# Technical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Technical Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-may-june-2022-afr/c11d7969-b4f2-4344-9757-40665d938dce
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Technical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Technical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/technical-sciences) › [Technical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-may-june-2022-afr/c11d7969-b4f2-4344-9757-40665d938dce)

## About this document

Technical Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                         TEGNIESE WETENSKAPPE V1

                                        2022

                                                                        PUNTE: 150

                                                                            TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, 3 gegewensblaaie en
                                  'n vel grafiekpapier.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                     2                                  DBE/2022
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die toepaslike ruimtes op
         die ANTWOORDEBOEK.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.       Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

9.       Toon ALLE formules en vervangings in AL die berekenings.

10.      Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

11.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       3                                   DBE/2022
                                           SS/NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.

1.1      Indien 'n voorwerp met 'n massa van m in rus verkeer, is die volgende stelling
         WAAR:
         A     Die netto krag op die voorwerp is nul.
         B     Slegs normaalkragte werk op die voorwerp in.
         C     Die toegepaste krag is groter as die wrywingskrag.
         D     Die enigste krag wat op die voorwerp inwerk, is die gewig.                        (2)

1.2      Twee bewegende voorwerpe is betrokke by 'n onelastiese, eendimensionele
         botsing. Indien die totale finale momentum na die botsing nul is, watter EEN
         van die volgende voorwaardes is noodsaaklik?
         A     Die voorwerpe moet dieselfde massa hê.
         B     Die voorwerpe moet dieselfde aanvanklike snelheid hê.
         C     Die voorwerpe se finale momentums moet dieselfde grootte hê, maar
               teenoorgestelde rigtings.
         D     Die voorwerpe moet dieselfde aanvanklike spoed hê, met snelhede in
               teenoorgestelde rigtings.                                                         (2)

1.3      Veronderstel 'n motor gebruik 1 J energie om die gewig, mg, in Diagram 1 tot
         'n hoogte van h op te lig, en in Diagram 2 lig die motor 'n gewig 2 mg tot 'n
         hoogte van 2 h.

                                                                    motor
                                      motor
                                                              2mg

                                 mg
                                                                       2h
                                          h
                                 mg                           2mg

                               Diagram 1                      Diagram 2

         Die hoeveelheid energie wat in Diagram 2 nodig is, is:
         A     2J
         B     1J
         C     0,5 J
         D     4J                                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       4                                  DBE/2022
                                           SS/NSS

1.4      Watter EEN van die volgende stellings definieer rekking (vervorming) in 'n
         materiaal?

         Rekking (Vervorming) is die verhouding tussen die …

         A     verandering in lengte en die oorspronklike lengte.

         B     verandering in deursnee en die oorspronklike lengte.

         C     totale lengte en die oorspronklike lengte.

         D     verandering in druk (spanning) en die oorspronklike druk (spanning).             (2)

1.5      Viskositeit is die weerstand teen …

         A     vloei.

         B     kook.

         C     afkoel.

         D     smelt.                                                                           (2)

1.6      In die diagram hieronder is 'n veer aan 'n plafon vasgemaak. Dit rek uit omdat
         'n massastuk aan die ander ent van die veer vasgemaak word, soos getoon.

                                                  w

         Die krag, w, tree as 'n …-krag op.

         A     herstel

         B     buig

         C     gly

         D     vervormings                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       5                                    DBE/2022
                                           SS/NSS

1.7      Die potlood in die glas water lyk asof dit gebuig is, alhoewel dit nie so is nie.
         Watter eienskap van lig is verantwoordelik vir hierdie waarneming?

         A     Weerkaatsing

         B     Refraksie

         C     Diffraksie

         D     Dispersie                                                                          (2)

1.8      Wanneer 'n kompas naby 'n stoomdraende geleier geplaas word, wyk die
         naald uit.

         Dit dui aan dat ...

         A     'n magneetveld rondom die geleier voorkom.

         B     'n elektriese veld rondom die geleier voorkom.

         C     die kompas 'n noord- en suidpool het.

