARBARE REDES: EUKLIDIESE MEETKUNDE                 11

 5.      INLIGTINGSBLAD                                          14

 6.      RIGLYNE VIR NASIEN                                      16

 7.      SLOT                                                    16

Kopiereg voorbehou                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wiskunde                                 3                                               DBE/2021
                                             Eksamenriglyne

 1.      INLEIDING

 Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Tegniese Wiskunde gee 'n uiteensetting van
 die aard en doel van die vak Tegniese Wiskunde. Dit lei die filosofie wat onderliggend is tot die onderrig en
 assessering van die vak in graad 12.

         Die doel van Tegniese Wiskunde is om die wetenskap van Wiskunde in die tegniese veld te gebruik
         waar die fokus op TOEPASSING en nie op abstrakte idees is nie.

         Spesifieke doelwitte is:
         Wiskundige modellering is ŉ belangrike fokuspunt in die kurrikulum en die werklike lewe tegniese
         probleme moet by alle afdelings, waar van toepassing, ingesluit word.

 Die doel van hierdie eksamenriglyne is om:

     Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
      Seniorsertifikaat(NSS)-eksamen in Wiskunde geassesseer gaan word
     Bystand te verleen aan onderwysers om leerders voldoende vir die eksamen voor te berei

 Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamen. Dit behandel nie die
 skoolgebaseerde assessering ('SBA'), praktiese assesseringstake (PAT'e) of finale eksterne praktiese
 eksamen nie aangesien dit in 'n aparte PAT-dokument, wat jaarliks bygewerk word, hanteer word.

 Hierdie riglyne moet saam met die volgende gelees word:

     Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV):
      Wiskunde
     Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale Senior
      Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die
      Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R tot 12)
     Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale
      Kurrikulumstelling, graad R tot 12

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wiskunde                               4                                         DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

 2.        ASSESSERING IN GRAAD 12

 Alle kandidate sal TWEE eksterne vraestelle skryf, soos voorgeskryf.

 2.1       Formaat van Vraestelle vir Graad 12

 VRAE-           ONDERWERPE              Gewig van          DUUR    TOTAAL        DATUM           NASIEN
 STEL                                  inhoudsareas
   1            Getallestelsels                            3 uur       150       November         Ekstern
                 (binêre en
                 komplekse getalle)
                Algebra
                 (uitdrukkings,
                 vergelykings en          50  3
                 ongelykhede, die
                 aard van wortels,
                 eksponente en
                 wortelvorme en
                 logaritmes
                 ingesluit)
                Funksies en              35  3
                 grafieke
                Finansies, groei en      15  3
                 verval
                Differensiaalreke-       50  3
                 ning en integrasie
       2        Analitiese               25  3
                                                            3 uur       150       November         Ekstern
                 meetkunde
                Euklidiese               40  3
                 Meetkunde
                Trigonometrie            50  3
                Meting, sirkels,
                 hoeke en                 35  3
                 hoekbeweging

 Vrae in Vraestel 1 en 2 sal prestasie teen verskillende kognitiewe vlakke assesseer met die klem op
 prosesvaardighede, kritiese denke, wetenskaplike beredenering en strategieë om probleme in
 verskillende kontekste te ondersoek en op te los. INTEGRASIE VAN INHOUDSAREAS IS
 MOONTLIK.

 LET WEL: 'n Inligtingsblad is by hierdie dokument ingesluit.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wiskunde                                  5                                             DBE/2021
                                              Eksamenriglyne

