# Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

> Grade 12 Technical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/technical-sc-p1-gr12-qp-sept-2018-afr/7cacdc1f-e0fc-4515-84ce-fbf9873473ad
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Technical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Technical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/technical-sciences) › [Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/technical-sc-p1-gr12-qp-sept-2018-afr/7cacdc1f-e0fc-4515-84ce-fbf9873473ad)

## About this document

Technical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NATIONAL
                         SENIOR CERTIFICATE

                                  GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2018

                 TEGNIESE WETENSKAPPE V1

PUNTE:     150

TYD:       3 uur

                                      *TSCA1*

         Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye insluitende 2 gegewensblaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           TEGNIESE WETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die instruksies sorgvuldig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 1.    Skryf jou volle NAAM en VAN in die toepaslike spasies op jou
       ANTWOORDEBOEK.

 2.    Beantwoord AL die vrae.

 3.    Begin elke vraag op ŉ NUWE BLADSY in jou antwoordeboek.

 4.    ŉ Nieprogrameerbare sakrekenaar mag gebruik word.

 5.    Toepaslike wiskundige instrumente mag gebruik word.

 6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelstel wat in
       hierdie vraestel gebruik is.

 7.    Toon ALLE formules en substitusies in ALLE bewerkings.

 8.    Rond jou FINALE numeriese antwoorde af tot ŉ minimum van TWEE
       desimale plekke.

 9.    Gee kort verduidelikings, motiverings, ensovoorts, waar nodig.

 10.   TWEE GEGEWENSBLAAIE is aangeheg vir jou gebruik.

 11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)          TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                          3

 VRAAG 1: (MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE)

 Vier moontlike opsies word by die volgende vrae voorsien. Kies die beste
 antwoord en skryf SLEGS die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E.

 1.1    Die eienskap van ŉ liggaam om enige verandering in sy toestand van
        beweging of rus teen te staan, is sy …

        A     massa.
        B     krag.
        C     traagheid.
        D     versnelling.                                                                 (2)

 1.2    Die tempo waarteen snelheid verander is …

        A     verplasing.
        B     versnelling.
        C     krag.
        D     energie.                                                                     (2)

 1.3    Die diagram hieronder toon kragte F1 en F2 wat toegepas word op ŉ
        voorwerp wat op ŉ wrywinglose oppervlak geplaas word. Die voorwerp
        versnel in die rigting van die pyltjie bokant die voorwerp aangedui.

        Watter EEN van die volgende stellings is waar?

        A     F1 = F2
        B     F1 > F2
        C     F1 < F2
        D     F1 + F2 = 0                                                                  (2)

 1.4    In die vergelyking Fnet Δt = Δp, verteenwoordig die produk FnetΔt …

        A     verandering in momentum.
        B     krag per tydseenheid.
        C     impuls.
        D     die tempo van verandering van momentum.                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             TEGNIESE WETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2018)

 1.5    Die arbeid verrig om ŉ voorwerp met massa 10 kg tot ŉ hoogte van
        10 m in 5 s te lig, is 980 J. Die arbeid verrig om dieselfde voorwerp tot
        dieselfde hoogte in 10 s te lig, is …

        A      490 J
        B      980 J
        C      1470 J
        D      1960 J                                                                      (2)

 1.6    Die eienskap van ŉ liggaam om tot sy oorspronklike grootte en vorm te
        herstel wanneer die vervormingskrag verwyder word, staan as … bekend.

        A      druk
        B      rekking
        C      elastisiteit
        D      plastisiteit                                                                (2)

 1.7    Staalballe met gelyke massas word laat val in proefbuise met motorolies van
        verskillende viskositeite. Watter EEN van die volgende het die hoogste
        viskositeit?

                     A              B               C                D                     (2)

 1.8    Die kapasitansie van ŉ parallelplaatkapasitor is C indien die oppervlakte van
        die plaat A is.
        Wat sal die kapasitansie van die plate wees as die oppervlak van die plate
        verdubbel word?