         D     die stroom vanaf positief na negatief vloei.                                       (2)

1.9      Watter EEN van die volgende hoeveelhede bly dieselfde in 'n serie-
         stroombaan?

         A     Spanning (Potensiaalverskil)

         B     Kapasitansie

         C     Stroomsterkte

         D     Weerstand                                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       6                                  DBE/2022
                                           SS/NSS

1.10     Identifiseer die tipe toestel in die diagram hieronder getoon:

                      primêr 220 V

                                                               sekondêr 780 V

         A     Verhogingstransformator

         B     Verhogingsgenerator

         C     Verlagingsgenerator

         D     Verlagingstransformator                                                          (2)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                      7                                     DBE/2022
                                          SS/NSS

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

2.1      'n Motor met 'n gewig van 10 000 N ry ooswaarts op 'n gelyke pad, terwyl die
         enjin 'n krag, F, ooswaarts toepas. Die motor ondervind lugweerstand
         van 2 500 N. Die wrywingskrag wat deur die pad op die bande uitgeoefen
         word, is 500 N.
         Teken 'n vrye kragtediagram (vrye liggaamdiagram) vir hierdie situasie.                (5)

2.2      'n Kopstuk wat behoorlik verstel is, kan sweepslag, 'n besering aan die nek en
         ruggraat as gevolg van skielike voorwaartse versnelling tydens 'n botsing van
         agter, beperk of voorkom.

         Noem en definieer die eienskap van 'n liggaam wat sweepslag veroorsaak.                (3)

2.3      'n Span met twee atlete, A en B, oefen vir 'n kano-wedvaart. Atleet A het 'n
         massa van 60 kg, atleet B het 'n massa van 65 kg en die kano 'n massa van
         20 kg. Hulle gebruik roeispane en atleet A oefen 'n gemiddelde krag van 50 N
         en atleet B 'n gemiddelde krag van 55 N op die kano uit. Gedurende roei is
         die grootte van die waterweerstand op die kano 18 N.

                                         A               B

2.3.1    Stel Newton se Tweede Wet in woorde.                                                   (2)
2.3.2    Bereken die versnelling van die kano.                                                  (4)
2.3.3    Wanneer die kano 'n snelheid van 3 m.s-1 bereik, spring atleet B van die kano
         na die kant af.
         Bereken die resulterende krag wat nodig is om die snelheid van die kano in
         6 sekondes na 5 m.s-1 te verhoog.                                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                      8                                    DBE/2022
                                          SS/NSS

2.4      'n Motorenjin met 'n gewig van 8 500 N hang aan 'n kettingblok.
         'n Horisontale krag van 4 750 N word gebruik om die enjin na links te trek. Die
         ketting wat die enjin aan die dwarsbalk vasmaak, maak 'n hoek van 29,2° met
         die vertikaal.

                                                        29,2°

         Die kragte wat op die enjin inwerk, word deur die volgende vrye
         kragtediagram (vrye liggaamdiagram) voorgestel:

                                                     T/spanning

           F/toegepaste krag

                                         w/gewig
2.4.1    Stel Newton se Eerste Bewegingswet in woorde.                                           (2)

2.4.2    Gebruik die kop-aan-stert-metode en maak 'n skaaltekening om die
         spanning, T, in die ketting te bepaal.

         Gebruik skaal: 1 mm = 50 N

         Gebruik die aangehegte GRAFIEKPAPIER.                                                   (5)

2.4.3    Bereken die massa van die enjin.                                                        (2)
                                                                                                 [27]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                         9                                 DBE/2022
                                             SS/NSS

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

3.1      Twee koeëls word afgevuur, een uit 'n pistool en die ander uit 'n geweer, soos
         in die diagram hieronder getoon. Neem aan dat die pistool en die geweer
         dieselfde krag op twee identiese koeëls uitoefen.

                                            Δt
                             pistool

                                       Δt

                             geweer

         3.1.1       Stel Newton se Derde Wet in woorde.                                         (2)

         3.1.2       Watter koeël sal die grootste verandering in momentum ondergaan
                     wanneer die skoot afgevuur word? Skryf slegs VANAF DIE
                     PISTOOL of VANAF DIE GEWEER neer. Verduidelik die antwoord.                 (3)

3.2      Die geweer het 'n massa van 1,2 kg en die koeël 'n massa van 0,03 kg.
         Die koeël verlaat die geweer teen 'n spoed van 330 m.s-1.