 2.2      Gewig van Kognitiewe Vlakke
 Vraestel 1 en 2 sal vrae uit al vier kognitiewe vlakke insluit. Die verspreiding van kognitiewe
 vlakke in die vraestelle word hieronder gegee.
 LET WEL: Die gewig is volgens die KABV-dokument aangepas.
 KOGNITIEWE                    BESKRYWING VAN DIE                       GEWIG         BERAAMDE AANTAL
    VLAK                  VAARDIGHEDE WAT GETOON                      (plus, minus)        PUNTE IN 'N
                                     MOET WORD                                        150 PUNT-VRAESTEL
 Kennis                 Herroep                                       (25    )%         34 tot 40 punte
                        Identifisering van korrekte formule op die
                         inligtingsblad (geen verandering van die
                         onderwerp nie)
                        Gebruik van wiskundige feite
                        Toepaslike gebruik van wiskundige
                         woordeskat
                        Algoritmes
                        Beraming en toepaslike afronding van
                         getalle
                        Definisies
                        Eienskappe van funksies
 Roetine-               Voer bekende prosedures uit                   (45    )%         64 tot 70 punte
 prosedures             Eenvoudige toepassings en berekeninge
                         wat 'n paar stappe kan behels
                        Afleiding uit gegewe inligting kan
                         betrokke wees
                        Identifisering en gebruik (na verandering
                         van die onderwerp) van die korrekte
                         formule
                        Oor die algemeen soortgelyk aan dit wat in
                         die klas teëgekom word
 Komplekse              Probleme behels komplekse berekeninge         (20    )%         27 tot 33 punte
 prosedures              en/of hoër-orde-redenasie
                        Daar is dikwels nie 'n duidelike roete na
                         die oplossing nie
                        Probleme hoef nie op werklike kontekste
                         gebaseer te wees nie
                        Kan die maak van betekenisvolle
                         verbindings tussen verskillende
                         voorstellings behels
                        Vereis konseptuele begrip
                        Daar woed van leerders verwag om
                         probleme op te los deur verskillende
                         onderwerpe te integreer
 Probleem-              Nie-roetine probleme (wat nie noodwendig      (10    )%         12 tot 18 punte
 oplossing               moeilik is nie)
                        Probleme is hoofsaaklik onbekend
                        Hoër-orde-redenering en prosesse is
                         betrokke
                        Kan die vermoë vereis om die probleem in
                         sy samestellende dele af te breek
                        Interpretasie en ekstrapolering uit
                         oplossings wat verkry word deur probleme
                         in onbekende kontekste op te los

 LET WEL: Die beperking van Vlak 1 + Vlak 2 is 70% (105 punte) en Vlak 3 + Vlak 4 is 30%
 (45 punte).
Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wiskunde                                     6                                           DBE/2021
                                                 Eksamenriglyne

 3.       UITBREIDING VAN INHOUD/ONDERWERPE VIR GRAAD 12 (KABV)

 Die doel van die verklaring van die onderwerpe is om die onderwyser leiding te gee ten opsigte
 van die diepte van die inhoud wat vir eksamendoeleindes vereis word. Die integrasie van
 onderwerpe word aangemoedig omdat leerders die wetenskap van Wiskunde moet verstaan en op
 die tegniese veld toepas waar die klem op toepassing en nie op abstrakte idees lê nie.

 3.1      Getallestelsel

 Kandidate moet in staat wees om:
  Te bepaal tussen watter twee heelgetalle 'n gegewe eenvoudige wortel lê
  Vier basiese bewerkings met behulp van binêre getalle uit te voer
  Heelgetalle na binêre getalle en andersom om te skakel
  Bouersnotasie, intervalnotasie en getallelyn te stel
  Komplekse getalle op te tel, af te trek, te deel en te vermenigvuldig
  Komplekse getalle op die Argand-diagram voor te stel
  Die modulus (r) en die argument (  ) van 'n komplekse getal z te bepaal
  'n Komplekse getal in 'n trigonometriese of 'n polêre vorm uit te druk
  Vergelykings met komplekse getalle met twee veranderlikes op te los

 3.2      Funksies en Grafieke

 Kandidate moet in staat wees om:
  Met verwantskappe tussen veranderlikes in terme van numeriese, grafiese, verbale en
    simboliese voorstellings van funksies te werk en verander buigsaam tussen hierdie
    voorstellings (tabelle, grafieke, woorde en formules)
  Bepaal die effekte van die parameter wat lei tot 'n vertikale/horisontale skuif en dit wat lei tot
    vertikale/horisontale strek en/of refleksie oor die x-as en y-as
  Die vergelykings af te lei indien kritieke punte gegee word
  Grafieke met behulp van tabelle te skets, om kritieke punte te bereken om grafieke te skets en
    om definisieversameling, waardeversameling, simmetrie-asse en asimptote vir voorgeskrewe
    funksies te identifiseer
                     Lineêr:      y  mx  c
                                  y  y1  m( x  x1)
                   Kwadraties : y  f  x   a  x  p   q
                                                           2

                                    y  f  x   ax 2  bx  c

                                        a
                   Hiperbool : y         q ;
                                        x
                  Eksponensiële : y  a. f  x   a.b x  q waar   a  0; b  0 en b  1
      Skets en werk met die grafieke:
                  Sirkel:         x2  y 2  r 2

                   Halfsirkel :      y   r 2  x2

                                       y   r 2  x2

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wiskunde                                     7                                   DBE/2021
                                                 Eksamenriglyne

      Skets grafieke van die funksies gedefinieer deur:
                     y  a sin x;     y  a cos x
                     y  a sin x  q ;     y  a cos x  q
                     y  sin (ax);         y  cos(ax)
                     y  sin  x  p  ;    y  cos( x  p)
                     y  a tan x
             for 0  x  360
 LET WEL: Trigonometriese funksies sal in Vraestel 2 geassesseer word.

