# Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP

> Grade 12 Technical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2023 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/technical-sc-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/908d3036-cf44-49c2-932e-e507ab321f50
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Technical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Technical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/technical-sciences) › [Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/technical-sc-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/908d3036-cf44-49c2-932e-e507ab321f50)

## About this document

Technical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIORSERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                  JUNIE 2023

                 TEGNIESE WETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

           Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitend gegewensblaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                          TEGNIESE WETENSKAPPE V1                         (EC/JUNIE 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees hierdie instruksies sorgvuldig deur voordat jy die vraestel beantwoord.

1.    Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

2.    Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

3.    Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
      gebruik word.

4.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.    LAAT ŉ spasie OOP tussen twee sub-afdelings, byvoorbeeld
      VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.

6.    Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

7.    Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

8.    Rond jou finale numeriese antwoord af tot ŉ minimum van TWEE
      desimale plekke.

9.    Gee kort motiverings, verduidelikings, ensovoorts, waar nodig.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                  TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                          3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke
vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter
(A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.11 D.

1.1      ŉ Motor ondervind ŉ konstante netto krag van 500 N soos dit weswaarts
         beweeg. Die tempo waarteen die momentum van die motor verander
         tydens sy beweging is …

         A        gelyk aan die impuls van die motor.

         B        gelyk aan 500 N.

         C        groter as die netto krag.

         D        minder as 500 N                                                                     (2)

1.2      Newton se Eerste Bewegingswet impliseer dat ŉ voorwerp sal aanhou
         beweeg teen ŉ konstante snelheid indien die …

         A        som van al die kragte wat op die voorwerp inwerk, nul is.

         B        netto krag wat die voorwerp ondervind, groter as nul is.

         C        netto krag wat die voorwerp ondervind, kleiner as nul is.

         D        som van al die kragte wat op die voorwerp inwerk, is groter as nul
                  maar kleiner as een.                                                                (2)

1.3      Een van die eienskappe van aksie-reaksie-pare is dat …

         A        hulle dieselfde grootte het.

         B        hulle in dieselfde rigting werk.

         C        hulle netto krag altyd nul is.

         D        hulle op dieselfde voorwerp inwerk.                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            TEGNIESE WETENSKAPPE V1                  (EC/JUNIE 2023)

1.4   ŉ Leerder laat val sy boek van sy lessenaar af, op die vloer. Die
      meganiese energie aan die bokant van die lessenaar, van waar die boek
      laat val is sal … wees.

      A      gelyk aan nul

      B      gelyk aan kinetiese energie

      C      gelyk aan gravitasie potensiёle energie

      D      Geeneen van bogenoemde.                                              (2)

1.5   ŉ Voorwerp beweeg teen ŉ konstante snelheid oor ŉ ruwe oppervlak
      wanneer ŉ horisontale krag van 5 N daarop inwerk.

                                             5N

      Die grootte van die kinetiese wrywingskrag is …

      A      gelyk aan 0.

      B      gelyk aan 5 N.

      C      groter as 5 N.

      D      kleiner as of gelyk aan 5 N.

1.6   Watter term is die beste beskrywing vir ŉ krag wat gelyk, maar
      teenoorgesteld aan die vervormingskrag is?

      A      Rekking

      B      Druk

      C      Toegepaste Krag

      D      Herstelkrag                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                 TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                    5

1.7      ŉ Messelaar wil ŉ voorwerp oor ŉ horisontale afstand van 5 m verplaas. Hy
         pas ŉ krag van 10 N op die voorwerp toe, maar dit bly in rus. Die arbeid
         verrig deur die messelaar op die voorwerp (in Joule) is …

         A        0.

         B        5.

         C        10.

         D        50.                                                                      (2)

1.8      Watter EEN van die volgende stellings verteenwoordig Pascal se Wet?

         A        Die oppervlakte is omgekeerd eweredig aan die druk daarop, indien
                  die temperatuur konstant gehou word.

