# Technical Sciences Grade 12 2021 Guideline (Afr)

> Grade 12 Technical Sciences exam guideline from the Technical Sciences 2021 (Afrikaans), 39 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/e217adf1-117d-42f7-acef-0c7a07e6f37e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Technical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Exam guideline
- Year: 2021
- Exam period: Technical Sciences
- Curriculum: CAPS
- Pages: 39

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Technical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/technical-sciences) › [Technical Sciences Grade 12 2021 Guideline (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/e217adf1-117d-42f7-acef-0c7a07e6f37e)

## About this document

Technical Sciences · Grade 12 · Technical Sciences · 2021. Exam guideline, 39 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

               TEGNIESE WETENSKAPPE

                          EKSAMENRIGLYNE

                                  GRAAD 12

                                       2021

                        Hierdie riglyne bestaan uit 39 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wetenskappe                        2                                     DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

 INHOUDSOPGAWE
                                                                                       Bladsy

 1.     INLEIDING                                                                         3

 2.     ASSESSERING IN GRAAD 12                                                           4
 2.1    Graad 12 Program van Assessering vir Tegniese Wetenskappe                         4
 2.2    Formaat van finale eksamenvraestelle                                              5
 2.3    Nommering en volgorde van vrae                                                    6
 2.4    Gewigstoedeling en beskrywing van kognitiewe vlakke                               6
        Gewigstoedeling van onderwerpe vir Finale en Rekord-eksamen (Proef) in graad      6
 2.5
        12
 2.6    Vaardighede in Tegniese Wetenskappe                                               7
 2.7    Voorafkennis van graad 10 en 11                                                   7

 3.     UITBREIDING VAN DIE INHOUD VIR GRAAD 12 (KABV)                                   8
 3.1    Vraestel 1                                                                       8
 3.2    Vraestel 2                                                                       17

 4.     ALGEMENE INLIGTING                                                               25
 4.1    Hoeveelhede, simbole en eenhede                                                  25
 4.2    Gegewensblaaie – Vraestel 1                                                      27
 4.3    Gegewensblaaie – Vraestel 2                                                      29
 4.4    Assesseringstaksonomie vir Tegniese Wetenskappe                                  33

 5.     NASIENRIGLYNE: VRAESTEL 1                                                        35
 5.1    Berekeninge                                                                      35
 5.2    Eenhede                                                                          35
 5.3    Algemeen                                                                         35
 5.4    Positiewe nasien                                                                 36
 5.5    Negatiewe nasien                                                                 36

 6.     NASIENRIGLYNE: VRAESTEL 2                                                        37
 6.1    Berekeninge                                                                      37
 6.2    Eenhede                                                                          37
 6.3    Algemeen                                                                         37
 6.4    Positiewe nasien                                                                 38
 6.5    Negatiewe nasien                                                                 39

 7.     SLOT                                                                             39

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe                         3                                      DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

1.     INLEIDING

Die Nasionale Kurrikulumbeleidsverklaring (NKV) vir Tegniese Wetenskappe beskryf die aard en
doel van die vak Tegniese Wetenskappe. Dit gee leiding aan die onderliggende filosofie vir die
onderrig en assessering van die vak in graad 12.

Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:

    Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
     Seniorsertifikaat (NSS)-eksamen in Tegniese Wetenskappe geassesseer gaan word.
    Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamen voor te berei.

Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamen. Dit behandel op geen
vlak die Skoolgebaseerde Assessering (SGA) nie.

Hierdie Eksamenriglyne moet in samehang met die volgende dokument gelees word:

    Die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
     (KABV): Tegniese Wetenskappe.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wetenskappe                                 4                                                     DBE/2021
                                                 Eksamenriglyne

 2.         ASSESSERING IN GRAAD 12

 2.1        Graad 12 Program van Assessering vir Tegniese Wetenskappe

 Program van Assessering vir Tegniese Wetenskappe Graad 12

       Assesseringstake        Kwartaal   Kwartaal   Kwartaal     Kwartaal     % van Finale                Punte
                                                                               Bevorderings-
                                  1          2           3            4            punt

             Kontroletoets 1      1                                                            Die punte van al drie take word
                                                                               8.8
             (35% van SGA)     vraestel                                                        in ooreenstemming met die
                                                                                               gewigstoedeling na 'n totale
   SGA       Voorbereidende                                                            25%     punt uit 100 omgeskakel.
             Eksamen                                     2
             (65% of SGA)                                                      16.2
                                                     vraestelle

             Eksperiment 1                                                                     Die punte van al drie take word
                                  1                                             10
             (40% van PAT)                                                                     in ooreenstemming met die
                                                                                               gewigstoedeling na 'n totale
             Eksperiment 2                                                                     punt uit 100 omgeskakel.
   PAT                                       1                                 7,5     25%
             (30% van PAT)

             Eksperiment 3
                                                         1                     7,5
             (30% van PAT)

             Twee Finale-                                                                      2 vraestelle
             Eksamen-                                                                          Vraestel 1 van 150 punte vir
             vraestelle                                                                        3 ure.

                                                                                               Vraestel 2 van 75 punte vir
 Eksterne                                                             2                        1,5 uur.
                                                                                50     50%
 Eksamen                                                          vraestelle                   150 punte + 75 punte gee 'n
                                                                                               totaal van 225 punte in geheel
                                                                                               vir Vraestel 1 en 2.

                                                                                               Die 225 punte word na 200
                                                                                               punte omgeskakel.

  Finale                                                                                       SGA + PAT + Finale Eksamen
Promosie-                                                                              100%    = 100 + 100 + 200 = 400
   punt

Kopiereg voorbehou                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wetenskappe                               5                                                   DBE/2021
                                               Eksamenriglyne

 Gewigstoedeling vir die SGA, PAT en Finale Eksamen vir graad 12

 Formele assesseringspunte

             Beskrywing                       Gewigstoedeling               Maksimum Punte (na omskakeling)

 SGA                                                   25%                              100 punte

 PAT                                                   25%                              100 punte

 Finale Eksamen                                        50%                              200 punte

 Program of Assessering                               100%                              400 punte

 Die tabel hieronder toon die samestelling van die punt vir skoolgebaseerde assessering (SGA).