 3.3      Finansies, Groei en Verval

 Kandidate moet in staat wees om:
  Die implikasies van wisselende wisselkoerse te verstaan
  Gebruik enkelvoudige en saamgestelde groeiformules A = P (1 + in) en A = P(1 + i)n
  Enkelvoudige en saamgestelde vervalformules A = P (1 – in) en A = P(1 – i )n om probleme
    op te los (sluit rente, huurkoop, inflasie, bevolkingsgroei en ander werklike probleme in) te
    gebruik
  Die effek van verskillende tydperke van saamgestelde groei en verval (sluit effektiewe en
    nominale rentekoerse in), nie beperk tot finansies nie, te analiseer
  Verskillende leningsopsies krities te analiseer
 LET WEL: Toepassing moet werklik en NIE kunsmatig wees NIE.

 3.4      Algebra

 Kandidate moet in staat wees om:
  Die wette van eksponente op uitdrukkings en vergelykings waarby rasionele eksponente
    betrokke is, toe te pas
  Eenvoudige wortelvorme op te tel, af te trek, te vermenigvuldig en te deel
  Begrip te toon van die definisie van 'n logaritme en enige wette wat nodig is om probleme in
    die werklike lewe op te los en NIE KUNSMATIGE probleme NIE
  Wette van logaritme toe te pas om werklike probleme op te los
  Res- en faktorstellings op polinome toe te pas tot die derde mag toe
  Faktoriseer derdegraadse polinome (voorbeelde wat die faktorstelling vereis, ingesluit)
  Kwadratiese vergelykings op te los (deur faktorisering en met behulp van die kwadratiese
    formule)
  Vergelykings met twee onbekendes, waarvan een lineêr en die ander kwadraties is, algebraïes
    of grafies op te los
  Woordprobleme wat tot gelyktydige vergelykings lei, waarvan een lineêr en die ander
    kwadraties is, op te los
  Die aard van wortels en die voorwaardes waarvoor die wortels reël, nie-reël, gelyk, ongelyk,
    rasioneel en irrasioneel is, te bepaal

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wiskunde                                 8                                             DBE/2021
                                             Eksamenriglyne

 3.5      Differensiaalrekening en Integrasie

 Kandidate moet in staat wees om:
  Die gemiddelde gradiënt van 'n kurwe tussen twee punte te bepaal
  Die gradiënt van 'n raaklyn aan 'n grafiek, wat ook die gradiënt van die grafiek op daardie punt
    is, te bepaal
  Onderskei van eerste beginsels, funksies gedefinieer deur:
     f  x   k ; f  x   ax en f  x   ax  b

      Gebruik die differensiasiereël
                                        d
                                       dx
                                           ax n  ax n1 vir n  R

      Die vergelykings van raaklyne aan grafieke van funksies te bepaal
      Grafieke van kubieke polinoomfunksies te skets deur differensiasie te gebruik om die
       koördinate van stasionêre punte te bepaal. Bepaal ook die x-afsnitte met behulp van die
       faktorstelling en ander tegnieke.
      Die inligting uit grafieke te analiseer, afleidings te maak, waarde(s) of intervalle uit grafieke te
       lees
      Praktiese probleme op te los wat optimalisering en tempo van verandering insluit, asook die
       calculus van beweging, en ook om oplossings te interpreteer en gevolgtrekkings te maak
      Integreer die volgende vorms van integrale:
                                       kxn1
                           kxn dx            C , n  R with n  1
                                        n 1
                               k
                           dx  k ln x  C , x  0
                               x
                                         ka nx
                           ka nx dx          C , with a  0 , k , a R
                                         ln a
      Polinome te integreer wat bestaan uit die terme van die bogenoemde vorms
      Integrasie toe te pas om die grootte te bepaal van 'n oppervlakte wat deur 'n kromme en die x-as
       of deur 'n kromme, die x-as en die ordinate x = a en x = b waar a, b  Z , ingesluit word. Die
       skets moet verskaf word.