        A      Helfte
        B      Dubbel
        C      Verdriedubbel
        D      Vier maal groter                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)         TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                         5

 1.9      ŉ Magneetvloeddigtheid B werk loodreg op ŉ oppervakte soos getoon in
          die diagram hieronder getoon.

          Hoe sal die magnetiese vloed verander indien die waarde van B
          vermeerder word?

          A      Vermeerder
          B      Verminder
          C      Bly dieselfde
          D      Verminder en dan vermeerder                                          (2)

 1.10     Die diagram hieronder toon ŉ geleier wat in ŉ magneetveld beweeg. In
          watter rigting moet die geleier beweeg word sodat die stroom in die
          geleier uit die vlak van die blaai vloei?

          A      Na P
          B      Na Q
          C      Na R
          D      Na S                                                                 (2)
                                                                                     [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             TEGNIESE WETENSKAPPE V1                      (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 2

 ŉ Bouer verbind twee trollies met ŉ ligte tou soos in die diagram hieronder
 getoon. Hy plaas bakstene in die trollies sodat trollie A, ŉ massa van 30 kg het en
 trollie B ŉ massa van 20 kg het. Hy trek die trollies oor ŉ wrywinglose oppervlak
 met ŉ krag F = 500 N, wat ŉ hoek van 30° met die horisontaal maak.

 Die wrywingskrag op trollie A is 8,8 N en op trollie B is dit 39,4 N.

 2.1    Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde.                                    (2)

 2.2    Noem TWEE kontakkragte in bostaande diagram.                                     (2)

 2.3    Teken die vryeliggaamdiagram van AL die kragte wat op trollie A inwerk.          (5)

 2.4    Bereken die versnelling van die trollies.                                        (6)

 2.5    Bereken die spanning T op die tou.                                               (3)

 2.6    Die spanning ondervind deur trollie B is gelyk aan die spanning ondervind
        deur trollie A. Noem en stel die wet wat hierdie stelling ondersteun.            (3)
                                                                                        [21]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)          TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                          7

 VRAAG 3

 ŉ Motor met massa 800 kg ry ooswaarts met ŉ snelheid van 120 km.h-1 en bots
 kop-aan-kop met ŉ konstruksievoertuig met massa 2500 kg en wat 70 km.h-1
 weswaarts beweeg. Na die botsing beweeg die motor en die konstruksievoertuig
 saam.

 3.1     Definieer momentum.                                                            (2)

 3.2     Stel die wet van die behoud van momentum.                                      (2)

 3.3     Bereken die snelheid van die motor en konstruksievoertuig kombinasie na
         die botsing.                                                                   (5)

 3.4     Die motor is toegerus met ŉ lugsak. Verduidelik hoe die lugsak die fatale
         beserings van ŉ bestuurder kan verminder.                                      (3)
                                                                                       [12]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            TEGNIESE WETENSKAPPE V1                  (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 4

 Die diagramme hieronder toon hoe twee werkers betonblokke met massa 100 kg
 op dieselfde oppervlakte trek. (Ignoreer wrywingskragte)

 WERKER 1: trek die blok horisontaal op die oppervlakte oor ŉ afstand van 5 m
 deur ŉ krag van 70 N aan te wend teen ŉ hoek van 20° met die horisontaal.

 WERKER 2: trek dieselfde blok oor dieselfde afstand deur ŉ krag van 70 N
 horisontaal aan te wend.

       WERKER 1          70 N
                                    20°

                           5m

       WERKER 2
                             70 N

                           5m
 4.1     Definieer die term arbeid.                                                 (2)

 4.2     Bereken die arbeid verrig deur WERKER 1 om die blok oor ŉ afstand van
         5 m te trek.                                                               (3)

 4.3     Is die arbeid verrig deur WERKER 2 GROTER AS, KLEINER AS of
         GELYK AAN die arbeid verrig deur WERKER 1?                                 (1)
                                                                                    [6]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)           TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                              9

 VRAAG 5

 ŉ Trollie met massa 10 kg word gelaai met 40 kg se bakstene en word teen die
 helling met ŉ krag van 100 N opgetrek. Die trollie en sy inhoud beweeg teen ŉ
 konstante snelheid van 5 m.s-1 teen die helling op. (IGNOREER WRYWING.)

