# Technical Sciences Grade 10 P1 National November 2016 QP

> Grade 10 Technical Sciences Paper 1 question paper from the National November 2016 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-grade-10-exemplar-2016-afr/523cadc4-dbc9-451d-a65e-fed3180ca51c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Technical Sciences
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: National November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Technical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/technical-sciences) › [Technical Sciences Grade 10 P1 National November 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-grade-10-exemplar-2016-afr/523cadc4-dbc9-451d-a65e-fed3180ca51c)

## About this document

Technical Sciences · Grade 10 · National November · 2016. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 10

                      TEGNIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)

                                   MODEL 2016

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

            Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 1 gegewensbladsy.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                        2                               DBE/2016
                                      KABV – Graad 10 Model

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK.

2.       Begin elke vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

7.       Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE TE GEBRUIK.

8.       Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge

9.       Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE
         desimale plekke af.

10.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                      3                                  DBE/2016
                                    KABV – Graad 10 Model

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Elke vraag het
slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

1.1      Die SI-eenheid vir snelheid is …

         A     sekondes.

         B     minute.

         C     Newton.

         D     meter per sekonde.                                                              (2)

1.2      Watter EEN van die volgende fisiese hoeveelhede moet altyd rigting insluit?

         A     Tyd

         B     Spoed

         C     Afstand

         D     Verplasing                                                                      (2)

1.3      'n Persoon trek 'n tou, soos in die skets getoon.

         Die krag in hierdie tou word … genoem.

         A     gewig

         B     spanning

         C     wrywing

         D     versnelling                                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       4                                  DBE/2016
                                     KABV – Graad 10 Model

1.4      'n Draaipunt is die …

         A     middelpunt van 'n hefboom.

         B     hoogte van 'n hefboom.

         C     eindpunt van 'n hefboom.

         D     spilpunt/hegpunt waarom die hefboom roteer.                                      (2)

1.5      Watter EEN van die volgende pare fisiese hoeveelhede is beide vektore?

         A     Spoed, snelheid

         B     Tyd, versnelling

         C     Afstand, verplasing

         D     Versnelling, verplasing                                                          (2)

1.6      Die vrye kragtediagram hieronder toon die relatiewe groottes en rigtings
         van al die kragte wat op 'n voorwerp inwerk wat horisontaal in 'n oostelike
         rigting beweeg.

                                           normaal krag
                                                                                  N
                     wrywingskrag
                                          
                                                  toegepaste krag          W            O

                                                                                  S
                                              gewig

         Volgens die vrye kragtediagram is die kinetiese energie van die
         voorwerp:

         A     Nul

         B     Verhoog

         C     Verlaag

         D     Bly dieselfde                                                                    (2)

1.7      'n Voorbeeld van 'n nie-kontakkrag is …

         A     spanning.

         B     wrywing.

         C     gewig.

         D     normaal krag.                                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                      5                                     DBE/2016
                                    KABV – Graad 10 Model

1.8      Watter tipe hefboom word in die diagram hieronder geïllustreer?

              Mag
                                   Las

                                                      Draaipunt

         A     Eerste klas

         B     Tweede klas

         C     Derde klas

         D     Vierde klas                                                                        (2)

1.9      Die kringdiagram hieronder bestaan uit 'n battery en vyf resistors, R1 tot R5.

                                     R1                     R3

                                                R2

                                         R4      R5

         Watter EEN van die volgende stellings is KORREK?

         A     R 1 is in parallel met R 2 gekoppel.

         B     R 4 is in parallel met R 5 gekoppel.

         C     R 1 is in parallel met R 3 gekoppel.

         D     R 2 is in parallel met die reeks van R 4 en R 5 gekoppel.                          (2)

1.10     Die resistor het 'n weerstand van 200 ohm met 'n spanningsval van 10 volt
         daaroor. Die stroom deur hierdie resistor is …

         A     0,5 A.

         B     5 A.

         C     50 mA.

         D     50 A.                                                                              (2)
                                                                                                  [20]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       6                                       DBE/2016
                                     KABV – Graad 10 Model

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Thabo het 15 km dorp toe gestap terwyl hy 'n sak van 4 kg gedra het. Hy het in die
dorp 1 000 m van winkel tot winkel gestap en uiteindelik 500 m na 'n taxistaanplek
gestap om om die terugrit te onderneem.