 3.6      Euklidiese Meetkunde

 Kandidate moet in staat wees om:
  Eienskappe van spesiale driehoeke (ongelyksydige-, gelykbenige-, gelyksydige en reghoekige
    driehoek) en vierhoeke te noem
  Verskillende veelhoeke (ongelyksydige-, gelykbenige, gelyksydige en reghoekige driehoek, die
    vlieër, parallelogram, reghoek, ruit, vierkant en trapesium) te definieer
  Sirkelstellings en hul omgekeerdes toe te pas in berekeninge om meetkundeprobleme op te los,
    en om redes vir stellings, waar nodig, te verskaf
  Die konsep van gelykvormigheid en eweredigheid toe te pas
  Eweredigheid in driehoeke toe te pas
  Middelpuntstelling toe te pas
 LET WEL: Bewyse van stellings en die omgekeerdes daarvan sal nie geëksamineer word nie.

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wiskunde                              9                                          DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

 3.7      Meting

 Kandidate moet in staat wees om:
  Eenhede, vierkant eenhede en kubieke eenhede te herlei
  Probleme op te los wat verband hou met die volume en oppervlakarea van soliede voorwerpe
    wat in vorige grade bestudeer is en kombinasies van daardie voorwerpe om meer ingewikkelde
    soliede voorwerpe vorm
  Die oppervlakte van 'n onreëlmatige figuur met behulp van die middelordinaatreël te bepaal
 LET WEL: Die vrae wat op die oppervlakte en volume van regte prismas, piramides, keëls en
               sfere gebaseer is, moet met relevante formules aan leerders verskaf word, waardeur
               daar van hulle verwag word om die regte formule te kies.

 3.8      Sirkels, Hoeke en Hoeksbeweging

 Kandidate moet in staat wees om:
  Radiaal te definieer
  Grade na radiale en omgekeerd om te skakel
  Die verband tussen sentrale hoeke en boë te gebruik
                                                                            rs r 2
      Oppervlakte van 'n sektor te bereken: Oppervlakte van sektor               ,    r = radius,
                                                                            2    2
       s = booglengte en  = sentrale hoek in radiale
                                             2     2
      Hoogte van segmente te bereken: 4h  4dh  x  0 , h = hoogte van segment, d = deursnee
       van die sirkel, x = lengte van die koord
      Die oppervlakte van 'n segment te bereken
      Die hoeksnelheid (Omega) te bereken:   2 n  360 n , n = rotasiefrekwensie
      Omtreksnelheid te bereken:    Dn , D = deursnee en n = rotasiefrekwensie

 3.9      Analitiese Meetkunde

 Kandidate moet in staat wees om:
  Die afstand tussen die twee punte te bereken
  Die gradiënt van die lynsegment wat die punte verbind, te bereken
  Die koördinate van die middelpunt van die lynstuk wat die punte verbind, te bereken
  Die vergelyking van 'n reguitlyn wat die twee punte verbind, te bepaal
  Die vergelyking van 'n lyn deur twee gegewe punte te bepaal
  Die vergelyking van 'n lyn deur een punt en parallel of loodreg op 'n gegewe lyn te bepaal
  Die inklinasiehoek van 'n lyn te bepaal
  Die vergelyking van 'n sirkel met middelpunt by die oorsprong (middelpunt is (0; 0)) te bepaal
  Die vergelyking van 'n raaklyn aan 'n sirkel op 'n gegewe punt op die sirkel te bepaal
  Die snypunt van 'n sirkel en 'n reguitlyn te bepaal
                                       x2 y 2
  Die grafiek te teken van 'n ellips: 2  2  1
                                      a     b
 LET WEL: Sluit WERKLIKE TOEPASSINGS in.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wiskunde                            10                                           DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

 3.10    Trigonometrie

 Kandidate moet in staat wees om:
  Die basiese trigonometriese verhoudings te ken en daarop let dat daar spesiale name vir die
    resiproke van die trigonometriese funksies is
  Na spesiale hoeke te verwys (bereken sonder om 'n sakrekenaar te gebruik)
  Trigonometriese uitdrukkings/vergelykings te vereenvoudig deur 'n sakrekenaar te gebruik
  Die identiteite te gebruik, beperk tot roetine-prosedures:
                        sin 
               tan          ; sin 2   cos2   1 ; 1  tan 2   sec2  and cot 2   1  cosec2
                        cos 
  Reduksieformules toe te pas, 180    en  360   
    Die oplossings van trigonometriese vergelykings vir   0 ;360 beperk tot roetine-
     prosedures, te bepaal
    Sinus-, cosinus- en areareëls toe te pas (bewyse van hierdie reëls sal nie geëksamineer word
     nie)
    Trigonometriese identiteite toe te pas wat in vorige grade bestudeer is om te bewys dat
     linkerkant aan regterkant gelyk is
    Probleme in twee en drie dimensies op te los deur geometriese en trigonometriese modelle te
     konstrueer en interpreteer. Slegs hoeke en numeriese afstande/lengtes moet gebruik word.
    Die effekte te bepaal van die parameters op die funksies wat gedefinieer word deur:
      y  a sin x  q , y  a cos x  q , y  sin  ax  , y  cos  ax  and y  a tan x
    Die effekte te bepaal van p op die funksies wat gedefinieer word deur:
     y  sin  x  p  , y  cos  x  p  and y  tan  x  p 
 LET WEL: Een parameter moet op 'n keer getoets word wanneer horisontale verskuiwing
 geëksamineer word.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wiskunde                                11                                                 DBE/2021
                                             Eksamenriglyne