         3.2.1       Stel die beginsel van die behoud van lineêre momentum in woorde.            (2)

         3.2.2       Bereken die snelheid waarmee die geweer terugskop wanneer die
                     skoot afgevuur word.                                                        (5)

         3.2.3       Onderskei tussen die konsepte elastiese en onelastiese botsings.            (4)

3.3      'n Brandweerman, met 'n massa van 70 kg, spring van 'n gebou se dak af. Hy
         tref die grond teen 'n snelheid van 12,5 m.s-1. Dit neem hom 0,03 s om tot
         stilstand te kom.

         Bereken die krag wat deur die Aarde op sy bene uitgeoefen word.                         (4)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                     10                                  DBE/2022
                                          SS/NSS

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die bopunt van 'n waterval is 948 m hoog. Daar val 6 x 104 kg water vanaf die bopunt
van die waterval. (Ignoreer lugweerstand en enige ander wrywingskragte.)

4.1      Definieer gravitasie- potensiële energie.                                             (2)

4.2      Bereken die gravitasie- potensiële energie van 6 x 104 kg water by die bopunt
         van die waterval.                                                                     (3)

4.3      'n Pendulum hang aan 'n toutjie, soos in die diagram hieronder getoon.
         Dit word sywaarts getrek en weer gelos. By die hoogste punt van die
         swaaibeweging is die pendulumgewiggie 25 cm bokant die vloer. By die
         laagste punt van die swaaibeweging is die pendulumgewiggie 5 cm bokant
         die vloer. Die massa van die pendulumgewiggie is 220 g.

                          25 cm                              25 cm
                                                5 cm
                                            vloer

         4.3.1       Wat is die meganiese energie van die pendulum, relatief tot die
                     vloer, wanneer die gewiggie op sy hoogste punt is?                        (4)

         4.3.2       Wat is die meganiese energie van die pendulum, relatief tot die
                     vloer, wanneer die gewiggie op sy laagste punt is?                        (2)

         4.3.3       Wat is die spoed van die pendulumgewiggie wanneer die gewiggie
                     op sy laagste punt is?                                                    (4)
                                                                                               [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       11                                  DBE/2022
                                            SS/NSS

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

5.1      'n Lading van 40 kN veroorsaak 'n saamgeperste druk (spanning) van 16 MPa
         in 'n vierkantige bronsstaaf. Young se modulus vir brons is 90 GPa. Die
         oorspronklike lengte van die staaf is 300 mm.

                                      x                300 mm

                                      x

         Bepaal, deur middel van berekenings, die volgende:

         5.1.1       Die lengte, x, van een kant van die vierkantige bronsstaaf. Gee jou
                     antwoord in millimeter.                                                     (5)

         5.1.2       Die rekking (vervorming) deur die lading veroorsaak                         (3)

         5.1.3       Die verandering in lengte, in millimeter, wat deur die lading
                     veroorsaak word                                                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       12                                      DBE/2022
                                            SS/NSS

5.2      'n Hidrouliese stelsel word gebruik om masjienonderdele tydens die bou van
         'n masjien in posisie te plaas.

         Spesifikasies van die stelsel: Suier A het 'n deursnee van 50 mm en Suier B
         'n deursnee van 200 mm.

                       F
                                                                         LADING
                                                                          20 kN

                 SUIER
                 SUIER AA                                               SUIER B
                 50Ømm
                     50                                                 200200
                                                                         Ø  mm

         Bereken:

         5.2.1       Die vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel wanneer in ewewig                (4)

         5.2.2       Die krag, F, wat op Suier A, met 'n oppervlakte van 1,96 x 10-3 m2,
                     uitgeoefen moet word om die lading van 20 kN op Suier B te lig                (4)
                                                                                                   [19]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                         13                             DBE/2022
                                              SS/NSS

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder toon die pad van 'n ligstraal deur 'n reghoekige glasblok.
Beantwoord die vrae wat volg.