         2.1.1        Herlei 4 kg na gram.                                                          (2)

         2.1.2        Herlei 1 000 meter na kilometer.                                              (2)

         2.1.3        Bereken die totale afstand wat hy gestap het (in meter) en druk die
                      antwoord in wetenskaplike notasievorm uit.                                    (4)

2.2      Die hoof van Wadela Sekondêre Skool het vanaf klaskamer nommer 3 tot by
         die skoolsaal gestap om die graad 10-leerders toe te spreek. Hy het presies
         3,4 minute later die saal binnegegaan. (Alle berekeninge is van deur tot deur.)

                                                                            Skoolsaal

         3       4              5       6        7           8      9          Saal

             3m           6m          3m       3m        4m       4m          8m

         2.2.1        Definieer 'n skalaarhoeveelheid.                                              (2)

         2.2.2        Bepaal die totale afstand wat die hoof gedek het soos wat hy vanaf
                      klaskamer nommer 3 tot by die ingang van die skoolsaal gestap
                      het.                                                                          (2)

         2.2.3        Bereken die spoed van sy beweging soos wat hy vanaf klaskamer
                      nommer 3 tot by die skoolsaal gestap het.                                     (4)

         2.2.4        Na die saalbyeenkoms stap terug na klaskamer nommer 7 om die
                      graad 12-Toerismeklas te onderrig. Bereken die totale verplasing
                      vir sy beweging.                                                              (3)

         2.2.5        Teken 'n vektordiagram om die berekening in VRAAG 2.2.4 te
                      illustreer. (Dui groottes en rigting(s) van vektore, waar nodig, aan.)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                            7                                       DBE/2016
                                          KABV – Graad 10 Model

2.3      Hierdie lint is deur 'n tydtikker getrek.

          •          •        •       •         •      •          •   •      •         •        •

                                         ∆t
Die tydtikker maak 50 kolletjies per sekonde.

         2.3.1           Bereken die waarde van ∆t.                                                    (3)

         2.3.2           Die kolletjies is almal 1 cm uit mekaar. Watter afleiding kan ons oor
                         die snelheid en versnelling van hierdie beweging maak?                        (2)

         2.3.3           Bereken die snelheid wat deur hierdie lint voorgestel word.                   (4)
                                                                                                       [32]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                      8                                      DBE/2016
                                    KABV – Graad 10 Model

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n 2 kg-houer rus op 'n horisontale oppervlak.

3.1      Teken ŉ vrye kragtediagram van AL die kragte wat op die houer inwerk.

         .

                                                 2 kg

                                                                                                   (4)

3.2      'n Leerder bind 'n tou om die houer en pas 'n horisontale trekkrag van 60 N na
         regs toe, soos in die diagram hieronder getoon. Die houer ondervind 'n
         wrywingskrag van 35 N.

                                                  2 kg              60 N

                          35 N

         3.2.1        Is die 60 N 'n wrywingskrag of 'n toegepaste krag en wat is die
                      rigting daarvan?                                                             (2)

         3.2.2        Teken 'n kragtediagram van AL die kragte wat op die houer inwerk.            (4)

         3.2.3        Bereken die resulterende krag wat op die houer inwerk                        (3)
                                                                                                   [13]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                           9                                DBE/2016
                                         KABV – Graad 10 Model

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
4.1      Definieer die volgende terme:
         4.1.1           Momente van 'n krag                                                      (2)
         4.1.2           Balk                                                                     (2)
         4.1.3           Meganiese voordeel                                                       (2)
4.2      In die diagram hieronder word 'n balk aan 'n driepuntbelasting onderwerp.

                                        200 N         100 N        300 N
                                3m           2m           1m

                                                     10 m

                     L                                                               R

         4.2.1           Bereken die opwaartse kragte by L en R.                                  (7)
         4.2.2           Toon met berekeninge dat die opwaartse kragte aan die afwaartse
                         kragte gelyk is.                                                         (3)
4.3      Maak 'n netjiese, benoemde skets van 'n KLAS EEN-hefboom en toon die
         draaipunt, las en die mag.                                                               (6)
4.4      Die diagram hieronder is 'n eenvoudige katrolstelsel. 'n Mag van 100 N word
         toegepas om 'n las van 500 N op te lig.