 4.        AANVAARBARE REDES: EUKLIDIESE MEETKUNDE (AFRIKAANS)
 Om 'n sekere mate van eenvormigheid te hê, word die gebruik van die volgende verkorte
 weergawes van die stellings aangemoedig.

                             STELLING                                         AANVAARBARE REDE(S)
                                                  LYNE
Aangrensende hoeke op 'n reguitlyn is supplementêr.                        e op reguit lyn
As aangrensende hoeke supplementêr is, lê die buitenste bene van die       aangr. e suppl.
hoeke in 'n reguitlyn.
Die som van die aangrensende hoeke om 'n punt is 360 .                     e om 'n punt OF e in 'n omw.
Regoorstaande hoeke is gelyk.                                              regoorst. e
As AB || CD, dan is die verwisselende hoeke gelyk                          verw. e ; AB || CD
As AB || CD, dan is die ooreenkomstige hoeke gelyk.                        ooreenk. e ; AB || CD
As AB || CD, dan is die ko-binnehoeke supplementêr.                        ko-binne e ; AB || CD
As die verwissellende hoeke tussen twee lyne gelyk is, dan is die lyne     verw. e =
ewewydig.
As die ooreenkomstige hoeke tussen twee lyne gelyk is, dan is die lyne     ooreenk. e =
ewewydig.
As die ko-binnehoeke tussen twee lyne supplementêr is, dan is die lyne     ko-binne e suppl.
ewewydig.
                                             DRIEHOEKE
Die binnehoeke van 'n driehoek is supplementêr.                          som van  OF som van e in 
                                                                        OF binne e
Die buitehoek van 'n driehoek is gelyk aan die som van die twee buite  van
teenoorstaande binnehoeke.
Die hoeke teenoor die gelyke sye van 'n gelykbenige driehoek, is e teenoor gelyke sye
gelyk.
Die sye teenoor die gelyke sye van 'n gelykbenige driehoek, is gelyk.   sye teenoor gelyke e
In 'n reghoekige driehoek is die vierkant op die skuinssy gelyk aan die Pythagoras OF Stelling van
som van die vierkante op die ander twee sye.                            Pythagoras
As die vierkant op een sy van 'n driehoek gelyk is aan die som van die     Omgekeerde Pythagoras
vierkante op die ander twee sye, dan is die driehoek reghoekig.            OF
                                                                           Omgekeerde stelling: Pythagoras
As drie sye van een driehoek onderskeidelik gelyk is aan drie sye van      SSS
'n ander driehoek, dan is die driehoeke kongruent.
As twee sye en 'n ingeslote hoek van een driehoek onderskeidelik           SHS OF SS
gelyk is aan twee sye en 'n ingeslote hoek van 'n ander driehoek, dan is
die twee driehoeke kongruent.
As twee hoeke en 'n sy van een driehoek onderskeidelik gelyk is aan        HHS OF S
twee hoeke en 'n ooreenstemmende sy van 'n ander driehoek, dan is die
twee driehoeke kongruent.
As die skuinssy en 'n reghoeksy van 'n reghoekige driehoek                 RHS OF 90°HS
onderskeidelik gelyk is aan die skuinssy en 'n reghoeksy van 'n ander
reghoekige driehoek, dan is die twee driehoeke kongruent.
Die lynstuk wat die middelpunte van twee sye van 'n driehoek verbind,      Midpt.-stelling
is ewewydig aan en gelyk aan die helfte van die derde sy.

