# Technical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Technical Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-may-june-2023-afr/76060cd4-92c8-4c51-a237-db34db7daa72
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Technical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Technical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/technical-sciences) › [Technical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-may-june-2023-afr/76060cd4-92c8-4c51-a237-db34db7daa72)

## About this document

Technical Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                         TEGNIESE WETENSKAPPE V1

                                        2023

                                                                         PUNTE: 150

                                                                            TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 3 gegewensblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                     2                                   DBE/2023
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1        Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die toepaslike ruimtes op
         die ANTWOORDEBOEK.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.       Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

9.       Toon ALLE formules en vervangings in AL die berekeninge.

10.      Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

11.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                         3                                     DBE/2023
                                             SS/NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.

1.1      Die eienskap van 'n liggaam om enige verandering in sy toestand van
         beweging of rus teen te staan, is ...

         A     massa.

         B     krag.

         C     traagheid.

         D     versnelling.                                                                      (2)

1.2
 1.1     Die diagram hieronder toon kragte F1 en F2 wat op 'n voorwerp toegepas word
         wat op 'n wrywinglose oppervlak geplaas is. Die voorwerp versnel na links.

                          F1                              F2

         Watter EEN van die volgende stellings is KORREK?

         A     F1 = F2

         B     F1 > F2

         C     F1 < F2

         D     F1 + F2 = 0                                                                       (2)

1.3      In fisika word 'n geïsoleerde sisteem gedefinieer as 'n sisteem waarin ...

         A     die netto eksterne krag wat daarop inwerk, nul is.

         B     die netto eksterne kragte wat daarop inwerk, groter as nul is.

         C     slegs energie konstant bly.

         D     slegs materie konstant bly.                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                            4                                 DBE/2023
                                                SS/NSS

1.4      Die grafiek hieronder verteenwoordig die werk op 'n voorwerp gedoen teenoor
         tyd geneem.

                                  Werk gedoen

                                                Tyd

         Watter EEN van die volgende fisiese hoeveelhede word deur die gradiënt van
         die grafiek voorgestel?

         A     Potensiële energie

         B     Momentum

         C     Drywing

         D     Kinetiese energie                                                                   (2)

1.5      Watter EEN van die volgende stellings oor Hooke se wet is KORREK?

         Spanning (druk) is ...

         A     direk eweredig aan vervorming (rekking) wanneer die elastisiteitsgrens
               nie oorskry word nie.

         B     omgekeerd eweredig aan                 vervorming (rekking)   wanneer     die
               elastisiteitsgrens oorskry word.

         C     direk eweredig aan vervorming (rekking) wanneer die elastisiteitsgrens
               oorskry word.

         D     omgekeerd eweredig aan vervorming (rekking)                   wanneer     die
               elastisiteitsgrens nie oorskry word nie.                                            (2)

1.6      Druk word gemeet in …

         A     joule.

         B     watt.

         C     pascal.

         D     meter.                                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                        5                                     DBE/2023
                                            SS/NSS

1.7      Dispersie van lig is die ...

         A     buiging van 'n ligstraal soos dit tussen mediums met verskillende optiese
               digthede beweeg.

         B     verandering van rigting van 'n ligstraal wanneer dit 'n versperring tref.

         C     uitspreiding van lig soos dit om die hoeke van 'n klein opening beweeg.

         D     opbreking van wit lig in sy samestellende kleure.                                   (2)

1.8      Watter EEN van die volgende eenhede word gebruik om frekwensie te meet?

         A     Sekonde

         B     Desibel

         C     Hertz

         D     Joule                                                                               (2)

1.9      Die kapasitansie in 'n kapasitor sal vergroot wanneer ...

         A     'n diëlektrikum met 'n hoër diëlektriese konstante gebruik word.

         B     'n diëlektrikum met 'n laer diëlektriese konstante gebruik word.

         C     die afstand tussen die plate vergroot.

         D     die afstand tussen die plate verklein.                                              (2)

1.10     'n Toestel wat elektriese energie na meganiese energie omskakel, is 'n ...

         A     generator.

         B     kapasitor.

         C     transformator.

         D     motor.                                                                              (2)
                                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                        6                                  DBE/2023
                                            SS/NSS

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

2.1      Passasiers in 'n bus neem waar dat hulle vorentoe beweeg wanneer die bus
         stadiger beweeg om te stop en dat hulle agtertoe beweeg wanneer dit vanuit
         rus versnel.