                                  Mag
                          100 N                        Las
                                                   500 N

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                  10                   DBE/2016
                                KABV – Graad 10 Model
         Bereken die meganiese voordeel.                                     (3)
                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                      11                                 DBE/2016
                                    KABV – Graad 10 Model

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

5.1      Definieer die term kinetiese energie.                                                 (2)

5.2      'n Voorwerp met 'n massa van 15 kg beweeg teen 'n spoed van 5 m.s-1.
         Bereken die kinetiese energie van die voorwerp.                      (3)

5.3      'n Bal met 'n massa van 2 kg word 3 m bokant die grond gehou. Bereken die
         gravitasie- potensiële energie van die bal relatief tot die grond.        (3)

5.4      'n Vallende voorwerp met 'n massa van 0,8 kg het 'n kinetiese energie van 0,5 J
         en 'n meganiese energie van 1,2 J.

         Bereken die:

         5.4.1       Spoed van die voorwerp op daardie stadium                                 (3)

         5.4.2       Hoogte van die voorwerp op daardie stadium                                (5)
                                                                                               [16]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                        12                                 DBE/2016
                                      KABV – Graad 10 Model

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

6.1      Twee klein metaalsfere, B en C, op geïsoleerde staanders, dra ladings van
         +3 x 10-9 C en –6 x 10-9 C onderskeidelik.

                        +3 x 10-9 C                 –6 x 10-9C
                                      B        C

         6.1.1        Hoe vergelyk die getal elektrone op sfeer C met die getal protone
                      op sfeer C? Kies jou antwoord uit een van die volgende: MINDER
                      AS, DIESELFDE AS of MEER AS.                                               (1)

         6.1.2        Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 6.1.1.                               (1)

         6.1.3        Bereken die AGETAL elektrone in oormaat op sfeer C.                        (3)

6.2      Die sfere word toegelaat om aan mekaar te raak, waarna hulle weer geskei
         en in hul oorspronklike posisies teruggeplaas word.

                               B              C

         6.2.1        Skryf die beginsel van behoud van lading neer.                             (2)

         6.2.2        In watter rigting beweeg die elektrone terwyl B en C in kontak met
                      mekaar is? Skryf slegs VAN B NA C of VAN C NA B neer.                      (1)

         6.2.3        Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 6.2.2                                (1)

         6.2.4        Bereken die lading op elke sfeer nadat hul weer van mekaar
                      verwyder word.                                                             (3)
                                                                                                 [12]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       13                                 DBE/2016
                                     KABV – Graad 10 Model

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

7.1      'n Battery van 24 V is deur 'n skakelaar aan drie resistors in serie gekoppel:
         R1 = 20 Ω; R2 = 100 Ω; R3 = 150 Ω

         Teken stroombaan genoem en dui AL die simbole en waardes aan.                          (6)

7.2      Definieer elektriese stroom.                                                           (2)

7.3      Bereken die stroom in die stroombaan indien 3 C binne 0,6 s verby 'n punt in
         'n geleier beweeg.                                                                     (3)

7.4      Definieer weerstand.                                                                   (2)

7.5      Gee die simbool vir die SI-eenheid van weerstand                                       (1)

7.6      Noem VIER faktore wat die weerstand van 'n geleier beïnvloed.                          (4)
                                                                                                [18]

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

8.1      Die diagram hieronder bevat meetinstrumente wat A; B en V1 gemerk is.

                                   12 V

                                          VT        A

                                                                           4V
                             S1

                                          B

                                                100 Ω

                                                   V1

         8.1.1        Benoem instrument A en instrument B.                                      (1)

         8.1.2        Hoe vergelyk die lesings op die twee instrumente wat in
                      VRAAG 8.1.1 benoem is?                                                    (1)

         8.1.3        Benoem instrument V 1 .                                                   (1)

         8.1.4        Bereken die lesing op V 1 wanneer S 1 gesluit is.                         (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                      14                                      DBE/2016
                                    KABV – Graad 10 Model

8.2      Definieer emk.                                                                         (2)

8.3      Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              S1

                                                       R3    120 Ω    R4     330 Ω
                     24V
                                        R2   100 Ω

                       10 Ω               I 1 198 mA    I2   165 mA        I 3 60 mA

         8.3.1        Bereken die totale stroomsterkte van die stroombaan.                      (3)

         8.3.2        Bereken die totale waarde van die DRIE parallelle resistors van
                      die stroombaan.                                                           (3)
                                                                                                [14]