                            A
                                          X             lug

                                               B

                            glas
                                                C

                                                       25°
                                                               D

6.1      Definieer refraksie.                                                                 (2)

6.2      Benoem hoek X.                                                                       (1)

6.3      Skryf die waarde van hoek X neer.                                                    (1)

6.4      Benoem die hoek gemerk 25°.                                                          (1)

6.5      Hoe word die spoed van die ligstraal beïnvloed soos wat dit van die glasblok
         in die lug in beweeg? Skryf slegs VERHOOG, VERLAAG of GEEN EFFEK
         NIE neer.                                                                            (1)

6.6      Benoem die volgende ligstrale:

         6.6.1       AB                                                                       (1)

         6.6.2       BC                                                                       (1)

         6.6.3       CD                                                                       (1)

6.7      Watter EEN van die twee media, LUG of GLAS, is opties die digste?

         Gee 'n rede vir die antwoord. Verwys na die NORMAAL en SPOED VAN LIG.                (3)

6.8      Noem DRIE gebruike van totale interne weerkaatsing.                                  (3)
                                                                                              [15]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                        14                                DBE/2022
                                             SS/NSS

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

7.1      Die elektromagnetiese spektrum bestaan uit sewe bestralingstrale. Maak 'n
         lys van enige VIER van die sewe strale in geen spesifieke volgorde nie.                (4)

7.2      Skryf die strale neer wat:

         7.2.1       Tot velbeskadiging lei wanneer 'n persoon aan te veel sonlig
                     blootgestel word                                                           (1)

         7.2.2       In nagvisietoestelle gebruik word                                          (1)

         7.2.3       Die menslike liggaam kan penetreer om mediese inligting te
                     versamel                                                                   (1)

         7.2.4       Fotone met die laagste energie het                                         (1)
                                                                                                [8]

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

8.1     'n 3 V-battery is aan 'n stroombaan gekoppel, soos hieronder getoon.

                                    240 Ω

            A
                                    C

                                        3V

         8.1.1       Noem of die kapasitor C sal laai of ontlaai volgens die diagram.
                     Skryf slegs LAAI of ONTLAAI neer.                                          (1)

         8.1.2       Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 8.1.1.                               (1)

8.2      Die plate van 'n parallelleplaat-kapasitor is 2,38 mm uit mekaar en elk het 'n
         oppervlakte van 10,2 cm2. Elke plaat het 'n lading van 0,345 nC.

         Bereken:

         8.2.1       Die kapasitansie van hierdie kapasitor                                     (3)

         8.2.2       Die potensiaalverskil tussen die plate                                     (3)
                                                                                                [8]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       15                                          DBE/2022
                                            SS/NSS

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

9.1      'n Stroom van 6 A vloei deur 'n elektriese toestel met 'n potensiaalverskil van
         220 V.

         9.1.1       Elektriese drywing kan vir huishoudelike en ander gebruike
                     omgeskakel word. Noem TWEE van hierdie omskakelings/gebruike
                     van elektriese drywing.                                                         (2)

         9.1.2       Bereken die drywing wat in hierdie elektriese toestel verbruik word.            (3)

9.2      Twee ohmiese resistors, R1 en R2, is in serie geskakel met 'n sel met
         weglaatbare interne weerstand. Bepaal die waarde van R2 indien die stroom
         wat deur R1 en R2 vloei, 0,5 A is en die potensiaalverskil oor die sel 1,5 V is.
         Die waarde van R1 is 2 Ω.

                                                               R1

                                                                                  0,5 A
                          R2                                                  A
                                                  1,5 V

                                                                                                     (4)
                                                                                                     [9]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                        16                          DBE/2022
                                             SS/NSS

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

10.1     Bestudeer die diagram van die GS-motor hieronder getoon. Beantwoord die
         vrae wat volg.

         10.1.1      Definieer 'n elektriese motor.                                   (2)

         10.1.2      Noem EEN eienskap wat dit 'n GS-motor maak.                      (1)

         10.1.3      Noem of die spoel KLOKSGEWYS of ANTIKLOKSGEWYS sal
                     roteer. Neem aan dat die spoel vanaf punt O waargeneem word.     (1)

10.2     Noem die energieomsetting wat in 'n WS-generator plaasvind.                  (2)

10.3     'n Transformator het 1 500 sekondêre windings en 250 primêre windings.
         Indien die sekondêre potensiaalverskil (spanning) 240 V is, bereken die
         primêre potensiaalverskil (spanning).                                        (3)
                                                                                      [9]