 5.1    Definieer die term drywing.                                                          (2)

 5.2    Bereken die drywing nodig om die trollie met sy inhoud teen die helling op
        te trek.                                                                             (3)

        By punt A, wat 10 m bokant die grond is, word die bakstene afgelaai en die
        trollie losgelaat. Die trollie beweeg teen die helling af en bereik punt B.

 5.3    By watter punt sal die gravitasie potensiële energie van die trollie ŉ
        maksimum wees?                                                                       (2)

 5.4    Bereken die snelheid van die trollie wanneer dit punt B bereik.                      (4)

 5.5    Noem en stel die wet wat gebruik is om VRAAG 5.4 te beantwoord.                      (3)
                                                                                            [14]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                      TEGNIESE WETENSKAPPE V1                        (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 6

 6.1   Graad 12-studente doen ŉ eksperiment om uit te vind hoe ver ŉ veer uitrek
       indien verskillende vragte daaraan gehang word. Die uitslae wat verkry
       word, word gebruik om die volgende grafiek te teken. Die lengte van die
       veer sonder enige vrag is 15 cm.

                                         KRAG teenoor VERLENGING

         Verlenging (cm)

         3

         2

         1

                                1       2       3        4     5      KRAG (N)

       6.1.1               Wat is die verlenging van die veer indien ŉ krag van 3 N toegepas
                           word?                                                                    (1)

       6.1.2               Wanneer ŉ voorwerp van onbekende massa ‘m’ aan die veer
                           gehang word, is die lengte van die veer 1,7 cm. Bereken die
                           massa ‘m’.                                                               (4)

       6.1.3               Definieer die term rekking.                                              (2)

       6.1.4               Bereken die rekking vir ŉ krag van 5 N deur die inligting op die
                           grafiek te gebruik.                                                      (4)

 6.2   ŉ Staaldraad het ŉ rekking van 3,6 x 10-4 en die elastisiteitsmodulus is
       2 x 1011 Pa.

       6.2.1               Stel Hooke se wet.                                                       (2)

       6.2.2               Bereken die druk.                                                         (3)
                                                                                                    [16]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)           TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                    11

 VRAAG 7

 Ayanda maak twee identiese gate by punte 1 en 2 in ŉ plastiese houer wat met
 water gevul is, soos in die diagram getoon.

        7.1.1    Definieer die term druk.                                             (2)

        7.1.2    Is die druk van die water by punt 1 GROTER AS, KLEINER AS of
                 GELYK AAN die druk van water by punt 2? Verduidelik jou
                 antwoord.                                                            (3)

        7.1.3    Waarom word die water van die gat by punt 2 verder uitgeforseer
                 as die water van die gat by punt 1?                                  (2)

 7.2    Andile, ŉ motorwerktuigkundige, moet ŉ 1200 kg motor op ŉ hidrouliese
        hyser oplig sodat sy onder die motor kan werk. Die oppervlakte van die
        insetsuier is 10 cm² en die uitsetsuier het ŉ oppervlakte van 600 cm².

        7.2.1    Stel Pascal se Wet.                                                  (2)

        7.2.2    Bereken die krag wat op die insetsuier uitgeoefen moet word om
                 die motor te lig.                                                     (4)
                                                                                      [13]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              TEGNIESE WETENSKAPPE V1                        (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 8

 Die vermoë van kapasitors om lading te stoor maak dat hulle noodsaaklike
 komponente in elektriese toebehore is. Verbruikers word gereeld gewaarsku oor
 die gevare wat met kapasitors in toebehore gepaardgaan.

 8.1    Wat is ŉ kapasitor?                                                                 (2)

 8.2    Verduidelik kortliks waarom dit gevaarlik kan wees om aan ŉ gelaaide
        kapasitor te raak.                                                                  (2)

 8.3    ŉ Sekere parallelplaatkapasitor bevat twee identiese aluminiumplate, elk
        met ŉ oppervlakarea van 2 x 10-4 m2. Die afstand tussen die plate is
        0,03 mm, met lug in die spasie tussen die plate.