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wiskunde                                12                                                  DBE/2021
                                             Eksamenriglyne

                              STELLING                                        AANVAARBARE REDE(S)
Die lynstuk wat van die middelpunt van een sy van 'n driehoek              lyn deur midpt || 2de sy
ewewydig aan die tweede sy getrek word, halveer die derde sy.
Die lyn ewewydig aan een sy van 'n driehoek verdeel die ander twee         lyn || een sy van   OF
sye in eweredige dele.                                                     eweredige stelling; noem || lyne
As 'n lyn twee sye van 'n driehoek in eweredige dele verdeel, is die lyn   lyn verdeel      twee    sye   van
ewewydig aan die derde sy.                                                 eweredig
As twee driehoeke gelykhoekig is, is hulle ooreenstemmende sye             ||| e OF gelykhoekige e
eweredig (en is driehoeke dus gelykvormig).
                                                                                     e
As die ooreenstemmende sye van twee driehoeke eweredig is, is die          Sye van       eweredig
driehoeke gelykhoekig (en is driehoeke dus gelykvormig).
Driehoeke (of parallelogramme) op dieselfde basis en tussen dieselfde      dieselfde basis ; dieselfde hoogte
ewewydige lyne is gelyk in oppervlakte.                                     OF
                                                                           gelyke basis; gelyke hoogte
                                                SIRKELS
'n Raaklyn aan 'n sirkel is loodreg op die radius/middellyn van die raaklyn  radius
sirkel by die raakpunt.                                                 raaklyn  middellyn
As 'n lyn loodreg getrek word na die radius/middellyn by die punt Lyn  Radius OF
waar die radius/middellyn die sirkel ontmoet, dan is die lyn 'n raaklyn omgekeerde raaklyn  radius OF
aan die sirkel.                                                         omgekeerde raaklyn  middellyn
Die lynstuk wat die middelpunt van 'n sirkel met die middelpunt van 'n     lyn vanuit midpt na midpt van
koord verbind, is loodreg op die koord.                                    koord
Die loodlyn uit die middelpunt van 'n sirkel na 'n koord, halveer die      lyn vanuit midpt  op koord
koord.
Die middelloodlyn van 'n koord gaan deur die middelpunt van die            middelloodlyn van koord
sirkel.
Die hoek wat 'n koord by die middelpunt van 'n sirkel onderspan, is        Midpts = 2 x Omtreks
dubbel die hoek wat dit by enige punt op die omtrek onderspan (aan
dieselfde kant van die koord as die midpt).
Die omtrekshoek wat deur die middellyn onderspan word, is 90°.              in halwe sirkel OF
                                                                           middellyn onderspan regte hoek
                                                                           OF  in 
As 'n koord van 'n sirkel 'n regte hoek by die omtrek onderspan, dan is Koord onderspan 90 OF
die koord 'n middellyn.                                                 omgekeerde  in halwe sirkel
Hoeke onderspan deur 'n koord van 'n sirkel, aan dieselfde kant van die e in dieselfde segment
koord, is gelyk.
As 'n lynstuk wat twee punte verbind, gelyke hoeke by twee ander Lynstuk onderspan gelyke e OF
punte aan dieselfde kant van die lynstuk onderspan, dan is die vier omgekeerde e in dieselfde
punte konsiklies. (d.w.s. hulle lê op die omtrek van 'n sirkel).        segment
Gelyke koorde onderspan gelyke omtrekshoeke.                            gelyke koorde; gelyke e
Gelyke koorde onderspan gelyke middelpuntshoeke.                        gelyke koorde; gelyke e

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wiskunde                               13                                                  DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