                                                                               TOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                                                           DBE/2016
                                   KABV – Graad 10 Model

                          GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE
                              GRAAD 10 VRAESTEL 1 (FISIKA)

                              DATA FOR TECHNICAL SCIENCES
                               GRADE 10 PAPER 1 (PHYSICS)

TABEL 1: FISIESE KONSTANTES/TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS

            NAAM/NAME                 SIMBOOL/SYMBOL               WAARDE/VALUE
  Swaartekragversnelling
                                                  G                   9,8m·s-2
  Acceleration due to gravity
  Lading op elektron
                                                  -e                -1,6x10-19C
  Charge on electron

TABEL 2: FORMULE/TABLE 2: FORMULAE

               BEWEGING                                     ENERGIE
 spoed = afstand/tyd                         E p = mgh of (U = mgh)

 snelheid = verplasing/tyd                   E K = ½ mv2 of (U = ½ mv2)

 versnelling = verandering in snelheid/tyd

                      KRAG                    ELEKTRISITEIT/ELEKTROSTATIKA
 F g = mg                                     Q = Q1 + Q2
                                                       2
 F res = F 1 + F 2
                                              I        =   Q
              MOMENTE                                      ∆t
 Wringkrag/Torque = F x r ⊥
                 t = F x r⊥                   V        =   W
                                                           Q
         EENVOUDIGE MASJIENE
                                              V        = IxR
   MA =      L       =e
             E        I                      SERIESTROOMBAAN
                                             RT = R1 + R2 + R3…

                                             VT = V1 + V2 + V3 …

                                             IT = I1 = I2 = I3 …

                                             PARALLELSTROOMBAAN
                                              1    1     1     1
                                              RP = R 1 + R 2 +
                                                   R3

                                             VT = V1 = V2 = V3

                                             IT = I1 + I2 + I3

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Technical Sciences P1 Grade 10 Exemplar 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-grade-10-exemplar-2016-eng/4726f4a9-a861-4c70-9ffd-8d720ae093a4) — Technical Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Technical Sciences P1 Grade 10 Exemplar 2016 Eng Afr Memo](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-grade-10-exemplar-2016-eng-afr-memo/b155836e-2cf4-43be-b764-50c735dbb033) — Technical Sciences · Memo · 2016 · Eng
- [Technical Sciences P2 Grade 10 Exemplar 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-grade-10-exemplar-2016-afr/fcf2eb40-d882-4f3d-811e-5b2fd657f57c) — Technical Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Technical Sciences P2 Grade 10 Exemplar 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-grade-10-exemplar-2016-eng/cd3a76da-eb96-49ba-9a05-75539d8a5797) — Technical Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Technical Sciences P2 Grade 10 Exemplar 2016 Eng Afr Memo](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-grade-10-exemplar-2016-eng-afr-memo/c0425e1d-696f-4e76-a234-23360a6e7adb) — Technical Sciences · Memo · 2016 · Eng
- [TECH-SCIENCES-P1-GR10-QP-NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-gr10-qp-nov2018-afrikaans/c64509d8-f95e-42fb-bfd6-43370862b00e) — Technical Sciences · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Technical Sciences

- [Grade 10 Technical Sciences P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-technical-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/ece6d5ad-d988-4a6c-94e5-dd0e0df35cb5) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 Technical Sciences P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-technical-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2/b76a028f-3bd3-41d4-8d0d-59f3c488156a) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 Technical Sciences P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-technical-sciences-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1/28bbec3b-2c27-4a61-80da-a281b5da6b1c) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 Technical Sciences P2 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-technical-sciences-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-2/0609141c-b370-4563-8a68-2356c494c2c2) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 10 Tech Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-tech-sci-atp-2023-24/e3613212-ae45-45e1-bf84-cedd245b48b0) — ATP
- [TECHNICAL-SCIENCES-P1-GR10-MEMO-NOV2018 EnglishAfr-1](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-gr10-memo-nov2018-englishafr-1/e9a81899-35d9-4c9d-bbba-05abd77bd869) — Memo · 2019 · Eng

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