                                                           Gewigstoedeling ten
               Beskrywing            Tydraamwerk           opsigte van finale           Punte
                                                           SGA-punt
           Kontroletoets 1            Kwartaal 1                   35%           100 omgeskakel na 35

           Rekord-eksamen             Kwartaal 3                  65%            225 omgeskakel na 65

           Totale SGA-punt                                        100%                100 punte

 2.2    Formaat van finale eksamenvraestelle

   Vraestel             Tipes vrae           Tydsduur Maksimum                    Datum             Nasien
                                                        Punte
                  10 meervoudige-
                  keusevrae
                  (20 punte)
                  8 pasitems-vrae of
       1                                           3 uur          150       Oktober/November        Ekstern
                  8 eenwoord-vrae
                  (8 punte)
                  Gestruktureerde vrae
                  (122 punte)
                  5 meervoudige-
                  keusevrae
                  (10 punte)
                  4 pasitems-vrae of
       2                                       1,5 uur             75       Oktober/November        Ekstern
                  4 eenwoord-vrae
                  (4 punte)
                  Gestruktureerde vrae
                  (61 punte)

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wetenskappe                                 6                                         DBE/2021
                                                 Eksamenriglyne

 2.3      Nommering en volgorde van vrae

 VRAAG 1 vir VRAESTEL 1: Meervoudige-keusevrae
 Subvrae genommer 1.1 tot 1.10 (2 punte elk)
 Vrae sal van laer na hoër kognitiewe vlakke gerangskik word (makliker tot meer uitdagend) en kan
 alle kognitiewe vlakke dek.

 VRAAG 1 vir VRAESTEL 2: Meervoudige-keusevrae
 Subvrae genommer 1.1 tot 1.5 (2 punte elk)
 Vrae sal van laer na hoër kognitiewe vlakke gerangskik word (makliker tot meer uitdagend) en kan
 alle kognitiewe vlakke dek.

 VRAAG 2 en verder vir beide VRAESTEL 1 en VRAESTEL 2:
 Langer vrae wat vaardighede en kennis oor kognitiewe vlakke beoordeel. Hierdie vrae kan
 8 eenwoord-vrae of pasitems-vrae (8 punte) in Vraestel 1 en 4 eenwoord-vrae of pasitems-vrae
 (4 punte) in Vraestel 2 insluit.
 Nommering begin met VRAAG 2 en sal aaneenlopend wees. Subvrae sal met twee syfers
 genommer word, bv. 2.1, 2.2. Nommering is beperk tot 'n maksimum van drie syfers,
 bv. 2.1.1, 2.1.2.

 2.4      Gewigstoedeling en beskrywing van kognitiewe vlakke

 Vraestel 1 en 2 sal vrae oor vier kognitiewe vlakke bevat. Die verspreiding van kognitiewe vlakke
 in Vraestel 1 en Vraestel 2 word hieronder gegee. (Verw: 2021 Graad 12 KABV Wysigings
 Verkorte Afdeling 4)

 Alle assesseringstake moet voldoen aan die kognitiewe vlakke in die tabel hieronder.

       Kognitiewe                                        % Gewigstoedeling        % Gewigstoedeling
                                   Beskrywing
         vlakke                                            vir Vraestel 1           vir Vraestel 2
            1              Onthou                                25                       30
            2              Verstaan                              30                       35
            3              Analisering en toepassing             40                       30
            4              Skep en evalueer                      5                        5

 2.5      Gewigstoedeling van onderwerpe vir Finale en Rekord-eksamen (Proef) in graad 12
          (Verw.: 2021 Graad 12 KABV Wysigings Verkorte Afdeling 4)

                                                   Vraestel 1
                                        %                                    Gewigstoedeling
            Inhoud          Punte     Gewigs-       Totaal      Tydsduur       van vrae oor
                                     toedeling                               kognitiewe vlakke
        Meganika              93        62
        Elektrisiteit en
                              33        22            150
        Magnetisme                                                 3 uur     25     30   40      5
                                                     punte
        Golwe, Klank
                              24        16
        en Lig

                                                   Vraestel 2
                                        %                                    Gewigstoedeling
            Inhoud          Punte     Gewigs-       Totaal        Tydsduur     van vrae oor
                                     toedeling                               kognitiewe vlakke
        Materie en
                              47         62
        Materiale
                                                   75 punte        1,5 uur   30     35    30     5
        Chemiese
                              28         38
        Verandering

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wetenskappe                           7                                        DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

 Punte en tydsduur vir eksamenvraestelle in graad 12

                                Eksamen         Maksimum punte               Tydsduur
                          Halfjaarlikse Eksamen
                          Vraestel 1                  150                       3 uur
                          Vraestel 2                  75                       1,5 uur
                          Voorbereidende Eksamen
                          Vraestel 1                  150                       3 uur
                          Vraestel 2                  75                       1,5 uur
                          Finale Eksamen
                          Vraestel 1                  150                       3 uur
                          Vraestel 2                  75                       1,5 uur

 2.6     Vaardighede in Tegniese Wetenskappe

 Die belangrikste vaardighede is praktiese toepassing en waarneming van simulasies.

 Hierdie vaardighede kan verkry word deur:

      Klassifisering
      Kommunikasie
      Meting
      Ontwerp van 'n ondersoek
      Maak en evalueer gevolgtrekkings
      Formulering van modelle
      Vorming van 'n hipotese
      Beskryf, verduidelik, argumenteer die geldigheid van 'n stelling/gebeurtenis         deur
       wetenskaplike beginsels te gebruik
      Identifiseer en beheer veranderlikes
      Waarneming en vergelyking
      Interpretasie, bv. grafieke, resultate, patrone, verwantskappe, ens.
      Voorspelling
      Probleemoplossing en besinning

 2.7     Voorafkennis van graad 10 en 11

 Alle vaardighede en toepassing van kennis wat in graad 10 en 11 aangeleer is, is van toepassing
 tydens assessering in graad 12. Inhoud van graad 10 en 11 wat onder eksamineerbare inhoud in
 graad 12 geklassifiseer is, sluit vaardighede en kennis van graad 10 en 11 in wat in graad 12
 geassesseer kan word, soos hieronder getoon:

      Die gebruik van vergelykings in die oplossing van probleme
      Inhoudskennis verkry in graad 10 en 11
      Konteks toepaslik vir Tegnologie

 LET WEL:       Alhoewel daar moontlik geen direkte vrae oor hierdie aspekte sal wees nie, kan
                toepassings daarvan geassesseer word.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wetenskappe                            8                                        DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

 3.      UITBREIDING VAN DIE INHOUD VIR GRAAD 12 (KABV)
 Die finale eksamen in Tegniese Wetenskappe sal die onderwerpe dek soos hieronder uiteengesit.
 Hierdie afdeling moet saam met die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring vir Tegniese
 Wetenskappe gelees word.
 3.1     Vraestel 1

 Newton se Wette en Toepassing van Newton se Wette
 (Hierdie afdeling moet in samehang met die KABV, p. 19, 30 en 40 gelees word.)