         B        Die druk wat uitgeoefen word op ŉ deurlopende vloeistof in ewewig,
                  word eweredig na die ander dele van die vloeistof versprei.

         C        Die druk is direk eweredig aan die volume indien die temperatuur
                  konstant gehou word.

         D        Volume is omgekeerd eweredig aan die druk daarop indien die
                  temperatuur konstant gehou word.                                         (2)

1.9      Rekking word gedefinieer as die …

         A        krag wat per eenheidsoppervlakte inwerk.

         B        interne herstelkrag per eenheidsoppervlakte.

         C        krag wat die vorm van die voorwerp verander.

         D        verhouding van verandering in dimensie tot die oorspronklike
                  dimensie.                                                                (2)

1.10     Die druk by ŉ punt in ŉ vloeistof is NIE AFHANKLIK van die … NIE.

         A        oppervlakte

         B        diepte

         C        digtheid

         D        gravitasie-versnelling                                                (2)
                                                                                       [20]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                           TEGNIESE WETENSKAPPE V1                          (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Leerder trek ŉ blok met massa 12 kg teen ŉ krag van 8 N na links teen ŉ hoek
van 60° met die horisontaal. Die blok ondervind ŉ wrywingskrag van 0,3 N
parallel met die oppervlak soos in die diagram hieronder getoon.

                              8N

                                      60°
                                                      12 kg

2.1    Definieer die term versnelling in woorde.                                         (2)

2.2   Gebruik die diagram hierbo om die vrae hieronder te beantwoord:

      2.2.1   Bereken die grootte en rigting van die netto krag.                         (5)

      2.2.2   Bereken die grootte van die versnelling van die blok.                      (3)

      2.2.3   Skryf neer die NAAM van die wet wat gebruik kan word om die
              beweging van die blok te verduidelik.                                      (2)

      2.2.4   Stel die wet wat geïdentifiseer is in VRAAG 2.2.3 in woorde.               (2)

      2.2.5   Teken ŉ vryeliggaam diagram om al die kragte wat op die blok
              inwerk te toon.                                                            (4)

2.3   ŉ Ander blok met dieselfde massa word bo-op die eerste blok geplaas en
      word teen dieselfde hoek getrek. Hoe sal die volgende deur hierdie
      toename in massa beïnvloed word?

      Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.

      2.3.1   Wrywingskrag                                                               (1)

      2.3.2   Versnelling                                                               (1)
                                                                                       [20]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)              TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                     7

VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Krat A en krat B, met verskillende massas, word langs mekaar op ŉ horisontale,
ruwe oppervlak geplaas. ŉ Hand wat krat A stoot veroorsaak ŉ versnelling van albei
kratte van 2,3 m.s-2 na regs. Krat B ondervind ŉ wrywingskrag van 25,3 N.

3.1      Stel Newton se Derde Bewegingswet in woorde.                                    (2)

3.2      Bereken die krag wat krat B op krat A uitoefen.                                 (6)
                                                                                         [8]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                          TEGNIESE WETENSKAPPE V1                         (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

4.1   ŉ Krieketbal met massa 175 g, word direk na ŉ kolwer gegooi met ŉ
      horisontale snelheid van 12 m.s-1 oos. Dit word teruggeslaan in die
      teenoorgestelde rigting met ŉ snelheid van 30 m.s-1 wes. Die bal is in
      kontak met die kolf vir ŉ tydperk van 0,05 s.

                           12 m s-1

      4.1.1    Skryf die definisie van die term impuls in woorde.                      (2)

      4.1.2    Bereken die grootte en rigting van verandering in momentum van
               die bal.                                                                (5)

      4.1.3    Bereken die grootte van die krag wat die kolf op die bal uitoefen.      (3)

      4.1.4    Moderne motors gebruik frommelsones op die voorkant en die
               kante as ŉ veiligheidsmaatreël om ernstige beserings tydens ŉ
               botsing te verminder. Verduidelik, deur gebruik te maak van die
               begrip van impuls, hoe die frommelsones beserings verminder.            (4)

4.2   Blok X, van massa 2 kg, gly teen 3 m.s-1 na regs en bots met ŉ stilstaande
      blok Y, van massa 3,5 kg. Blok X bons terug met ŉ snelheid van 1 m.s-1
      na links.