                                                                        TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                                                                      DBE/2022
                                                 SS/NSS

                            DATA FOR TECHNICAL SCIENCES GRADE 12
                                          PAPER 1

                    GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                    VRAESTEL 1

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

           NAME/NAAM                          SYMBOL/SIMBOOL          VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                                     g                       9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Speed of light in a vacuum
                                                     c                    3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                                     h                    6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Electron mass
                                                    me                    9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Permittivity of free space
                                                     ԑo                   8,85x10-12 F.m-1
Permittiwiteit van vry ruimte

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

FORCE/KRAG

Fnet  ma                                           p  mv
fs max = μsN                                        fk = μk N
Fnet Δt = Δp
                                                    Fg  mg
Δp = mv f - mvi

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

W  Fx cos                                        U  mgh       or/of      EP  mgh

     1                                1                   W
K     mv2          or/of      Ek      mv2         P
     2                                2                   t
Pave = Fvave    /     Pgemid = Fvgemid             ME = Ek + Ep

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                                        DBE/2022
                                    SS/NSS

ELASTICITY, VISCOSITY AND HYDRAULICS/ELASTISITEIT, VISKOSITEIT EN
HIDROULIKA

         F                                     Δ
                                        ε
         A                                     L
σ                                         F1  F
  K                                          2
ε                                         A1 A 2

          F
 P                                       P = ρgh
          A

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

     kQ1Q 2                               kQ
F                                   E
       r2                                 r2

     Q1  Q 2                             F
Q                                   E
        2                                 q

      Q                        Q          V
n=              or/of     n=         E
      e                        qe         d

     Q                                    εο Α
C                                   C
     V                                     d

CURRENT ELECTRICITY/STROOMELEKTRISITEIT

     V
R                                   emf/emk ( ε )= I(R + r)
     I

R s  R1  R 2  ...
 1    1     1                        qI t
              ...
R p R1 R 2

W = VQ                                    W
                                     P
                                          Δt
W = VI  t
                                     P = VI
W = I2R  t
                                     P = I 2R
      V Δt2
W=                                        V2
       R                             P
                                          R

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                            DBE/2022
                                SS/NSS

ELECTROMAGNETISM/ELEKTROMAGNETISME

  BA                                    Δ
                                  ɛ =N
                                          Δt

Vs Ns
  
Vp Np

WAVES, SOUND AND LIGHT

                                     1
 vf                           T
                                     f
                        c
 E  hf   or/of E  h
                        

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                            DBE/2022
                                SS/NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

   VRAAG 2.4.2

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Technical Sciences P2 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-may-june-2022-eng/2bb028d5-fecf-44fe-bf59-7e937290f423) — Technical Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Technical Sciences P2 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-may-june-2022-afr/6a5d8922-202c-4ce7-9f8f-231789d2010d) — Technical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [TECHNICAL SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-qp-gr12-sept2022-english/63d218ee-4843-43fe-a524-f271cef165f2) — Technical Sciences · QP · 2022 · Eng
- [TECHNICAL SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2022 English Deaf](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-qp-gr12-sept2022-english-deaf/f6f6becc-9762-43fb-a195-a3e9a0dd825a) — Technical Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Technical Sciences P1 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-nov-2022-afr-1/10c5854c-78fe-46e5-9545-0e11e37f2716) — Technical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Technical Sciences P1 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-nov-2022-afr/991d17e3-f6ea-4985-bf5a-5f6f297388a3) — Technical Sciences · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Technical Sciences

- [Grade 12 Technical Sciences P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2026-nsc-november-mock-exam-memorandum-paper-1/5543b9af-5bb3-4e43-95e3-ad6028ca21e8) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 12 Tech Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tech-sci-atp-2023-24/a7a03e64-2e18-4f50-a7fa-6eb1a25136c7) — ATP
- [TECH SC P1 MEMO GR12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/tech-sc-p1-memo-gr12-sept-2025-e-a-watermark/4a156330-3801-46dc-b908-43c35dc64891) — Memo · 2025
- [TECHNICAL SCIENCES P2 MG GR12 SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-mg-gr12-sept2025-watermark/717f8fcd-96bb-4848-8cb7-68903a8f0550) — Memo · 2025
- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2) — Memo · 2025 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