 Verskillende tipes kragte: gewig, normaalkrag, wrywingskrag, toegepaste krag (stoot,
 trek), spanning (toue of kabels)
  Beskryf gewig as die gravitasiekrag wat deur die Aarde op enige voorwerp op of naby die
     oppervlak daarvan uitgeoefen word.
  Bereken gewig deur gebruik te maak van die uitdrukking w = mg.
  Definieer normaalkrag, N, as die krag wat loodreg uitgeoefen word deur 'n oppervlak op 'n
     voorwerp wat op daardie vlak lê. (Graad 10)
  Definieer wrywingskrag, Ff, as die krag parallel tot die oppervlak wat die beweging van die
     voorwerp teenwerk en dit werk in die teenoorgestelde rigting as die beweging van die
     voorwerp. (Graad 10)
  Die statiese wrywingskrag werk tussen die twee oppervlakke wanneer die voorwerp nie
     beweeg nie. Dit word gegee deur f s   s FN . (Graad 11)
      Die kinetiese wrywingskrag werk tussen die twee oppervlakke indien die voorwerp in
       beweging is. Dit word gegee deur f k  k FN . (Graad 11)
      Definieer spanning, T, as 'n krag wat op 'n tou inwerk. (Graad 10)
      Onderskei tussen massa en gewig.
      Ontbind 'n gegewe krag, F, wat teen 'n hoek op die horisontale as inwerk in sy parallelle
       en reghoekige komponente. (Reghoekige komponente) (Graad 11)
 Kragtediagramme, vrye liggaamdiagramme (vrye kragtediagramme)
  Definieer 'n kragtediagram.
  Definieer 'n vrye liggaamdiagram/vrye kragtediagram.
  Teken kragtediagramme.
  Teken vrye liggaamdiagramme/vrye kragtediagramme.
  Teken kragtediagramme en vrye liggaamdiagramme/vrye kragtediagramme vir voorwerpe
    in ekwilibrium of wat versnel.
  Bepaal die resulterende of netto krag van twee of meer kragte.
 Newton se Eerste, Tweede en Derde Wette
  Stel Newton se Eerste Wet: 'n Liggaam sal in sy toestand van beweging (in rus of
    beweging teen uniforme (konstante) snelheid) volhard, totdat 'n netto (ongebalanseerde of
    resulterende krag) daarop inwerk.
  Definieer traagheid as die eienskap van 'n liggaam in 'n toestand van rus of beweging, wat
    enige beweging, verandering in beweging teenstaan.
  Definieer massa as 'n maatstaf van die traagheid van 'n voorwerp.
  Gee voorbeelde wat Newton se Eerste Wet demonstreer.
  Bespreek waarom dit belangrik is om sitplekgordels te dra; gebruik Newton se Eerste Wet.
  Definieer versnelling as die tempo van verandering in snelheid.
  Stel Newton se Tweede Wet: Wanneer 'n resulterende/netto krag op 'n voorwerp met
    massa, m, inwerk, versnel die voorwerp in die rigting van die krag. Die versnelling is direk
    eweredig aan die resulterende/netto krag en omgekeerd eweredig aan die massa van die
    voorwerp.
  Gebruik die vergelyking, Fnet = ma, om probleme met betrekking tot krag, massa en
    versnelling in die konteks van tegnologie op te los. (Moenie probleme met katrolle en
    hysbakke insluit nie.)
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wetenskappe                         9                                        DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

    Pas Newton se wette toe op 'n verskeidenheid ewewigs- en nie-ewewigsprobleme wat die
     volgende insluit:
     o 'n Enkele voorwerp wat:
          - Op 'n horisontale vlak met of sonder wrywing beweeg
          - In die vertikale vlak beweeg
     o Tweeliggaamsisteme (verbind met 'n ligte nie-rekbare tou):
          - Beide op 'n plat horisontale vlak met en sonder wrywing
    Stel Newton se Derde Wet: Wanneer liggaam A 'n krag op liggaam B uitoefen, oefen
     liggaam B 'n krag gelyk in grootte en teenoorgesteld in rigting op liggaam A uit.
    Identifiseer en gee voorbeelde van aksie-reaksiepare.
    Maak 'n lys van die eienskappe van aksie-reaksiepare.

 Momentum en Impuls
 (Hierdie afdeling moet in samehang met die KABV gelees word, p. 41.)

 Momentum
  Definieer momentum as die produk van 'n voorwerp se massa en sy snelheid.
  Beskryf lineêre momentum van 'n voorwerp as 'n vektorgrootte met dieselfde rigting as die
    snelheid van die voorwerp.
  Bereken die momentum van 'n bewegende voorwerp deur p = mv te gebruik, in die
    konteks van tegnologie.

 Newton se Tweede Wet in terme van momentum
  Stel Newton se Tweede Bewegingswet in terme van momentum: Die netto (of
    resulterende) krag wat op 'n voorwerp inwerk, is gelyk aan die tempo van verandering van
    momentum van die voorwerp in die rigting van die netto krag.
                                                                           p
  Netto krag is gelyk aan die tempo van verandering in momentum, Fnet =      .
                                                                           t
  Bereken die verandering in momentum wanneer 'n resulterende krag op 'n voorwerp
    inwerk en sy snelheid:
    o Toeneem in die rigting van beweging, bv. 2de fase van vuurpylaandrywing
    o Afneem, bv. remme word aangeslaan
    o In die teenoorgestelde rigting verander, bv. 'n sokkerbal wat teruggeskop word in die
        rigting waarvandaan dit gekom het

 Impuls
  Definieer impuls as die produk van die netto krag wat op 'n voorwerp inwerk en die tyd wat
    die netto krag op die voorwerp inwerk.
  Impuls is gelyk aan die verandering in momentum.
  Gebruik die impuls-momentum-stelling: Fnet Δt = mΔv, om die krag wat uitgeoefen word,
    die tyd wat dit duur om die krag toe te pas word en die verandering in momentum vir 'n
    verskeidenheid van situasies vir een dimensionele beweging van die voorwerp in konteks
    van tegnologie te bereken.
  Verduidelik hoe die konsep van impuls toegepas kan word op padveiligheidsoorwegings in
    die alledaagse lewe, bv. lugsakke, sitplekgordels, frommelsones en stuitbeddings.