      4.2.1    Skryf die beginsel van die behoud van lineêre momentum in
               woorde neer.                                                            (2)

      4.2.2    Bereken die snelheid van blok Y na die botsing.                        (5)
                                                                                     [21]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)               TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                         9

VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Blok met massa 8 kg beweeg na regs oor ŉ ruwe, horisontale oppervlak van punt
A na punt B. Punt B is 4 m regs van punt A geplaas soos in die diagram hieronder
getoon. Die koëffisiënt van wrywing (µk) tussen die blok en die oppervlakte AB is
0,14.

5.1     Definieer die term arbeid verrig in woorde.                                               (2)

5.2     Bereken:

        5.2.1      Die grootte van die kinetiese wrywingskrag op die blok terwyl dit van
                   punt A na punt B beweeg                                                        (3)

        5.2.2      Arbeid verrig deur die kinetiese wrywingskrag van punt A na
                   punt B                                                                         (3)

5.3     Waaraan sal die arbeid verrig deur gravitasiekrag gelyk wees?                             (1)

5.4     Die hoeveelheid arbeid verrig deur ŉ trok met massa 3 000 kg wat op ŉ
        horisontale pad vir 30 s ry/beweeg is 480 000 J.

        5.4.1      Definieer die term drywing.                                                    (2)

        5.4.2      Bereken die drywing van die trok in terme van perdekrag.                    (5)
                                                                                              [16]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                         TEGNIESE WETENSKAPPE V1                          (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 6 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Voetslaner staan op ŉ krans en laat val ŉ pakkie 10 m bokant die grond.

6.1    Stel die beginsel van die Behoud van Meganiese Energie in woorde.                  (2)

6.2    Bereken die totale meganiese energie van die pakkie aan die bopunt
       van die krans.                                                                     (4)

6.3    ŉ Ander voetslaner aan die onderpunt van die krans tel die pakkie op en
       stap 0,5 m op ŉ horisontale oppervlak met die pakkie.

       6.3.1   Is daar arbeid verrig op die pakkie nadat die tweede voetslaner
               0,5 m daarmee gestap het? Beantwoord JA of NEE.                            (1)

       6.3.2   Verduidelik jou antwoord in VRAAG 6.3.1.                                   (2)
                                                                                          [9]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)              TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                      11

VRAAG 7 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Samepersende krag veroorsaak interne druk van 1 MPa op ŉ VEER
(‘SPRING’) wat van ŉ onbekende metaal vervaardig is. Die weerstandsoppervlak
van die ronde VEER is 2 x 10-3 m2 en sy oorspronklike lengte is 50 mm. Die krag
veroorsaak dat die ronde VEER se lengte met 1 x 10-3 mm toeneem.

7.1      Definieer die term rekking in woorde.                                            (2)

7.2      Stel Hooke se Wet in woorde.                                                     (2)

7.3      Bereken die:

         7.3.1    Krag wat veroorsaak dat die VEER uitrek                                 (4)

         7.3.2    Rekking in die metaal wat deur die krag veroorsaak is                   (3)

         7.3.3    Elastisiteitsmodules vir hierdie metaal                              (3)
                                                                                      [14]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                          TEGNIESE WETENSKAPPE V1                        (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 8 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die tabel hieronder toon verskillende tipes motor-olies en hulle graderings wat
in gebiede met verskillende temperature in verskillende seisoene gebruik word.