         2.1.1       Gebruik fisika-wette of -beginsels om hierdie waarneming te
                     verduidelik soos dit deur die passasiers in die bus ervaar word.           (2)

         2.1.2       Noem en stel die fisika-wet of -beginsel wat jy in jou antwoord op
                     VRAAG 2.1.1 toegepas het.                                                  (3)

2.2      'n Karavaan met 'n massa van 900 kg word deur 'n motor met 'n massa van
         1 300 kg op 'n reguit, gelyke, gladde pad deur middel van 'n ligte, onrekbare
         tou getrek.

                                                                                   10 500 N

         Die effekte van wrywing word geïgnoreer.

         2.2.1       Teken 'n benoemde vrye kragtediagram (vrye liggaamdiagram) van
                     al die kragte wat op die motor inwerk.                                     (4)

         2.2.2       Bereken die versnelling van die sisteem.                                   (4)

         2.2.3       Bereken die grootte van die spanning in die tou tussen die karavaan
                     en die motor.                                                              (2)

2.3      Werkers is besig om toerusting in 'n vraghysbak op die boonste vloer van 'n
         gebou te laai. Hulle oorlaai egter die hysbak en die verweerde kabel breek.
         Die massa van die gelaaide hysbak toe die ongeluk plaasvind, is 1 600 kg.
         Soos die hysbak val, oefen die gidsrelings 'n konstante vertragingskrag van
         3 700 N op die hysbak uit.

         Bereken die:

         2.3.1       Resulterende krag op die vallende hysbak                                   (3)

         2.3.2       Versnelling van die hysbak terwyl dit afwaarts val                         (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                        7                                   DBE/2023
                                            SS/NSS

2.4      'n Appel val vry vanuit 'n boom.

         2.4.1       Stel Newton se Derde Wet in woorde.                                         (2)

         2.4.2       Skryf die aksie-reaksie-kragte neer wanneer die appel val.                  (2)
                                                                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                         8                                     DBE/2023
                                             SS/NSS

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder toon twee rugbyspelers, A en B, wat in 'n rugbywedstryd na
mekaar toe hardloop.

Speler A met 'n massa van 100 kg hardloop teen 'n spoed van 5 m∙s-1 na regs en
speler B met 'n massa van 75 kg hardloop teen 'n spoed van 4 m∙s-1 na links, soos
hieronder getoon. Ignoreer die effekte van ALLE vorme van wrywing.

                                               VOOR
                 100 kg                                                     75 kg
                                   5 m∙s-1                  4 m∙s-1

                          A
                                                                           B

                                                 NA

3.1      Definieer die term momentum in woorde.                                                     (2)

3.2      Nadat hulle met mekaar kontak gemaak het, beweeg die twee spelers saam.

         3.2.1       Bereken die snelheid van die spelers nadat hulle met mekaar kontak
                     gemaak het.                                                                    (4)

         3.2.2       Noem en stel die fisika-wet of -beginsel wat jy in die berekening van
                     jou antwoord op VRAAG 3.2.1 toegepas het.                                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       9                                  DBE/2023
                                           SS/NSS

3.3      Grafiek A hieronder toon die netto krag teenoor kontaktyd vir 'n harde muurbal-
         balletjie wat vanaf 'n baksteenmuur terugspring. Bestudeer die grafiek noukeurig
         en beantwoord dan die vrae wat volg.

                                                             Grafiek A

                     Fnet (N)

                                0               1                    2
                                                    ∆t (s)

         3.3.1       Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde, in terme van
                     momentum.                                                                 (2)

         3.3.2       Bereken die oppervlakte onder grafiek A.                                  (3)

         3.3.3       Skryf die naam neer van die fisiese hoeveelheid wat deur die
                     oppervlakte onder die netto-krag-teenoor-tyd-grafiek voorgestel
                     word.                                                                     (1)

         3.3.4       'n Sagter muurbalballetjie met dieselfde massa word nou gebruik
                     en wanneer dit die baksteenmuur tref, ondervind dit dieselfde
                     verandering in momentum as die harde muurbalballetjie.