 Behoud van momentum en elastiese en onelastiese botsings
  Verduidelik wat bedoel word met:
    o 'n Geslote/Geïsoleerde sisteem (in Fisika): 'n Geslote/Geïsoleerde sisteem is een
        waarop die netto (eksterne) krag wat op die sisteem inwerk, nul is.
    o Interne en eksterne kragte
  Stel die beginsel van die behoud van lineêre momentum: Die totale lineêre momentum
    van 'n geïsoleerde sisteem bly konstant (word behou) in grootte en rigting.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wetenskappe                           10                                          DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

    Gebruik die behoud van momentum om berekeninge met momentum te doen in die
     konteks van tegnologie (beperk probleme tot twee bewegende voorwerpe wat in dieselfde
     dimensie (een rigting/langs 'n reguitlyn) beweeg, met behulp van 'n toepaslike
     tekenkonvensie.)
    Onderskei, tussen elastiese botsings en onelastiese botsings met gebruik van:
     o Woordstellings
     o Berekeninge

 Arbeid, Energie en Drywing
 (Hierdie afdeling moet in samehang met die KABV gelees word, p. 41–42.)

 Arbeid
  Definieer die arbeid verrig op 'n voorwerp as die produk van die toegepaste krag op 'n
    voorwerp en die verplasing in die rigting van die krag.
  Arbeid is 'n skalare hoeveelheid (omdat dit die produk van twee vektorhoeveelhede is).
  Gebruik die vergelyking, W = FXcos, om berekeninge te doen met betrekking tot krag,
    arbeid verrig en verplasing (waar 'n krag, F, en die verplasing, X teen 'n hoek, , inwerk).
  Verduidelik dat geen arbeid verrig word indien die krag teen 'n hoek loodreg aan die
    bewegingsrigting uitgeoefen word nie.
  Teken kragtediagram en vrye liggaamdiagram/vrye kragtediagram.
  Bereken die netto arbeid op 'n voorwerp verrig deur die vergelyking, W net = Fnet∆Xcos, te
    gebruik.
  Definieer energie as die vermoë om te werk.
  Benadruk dat beide arbeid en energie skalare hoeveelhede is met 'n SI eenheid, joule (J).

 Energie en die behoud van meganiese energie
  Definieer gravitasie- potensiële energie van 'n voorwerp as die energie wat dit het vanweë
    sy posisie vanaf die Aardoppervlak. (Graad 10)
  Doen berekeninge met behulp van Ep = mgh of U = mgh.
  Definieer kinetiese energie as die energie van 'n voorwerp as gevolg van sy beweging.
    (Graad 10)
  Doen berekeninge met behulp van Ek = ½ mv2 of K = ½ mv2.
  Definieer meganiese energie as die som van die gravitasie- potensiële energie en
    kinetiese energie. (Graad 10)
  Los energieprobleme op met behulp van die vergelyking: ME = Ek + Ep (waar ME
    meganiese energie is, Ek kinetiese energie en Ep potensiële energie).
  Stel die beginsel van die behoud van meganiese energie: Die totale meganiese energie
    (som van gravitasie- potensiële energie en kinetiese energie) in 'n geïsoleerde stelsel bly
    konstant. 'n Stelsel word geïsoleer as die netto eksterne krag (die gravitasiekrag uitgesluit)
    wat op die stelsel inwerk, nul is.
  Los probleme oor die behoud van meganiese energie op deur die vergelyking te gebruik:
    ME = Ek + Ep (waar ME meganiese energie is, Ek kinetiese energie en Ep potensiële
    energie).
  Gebruik die vergelyking hierbo om probleme slegs in kinetiese energie, potensiële energie
    en snelheid in een dimensie op te los.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wetenskappe                            11                                      DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

 Drywing
  Definieer drywing as die tempo waarteen arbeid verrig of energie verbruik word.
                      W
    In simbole: P = t , waar P drywing is, W arbeid verrig en ∆t die verandering in tyd of
                        E
    tydsduur. Ook P =   Δt , waar E energie is.
  Drywing het die SI-eenheid, watt, W.
  Bereken die drywing betrokke wanneer arbeid verrig word.
  Praktiese eenhede van drywing in die konteks van tegnologie:
    o kW = 1 000 W
    o Perdekrag (hp) = 746 W
  Los probleme op wat arbeid, drywing en tydsduur behels, met die klem op omskakeling
    van die praktiese eenhede.
  Doen berekeninge deur Pgem= F·vgem te gebruik wanneer 'n voorwerp teen 'n konstante
    spoed beweeg.
  Bereken die drywingslewering vir 'n pomp wat 'n massa oplig (bv. die oplig van water deur
    'n hoogte teen konstante spoed).
  Los probleme op wat drywing, krag en snelheid behels, met die klem op omskakeling van
    die praktiese eenhede.

 Elastisiteit, Viskositeit en Hidroulika
 (Hierdie afdeling moet in samehang met die KABV gelees word. p. 43–44.)

 Elastisiteit
  Definieer 'n vervormingskrag as 'n krag wat die vorm en grootte van 'n voorwerp verander.
  Definieer herstelkrag as 'n krag wat net so groot is soos die vervormingskrag wat toegepas
     word (op 'n liggaam).
  Verduidelik dat wanneer 'n vervormingskrag op 'n liggaam toegepas word, die herstelkrag
     in die voorwerp ontstaan en poog om die uitwerking van die vervormingskrag teë te werk
     en die voorwerp terug te bring na sy oorspronklike grootte en vorm.
  Elastisiteit van 'n liggaam is die eienskap van die liggaam waardeur die liggaam in staat is
     om sy oorspronklike vorm en grootte te herstel wanneer die vervormingskrag verwyder
     word.
  Definieer 'n volkome elastiese liggaam as 'n liggaam wat sy oorspronklike vorm en grootte
     volkome herwin wanneer die vervormingskrag verwyder word. Enkele voorbeelde van 'n
     volkome elastiese liggaam is kwartsvuur in kitaarsnare en fosforbrons in vere en kabels.
  Definieer 'n volkome plastiese liggaam as 'n liggaam wat nie 'n neiging toon om sy
     oorspronklike grootte en vorm te verkry wanneer die vervormingskrag verwyder word nie.
     Voorbeelde van 'n volkome plastiese liggaam is was, stopverf, ens.
  Elastisiteitsgrens is die maksimum krag wat op 'n liggaam toegepas kan word sodat die
     liggaam sy oorspronklike vorm volkome herwin wanneer die krag verwyder word.
  Spanning is die interne herstelkrag per oppervlakeenheid (area) van 'n liggaam.
     Die SI-eenheid van spanning is Pa of N·m-2.
           F
      σ     , waar σ die spanning is, F is krag en A is oppervlakte (area).
           A
    Gebruik die formule hierbo om spanning, krag en oppervlakte (area) of deursnit te
     bereken.
    Vervorming is die verhouding van verandering in dimensie tot die oorspronklike dimensie.
         L
          , waar  vervorming is, ∆L die verandering in lengte en L die oorspronklike lengte.
         L
     Vervorming het nie 'n eenheid nie.
    Hooke se wet bepaal dat spanning, in die grens van elastisiteit, direk eweredig is aan die
     rekking.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wetenskappe                          12                                        DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

    Spanning  vervorming.
        