                            STELLING                                   AANVAARBARE REDE(S)
Gelyke koorde in gelyke sirkels onderspan gelyke omtrekshoeke.      gelyke sirkels; gelyke koorde ;
                                                                    gelyke e
Gelyke koorde in gelyke sirkels onderspan gelyke middelpuntshoeke.  gelyke sirkels; gelyke koorde ;
                                                                    gelyke e
Die teenoorstaande hoeke van 'n koordvierhoek is supplementêr.      teenoorst. e van kvh
As die teenoorstaande hoeke van 'n vierhoek supplementêr is, dan is teenoorst. e van vierhoek is supp
die vierhoek 'n koordevierhoek.                                     OF omgekeerde teenoorst e
                                                                          koordevierhoek
Die buitehoek van 'n koordevierhoek is gelyk aan die teenoorstaande buite van kvh
binnehoek.
As die buitehoek van 'n vierhoek gelyk is aan die teenoorstaande buite van vierhoek = teenoorst.
binnehoek, dan is die vierhoek 'n koordevierhoek.                   binne  OF omgekeerde buite 
                                                                          koordevierhoek
Twee raaklyne wat vanaf dieselfde punt buite 'n sirkel na 'n sirkel Raaklyne vanuit gemeensk. Punt
getrek word, is ewe lank.                                           OF raaklyne vanaf dieselfde
                                                                          punt
Die hoek wat gevorm word tussen 'n raaklyn aan 'n sirkel en 'n koord      raaklyn koord stelling
wat vanuit die raakpunt getrek word, is gelyk aan die hoek in die
oorstaande segment.
As 'n lyn deur die eindpunt van 'n koord 'n hoek met die koord vorm        tussen lyn en koord OF
wat gelyk is aan die hoek in die oorstaande segment, dan is die lyn 'n    omgekeerde raaklyn koord stelling
raaklyn aan die sirkel.
                                                VIERHOEKE
Die som van die binnehoeke van 'n vierhoek is 360.                       som van e in vierhoek
Die teenoorstaande sye van 'n parallelogram is ewewydig.                  teenoorst. sye van ||m
As die teenoorstaande sye van 'n vierhoek ewewydig is, dan is die         teenoorst sye van vierh. is ||
vierhoek 'n parallelogram.
Die teenoorstaande sye van 'n parallelogram is gelyk in lengte.           teenoorst. sye van ||m
As die teenoorstaande sye van 'n vierhoek gelyk is, dan is die vierhoek   teenoorst sye van vierh = OF
'n parallelogram.                                                         omgekeerde teenoorst sye van
                                                                          ||m
Die teenoorstaande hoeke van 'n parallelogram is gelyk.                   teenoorst. e van ||m
As die teenoorstaande hoeke van 'n vierhoek gelyk is, dan is die          teenoorst. e van vierh = OF
vierhoek 'n parallelogram.                                                omgekeerde teenoorst. e van ||m
Die hoeklyne van 'n parallelogram halveer mekaar.                         hoeklyne van ||m
As die hoeklyne van 'n vierhoek mekaar halveer, dan is die vierhoek 'n    hoeklyne van vierh halveer mekaar
parallelogram.                                                            OF omgekeerde hoeklyne van ||m
As een paar teenoorstaande sye van 'n vierhoek gelyk en ewewydig is,      teenoorst. sye = en ||
dan is die vierhoek 'n parallelogram.
Die hoeklyne van 'n parallelogram halveer die oppervlakte van die         hoeklyn van ||m halveer opp
parallelogram.
Die hoeklyne van 'n ruit halveer mekaar reghoekig.                        hoeklyne van ruit
Die hoeklyne van 'n ruit halveer die teenoorstaande binnehoeke.           hoeklyne van ruit
Al vier sye van 'n ruit is gelyk.                                         sye van ruit
Al vier sye van 'n vierkant is gelyk.                                     sye van vierkant
Die hoeklyne van 'n reghoek is ewe lank.                                  hoeklyne van reghoek
Die hoeklyne van 'n vlieër sny mekaar reghoekig.                          hoeklyne van vlieër
Die een hoeklyn van 'n vlieër halveer die ander hoeklyn.                  hoeklyne van vlieër
Een hoeklyn van 'n vlieër halveer die teenoorstaande binnehoeke           hoeklyne van vlieër

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wiskunde                                    14                                                          DBE/2021
                                                 Eksamenriglyne

                               INLIGTINGSBLAD: TEGNIESE WISKUNDE

         b  b 2  4ac                                      b                        4ac  b2
     x                                                  x                       y
              2a                                             2a                         4a
     a x  b  x  log a b ,           a  0 , a  1 and b  0

      A  P(1  ni)                   A  P(1  ni)               A  P(1  i) n                 A  P(1  i) n

                      1
                        m
     ieff  1  i
                m

                        f  x  h  f  x
      f /  x   lim
                 h 0            h

                 x n 1
      x dx 
        n
                        C       , n  1
                 n 1

                                                                                ax
                                                                    a dx 
                                                                       x
         1 dx  ln x  C ,       x0                                                C           ,   a0
         x                                                                     ln a

                                                             x  x2 y1  y 2 
      d  ( x2  x1 ) 2  ( y2  y1 ) 2                  M  1     ;         
                                                             2         2 

                                                                                   y 2  y1
         y  mx  c                   y  y1  m( x  x1 )                m                              m  tan
                                                                                   x 2  x1

       x2 y2
            1
       a2 b2

                      a     b     c
      In ABC:                                                   a2 = b2 + c2 – 2bccosA
                    sin A sin B sin C

                                          1
      Oppervlakte van ABC                 ab  sin C
                                          2

         sin 2   cos 2   1                      1  tan 2   sec 2                      cot 2   1  cosec 2

Kopiereg voorbehou                                                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wiskunde                               15                                             DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

  rad  180

 Hoeksnelheid=    2n  360n
 Hoeksnelheid                                     waar n = rotasiefrekwensie

 Omtreksnelheid = v =                            waar D = middellyn en n = rotasiefrekwensie

 s  r         waar r = radius en  = sentrale hoek in radiale

                                  rs r 2
 Oppervlakte van 'n sektor =        
 Oppervlakte van 'n sektor =      2    2            waar r = radius, s = booglengte en
                                                        = sentrale hoek in radiale