                     In jou ANTWOORDEBOEK, teken grafiek A oor en teken op
                     dieselfde assestelsel 'n grafiek sonder skaal van die netto krag
                     teenoor tyd vir die sagter muurbalballetjie. Benoem dit grafiek B.        (3)

3.4      Skryf neer TWEE ontwerpkenmerke in moderne motors wat die beginsel van
         momentum en impuls toepas om die omvang van beserings aan passasiers
         tydens botsings te verlaag.                                                           (2)

3.5      Verduidelik hoe enige EEN van die ontwerpkenmerke in VRAAG 3.4 die
         omvang van beserings kan verlaag. In jou verduideliking verwys na TYD en
         NETTO KRAG of KRAG VAN IMPAK.                                                         (2)
                                                                                               [22]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       10                                      DBE/2023
                                            SS/NSS

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Hyskraan lig binne twee minute 'n voorwerp met 'n massa van 600 kg vanaf punt A
na punt B teen 'n KONSTANTE SNELHEID na 'n vertikale hoogte van 25 m, soos in
die diagram getoon. Ignoreer die effekte van lugweerstand.

                                                                     B

                                                             25 m

                                                                      A

4.1      Bereken die:

         4.1.1       Werk deur die hyskraan gedoen om die voorwerp vanaf A na B te
                     beweeg                                                                       (3)

         4.1.2       Drywing waarteen die hyskraan werk                                           (4)

4.2      Definieer die term gravitasie- potensiële energie in woorde.                             (2)

4.3      'n Konstruksiewerker staan op 'n stellasie en laat per ongeluk 'n baksteen met
         'n massa van 3 kg val. Die baksteen tref die grond teen 'n snelheid van
         7 m∙s-1. Ignoreer die effekte van lugweerstand.

         Bereken die:

         4.3.1       Kinetiese energie van die baksteen net voor dit die grond tref               (3)

         4.3.2       Hoogte van waar die baksteen laat val is                                     (4)
                                                                                                  [16]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                         11                               DBE/2023
                                              SS/NSS

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Krag, F1, van 200 N word op 'n klein suier van 'n hidrouliese stelsel met 'n deursnee
van 5,046 × 10-2 m toegepas. Die oppervlakte van 'n groot suier, F2 , is 5,25 m2 , soos
in die diagram hieronder getoon.

                 F1

                                                             F2

5.1      Stel Pascal se wet in woorde.                                                         (2)

5.2      Bereken die krag, F2, op die groot suier.                                             (5)

5.3      Die afstand tussen die twee suiers word verminder deur 'n korter pyp te
         gebruik.

         Hoe sal dit die antwoord op VRAAG 5.2 beïnvloed? Skryf slegs VERHOOG,
         VERLAAG of BLY DIESELFDE.                                                             (1)

5.4      Skryf TWEE toepassings van hidrouliese stelsels neer.                                 (2)

5.5      Die diagram hieronder toon 'n staalstaaf met 'n lengte van 1 m en 'n deursnee
         van 0,02 m. 'n Krag, F, rek die staaf en lewer 'n vervorming (rekking) van
         0,16 x 10-2. Young se modulus vir staal is 2 × 1011 Pa.

         Bereken die:

         5.5.1        Spanning (druk) in die silinder                                          (3)

         5.5.2        Krag, F, wat op die silinder toegepas is                                 (4)
                                                                                               [17]
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       12                                    DBE/2023
                                            SS/NSS

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

6.1      'n Ligstraal tref 'n weerkaatsende plat oppervlak teen 'n hoek van 58° met die
         oppervlak.
                          A                                           B

                                            1       2

                                                                 Oppervlak
                                                O

         6.1.1       Definieer die term weerkaatsing.                                             (2)

         Benoem die volgende:

         6.1.2       Ligstraal OB                                                                 (1)

         6.1.3       Hoek 1                                                                       (1)

         6.1.4       Hoek 2                                                                       (1)

         6.1.5       Noem die verwantskap tussen hoek 1 en hoek 2.                                (2)

6.2      Die diagram hieronder toon die pad van 'n straal rooi lig wat 'n glasprisma tref.
         Bestudeer die diagram noukeurig en beantwoord die vrae wat volg.