       K , waar K 'n konstante is, bekend as Young se modulus van elastisiteit van 'n
        
     materiaal van 'n liggaam. (Young se modulus van elastisiteit na verwys as modulus van
     elastisiteit.)
     K se eenheid is N·m-2 of Pa.
    Gebruik die vergelyking hierbo om spanning, vervorming en modulus van elastisiteit te
     bereken.
    Young se modulus van elastisiteit is meting van die vermoë van materiaal om
     veranderinge in lengte te weerstaan wanneer dit aan trekking of drukking in die lengte
     onderwerp word. Dit is 'n meting van styfheid. Verduidelik dat materiaal met 'n hoër
     modulus minder vervorming sal ondergaan onder 'n las, in vergelyking met dié met 'n laer
     modulus. Gedurende herstelwerk, gebruik materiale met soortgelyke modulus as die
     oorspronklike materiaal, om eenvormige lasoordrag oor die herstelde gedeelte toe te laat.
 Viskositeit
  Definieer viskositeit as die eienskap van die vloeistof om relatiewe beweging tussen die
     twee aangrensende vlakke te opponeer.
  Bespreek die effek van temperatuur op viskositeit in die veld van tegnologie.
  Verduidelik dat, as die temperatuur van die vloeistof verhoog, die viskositeit verlaag.
     Die vloeistowwe wat as smeermiddel en vir 'n verskeidenheid ander gebruike dien, moet
     sorgvuldig gekies word met inagneming van die temperatuur waarteen hulle werk.
  Bespreek motoroliegraderings.
 Hidroulika
  Hidroulika (vloeistofmeganika) is 'n veld in die toegepaste wetenskap en ingenieurswese,
     wat met die meganiese eienskappe van vloeistowwe werk.
  Toepassings in hidrouliese beginsels sluit in:
     o Ontwerp van hidrouliese stelsels, stuurmeganismes, remstelsels, kragstuurstelsels,
          ens.
     o Perse (Drukkers): metaalperse, houtperse, keramiekperse, plastiekperse, ens.
     o Masjinerie vir nywerhede: metaal, hout, tekstiel, papier, ens.
     o Prosesseringmasjiene: houtprosesseringmasjiene, laagmetaalprosesseringmasjiene,
          ens.
     o Gietery: skuim, blaas, ekstrusiemasjiene, ens.
     o Komponentafwerking: ronde tafels, roterende verdelers, klampstelsels, ens.
  Definieer stukrag as die normaalkrag wat uitgeoefen word deur 'n vloeistof in rus met 'n
     gegewe oppervlak wat daarmee in kontak is.
  Definieer druk by 'n spesifieke punt as die stukrag wat op die eenheidsoppervlakte rondom
     daardie punt uitgeoefen word.
     Die SI-eenheid vir druk is N·m-2 of Pascal (Pa).
                                           Stukrag         F
  Gebruik die formule, Druk =                              om druk, stukrag en oppervlakte te
                                    Oppervlakt e (area) A
     bereken.
  Gebruik die omskakelings in alle berekeninge:
     o 1 atmosfeer (atm) = 1,0110  105 Pa
     o bar: 1 bar = 105 Pa
     o torr: 1 torr = 133 Pa
  Vloeistofdruk word deur die volgende vergelyking bereken: P =  g h, waar P druk is, 
     digtheid is, g gravitasieversnelling is en h hoogte is.
  Gebruik die vergelyking, P =  g h om vloeistofdruk, hoogte en digtheid te bereken.
  Die druk wat deur 'n statiese vloeistof uitgeoefen word, hang slegs van die diepte, die
     digtheid en die gravitasieversnelling van die vloeistof af. Die vloeistofdruk by 'n gegewe
     diepte hang nie van die totale massa of die totale volume van die vloeistof af nie.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wetenskappe                             13                                            DBE/2021
                                             Eksamenriglyne

    Pascal se wet bepaal dat in 'n kontinue vloeistof by ewewig, die druk by 'n punt eweredig
     oorgedra word na al die ander dele van die vloeistof. Hierdie wet is die basiese beginsel
     waarop hidrouliese krag toegepas word in die arbeidsverrigting van swaardiens-
     konstruksiemasjiene.
    Toepassings van Pascal se wet sluit in: stootskraper se werksverrigtingstelsel, hidrouliese
     kragremme in motors, tandartse se stoele, hidrouliese hysers wat gebruik word om swaar
     vragte te lig, motordomkragte, ens.
                                              F     F
    Die vergelyking in hidrouliese hysers: 1  2 , waar A die oppervlakte is en F die
                                              A1 A 2
     krag A2 > A1.
    Gebruik die vergelyking hierbo om krag, oppervlakte en radius van die suier te bereken.

 Elektrisiteit en Magnetisme: Elektrostatika
 (Hierdie afdeling moet in samehang met die KABV gelees word, p. 50.)

 Kapasitors en kapasitansie
  Definieer 'n kapasitor as 'n toestel wat elektriese lading stoor.
  Die kapasitor bestaan uit twee plate geskei deur 'n diëlektriese (isolator) materiaal.
  Voorbeelde van kapasitors wat in tegnologie gebruik word:
    o Filtreerstroombane in kragbronne
    o Skeiding van frekwensies tussen die bas('woofer')versterker-luidspreker en die
        hoëtoonhoogte('tweeter')luidspreker/elektroniese geraasfiltrering
    o Kragleweringkorrigering/-verbetering in elektriese oordragstelsels
  Kapasitansie, C, van 'n kapasitor is die hoeveelheid lading wat dit per volt kan stoor.
    Die SI-eenheid vir kapasitansie is F (farad).
    1 F = 1 C·V-1
  Die verwantskap tussen kapasitansie, C, lading, Q, en spanning, V, word gegee as:
          Q
     C=     waar C die kapasitansie voorstel, Q is die lading en V is die spanning.
          V
    Gebruik die vergelyking hierbo om die kapasitansie, lading en spanning oor die plate te
     bereken.
                                                          εo A
    Die kapasitansie kan ook uitgedruk word as: C =            , waar A die oppervlakte van die
                                                            d
     plate, d die afstand tussen die plate,  die relatiewe permittiwiteit van vrye spasie (of
     diëlektriese konstante van materiaal gebruik) en  o die permittiwiteit van vrye spasie is.
    In die geval waar diëlektriese materiaal lug of vakuum is of nie gespesifiseer word nie, kan
                                              εo A
     die vergelyking herskryf word as: C =         , waar  = 1 en  o = 8,85  10 -12 F·m-1.
                                                d
    Gebruik die vergelyking hierbo om die kapasitansie, oppervlakte en afstand tussen die
     plate te bereken.
    Bespreek die faktore wat kapasitansie beïnvloed.