        8.3.1        Bereken die kapasitansie van die kapasitor.                            (3)

        8.3.2        Bereken die lading wat op die plate gestoor is indien die kapasitor
                     aan ŉ 6 V-battery gekoppel is.                                          (3)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)             TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                     13

 VRAAG 9

 9.1    ŉ n-Tipe halfgeleier word gemaak deur onsuiwer atome by ŉ suiwer
        halfgeleier-material te voeg.

        9.1.1    Hoeveel valenselektrone bevat die onsuiwer atoom in sy buitenste
                 energievlak?                                                            (1)

        9.1.2    Wat sal die netto lading op die halfgeleier wees na die byvoeging
                 van die onsuiwer atome?                                                 (1)

 9.2    Die diagram hieronder verteenwoordig ŉ p-n verbindingsdiode.

        Teken ŉ diagram om die p-n verbindingsdiode te toon indien dit aan ŉ
        battery gekoppel is sodat die verbinding meevoorspannend is.                     (2)

 9.3    Die volgende grafiek toon die verwantskap tussen stroom en potensiaal-
        verskil vir ŉ diode indien dit voorspannend is.

        9.3.1         Wat is die minimum spanning nodig vir hierdie diode om te
                      gelei?                                                             (2)

        9.3.2         Wat gebeur met die weerstand van die diode indien die
                      potensiaalverskil verhoog word bokant die minimum spanning
                      genoem in VRAAG 9.3.1?                                             (2)
                                                                                         [8]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                           TEGNIESE WETENSKAPPE V1                      (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 10

 ŉ Ketel is gemerk 240 V; 1500 W.

 10.1    Wat is die betekenis van 1500 W in die spesifikasie hierbo?                    (2)

 10.2    Bereken die weerstand van die ketel indien dit by die bogenoemde
         spesifikasies gebruik word.                                                    (4)

 10.3    Indien dit 3 minute neem vir die ketel om water te kook, bereken die
         hoeveelheid elektriese energie wat aan die ketel oorgedra word.                (4)
                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)             TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                        15

 VRAAG 11

 11.1     ŉ Transformator word gebruik om ŉ potensiaalverskil van 240 V WS om
          te skakel na 12 V WS in ŉ speelgoedtreintjie. Die transformator het 300
          windings op sy sekondêre spoel.

          11.1.1       Wat is ŉ transformator?                                              (2)

          11.1.2       Bereken die aantal windings wat op die primêre spoel nodig is.       (3)

          11.1.3       Is hierdie ŉ verhogings- of ŉ verlagingstransformator?               (1)

 11.2     Beskou ŉ solenoïed spoel met 11 windings. Die solenoïed is onderhewig
          aan ŉ veranderende magneetveld wat die magneetvloed uniform
          verander van 5,34 Wb na 2,7 Wb tydens ŉ interval van 12 s.

          11.2.1       Stel Faraday se Wet van elektromagnetiese induksie.                  (2)

          11.2.2       Bereken die grootte van die geïnduseerde emk.                        (3)
                                                                                           [11]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                          TEGNIESE WETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 12

 Die onderstaande diagram toon ŉ generator.

 12.1    Watter tipe generator word in die diagram getoon?                           (1)

 12.2    Watter energie-omskakeling vind in die bostaande generator plaas?           (1)

 12.3    Noem die dele aangedui deur:

         12.3.1       A                                                              (1)

         12.3.2       B                                                              (1)

 12.4    Skets ŉ grafiek van die geïnduseerde emk teenoor tyd vir EEN volledige
         rotasie van die spoel.                                                      (3)

 12.5    Noem enige twee gebruike van ŉ GS-generator.                                (2)
                                                                                     [9]

                                                                      TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                  TEGNIESE WETENSKAPPE V1                                                17

                               DATA FOR TECHNICAL SCIENCES GRADE 12
                                             PAPER 1

                        GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                        VRAESTEL 1