                         straal rooi lig

         6.2.1       Noem die verskynsel wat in die diagram waargeneem word.                      (1)

         6.2.2       Noem TWEE toepassings van die verskynsel in VRAAG 6.2.1.                     (2)

         6.2.3       Skryf TWEE voorwaardes vir die verskynsel in VRAAG 6.2.1 neer.               (2)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       13                                  DBE/2023
                                            SS/NSS

6.3      Die straaldiagram hieronder toon 'n beeld van 'n voorwerp wat tussen F en 2F
         van 'n lens geplaas is.

         6.3.1       Noem die tipe lens wat in die diagram gebruik word.                        (1)

         6.3.2       Noem TWEE eienskappe van die beeld wat deur die lens in
                     VRAAG 6.3.1 gevorm word.                                                   (2)

         6.3.3       Gee TWEE gebruike van die lens in VRAAG 6.3.1.                             (2)

         6.3.4       Gee 'n rede waarom GEEN BEELD gevorm word NIE wanneer die
                     voorwerp by F geplaas word.                                                (2)
                                                                                                [19]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                     14                                   DBE/2023
                                          SS/NSS

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Foton van elektromagnetiese straling het 'n frekwensie van 2,4 GHz.

                      TIPE STRALING            GOLFLENGTE (m)
                 Radiogolf                  10 tot 104
                 Mikrogolf                  10-3 tot 0,3
                 Infrarooi                  8 x 10-7 tot 3 x 10-5
                 Sigbare lig                4 x 10-7 tot 8 x 10-7
                 Ultraviolet straal         6 x 10-10 tot 4 x 10-7
                 X-straal                   1 x 10-10 tot 3 x 10-8
                 Gammastrale                10-14 tot 10-10

7.1      Bereken vir hierdie foton die:

         7.1.1       Energie                                                                   (3)

         7.1.2       Golflengte                                                                (3)

7.2      Gebruik die tabel hierbo om die tipe straling waaraan hierdie foton behoort, te
         bepaal.                                                                               (1)

7.3      Gee EEN gebruik van die straling in VRAAG 7.2.                                        (1)
                                                                                               [8]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       15                                    DBE/2023
                                            SS/NSS

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Parallelplaatkapasitor het 'n kapasitansie van 6 x 10-12 F en 'n lading van 0,3 x 10-6 C
op elk van die identiese metaalplate. Die metaalplate is 5 cm uit mekaar. Die
diëlektrikum vir hierdie kapasitor is lug.

8.1      Definieer 'n kapasitor.                                                                  (2)

8.2      Noem die verwantskap tussen die kapasitansie van 'n kapasitor en die lading.             (2)

8.3      Bereken die:

         8.3.1       Potensiaalverskil tussen die metaalplate                                     (3)

         8.3.2       Oppervlakte van elke metaalplaat                                             (3)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                                         16                                    DBE/2023
                                                              SS/NSS

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die stroombaandiagram hieronder is gebruik om die verwantskap tussen die stroom
wat deur resistor R vloei en die potensiaalverskil daaroor by konstante temperatuur te
ondersoek.

Die resultate word hieronder                            in   die   grafieke    van   stroomsterkte   teenoor
potensiaalverskil getoon.

                               Grafieke van stroomsterkte teenoor potensiaalverskil

                     0,8                                                       A

 Stroomsterkte (A)
                     0,6

                                                                               B
                     0,4

                     0,2

                           0          0,5        1,0         1,5              2,0       2,5
                                               Potensiaalverskil (V)

9.1                        Identifiseer vir hierdie ondersoek:
                           9.1.1    'n Onafhanklike veranderlike                                                    (1)
                           9.1.2    'n Afhanklike veranderlike                                                      (1)
9.2                        Skryf die gevolgtrekking neer wat jy uit die vorm van dié grafieke kan maak.             (2)
9.3                        Gebruik die inligting in grafiek A om die drywing te bereken wat deur
                           resistor R verbruik word as die stroomsterkte 0,6 A is.                                  (3)

9.4                        Hoe vergelyk die weerstand van grafiek A met die weerstand van grafiek B?
                           Skryf slegs HOËR AS, LAER AS of GELYK AAN neer.                                          (1)
9.5                        Verduidelik die antwoord op VRAAG 9.4.                                                   (2)
                                                                                                                    [10]
Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                    17                                DBE/2023
                                         SS/NSS

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder verteenwoordig 'n vereenvoudigde elektroniese toestel wat aan
'n gloeilamp gekoppel is.

Hoe sal ELK van die veranderinge hieronder die helderheid van die gloeilamp
beïnvloed? Skryf slegs VERHOOG, VERLAAG of GEEN EFFEK neer.