 4h2  4dh  x2  0          waar h = hoogte van segment,         d = middellyn van sirkel en
                                  x = lengte van koord

                                                                   o o
 AT  a  m1  m2  m3  . . .  mn                           m1  1 2
                                        waar a = gelyke dele,        2  en
                                             n = aantal ordinate

                                                    OF

        o o                                
 AT  a  1 n  o2  o3  o4  . . .  on 1 
         2                                           waar a = gelyke dele, oi = ide ordinaat en
                                                            n = aantal ordinate

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wiskunde                           16                                        DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

 6.      ALGEMENE RIGLYNE VIR NASIEN

        As 'n leerder meer as een keer probeer om 'n vraag te beantwoord en nie een van die
         pogings kanselleer nie, word slegs die eerste poging nagesien ongeag watter een van die
         poging(s) die korrekte antwoord is.
        Volgehoue Akkurate (CA) nasien met betrekking tot berekeninge, sal in die volgende
         gevalle toegepas word:
         - Subvraag tot subvraag: Indien 'n sekere veranderlike in die eerste subvraag verkeerd
             bereken is en in 'n ander subvraag vervang moet word, mag volpunte toegeken word
             vir die daaropvolgende subvrae indien die metodes wat gebruik word, korrek is en die
             berekenings korrek uitgevoer is.
         - Aanvaar van waardes/antwoorde om probleme op te los, is onaanvaarbaar.

 7.      SLOT

 Hierdie Eksamenriglyn-dokument is bedoel om die assesseringsdoelstellings wat in die KABV
 dokumente voorgehou word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger vir die KABV-
 dokument waarvolgens onderwysers moet onderrig nie.

 Kwalitatiewe kurrikulumdekking soos aangedui in die KABV kan nie genoeg beklemtoon word nie.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Technical Maths P2 Memo June2020 a E(12may2021)](https://www.hlayiso.com/library/technical-maths-p2-memo-june2020-a-e-12may2021/55b2fb0b-6ee4-445d-be27-cece13898b1f) — Technical Mathematics · Memo · 2021
- [Tech Maths P1 QP June 2021 English](https://www.hlayiso.com/library/tech-maths-p1-qp-june-2021-english/10fd08ad-3502-421c-a4ff-a8b7b0fb3513) — Technical Mathematics · QP · 2021 · Eng
- [Technical Maths P2 QP June 2020 English (12May2021)](https://www.hlayiso.com/library/technical-maths-p2-qp-june-2020-english-12may2021/86dee1c4-7869-45d3-86ab-3cb8d03ec9b3) — Technical Mathematics · QP · 2021 · Eng
- [Gr12 Technical Mathematics P1 (English and Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-technical-mathematics-p1-english-and-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/f02d5a55-02e7-417c-934a-f7c242038cd1) — Technical Mathematics · Memo · 2021 · Afr
- [Gr12 Technical Mathematics P2 (English and Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-technical-mathematics-p2-english-and-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/615318ee-d80c-4db5-a0ba-3926b9f96288) — Technical Mathematics · Memo · 2021 · Afr
- [Gr12 Technical Mathematics P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-technical-mathematics-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/062749a9-c572-415d-8d76-eab76e1a2e74) — Technical Mathematics · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Technical Mathematics

- [Gr 12 Technical Mathematics P2 (Afrikaans) 2025 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-mathematics-2025-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/673174da-3296-4dd9-b0ed-c262fb1d1c63) — QP · 2025 · Afr
- [TECH MATHS P2 QP JCT 202D ENG D](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-mathematics-2025-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-english/78cfbbbe-c338-4fe8-9a6d-f1460eecf2b8) — QP · 2025 · Eng
- [Technical Mathematics P1 Nov 2025 MG Afr & Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-mathematics-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/46f4840a-7f39-4e8c-88d1-8beab76147dc) — Memo · 2025 · Afr
- [Technical Mathematics P2 Nov 2025 MG Afr & Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-mathematics-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/4cc6dcbf-4367-429e-8ac9-2049f03eecb9) — Memo · 2025 · Afr
- [Technical Mathematics P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-mathematics-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/00c4af24-67df-4872-a5e8-a2928fb0fe99) — QP · 2025 · Afr
- [TECH MATHS P2 AB AFR ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-mathematics-2025-nw-june-exam-addendum-paper-2-afrikaans/7615a50d-6554-42bc-a0f1-879ea3150d06) — Addendum · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