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wetenskappe                            14                                           DBE/2021
                                            Eksamenriglyne
 Elektriese Stroombane
 (Hierdie afdeling moet in samehang met die KABV gelees word, p. 25, 26, 36 en 51.)
 Graad 10
    Definieer stroom, I, as die ladingstroom. Dit word in Ampère (A) gemeet.
    Definieer terminale potensiaalverskil in terme van werk gedoen en laai. V = W/Q
    Gee die verskil tussen emk en terminale potensiaalverskil.
    Definieer weerstand as die teenstand teen die stroom van elektriese stroom.
    Noem en verduidelik faktore wat die weerstand van 'n stof beïnvloed.
 Ohm se wet (graad 11)
  Stel Ohm se wet in woorde: Die potensiaalverskil oor 'n geleier is direk eweredig aan die
    stroom in die geleier by konstante temperatuur.
  Bepaal die verwantskap tussen stroom, spanning en weerstand by konstante temperatuur
    deur van 'n eenvoudige stroombaan gebruik te maak.
  Noem die verskil tussen ohmiese en nie-ohmiese geleiers en gee voorbeelde van elk.
                                  V
  Doen berekeninge deur R          vir serie- en parallelle stroombane te gebruik (maksimum
                                  I
    vier weerstande).
  Gebruik serie- en parallelle weerstande in kombinasie met Ohm se wet.
  Definieer emk as die potensiaalverskil oor 'n sel indien die stroombaan oop is.
  Definieer interne weerstand as die weerstand binne die sel wanneer stroom daardeur
    vloei. (Geen berekeninge word benodig nie.)
 Drywing, energie
  Definieer drywing as die tempo waarteen elektriese energie in 'n elektriese stroombaan
    omgeskakel word.
    Die SI-eenheid vir drywing is watt, W.
    Die praktiese eenheid van drywing is kWh.
                                                                 2
                               W                           V
    Doen berekeninge deur P =    , P = VI, P = I2R of P =   te gebruik om drywing, arbeid/
                               t                          R
     energie, tyd, spanning, stroom en weerstand te bereken.
    Lei af dat die kilowatt-uur (kWh) verwys na die gebruik van 1 kilowatt elektrisiteit vir 1 uur.
    Bereken die koste van elektrisiteitverbruik indien die drywingspesifikasies van die toestelle
     wat gebruik word, gegee word, asook die tydsduur, indien die koste van 1 kWh gegee
     word.
    Die warmte wat deur die resistor in 'n stroombaan gelewer word, is: W = I2Rt

 Elektromagnetisme
 (Hierdie afdeling moet in samehang met die KABV gelees word, p. 52–54.)
    'n Stroomdraende geleier veroorsaak 'n magneetveld rondom dit.
    Bepaal die rigting van die magneetveld rondom die stroomdraende geleier (gebruik die
     regterhandreël).
    Skets die magneetveldlyne rondom 'n:
     o Reguit stroomdraende geleier
     o Stroomdraende geleier (enkel) in 'n draadring
    Definieer elektromagnetiese induksie as die produksie van 'n elektromotoriese krag (emk)
     of spanning oor 'n elektriese geleier a.g.v. relatiewe beweging tussen die geleier en
     magneetveld OF die proses om elektrisiteit deur beweging op te wek.
    Definieer magnetiese vloed as die aantal veldlyne loodreg op die gegewe oppervlak.
     Die SI-eenheid vir magnetiese vloed is weber, Wb.
      = B A, waar  magnetiese vloed is, B magnetiesevloed-digtheid is en A die oppervlakte
     van 'n spoel is.
    Gebruik die vergelyking hierbo om magnetiese vloed, magnetiesevloed-digtheid en
     oppervlakte van 'n spoel te bereken.
Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wetenskappe                            15                                       DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

    Definieer magnetiesevloed-digtheid as die aantal veldlyne per eenheidsoppervlakte.
     Die SI-eenheid vir magnetiesevloed-digtheid is tesla, T.
     1 T = 1 Wb·m-2
          
    B=     , waar  magnetiese vloed is, B magnetiesevloed-digtheid is en A die oppervlakte
          A
     van 'n spoel is.
    Faraday se wet bepaal dat, wanneer die magnetiese vloed wat met die spoel verbind is,
     verander, 'n emk in die spoel geïnduseer word. Die grootte van die geïnduseerde emk is
     direk eweredig aan die tempo van verandering van die magnetiese vloed.
               
        N      , waar  die geïnduseerde emk is, N die aantal windinge in die spoel is,  die
               t
     magnetiese vloed is en t tyd is.

 LET WEL:      Die negatiewe teken dui aan dat die emk in die teenoorgestelde rigting is as die
               effek wat dit veroorsaak.

    Gebruik die vergelyking hierbo om die emk, aantal windinge, magnetiese vloed en tyd te
     bereken.
    Lenz se wet stel dat die rigting van die geïnduseerde emk in die spoel sodanig is dat dit
     die aksie wat dit veroorsaak, teenstaan.
    Gebruik voorbeelde uit die tegnologie om Lenz se wet te demonstreer.
    Definieer 'n transformator as 'n toestel wat gebruik word om spanning te verhoog of te
     verlaag.
    Die uitsetspanning word bepaal deur die aantal winding in die primêre en sekondêre
                                    Vs Ns
     spoele en die insetspanning:        .
                                    Vp Np
    Gebruik die vergelyking hierbo om die insetspanning, uitsetspanning en die aantal
     windinge in die primêre en sekondêre spoele te bereken.
    'n Transformator wat die spanning verhoog, staan as 'n verhogingstransformator bekend.
     In 'n verhogingstransformator is Np < Ns.
    'n Transformator wat die spanning verlaag, staan as 'n verlagingstransformator bekend.
     In 'n verlagingstransformator is Np > Ns.
    Definieer 'n generator as die toestel wat meganiese energie in elektriese energie
     omskakel.
    Noem die energieomsetting in generators.
    Verduidelik die basiese operasionele beginsels van 'n WS-generator (alternator).
    Verduidelik hoe 'n GS-generator werk en hoe dit van 'n WS-generator verskil.
    Noem die voordele van wisselstroom teenoor gelykstroom.
    Skets grafieke van spanning tenoor tyd en stroom teenoor tyd vir 'n WS-stroombaan.
    Gebruik die beginsel van elektromagnetiese induksie om te verduidelik hoe 'n generator
     werk.
    Verduidelik die funksies van die komponente van 'n WS- en GS-generator.
    Noem voorbeelde van die gebruike van WS- en GS-generators.
    Definieer 'n motor as 'n toestel wat elektriese energie na meganiese energie omskakel.
    Noem die energieomsetting in motors.
    Verduidelik die basiese operasionele beginsels van 'n elektriese motor.
    Gebruik die motoreffek om te verduidelik hoe 'n motor werk.
    Verduidelik die funksies van die komponente van 'n motor.
    Noem voorbeelde van die gebruik van 'n motor.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wetenskappe                          16                                        DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

 Golwe, Klank en Lig
 (Hierdie afdeling moet in samehang met die KABV gelees word, p. 48–49.)