10.1     'n Swakker magneet word gebruik.                                               (1)

10.2     Die spoel roteer vinniger.                                                     (1)

10.3     Die aantal windings in die spoel word verhoog.                                 (1)
                                                                                        [3]

                                                                         TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                                                                       DBE/2023
                                                  SS/NSS

                            DATA FOR TECHNICAL SCIENCES GRADE 12
                                          PAPER 1

                    GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                    VRAESTEL 1

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

           NAME/NAAM                          SYMBOL/SIMBOOL          VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                                     g                        9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Speed of light in a vacuum
                                                     c                     3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                                     h                     6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Electron mass
                                                    me                     9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Permittivity of free space
                                                     ԑo                   8,85 x 10-12 F.m-1
Permatiwiteit van vrye spasie

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

FORCE/KRAG
Fnet  ma                                          p  mv
fs max = μsN                                        fk = μk N
Fnet Δt = Δp
                                                   Fg  mg
Δp = mv f - mvi
      Δv                                                L e
 a                                                MA = E  I
      Δt

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
W  Fx cos                                       U  mgh        or/of       EP  mgh

     1                                1                   W
K     mv2          or/of      Ek      mv2        P
     2                                2                   t

Pave = Fvave    /     Pgemid = Fvgemid             ME = Ek + Ep

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                                        DBE/2023
                                       SS/NSS

ELASTICITY, VISCOSITY AND HYDRAULICS/ELASTISITEIT, VISKOSITEIT EN
HIDROULIKA
       F
                                           Δ
       A                                ε
                                             L
σ                                        F1  F
  K                                         2
ε                                        A1 A 2
      F
P=                                      P = ρgh
      A

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
     Q                                       V
C                                      E
     V                                       d

     εο Α                      κεο Α
C              or/of     C
      d                          d

CURRENT ELECTRICITY/STROOMELEKTRISITEIT
   V
R=
   I

R s  R1  R 2  ...
 1    1     1                           q =I t
              ...
R p R1 R 2

W = VQ                                       W
                                        P
                                             Δt
W = VI  t
                                        P = VI
W = I2R  t
                                        P = I2R
     V Δt2
W=                                         V2
      R                                 P
                                           R

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                            DBE/2023
                                SS/NSS

ELECTROMAGNETISM/ELEKTROMAGNETISME

  BA                                   Δ
                                 ɛ =N
                                         Δt

Vs Ns
  
Vp Np

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
                                   1
 vf                           T
                                   f
                    c
 E  hf  or/of  Eh
                    

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Technical Sciences P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-may-june-2023-eng/8077d9e6-15c1-49e2-9e48-fc7488470e6e) — Technical Sciences · QP · 2023 · Eng
- [Technical Sciences P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-may-june-2023-eng/ed5c30f0-d992-468c-9449-45d1f400c371) — Technical Sciences · QP · 2023 · Eng
- [Technical Sciences P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-may-june-2023-afr/213cf379-7079-495f-9732-d65a0fcbcc44) — Technical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [TECHNICAL SC P1 GR12 QP JUNE 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/technical-sc-p1-gr12-qp-june-2023-english/1df8dd81-509c-4d57-8cea-9115bf53a1d0) — Technical Sciences · QP · 2023 · Eng
- [TECHNICAL SC P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/technical-sc-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/908d3036-cf44-49c2-932e-e507ab321f50) — Technical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [TECH SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-qp-gr12-sept2023-afrikaans/4749a08d-f323-49b8-b7e3-6dad8bffd071) — Technical Sciences · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Technical Sciences

- [Grade 12 Technical Sciences P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2026-nsc-november-mock-exam-memorandum-paper-1/5543b9af-5bb3-4e43-95e3-ad6028ca21e8) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 12 Tech Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tech-sci-atp-2023-24/a7a03e64-2e18-4f50-a7fa-6eb1a25136c7) — ATP
- [TECH SC P1 MEMO GR12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/tech-sc-p1-memo-gr12-sept-2025-e-a-watermark/4a156330-3801-46dc-b908-43c35dc64891) — Memo · 2025
- [TECHNICAL SCIENCES P2 MG GR12 SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-mg-gr12-sept2025-watermark/717f8fcd-96bb-4848-8cb7-68903a8f0550) — Memo · 2025
- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2) — Memo · 2025 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