      Motor-olie           Tipe Olie                    Gradering
          A              Lae viskositeit                 5W-30
          B              Hoë viskositeit                 5W-40

8.1     Definieer die term viskositeit.                                                (2)

8.2     Wat word deur 5W-30 op die etiket van ŉ motor-oliehouer
        verteenwoordig?                                                                (2)

8.3     Gebruik die inligting wat in die tabel hierbo gegee word en kies watter
        motor-olie (A of B) gepas is om te gebruik in die somer, eerder as in
        die winter.                                                                    (2)

8.4     Verduidelik jou antwoord in VRAAG 8.3 hierbo in terme van viskositeit
        en temperatuur.                                                                (2)

8.5     Onderskei tussen enkel/mono-graad en multi-graad motor-olies.                 (4)
                                                                                     [12]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)              TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                     13

VRAAG 9 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

9.1     Verduidelik die term hidrouliese.                                                (2)

9.2     Skryf TWEE toepassings van hidrouliese stelsels neer.                            (2)

9.3     In die diagram hieronder word getoon hoe ŉ duiker onder die water swem.
        Die druk wat op die duiker se voorkop uitgeoefen word is 1,2 x 105 Pa, en
        die oppervlak van die agterkant van sy kop is 8,4 x 103 m2.

        9.3.1     Definieer die term druk.                                               (2)

        9.3.2     Bereken die grootte van die krag wat op die duiker se kop
                  uitgeoefen word.                                                       (3)

        9.3.3     Noem die rigting van die krag van die water wat op die duiker
                  uitgeoefen word.                                                       (1)

9.4     Die diagram hieronder verteenwoordig ŉ eenvoudige hidrouliese stelsel
        wat gebruik word om motors op te lig. Die toegepaste krag by FS is 130 N
        afwaarts. Die oppervlak-area van AS is 0,002 m2. Die oppervlak-area van
        AL is 0,025 m2.

                                                           FL

                                                      AL

        Bereken die krag Fl as gevolg van die druk wat deur krag FS uitgeoefen
        word.                                                                         (3)
                                                                                     [13]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                        TEGNIESE WETENSKAPPE V1                        (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 10 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

10.1   Lig beweeg deur ŉ half-ronde glasprisme soos hieronder aangedui.

       10.1.1   Gee EEN woord wat die verskynsel wat in FIGUUR 1 plaasvind
                verduidelik.                                                           (1)

       10.1.2   Gee die naam van hoek C in FIGUUR 2.                                   (1)

       10.1.3   Identifiseer die verskynsel wat in FIGUUR 3 plaasvind.                 (1)

       10.1.4   Gee TWEE voorwaardes van die verskynsel in FIGUUR 3.                   (2)

       10.1.5   Lys DRIE toepassings waar die verskynsel in FIGUUR 3 in
                optiese apparaat gebruik word.                                         (3)

10.2   ŉ Radio-stasie saai op ŉ FM radio-sein teen 99,5 MHz uit.

       10.2.1   Skakel 99,5 MHz om na Hz.                                              (2)

       10.2.2   Bereken die golflengte van hierdie radio-sein.                         (3)

       10.2.3   Die frekwensie van ŉ ander radio-stasie is 108 MHz.

                Is die golflengte KORTER AS, DIESELFDE AS of LANGER AS
                die een wat in VRAAG 10.2.2 bereken is?

                Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                          (4)
                                                                                     [17]

                                                                      TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                  TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                      15

                  DATA FOR TECHNICAL SCIENCES GRADE 12 PAPER 1
                  GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                  VRAESTEL 1

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
 NAME/NAAM                   SYMBOL/SIMBOOL   VALUE/WAARDE
 Acceleration due to gravity
                                     g                9,8 m·s-2
 Swaartekragversnelling
 Speed of light in a vacuum
                                     c             3,0 x 108 m·s-1
 Spoed van lig in ŉvakuum
 Planck's constant
                                     h            6,63 x 10-34 J·s
 Planck se konstante
 Coulomb's constant
                                     k           9,0 x 109 N·m2·C-2
 Coulomb se konstante
 Charge on electron
                                    -e              -1,6 x 10-19 C
 Lading op elektron
 Electron mass
                                    me             9,11 x 10-31 kg
 Elektronmassa