 Lig
 Gee die definisies van die volgende terme:
  Golf: 'n versteuring wat energie deur materie en ruimte oordra
  Weerkaatsing: die verandering in rigting van 'n golf wanneer dit die vlak tussen twee
     materiale tref
  Breking: die buiging van lig wanneer dit van een medium na 'n ander beweeg
  Grenshoek: die invalshoek in die digter medium sodat die gebreekte straal net deur die
     oppervlak wat die twee media skei, gaan OF die invalshoek in die opties digte medium
     waar die brekingshoek 90° is.
  Dispersie: die verskynsel waardeur lig in sy samestellende kleure opgebreek word

 Bespreek die volgende:
  Wette van weerkaatsing
  Wette van breking
  Die verhouding tussen die spoed van lig en die golflengte wanneer dit deur media van
    verskillende optiese digtheid beweeg

    Totale interne weerkaatsing: Wanneer die invalshoek groter as die grenshoek is, word die
     ligstraal terug weerkaats in die oorspronklike medium.
    Bespreek die voorwaardes vir totale interne weerkaatsing.
    Noem gebruike van totale interne weerkaatsingsprismas.

 Lense
  Bespreek die frekwensie en golflengte van die verskillende komponente van lig.
  Onderskei tussen 'n konkawe en 'n konvekse lens
  Bespreek en teken die straaldiagram om die oordrag van lig deur konvekse en konkawe
    lense aan te dui. Die straaldiagramme moet aandui: hoofas, optiese as, brandpuntlengte en
    fokuspunt/brandpunt.
  Hoofas is 'n reguit lyn loodreg op die oppervlak van die lens en loop deur die optiese as.
  Die sentrale horisontale lyn wat deur die krommingsentrums van lensoppervlakke gaan,
    word die optiese as genoem.
  Die brandpuntlengte is die afstand tussen die fokuspunt/brandpunt (f) en die middel van
    die lens. Dit is altyd dieselfde lengte aan beide kante van die lens.
  Die fokuspunt van 'n lens is die punt in die ruimte waar parallelle ligstrale mekaar ontmoet
    nadat hulle deur die lens beweeg.
  Bespreek toepassings van konvekse en konkawe lense.
  Gee die eienskappe van beelde wat deur konkawe en konvekse lense gevorm word.

 Elektromagnetiese straling
  Definieer 'n elektromagnetiese golf as 'n verandering van magnetiese en elektriese velde
    onderling loodreg op mekaar en die rigting van die voortplanting van die golf.
  Bespreek eienskappe van elektromagnetiese golwe.
  Gebruik die vergelyking, c = f λ, om probleme oor spoed, frekwensie en golflengte van lig te
    op te los.
  Bespreek die elektromagnetiese spektrum in terme van frekwensie en golflengte.
  Rangskik die spektrum in volgorde van toenemende/afnemende frekwensie en golflengte.
  Noem gebruike van elektromagnetiese straling.
  Beskryf 'n foton van lig as 'n kwantum van energie.
  Gebruik die vergelyking, E = hf, om berekeninge te doen wat energie, frekwensie en
    golflengte van lig insluit.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wetenskappe                                    17                                          DBE/2021
                                                    Eksamenriglyne

 3.2      Vraestel 2

 Verteenwoordig Chemiese Verandering (Graad 10)
 (Hierdie afdeling moet in samehang met die KABV gelees word, p. 22.)

 Gebalanseerde chemiese vergelykings
  Verteenwoordig reaksies in gebalanseerde vergelykings.

 Intermolekulêre kragte

 Intermolekulêre en interatomiese kragte (chemiese bindings)

      Benoem en verduidelik die verskillende intermolekulêre kragte (Van der Waals-kragte):
       (i)   Dipool-dipoolkragte:
             kragte tussen twee polêre molekule
       (ii) Geïnduseerde dipool-kragte of London-kragte:
             kragte tussen twee nie-polêre molekule
       (iii) Waterstofbindings:
             kragte tussen molekule waar waterstof kovalent gebind is aan stikstof, suurstof of
             fluoor – 'n spesiale geval van dipool-dipoolkragte
      Beskryf die verskil tussen intermolekulêre kragte en interatomiese kragte deur gebruik te
       maak van 'n diagram van 'n groep klein molekule, en in woorde.
       Byvoorbeeld:

                           intermolekulêre kragte
                       H                              H
                                                            interatomiese kragte/chemiese bindings
               H       C     H                H       C    H

                       H                              H

      Noem die verwantskap tussen intermolekulêre kragte en molekuulgrootte. Vir nie-polêre
       molekule neem die sterkte van geïnduseerde dipoolkragte met molekuulgrootte toe.
      Verduidelik die effek van intermolekulêre kragte op kookpunt, smeltpunt en dampdruk.
      Kookpunt: Die temperatuur waarby die dampdruk aan atmosferiese druk gelyk is. Hoe
       sterker die intermolekulêre kragte, hoe hoër die kookpunt.
      Smeltpunt: Die temperatuur waarby die vaste- en vloeistoffases van 'n stof in ewewig is.
       Hoe sterker die intermolekulêre kragte, hoe hoër die smeltpunt.
      Dampdruk: Die druk uitgeoefen deur 'n damp in ewewig met sy vloeistof in 'n geslote
       sisteem. Hoe sterker die intermolekulêre kragte, hoe laer die dampdruk.
      Definieer viskositeit as die weerstand van 'n vloeistof (vloeistof of gas) om te vloei. Hoe
       groter 'n vloeistof se viskositeit, hoe stadiger vloei dit.

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wetenskappe                         18                                      DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

 Materie en Materiale: Organiese Chemie
 (Hierdie afdeling moet in samehang met die KABV gelees word, p. 46–47.)