          INFORMATION SHEETS – PAPER 1/INLIGTINGSBLAD – VRAESTEL 1

          TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

          NAME/NAAM                                  SYMBOL/SIMBOOL                 VALUE/WAARDE
          Acceleration due to gravity                       g                       9,8 m·s-2
          Swaartekragversnelling

          TABLE 2: FORMULAE/FORMULES

          FORCE/KRAG

          Fnet  ma                                  p  mv
                        sN                         fk  kN
               max
          fs
          Fnet Δt = Δp                               Fg  mg
          Δp = mv f - mv i

          WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

          W  Fx cos                                         U  mgh         or      EP  mgh
             1                                1                K  K f  Ki   or     Ek  Ekf  Eki
          K   mv 2                    Ek      mv 2
             2                  or            2
          ME = Ek + Ep                                              W
                                                               P
                                                                    t
          Pave = Fvave

          ELASTICITY, VISCOSITY AND HYDRAULICS/ELASTISITEIT,
          VISKOSITEIT EN HIDROULIKA

                      F                                   Δ
                                                   ε
                      A                                   L
          σ                                          F1  F
            K                                           2
          ε                                          A1 A 2

          ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

                      εο Α                   εο Α                   V
          C                           C                       E
                       d       and             d                     d
             Q
          C
             V

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                             TEGNIESE WETENSKAPPE V1   (EC/SEPTEMBER 2018)

          CURRENT ELECTRICITY/STROOMELEKTRISITEIT

             V                           q  I t
          R
             I
          W = VQ                            W
                                         P
          W = VI  t                        Δt
          W = I2R  t                   P = VI
               V 2 Δt                   P = I 2R
          W= R                              V2
                                         P
                                            R
          Rs  R1  R2  ...
            1   1   1
                     ...
           R p R1 R 2

          ELECTROMAGNETISM/ELEKTROMAGNETISME

            BA                                    Δ
                                          ɛ =N
                                                    Δt
           Vs Ns
             
           Vp Np

Kopiereg voorbehou                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [TECHNICAL SC P1 GR12 QP SEPT 2018 ENG](https://www.hlayiso.com/library/technical-sc-p1-gr12-qp-sept-2018-eng/92b206a8-9207-4665-a710-593126afc099) — Technical Sciences · QP · 2018 · Eng
- [TECHNICAL SC P1 GR12 QP SEPT 2018 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/technical-sc-p1-gr12-qp-sept-2018-eng-d/ece5a368-11cd-4f68-a141-758b576ca59a) — Technical Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Technical Sciences P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-memo/e21a0ac0-23e0-4b26-84c9-ab236d6fd345) — Technical Sciences · Memo · 2018
- [TECH SCIENCE P2 GR12 QP ENG SEPT2018 D](https://www.hlayiso.com/library/tech-science-p2-gr12-qp-eng-sept2018-d/33bdf394-6ac0-4301-b12b-f4f0a2446492) — Technical Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Grade 12 NSC Technical Science P1 X5 Preparatory 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-technical-science-p1-x5-preparatory-2018-question-paper/037dc483-3a4e-48fc-9e14-6a8c4840e7d1) — Technical Sciences · QP · 2018
- [TECH SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-qp-gr12-sept2023-afrikaans/4749a08d-f323-49b8-b7e3-6dad8bffd071) — Technical Sciences · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Technical Sciences

- [Grade 12 Technical Sciences P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2026-nsc-november-mock-exam-memorandum-paper-1/5543b9af-5bb3-4e43-95e3-ad6028ca21e8) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 12 Tech Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tech-sci-atp-2023-24/a7a03e64-2e18-4f50-a7fa-6eb1a25136c7) — ATP
- [TECH SC P1 MEMO GR12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/tech-sc-p1-memo-gr12-sept-2025-e-a-watermark/4a156330-3801-46dc-b908-43c35dc64891) — Memo · 2025
- [TECHNICAL SCIENCES P2 MG GR12 SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-mg-gr12-sept2025-watermark/717f8fcd-96bb-4848-8cb7-68903a8f0550) — Memo · 2025
- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2) — Memo · 2025 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