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

FORCE/KRAG

 Fnet = ma                                     p = mv
 fsmax
       = μ sN                                  fk = μ k N
 Fnet Δt = Δp
                                              Fg = mg
 Δp = mvf − mvi
                                                        L   e
 Torque = F × r⊥                              MA =        =
                                                        E   l

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

 W = FΔxcosθ                                    U= mgh           or/of   EP = mgh

                                                Wnet = K                 Wnet = Ek
    1                               1                            or/of
 K = mv 2                       Ek = mv 2
    2                 or/of         2
                                                K = K f − K i   or/of    Ek = Ekf − Eki
                                                     W
 Wnc = K + U or/of Wnc = Ek + Ep            P=
                                                     t
 Pave = Fvave     /     Pgemid = Fvgemid        ME = Ek + Ep

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                              TEGNIESE WETENSKAPPE V1                    (EC/JUNIE 2023)

ELASTICITY, VISCOSITY AND HYDRAULICS/ELASTISITEIT, VISKOSITEIT EN
HIDROULIKA

          F
 =                                                      Δ
          A                                         ε=
                                                         L
 σ                                                  F1  F
   =K                                                  = 2
 ε                                                  A1 A 2

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

      kQ 1Q 2                                       kQ
 F=                                            E=
        r2                                          r2

      Q1 + Q 2                                      F
 Q=                                            E=
         2                                          q

      Q                         Q                   V
 n=              or/of     n=                  E=
      e                         qe                  d

       Q                                            εο Α
 C=                                            C=
       V                                             d

CURRENT ELECTRICITY/STROOMELEKTRISITEIT

      V
 R=
      I                                       emf/emk ( ε )= I(R + r)

 R s = R1 + R 2 + ...
  1 1    1                                     q = I t
    = +     + ...
 R p R1 R 2

 W = VQ                                             W
                                               P=
                                                    Δt
 W = VI  t
                                              P = VI
 W = I2R  t
                                               P = I 2R
   V 2 Δt                                           V2
                                               P=
 W= R                                               R

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)       TEGNIESE WETENSKAPPE V1                          17

ELECTROMAGNETISM/ELEKTROMAGNETISME

                                             ∆Φ
 ΔΦ = 𝐵𝐴                            𝜀 = −𝑁
                                             Δ𝑡

  Vs N s
    =
  Vp Np

Kopiereg voorbehou                                Blaai om asseblief

## Related documents

- [TECH SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-qp-gr12-sept2023-afrikaans/4749a08d-f323-49b8-b7e3-6dad8bffd071) — Technical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [TECH SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/c2418936-6b5b-4361-871e-7ce472a8d09e) — Technical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [TECH SCIENCES P2 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-gr12-qp-june-2024-afrikaans/5936bf40-036a-4569-ac4a-167de6c997db) — Technical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-technical-sciences-p1-afrikaans-2024-question-paper-x05/4fb6d9a6-6bef-4cd3-92a0-e57c57569891) — Technical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [TECH SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans (Signing off 27 July)](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-signing-off-27-july/672a2441-5c52-410b-b26c-e20e787067bb) — Technical Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Tech SC P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/tech-sc-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/0a7179a7-37d6-485a-9e0d-e0cbf3c0e08a) — Technical Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Technical Sciences

- [Gr 12 Tech Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tech-sci-atp-2023-24/a7a03e64-2e18-4f50-a7fa-6eb1a25136c7) — ATP
- [TECH SC P1 MEMO GR12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/tech-sc-p1-memo-gr12-sept-2025-e-a-watermark/4a156330-3801-46dc-b908-43c35dc64891) — Memo · 2025
- [TECHNICAL SCIENCES P2 MG GR12 SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-mg-gr12-sept2025-watermark/717f8fcd-96bb-4848-8cb7-68903a8f0550) — Memo · 2025
- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2) — Memo · 2025 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556) — Memo · 2025 · Afr
- [Technical Sciences P1 Erratum June Commom Updated](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-erratum-june-commom-updated/c0a5373a-1bd4-4019-b849-f2a26fa7ab0b) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