 Molekulêre en strukturele funksionele groepe, versadigde en onversadigde strukture,
 isomere
  Definieer organiese molekule as molekule wat koolstofatome bevat.
  Koolwaterstowwe is organiese verbindings wat slegs koolstofatome en waterstofatome
     bevat.
  Skryf molekulêre en struktuurformules van organiese verbindings neer, slegs tot ses
     koolstofatome vir:
     o Alkane (geen ringstrukture nie)
     o Alkene (geen ringstrukture nie)
     o Alkyne
     o Alkielhaliede (Haloalkane) (primêre, sekondêre en tersiêre haloalkane; geen
         ringstrukture nie)
     o Aldehiede
     o Ketone
     o Alkohole (primêre, sekondêre en tersiêre alkohole)
     o Karboksielsure
     o Esters

 Onderskei tussen:
  Verskillende homoloë reekse
  Versadigde en onversadigde koolwaterstowwe
  Identifiseer verbindings tot ses koolstofatome wat versadig, onversadig en strukturele
    isomere is.
  Ken die algemene formule van verskillende homoloë reekse.
  Koolwaterstowwe bestaan uit organiese verbindings wat slegs uit koolstof en waterstof
    bestaan.
  Versadigde koolwaterstowwe bestaan slegs uit enkel kovalente verbindings tussen die
    koolstofatome.
  Onversadigde verbindings bestaan uit kovalente dubbel of drievoudige bindings tussen die
    koolstofatome.

 Ken die volgende terme/konsepte:
  Funksionele groep: 'n Atoom of 'n groep atome wat die chemie van 'n molekuul bepaal OF
     'n atoom of 'n groep atome wat die fisiese en chemiese eienskappe van 'n groep
     organiese verbindings bepaal.
  Homoloë reeks: 'n Reeks organiese verbindings wat deur dieselfde algemene formule
     beskryf kan word en waarin die een lid van die volgende verskil met 'n CH2-groep

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wetenskappe                                        19                                          DBE/2021
                                                        Eksamenriglyne

                                                        Struktuur van funksionele groep
         Homoloë reeks
                                        Struktuur                                  Naam

      Alkane                       C        C                    Slegs C-H- en C-C-enkelbindings

      Alkene                    C       C                        Koolstof-koolstof-dubbelbinding

      Alkyne                       C        C                    Koolstof-koolstof-drievoudige binding

      Haloalkane                    C       X                                       -
                               (X = F, Cℓ, Br, I)

      Alkohole                      C       O           H        Hidroksielgroep

                                    O
      Aldehiede                                                  Formielgroep
                                    C           H

                                            O
      Ketone                        C       C           C        Karbonielgroep

                                        O
      Karboksielsure                    C       O H              Karboksielgroep

                                    O
      Esters                        C       O           C                           -

    Skryf struktuurformules vir gegewe isomere en benoem hulle.
    'n Struktuurformule van 'n verbinding toon watter atome in die molekuul aan mekaar
     gebind is. Atome word deur hulle chemiese simbole voorgestel en lyne word gebruik om
     ALLE bindings wat atome bymekaar hou, te toon.

                           H   H        O           H

                       H   C   C        C           C       H

                           H   H                    H

    Struktuurisomere is organiese molekule met dieselfde molekulêre formule, maar
     verskillende struktuurformules.
    Beperk struktuurisomere tot kettingisomere, posisionele isomere en funksionele
     isomere.

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
 Tegniese Wetenskappe                                    20                                                     DBE/2021
                                                    Eksamenriglyne

    Kettingisomere het dieselfde molekulêre formule, maar verskillende tipes kettings, bv.
     butaan en 2-metielpropaan.

                                                                                H        H       H

                       H    H       H       H                          H        C        C       C   H

                H      C    C       C       C       H                           H             H
                                                                                 H       C   H
                       H    H       H       H                                            H

                           Butaan                                          2-metielpropaan

    Posisionele isomere het dieselfde molekulêre formule, maar verskillende posisies van die
     syketting, substituente of funksionele groepe op die stamketting (moederketting), bv.
     1-choropropaan en 2-chloropropaan of but-2-een en but-1-een.

                      H    H       H                               H       H         H

             H        C    C       C        Cl             H       C       C         C       H

                      H    H       H                               H       Cl        H

                     1-chloropropaan                           2-chloropropaan

            H               H       H                          H       H                 H

                C      C    C       C       H            H     C       C        C        C   H
            H          H    H       H                          H                H        H

                     but-1-een                                       but-2-een

    Funksionele isomere het dieselfde molekulêre formule, maar verskillende funksionele
     groepe, bv. metielmetanoaat en etanoësuur.

                       O                H                                       H    O
                 H     C       O        C       H                      H        C    C       O       H
                                        H                                       H

                      metielmetanoaat                                           etanoësuur

Kopiereg voorbehou                                                                                       Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Technical Sciences P1 Memo June 2021 Engl Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-memo-june-2021-engl-afrikaans/bbcfcb87-c63b-4949-b0e2-4701ef3f022f) — Technical Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [Tech Sciences P2 Memo June2021 English-Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-memo-june2021-english-afrikaans/4b19449f-7e71-42a8-982a-e33c25a32597) — Technical Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [Technical Sciences P1 QP June 2021 English](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-qp-june-2021-english/24c4b558-7e1c-4f6b-b095-b322bfc56619) — Technical Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Tech Sciences P2 QP June2021 English](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-qp-june2021-english/f69d81db-8dea-4184-a9dd-1c16bbd70ea5) — Technical Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Gr12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-technical-sciences-p1-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/6caf3df6-69dd-4822-a42a-57288f67046c) — Technical Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [Gr12 Technical Sciences P1 (English) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-technical-sciences-p1-english-2021-preparatory-possible-answers/328b3a2a-6d3f-4e21-ac7b-09eceb16625b) — Technical Sciences · Memo · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Technical Sciences

- [TECHNICAL SCIENCES P2 QP GR12 SEPT 2025 - English watermark](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-qp-gr12-sept-2025-english-watermark/19067998-88e8-4610-89e9-414e4d58ef86) — QP · 2025 · Eng
- [Technical Sciences P1 (English) June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-english-june-2025-question-paper/1de11ae2-f4a0-4722-b3eb-af00fb6f3f7c) — QP · 2025 · Eng
- [Technical Sciences P2 (Afrikaans) June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-afrikaans-june-2025-question-paper/d058d4d6-1a04-4407-8a1c-9187d5e524ea) — QP · 2025 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2) — Memo · 2025 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556) — Memo · 2025 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P1 (English) 2025 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-1-english/76123cf3-7f74-429b-8b49-5386459f55c9) — QP · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
